About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 159
|
|
Cilliers N.O and Another v Truck & General Versekerings- Maatskappy Beperk [2005] ZAFSHC 159; [2005] ZAFSHC 89 (4 August 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 3284/2003
In
die saak tussen:
LOUIS
AUGUST CILLIERS N.O.
Eerste
Eiser
SUSANNA
JOHANNA CILLIERS N.O.
Tweede
Eiser
en
TRUCK
& GENERAL VERSEKERINGS-
Verweerder
MAATSKAPPY BEPERK
CORAM:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
2
AUGUSTUS 2005
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
4
AUGUSTUS 2005
_____________________________________________________
Eisers
tree hierin op as trustees van die AL2 Vervoer Trust van Kimberley en
spreek verweerder aan op grond van ân skriftelike
versekeringsooreenkoms
met betrekking tot ân voorhaker en 2
sleepwaens. Dit is die eisers se saak dat verweerder genoemde
voertuie verseker het teen
skade; dat die 2 sleepwaens beskadig is
toe die voertuie op 13 November 2001 van die pad geloop en omgeslaan
het; dat die versekeringsooreenkoms
van krag was en dat verweerder
kontrakbreuk gepleeg het deur te weier om die skade te vergoed. In
antwoord op eisers se bewering
in paragraaf 7.1 van die besonderhede
van vordering dat hulle al hulle verpligtinge in terme van die
versekeringsooreenkoms nagekom
het, pleit verweerder op 5 April 2004
soos volg:
â10.
AD
PARAGRAPH 7.1
Defendant denies the contents of this
paragraph. In amplification of the aforesaid denial the Defendant
pleads as follows:
10.1 In terms of Regulations to the
Road Traffic Act, the permissible maximum vehicle mass of a vehicle
shall not exceed 56000kg.
10.2 At the time of the alleged
incident, the Plaintiffsâ total vehicle mass amounted to 60040kg,
accordingly in excess of the permissible
maximum vehicle mass.
10.3 The Plaintiffs have accordingly
breached the provisions of the agreement as set out hereinbefore and
has forfeited all benefits
thereunder.â
Die bepaling van die
ooreenkoms wat eisers na bewering verbreek het, lui soos volg en word
reeds in paragraaf 4 van die verweerskrif
aangehaal:
â
b) Should
the insured vehicle or any part thereof or any trailer attached
thereto or forming part of a train of trailers drawn thereby
or any
part of any such trailer or trailers (all of which are hereto
referred to as âthe insured vehicleâ) fa
il
to comply with or meet in any respect the requirements for
roadworthiness as set out in the Road Traffic Act of 1989 or any
replacements
statute, or of any provincial or local proclamation or
statute which is applicable to the insured vehicle, then all benefit
under
this policy in respect of any claim made shall be forfeit
whether or not the roadworthiness of the vehicle was a cause of or
contributed
towards the occurrence given (sic) rise to such claim.â
Die
saak is op 27 Januarie 2005 ter rolle geplaas vir verhoor op 2, 3 en
5 Augustus 2005.
Op 21 Junie 2005 gee
verweerder kennis van sy voorneme om sy verweerskrif te wysig deur
die volgende nuwe paragraaf 4.3A in te voeg
tussen paragrawe 4.3 en
4.4:
ââ
4.3A
Alternatively
to the above, the Defendant pleads that it was an implied,
further
alternatively
tacit term of the agreement concluded between the parties that should
the insured vehicle or any part thereof or any trailer attached
thereto or forming part of a train of trailers drawn thereby or any
part of such trailer or trailers all of which are hereby referred
to
as (âthe insured vehicleâ) fail to comply with or meet in any
respect the requirements for roadworthiness as set out in The
Road
Traffic Act of 1989 or any replacement statute, or of any provincial
local proclamation or statute which is applicable to the
insured
vehicle, then all benefits under this policy in respect of any claim
made shall be forfeit whether or not the roadworthiness
of the
vehicle was the cause of or contributed towards the occurrence giving
rise to such claim.ââ
Eisers
het nie binne die toegelate 10 dae beswaar gemaak teen die voorgenome
wysiging nie en op 7 Julie 2005 liasseer verweerder die
gewysigde
bladsy van die verweerskrif. Op 15 Julie 2005 teken eisers eksepsie
aan
â
teen
verweerder se verweerskrif soos gewysig op 7 Julie 2005. Die gronde
vir die eksepsie is dat dit nie verwe
re
teen eisers se vorderings openbaar nie en wel op die volgende gronde:
1.
