About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 51
|
|
Offset Press Supplies (Pty) Ltd t/a Printech Engineering v Goldfields Carriers (1108/2005) [2005] ZAFSHC 51 (26 May 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 1108/2005
In
die saak tussen:
OFFSET
PRESS SUPPLIES (PTY) LTD
Eiser
t/a
PRINTECH ENGINEERING
en
GOLDFIELD
CARRIERS CC
Verweerder
CORAM:
CILLIé
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
17
MEI 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
CILLIé
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
26
MEI 2005
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ân
aansoek van die verweerder om die wysiging van sy verweerskrif.
Daardie wysiging behels egter die terugtrekking
van ân erkenning.
Die erkenning wat beoog staan teruggetrek te word, is die toegewing
dat die verweerder ân sorgsaamheidsplig
(âduty of careâ)
teenoor die eiser gehad het ten aansien van ân sekere masjien van
eiser wat verweerder vervoer het. In ân
ondersteunende
eedsverklaring van verweerder word verduidelik dat die besondere
paragraaf, dit is paragraaf 5 van eiser se besonderhede
van eis,
bona
fide
verkeerdelik erken was terwyl die erkenning sodanig strydig met die
verweer is dat die paragraaf eintlik ontken moes word. Die eiser
bestry die aangevraagde wysiging.
[2] Die beginsels van
toepassing by aansoeke van hierdie aard is so welbekend dat dit
nouliks nodig is om weer te gee. Ek benader
die geskil op die basis
dat dit verkieslik is om wysigings toe te staan sodat die werklike
geskil tussen die partye na vore kom.
Wanneer ân erkenning
teruggetrek wil word, word ân aanvaarbare verduideliking vir die
intree van die foutiewe toegewing geverg.
Só ân party moet ook
aantoon dat dit nie nadeel, wat nie met ân kostebevel reggestel kan
word nie, vir die teenparty inhou.
Feitelike erkennings sal minder
geredelik toegelaat word om teruggetrek te word dan erkennings wat in
die aard van ân regskonklusie
is.
[3] Terwyl die
omstandighede in hierdie aansoek sodanig is dat dit in normale
omstandighede toegestaan behoort te word, opper die
betoog van Mnr.
Roeloffze, namens die eiser, ân aspek wat verdere oorweging
noodsaak. Hy voer naamlik aan dat, al word dit aanvaar
dat dit die
verweerder se bedoeling was om nie die erkenning te maak nie, dit uit
al die stukke wat reeds voor die Hof is duidelik
is dat die erkenning
in elk geval korrek gemaak was. Dit, sê hy, impakteer negatief op
die verweerder se vooruitsigte om tydens
die verhoor met die beoogde
ontkenning te slaag. Hierdie betoog van Mnr. Roeloffze het ân hele
debat, rondom die ou twispunt naamlik
of daar ruimte is vir ân
deliktuele eis in gevalle waar die skuldoorsaak sy ontstaan eintlik
uit ân kontraktuele verband het,
tussen die advokate ontketen.
[4] Die stukke dui aan
dat eiser met ân instansie genaamd Containerised Cargo &
Trucking (Pty) Ltd gekontrakteer het vir die
vervoer van die masjien.
Laasgenoemde het die vervoer op ân subkontrak uitgegee aan
Transcape Bemarking wat dit weer op sy beurt
aan die verweerder
subkontrakteer het. Tydens verweerder se vervoer daarvan is dit
beskadig, beweerdelik deur verweerder se nalatigheid.
Daar is dus
geen kontraktuele verbintenis tussen die eiser en die verweerder nie,
maar dit is wel so dat die vervoer sy aanvanklike
ontstaan het uit ân
kontrak.
[5] Mnr. van Amstel,
namens die verweerder, betoog met verwysing na
OTTO
v SANTAM VERSEKERING BPK EN 'N ANDER
1992 (3) SA 615
(O) en
ALFA
LAVAL AGRI (PTY) LTD EN 'N ANDER v FERREIRA EN 'N ANDER NNO
2004 (2) SA 68
(O) beide uitsprake van hierdie Hof, dat daar in sulke
omstandighede geen ruimte is vir deliktuele aanspreeklikheid synde
die grondslag
waarop die eiser se eis teen verweerder in sy
besonderhede van eis geformuleer is nie. Aldus, betoog Mnr. van
Amstel, is die gewraakte
erkenning dat verweerder wel ân
sorgsaamheidsplig teenoor eiser gehad het, ân regskonklusie wat
regtens foutief is en waaraan
verweerder nie gebonde gehou behoort te
word nie. Mnr. Roeloffze betoog met verwysing na veral
LEON
BEKAERT SOUTHERN AFRICA (PTY) LTD v RAUTIES TRANSPORT (PTY) LTD
1984 (1) SA 814
(W), dat die beginsel uiteengesit in voormelde
beslissings van hierdie Hof nie oral as korrek aanvaar word nie.
[6] Ek
meen nie dat dit aangewese is om op hierdie stadium van die geding
uitsluitsel te gee oor die korrektheid van die onderskeie
betoë nie.
Dit is voldoende om te konstateer dat beide sienswyses oënskynlik
deur bepaalde beslissings ondersteun word. Dit alleen
is al rede
meen ek waarom die aangevraagde regshulp verleen behoort te word.
Dit sal die verhoorhof in staat stel om nadat volledige
getuienis
aangehoor is aangaande die presiese aard van die aangevoerde
âkontraktuele ontstaanâ van die eis te bereg of dit ân
korrekte
regskonklusie was aldan nie. Só ân benadering kom my voor in pas
te wees met die benadering dat die Hof moet meehelp
om die werklike
geskilpunte behoorlik belug te kry in die pleitstukke.
[7] Die party wat die
tegemoetkoming van die Hof vra, dra normaalweg die koste
teweeggebring deur die aangevraagde wysiging. Dit
is ook so deur
Mnr. van Amstel, namens die verweerder, aanvaar. Mnr. Roeloffze,
namens die eiser, het egter aangevoer dat die laat
stadium waarop die
wysiging aangevra word addisionele koste meegebring het wat ân
spesiale kostebevel regverdig. Dié âlaat
stadiumâ verwys na die
feit dat kennis van die aangevraagde wysiging 12 dae voor die verhoor
gegee was en die aansoek self op die
eerste dag van die periode wat
vir die verhoor bestem was, argumenteer was. Geen
mala
fides
aan die kant van die verweerder is egter aangetoon nie. Alhoewel die
eiser se bestryding van die aansoek om wysiging nie onredelik
was
nie, kon eiser die wysiging vroeër toegegee het. In al die
omstandighede meen ek nie dat ân spesiale kostebevel geregverdig
is
nie. Verweerder behoort egter die eiser se koste van bestryding te
betaal asook die koste van die uitstel. Bygevolg word die
volgende
bevel gemaak:
1. Verlof word aan die
verweerder verleen om die erkenning vervat in paragraaf 6 van sy
verweerskrif terug te trek.
2. Verweerder se
verweerskrif word gewysig deur paragraaf 6 daarvan te skrap en te
vervang met die volgende:
â
AD
PARAGRAAF 5 DAARVAN
:
Die
inhoud hiervan word ontken en eiser word tot die bewys daarvan
geplaas.â
3. Verweerder moet die
koste teweeggebring deur die wysiging, wat inlsuit die koste van
bestryding van die aansoek en die verspilde
koste vanweë die uitstel
van die verhoor, op die gewone skaal, d.w.s. soos tussen party en
party betaal.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens die eiser: Adv A
L Roeloffze
In
opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv C Ploos van Amstel SC
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp