About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 158
|
|
Esterhuizen and Others v Lid van die Uitvoerende Raad vir Openbare Werke, Paaie en Vervoer van die Vrystaat Provinsie [2005] ZAFSHC 158; [2005] ZAFSHC 86 (23 June 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr.: 1673/2004
In
die saak tussen:
THEOPHILUS
ESTERHUIZEN
1ste
Eiser
MARYKE
VAN ROOYEN N.O.
2de Eiser
REINIER
ZIETSMAN
3de Eiser
AREND
HENDRIK ADRIAANSE
4de Eiser
en
DIE LID VAN DIE
UITVOERENDE RAAD VIR
OPENBARE
WERKE, PAAIE EN VERVOER
VAN DIE VRYSTAAT
PROVINSIE
Verweerder
_______________________________________________________
AANGEHOOR OP:
31
MEI 2005, 1 tot 3 JUNIE 2005 & 6 tot
8
JUNIE 2005
_______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
COPPENHAGEN R
_______________________________________________________
GELEWER OP:
23
JUNIE 2005
_______________________________________________________
[1] Berto Esterhuizen
verteenwoordig deur Maryke van Rooyen as kurator
ad
litem
en gesiteer as tweede eiser, as passasier in die voorste sitplek,
derde eiser as passasier in die sitplek regs agter, en vierde eiser
as passasier in die sitplek links agter in ân 1994 model BMW 316
met registrasieletters en nommer BGS576NC en bestuur deur ene
C.R.
Joubert (Joubert) was op 22 Junie 2001 om ongeveer 22h00 ±20km buite
Bloemfontein in ân ongeluk betrokke. Hulle was vanaf
Dealesville
na Bloemfontein in die algemene rigting wes na oos op reis.
[2] In die ongeluk het
tweede eiser, derde eiser en vierde eiser fisiese en psigiese letsels
opgedoen. Namens hulle en deur hulle
asook tweede eiser se vader
word die skades voortspruitende uit die letsels opgedoen van
verweerder gevorder.
[3] In
die dagvaarding word beweer dat:
¡°
3.
3.1 Te alle tye relevant hiertoe, was
die Department van Openbare Werke, Paaie en Vervoer van die Vrystaat
Provinsie (
âdie
Departementâ
)
verantwoordelik vir die instandhouding van provinsiale paaie in die
Vrystaat Provinsie (na welke paaie daar hierin verder verwys
sal word
as
âpaaieâ
).
3.2 Die
Departement se voormelde instandhoudingsplig ten opsigte van paaie
het die volgende pligte ingesluit:
Gereelde inspeksie van paaie, ten
einde die toestand van sodanige paaie te bepaal;
Die instandhouding van paaie,
sodanig dat paaie redelikerwys veilig by die gebruik daarvan deur
die publiek;
Die neem van sodanige stappe as wat
nodig is, ten einde paaie redelikerwys veilig te hou vir die
gebruik daarvan deur lede van
die publiek;
Die instandhouding van die
gruisskouers van die paaie, sodanig dat die val (indien enige)
tussen die teeroppervlak en die gruisskouer
nie wesenlik is nie en
meer in die besonder, nie ân gevaar verteenwoordig vir die
redelike gebruik van paaie deur lede van
die publiek nie.
3.3 Te alle tye relevant hiertoe was
die R64 (
âdie padâ
)
tussen Bloemfontein en Kimberley, ân provinsiale pad van die
Vrystaat Provinsie, en soos bedoel in paragraaf 3.1 hierbo.â
[4] In
die verweerskrif in antwoord op voormelde bewerings word die volgende
deur die verweerder aangeteken:
¡°
3.
Ad paragraaf 3:
Ad
3.1:
Die inhoud van hierdie paragraaf word
erken maar pleit verweerder dat die betrokke departement
verantwoordelik is vir die instandhouding
slegs insoverre dit
redelikerwys in staat is om dit te doen.
Ad
3.2:
Verweerder erken dat sodanige plig op
die departement rus slegs insoverre die department redelikerwys in
staat is om dit te doen.
Ad
3.3:
Dit
word erken.â
[4] Die effek van
voormelde erkenning is dat indien eisers sou bewys dat verweerder
nalatiglik in daardie plig, wat niks anders as
ân regsplig is nie,
versuim het, sodanige nalatige gedrag met-een onregmatig is. (cf.
CAPE
METROPOLITAN COUNCIL v GRAHAM
2001(1) SA 1197 HHA, paragraaf 6 pagina 1203.)
