S v Hlaloha and Others (201/2005) [2005] ZAFSHC 84 (2 June 2005)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Appeal against conviction for stock theft — Accused convicted of stealing four sheep valued at R2,000 — Accused's defense based on alleged invitation to assist in slaughtering sheep — Trial court rejected defense as implausible — Appeal court found trial court erred in credibility assessment — Evidence suggested accused arrived after sheep were already present — Conviction of accused overturned and replaced with a verdict of not guilty.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 84
|

|

S v Hlaloha and Others (201/2005) [2005] ZAFSHC 84 (2 June 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings Nr.: 201/2005
DIE STAAT
en
FLIP TSEKO HLALOHA
Beskuldigde 1
JOHANNES KEATLISO
MODIKANELO
Beskuldigde
2
MOSES FONSO
KGOSIMORE
Beskuldigde 3
_______________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN R
et
WRIGHT R
_______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
COPPENHAGEN R
_______________________________________________________
GELEWER OP:
2
JUNIE 2005
_______________________________________________________
[1] Die beskuldigde het
as beskuldigde nommer 2 (na wie ek voortaan as sulks sal verwys) in
die Landdroshof Wesselsbron saam met 2
ander tereggestaan op ‘n
klagte van veediefstal. In die klagstaat word dit beweer dat hy en
sy mede-beskuldigdes tussen 15 en
16 Junie 2004 vier skape ter waarde
van R2 000,00 gesteel het.
Op
die klagte het die beskuldigde ongeskuldig gepleit maar was hy
nogtans op 18 Januarie 2005 skuldigbevind en op dieselfde datum
tot 2
jaar gevangenisstraf waarvan 1 jaar gevangenisstraf voorwaardelik
opgeskort was, gevonnis.
Die beskuldigde se
mede-beskuldigdes was ook op dieselfde datum skuldig bevind. Flip T.
Hlaloha gesiteer as beskuldigde 1 was gevonnis
tot 3 jaar
gevangenisstraf terwyl Moses F. Kgosimore gevonnis was tot 2 jaar
gevangenisstraf waarvan 1 jaar voorwaardelik opgeskort
was. Hulle
skuldigbevindings en die vonnisse hulle opgelê is in orde en moet
bekragtig word.
[2] Beskuldigde 2 se
getuienis dat hy deur beskuldigde 1 genader was om hom, dit wil sê
beskuldigde nommer 1, met die slagtery van
skaap by te staan is deur
die Landdros as vals verwerp.
Die redes vir die
verwerping van beskuldigde 2 se getuienis is in wese drieërlei,
naamlik eerstens dat beskuldigde 2 nie ‘n vriend
van beskuldigde 1
is nie, tweedens dat hy nie aan beskuldigde 1 gevra het wie se skape
geslag moes word nie en derdens dat beskuldigde
nommer 2 nie geweet
het of beskuldigde 1 skape besit nie.
[3] Die getuienis van
minstens een staatsgetuie, ene Motsoloane, beklemtoon die feit dat
beskuldigde nommer 1 alleen vroeër die betrokke
dag, dit wil sê om
ongeveer 07:00 by hom aan huis was, en eers later om ongeveer 13:00
saam met beskuldigde nommer 2 teruggekeer
het. Met die terugkoms om
13:00 het nog beskuldigde 1 nog beskuldigde 2 enigiets in hul besit
gehad.
[4] Die onvermydelike
afleiding uit voormelde getuie se getuienis moet dus wees dat
beskuldigde nommer 2 op die perseel waar die gesteelde
skaap geslag
was, nadat die skaap alreeds aanwesig was, aangekom het. Hierdie
afleiding onderskraag beskuldigde nommer 2 se getuienis
dat hy deur
beskuldigde 1 genooi en versoek was om hom met die slagtery te help.
[5] Beskuldigde
nommer 2 se besoek aan beskuldigde nommer 1 se broer se woning op
versoek van beskuldigde nommer 1 kannie aan sinistere
motiewe
toegeskryf word nie; hy sou immers op waarskynlikhede in die
algemene rigting van beskuldigde nommer 1 se broer se woning
moes
stap op pad na die dorp.
[6] Indien
een persoon ‘n ander vra om met die slag van skaap, wat reeds op ‘n
perseel is, te help, is die gewone afleiding of
dan ‘n baie
waarskynlike afleiding dat die skaap aan die eienaar of okkupeerder
van die perseel behoort veral nog as laasgenoemde
opdrag gegee het
vir die slagtery.
Beskuldigde se versuim
om navraag te doen aangaande die eiendomsreg van die skaap kan dus
nie as faktor dien om sy getuienis as ongeloofwaardig
aan te stip
nie.
Voormelde
maak ook meteen onsin van die Landdros se negatiewe
geloofwaardigheidbevinding gegrond op beskuldigde nommer 2 se
erkenning
dat hy nie geweet het of beskuldigde nommer 1 skape besit
nie.
[7] Beskuldigde 2 se
getuienis kannie op die aangebode getuienis en die afleidings daaruit
as vals afgekraak word nie; dit kan redelik
moontlik waar wees.
[8] Die
voormelde bevele moet volg:
Die skuldigbevinding en
die vonnisse aan beskuldigde 1 en aan beskuldigde 3 opgelê, word
bekragtig.
Die skuldigbevinding en
vonnis van beskuldigde 2, Johannes Keatliso Modikanelo word
tersydegestel en vervang met die volgende bevel:
Onskuldig en ontslaan.
_______________________
G.
VAN COPPENHAGEN, R
Ek stem saam.
______________
G.F. WRIGHT, R
/em