African Bank Limited v Letshabamang Business Enterprises cc h/a Bheki Konstruksie and Another (590/2005, 672/2005) [2005] ZAFSHC 119 (10 May 2005)

50 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Execution — Rule 45(12)(a) notice — Applicant sought to set aside or amend a notice issued under Rule 45(12)(a) regarding payments owed by a debtor to a third party — Respondent countered with a request to stay the application pending a review of the transfer of contracts — Court found that the applicant established urgency and that the notice was improperly issued, as the third party was not a party to the original judgment — Application postponed indefinitely, with costs reserved.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 119
|

|

African Bank Limited v Letshabamang Business Enterprises cc h/a Bheki Konstruksie and Another (590/2005, 672/2005) [2005] ZAFSHC 119 (10 May 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 590/2005
Saak Nr. : 672/2005
In
die saak tussen:
AFRICAN
BANK LIMITED
1STE
RESPONDENT
en
LETSHABAMANG
BUSINESS
APPLIKANT
ENTERPRISES
CC H/A BHEKI
KONSTRUKSIE
LID
VAN DIE UITVOERENDE RAAD VAN
2DE
RESPONDENT
DIE
KOMITEE VAN DIE DEPARTEMENT
VAN
PLAASLIKE REGERING EN
BEHUISING
– VRYSTAAT PROVINSIE
CORAM:
VOGES
Wnd R
UITSPRAAK:
VOGES
Wnd R
AANGEHOOR OP:
24
FEBRUARIE 2005
GELEWER OP:
10
MAART 2005
In saak nr. 590/2005 word
‘n dringende aansoek gebring waarin die applikant versoek dat ‘n
kennisgewing uitgereik kragtens HofReël
45(12)(a) tersyde gestel,
alternatiewelik gewysig word deur die applikant se naam daaruit te
skrap.
Eerste
respondent het ‘n teenaansoek onder saak nr. 672/2005 gebring
waarin die volgende bevel gevra word:
1. Pending an application to be
brought by African Bank Ltd against the Second Respondent for the
review of the decision(s) to transfer
certain contracts from FSJ
Builders CC to Letshabamang Business Enterprises CC, the relief
sought by the Applicant in the main application
is stayed;
2. African Bank Ltd is ordered to
serve the review application within 10 (ten) days from date hereof.
Costs of this application are
reserved.
The Applicant in the main application
and the Second Respondent are ordered to make discovery on oath
within 20 (twenty) days (or
such time period as the Honourable Court
may order) from date hereof of all documents and tape recordings
relating to any matter
in question in the application (whether such
matter is arising between African Bank Ltd and the party required to
discover, or
not), which are or have at any time been in the
possession or control of the Applicant in the main application and
the Second Respondent.
Once the Applicant in the main
application and the Second Respondent had discovered, the First
Respondent shall be entitled to avail
itself of the mechanisms and
procedures provided for in Rule 35(3), 35(6), 35(7), 35(8), 35(9)
and 35(10).
Leave is granted to African Bank Ltd
to supplement its affidavit opposing the main application within 5
(five) days from the date
upon which the Applicant in the main
application and the Second Respondent have discovered on oath.
The main application is postponed
indefinitely.
Costs are reserved.
Tydens aanhoor van die
aansoek, is namens respondent
in
limine
aangevoer:
(1) dat die applikant nie
‘n saak van dringendheid uitgemaak het nie, en
(2) dat die aansoek nie
kan voortgaan sonder dat FSJ Builders CC as party gevoeg is nie,
aangesien FSJ direkte en wesenlike nadeel
sal ly indien applikant se
aansoek slaag.
Ten aansien van
eersgenoemde (dringendheid) is deur respondent aangevoer dat die
applikant nie aangetoon het dat Sebra (Edms) Bpk
nie sal voortgaan om
sy projekte te finansier as die geld verskuldig aan Letshabamang
Business Enterprises CC (hierna na verwys as
Bheki Konstruksie) nie
aan laasgenoemde oorbetaal word nie. Verder word aangevoer dat, toe
Mnr. M.M. Mtimkulu R1,5 miljoen ter skikking
aangebied het, die
aanbod deur Sebra afgewys is. Sodoende is dringendheid self geskep.
Ten aansien van die
wanvoeging/nie-voeging van FSJ is aangevoer dat aangesien FSJ, aldus
die Reël 45(12)(a)-kennisgewing, ’n mede-vonnisskulddenaar
is, FSJ
op die volgende wyse direkte en wesenlike nadeel sal ly:
“
Gelde wat die tweede respondent aan
die applikant verskuldig was en wat die tweede respondent aan die
eerste respondent op FSJ se
skuld sou betaal, sal nie meer aan die
eerste respondent betaal word nie. FSJ se verskuldigheid sal
derhalwe nie meer op hierdie
wyse gedelg word nie.”
