About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 53
|
|
Krisptrade 11 (Edms) Beperk v X-Pressnet (Edms) Beperk en 'n Ander (2304/2004) [2005] ZAFSHC 53 (2 June 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 2304/2004
In
die saak tussen:
KRISPTRADE
11 (EDMS) BEPERK
Eiser
en
X-PRESSNET
(EDMS) BEPERK
1ste
Verweerder
HENDRIK
SCHALK BERGH
2de
Verweerder
_____________________________________________________
CORAM:
BECKLEY
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
7,
10, 18 MEI 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
BECKLEY
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
2
JUNIE 2005
_____________________________________________________
[1] In hierdie
aangeleentheid vorder die eiser van verweerder betaling van die
bedrag van R278 724,52 uit hoofde van ân ooreenkoms
ingevolge
waarvan die eiser aan die verweerder vier Nissan vragmotors verhuur
het. Die geskil wentel om die vraag of die huurgelde
van R35 000,00
per maand ten opsigte van elk van die vragmotors beloop het en of die
R35 000,00 ten opsigte van al vier voormelde
vragmotors was.
[2] Die enigste getuie
namens die eiser was ene Coertze, wie se getuienis tot die effek was
dat hy en Bergh, die tweede verweerder
asook ân direkteur van die
verweerder, ân gesprek wat deur Coertze geïnisieer is, gehad het
rakende die huur van toebak Nissan
8 ton vragmotors op ân
maandelikse basis. Die gesprek is opgevolg deur ân kwotasie wat hy
aan die verweerder gerig het op 26
Februarie 2003, waarvan die
relevante passasie as volg lees:
âQuotation
for hiring of vechiles (sic)
Herewith the quotation as discussed.
8
ton enclosed R35 000.00
20
000 km free
R1.80 excess kilometer rate
R1750.00
Insuranceâ
[3] ân Aantal
telefoongesprekke het gevolg nadat die kwotasie ontvang is. Volgens
Coertze het Bergh teruggeskakel en gevra hoeveel
vragmotors
beskikbaar was, waarna hy meegedeel is dat vier vragmotors beskikbaar
was. Daar het klaarblyklik verdere onderhandelings
tussen die partye
daarop gevolg, waarna ân skrywe in Maart 2003 deur Coertze gestuur
is aan die kantore van die verweerder te Johannesburg
vir die aandag
van Mnr Bill Wimpey. Die relevante passasie van dié betrokke skrywe
lees as volg:
â
Herewith the documentation that
needs to be completed in regard to the vehicles to be hired from
Krisptrade.
..........
We refer to our letter dated 26 February 2003 stipulating the pricing
structure. This letter together with the aforementioned
letter and
other documentation send (sic) to you, will constitute the
agreement...........â
[4] Kort nadat voormelde
skrywe na Johannesburg gefaks is, het die tweede verweerder navraag
gedoen telefonies met betrekking tot
wanneer die voertuie beskikbaar
sou wees, waarop hy meegedeel is dat sekere dokumente nog nie
onderteken is nie. Daarop het die
tweede verweerder op 19 Maart 2003
in Coertze se kantoor die uitstaande dokumente onderteken, te wete ân
borgakte sowel as ân
aansoek om kredietfasiliteite ten bedrae van
R150 000,00. Op 28 Maart 2003 was Coertze, tesame met twee ander
werknemers by die
kantore van die eiser, waar die vier voertuie
afgehaal is. By dieselfde geleentheid het tweede verweerder ân
dokument getiteld
âAgreement.Invoice.Delivery noteâ onderteken,
ten opsigte van elk van die vragmotors, asook dokumente wat beskryf
is as âVehicle
Damage Checklistâ asook ân âCheck Sheetâ.
Dit is nie ân geskil dat onder andere die maandelikse huurgeld van
R35 000,00
per maand per voertuig nie ingevul is op die voormelde
dokumente toe die tweede verweerder dit onderteken het nie. Coertze
se getuienis
was dat hy die betrokke dokumente voltooi het,
insluitende die invul van die maandelikse huur van R35 000,00 sowel
as die bedrag
van R1,80 per kilometer in sy kantoor nadat tweede
verweerder reeds die dokumente onderteken het.
[5] Nadat die
rekeningstate ten opsigte van die eerste maand se huur van die vier
vragmotors deur die verweerder by hulle hoofkantoor
ontvang is, het
tweede verweerder vir Coertze geskakel en hom meegedeel dat die
verweerder verkeerdelik gedebiteer is, aangesien
hulle vir R35 000,00
huurgeld plus BTW ten opsigte van elk van die voertuie gedebiteer is,
terwyl die huurgelde van R35 000,00 plus
BTW betaalbaar was ten
opsigte van al vier voertuie. Coertze het daarop voorgestel dat die
vier voertuie aan die eiser terugbesorg
word, wat inderdaad gebeur
het gedurende Mei 2003.
[6] Tydens Coertze se
getuienis onder kruisondervraging blyk dit dat die vier betrokke
vragmotors die enigste voertuie was wat beskikbaar
was om verhuur te
word. Ondanks sy getuienis dat die betrokke vragmotors voorheen en
na kansellasie van die huurooreenkoms aan ân
filiaalmaatskappy
verhuur is, het hy erken dat, tydens die antwoorde wat verskaf is op
ân kennisgewing ingevolge Hofreël 35(3)
hy onder eed bevestig het
dat geen skriftelike huurkontrakte of ander ooreenkomste bestaan vir
die tydperk voor of na die beëindiging
van die betrokke
huurooreenkoms nie.
[7] Die tweede verweerder
het, nadat die eiser se saak gesluit is, ten behoewe van die
verweerders getuig. Sy getuienis was dat hy
ân direkteur van die
eerste verweerder was, en het getuig dat Coertze hom gedurende
Februarie 2003 geskakel het en gevra of hy
belangstel om vragmotors
te huur, aangesien hy, Coertze, sy besigheid wil afskaal. Na
aanleiding van die gesprek het Coertze voormelde
faks gedateer 26
Februarie aan hom deurgestuur. Aangesien dit tydens die gesprek
rakende die huur van die vragmotors duidelik gemaak
is dat die eerste
verweerder belangstel om vier vragmotors te huur, het hy Coertze
geskakel, wat hom meegedeel het dat die bedrag
van R35 000,00
huurgeld per maand van al vier vragmotors was. Toe hy die faks
ontvang en dit nie duidelik blyk dat die R35 000,00
plus BTW ten
opsigte van al vier vragmotors is nie, het hy Coertze geskakel om
sekerheid te verkry. Coertze het te kenne gegee dat
dit ân
administratiewe fout is, waarop hy, die tweede verweerder, die syfers
â4Xâ in sy eie handskrif aangebring het op die
kwotasie, waarna
hy die kwotasie deurgefaks het na hul hoofkantoor vir kennisname van
ene Bill Wimpey, met ân aantekening op die
faks wat aan Wimpey
gestuur is wat as volg lees:
âBill
compare with what we have and let us know please.â
Die tweede verweerder
het te kenne gegee dat hy van oordeel was dat die betrokke huurgelde
mededingend was en ân gunstige huurtarief
was, aangesien die
huurgeld 20 000 kilometer vir die vier voertuie, dit wil sê 5 000
kilometer per maand per voertuig ingesluit
het, wat ân verbetering
was op die 3 500 gratis kilometers waarop hulle geregtig was in terme
van ân ooreenkoms vir soortgelyke
vragmotors met Kempston Truck
Hire.
[8] Tweede verweerder het
voorts bevestig dat hy teenwoordig was op 28 Maart 2003 toe die vier
vragmotors in ontvangs geneem is nadat
die voormelde dokumentasie
onderteken is. Hy het beaam dat die âDelivery Noteâ geen
huurgeld aangedui het nie. Ondanks die
feit dat hy afskrifte ontvang
het van die âVehicle Damage Check Listâ sowel as die âCheck
Sheetâ, het hy nie afskrifte ontvang
van die
âAgreement.Invoice.Delivery Noteâ ten opsigte van enige van die
voertuie nie. Voorts was sy getuienis dat die reëling
was dat die
ooreenkomste ân aanvang sou neem op 1 April 2003 en dat die vier
vragmotors na Johannesburg geneem is om aldaar deur
die eerste
verweerder gebruik te word.
[9] Ongeveer 10 Mei 2003
het hy vanaf die hoof-uitvoerende beampte van die eerste verweerder
verneem dat die eerste verweerder verkeerdelik
gedebiteer is teen R35
000,00 per maand per vragmotor. Toe hy Coertze daaromtrent skakel,
was laasgenoemde se houding dat hy in
besit was van ân kontrak tot
daardie effek, waarop hy, die tweede verweerder, vir Coertze
meegedeel het dat hy die vragmotors onmiddellik
terugstuur, wat
inderdaad gebeur het.
[10] Tydens
kruisondervraging het hy aangedui dat die behoefte aan ân besondere
vragmotor ân belangrike faktor is en dat, afhangende
die behoefte,
R35 000,00 per maand per voertuig nie ondenkbaar is nie. Later het
hy daarop uitgebrei deur te getuig dat sodanige
huurgeld gepas sou
wees waarin die huurder van so ân vragmotor deurlopend daarmee
vervoer doen byvoorbeeld tussen Johannesburg
en Kaapstad, maar dit
allermins was wat hy beoog het toe hy en Coertze die terme van die
huurooreenkoms bespreek het.
[11] Dit,
dan, was die getuienis wat aangebied was.
[12] Die vraag wat beslis
moet word, is of die eiser op ân oorwig van waarskynlikhede
aangetoon het dat die partye ooreengekom het
dat die huurgelde R35
000,00 per maand per voertuig sal beloop. Ten einde dit te bewys,
steun die eiser op die voormelde kwotasie
en die feit dat die
kwotasie op 14 Maart 2003 skriftelik aanvaar is. Daarteenoor ontken
die verweerder in die pleitstukke die bestaan
van ân geskrewe
ooreenkoms. Die bewyslas rus derhalwe op die eiser om die ooreenkoms
te bewys waarop hy steun. Die feit dat hy
steun op ân geskrewe
ooreenkoms, raak nie die bewyslas nie. Vergelyk die benadering van
Rabie AR, soos hy destyds was, in
SKJELBREDS
REDERI A/S AND OTHERS v HARTLESS (PTY) LTD
1982 (2) SA 710
(A):
â
The
true position as to the question of
onus
was that the respondent bore the overall burden of showing that it is
possessed of rights which entitled it to claim the attachment
order:
that overall
onus
remained on it throughout. However, since the respondent is armed
with a written agreement which appeared on the face of it to confer
such rights on it, the appellants bore the burden (âweerlegginglasâ)
of rebutting that
prima
facie
case.â
[13] Dit moet in gedagte
gehou word dat die ooreenkoms waarop die eiser steun, dubbelsinnig is
in die sin dat dit nie uitdruklik bepaal
dat die bedrag van R35
000,00 betrekking het op een of vier voertuie nie. Rakende die wyse
waarop ân dubbelsinnige of vae ooreenkoms
benader moet word, som E
M Grosskopf, AR, dit as volg op in
NAMIBIAN
MINERALS CORPORATION LTD v BENGUELA CONCESSIONS LTD
[1996] ZASCA 140
;
1997 (2) SA 548
(A) te 557E:
â
One
must distinguish between vagueness and ambiguity. If a contract can
be interpreted to have two or more reasonable meanings, this
would
not by itself render the contract void for vagueness. The correct
meaning can be determined by the use of extrinsic evidence
or the
process of legal interpretation.â
[14] Die getuienis
rakende die terme van die ooreenkoms dui na my mening oorweldigend
daarop dat die verweerder se weergawe die meer
waarskynlike is,
naamlik, dat die huurgeld R35 000,00 per maand plus BTW beloop het
vir al vier voertuie. Die faktore wat my tot
daardie gevolgtrekking
noop, is die volgende:
(a) Dit blyk uit die
dokumentasie wat voltooi is m.b.t. tot die kilometer afstand wat elk
van die vier voertuie afgelê het gedurende
die periode 23 Maart tot
28 April, d.w.s vir ân tydperk van 22 werksdae, dat die kilometers
onderskeidelik 4 124, 5 888, 5 096
en 3 101 kilometer onderskeidelik
was dus 18 209 in totaal. Voormelde kilometer afstand wat afgelê is
binne die betrokke maand,
is na my mening aanduidend daarvan dat die
tweede verweerder
bona
fide
onder die indruk was dat die gratis kilometers 20 000 per maand ten
opsigte van al vier voertuie was, en beslis nie 20 000 gratis
kilometers per maand per voertuig nie.