1.1 In paragraaf
4.3A van die verweerskrif steun verweerder, waar ân geïmpliseerde
of stilswyende term beweer word, onder andere
op die bepalings van
die Padverkeerswet 29 van 1989.
1.2 In paragraaf 10.1 van die
verweerskrif steun eiser op die regulasies uitgevaardig ingevolge
voormelde Padverkeerswet.
1.3 Die
Padverkeerswet 29 van 1989 is herroep deur die Nasionale
Padverkeerswet 93 van 1996, welke Wet in werking getree het op
1
Augustus 2000
.
1.4 Die
regulasies van die Padverkeerswet 29 van 1989, soos gepubliseer in
Goewerments= kennisgewing Nr. R910 op
26
April 1990
(soos gewysig), is ingevolge die bepalings van Art. 75 van die
Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996 deur die bepalings vervat in
Regulasiekoerant Nr. 20963 van
17
Maart 2000
op laasgenoemde datum herroep.
1.5 Ten
tye van die ontstaan van die skuldoorsaak waarop eisers se eis
gebaseer is, te wete
13
November 2001
,
was die Padverkeerswet 29 van 1989 en die regulasies daaronder
uitgevaardig en waarop verweerder vir sy verwere steun, nie meer
van
krag nie.
2.
In terme van paragraaf 10.1 van die
verweerskrif beweer verweerder dat die regulasies uitgevaardig in
terme van die Padverkeerswet
29 van 1989 bepaal dat die toelaatbare
maksimum massa van ân voertuig nie 56 000 kilogram oorskry nie.
Geen sodanige bepaling
is vervat in die regulasies waarop verweerder
steun en wat in ieder geval reeds verval het nie.
3.
Die gronde uiteengesit in paragrawe 1
en 2 hierbo geld ook vir die bewerings vervat in paragraaf 4.2 van
die Verweerskrif saamgelees
met paragraaf 10.1 daarvan.
4.
4.1 In paragraaf 4.2 van die
Verweerskrif steun die verweerder op ân uitdruklike skriftelike
term van die ooreenkoms van versekering
aangegaan tussen die partye.
Voormelde term is deur verweerder bewoord, beding en is in sy
standaard ooreenkoms van versekering
vervat.
4.2 In paragraaf
4.3A van die Verweerskrif steun verweerder op ân stilswyende,
alternatiewelik
geïmpliseerde term van voormelde skriftelike ooreenkoms.
4.3 Die
stilswyende,
alternatiewelik
geïmpliseerde terme waarop die verweerder steun is onhoudbaar met
die uitdruklike bepalings waarna verwys word in paragraaf 4.2
van die
verweerskrif en openbaar derhalwe geen skuldoorsaak nie.
5.
Op voormelde gronde openbaar die
verweerder se verweerskrif nie regsgeldige verwere nie en smeek
eisers dat die verwere geskrap word
en dat vonnis aan eiser verleen
word soos uiteengesit in die bedes tot die Besondere van Vordering.â
Ook op
15 Julie 2005 antwoord eisers onder andere soos volg op verweerder se
Reël 37(4) vraelys:
â
2.
AD
PARAGRAAF 2:
Eisers verwys na
hulle Kennisgewings van Eksepsie wat hiermee saam geliasseer word en
stel voor dat die partye ooreenkom wanneer sodanig
eksepsie ter rolle
geplaas behoort te word synde vir aanhoring by die aanvang van die
verhoor op
2
Augustus 2005
,
alternatiewelik
dat die aksie van die rol verwyder word en dat die eksepsie, soos
gebruiklik, ter rolle geplaas word, op ân dag soos bepaal deur
die
Griffier wat ingevolge die praktyk van hierdie Hof ân
Vrydag
sal wees.â
Op 21 Julie 2005 hou die
partye ân Reël 37 samespreking en kom ooreen dat die Hof versoek
sal word om die meriete en quantum van
eisers se vordering te skei
ingevolge Hofreël 33(4). Paragraaf 11 van die notule van hierdie
samesprekings lui soos volg:
â
11.
