Smith and Others v Marx and Others (563/2003) [2005] ZAFSHC 58 (17 June 2005)

65 Reportability
Municipal Law

Brief Summary

Public Roads — Closure of public roads — Application for review of decision to close tertiary roads T984, T985, and T986 — First applicant, a farmer, and second applicant, a family trust, challenged the closure initiated by the first respondent, a fellow farmer and trustee — Respondents failed to provide adequate justification for the closure, leading to claims of arbitrary decision-making — Court held that the closure was invalid due to lack of proper consideration and insufficient grounds for the decision, resulting in the proklamasie being declared null and void.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 58
|

|

Smith and Others v Marx and Others (563/2003) [2005] ZAFSHC 58 (17 June 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr. : 563/2003
In
die aansoek tussen:
JACOBUS
ADRIAAN SMITH
Eerste
Applikant
JOHANNES
HENDRIK DANIEL DU PLOOY N.O.
ANNA
CORNELIA JACOMINA VAN NIEKERK N.O.
Tweede
Applikant
JOHANNES
HENDRIK DANIEL DU PLOOY
Derde
Applikant
en
MATTHYS
JOHANNES MARX
Eerste
Respondent
MATTHYS
JOHANNES MARX N.O.
Tweede
Respondent
DIRK
DE HART N.O.
Derde
Respondent
MICHIEL
DANIEL BESTER N.O.
Vierde
Respondent
LID
VAN DIE UITVOERENDE RAAD:
Vyfde
Respondent
OPENBARE
WERKE, PAAIE EN VERVOER
PROVINSIE
VRYSTAAT
ESKOM
Sesde
Respondent
DIAMOND
WORKS BEPERK
Sewende
Respondent
DIE
VOORSITTER VAN DIE SPESIALE
Agtste
Respondent
PADRAAD
(THEUNISSEN)
DIE
SPESIALE PADRAAD (THEUNISSEN)
Negende
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
WRIGHT
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
6
JUNIE 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
17
JUNIE 2005
_____________________________________________________
Applikant is ‘n boer
van die plaas Leliesdal, distrik Theunissen. Tweede applikant is die
du Plooy Familie Trust van die plaas
Fairview in dieselfde distrik.
Derde respondent (wat ‘n trustee van die trust is), word ook in sy
persoonlike hoedanigheid as
applikant gesiteer omdat hy op die trust
se grond boer. Eerste respondent is ook ‘n boer en woon op die
plaas Deeldam in die distrik
van Theunissen. Hy word ook as tweede
respondent aangespreek in sy hoedanigheid as trustee, saam met sy
mede-trustees (derde en
vierde respondente) van die Thys Marx Trust.
Die ander respondente se hoedanighede blyk uit die opskrif hierbo.
Drie tersiêre openbare
paaie, te wete paaie nommers T984, T985 en T986, loop oor, of in die
omgewing van, die plase waarvan applikante
en eerste tot vierde
respondente die eienaars is. Gedurende 2001 het eerste respondent
twee skriftelike aansoeke gerig aan die Paaie-afdeling
van die
Vrystaatse Provinsie vir die sluiting van sekere gedeeltes van aldrie
bogemelde paaie. Die Padraadkomitee vir die betrokke
distrik het op
28 Februarie 2002 by die Landdroskantoor gesit om hierdie aansoeke
aan te hoor en het aanbeveel dat eerste respondent
se aansoek om
sluiting soos volg toegestaan word:
“
T986 vanaf punt A1 tot B,
T985 vanaf punt C tot
D, en
T984 vanaf punt E tot F, omrede
(a) Slegs die eienaars van die
omliggende plase gebruik die paaie.
(b) Geen eiendom word benadeel nie,
omrede almal ander toegange vanaf ‘n geproklameerde pad het.
(c) Groot
gedeeltes van die paaie is huidig onrybaar en word nie gebruik nie,
bv. B – C.
(d) Geen mondelikse (sic) of
skriftelike beswaar is tydens die vergadering ontvang nie.
(e) Geen
beswaar is ontvang uit die gemeenskap nie.”
(Bylaag “D1”).
Hierdie aanbeveling is op
29 April 2002 deur die Hoof: Openbare Werke, Paaie en Vervoer aan die
Direkteur Generaal voorgelê en aanbeveel
en laasgenoemde het die
aanbeveling op 2 Mei 2002 goedgekeur. (Bylaag “O”). Dit is
eerste applikant se saak dat hy eers by
wyse van die
Paaiesuperintendent, Winburg se brief gedateer 27 Mei 2002 (bylaag
“P”) kennis gekry het van die sluiting van die
betrokke paaie en
deur middel van sy prokureur aansoek gedoen het vir verdere ondersoek
van die aangeleentheid deur ‘n Spesiale
Padraad ingevolge artikel
5(1) van die Paaie Ordonnansie (Ordonnansie 4 van 1968). Die
Spesiale Padraad het vergader op 3 Oktober
2002 en eerste applikant
was verteenwoordig deur sy prokureur, Mnr. Coetzer. Eerste
respondent was persoonlik teenwoordig, asook
sy prokureur, Mnr. le
Roux. Die Spesiale Padraad het dieselfde aanbeveling gemaak as die
Padraad (aanhangsel “Y”) en op 8 Augustus
2002 word die
aanbeveling weer deur die Hoof: Openbare Werke, Paaie en Vervoer
bekragtig. (Bylae “Z”). Op 12 November 2002
onderteken vyfde
respondent die proklamasie waarvolgens die betrokke paaie gesluit is
(bylaag “MM”).
Ter uitvoering van
hierdie proklamasie het eerste en vyfde respondente sekere hekke
gesluit en padtekens aangebring. Applikante het
by wyse van
briefwisseling tussen die onderskeie prokureurs onsuksesvol gepoog om
‘n tydelike vergelyk te tref en op 17 Februarie
2003 hulle
kennisgewing van mosie uitgereik wat die volgende smeekbedes bevat:
“
1. Dat
die nie-nakoming van die Hofreëls met betrekking tot vorms en
betekening kondoneer word en dat hierdie aansoek as ‘n saak
van
dringendheid bereg word ooreenkomstig die bepalings van Hofreël
6(12);
2. Dat
die Respondente opgeroep word om redes, indien enige, aan te voer
voor hierdie Agbare Hof op
20
Maart 2003
om 09h30 in die
voormiddag of so spoedig moontlik daarna as wat die saak aangehoor
kan word waarom die volgende bevel nie verleen
sal word nie:
2.1 Dat hangende die finale beregting
van die aansoek om hersiening in paragraaf 4 & 5 versoek:
Eerste, Tweede, Derde en Vierde
Respondente gelas word om:
Die hekke wat toegang verleen aan
die plaas Kleinpan tot Pad T986 oop te maak en die draad waarmee
dit toegedraai is te verwyder
ten einde Applikante se
ongestoorde besit herstel.
Die versperrings in Pad T986 deur
hulle daar aangebring, summier te verwyder.
Vyfde Respondent gelas word om die
padtekens wat aangebring is in Pad T986 en wat aantoon dat toegang
tot daardie pad verbode
is / gesluit is, te verwyder.
Die Balju gemagtig en gelas word
om, die gemelde drade, versperrings en padtekens in die
voorafgaande paragrawe vermeld te verwyder
indien die gemelde
Respondente sou versuim.
Applikante gemagtig word om gebruik
te maak van pad T984, T985, en T986.
3. Dat die bevele in paragrawe 2.1,
2.1.1, 2.1.1.1, 2.1.1.2, 2.1.2, 2.1.3, 2.1.4 hierbo tussentydse
werking sal hê met onmiddellike
effek.
4. Dat
die besluit van die Vyfde Respondent om pad T984, T985 en T986 te
sluit (soos uiteengesit word in Bylaag “W”) hersien,
nietig
verklaar en tersydegestel word.
5. Dat
die Proklamasie deur Vyfde Respondent gedateer 12 November 2002 tot
die effek dat Pad T984, T985 en T986 gesluit word (en soos
uiteengesit in die afskrif van die Proklamasie aangeheg tot Bylaag
“W”) hersien, tersydegestel en nietig verklaar word.
6. Dat Eerste, Tweede, Derde, Vierde
en Vyfde Respondente gesamentlik en afsonderlik met mekaar en ook
gesamentlik en afsonderlik
met sodanige ander Respondente wat hierdie
aansoek mag bestry, betaal word (sic).
7. Dat verdere en/of alternatiewe
regshulp aan Applikante verleen word.”
Applikante se saak word
soos volg in paragraaf 55 van die funderende verklaring deur eerste
applikant saamgevat:
“
55. Ek doen dus aan die hand dat
die besluit van die spesiale padraad om die paaie te sluit en die
gevolglike proklamasie daarvan,
deur Vyfde Respondent, nietig is
alternatiewelik vernietigbaar. Dit is nietig ook op grond daarvan
dat daar geen behoorlike aandag
aan die aangeleentheid gegee is nie.
Geen instansie wat behoorlike aandag aan die aangeleentheid gegee
het, kon tot die beslissing
gekom het wat hier bereik is nie.
Hierbenewens is dit duidelik dat die besluit wat geneem is nie
regverdigbaar is in terme van die
redes wat verskaf word nie. Die
besluit was willekeurig, ongegrond en klaarblyklik geneem op
onvoldoende grond of gronde wat nie
aan die Applikant openbaar is of
word nie. Die besluit is klaarblyklik ook geneem in navolging van
die aanbevelings en bevindings
van die komitee by welke verrigtinge
ek geen inspraak gehad het nie. Buitendien is die besluit totaal
onuitvoerbaar.”
Eerste en tweede
respondente het op 21 Februarie 2003 kennis gegee van hulle voorneme
om die aansoek te opponeer (p. 211) maar op
3 Junie 2003 hulle
verweer teruggetrek en aangedui dat hulle berus in die beslissing van
die Hof (pp. 214 – 215). Hulle het dan
ook geen antwoordende
verklarings afgelewer nie. In repliek heg applikant ‘n verklaring
aan van derde respondent (Aanhangsel “R1”)
waarin hy verklaar dat
hy onbewus wat dat tweede respondent gedurende Mei 2001 aansoek
gedoen het om sluiting van die pad wat oor
die plaas Deeldam 106,
distrik Theunissen (die eiendom van die Thys Marx Trust) loop en ook
nie daartoe ingestem het nie. Slegs
die vyfde, agtste en negende
respondente opponeer tans die aansoek. Hulle hoofdeponent is Mnr.
Ebersohn wat Voorsitter was van die
Spesiale Padraad wat op 3 Oktober
2002 gesit het en waarna reeds hierbo verwys is.
Die gewraakte sluiting
van die paaie hier ter sprake is gedoen deur vyfde respondent op
aanbeveling van die hoof van die betrokke
departement, wat op sy
beurt bloot die verslag van negende respondent nagevolg het. Vyfde
respondent verklaar dan ook uitdruklik
dat hy die verslag van negende
respondent en die aanbeveling van die hoof van die departement
(aanhangsels “A” en “B” op
pp. 225 – 229 van die stukke)
oorweeg het
“
and approved the closure of the
roads as set out in paragraph 9 thereof. Thereafter I signed the
necessary proclamation .......”
Uit vyfde respondent se
verklaring is die afleiding onvermydelik dat hy geen ander dokumente
voor hom gehad toe hy sy besluit geneem
het nie – nie eers die
vergrootte plan waarop die betrokke plase en paaie duidelik aangedui
word nie. Die genoemde aanhangsel
“B” bevat self
geen
motivering nie maar ondersteun slegs die aanbeveling vervat in
aanhangsel “A”. Dit is daarom dienlik om aanhangsel “A” in
sy geheel aan te haal want dit vorm die hele basis van vyfde
respondent se besluit:
“
REPORT OF THE SPECIAL ROAD BOARD
THAT WAS HELD ON 3 OCTOBER 2002 IN THE OFFICE OF THE MAGISTRATE,
THEUNISSEN
1. Mr J.A. Smith of the farms coloured
blue (Driekoppies 422, Frisgewaag 550, Subdivisions 1 and 2 of
Frisgewaag 550, Klein Pan 320,
Hendriena 563 and Leliesdal 242)
appealed against the decision that tertiary roads T984, E-F, T985,
C-D and the section A1-C-B of
tertiary road T986 be closed.
2. Mr
Coetzer, an attorney on behalf of Mr Smith, indicated that Mr Smith’s
objections to the proposed closing of the roads are
as follows:
2.1 Mr Smith has no objection to the
closing of tertiary road T984, E-F and the section C-B of tertiary
road T986. His objection
is only to the closing of tertiary road
T985, C-D and the section A-C of tertiary road T986.
2.2 The
company Diamondworks Ltd will start in die near future with the
development of the diamond mine on the farm Driekoppies 422.
An
amount of R2 500 000,00 has already been invested in the mine and
Diamondworks Ltd has recently applied for the necessary mining
permits at the Department of Minerals and Energy. The mining company
will make use of the above-mentioned tertiary roads as access
roads
to the mine.
2.3 Eskom’s
power line runs along tertiary road T986 and this road is their only
access road to their power line.
2.4 Mr
Smith requests that the current infrastructure be kept as it is.
3. Mr B. le Roux, an attorney on
behalf of Mr M.J. Marx of the farm coloured green (Subdivision 4 of
Deeldam 106), objected and indicated
that Mr Marx applied for the
closing of the section A-C-B of tertiary road T986 because of the
undermentioned reasons. He added
the closing of tertiary roads T984,
E-F and T985, C-D on request of the Department of Public Works, Roads
and Transport:
3.1 Mr Smith will have access to his
farming unit through the remaining section of tertiary road T986
should the section A1-C-B of
tertiary road T986 be closed. He can
make use of his private roads between his farms and he is not
dependant on the public roads.
3.2 The
mining company can negotiate an access road with Mr Smith because the
mine is on his farm.
3.3 Mr
Smith takes the water from his farms and turn it into tertiary road
T986. This causes erosion.
4. After an inspection
in
loco
and discussion of the
case
in camera
,
the Road Board unanimously recommended that tertiary roads T984, E-F
and T985, C-D and the section A1-C-B of tertiary road T986
be closed
because of the following reasons:
4.1 No objections were received
against the closing of tertiary road T984, E-F and the section C-B of
tertiary road T986;
4.2 Closing of tertiary road T985,
C-D:
(i) Mr Smith has alternative roads
that he can use to reach his properties; and
(ii) The
mining company can negotiate access roads with Mr Smith should
tertiary road T985, C-D be closed. There are currently no
mining
activities.
Closing of the section A1-C of
tertiary road T986:
Mr Smith has alternative roads that
he can use to reach his properties;
The safety risk will be minimized by
the closure of the road as better control over the road users will
be exercised;
The objection received from Eskom
that the closing of the road will result in high expenses, is vague,
because Eskom will not be
refused permission to conduct the
necessary maintenance works;
The closing of the road will also
counteract the erosion on the road; and
Mr Smith argument that the current
infrastructure be maintained does not carry weight because he has
turn the water from his farms
onto several places along the road.
He has furthermore put up fences across sections of the road that
prohibits the use of the
sections.”
Dit is gemenesaak, en
blyk duidelik uit die vergrootte plan, dat daar ‘n Eskom kraglyn
langs pad T986 loop vanaf punt A1 weswaarts
tot by punt C (en verder)
d.w.s. langs ‘n deel van die pad wat gesluit is. Dit is ook
gemenesaak dat Eskom daardie deel van die
pad in die verlede gebruik
het om toegang tot die kraglyn te verkry of te vergemaklik. Daar kan
ook nie twyfel wees nie dat die
mynbedrywighede op die plaas
Driekoppies van eerste applikant, die gebruik van swaar voertuie en
masjinerie sal noodsaak, soos voorgedra
aan die Spesiale Padraad
namens eerste applikant en dat die voortbestaan van pad T985 tussen
punte C en D hierdie gebruik sal vergemaklik
ten voordele van beide
eerste applikant en die betrokke myn. Beide Eskom en die
mynmaatskappy het beswaar gemaak teen die sluiting
van hierdie paaie,
maar negende respondent het hierdie besware van die tafel gevee deur
bloot te sê dat Eskom in elk geval toegang
tot die kragdrade sal kan
verkry uit hoofde van serwitute en dat die mynmaatskappy ‘n
toegangspad met eerste applikant kan beding.
Een van die
belangrikste argumente wat namens eerste applikant aan negende
respondent voorgedra is, nl. die behoud van die bestaande
infrastruktuur en die gepaardgaande vermyding van groot uitgawes vir
Eskom en die mynskappy, word deur negende respondent afgemaak
met die
woorde
“
it does not weigh because he
(applikant) has turned the water from his farms onto several places
along the road. He has furthermore
put up fences across sections of
the road that prohibits the use of the sections.”
Die notule van die
verrigtinge voor negende respondent ondersteun nie hierdie bevindings
nie en hulle word spesifiek deur eerste applikant
ontken.
Wat uit die stukke
duidelik na vore kom, is dat daar destyds wrywing tussen eerste
applikant en eerste respondent was en dat eerste
respondent se grond
slegs 140 hektaar groot is en letterlik omring word deur eerste
applikant se grond wat 1 500 hektaar groot is.
My indruk is dat
eerste respondent nie aan eerste applikant die gebruik van ‘n
geproklameerde tersiêre pad wat hy gemeen het
oor sy (eerste
respondent se) grond loop, (pad T986 tussen punt A1 weswaarts tot op
die grens tussen Deeldam en Frisgewaag) gun nie,
maar ook daardie
deel van die openbare pad wat
uitsluitlik
oor
eerste applikant se grond loop (pad T986 vanaf die grens van
Frisgewaag weswaarts tot by punt C en pad T985 noordwaarts tussen
punte C en D). In hierdie verband moet beklemtoon word dat
applikante met behulp van ‘n kaart deur ‘n landmeter (Bylaag
“AA”)
oortuigend aangetoon het dat die pad T986 NIE suid van die
noordelike grens van eerste respondent se plaas Deeldam loop nie maar
noord van daardie grens, d.w.s. inderdaad oor eerste applikant se
plaas Kleinpan. Die vraag kan met reg gevra word watter belang
een
grondeienaar het in ‘n openbare pad wat oor ‘n ander grondeienaar
se plaas loop en wat laasgenoemde wil oophou – al is
dit bloot uit
oorwegings van gerief. (In hierdie saak is dit gemenesaak dat die
Provinsiale regering geen geld bestee aan die onderhoud
van die
betrokke paaie nie.) Na my mening was daar minstens eweveel en ewe
swaar gronde vir negende respondent om die
status
quo
te
handhaaf as om aan te beveel dat die betrokke paaie gesluit word.
Dit is gemenesaak dat
eerste applikant die eienaar is van nege plase wat elk ‘n aparte
titelakte het. Hierdie plase vorm tans ‘n
boerdery-eenheid en word
as sulks bestuur. Eerste applikant maak tereg die punt in sy
funderende verklaring dat indien die sluiting
van die betrokke paaie
voortduur en hy in die toekoms van sy plase verkoop of hulle aan
verskillende eienaars laat vererf, daardie
nuwe eienaars nie toegang
tot die openbare paaie sal hê nie en opnuut sal moet aansoek doen
vir die proklamering van ‘n stuk pad.
Hy verklaar uitdruklik dat
hy op datum van die aflegging van die funderende verklaring besig was
met onderhandelinge om Onderverdeling
2 van Frisgewaag 550 te verkoop
aan ‘n sekere Mnr. Weideman. Hierop antwoord vyfde respondent
kortaf soos volg:
“
Die
Padraad neem slegs bestaande feite in ag. Indien die omstandighede
sou verander deurdat sekere eiendomme deur ander persone aangekoop
word, sou hulle die bevoegdheid hê om die nodige aansoeke te rig.
