About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 49
|
|
Padongelukkefonds v Fourie NO (A178/2004) [2005] ZAFSHC 49 (19 May 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. A178/2004
In
die appèl tussen:
PADONGELUKKEFONDS
Appellant
en
JAN
ALBERT FOURIE N.O.
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
WRIGHT
R
et
MUSI R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
9
MEI 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
19
MEI 2005
_____________________________________________________
Appellant was die
onsuksesvolle verweerder in die Hof
a
quo
in
ân aksie om skadevergoeding voortspruitende uit ân motorbotsing.
Respondent was die eiser in sy hoedanigheid as kurator-ad-litem
vir
ân sekere Mnr. van Staden wat permanent ongeskik is as gevolg van
die beserings wat hy in die botsing opgedoen het. By die
aanvang van
die verrigtinge het die partye die Hof versoek om slegs die vraag na
nalatigheid te beslis. Die appèl handel ook uitsluitlik
met die
vraag of die geleerde Verhoorregter korrek was met sy bevinding oor
nalatigheid.
Daar
was 3 voertuie betrokke by die voorval waarin Van Staden beseer is:
ân Corolla motor bestuur deur Mnr. Rykdom en waarin Van
Staden ân
passasier was (hy het agter gesit); ân passasiersbus wat bestuur
was deur Mnr. Kopa en ân Nissan bakkie bestuur deur
Mnr. Makinoto.
Dit was die eiser se saak op die pleitstukke dat die botsing
veroorsaak is deur die nalatigheid van Kopa, alternatiewelik
deur die
nalatigheid van Makinoto en in die verdere alternatief, deur die
gesamentlike nalatigheid van Kopa en Makinoto. Die geleerde
Verhoorregter het bevind dat die betrokke botsing veroorsaak is deur
die uitsluitlike nalatigheid van Makinoto en appellant ook gelas
om
die koste van die geding te betaal. Hy het aan appellant verlof
verleen
âom
teen die bevinding op die merieteâ
na hierdie Hof te
appelleer en gelas dat die koste van die aansoek om verlof om te
appelleer, koste in die appèl is.
Al die betrokkenes by die
voorval waaroor hierdie saak handel, was óf werknemers van die
Unisel myn te Welkom óf het baie gereeld
daar gekom. Die botsing
het ongeveer 4.30 vm. op 24 Augustus 1999 plaasgevind. Rykdom was
oppad na Unisel waar hy en sy twee passasiers,
Van Staden en Jonker
(wat links voor gesit het en in die botsing gedood is) later daardie
oggend aan diens moes gaan. Hulle het
gery op die pad tussen
President Brand myn, Nr. 5 skag en Unisel op ân teerpad met ân
dowwe stippellyn in die middel en wat net
een baan vir verkeer in
elke rigting gehad het. Dit is gemenesaak dat Kopa met die bus
oppad was in die teenoorgestelde rigting.
Dit was nog donker en
altwee hierdie voertuie se hoofligte was aan. Hulle het met mekaar
gebots deurdat Rykdom kort voor die botsing
na regs gedraai het en
half onder die bus ingery het wat op die laaste oomblik effens na
links geswaai het. Die botsing was ongeveer
waar die veld en die
teerpad bymekaar kom aan Rykdom se verkeerde kant van die pad.
Rykdom
se weergawe is dat hy die betrokke pad goed geken het omdat hy dit
daagliks gebruik het; dat hy teen ongeveer 80 kpm gery het
en die
ligte van die aankomende bus gesien het; dat hy sy motor se ligte
gedomp het en onverwags die onverligte en stilstaande bakkie
van
Makinoto voor hom opgemerk het; dat hy na regs geswaai het om ân
botsing met die bakkie te voorkom en sodoende met die aankomende
bus
gebots het.
Hierdie weergawe word in
wesenlike opsigte gestaaf deur Kopa. Hy was ân busbestuurder in
diens van Sandrivier Busdiens wat daagliks
mynwerkers na en van
Unisel vervoer het. Hy was oppad met ân leë bus nadat hy
mynwerkers by Unisel afgelaai het. Hy getuig dat
hy die aankomende
ligte van die motor wat met hom gebots het (Rykdom se Corolla) sien
aankom het. Hy het voortgery aan sy korrekte
kant van die pad teen
ongeveer 20 kpm. Hy beskryf die botsing in sy hoofgetuienis soos
volg:
âTerwyl ek dan so gery het, het ek opgemerk dat die aankomende
voertuig het van sy baan af geswaai en in my baan kom ry. Op daardie
stadium het ek ân sink wat geblink het opgemerk dat hier is nog ân
ander voertuig. Ek het ook uitgeswaai, ek het na my linkerkant
uitgeswaai, na die veld toe om hierdie ander voertuig kans te gee dat
hy aan my regterkant moet verbyry ........ Soos ek aangery
gekom het,
het ek nie hierdie derde voertuig opgemerk nie aangesien dit was
donker gewees en die voertuig se ligte was nie aan gewees
nie, maar
na die botsing ek het opgemerk dat hierdie voertuig het op ân
ryvlak gestaan ........ in sy linkerbaan aangesien dit
was aankomende
verkeer vanaf Brand na Unisel toe.â
Makinoto stem saam dat
die botsing tussen Rykdom se Corolla en die bus plaasgevind het in
die onmiddellike omgewing van sy bakkie.
