About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 47
|
|
Malotle v S [2005] ZAFSHC 47 (12 May 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appel Nr. : A319/2004
In
die appèl tussen:
BENJAMIN
MALOTLE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
BECKLEY
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
9
MEI 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12
MEI 2005
_____________________________________________________
Appellant se ouderdom
word op die klagstaat aangegee as 28 jaar. Hy het in die Streekhof
tereggestaan op twee aanklagte. Eerstens,
huisbraak met die opset om
te verkrag en verkragting van ân volwasse vrou. Tweedens is hy
aangekla van aanranding met die opset
om ernstig te beseer deurdat hy
die klaer met ân baksteen âgeslaanâ het. Hy het onskuldig
gepleit op beide aanklagte en was
by die verhoor deur ân prokureur
verteenwoordig. Hy is skuldig bevind soos aangekla en soos volg
gevonnis:
Aanklag 1:
12 jaar gevangenisstraf.
Aanklag
2:
6
maande gevangenisstraf wat saam met die vonnis op aanklag 1 uitgedien
moet word.
Hy
appelleer slegs teen die skuldigbevindings.
Die
klaagster is 40 jaar oud en die moeder van ân 7-jarige kind. Uit
haar getuienis is dit duidelik dat sy goed weet wat geslagsverkeer
is. Haar getuienis is, kortliks, dat sy die betrokke aand baie
gedrink het en sterk onder die invloed van drank was. Sy het gaan
lê
op haar bed in haar sinkhuis en aan die slaap geraak. Toe sy wakker
word, is appellant reeds besig om met haar geslagsverkeer
te hou.
Daar is geen sprake van toestemming nie.
Haar twee broerskinders,
Deon en Seun, sou die aand by haar slaap en het haar in die sinkhuis
toegesluit toe hulle daar weg is om
êrens verder te gaan drink. Toe
hulle terugkom by die sinkhuis, het hulle appellant letterlik met sy
broek op sy knieë betrap.
Albei getuig dat hulle deur ân opening
tussen die sinke gesien het dat appellant besig is om met die
klaagster geslagsverkeer
te hou. Hulle staaf die klaagster dat ân
sinkplaat van die sinkhuis weggebuig is en ân opening gelaat het
waardeur appellant
toegang tot die hut kon verkry het. Hulle het nie
genoeë geneem met wat hulle waargeneem het nie en appellant taamlik
hardhandig
behandel nadat hy vir Seun met ân halwe baksteen teen
die kop gegooi het.
Hulle
vader, William Saleng, wat daar naby woon, is geroep en hy het beide
die klaagster en appellant na die Polisiestasie vervoer
waar
klaagster ân klagte van verkragting aanhangig gemaak het en later
daardie aand deur die Distriksgeneesheer ondersoek is.
Sy het geen
beserings aan haar liggaam of haar geslagsdele gehad nie.
Appellant se weergawe is
dat hy die betrokke aand op soek was na sy vrou toe hy by klaagster
se huis verbystap en klaagster hoor sing
het vanuit haar sinkhuis.
Hy het nader gestap en by haar navraag gedoen oor sy vrou. Terwyl hy
ewe onskuldig van buite af met klaagster
kommunikeer, het die twee
jong mans opgedaag en hom sonder enige rede genadeloos aangerand.
Daar het ân motor opgedaag en hy en
klaagster is na die
Polisiestasie vervoer waar sy ân klagte teen hom gelê het.
Namens
appellant het Mnr. Vorster die Staatsgetuienis in die fynste
besonderhede ontleed en op verskeie weersprekings gewys. Hierdie
weersprekings maak die getuienis van die Staat onbetroubaar en
verwerplik, aldus die betoog. Mnr. Vorster het ook beklemtoon dat
die mediese verslag aantoon dat klaagster geen beserings opgedoen het
nie.
Dit is inderdaad so dat
daar verskeie weersprekings is tussen die Staatsgetuies onderling,
bv. of Seun of Deon eerste deur die opening
in die sinke na binne
geloer het; of Seun deur hierdie opening die sinkhuis binne is en of
hy deur die deur na binne is; waar appellant
die baksteen vandaan
gekry het waarmee hy Seun beseer het, ens. Na my mening is nie een
van hierdie weersprekings wesenlik nie.
Dit is gemenesaak dat
Seun en Deon vir appellant by klaagster se sinkhuis aangerand het en
dat William vir beide klaagster en appellant
daarvandaan na die
Polisiestasie vervoer het, waar klaagster die klagte aanhangig gemaak
het. Die Staat se weergawe, nl. dat appellant
aangerand is omdat hy
besig was om die klaagster te verkrag, is baie meer waarskynlik as
appellant se weergawe dat hy sonder enige
rede aangerand is. Die
klaagster het dadelik die klagte gelê. Die afwesigheid van
beserings, veral aan haar privaatdele, is volkome
versoenbaar met
haar getuienis dat sy sterk onder die invloed van drank was en in elk
geval ân volwasse vrou is wat reeds ân
kind gebaar het.
Die Landdros was nie
onbewus van die weersprekings waarna Mnr. Vorster verwys het nie. Hy
het nogtans appellant se weergawe verwerp.
Ek is nie oortuig dat hy
hierin fouteer het nie. Die appèl kan derhalwe nie slaag nie.
Gevolglik
word die appèl van die hand gewys en word beide die
skuldigbevindings en vonnisse bekragtig.
__________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
_______________
A.P. BECKLEY, R
Namens
die appellant: Mnr J van H Vorster
Prokureur
vir Appellant
In
opdrag van:
Vorster
& Botha
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv D W Bontes
In
opdrag van:
DOV
BLOEMFONTEIN
/sp