Unitrans Motors (Edms) h/a Algoa Motors v Botha NO en Andere (5019/2003) [2005] ZAFSHC 50 (19 May 2005)

60 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Ownership — Estoppel — Plaintiff sought delivery of a Toyota bakkie, claiming ownership while defendants asserted possession based on estoppel. The plaintiff's sales manager arranged for the bakkie to be displayed by Senekal Toyota, with an agreement for payment that was never fulfilled. The court examined whether the plaintiff's conduct misled the defendants into believing Senekal Toyota had the authority to sell the vehicle. The court held that the plaintiff was estopped from asserting ownership due to the negligent representation of ownership and the reliance by the defendants, resulting in the dismissal of the plaintiff's claim with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 50
|

|

Unitrans Motors (Edms) h/a Algoa Motors v Botha NO en Andere (5019/2003) [2005] ZAFSHC 50 (19 May 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 5019/2003
In
die saak tussen:
UNITRANS
MOTORS (EDMS) BPK h/a
Eiser
ALGOA
TOYOTA
en
HENDRIK
WILLEM BOTHA N.O.
1ste
Verweerder
WILLEM
GABRIëL BOTHA N.O.
2de
Verweerder
JACOMINA
SUSANNA BOTHA N.O.
3de
Verweerder
_____________________________________________________
CORAM:
BECKLEY
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
10,
11, 13 MEI 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
BECKLEY
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
19
MEI 2005
_____________________________________________________
[1] In hierdie
aangeleentheid vorder die eiser lewering van ‘n Toyota bakkie vanaf
die verweerder, aangesien die eiser beweer dat
hy die eienaar van die
betrokke bakkie is en die verweerders onregmatiglik in besit daarvan
is. Die verweer wat deur die verweerders
geopper is, is een van
estoppel.
[2] Die
getuienis, namens die eiser, was slegs die van Mev. Botes, die eiser
se verkoopsbestuurderes. Haar getuienis is tot die effek
dat ene
Venter, die eienaar of bestuurder van Senekal Toyota, haar aan die
begin van Oktober 2003 geskakel het en navraag gedoen
het oor die
beskikbaarheid van ‘n wit Toyota bakkie. Nadat sy hom meegedeel
het dat die eiser wel ‘n bakkie in voorraad het
wat voldoen aan die
beskrywing van die bakkie waarna hy gesoek het, is ooreengekom dat
die betrokke bakkie na Bloemfontein geneem
sou word, dat Venter dit
aldaar in besit sou neem en dat hy dan wanneer hy in besit daarvan
geplaas word, ‘n tjek oorhandig vir
die koopprys van die betrokke
bakkie. Nadat die bakkie in Bloemfontein arriveer het, is sy
telefonies meegedeel deur Venter dat
hy nie sy tjekboek byderhand het
nie, maar dat hy die volgende werksdag, d.w.s Maandag 6 Oktober 2003,
die koopprys aan die eiser
sal oorbetaal. Aangesien sy tevore met
Senekal Toyota transaksies gehad het en Senekal Toyota ‘n
goedgekeurde Toyota handelaar
was, het sy nie probleme gehad om toe
te stem dat die koopprys eers die eerskomende Maandag oorbetaal sou
word nie en dat hy intussen
die betrokke bakkie vanaf Bloemfontein na
Senekal mag neem. Die betrokke Maandag het Venter nagelaat om die
koopsom oor te betaal,
en, ondanks die feit dat Botes driemaal met
hom telefonies in verbinding getree het m.b.t betaling, en Venter by
elke geleentheid
een of ander verskoning gehad het, is die koopprys
nooit aan die eiser oorbetaal nie en is Senekal Toyota gedurende
Julie 2004 gelikwideer.
Volgens Botha mag Senekal Toyota nie die
bakkie verkoop het alvorens dit betaal is nie, aangesien eiendomsreg
voorbehou is volgens
‘n algemene praktyksreël totdat die koopprys
betaal is. Tydens kruisondervraging het Mev. Botes toegegee dat sy
geweet het dat
Venter en/of Senekal Toyota die betrokke bakkie in sy
vertoonlokaal sal tentoonstel of dat hy dit aan ‘n koper sal lewer
sodra
dit gekoop is.