Volgens hom was hy en sy
passasier ook oppad na Unisel om te gaan werk. Hy getuig dat sy
bakkie se hoofligte aan was en dat hy
beide die aankomende bus en die
agtervolgende Corolla se ligte gesien het. Hy het in sy truspieël
opgemerk dat die Corolla aan
die regterkant van die pad ry asof hy
hom wou verbysteek. Die botsing tussen die Corolla en die bus het
skuins regs agter sy bewegende
en verligte bakkie plaasgevind. Hy
het stilgehou en sy bakkie se noodflikkerligte (die sogenaamde
âhazardsâ) aangeskakel en
gaan ondersoek instel by die
botsingstoneel. Toe hy heelwat later na sy bakkie terugkeer, het hy
gemerk dat hy ook nie die hoofligte
afgesit het toe hy stilgehou het
nie. Sy bakkie se battery was pap en hy is deur ân persoon van die
insleepdiens gehelp om sy
bakkie weer aan die gang te kry met behulp
van sogenaamde âjumperâ kabels tussen die onderskeie voertuie se
batterye.
Uit voorgaande kort
opsomming van die onderskeie bestuurders se weergawes, is dit
duidelik dat dit gemenesaak is dat Makinoto se bakkie
nie fisies in
die botsing betrokke was nie. Dit is ook duidelik dat die respondent
se saak was dat Rykdom nie nalatig was nie maar
dat hy homself in ân
noodtoestand bevind het as gevolg van die onverligte en stilstaande
bakkie van Makinoto. Daarteenoor was
appellant se saak dat Makinoto
se bakkie nie stilgestaan het nie en dat dit ook nie onverlig was
nie. Die geleerde Verhoorregter
het Makinoto se weergawe in die
volgende woorde verwerp:
â
Die getuienis van Makinoto is so
onwaarskynlik en leuenagtig dat dit met veiligheid verwerp kan word.
Dit is so onbetroubaar en absurd
dat dit geen ernstige oorweging
verdien nie. Op sy weergawe sou Rykdom op ân selfmoord missie
gewees het en op pad om hom en sy
insittendes te vernietig.â
Benewens Rykdom en Kopa
het respondent ook die getuienis van Mnr. de Wet aangebied. Hy is ân
dieselwerktuigkundige in diens van
Sandrivier Busdiens. Sy pligte
het ingesluit
âom na al die skagte te gaan waar ons busse was ........ om hulle
op te âstartâ en ........ basies net ân ligte inspeksie
te doen
dat alles reg is.â
Die oggend van die
voorval
het
hy Kopa se bus ook aan die gang gekry en gevind dat alles in orde
was. Hy was oppad na ân ander deel van die myn toe hy ân
radioberig ontvang het in verband met die botsing hier ter sprake.
Hy is soontoe en vind Makinoto se bakkie waar dit onverlig op
die
ryvlak staan. Hy getuig soos volg in hoof:
â........ ân nie-blanke man het my genader, hy het gesê hy is
die drywer van die bakkie wat in die pad staan of ek hom nie net
sal
kom help om sy bakkie uit die pad uit te kan skuif nie ........ Ek
het my werksbakkie gevat en voor hom gaan stop ........ want
hy het
my spesifiek gevra ek moet hom net âjump startâ ........ Ek het
uiteindelik die âjumpersâ opgesit en toe het die ligte
van die
voertuig aangekom ........ Ek het die draad van die âcoilâ na die
âdistributorâ het afgekom, ek het dit net gekonnekteer
en toe
hulle âstartâ, toe vat hy ........ met die âjumpersââ
Volgens De Wet sou die
los draad waarna hy verwys, veroorsaak het dat die bakkie glad nie
met enjinkrag sou kon loop nie. Respondent
se saak was dan ook dat
hierdie getuienis van De Wet die antwoord verskaf waarom Makinoto se
bakkie stilstaande en onverlig was en
Rykdom en Kopa se onderskeie
weergawes sterk staaf.
Namens
appellant het Mnr. van der Walt die geleerde Verhoorregter se
uitspraak in besonderhede ontleed en gekritiseer, o.a. die volgende
bevindings:
â
Wat beklemtoning verdien, is dat
met die moontlike uitsondering van Rykdom die ander gemelde getuies
(Kopa en De Wet) volkome onafhanklik
was en nie enige belang by die
gevolge van die botsing gehad het nie.â
Hierdie stelling is nie
heeltemal korrek nie. Respondent se saak was dat Kopa ook nalatig
was en die getuienis toon aan dat hy en
De Wet beide vir dieselfde
werkgewer gewerk het.
âGeen ernstige kritiek teen die getuienis van die eiser se getuies
kon deur Mnr. van Rooyen, namens die verweerder, aangetoon
word nie.
In alle wesenlike opsigte staaf hierdie getuies mekaar en is dit
nie net geloofwaardig nie maar ook betroubaar.â
Die eerste deel van
hierdie bevinding is ook nie korrek nie. Appellant se advokaat het
in sy hoofpunte van betoog inderdaad ernstige
kritiek teen veral Kopa
en De Wet se getuienis uitgespreek, te wete
(a) dat Kopa op die dag
van die voorval in ân volledige verklaring na Makinoto se bakkie
verwys het as
â
onderweg
van wes na oos ........ in sy baan gewees en het volgens my normaal
gery
........
aankomende
voertuigâ
d.w.s. dat dit nie
stilstaande was nie.
(b) dat De Wet se
beskrywing van die enjinruim van Makinoto se bakkie, en veral die
posisie van die âcoilâ waaraan die los draad
sou gewees het, nie
klop met die werklikheid nie en ân vraagteken plaas agter De Wet se
getuienis omtrent die herstelwerk wat hy
na bewering aan die bakkie
gedoen het.
(c) dat De Wet se geheue
klaarblyklik nie goed is nie omdat hy glad nie eers kan onthou dat hy
in die strafsaak in die Landdroshof
oor hierdie botsing getuig het
nie.
Dit is korrek dat die
uitspraak van die Hof
a
quo
swyg oor hierdie aspekte. Ek meen ook dat die stelling dat Makinoto
se getuienis absurd is omdat dit daarop neerkom dat Rykdom op
ân
âselfmoord missieâ was, nie geregverdig is nie. Talle botsings
word bedags en snags veroorsaak deur ân voertuig wat poog
om ân
ander voertuig verby te steek terwyl daar verkeer van vooraf aankom.
Die geleerde
Verhoorregter noem in sy uitspraak ook ân hele aantal weersprekings
in Makinoto se getuienis wat daarop sou dui dat
hy onbetroubaar is,
bv. dat daar namens appellant aan hom gestel is dat Jonker om 4.30
vm. sou âsakâ (d.w.s. ondergrond gaan)
terwyl hy getuig dat dit
4.45 vm. was; dat hy in die Landdroshof getuig het dat die Polisie 1
â 1½ uur na die botsing opgedaag
het en in die onderhawige verhoor
getuig het dat dit tussen ân ½ uur en 1 uur was; ens. Ek stem met
eerbied met Mnr. van der
Walt saam dat heelwat van hierdie
weersprekings werklik nie wesenlik is nie. Veral die verwysing na
tye is onbelangrik: dit is trouens
welbekend dat wanneer tye soos
âhalf vyfâ of âhalf sesâ oorgetolk moet word, daar dikwels
misverstand is.
Hoe dit ookal sy, ek het
al die kritiek teen die geleerde Verhoorregter se uitspraak en teen
respondent se getuienis oorweeg en tot
die gevolgtrekking gekom dat
die appèl nie kan slaag nie:
Kopa was in ân skielike
noodtoestand geplaas deur Rykdom se swaai na regs. Rykdom gee ân
aanvaarbare verklaring vir sy swaai
na regs, nl. Makinoto se
onverligte, stilstaande bakkie in sy rybaan. Die is gemenesaak dat
Makinoto se bakkie na die botsing nie
aan die gang kon kom nie en
ge-âjump startâ moes word. Alhoewel De Wet moontlik fouteer oor
waar presies die âcoilâ van
die bakkie was, is dit hoogs
onwaarskynlik dat hy sy herstelwerk aan die bakkie uit sy duim suig.
Sy weergawe verklaar waarom Makinoto
se bakkie onverlig en
stilstaande was.
Volgens
Mnr. van der Walt is dit onverklaarbaar dat De Wet konsuis sy
herstelwerk aan die bakkie in besonderhede kan onthou maar nie
kan
onthou dat hy in die strafsaak in die Landdroshof oor dieselfde
botsing getuig het nie. Hierdie deel van sy getuienis plaas
ân
vraagteken oor sy geloofwaardigheid in die algemeen, aldus die
betoog. Dit kom inderdaad vreemd voor dat De Wet nie kon onthou
dat
hy in die Landdroshof getuig het nie. Ek het al sy getuienis in
hierdie verband gelees en weer gelees en vir my kom dit eg voor.
Die
geleerde Verhoorregter het die getuie gesien en gehoor getuig en sy
getuienis aanvaar. Ek is nie oortuig dat hy in hierdie
opsig fouteer
het nie.
Indien
al die getuienis opnuut oorweeg word, meen ek dat respondent se
weergawe tereg deur die geleerde Verhoorregter aanvaar is as
meer
waarskynlik as dié van appellant.
Gevolglik
word die appèl met koste afgewys.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
______________
G.F. WRIGHT, R
Namens
die appellant: Adv N van der Walt
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv P J T de Wet
In
opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp