About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 82
|
|
Wesdev (Edms) Beperk v Anglogold Beperk (LA204/2004) [2005] ZAFSHC 82 (26 May 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr.: LA204/2004
In die saak tussen:
WESDEV (EDMS)
BEPERK
Applikant
en
ANGLOGOLD
BEPERK
Respondent
AANGEHOOR OP
: 13
MEI 2005
UITSPRAAK
: VAN
DER MERWE R
GELEWER OP
: 26
MEI 2005
[1] Hierdie is ân
aansoek om verlof om te appelleer teen ân uitspraak in ân aksie
gelewer deur Lombard R op 2 Desember 2004,
ingevolge waarvan die
applikant se eis teen die respondent van die hand gewys is met koste.
Lombard R het sedertdien uitgetree en
is die aansoek aan my toegewys
ingevolge die bepalings van Hofreël 49(1)(e).
[2] Dit is gemeensaak
tussen die partye dat die applikant bouwerk verrig het ten opsigte
van ân gebou bedoel vir gebruik deur ân
maatskappy wat eers
genaamd was Kallipso Vier en Twintig (Edms) Bpk en later JoâAdine
Funeral Undertakers (Pty) Ltd (âdie maatskappyâ).
Die applikant
se vordering verteenwoordig die uitstaande kontraksvergoeding aan die
applikant verskuldig ten opsigte van daardie
bouwerk. Dit is
gemeensaak dat die maatskappy gelikwideer is en geen verhaal gebied
het nie. Breedweg gesien, was die vraag by
die verhoor van die aksie
of die applikant aanspreeklik is vir die betaling van die gemelde
bedrag op die gronde deur die applikant
aangevoer.
[3] Die
wesenlike bevindinge van die verhoorhof was die volgende:
Dat die getuienis van
Mnr. Pansegrouw namens die applikant, aanvaar word bo die getuienis
van Mnr. Basson, namens die respondent,
waar die getuienis van
hierdie getuies botsend is;
Dat die essensiële
geskilpunt is of Mnr. Basson namens die respondent vir die
respondent onafhanklik kontraktueel verbind het tot
betaling van die
vergoeding vir die bouwerk wat die applikant vir die maatskappy
gedoen het;
Dat die vereiste
animus
contrahendi
aan
die kant van die respondent nie bewys is nie.
[4] Die verhoorhof se
bevinding (ii) hierbo, is nie in ooreenstemming met wat die applikant
se saak op die pleitstukke, by die verhoor
en voor my was nie. In
die pleitstukke het die applikant op drie alternatiewe skuldoorsake
gesteun. Die eerste skuldoorsaak was
ân ooreenkoms gesluit tussen
die applikant en die respondent vir die oprigting deur die applikant
van die betrokke gebou teen betaling
deur die respondent. Hierdie
skuldoorsaak is reeds by die verhoor laat vaar. Die eerste
alternatiewe skuldoorsaak was ân drieledige
kontrak aangegaan
tussen die applikant, respondent en die maatskappy, ingevolge waarvan
die applikant die bouwerk vir die maatskappy
sou verrig maar waarvan
dit ook ân term was dat die respondent daartoe sou toesien dat die
maatskappy die bedrae aan die applikant
uit hoofde van die ooreenkoms
verskuldig, vereffen. Die tweede alternatiewe skuldoorsaak was
gegrond op delik, naamlik ân eis
om skadevergoeding gegrond op
nalatige verbreking van ân beweerde regsplig op die respondent om
toe te sien dat gelde wat in ân
rekening by maatskappy inbetaal is,
aan die applikant oorbetaal word wanneer dit opeisbaar en betaalbaar
word.
[5] Die vraag is
gevolglik of ân ander hof redelikerwys ten gunste van die applikant
kan bevind op die voormelde laaste twee skuldoorsake,
dit wil sê die
beweerde drieledige ooreenkoms, alternatiewelik deliktuele
aanspreeklikheid. Hierdie vraag moet beoordeel word op
aanvaarding
van die bevinding (i) hierbo.
[6] Ten aansien van die
beweerde drieledige ooreenkoms en gevolglike kontraksterm dat die
respondent verplig was om toe te sien dat
die maatskappy sy
verskuldigheid aan die applikant betaal, is die wesenlike vraag myns
insiens of ân ander hof redelikerwys kan
bevind dat daar
dienooreenkomstig consensus bereik is tussen die applikant en die
respondent. Vir die redes wat kortliks hierna
uiteengesit word, meen
ek dat dit nie die geval is nie.
[7] Die getuienis van
Mnr. Pansegrouw was dat hy aanvanklik onder die indruk was dat
tenders vir die betrokke bouwerk deur die respondent,
met wie hy
voorheen meermale suksesvol besigheid gedoen, aangevra is. Volgens
sy eie getuienis is dit egter baie duidelik dat hy
op ân
vergadering wat plaasgevind het op 7 Junie 2000 deur Mnr. Basson
meegedeel is dat die boukontrak met die maatskappy aangegaan
word.
Volgens Mnr. Pansegrouw het Mnr. Basson toe aan hom, soos hy dit self
gestel het, die gerusstelling gegee dat hy wat Mnr.
Basson is deur
die respondent as ân direkteur van die maatskappy aangestel is, dat
die respondent reeds die geld vir die bouprojek
bekom het en dit op
ân rekening van die maatskappy sal inbetaal waarop hy (Mnr. Basson)
tekenregte het en dat hy daarom sal toesien
dat die applikant betaal
word deur die maatskappy. Volgens die getuienis van Mnr. Pansegrouw
het applikant op grond van hierdie
gerusstelling of versekering die
kontrak met die maatskappy aangegaan. Ek moet byvoeg dat ek aanvaar
vir doeleindes hiervan, strydig
met die pleitstukke, dat die betrokke
kontrak aangegaan is op 7 Junie 2000, soos namens die applikant
aangevoer word. Selfs op die
getuienis namens die applikant
aangebied, is die enigste redelike konstruksie myns insiens dat die
applikant oorreed of beweeg is
deur die optrede van Mnr. Basson om ân
boukontrak met die maatskappy aan te gaan.
[8] Word die
aangeleentheid van wilsooreenstemming van die kant van die respondent
beoordeel, is die posisie myns insiens nog meer
duidelik. Hierdie
was ân geval van swart ekonomiese bemagtiging. Die onbetwiste
getuienis is dat die respondent op ân bepaalde
gestruktueerde wyse
by hierdie projek betrokke geraak het. ân Maatskappy genaamd
Masakhisane Investment Limited (âMasakhisaneâ)
is deur die
respondent gestig en befonds vir doeleindes van bevordering van swart
ekonomiese bemagtiging. Masakhisane het by onderhawige
projek
betrokke geraak op grond van ân skriftelike voorlegging aan
Masakhisane wat deur die direksie van Masakhisane aanvaar is.
Gevolglik het Masakhisane ân 20% aandeelhouding in die maatskappy
bekom teen betaling van die bedrag van R47 000,00, ân direkteur
van
die maatskappy, te wete Mnr. Basson, aangewys om Masakhisane se
belange te beskerm en ook om leiding met betrekking tot die bestuur
van die maatskappy te verskaf en het Masakhisane ân lening in die
bedrag van R200 000,00 aan die maatskappy gemaak. In hierdie
omstandighede is daar na my oordeel geen ruimte vir ân bedoeling
aan die kant van die respondent om self as ân kontraksparty
by die
projek betrokke te raak nie. Dit is in wese wat die verhoorhof in
(iii) hierbo bevind het.
[9] Na my oordeel is die
kernvraag ten aansien van die kwessie van deliktuele aanspreeklikheid
of daar redelike vooruitsigte bestaan
dat bevind kan word dat daar ân
regsplig op die respondent gerus het soos beweer word, naamlik dat
die respondent moes toesien
dat gelde wat by die maatskappy inbetaal
is, aan die applikant oorbetaal word. Essensieel beteken dit dat die
hof van appèl oortuig
moet word dat die regsoortuiging van die
gemeenskap vereis dat die nalate om so te doen, as onregmatig beskou
moet word. Sien in
hierdie verband
BOE
BANK LIMITED v RIES
2002(2) SA 39 (HHA) op 46 H â 47 A en ook 46 E â G, waar die
volgende gesê word wat van belang is in hierdie saak:
ïg
12] Years ago Mrs Ries would have
been faced by two insuperable obstacles: that her claim was for pure
economic loss without injury
to person or corporeal property, and
that it was based on an omission, namely Groenewald's failure to
obtain and lodge a signed change
of beneficiary form. Today neither
of these obstacles is insuperable, but they are often still difficult
to surmount. Administrateur,
Natal v Trust Bank van Afrika Bpk
1979
(3) SA 824
(A) recognised that in appropriate cases pure economic
loss can be recovered, although whereas physical injury to the person
or corporeal
property is prima facie unlawful, causing economic loss
is not: Zimbabwe Banking Corporation Ltd v Pyramid Motor Corporation
(Pvt)
Ltd
1985 (4) SA 553
(ZS) at 563A - C; Joubert (ed) The Law of
South Africa (LAWSA) 1st re-issue vol 8.1 para 59. Similarly, loss
caused by an omission
can be actionable where there is a legal duty
to act positively. But where the conduct complained of takes the form
of an omission,
such conduct is prima facie lawful: LAWSA (op cit
para 56). See also Cape Town Municipality v Bakkerud
2000 (3) SA 1049
(SCA).â
Sien ook
S
M GOLDSTEIN AND CO (PTY) LTD v CATHKIN PARK HOTEL (PTY) LTD AND
ANOTHER
2000(4) SA 1019 (HHA) op 1024 F â G.
[10] Hierdie is ân
suiwer kommersiële aangeleentheid waarby die betrokkenes almal
regspersone was. Dit is duidelik dat al die
onderhawige betrokkenes
bedoel en verstaan het dat hulle onderlinge regte en verpligtinge,
indien enige, in kontrakte vervat sou
word en op daardie basis
onderhandel het. Op hierdie alternatiewe grondslag moet dus aanvaar
word dat essensieel ân onderhandelingsproses
te goeder trou tussen
die betrokkenes plaasgevind het waarvan die slotsom onder andere was
dat die respondent geen kontraktuele aanspreeklikheid
teenoor die
applikant sou hê nie. Die applikant se saak op hierdie punt kom dus
daarop neer dat desondanks, die respondent met
ân nie-kontraktuele
regsplig beswaar moet word om toe te sien daartoe dat ân ander
party sy kontraktuele betalingsverpligting
nakom. Anders gestel,
volgens die applikant moet op die respondent ân buite-kontraktuele
plig geplaas word om juis dit te bewerkstellig
(naamlik betaling van
die kontraksprys) wat asât ware so pas ooreengekom is die
respondent nie verplig sou wees om te doen nie.
Ek is dermate
daarvan oortuig dat die regsoortuiging van die gemeenskap dit nie
vereis nie dat ek meen dat daar nie ân redelike
vooruitsig is dat
die respondent op die aangevoerde basis deliktueel aanspreeklik gehou
kan word nie.
[11] Gevolglik
word die aansoek om verlof om te appelleer van die hand gewys met
koste.
_______________________
C.H.G
VAN DER MERWE, R
/em