Ek vestig ook die hof se aandag op artikel 5(6) van die Ordonnansie
op Paaie. Eweneens word verwys na Mnr
SHIELDS
,
die Padraadsekretaris, se bevestigende beëdigde verklaring wat
hierby aangeheg word, synde aanhangsel
“G”
.”
Hierdie standpunt is
onhoudbaar en illustreer waarom die
status
quo
gehandhaaf behoort te gewees het.
Dit
is nie sonder betekenis nie dat die segsman namens eerste tot vierde
respondente, Mnr. Marx, sy opponering tot hierdie aansoek
laat vaar
het. Daarvan kan slegs afgelei word dat hierdie respondente nie
beswaar het indien die sluiting van die paaie opgehef
word nie.
In die lig van wat reeds
hierbo gesê is, is dit nie nodig om met die ander argumente te
handel wat namens applikante voorgedra is
nie. Ek is tevrede dat die
betrokke proklamasie tersyde gestel moet word.
Vyfde, agtste en negende
respondente se betoog, soos voorgedra deur Mnr. van Rooyen, is dat
vyfde respondent nie die betrokke proklamasie
ongedaan kon maak nie,
bloot omdat hy nie regtens oor daardie bevoegdheid beskik nie. ‘n
Hofbevel wat die proklamasie herroep,
is al uitweg, aldus die betoog.
Dit mag so wees, maar toe eerste tot vierde respondente se
opponering van hierdie aansoek wegval
op 3 Junie 2003, was daar geen
regverdiging meer vir ‘n vyfde, agtste en negende respondente om
voort te gaan met hulle opponering
nie. Ek het reeds daarop gewys
dat die Provinsiale regering geen geld aan die onderhoud van die
betrokke paaie bestee het nie en
dit is verder gemenesaak dat die
paaie vir meer as 40 jaar bestaan.
Na
oorweging van al die getuienis en argumente is my gevolgtrekking dat
negende respondent nie redelikerwyse kon besluit het dat die
betrokke
paaie gesluit word nie en dat vyfde respondent eweneens fouteer het
deur agtste en negende respondente se aanbeveling klakkeloos
na te
volg. Die aansoek om tersydestelling van die gewraakte proklamasie
moet derhalwe slaag.
Daar is geen rede waarom
die suksesvolle partye hulle koste ontneem moet word nie. Namens
applikante wys Mnr. Danzfuss tereg daarop
dat die dringende aansoek
op 17 Februarie 2003 aanhangig gemaak is om, onder andere, sekere
hekke oop te maak, versperrings te verwyder
en ook sekere padtekens
te verwyder (Smeekbedes 2.1.1 en 2.1.2) en dat eerste en tweede
respondente die aansoek nog ge-opponeer het
tot 3 Junie 2003.
Benewens hierdie faktor is die aansoek op 20 Februarie 2003 van die
Rol verwyder en is gelas dat koste oorstaan.
Hierdie laasgenoemde
koste behoort koste in geding te wees, en dit word so gelas.
Gevolglik slaag die
aansoek en word die volgende bevel uitgereik:
1. Proklamasie P37/3/3433
gedateer 12 November 2002 waarkragtens sekere gedeeltes van tersiêre
paaie T984, T985 en T986, distrik
Theunissen, gesluit is, word
tersyde gestel.
Eerste, tweede, vyfde,
agtste en negende respondente word gelas om die koste van die
aansoek gesamentlik en afsonderlik te betaal
tot en met 3 Junie
2003, waarna vyfde, agtste en negende respondente gesamentlik en
afsonderlik aanspreeklik is vir applikante
se koste.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek stem saam.
_____________
G.F. WRIGHT, R
Namens
applikante : Adv. F.W.A. Danzfuss
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
respondente: : Adv. P.C.F. van Rooyen
In
opdrag van:
Die
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/sp