(b) Die inligting wat
tweede verweerder deurgestuur het na sy kantore te Johannesburg, was
dat die R35 000,00 plus BTW die huurgeld
beloop het vir al vier
vragmotors. Hy vra dan vir Wimpey om was te stel hoe daardie tariewe
vergelyk met die ander soortgelyke vragmotors
wat deur die eerste
verweerder gehuur word, en kry dan terugvoering dat dit voorkom asof
dit ân goeie tarief is. Inaggenome dat
die verweerder op daardie
stadium vanaf Kempston Truck Hire identiese voertuie gehuur het teen
R10 248,00 per maand met 3 500 gratis
kilometers per maand per
voertuig, was die aanbod van die eiser van R8 750,00 per maand per
voertuig en 5 000 gratis kilometers per
maand beslis mededingend.
Die huurgeld, soos die eiser beweer, van R35 000,00 per maand per
voertuig, selfs met 20 000 gratis kilometers
per maand, is totaal
buite verhouding. Dit staaf die tweede verweerder se getuienis dat,
indien hy geweet het dat die vragmotors
se huurgelde R35 000,00 per
maand per vragmotor beloop, dit sou neerkom op finansiële selfmoord
om ân tussen ooreenkoms te sluit
tot daardie effek.
(c) Die bedrag van R35
000,00 per maand per voertuig is totaal buite verhouding met die
kwotasie van Kempston Truck Hire gedurende
29 Oktober 2002, vir die
huur van âsingle axle truck tractor with pantech trailorâ teen
R35 900,00 per maand. Die tweede verweerder
het daarop gewys dat die
betrokke voertuig hier ter sprake ân reuse voertuig was wat bestaan
uit ân aparte meganiese perd sowel
as ân leunwa.
(d) Die
tweede verweerder was deurgaans onder die indruk dat die huurgeld vir
vier vragmotors was. Dit moet in gedagte gehou word
dat dit
gemeensaak is dat die huurgeld nie ingevul was op die
afleweringsnotas toe hy die vragmotors in besit geneem het nie.
Onmiddellik
nadat die eerste rekening ontvang word en dit blyk dat
die huurgeld R35 000,00 per maand per vragmotor beloop, het hy met
Coertze
in verbinding getree.
(e) Dit is moeilik om
Coertze se optrede te verstaan nadat hy die oproep ontvang het vanaf
die tweede verweerder dat die eerste verweerder
met die verkeerde
bedrae gedebiteer is t.o.v. huurgelde vir die vier vragmotors,
naamlik dat hy dadelik instem dat die vragmotors
teruggelewer kan
word aan die eiser. Behalwe en benewens die getuienis van die tweede
verweerder dat Coertze se houding was dat
hy ân ooreenkoms gehad
het op skrif tot die effek dat die huurgeld R35 000,00 per maand per
voertuig beloop, is daar geen sprake
daarvan dat hy gepoog het om die
eerste verweerder aanspreeklik te hou vir die betaling van huurgelde
teen R35 000,00 per maand per
voertuig vir die oorblywende 11 maande
nie, inaggenome dat die voertuie vir ân periode van 12 maande
verhuur is.
[15] In die omstandighede
meen ek dat dit nouliks gesê kan word dat die partye
ad
idem
was rakende die huurgelde per voertuig per maand en dat daar sekerlik
nie konsensus was dat die huurgelde R35 000,00 per maand per
voertuig
beloop het, soos die eiser beweer nie. Vergelyk in die verband
Digesta 19-2-52:
â
If
I let you lands for 10, but you think you are hiring for 5, there is
no contract.â
(De
Zulueta vertaling)
Vergelyk ook die
voorbeelde uiteengesit in Wessels,
Law
of Contract in South Africa,
Tweede Uitgawe Volume 1 paragrawe 165 â 171.
[16] In die omstandighede
is die bevinding onafwendbaar dat die eiser hom nie van sy bewyslas
gekwyt het om aan te toon dat die partye
ad
idem
was en dat daar konsensus bereik is dat die huurgeld R35 000,00 per
maand per voertuig beloop het nie. Dit volg derhalwe dat die
eiser
se vordering nie kan slaag nie.
[17] Derhalwe
word die eiser se vordering afgewys met koste.
_______________
A.P. BECKLEY, R
Namens die eiser: Adv S
J Reinders
In opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerders: Adv C A Human
In
opdrag van:
Bezuidenhouts
& Milton Earle Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/sp