[5] Eiser beweer dat
verweerders wel nalatiglik die erkende regsplig versuim het en wel
blykens die besonderhede van vordering in
die volgende opsigte:
â
6.
6.1 Die insident was die gevolg
daarvan dat die val tussen die teeroppervlak en die gruisskouer van
die pad, op onder andere die punt
waar die bestuurder van die
voertuig probeer het, om die voertuig weer heeltemal op die
teeroppervlak van die pad te bring:
6.1.1 Buitensporig was; en
6.1.2 Meer
in die besonder, gevarieer het tussen 10 en 15 sentimeter.
6.2 Daar sal hierinverder na die
voormelde val van tussen 10 en 15 sentimeter as
âdie
valâ
verwys word.
6.3 Die
val was die gevolg van nalatigheid aan die kant van die Departement
en/of alternatiewelik van werknemers van die Departement
handelend
binne die bestek van hul diens met die Departement (
âwerknemersâ
)
en kon en moes vermy word, indien die Departement en/of
alternatiewelik werknemers van die Departement handelend binne die
bestek
van hul diens, met die Departement, nie nalatig was nie.
6.4 Die voormelde nalatigheid van die
Departement, alternatiewelik die werknemers van die Departement,
handelend binne die bestek
van hulle diens met die Departement, het
bestaan in al die, alternatiewelik meerdere, verder alternatiewelik
een, van die volgende
opsgite:
6.4.1 Die versuim om toe te sien dat
die verskil in hoogte tussen die teeroppervlak en die gruisskouer van
die pad nie buitensporig
was nie;
6.4.2 Die
versuim om toe te sien dat die verskil in hoogte tussen die
teeroppervlak en die gruisskouer van die pad nie gevaarlik was
vir
die gebruik van die pad deur padgebruikers en meer in die besonder
die voertuig nie;
6.4.3 Die
versuim om die pad enigsins, alternatiewelik gereeld, te inspekteer;
6.4.4 Die versuim om die pad behoorlik
te inspekteer. Meer in die besonder, het die Departement/werknemers
versuim om ân toenemende,
en gevaarlike, verskil in hoogte tussen
die teeroppervlak en die gruisskouer van die pad waar te neem;
6.4.5 Die versuim om ân toenemende
en gevaarlike, verskil in hoogte tussen die teeroppervlakte en die
gruisskouer van die pad, wat
die Departement/werknemers waargeneem
het, alternatiewelik met die nodige sorg en eenvoudige inspeksie kon
en moes waargeneem het,
deur middel van instandhouding te adresseer
en/of reg te stel;
6.4.6 Die
versuim om die pad na behore in stand te hou;
6.4.7 Die
Departement/werknemers het toegelaat dat die val op daardie gedeelte
van die pad teenwoordig was;
6.4.8 Die
versuim om die gedeelte van die pad van ongeveer 15 kilometer vanaf
Bloemfontein tot en met 30 kilometer vanaf Bloemfontein
(oos van
Dealesville):
(a) enigsins, alternatiewelik na
behore, te inspekteer; en/of alternatiewelik
(b) enigsins, alternatiewelik na
behore, in stand te hou, met die gevolg onder andere dat die verskil
in hoogte tussen die teeroppervlak
en die gruisskouer van daardie
gedeelte van die pad sodanig was, dat dit ân gevaartoestand vir
padgebruikers verteenwoordig het;
Die versuim om die bestaan van die
val te identifiseer en/of alternatiewelik te rektifiseer;
Die Departement/werknemers het
toegelaat dat ân gevaarsituasie op die pad bestaan, en meer in
die besonder het die Departement/werknemers
toegelaat dat die val
bestaan.â
[6] Verweerder ontken
enige nalatige gedrag soos beweer en voer in besonder aan:
â
6.
Ad paragraaf
6.
Ad
6.1
en 6.2:
Die
inhoud van die paragrawe word ontken.
Ad
6.3:
Dit word herhaal die val wat beweer
word ontken word. Alternatiewelik indien bewys word dat die val
bestaan het word dit ontken dat
daar regsplig op die departement
gerus het om te sorg dat daar nie ân val soos beweer moes wees nie
vanweë die feit dat die teeroppervlakte
daar is vir die doel om
daarop te ry en nie die gruisskouer nie. Verweerder pleit dat daar
voorts nie ân regsplig op verweerder
gerus het om te sorg dat daar
nie ân val is soos beweer nie vanweë die feit dat dit uitermate
hoë koste in die hand sou werk
om sorg te dra dat daar nie sodanige
val bestaan nie. Die res van die inhoud van hierdie paragrawe word
ontken.
Ad
6.4:
Die
inhoud van hierdie paragraaf word ontken asof met elke en iedere
bewering daarin gehandel is.â
[7] Met die aanvang van
die verhoor, trouens reeds tydens die reël 37 samesprekings tussen
die partye was ooreengekom dat van die
geskilpunte afsonderlik bereg
moet word. Op versoek van die partye was gelas dat nalatigheid as
geskilpunt en uiteraard die kousaliteit
van die onregmatige nalatige
gedrag bereg sal word terwyl die kwantum van eisers se skade, indien
enige, vir latere beregting sal
oorstaan. Voorts was ook verskeie
dokumente, in bundels gebind, voorgelê genaamd, hofbundel nr. 1,
hofbundel nr. 2, fotobundel,
bundel van eisers se deskundiges en
bundel van verweerder se deskundiges. In die loop van die verhoor
was aangeteken dat die partye
die dokumente in die betrokke bundels
vervat erken vir wat dit voorgee te wees, sonder om die korrektheid
van die inhoud daarvan
te erken. In hierdie uitspraak sal voortaan
na die bundels verwys word soos die partye dit genoem het.
[8] Joubert se getuienis
is kortliks die volgende. Op 22 Junie 2001 tussen 21h00 en 22h00 was
hy die bestuurder van sy BMW 316 motorvoertuig
op die teerpad tussen
Dealesville en Bloemfontein in die rigting van Bloemfontein. Hy het
teen ân spoed van ongeveer 120 â 125
km/h voortbeweeg. Ongeveer
20km voor Bloemfontein het hy ân wildsbokkie wat van links na regs
oor die pad beweeg het min of meer
in die middel van sy rybaan
gesien. Hy het na links geswenk om die bokkie te vermy tot so ân
mate dat die linkerwiele van sy voertuig
op die gruisskouer, terwyl
die regterwiele nog op die teer was beland het. Hy het die spoed
verminder deur bloot die versneller
te los en terugbeweeg na regs om
geheel en al weer op die teeroppervlakte voort te ry. Net voor die
linker wiele op die teerpad
kon kom het hy ân rukkerige beweging op
die stuurwiel gevoel en daarna geheel en al beheer oor die voertuig
verloor. Die voertuig
het na regs dwars oor die pad beweeg, ân wal
aan die ander kant van die pad getref waarna die lugsakke oopgegaan
het, die voertuig
omgeslaan het en weer op sy wiele in ân land tot
stilstand gekom het. Die passasiers in die linkerste sitplekke het
beide beseer
buite die voertuig gelê.
Die volgende dag,
vergesel van sy vader, het hulle die toneel besoek en sekere
waarnemings gedoen.
Op 25 of 26 Junie 2001,
dit wil sê die Maandag of die Dinsdag volgende op die ongeluk het hy
sy vader en sy vader se prokureursvriend,
ene Eric T. Payne die
toneel besoek. Fotoâs, nommers 1 tot 4 in die ingehandigde
fotobundel, was tydens hierdie besoek aan die
ongelukstoneel geneem.
[9] Payne, voormeld het
die getuienis van Joubert sover dit op hom betrek bevestig. Hy het
verder getuig dat hy na aanleiding van
die punt waar die voertuig
geëindig het die versteurde gras langs die pad aan die regter kant
(suide kant) van die pad en die spoor
op die gruisskouer op die
linkerkant van die pad waar die voertuig se linkerwiele weer die
teerblad moes opkom gerekonstruktueer.
ân âCokeâ blikkie teen
die teerblad het aangedui die verskil in hoogte tussen die teerblad
en die gruisskouer soos dan ook
uitgebeeld op foto nr. 3 in die
fotobundel.
[10] Renier Zietsman,
derde eiser, het ewe eens Joubert se getuienis wat die wese daarvan
betref bevestig.
In kruisverhoor was sy
verklaring en ân plan wat sy eis teen die padongelukkefonds
vergesel het aan hom getoon en voorgehou. Op
die aanvanklike plan,
waaroor die woord âfoutiefâ voorkom, word aangetoon dat die
voertuig vanaf die regterrybaan, dit wil sê
sonder om die pad aan
die linkerkant te verlaat, van die pad af is. ân Latere plan wat
die posisie soos deur Zietsman getuig weergee
was egter aan die
padongelukkefonds voorgelê ter vervanging van die âfoutieweâ
plan.
Zietsman het getuig dat
nie hy nie, maar wel sy prokureur die planne opgestel het sonder
enige insette deur hom.
[11] Die getuienis van
Zietsman aangaande die âfoutieweâ plan, ân polisieplan wat
nooit formeel voor die hof geplaas was en
bewys was nie en wrakstukke
op 2 Junie 2005 deur Grobbelaar, een van die verweerder se getuies,
aan die regterkant van die pad in
die omgewing van die ongelukstoneel
gevind het bykans driekwart van die argument namens verweerder
ontlok, en is dit dienstig om
reeds op hierdie stadium daaraan
oorweging te gee.
Mnr. Moller, namens
verweerder, het aangevoer dat die getuienis van Joubert, Zietsman en
in ân mindere mate ook Payne, dat die
voertuig die pad aan die
linkerkant verlaat het alvorens dit dwars oor die pad beweeg het en
omgeslaan het waar dit tot stilstand
gekom het net nie houdbaar is
nie. Hy moes egter toegee dat indien die voertuig reeds op die
regterkantse rybaan was soos deur hom
gesuggereer, en dus nie op ân
stadium op die linkerskouer van waar dit die pad verlaat het was nie,
die getuienis van Joubert en
Zietsman versinsel of vals is en die
getuienis van Payne hoogs spekulatief is.
Die suggestie dat sy
getuienis vals of versinsel is was nooit aan Joubert gestel nie nog
minder was aan Payne gestel dat sy waarnemings
en gevolgtrekkings
daaruit versinsel is. Payne was trouens aan geen enkele vraag in
kruisverhoor onderwerp nie.
[12] Indien
ân party die getuienis van ân getuie in twyfel trek is die reël
duidelik:
â
It is, in my opinion, elementary
and standard practice for a party to put to each opposing witness so
much of his own case or defence
as concerns that witness and if need
be to inform him, if he has not been given notice thereof, that other
witnesses will contradict
him, so as to give him fair warning and an
opportunity of explaining the contradiction and defending his own
character. It is grossly
unfair and improper to let the witnesses
evidence go unchallenged in cross examination and afterwards argue
that he must be disbelieved.â
Per Claassen R in
SMALL
v SMITH
1954 (3) SA 434
SWA te 438 en vergelyk E â H en vergelyk ook
DEXION
EUROPE LTD v UNIVERSAL STORAGE SYSTEMS (PTY) LTD
2003 (1) SA 31
SCA 39 C â D.
Die totale gebrek aan
kruisverhoor van Payne en enige kruisverhoor aan Joubert waarin
laasgenoemde se weergawe dat die voertuig op
die linkergruisskouer
was voordat dit na regs oor die pad is, is voldoende om die suggestie
dat Payne, Joubert en Zietsman se getuienis
vals is, te verwerp.
[13] Joubert
se getuienis dat hy saam met sy vader die volgende dag oppad na
Hartswater die ongelukstoneel besoek het is op waarskynlikhede
inderdaad so. Die besoek het dan ook volgens hom ten doel gehad om
vas te stel wat gebeur het, daarby bedoelende om vas te stel
wat
beheerverlies oor die voertuig veroorsaak het. Wat hulle opgeval het
was die verskille in die hoogte tussen die gruisskouer
en die
teerblad aan die linkerkant (noordelike kant) van die pad waar die
voertuig aanvanklik die teer verlaat en weer moes terugkeer
op die
teerblad.
Fotoâs wat op Maandag
of Dinsdag, 25 of 26 Junie 2001 in teenwoordigheid van die Joubert en
Payne geneem was toon dan ook duidelik
die verskil in hoogte. In
foto nr. 2 word die hoogteverskil in perspektief geplaas deur ân
âCokeâ blikkie van 12cm hoog wat
direk teenoor die teerblad
geplaas is waarvan Payne, volgens sy waarneming van die spore en ân
effense verbrokking in die teerrand,
die punt waar die voertuig na
regs op die teerblad sou draai waargeneem het.
[14] Gekonfronteer met
fotoâs, agtergrond geskiedenis en ân inspeksie van die toneel het
deskundiges, almal meganiese ingenieurs,
Mnre Van Onselen en Von
Wieligh as deskundiges namens eiser en Mnr. Grobbelaar as deskundige
namens verweerder saamgestem dat vier
moontlikhede as oorsake vir die
verlies van beheer van die BMW toegeskryf kan word. Daardie
moontlikhede word deur hulle verwoord
as volg:
â
(a) Onoordeelkundige remming deur
die bestuurder;
Te skielike stuur na regs;
Te skerp stuur of ruk na regs;
Tydens kontak van die linker voorwiel
met die rand van die teerblad kan kragte opgewek word wat die wiel
na regs laat swaai en sodoende
die stuurstang onder druk plaas en
dit laat knak.â
[15] Aldrie
deskundiges, en dus alle getuienis wat gemelde aspek betref is dit
eens dat die ongeluk nie aan enige voorafgaande of
onderliggende
meganiese defek aan die BMW voertuig beheerverlies veroorsaak het
nie.
[16] Uit
inspeksieverslae, of sogenaamde visuele opname vorms wat deur
werknemers van verweerder opgestel en by verweerder ingedien
is wat
sover terug as 25 Januarie 1994 dateer word ten aansien van die
gedeelte van die betrokke pad waarin die ongeluk plaasgevind
het
aangetoon dat die gruisskouers as âuitgeryâ aangemerk word en dat
âherstelâ vereis word.
Die verslae bevestig
enersyds dan ook die getuienis van Mnr. Willem L Pretorius, ân boer
wat in die nabye omgewing van die ongelukstoneel
boer, dat vir
minstens ân dekade voor 2005 geen instandhouding op die betrokke
gedeelte van die pad gedoen was nie, terwyl herstel
behoef was, en
weerlê die vae getuienis van Mev. Bester tot die teendeel.
Die visuele
inspeksieverslae en Pretorius se getuienis onderskraag Joubert en
Payne se getuienis soos uitgebeeld op fotoâs 1 tot
4 aangaande die
standaard of gebrek aan onderhoud aan die gruisskouers in die
omgewing van die ongeluk.
Belangrik egter is ook
dat verweerder vanweë die visuele verslae wat reeds vanaf 1994
ingedien was bewus was van die feit dat die
gruisskouers uitgery was
en herstel behoef.
[17] In ân
âHandleiding: Instandhouding van gruisskouersâ wat vir die
persone betrokke by die bou en instandhouding van paaie
in die
Vrystaat bedoel is en deur verweerder as sulks blootgelê is, word
van gruisskouers onder andere die volgende gemeld:
â
Waar die verkeersvolumes egter hoog
is, is dit belangrik dat die skouer van so ân aard is dat dit deur
vinnig bewegende verkeer
gebruik kan word en dus dien as ân ekstra
rylaan in ân noodgeval.â
Voormelde
bevestig dat selfs verweerder bewus is van die realiteit dat
gruisskouers in geval van nood rybaar moet wees.
[18] In
dieselfde handleiding word van gruisskouers wat laag is, dit wil sê
die verskil in hoogte tussen die teerblad en die vlak
van die
gruisskouer die volgende aangeteken:
¡°
Waar
skouers deur swaar voertuie as klim-, vertragings- en
versnellingslane gebruik word kom hierdie toestand oor langer lengtes
voor.
Dit kom ook voor op paaie waar die padwydtes te nou is (<
6,5m) of waar draaie se strale substandaard is. Die hoogte verskil
tussen die kantteer en skouer kan wissel van gering (20mm) tot baie
ernstig (100mm).â
Die wyse waarop die
hoogteverskil gemeet word, word in fotoâs in die handleiding
geïllustreer. Dit toon aan dat ân waterpas
op die hoogste punt
van die teeroppervlakte direk teenaan die gruisskouer geplaas word en
dan die mate teenaan die waterpas loodreg
tot op die gruisskouer
geneem word.
Op dieselfde bladsy,
onderaan in vet gedruk, verskyn die volgende:
â
BELANGRIK:
Erosie op skouers kan nie alleen lei
tot ân noodlottige ongeluk nie, maar skaars goeie skouermateriaal
gaan verlore en moet watererosie
op skouers onder die aandag van die
toesighouer gebring word.â
[19] Dit
is egter nie net verweerder se handleiding wat lae gruisskouers as ân
gevaarsituasie aanmerk nie. In die Gautengse Provinsiale
Regering se
Padinstandhouding volume 3 word onder andere die volgende aangemerk:
â
Graad 1: Die gruisskouer is in ân
redelike toestand, maar die hoogteverskil tussen die kantteer en die
gruisskouer is ân maksimum
van 50mm. Daar bestaan nie ân
gevaarsituasie nie en verkeer kan teen ân relatiewe hoë spoed die
skouer gebruik. Geringe skade
kom voor as gevolg van kantbreking.
Graad
2: Die gruisskouer is in ân swak toestand en hoogteverskil tussen
die kantteer en die gruisskouer is ân maksimum van 100mm.
In
sekere omstandighede kan ân gevaarsituasie ontstaan en kantbreking
kom voor. Daar kan slegs teen lae spoed na die skouer beweeg
word.
Graad
3: Die gruisskouer is in ân baie swak toestand en die hoogteverskil
tussen die kantteer en die gruisskouer is meer as 100mm
en skep ân
ernstige gevaarsituasie. Die skouer kannie deur verkeer benut word
nie.â
[20] Mnr. Olaf Bergh, ân
siviele ingenieur met jarelange ervaring het dan ook, met spesifieke
verwysing na die hoogteverskil in
die teerrand en die gruisskouer
bevestig dat uit die oogpunt van ân siviele ingenieur ân
hoogteverskil van meer as 50mm ân
defnitiewe gevaar inhou indien
vanaf die gruisskouer na die teerblad terugbeweeg word.
[21] Die
gesamentlike konklusie in bewysstuk âCâ van die meganiese
ingenieurs, D.L. van Onselen, B. Grobbelaar en A.J. von Wieligh
ten
aansien van die hoogteverskil tussen die gruisskouer en die teerblad
word deur hulle so verwoord:
â
15. Die deskundiges stem ooreen
dat die hoogteverskil tussen die gruisskouer en die teeroppervlak
soos op die ongelukstoneel voorkom
wel ân effek op die voertuig sou
hê met die terugkeer van die linkervoorwiel van die BMW na die
teeroppervlak maar verskil ten
opsigte van die omvang daarvan....â
[22] Myns insiens
bevestig, al die getuienis maar net ân logiese afleiding, naamlik
dat ân verskil in hoogte tussen die teerblad
en die aangrensende
gruisskouer gevaar kan inhou vir verkeer wat vanaf die gruisskouer na
die teerblad wil terugkeer.
Die
enigste werklike vraag was dus slegs of die hoogteverskil tussen die
teerblad en die gruisskouers, ân toestand waarvan verweerder
bewus
was of moes wees, op die ongelukstoneel wel sodanig was dat dit deur
die redelike man as sodanig aangemerk sou word.
[23] Die enigste getuie
wat die hoogteverskil tussen die teerblad en die gruisskouer by die
ongelukstoneel nie as gevaarlik vir pad
gebruikers aangemerk het nie,
was die meganiese ingenieur, Mnr. B. Grobbelaar, die getuie namens
verweerder, en dit slegs op grond
van toetsritte wat hyself jare
later met ân derglike voertuig op die ongelukstoneel uitgevoer het
deur terug te keer vanaf die
grondskouer na die teerblad.
Hy
wou aanvanklik op ân vraag van die hof nie ân mening waag oor wat
die hoogte sal wees tussen die teerblad en die gruisskouer
voordat
dit terugkeer vanaf die gruisskouer ân verkeersgevaar sou inhou
nie. Op vrae van verweerder se advokaat het hy egter daardie
hoogte
op ongeveer 150mm geskat.
Jason Beukes, het getuig
dat hy in Augustus 2004 dieselfde nagmerrie ervaring gehad het as
Joubert, weliswaar ân klein entjie wes
van die ongelukstoneel toe
hy ook beheer oor sy voertuig verloor het toe hy met die linkerwiele
vanaf die gruisskouer na die teerblad
wou terugkeer. Die nommerplaat
van sy voertuig teen ân doringboom waar hy in die ongeluk betrokke
was is stille getuienis van
sy ongeval en was sigbaar tydens die
inspeksie ter plaatse.
Gekonfronteer met Beukes
se getuienis, die korrektheid waarvan nie in kruisverhoor betwis was
nie, het Grobbelaar op die basis dat
Beukes se getuienis aanvaar
word, toegegee dat die gruisskouer en spesifiek daar die
hoogteverskil tussen die teerblad en gruisskouer
nie as veilig beskou
kan word nie en dit vir die bestuurder ân probleem kan skep.
Die
toegewing moet dan ook impliseer dat indien Joubert se weergawe
aanvaar word, die hoogteverskil in die teerblad en die gruisskouer
vir hom ook nie veilig sou wees nie.
[23] Grobbelaar
se toegewing, op die basis waarop dit gedoen is, bring die
betroubaarheid en geloofwaardigheid van Beukes en Joubert
as getuies
ter sprake.
Beukes se getuienis was
nie in kruisverhoor aangeval nie, nog minder was sy betroubaarheid en
geloofwaardigheid in argument aangespreek.
Sy getuienis was ook nie
inherent gebrekkig of sodanig dat dit sondermeer as ongeloofwaardig
en onbetroubaar afgekraak kan word
nie. Ek was beïndruk deur die
spotaniteit waarmee hy getuig het en bevind dat sy getuienis
geloofwaardig en betroubaar is.
Joubert
se getuienis het van ervarings soortgelyk aan dié van Beukes vertel.
Dat sy voertuig na regs, anders as in die geval van
Beukes, sou
swenk wanneer die linkervoorwiel met die terugkeer na die teerblad
teen die rand van die teer in kontak sou kom, word
deur die meganise
ingenieurs bevestig, en dit is dan ook die deskundiges se mening soos
vermeld dat onder andere ân skerp stuur
or ruk na regs tot die
ongeval kon bydra.
Joubert
het deurgaans ook in kruisverhoor voet by stuk gehou aangaande sy
waarnemings en gewaarwordings en word sy getuienis bowendien
wat die
waarskynlikhede betref deur die deskundige getuienis gestaaf.
Ek
kon geen rede vind om Joubert se getuienis as vals te verwerp nie, en
nog minder het enige gegronde rede voorgedoen waarom sy
getuienis as
inherent as onwaarskynlik verwerp moet word.
Ek
aanvaar gevolglik Joubert se getuienis.
[24] Die aanvaarding van
Joubert se getuienis skakel tot ân groot die mening en opinie van
Grobbelaar as faktor uit (cf.
MAPOTA
v SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK
1977 (4) SA 515
A te 527 A â fin).
Grobbelaar se mening is
soos vermeld gebaseer suiwer op skatings na toetsritte jare na die
ongeluk min of meer op die plek waar die
ongeluk voorgekom het. In
VAN
DEN BERG EN âN ANDER v UNIE EN SUIDWES-AFRIKA
VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK
1989(4) SA 721 (c) te 728 H tot 729 C word na toetse in daardie saak
verwys en die volgende gesê:
¡°
Baie
min waarde kan aan hierdie waarnemings geheg word en wel om die
volgende redes. In die eerste plek is die toetse kunsmatig.
Vier
persone ry in die toetskar, almal is wakker en almal besef dat daar
ân opstruksie in die pad is; almal is op hulle hoede
en almal is
angstig om vas te stel op hoe groot distansie hulle die opstruksie
kan sien. In die saak
HOFFMAN
v SOUTH AFRICA RAILWAYS AND HARBOURS
1955 (4) SA 476
A te 480 het Schreiner, Wnd HR die gevaar van sulke
kunsmatige toetse beklemtoon: The learned judge then dealt with the
question
of whether it had been proved that the plaintiff had failed
to keep ân proper lookout and in this connection he dealt with the
evidence regarding the test held by the defence officials and with
the results of his own impressions greated by the inspection in
local. The learned judge examined carefully the various factors
which, it was contended for the plaintiff made the test and the
inspection unsatisfactory guides as to what the plaintiff could and
should have seen on the night of the accident. I do not propose
to
discuss those factors in detail. I except it as a fact that,
although the trailor had nothing shining on it that would show it
up
in the lights of the car, and although its dustiness rendered it
difficult to distingquish from the road surface at a distance,
it
could nevertheless be seen against the sky at 67 yards and fairly
clearly discernible as what it was at 40 yards. In deciding
what
weight should be given to such experiments one has above all to bear
in mind the difference in circumstances when one is travelling
fast,
with only a general appreciation that one may meet with an
obstraction, and one is proceeding slowly knowing that the
obstruction
is there and watching intently for its first appearance.â
Die verskille tussen die
situasie waarin Joubert hom bevind het en die situasie waarin
Grobbelaar sy toetsritte gedoen het is bykans
ooglopend en hoef slegs
na enkele verskille verwys te word.
(a) Joubert is ân
gewone motorbestuurder terwyl Grobbelaar ân ervare tydren
bestuurder met verworwe vernuf in noodsituasies is.
(b) Joubert het in ân
noodsituasie die teerpad verlaat en teruggekeer terwyl Grobbelaar op
sy gekose punt die teerblad verlaat en
teruggekeer het.
(c) Joubert moes die
maneuveer in die nag terwyl dit donker was uitvoer terwyl Grobbelaar
sy maneuveer in die rustigheid van goeie
sig en die dag uitgevoer
het.
(d) Joubert was nie van
die hoogteverskil tussen die teerblad bewus nie terwyl Grobbelaar wel
terdeë daarvan bewus was.
Voormelde
faktore neig my tot die gevolgtrekking dat Grobbelaar se ervaring in
sy toetsritte nie genoeg is om te bevind dat Joubert
en Beukes se
getuienis aangaande hulle ervarings en waarnemings verwerp moet word
nie.
[25] Vir
die aanvaarding van Beukes en Joubert se getuienis kan ook steun
gevind word uit die getuienis van Von Wieligh en Van Onselen.
Hulle
getuienis is egter ook van belang in ân ander opsig. Dit bied
stawing aan die getuienis van Bergh, die siviele ingenieur,
dat die
hoogteverskil van meer as 50mm in die gruisskouer en teerrand ân
risiko inhou vir voertuigbestuurders wat vanaf die gruisskouer
na die
teerblad moet terugkeer.
Die
afleidings gegrond op Joubert, Beukes, Bergh, Van Onselen en Von
Wielligh se getuienis, spreek eintlik vanself; die toestand
van die
pad en in besonder die hoogteverskil in die teerblad en die
gruisskouer waarvan verweerders bewus was of redelikerbewys bewus
moes wees, het op 22 Junie 2001 in die omgewing waar die ongeluk
gebeur het, vir padgebruikers en dan in besonder vir Joubert ân
gevaar ingehou.
[26] Alhoewel
verweerder aanvanklik in die verweerskrif, paragraaf 3 daarvan,
gesuggereer het dat dit nie redelikerwys instaat was
om die erkende
regsplig na te kom nie, word in nadere besonderhede vir
verhoordoeleindes erken dat verweerder wel in staat was om
die pad in
stand te hou sodat dit nie ân gevaar vir padgebruikers inhou nie.
Die
getuienis van die siviele ingenieur, Oloff Bergh, dat instandhouding
van gruisskouers effektief en ekonomies deur ân skraper,
ontwerp
deur die Vrystaatse Provinsiale Administrasie, en getrek deur ân
vragmotor in die verlede gedoen was, en steeds gedoen
kan word, is
nie deur enige getuienis weerlê nie.
Die
getuienis van Du Pisanie ten opsigte van gelde toegeken vir
kontruksie en instandhouding van paaie in die Vrystaat is
insiggewend,
maar is geen antwoord op die erkenning en getuienis dat
die betrokke pad of dan minstens die dele wat instandhouding verg,
nie versorg
was nie.
[27] Nalatigheid wat
aanspreeklikheid vir onregmatige gedrag sal vestig, word deur Holmes
AR in
KRUGER
/ COETZEE
1966 (2) SA 428AA
te 430E â F aldus verduidelik:
âFor
the purposes of liability culpa arises if â
(a) a
diligens
paterfamilias
in the
position of the defendant â
would foresee the reasonable
possibility of his conduct injuring another in his person and
property and causing him patrimonial
loss; and
would take reasonable steps to guard
against such occurrence; and
(b) defendant failed to take such
steps.â
[28] ân Enkele
aantekening op hierdie stadium is van pas.
In die onderhawige saak
kom bydraende nalatigheid nie ter sprake nie; die eisers namens wie
en wat wel van verweerder vorder, is almal
sogenaamde onskuldige
derde partye wat deur hulle gedrag geen bydrae tot die ongeval gemaak
het nie.
[29] Die gevolgtrekking
waartoe geraak word op grond van die feite bevindings, is dat
verweerder inderdaad bewus was van die gevare
wat die gebrek aan
instandhouding van veral die gruisskouers in die omgewing waar die
ongeluk plaasgevind het was, en voorsien het
of redelikerwys moes
voorsien het dat dié gedrag andere vermoënskade kan laat ly.
Daardie gevaarlike situasie kon vermy of reggestel
word deur
verweerder en moes reggestel gewees het, maar het verweerder versuim
om dit te doen.
Nalatigheid
deur verweerder is dus bewys.
[30] Die
partye was dit eens oor die gepaste kostebevel en sal sodanige bevel
in my bevel ingelyf word.
[31] Die
volgende bevele word gemaak:
1. Dit word bevind dat
verweerder aanspreeklik is vir alle skade deur die eisers opgedoen,
die omvang waarvan ooreengekom of bewys
sal moet word (as gevolg van
die beserings deur Berto en die derde en vierde eisers in die ongeval
op 22 Junie 2001).
2. Die
verweerder word beveel om die eisers se koste ten opsigte van die
meriete te betaal, insluitende die volgende koste:
Die koste van twee
advokate.
Die kwalifiserende
fooie van Mnre. Bergh, Von Wielligh en Van Onselen.
Die koste van die
kurator
ad
litem
ten
opsigte van die meriete.
Die reiskostes en
verblyfkostes (indien enige) van die getuienis en deskundiges asook
die eisers se opdraggewende prokureurs en
advokate.
Mnre. Joubert, Payne,
Beukes en Pretorius word as noodsaaklike getuies verklaar.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Namens
die applikante: Adv. J.F. Mullins SC
Bygestaan
deur Adv. J. du Plessis
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. M.J. Möller
Bygestaan
deur Adv. H. Murray
In
opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/em