[3] Die getuienis van ene
Botha, ‘n trustee van die Bokkie Besigheidstrust, is tot die effek
dat hy en twee van sy familie die enigste
trustees is van die Bokkie
Besigheidstrust. Hy en sy familielede het reeds voorheen bakkies by
Senekal Toyota aangekoop, en gedurende
September 2003 het hy weereens
navraag gedoen oor ‘n nuwe wit Toyota bakkie. Aangesien hy en sy
eggenote kort daarna na die Kaap
moes vertrek, wou hy graag dringend
die bakkie in ontvangs neem. Venter het hom meegedeel dat hy ‘n
bakkie vir hom sal vind wat
voldoen aan die beskrywing wat hy aan
Venter verskaf het. Tydens ‘n latere geleentheid, terwyl hy,
Botha, nog steeds in die Kaap
was, het hy ‘n telefoonoproep vanaf
Venter ontvang waartydens hy meegedeel is dat laasgenoemde inderdaad
‘n bakkie gekry het.
Daar was ‘n gesprek rakende bykomstighede
en, na sy terugkeer, het hy dit op 16 Oktober 2003 in ontvangs
geneem. Die dag nadat
hy dit in ontvangs geneem het, is die koopprys
ten volle betaal aan Senekal Toyota. Hy het aanvaar dat die Bokkie
Besigheidstrust
na betaling van die koopprys inderdaad die eienaar
van die bakkie geword het.
[4] Op ‘n latere
stadium, vermoedelik in November 2003, het hy ‘n telefoonoproep
ontvang van ‘n persoon wat hom meegedeel het
dat hy ‘n prokureur
is in die Kaap en dat die Bokkie Trust nie die eienaar van die
betrokke Toyota voertuig is nie. Hy het Venter
daarmee
gekonfronteer, waarop Venter onderneem het om dit “uit te sorteer”.
Botha het voorts getuig dat hy aanvaar het dat Senekal
Toyota die
eienaar van die betrokke bakkie was en het volhard dat die eienaar
nie die eienaar daarvan was nie toe hy dit in Oktober
2003 vanaf
Senekal Toyota aangekoop het.
[5] Die enigste vraag wat
beslis moet word, is of die eiser se aksie afgeweer kan word met
estoppel. Die regsposisie is uiteengesit
deur Holmes AR in
OAKLAND
NOMINEES (PTY) LTD v GELRIA MINING INVESTMENT CO (PTY) LTD
1976 (1) SA 441
(A) te 452 A en verder waar dit as volg uiteengesit
is:
“
Our
law jealously protects the right of ownership and the correlative
right of the owner in regard to his property, unless, of course,
the
possessor has some enforceable right against the owner. Consistent
with this, it has been authoritatively laid down by this
Court that
an owner is estopped from asserting his rights to his property only –
(a) where the person who acquired his
property did so because, by the
culpa
of the owner, he was misled into the belief that the person, from
whom acquired it, was the owner or was entitled to dispose of it;
……
As to (a),
supra
,
it may be stated that the owner will be frustrated by estoppel upon
proof of the following requirements –
There must be a representation by the
owner, by conduct or otherwise, that the person who disposed of his
property was the owner
of it or was entitled to dispose of it……..
The representation must have been
made negligently in the circumstances.
The representation must have been
relied upon by the person raising the estoppel.
Such person reliance upon the
representation must be the cause of his acting to his detriment.”
[6] Wat die eerste
vereiste betref, nl. die voorstelling, het Trollip R dit in
ELECTROLUX
(PTY) LTD v KHOTA AND ANOTHER
1961 (4) SA 244
(W) as volg uiteengesit:
“
To
give rise to the representation of
dominium
or
jus disponendi
,
the owner’s conduct must be not only the entrusting of possession
to the possessor but also the entrusting of it with the
indicia
of the
dominium
or
jus disponendi
…….. Such
indicia
may be the actual manner or circumstances in which the owner allows
the possessor to possess the articles, as for example, the
owner/wholesaler
allowing the retailer to exhibit the articles in
question for sale with his other stock in trade.”
Vergelyk ook die
benadering van Nicholas WAR, soos hy destyds was, in
QUENTY’S
MOTORS (PTY) LTD v STANDARD CREDIT CORPORATION LTD
[1994] ZASCA 41
;
1994 (3) SA 188
(A) te 199 G – 200 C en die benadering van Cloete
AR in
CONCOR
HOLDINGS (PTY) LTD t/a CONCOR TECHNICRETE v POTGIETER
2004 (6) SA 491
(A).
[7] Wat die tweede
vereiste betref, naamlik, dat die voorstelling op ‘n skuldige
(nalatige) wyse gemaak is, is die benadering van
Nienaber AR in
KONSTANZ
PROPERTIES (PTY) LTD v Wm SPILHAUS & KIE (WP) BPK
[1996] ZASCA 28
;
1996 (3) SA 273
(A) insiggewend, ondanks die feit dat die goedere in
daardie saak teen krediet aan die kleinhandelaar verskaf is, en dat
die bakkie
in
casu
nie deur ‘n groothandelaar aan ‘n kleinhandelaar verskaf is nie,
maar deur kleinhandelaars onderling. Laasgenoemde verskil is,
vir
doeleindes van die onderhawige saak, irrelevant, soos Mnr. Williams,
namens die eiser, tereg toegegee het. Op bladsy 286 E tot
286 G
behandel Nienaber AR dit as volg:
“
Dit
is wel so dat ‘n eienaar nie sy eiendomsreg in gedrang bring bloot
deur dit aan ‘n ander se sorg of besit toe te vertrou nie........

Heelwat meer word verlang alvorens daar van estoppel sprake kan wees.
Hier was daar juis iets meer. ‘n Groothandelaar verskaf
goedere
teen krediet aan ‘n kleinhandelaar terwyl hy weet dat dit
laasgenoemde se bedryf is om die goedere op sy beurt aan lede
van
die publiek te verkoop. Myns insiens, is dit analoog met die geval
waar ‘n eienaar toelaat dat sy saak deel word van die handelsware
van ‘n openbare verkoper wat dit na verwagting en in die gewone
loop van sake aan lede van die publiek van die hand sit. Onder
daardie omstandighede is meermale in ons reg beslis dat die eienaar
verhinder word om hom teenoor ‘n onskuldige derde wat die saak
van
die handelaar koop, op sy eiendomsreg te beroep.”
Dieselfde beginsel is ook
van toepassing in die onderhawige saak wat deur Nienaber AR geopper
word te p. 288 B – D:
“
Deur
die goedere aan Pumps for Africa, ‘n kleinhandelaar, te verskaf in
die wete dat dit van laasgenoemde se handelsvoorraad deel
word, en as
sodanig vryelik en in die gewone loop van sake vervreembaar sou wees,
maak die respondent deur sy gedrag, myns insiens,
die voorstelling
aan enige klant van die kleinhandelaar wat die goed koop dat die
handelaar oor die bevoegdheid beskik om eiendomsreg
daarin aan die
koper oor te dra.”
[8] Dit moet natuurlik in
gedagte gehou word dat Botes se onbetwiste getuienis was dat sy
aanvaar het dat Venter namens Senekal Toyota
die voertuig gaan
vertoon of aan ‘n koper oorhandig en dat die eiser nie voorsorg
tref dat die voertuig nie intussen (m.a.w voordat
die eiser betaal
is) verkoop word nie, desondanks die feit dat eiser voorsien het dat
dit kan gebeur. Dit is immers vanselfsprekend
dat ‘n
motorhandelaar nie ‘n voertuig aankoop om weg te steek of nie te
koop aan te bied nie. Dit pas in by die benadering van
Nienaber AR
in die
KONSTANZ
saak,
supra
,
te p. 288 G – I:
“
Pumps
for Africa was geregtig om die artikels in die gewone loop van sy
sake te vervreem selfs voordat betaling daarvan nog deur hom
aan die
respondent gemaak is. Die respondent was bewus van die moontlikheid
dat Pumps for Africa dalk nie sy skuld sou vereffen nie.
Juis daarom
is eiendomsreg voorbehou. Maar die voorbehoud van eiendomsreg skep
die verdere voorsienbare moontlikheid waarteen nie
gewaak is nie, dat
'n niksvermoedende klant van Pumps for Africa soos die appellant die
betrokke artikels koop en daarvoor betaal
menende dat hy deur
lewering eienaar sou word. Vandaar die nalatigheid en vandaar die
estoppel.”
[9] Rakende die twee
laaste vereistes gestel deur Holmes, AR, in die
OAKLAND
saak,
supra
,
meen ek dat dit vanselfsprekend is dat Botha, handelende namens die
verweerder, tot die verweerder se nadeel gehandel het deur die
bakkie
vanaf Senekal Toyota te koop, terwyl dit steeds die eiendom van die
eiser was. Vergelyk in hierdie verband
ABSA
BANK BEPERK v RAMAKATANE AND ANOTHER
2001 (1) ALL SA p. 559 te p. 567 b – c.
[10] Ek is bygevolg
oortuig dat die vereistes in die
OAKLAND
saak,
supra
,
vir die suksesvolle beroep op estoppel, bewys is en dat, soos
gepleit, die eiser estop moet word om hom op sy eiendomsreg te
beroep.
Bygevolg word die eiser
se vordering afgewys met koste.
_______________
A.P. BECKLEY, R
Namens
die eiser: Adv A Williams
In opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerders: Adv A H Burger
In
opdrag van:
Callis
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp