Van Schalkwyk and Another v S [2005] ZAFSHC 87 (23 June 2005)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Unlawful amendment of charges — Appellants convicted of housebreaking with intent to steal and theft — State prosecutor improperly amended charges during proceedings, leading to a single charge instead of two — Court finds amendment invalid and re-establishes original charges — Overwhelming circumstantial evidence against both appellants supports convictions — Sentence of second appellant deemed excessively harsh and disproportionate — Sentence reduced from 8 years to 5 years, while first appellant's sentence confirmed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 87
|

|

Van Schalkwyk and Another v S [2005] ZAFSHC 87 (23 June 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr.: A331/2003
In die Appèl tussen:
PETRUS VAN
SCHALKWYK
1ste Appellant
STEVE MAKOENA
2de Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
HATTINGH
R
et
C.J. MUSI R
AANGEHOOR OP:
6
JUNIE 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
C.J.
MUSI R
GELEWER OP:
23
JUNIE 2005
[1] Die twee appellante
is deur die streeklanddros, Kroonstad, skuldig bevind aan huisbraak
met die opset om te steel en diefstal.
Die eerste appellant is tot 5
jaar gevangenisstraf in terme van artikel 276(1)(i) van die
Strafproseswet 51 van 1977 (die wet) gevonnis.
Die tweede appellant
is tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis. Beide appellante kom in hoër
beroep teen hierdie skuldigbevindings
en vonnisse.
[2] Die appellante het op
twee aanklagte, eerstens huisbraak met die opset om te steel en
tweedens diefstal, tereggestaan. Hulle
het onskuldig gepleit op
beide aanklagte. Die streeklanddros het van die staatsaanklaer
verneem waarom daar twee aparte aanklagte
in stede van een gestel is.
Die staatsaanklaer het, verkeerdelik, toegegee dat dit slegs een
aanklag moet wees. Die streeklanddros
het uit eie beweging die
beskuldigdes meegedeel dat die staatsaanklaer die aanklagte wysig en
dat hulle slegs aan een aanklag van
huisbraak met die opset om te
steel en diefstal teregstaan.
[3] Die handelinge van
die staatsaanklaer en die landdros is ongeoorloof. Die handeling van
die staatsaanklaer kom op ‘n staking
van die vervolging op aanklag
2 neer. Sy het geen magtiging gehad om die vervolging te staak nie.
Haar handeling is derhalwe ‘n
nietigheid. Sien artikel 6(1)(b) van
die Wet asook Hiemstra, Die Suid-Afrikaanse Strafproses 6de uitgawe
deur Kriegler en Kruger
op bladsy 16 – 17. Die appellante was ook
nie vrygespreek op aanklag twee nie.
[4] Die “wysiging”
van die klagstaat was ongeoorloof omdat dit nie ‘n wysiging was nie
maar ‘n byvoeging van ‘n ander misdryf,
te wete, diefstal. Dit
was derhalwe nie ‘n wysiging ingevolge artikel 86(1) van die wet
nie. Sien
S
v BARKETTS TRANSPORT (EDMS) BPK EN ‘N ANDER
1988(1) SA 157 (A) te 163 D en Hiemstra
supra
te bladsy 246 – 249.
[5] Die feite van hierdie
saak is eenvoudig en kan kortliks as volg saamgevat word. Tussen die
nag van 2 September 2001 en die oggend
van 3 September 2001 is ‘n
stoor waarin meneer Andries Steyn se Toyota Stallion bakkie met
registrasienommer BJB510NC gestaan het
oopgebreek en binnegegaan en
is die gemelde voertuig daaruit gesteel. Op 3 September 2001 het
meneer Crous ‘n radioberig ontvang
in verband met die diefstal. Hy
en sy bure het die area patrolleer op soek na die diewe. Tussen
11h00 en 12h00 het hy die twee
appellante teëgekom. Hulle het te
voet gestap. Nadat hy met hulle gepraat het, het hy vermoed dat
hulle moontlik die voertuig
gesteel het. Hy het die appellante aan
die polisie oorhandig. Om 09h30 dieselfde oggend het inspekteur
Snyman, ‘n vingerafdruk
deskundige, die eerste appellant se
vingerafdruk gelig vanaf die linker vensterruit van die gesteelde
bakkie. Die voertuig was in
‘n botsing betrokke en het in ‘n
veld gestaan.
[6] Beide
appellante ontken aandadigheid aan die misdrywe. Hulle beweer dat
hulle gehelp het om die voertuig te herwin na die botsing
en dat die
eerste appellant se vingerafdrukke op hierdie wyse teen die ruit
beland het.
[7] Meneer Greyling,
namens die appellante, het tereg geargumenteer dat daar nie kritiek
teen die streeklanddros se feitebevindinge,
wat die eerste appellant
betref, uitgespreek kan word nie. Hy het toegegee dat die eerste
appellant korrek skuldig bevind is. Sy
betoog is egter dat die
tweede appellant skynbaar skuldig bevind was omdat hy in die omgewing
was waar die voertuig gevind is en
aangesien daar baie kritiek
uitgespreek kan word teen sy getuienis.
[8] Ek kan ongelukkig nie
met meneer Greyling saamstem nie. Die omstandigheidsgetuienis is –
soos wat die streeklanddros bevind
het – oorweldigend. Die
appellante was op hulle eie getuienis deurgaans in mekaar se
geselskap. Die tweede appellant probeer
in leuenagtige samespanning
met die eerste appellant om ‘n verontskuldigende verduideliking te
verskaf oor hoe eerste appellant
se vingerafdruk op die voertuig
beland het. Die streeklanddros het in detail na die weersprekings en
onwaarskynlikhede in die tweede
appellant se weergawe verwys. Ek ag
dit nie nodig om dit te herhaal nie. Meneer Greyling het in elk
geval toegegee dat die tweede
appellant se getuienis leuenagtig is.
Die streeklanddros het tereg sy getuienis verwerp.
[9] Die
omstandigheidsgetuienis is soos reeds vermeld oorweldigend teen beide
appellante en by die ontstentenis van ‘n sinvolle
verduideliking
was die streeklanddros geregverdig om die afleiding te maak dat beide
appellante die stoor oopgebreek en binnegegaan
het en dat hulle die
voertuig gesteel het. Dit is myns insiens die enigste redelike
afleiding wat uit die feite bron van hierdie
saak gemaak kan word.
Sien
REX
v BLOM
1939 AD 188
op 202 – 203;
R
v MLAMBO
1957(4) SA 727 (A) op 738 en
S
v REDDY AND OTHERS
1996(2) SASV 1 (A) op 8 c – d. Die tweede appellant se appel teen
sy skuldigbevinding behoort van die hand gewys te word.
[10] Vanweë die
onreëlmatighede hierbo na verwys behoort ons egter van ons inherente
hersieningsbevoegdhede gebruik te maak ten
einde die skuldigbevinding
aan een aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal
te verander na ‘n skuldigbevinding
aan twee aanklagte te wete
huisbraak met die opset om te steel en ‘n tweede aanklag van
diefstal soos wat dit aanvanklik deur die
staatsaanklaer gestel was.
So ‘n bevinding hou geen nadeel vir die appellante in nie. Hulle
het streng gesproke aan beide bovermelde
aanklagte tereg gestaan.
[11] Meneer Greyling het
tereg toegegee dat ons nie met die eerste appellant se vonnis behoort
in te meng nie. Hy was egter van mening
dat die tweede appellant se
vonnis onredelik swaar is.
[12] Dit is geykte reg
dat ‘n hof van appèl slegs in beperkte omstandighede sal inmeng
met die vonnis diskresie van ‘n verhoor.
‘n Hof van appèl sal
slegs inmeng indien dit blyk dat die hof
a
quo
die
diskresie aan hom toevertrou op ‘n onbehoorlike of onredelike wyse
uitgeoefen het –
S
v PIETERS
1987(3) SA 717 (AA) op 727 G – 728 C.
[13] Die
tweede appellant was 33 jaar oud, getroud en het 4 minderjarige
kinders. Hy was werkloos en in hegtenis sedert sy arrestasie.
Hy is
op 3 September 2001 gearresteer en op 2 Oktober 2002 gevonnis. Hy
het twee relevante vorige veroordelings.
[14] Die streeklanddros
het gelyk dat huisbraak met die opset om te steel en diefstal
ernstige misdrywe is. Die waarde van die betrokke
voertuig was R45
000,00. Alhoewel die voertuig beskadig was is die omvang daarvan
onbekend. Dit behoef geen betoog dat die gemeenskap
teen hierdie
tipe misdrywe beskerm moet word.
[15] Myns insiens het die
streeklanddros te veel klem op die tweede appellant se vorige
veroordelings geplaas. Hy is op 9 Februarie
1993 aan diefstal
skuldig bevind en gevonnis tot R300,00 of 150 dae gevangenisstraf.
Op 22 Februarie 1994 is hy skuldig bevind aan
huisbraak met die opset
om te steel en diefstal en gevonnis tot 9 maande gevangenisstraf
waarvan 6 maande gevangenisstraf opgeskort
was vir 5 jaar op sekere
voorwaardes. Die laaste vorige veroordeling is meer as sewe jaar
voor die pleeg van hierdie misdade. Die
appellant was nog nie tot
lang termyn gevangenisstraf gevonnis nie.
[16] Die verskil tussen
die eerste appellant en die tweede appellant se vonnisse is ook
onredelik groot. Daar is geen aanduiding
dat die tweede appellant
die eerste appellant beïnvloed het om die misdrywe te pleeg nie.
Voorts blyk dit dat die streeklanddros
– alhoewel hy dit noem –
nie genoegsame gewig verleen het aan die feit dat die appellante
alreeds meer as ‘n jaar inhegtenis
was nie. Dit is wel bekend dat
die tydperk wat ‘n persoon verhoorafwagtend in die gevangenis
deurbring soms meer traumaties is
as wanneer ‘n persoon ‘n
bepaalde vonnis uitdien. Die vonnis van 8 jaar gevangenisstraf is
bowendien skokkend swaar. Die tweede
appellant sal ook vanweë sy
vorige veroordelinge ‘n vonnis ingevolge artikel 276(1)(i) van die
wet moet ontbeer. In die lig van
al die omstandighede is ek van
mening dat daar wel met die tweede appellant se vonnis ingemeng
behoort te word.
[17] In
die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
a) Die skuldigbevinding
van beide appellante word hersien en tersyde gestel en vervang met
die volgende:
Aanklagte 1: skuldig
aan huisbraak met die opset om te steel.
Aanklagte
2: skuldig aan diefstal.
b) Eerste
appellant se vonnis van 5 jaar gevangenisstraf in terme van artikel
276(1)(i) van wet 51/1977 word bekragtig. Daar word
egter gelas dat
die aanklagte saam geneem word vir vonnisdoeleindes.
c) Tweede appellant se
vonnis van 8 jaar gevangenisstraf word tersyde gestel en met die
volgende vervang:
Aanklagte
1 en 2 word saamgeneem vir vonnisdoeleindes.
5 jaar gevangenisstraf.
Die vonnis word
teruggedateer na 2 Oktober 2002.
___________
C.J.
MUSI, R
Ek
stem saam
________________
G.A. HATTINGH, R
/em