About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 157
|
|
Roux v Raad van die Prokureursorder van die Vrystaat [2005] ZAFSHC 157; [2005] ZAFSHC 54 (9 June 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 2431/2004
In
die saak tussen:
LAMBERT
HENDRIK ROUX
Applikant
en
DIE
RAAD VAN DIE PROKUREURSORDE
1ste
Respondent
VAN
DIE VRYSTAAT
JAN
JACOBUS MAREE
2de
Respondent
JOHN
DOUGLAS ANDERSON
3de
Respondent
NKOPANE
WILFRED PHALATSI
4de
Respondent
LEON
STRATING
5de
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
HATTINGH
R
et
RAMPAI
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
16
MEI 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HATTINGH
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
9
JUNIE 2005
_____________________________________________________
[1] Verskeie klagtes van
onprofessionele optrede en/of wangedrag word deur ân dissiplinêre
komitee van eerste respondent teen applikant,
ân praktiserende
prokureur, ondersoek.
[2] Die dissiplinêre
komitee belas met bovermelde ondersoek bestaan uit drie senior
prokureurs van hierdie Hof, naamlik tweede, derde
en vierde
respondente onder voorsitterskap van tweede respondent.
[3] Vyfde respondent, ook
ân praktiserende prokureur van hierdie Hof, is deur eerste
respondent aangestel as pro-forma aanklaer
in die gemelde ondersoek.
[4] Uit
die klagstaat blyk dit dat daar ân aantal baie ernstige bewerings
teen applikant ondersoek word en indien dié bewerings
juis bevind
sou word, dit klaarblyklik direk slaan op applikant se integriteit en
derhalwe op die vraag of applikant ân geskikte
en bevoegde persoon
is om as prokureur te praktiseer.
[5] Die oorsprong van die
aanklagte teen applikant is ân siviele aksie wat ene Mnr. Heuer
ingestel het teen die prokureursfirma
Jac. N. Coetzer, Hoopstad
waarvan applikant ân vennoot/direkteur was.
[6] 6.1 My ampsbroeder
H.M. Musi het sekere bevindings gemaak wat op applikant se
geloofwaardigheid en integriteit reflekteer het
en het die Hoogste
Hof van Appèl Musi R se bevindinge bekragtig, maar ook bevind dat
applikant skuldig is aan opsetlike misleiding
van Heuer.
Viviers AR het dit soos
volg gestel:
â
I
am not persuaded that the court
a
quo
was wrong in making
these credibility findings. In fact, on a careful reading of the
record one is left with the impression that
Roux was a thoroughly
unreliable witness and that everything the trial court said about his
evidence is fully justifiedâ¦.â
en
verder aan
â
for
the reasons I have given the court
a
quoâs
judgment must be
upheld on the basis of Rouxâs intentional misrepresentations.â
Toe die geleerde Regter
handel met wat ân gepaste kostebevel op appèl sou wees, sê hy:
â
As
appears fully from what I have earlier said, however, Rouxâs
conduct was so dishonest and his efforts, persisted in on appeal,
to
explain his conduct and to conceal his fraud, so disingenuous and
devious that an award of attorney and client cost is called
for also
on appeal.â
[7] Die sitting van die
dissiplinêre komitee het plaasgevind op 9 Desember 2003 en toe weer
op 14 Junie 2004.
[8] Op die eersvermelde
datum het Adv. M van der Nest SC namens applikant verskyn. Al wat
toe interessant was, was die teatrale aankondiging
van Mnr van der
Nest toe hy verklaar het:
âEn
ons gaan vir u wys, Meneer die Voositter, dat die bevindinge totaal
ongefundeerd is en hierdie geleentheid is aan ons gebied
om vir u te
wys dat daardie bevindinge verkeerd is. Die bevindinge wat gemaak is
op bewerings wat nie gestel is nie, bewerings wat
nie getoets is nie
en ons verskil ten sterkte van beide Regter Musi en van die vyf
Regters in die Hoogste Hof van Appèl dat daardie
feite bevindings
wat hulle maak op die feite dat hy bedrieglik opgetree het, wat nie
aan hom gestel is nie, totaal en al verkeerd
is.â
[9] Daarna het daar nog
verskeie debatte plaasgevind tussen die dissiplinêre komitee, die
pro-forma aanklaer en Mnr van der Nest
wat werklik nie enige verdere
aandag verdien nie. Uiteindelik en aan die einde van daardie dag se
verrigtinge het die dissiplinêre
komitee soos volg gereël:
â1. Die
komitee maak dan die reëling dat uit hoofde van die uitspraak van
die Hoogste Hof van Appèl wat
prima
facie
getuienis daarstel
van onprofessionele gedrag ten opsigte van klagtes 1.1, 1.2 en 1.3,
sal die praktisyn Mnr Roux met die aanbied
van getuienis begin.
2. Die komitee is tevrede om getuies
te dagvaar en te roep in die volgorde wat die praktisyn aandui en dat
die roep van die getuies
die reg insluit om die getuies te
kruisverhoor uit die aard van die saak deur beide die praktisyn se
verteenwoordiger sowel as deur
die aanklaer.â
[10] Daarna is die
verrigtinge uitgestel tot 14 Junie 2004 waarop die verrigtinge sou
voortgaan. Op daardie dag verskyn Adv. van
Rhyn SC vir applikant.
Hy rig ân aansoek dat tweede, derde en vierde respondente hulle van
die verrigtinge moet rekuseer en dat
die vyfde respondent as
pro-forma aanklaer vervang word. Die aansoeke is afgewys.
[11] Dit is teen hierdie
twee bevindings van die dissiplinêre komitee dat applikant op
hersiening die volgende regsverligting vra:
â1. Dat
die bevindinge van die tweede, derde en vierde respondente op 14
Junie 2003, hersien word;
2. Dat
die tweede, derde en vierde respondente gelas word om hulle te
rekuseer as dissiplinêre komitee in die formele ondersoek
teen die
applikant gehou;
3. Dat
die eerste respondent gelas word om die tweede, derde en vierde
respondente te vervang in die dissiplinêre komitee deur
hulle
aangestel wat ân formele ondersoek teen die applikant hou;
4. Dat
die eerste respondent gelas word om die vyfde respondent by die
formele ondersoek gehou teen die applikant, as pro-forma
aanklaer te
vervang;
5. Dat die eerste respondent gelas
word om ân dissiplinêre komitee saam te stel, alternatiewelik lede
daarvan te koöpteer wat
bestaan uit prokureurs verbonde aan die
prokureursordes van provinsies ander dan die Vrystaat Provinsie;
6. Koste teen eerste repondent en teen
verdere respondente slegs indien hulle die aansoek opponeer.â
[12] Elkeen van die
respondente opponeer die aansoek.
[13] Applikant fundeer sy
aansoek op samesprekings wat tweede en vierde respondente met sy
regsverteenwoordigers gehou het gedurende
Februarie 2003.
âDit was by daardie samesprekings
dat die tweede respondent melding gemaak het dat die eerste
respondent onder druk is van die
â
Appèlhof
â
en â
sekere
kollegas
â. Om daardie
rede kan die aangeleentheid nie geskik word met die tweede en derde
respondente nie en is die
indruk
by my gelaat dat die eerste respondent onder druk is (soos voormeld)
om ân aansoek om my skrapping van die rol van prokureurs te
bring.â
(my beklemtoning)
[14] In antwoord hierop
verklaar tweede respondent:
â13.1 Ek
ontken dat ekself, of enige van die respondente, onder druk was om
die applikant te benadeel. Die enigste druk, indien
dit so genoem
kan word, is om die aangeleentheid afgehandel te kry.
13.2 Die
applikant voer met respek geen feite aan wat daarop sou dui dat,
indien die verhoor voortgesit word, hy op enige wyse hoegenaamd
benadeel of potensieel benadeel kon word nie.
13.3 Betreffende
die beswaar teen die vyfde respondent se optrede as aanklaer is die
applikant die geleentheid gebied om die feite
wat hy meen hom sou
benadeel en die vyfde respondent diskwalifiseer om as aanklaer op te
tree, aan die dissiplinêre komitee te verduidelik.
13.4 ......................
13.5 Na
versigtige beoordeling van die voormelde feite het die komitee
geoordeel dat daar nie genoegsame gronde is om die opdrag
van die
vyfde respondent om as aanklaer op te tree, te beëindig nie.â
[15] Paragraaf 13.1 van
respondent se bestrydende verklaring word toegelig deur tweede
respondent waar hy verwys na die voormelde
samesprekings. By daardie
geleentheid is applikant en sy regsverteenwoordigers meegedeel dat
die Raad wil toesien dat die ondersoek
afgehandel word sonder
onnodige vertraging. Die rede-motivering vir die mededeling was
bloot dat die Raad by verskeie geleenthede
stappe gedoen het om die
hoeveelheid uitstaande klagtes te verminder en, meer in besonder, om
toe te sien dat die afhandeling van
klagtes nie onnodig vertraag word
nie.
[16] In
hierdie verband verklaar tweede respondent:
â11.4 As
gevolg van onder andere ân wisseling van personeel in die
dissiplinêre afdeling van die Orde het dit gebeur dat uitstaande
klagtes buite verhouding begin eskaleer het en was daar kritiek nie
alleen van lede van die Orde nie, maar ook vanaf lede van die
regbank
van die Vrystaatse Hooggeregshof wat in die ope Hof uitgespreek is.
11.5 Dit
het ook onder my aandag gekom dat ân praktiserende lid by ân
raadslid navraag gedoen het met betrekking tot die vordering
en
afhandeling van die ondersoek teen die applikant en het hierdie lid
gemeld dat tydens ân sosiale gesprek met ân regter van
die
Hoogste Hof van Appèl, daar navraag oor die saak was.
11.6 Ek het hierdie mededeling aan
applikante se regsverteenwoordigers gemaak in die konteks dat die
regsverteenwoordigers hulle
samewerking moes verleen ten einde ân
verhoordatum te bekom wat nie te ver in die toekoms is nie en is dit
reeds tydens hierdie
samesprekings tentatief op datums ooreengekom
gedurende die reses van Junie/Julie 2003.
11.7 Die mededeling het geensins
verband gehou met die meriete van die ondersoek nie, was bloot ân
mededeling dat die regsverteenwoordigers
hulle samewerking moes
verleen dat die aangeleentheid spoedeisend afgehandel word.â
[17] Die applikant doen
aansoek om finale regshulp en moét die feite-geskil beslis word op
die weergawe van die respondente. Daarbenewens
is die
waarskynlikhede oorweldigend ten gunste van respondente. Ek handel
nou daarmee.
[18] Wat tekenend opval,
is dat met die voortsetting van die verrigtinge op 14 Junie 2004 daar
uit die bloute aansoek gedoen word
vir die rekusering van die
betrokke respondente. Geen nuwe feite, of veranderde omstandighede,
het sedert die eerste verskyning
(9 Desember 2003) na vore gekom nie.
Die samestelling van die komitee, die pro-forma aanklaer en die
klagtes teen die applikant
was almal presies dieselfde soos dit was
op 9 Desember 2003. Die enigste verandering wat ingetree het, is dat
Mnr. van Rhyn nou
namens die applikant opgetree het in die plek van
Mnr. van der Nest wat op 9 Desember 2003 verskyn het.
[19] Op laasvermelde
datum was daar geen aansoek om rekusering nie. Applikant en sy
regsverteenwoordiger was met die samestelling
van die komitee en die
pro-forma aanklaer tevrede. Wat meer opvallend is, is dat die gronde
waarop Mnr. van Rhyn nou steun vir sy
aansoek, reeds ontstaan en
bestaan het nog voor 9 Desember 2003!
[20] Op die dag van die
samesprekings, en op die dag wat die verrigitinge ân aanvang voor
die dissiplinêre komitee sou geneem het
(9 Desember 2003) was ál
hierdie feite aan applikant bekend en het nóg hy nóg sy
regsverteenwoordiger, met kennis en wete van
hierdie feite, dit
goedgedink om ân aansoek om rekusering te bring. Toe Mnr. van Rhyn
op die toneel verskyn, ontwaak hierdie âindrukâ,
eensklaps,
alhoewel soos mosterd na die maal!
[21] Wat applikant
gevolglik in sy repliek verkondig, geniet weinig oortuigingskrag. Sy
bewerings, te wete
âmy
onmiddellike
indruk
was dat eerste tot vierde respondent onder druk was van die Hoogste
Hof van Appèl en sekere kollegas om my aansoek om my skrapping
van
die rol van prokureurs te bring,â
en
âmy
reaksie
op daardie dag was dat ek nooit van ân regverdige verhoor verseker
kon gewees het nie.â
Dat
âby
daardie geleentheid en vandag dit nog my
oortuiging
is dat die respondente nie by daardie geleentheid of by enige ander
geleentheid in staat was om onpartydig en onbevange te besluit
oor
die beregting van die saak nieâ
(my
beklemtoning)
kan nie ernstig opgeneem
word nie.
[22] Hierdie bewerings
word eers in die applikant se stukke opgedis om ân basis te bied
vir die aansoek om rekusering. Die bestrydende
verklaring van
respondente toon onomwonde aan dat die applikant se âindruk,
reaksie en oortuigingâ ân versinsel en ân verdigsel
is; daar
bestaan eenvoudig geen feitebasis wat applikant se saak ondersteun
nie. Die respondente ontken in elke geval applikant
se bewerings
waarop hy steun vir sy âindrukkeâ ens. Applikant vra finale
regshulp en moet die feitegeskil opgelos word op die
weergawe van
respondente.
[23] Selfs op die
veronderstelling dat applikant onder sodanige âindrukâ, soos wat
hy beweer, verkeer het, is die vraag of dÃt
op sigself rekusering
sou regverdig.
[24] Dit is oorbekende
reg dat elkeen geregtig is op ân billike verhoor wat insluit dat by
die aanhoring daarvan dit sal geskied
deur ân onbevange en
onpartydige beoordelaar.
[25] Die regsposisie is
duidelik. Dit lê opgesluit in die eenvoudige vraag: Sou ân
redelike, objektiewe en ingeligte persoon,
in die plek van die
beswaarde litigant, op die korrekte feite, redelikerwyse besorg of
bevrees wees dat die Regter nie ân onbevange
gemoed of ân
onpartydige mening, sal handhaaf in die beoordeling van die saak nie?
[26] Nodeloos om te sê,
word die vraag bevestigend beantwoord, moet rekusering volg. Dit
geld vir beide siviele- en strafsake sowel
as aangeleenthede wat
regsgevolge vir die partye kan inhou.
[27] Eweneens, moet daar
altyd in gedagte gehou word dat ân onbevooroordeelde Regter ân
fundamentele voorvereiste is vir ân
billike verhoor en moet daar
nie gehuiwer word om haarself of homself te onttrek aan ân saak as
daar redelike gronde vir besorgdheid
bestaan by een van die
litigerende partye, dat die Regter nie ân onbevange oordeel kan of
sal handhaaf nie. Sien in die algemeen
TAKE
AND SAVE TRADING CC AND OTHERS v STANDARD BANK OF SA LTD
2004 (4) SA 1
(HHA).
[28] Daar bestaan geen
redelike gronde wat in applikant se gemoed ân besorgdheid kon
ontketen het dat tweede, derde en vierde respondent
partydig en
bevooroordeeld in die ondersoek sou optree nie.
[29] Mnr. van Rhyn, het
heel tereg, tydens argument nie volhard met sy aansoek teen vyfde
respondent nie.
[30] Die
aansoek word met koste afgewys.
________________
G.A.
HATTINGH, R
Ek stem saam.
______________
M.H. RAMPAI, R
Namens die
applikant: Adv A J R van Rhyn SC
In opdrag van:
McIntyre
& Van der Post
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondente: Adv P J T de Wet
In opdrag van:
Lovius
Block
BLOEMFONTEIN
/sp