Die partye kom ooreen dat die Agbare
Verhoorhof versoek sal word om die eksepsie deur die Eisers
aangeteken teen die Verweerder se
gewysigde Verweerskrif by die
aanvang van die verhoor aan te hoor. Indien die eksepsie nie slaag
nie sal die verhoor voortgesit
word en indien die eksepsie slaag (of
gedeeltelik slaag) sal die verweerder sy opsies daaromtrent oorweeg.â
Ek het
die partye se argumente met betrekking tot die eksepsie aangehoor en
het oorweeg om nog dieselfde dag uitspraak te lewer, of
minstens my
bevinding bekend te maak, maar het daarteen besluit en uitspraak
voorbehou.
Die
korrekte benadering tot eksepsies teen pleitstukke is gerieflik
saamgevat deur van Van Heerden R in
SOUTH
AFRICAN NATIONAL PARKS v RAS
2002 (2) SA 537
(K). Die advokate het nie die vraag aangeraak of ân
eksepsie die korrekte prosedure is waar beweer word dat die teenparty
op herroepe
wetgewing steun nie en of ân spesiale pleit afgelewer
moes gewees het nie. Hulle het aanvaar dat die eksepsie prosedure
korrek
is en ek doen ook so.
Die kern van Mnr. van
Rhyn se betoog namens die eisers is dat verweerder in sy verweerskrif
steun op ân herroepe Wet en herroepe
regulasies ingevolge daardie
Wet en dat die verweerskrif daarom nie ân verweer openbaar nie. Sy
betoog is dat verweerder duidelik
steun op die herroepe âRoad
Traffic Act of 1989â indien paragrawe 4.2 en 4.3A van die
verweerskrif saamgelees word en nie op
enige moontlike âreplacement
statuteâ nie. Hy het met verwysing na die tersaaklike
Staatskoerante aangetoon dat die Padverkeerswet
(Wet Nr. 29 van
1989), asook die regulasies daarkragtens uitgevaardig, inderdaad
herroep is. Namens verweerder gee Mnr. Den Hartog
geredelik toe dat
aanvaar moet word dat die verweerskrif na die genoemde 1989 Wet
verwys. Hy voer egter aan dat die foutiewe verwysing
na die herroepe
Wet nie tot gevolg het dat die verweerskrif nie ân verweer openbaar
nie maar dat dit hoogstens gesê kan word dat
die verweerskrif vaag
en verwarrend is. In so geval moes eisers aan verweerder geleentheid
gegee het om die vaagheid of verwarring
te verwyder ingevolge die
eerste voorbehoud tot Hofreël 23(1), aldus die betoog.
Ek
meen dat Mnr. Den Hartog gelyk gegee moet word: Paragraaf 4 van die
verweerskrif kan nie in isolasie gelees word nie. Die verweerskrif
moet as geheel gelees en beoordeel word. Paragraaf 10 daarvan wat
hierbo aangehaal is, maak dit duidelik dat verweerder se saak
in
effek is dat die betrokke voertuig ten tyde van die voorval swaarder
geweeg het as die maksimum toelaatbare gewig en daarom
â
failed
to comply with or meet in any respect the requirements for
roadworthiness
â
en dat
eisers gevolglik hulle aanspraak op skadevergoeding verbeur het. Dat
dit verweerder se eintlike verweer is, word onderstreep
deur
paragraaf 3.4 van die versoek om nadere besonderhede vir
verhoordoeleindes wat weereens verwys na die verpligting op die
eisers
om die voertuig in ân âroadworthy conditionâ te hou.
Die verweerskrif is op 5
April 2004 afgelewer. Ek stem saam met Mnr. Den Hartog dat die
eksepsie sogenaamd teen die gewysigde verweerskrif
geneem is vir
soverre dit paragrawe 1, 2 en 3 van die eksepsie betref, maar dat die
gewraakte bewerings reeds volledig in die oorspronklike
verweerskrif
van 5 April 2004 vervat is. Die eksepsie is derhalwe hopeloos laat
vir soverre dit die genoemde paragrawe 1, 2 en 3
daarvan betref.
Ek stem ook saam met Mnr.