In antwoord op respondent
se eerste argument wys applikant daarop dat hy afhanklik is van
oorbruggingsfinansiering ten einde met sy
projekte voort te gaan.
Gereelde betalings vanaf tweede respondent dien as sekuriteit
daarvoor. Indien betaling van bedrae verskuldig
aan applikant deur
tweede respondent gestaak word, sal die projekte tot stilstand kom,
met ernstige finansiële implikasies vir applikant,
sy finansierder,
sub-kontrakteurs en die belastingbetaler.
Ten aansien van die
beweerde wanvoeging is aangevoer dat applikant nooit ‘n party tot
die verstek vonnis was nie, dat die Reël
45(12)(a) kennisgewing
sonder magtiging uitgereik was en dat FSJ geen belang het by
applikant se huidige aansoek nie.
Na oorweging van die
besware
in
limine
is ek oortuig dat die applikant daarin geslaag het om aan te toon dat
die aansoek op ‘n dringende basis hanteer moet word ten einde
groot
verliese vir etlike rolspelers te voorkom.
Ek
is nie oortuig dat aangetoon is dat FSJ Builders CC nadelig geraak
sal word indien die applikant se aansoek slaag nie.
AD AANSOEK
Weens die
ineengestrengelde aard van die hoof- en teenaansoek is betoë
daaromtrent gelyktydig aangehoor.
Die
volgende feite blyk gemenesaak of nie in geskil nie te wees:
(1) Applikant is ‘n
beslote korporasie met N.J. Mohlokoane as enigste lid,
(2) Respondent is ‘n
geregistreerde Handelsbank.
(3) Tweede respondent is
die lid van die Uitvoerende Raad van die komitee van die Departement
Plaaslike Regering en Behuising, Vrystaat.
(4) FSJ Builders is ‘n
Beslote Korporasie met B.J. Mtimkulu as enigste lid.
(5) FSJ
het opdrag gehad van die tweede respondent om huise te bou te QwaQwa,
Hoopstad, Ventersburg.
(6) Hierdie projekte is
deur eerste respondent en/of ‘n vorige filiaal (ACDC) gefinansier.
(7) FSJ
was nie in staat om die projekte te voltooi nie.
(8) Vyf
projekte was daarna, op 29 Januarie 2003, aan applikant toegeken vir
die bou van 500 huise te QwaQwa, 190 huise te Ventersburg,
250 huise
te Allanridge, 400 huise te Kroonstad en 800 huise te Kroonstad.
(9) Die
projekte te QwaQwa en Ventersburg is deur Sebra (Edms) Bpk
gefinansier en die ander drie deur Nurcha Finance Co.
(10) As
sekuriteit is bankrekeninge in die naam van die applikant geopen
waarop bogenoemde finansieringsmaatskappye die enigste tekenregte
het.
(11) Voltooiing van
bouwerk deur applikant word in fases gesertifiseer deur ‘n
inspekteur van tweede respondent. By ontvangs van
so ‘n
sertifikaat, word betaling deur tweede respondent gemaak.
(12) Op 12 November 2003
is vonnis by verstek ten gunste van die eerste respondent toegestaan
teen FSJ en/of K.P. Mtimkulu en/of M.M.
Mtimkulu en/of B.J. Mtimkulu,
gesamentlik en afsonderlik, in ‘n totale bedrag van R2 214 043,60
plus rente.
(13) Op 18 Januarie 2005
is ‘n kennisgewing ingevolge Hofreël 45(12)(a) deur die
registrateur van die Hooggeregshof, Vrystaatse
Provinsiale Afdeling
op versoek van die prokureur vir die eerste respondent uitgereik met
die volgende inhoud:
“
Nademaal
dit blyk dat die Beslagskuldenaar aan die 1ste Eksekusieskuldenaar
verskuldig is ‘n bedrag ten opsigte van die Mandela
Park (Qwa-Qwa)
Projek aangegaan deur en tussen die Eksekusieskuldenaar, naamlik
FSJ
Builders CC, (huidiglik
LETSHABAMANG BUSINESS
ENTERPRIZES BK h/a BHEKI CONTRUCTION)
en
die Beslagskuldenaar, word dit deur die Balju van die Hooggeregshof
Bloemfontein, van die Beslagskuldenaar vereis dat die
Beslagskuldenaar
aan die Balju vir die Hooggeregshof, Bloemfontein,
periodiek betaal enige bedrae wat verskuldig is aan die
Eksekusieskuldenaar totdat
daar aan die bedrag van
R2
214 968,97
plus rente
daarop, teen ‘n koers van
20%
per jaar,
a
tempora morae
vanaf 23
Julie 2003 tot en met datum van finale betaling, voldoen is.”
(14) Die prokureurs van
applikant het hierop ‘n skrywe gerig aan die prokureurs van eerste
respondent waarin hulle versoek is om
die kennisgewing terug te trek.
Hierdie versoek is geweier;
(15) Eerste
respondent se regsverteenwoordigers het as volg daarop reageer:
“
FSJ Builders CC and Letshabamang
Business Enterprises CC have fraudulently conspired in transaction in
order to attempt avoidance
of the repayment of the moneys to which
our client has taken cession. This belief is well founded upon
facts, documentation, the
relationship between the aforesaid entities
and the flow of funds.”
(16) Die huidige aansoek
en teenaansoek het uit bogenoemde gebeure voortgevloei.
Tydens betoog is bedes 1,
2 en 3 van eerste respondent se teenaansoek laat vaar en is gevra vir
die volgende bevel:
“1. Present
prayer 4.
Present prayer 5 + 6.
Pending the process of discovery in
prayer 5 and the supplementation of the papers of the first
respondent and until such time as
the main application and the
counter application (as amplified) are finally determined the Second
Respondent are ordered not to
pay out any money in terms of the Rule
45(12)(a) notice.
This order shall be served by the
sheriff on the second respondent
within 1 day from date
hereof.
Service are to take place at the
instance of the applicant.
Costs of service are to be costs in
the cause”
In betoog is aangevoer:
“
Die regshulp wat in die teenaansoek
gevorder word is blootlegging deur die applikant en die tweede
respondent. Die hersieningsaansoek
is van sekondêre belang.”
Namens die applikant is
daarop gewys dat:
Bheki Konstruksie en FSJ
nie dieselfde entiteit is nie;
Die opponerende stukke
nie beweer dat die kennisgewing in terme van Reël 45(12)(a) korrek
is nie;
nie beweer word dat
Bheki die
alter
ego van FSJ is nie.
Applikant se aansoek
handel met bouprojekte te Allanridge en Kroonstad, wat nie deur
eerste respondent hersien wil word nie;
die handeling deur
tweede respondent waaroor eerste respondent hom bekla reeds in
Januarie 2003 gepleeg is.
Sterk
klem is daarop gelê dat Bheki Konstruksie nooit ‘n party tot die
verstekvonnis was nie.
Eerste respondent het
gepoog om ‘n saak uit te maak dat die oordra van FSJ se regte en
verpligtinge aan die applikant in
fraudem
creditoris
was.
Omvangryke
argumente is aan die hof voorgehou dat M.M. Mtimkulu se betrokkenheid
“soos ‘n goue draad deur die stukke loop”.
Daar
is onder andere daarop gewys dat
M.M. Mtimkulu se adres
deur beide applikant en FSJ gebruik is,
Mtimkulu voorgee aan
ACFC (eerste respondent) dat hy werksaam is by Bheki Construction
hy persoonlik R150
000,00 spandeer het op die projek te QwaQwa ten behoewe van FSJ en
dat hy R1,5 miljoen aangebied het ter skikking
van die bedrag
verskuldig deur FSJ aan eerste respondent.
Eerste
respondent vra blootlegging van die lêers van die tweede respondent
met betrekking tot die drie projekte (QwaQwa, Ventersburg,
Hoopstad)
asook die lêers van applikant en FSJ Builders.
Van
die applikant word blootlegging gevra van die kontrakte ten aansien
van die ander projekte (Kroonstad-projek) wat met tweede respondent
aangegaan is.
Dit
word aangevoer dat eerste respondent onregmatiglik deur tweede
respondent benadeel is toe hierdie projekte aan Bheki toegeken
is.
Wanneer gelet word op die
gewraakte Reël 45(12)(a)-kennisgewing blyk die volgende:
1. Die bedrag verskuldig
aan African Bank Bpk spruit uit die QwaQwa Projek.
2. FSJ
word geag “huidiglik Letshabamang Business Enterprises BK h/a Bheki
Construction” te wees.
3. Beslag word gelê op
“
enige
bedrae wat verskuldig is aan die Eksekusieskuldenaar totdat daar aan
R2 124 968,97 plus rente teen 20% per jaar
a
tempora morae
vanaf 23 Julie 2003 tot en met datum van finale betaling voldoen is”.
Hierdie kennisgewing is
duidelik nie in ooreenstemming met die verstekvonnis toegestaan op 12
November 2003 nie:
1. Bheki Konstruksie was
nooit ‘n party tot die verstekvonnis nie.
Hofreël 45, waarby
inbegrepe is Hofreël 45(12)(a), handel met eksekusie. Hofreël
45(1) stel dit duidelik dat eksekusie slegs gehef
kan word indien dit
berus op ‘n
vonnis
van die hof. Geen vonnis was teen Letshabamang Business Enterprises
gegee nie.
Dit is duidelik uit die
stukke dat FSJ Builders CC
nie
Letshabamang Business Enterprises CC/Bheki Construction is nie. Twee
verskillende regspersone met verskillende lede is ter sprake.
Eerste respondent het nie
daarin geslaag om my anders te oortuig nie.
Dit mag so wees dat M.M.
Mtimkulu betrokke is by beide bogenoemde Beslote Korporasies en/of
ander Beslote Korporasies. Dit kan egter
nie die regspersoon
Letshabamang Business Enterprises CC aanspreeklik stel vir die skulde
van FSJ nie.
Die respondent het eie
rigting gebruik en een skuldenaar eensydig bloot met ‘n ander
vervang. Dit kan nie juridies geregverdig
word nie.
2. Die verskuldigde
bedrag is saamgestel uit ses verskillende eise waarop rente teen
verskillende koerse toegestaan is (nie 20% op
alles nie).
3. Slegs die
QwaQwa-projek is ter sprake en nie alle projekte wat “enige bedrae
wat verskuldig is” aan beslaglegging onderhewig
sou maak nie.
Die
Reël 45(12)(a)-kennisgewing is onteenseglik defektief en selfs al
sou die teeneis slaag, kan dit nie reggestel word nie.
Eerste respondent het
voor 12 November 2003 reeds geweet dat FSJ nie sy verpligtinge kan
nakom nie en het reeds voor uitreiking van
die Reël
45(12)(a)-kennisgewing kennis gedra van die bestaan en/of posisie van
Bheki Konstruksie. Geen stappe is egter geneem om
óf die “corporate
veil” te lig óf tweede respondent tot verantwoording te roep óf
die toeken van kontrakte te laat hersien
nie.
Eers nadat die applikant
se huidige aansoek ingedien is, word die onderhawige teeneis
ingestel.
Die
eerste respondent se teeneis gaan, soos reeds gesê, om ‘n bevel
tot blootlegging te bekom.
Blootlegging
is, aldus Hofreël 35(1) tot beskikking van ‘n party wat dokumente
benodig om homself teen ‘n aksie te verweer.
Blootlegging
is egter ‘n skaars en buitengewone prosedure wat slegs in
buitengewone omstandighede toepassing vind.
Sien:
MOULDED COMPONENTS
& ROTOMOULDING SOUTH AFRICA (PTY) LTD v COUCOURAKIS AND ANOTHER
1979 (2) SA 457
(WLD) te 470 D – E;
PREMIER
FREIGHT (PTY) LTD v BREATHETEX CORPORATION (PTY) LTD
2003 (6) SA 190
(SECLD) te 194 E;
THE
MV URGUP OWNERS OF THE MV URGUP v WESTERN BULK CARRIERS (AUSTRALIA)
(PTY) LTD AND OTHERS
1999 (3) SA 500
(CPD) te 513 G – I.
Eerste
respondent het nie daarin geslaag om aan te toon dat die dokumente
waarvoor gevra word enigsins relevant tot die geskilpunt
in die
hoofaansoek is nie.
Selfs
al kan bewys word dat Bheki Konstruksie aanspreeklik is vir die
skulde van FSJ bied dit geen verweer teen die hoofaansoek nie.
Die eerste respondent het
verskeie ander remedies tot sy beskikking gehad om aksie te neem teen
FSJ en/of M.M. Mtimkulu. Hierdie
remedies sal steeds tot sy
beskikking wees selfs al word die teenaansoek afgewys.
Ek
is gevolglik nie bereid om die bepalings van Hofreël 35(13) toe te
pas nie.
Bygevolg
word die volgende bevel gemaak:
1. Die besware
in
limine
word afgewys.
2. Die hoofaansoek slaag.
3. Die kennisgewing in
terme van Hofreël 45(12)(a) uitgereik onder saak nr. 3256/2003 word
gewysig deur applikant se naam daaruit
te skrap.
4. Die
teenaansoek word afgewys.
5. Eerste respondent word
gelas om die koste van die aansoek en teenaansoek te betaal.
________________
M. VOGES, Wnd R
Namens
eerste respondent: Adv. A. Pelser SC
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
applikant: Adv. P.J.T. de Wet
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
tweede respondent: Geen verskyning
/sp