Matla v S [2005] ZAFSHC 127 (17 June 2005)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of rape and sentenced to 10 years imprisonment — Appellant claimed sexual intercourse was consensual — State's evidence included testimony from complainant and medical doctor — Court found reasonable doubt regarding the absence of consent due to inconsistencies in the complainant's account and lack of corroborative evidence — Appeal upheld, conviction and sentence set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 127
|

|

Matla v S [2005] ZAFSHC 127 (17 June 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr.: 354/2002
In die saak tussen:
MOLEFE JOHANNES
MATLA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
HANCKE
R
et
WRIGHT
R
AANGEHOOR OP:
13
JUNIE 2005
UITSPRAAK:
HANCKE,
R
GELEWER OP:
17
JUNIE 2005
_____________________________________________________
Die appellant hierin is
skuldig bevind aan verkragting en gevonnis tot 10 jaar
gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër beroep teen sy
skuldigbevinding
en vonnis.
Die
appellant het onskuldig gepleit by die aanvang van die verhoor en te
kenne gegee dat hy wel gemeenskap met die klaagster gehad
het maar
dat dit met haar toestemming plaasgevind het.
Die
eerste getuie namens die staat was Dr. Johan Brink, ‘n mediese
dokter, wat getuig het dat die klaagster geagiteer was en dat
haar
bloes geskeur was. Andersins het hy tydens ondersoek gevind dat haar
privaatdele normaal was. Daarna het die staat die getuienis
van die
klaagster Alice Motlaung aangebied wat getuig het dat sy saam met
Elizabeth Sefatsa was by haar perseel waar hulle TV gekyk
het tot
ongeveer 9 namiddag, waarna sy haar vriendin vergesel het. Oppad het
hulle die appellant teëgekom wat haar aangerand het
en gemeenskap
teen haar sin met haar gehad het. Sy het getuig dat daar ‘n
liefdesverhouding tussen haar en appellant was wat vir
ongeveer vyf
maande geduur het, waarna die verhouding verbreek was.
Die staat het ook vir
Elizabeth Sefatsa geroep, wat getuig het dat terwyl hulle gestap het,
het hulle die appellant ontmoet en het
hy aangedui hy wil met die
klaagster praat. Hulle het vir ‘n end saamgestap waarna appellant
vir haar gesê het sy kan maar gaan.
Later in die aand het die
klaagster na haar plek gekom terwyl daar trane in haar oë was. Na
sluiting van die staatsaak het die
appellant in sy eie verdediging
getuig en onder andere verklaar dat die liefdesverhouding tussen
hulle nog nooit beëindig is nie.
Hy het ook vir Elizabeth Mosia as
‘n getuie geroep ter bevestiging van die liefdesverhouding. Die
landdros het in sy uitspraak
verwys na die feit dat die enigste
geskilpunt die vraag is of die gemeenskap met die klaagster se
toestemming geskied het. In hierdie
verband het hy die volgende
verklaar:
“
The onus is on the state to prove
the guilt of the accused beyond a reasonable doubt. What needs to be
enquired, if there is any
version from the defence, is whether on a
balance of probabilities is it reasonbly possibly true.”
Mnr. Marais, advokaat
namens die appellant, het daarop gewys dat die landdros die verkeerde
bewysmaatstaf toegepas het. Dit is geykte
reg dat ‘n beskuldigde
se weergawe slegs redelik moontlik waar hoef te wees en dat hy nie
opgesaal is met enige bewyslas hoegenaamd
nie.
Dit blyk verder dat,
alhoewel die klaagster beweer dat die appellant haar aangerand het,
sy geen sodanige rapport aan Elizabeth Sefatsa,
of die dokter gemaak
het nie. Alhoewel die geneesheer gevind het dat haar bloes geskeur
was, is dit ‘n aspek waaroor die klaagster
geensins getuienis
aangebied het nie, en is dit nie duidelik onder watter omstandighede
die bloes geskeur was nie.
Alhoewel daar aanduidings
is dat die gemeenskap sonder toestemming plaasgevind het, is daar na
my mening, in die lig van die gebreke
in die staatsaak, ‘n redelike
twyfel, en is die appellant geregtig is op die voordeel daarvan.
Bygevolg slaag die appèl
en word die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel.
________________
S.P.B.
HANCKE, R
Ek
stem saam.
______________
G.F.
WRIGHT, R
Namens die appellant:
Adv. E. Marais
In opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens respondent: Adv.
B.G. Claassens
In opdrag van:
Die Direkteur van
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em