Den Hartog dat die verwysing in die verweerskrif na ân herroepe Wet
en regulasies, slegs tot gevolg het
dat dit vaag en verwarrend is en
nie dat dit geen verweer openbaar nie. Toe die oorspronklike
verweerskrif afgelewer is, moes eisers
se regsverteenwoordigers besef
het dat verweerder se verweer verband hou met die oorskryding van
voorgeskrewe maksimum gewig en dat
daar waarskynlik sulke voorskrifte
vervat is in regulasies ingevolge Padvervoerwetgewing. Indien hulle
hulle huiswerk gedoen het,
sou hulle afgekom het op Staatskoerant
20963 gedateer 17 Maart 2000 waarin die tans geldende regulasies
ingevolge artikel 75 van
die huidige Nasionale Padverkeerswet (Wet
Nr. 93 van 1996) vervat is. Regulasie 236 verbied die gebruik van ân
goederevoertuig
(soos hier ter sprake luidens die definisie daarvan)
waarvan die maksimum voertuigmassa 56 000 kilogram oorskry, d.w.s die
massa
waarna in paragraaf 10.1 van die verweerskrif verwys word. Die
genoemde regsverteenwoordigers behoort dadelik te besef het dat
verweerder
eintlik steun op die âreplacement statuteâ en nie op
die 1989 Wet nie. ân Kennisgewing ingevolge Hofreël 23(1) aan
verweerder
dat die verwysing na die 1989 Wet verwarrend is, sou in
alle waarskynlikheid gelei het tot ân geringe regstellende wysiging
met
byna geen koste-implikasies nie. Desnieteenstaande het eisers
die volle eksepsie prosedure gekies en ooreengekom dat die eerste
verhoordag daarvoor gebruik sou word. Hierdie werkswyse het
noodwendig koste-implikasies.
Mnr.
Den Hartog het ook tereg beklemtoon dat die eksepsie op 15 Julie
2005, d.w.s. 11 dae voor die verhoordatum, eers afgelewer is
en dat
verweerder op dieselfde datum uitgenooi word om met die eisers ooreen
te kom wanneer die eksepsie aangehoor moet word. Die
ooreenkoms dat
die eksepsie op die eerste verhoordag aangehoor moet word, volg op 21
Julie 2005, d.w.s 7 dae voor die verhoor. In
die omstandighede meen
ek dat Mnr. van Rhyn nie korrek is in sy betoog dat
verweerder
ân âduurâ dag, nl. die eerste verhoordag, gekies het om die
eksepsie te argumenteer en daarom met ân kostebevel gepenaliseer
moet word nie. Die korrekte posisie is dat die partye
ooreengekom
het om die eerste verhoordag vir daardie doel te gebruik. Indien die
keuse verkeerd was, is albei partye daarvoor te blameer. In
die lig
van die verhoor wat op hande was, kon verweerder redelikerwyse geglo
het dat die eksepsie moontlik op die eerste verhoordag
afgewys kon
word en dat die ander verhoordae nie verlore sou gaan nie.
My
gevolgtrekking is dat die eksepsie soos vervat in paragrawe 1, 2 en 3
van die Kennisgewing van Eksepsie nie kan slaag nie en afgewys
moet
word.
Paragraaf 4 van die
Kennisgewing van Eksepsie verkwalik verweerder dat hy in die
alternatief steun op ân geïmpliseerde, alternatiewelik
stilswyende, term van die versekeringsooreenkoms wat presies
dieselfde is as ân uitdruklike term van daardie ooreenkoms. (Sien
die ingevoegde paragraaf 4.3A van die verweerskrif.) Volgens Mnr.
Den Hartog se mededeling by die aanvang van sy betoog het hy reeds
op
1 Augustus 2005 teenoor Mnr. van Rhyn onderneem dat hy op 2 Augustus
2005 gaan vra dat die genoemde paragraaf 4.3A uit die verweerskrif
geskrap word. Dit het hy dan ook gedoen toe hy aan die woord kom.
Dit was derhalwe nie vir Mnr. van Rhyn nodig om met daardie deel
van
die eksepsie te handel nie en het hy ook nie veel tyd daaraan bestee
nie. Die gevolg is dat die verhoor op 2 Augustus 2005 sou
kon begin
het indien die eisers nie die onsuksesvolle eksepsie uiteengesit in
paragrawe 1, 2 en 3 van die Kennisgewing van Eksepsie
geargumenteer
het nie. In die proses is waardevolle verhoortyd verspil in die
argumentering van die eksepsie en die voorbehoud van
my uitspraak.
Dit is jammer.
Daar
is geen rede waarom die suksesvolle party sy koste ontneem moet word
nie.
Gevolglik
word eisers se eksepsie teen die verweerskrif afgewys met koste.
__________________
J.P. MALHERBE, RP
Namens
die eisers: Adv. A.J.R. van Rhyn SC
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. A.P. Den Hartog
In
opdrag van:
Lovius
Block
BLOEMFONTEIN
/sp