About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 43
|
|
Snyder en Andere v S [2005] ZAFSHC 43 (5 May 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A352/2004
In
die appèl tussen:
JOHANNES
HENDRIK SNYDER + 3 ANDER
APPELLANTE
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
CILLIé
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
18
APRIL 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
CILLIé
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
5
MEI 2005
_____________________________________________________
[1] Die vier appellante,
almal lede van die SAPD, is in die landdroshof skuldig bevind aan
aanranding met die opset om ernstig te
beseer. Elk is gevonnis tot 2
jaar gevangenisstraf wat ingevolge die bepalings van artikel
276(1)(i) van Wet 51 van 1977 opgelê
was, plus ân verdere 6 maande
gevangenisstraf welke laasgemelde gevangenisstraf egter in die geheel
opgeskort was vir 4 jaar op
voorwaarde dat die appellante nie weer
skuldig bevind word aan ân misdryf van aanranding of roof gepleeg
gedurende die tydperk
van opskorting nie en waarvoor die appellante
gevonnis word tot direkte onopgeskorte gevangenisstraf van meer as 3
maande. Al vier
is ook onbevoeg verklaar om ân vuurwapen te besit.
Hulle kom in hoër beroep teen beide hul skuldigbevindings en die
opgelegde
vonnisse.
[2] Die skuldigbevindings
spruit voort uit gebeure wat plaasgevind het die nag van 12/13
Februarie 2002 in die omgewing van Bethlehem
en omliggende plekke.
Vroeër daardie dag het eerste appellant inligting ontvang van ân
beriggewer dat die klaer in die onwettige
besit van ân vuurwapen
sou wees of weet van of kontak het met iemand wat so ân vuurwapen
sou besit. Die klaer, ân 20-jarige
of volgens sy moeder 18-jarige
jong man, was op daardie tydstip woonagtig by sy ouers in ân
woonbuurt van Bethlehem. Teen ongeveer
middernag daardie nag het die
vier appellante by die klaer se ouers se huis opgedaag. Die huis is
deursoek. Niks is gevind nie,
maar die klaer is versoek om hulle te
vergesel. Die appellante het met twee voertuie gery, ân Corolla
motor en ân Isuzu bakkie.
Klaer is in die Corolla motorvoertuig
geplaas. Vandaar is hulle na ene David Ramalakoane, ân buurman se
huis. Dit was nadat
die klaer aan die appellante aangedui het dat hy
weet gesegde David het ân vuurwapen. Aldaar is David
gekonfronteer. Hy het ân
vuurwapen tevoorskyn gebring, asook sy
lisensie vir die wettige besit daarvan. Vandaar is almal na die huis
van ene Lena Nhlapo
en is daar navraag gedoen na haar seun, Masilo.
Op haar verduideliking dat Masilo te Petrus Steyn is, is haar huis
deursoek. Niks
van belang is gevind nie en Lena is gelas om in die
Corolla te klim. Vandaar is hulle na Petrus Steyn. Aldaar is
aangedoen by die
huis van ene Joseph Mokoena. Navraag is gedoen oor
Masilo en sy moontlike beweerde besit van ân vuurwapen. Ook dit
het niks opgelewer
nie. Dit het geblyk dat gesegde Masilo terminaal
siek was (hy is volgens die getuienis in die daaropvolgende week
oorlede) en sedert
Januarie permanent bedlêend was. Daarop is almal
weer terug na Bethlehem waar hulle teen ± 6 vm. aangekom het. Klaer
is toe weer
by sy ouerhuis afgelaai.
[3] Die gebeure
bovermeld, word deur die klaer en die appellante bevestig en is dus
nie in geskil nie. Wat wel in geskil is, is wat
die klaer beweer
alles aan hom gedoen was gedurende hierdie hele episode en wat hierna
weergegee word.
[4] Volgens die klaer is
hy toe hy by sy huis opgelaai is in die kattebak van die Corolla
gelaai. By David se huis, na die vuurwapen
en die lisensie daarvoor
getoon was, is hy, dit is die klaer, aangesê om sy voete bymekaar te
hou. Hy is toe aan sy broekspype
gevat en sodanig geruk dat hy op sy
sitvlak op die sementvloer geval het. Daarop het tweede appellant op
sy bobene gaan sit en eerste
appellant het met sy vingers onder klaer
se kakebeen sy kop na bo getrek sodat hy klaer se kop asât ware weg
van sy nek getrek
het. Tweede appellant het hom meermale geklap en
hy is aangesê om die waarheid te praat. Daarna het almal vertrek
vanaf David
se huis. Net voor ân drankwinkel is klaer weer in die
kattebak geplaas. By ân motorhawe is hy aangesê om uit te klim en
op
die agterste sitplek van die Corolla te sit. Hy merk toe die
voormelde Lena Nhlapo ook in die voertuig. Brandstof is ingegooi en
daar is gery in die rigting van Petrus Steyn. Ongeveer 10 kilometer
buite Bethlehem het die voertuie stilgehou. Klaer is beveel
om uit
te klim. Buite die voertuig is hy aangesê om die waarheid te
praat. Hy is met gebalde vuiste geslaan en derde appellant
het hom
in sy ribbes geskop. Eerste appellant het ân voorwerp, wat lyk
soos ân stok, in die Isuzu bakkie gehaal en hom op die
kop daarmee
geslaan. Hy is ook geklap, onder andere deur die vierde appellant,
weerskante op sy ore. Daarna is hy geboei, weer
in die voertuig
geplaas en die geselskap is toe na Petrus Steyn. Aldaar is hulle
eers na die polisiestasie en toe na ân huis wat
later geblyk het
die van Joseph Mokoena te wees. Die appellante is eers die huis
binne. Later is klaer gehaal uit die voertuig
en die huis ingeneem.
Hy is weer aangesê om die vuurwapen uit te haal, maar kon nie, want
hy het volgens hom niks geweet van ân
vuurwapen nie. Klaer het toe
drinkwater gevra. Die eienaar van die huis is aangesê om water te
bring. Klaer is gedwing om meer
water te drink as wat hy wou inneem.
Toe hy later vra om sy blaas in die toilet te ledig, is hy aangesê
om te kies of hy dit sommer
daar in sy broek of in die voertuig of te
Bethlehem wou doen. Daarop is hy weer aangerand. Tweede en derde
appellante het hom opgelig
en op die vloer laat val. Tweede, derde
en vierde appellante het hom op die vloer vasgedruk en tweede
appellant het op sy nek getrap.
In hierdie hele proses het hy sy
bewussyn verloor. Toe hy dit later herwin, het hy opgemerk dat sy
broek nat was. Hy is aan sy
lyfband na die voertuig gedra en daar is
vertrek terug Bethlehem toe. Dit het begin reën. Klaer is beveel
om uit die motor te
klim en hy is agter op die bakkie vasgeboei.
Terug op Bethlehem is hy na sy ouerhuis geneem. Die boeie is
losgemaak en eerste appellant
het hom aangesê om te loop en dat hy
hom nooit weer wou sien nie. Sy vader was toe reeds weg werk toe en
sy moeder op die punt
om te vertrek. By hulle terugkoms die aand het
hy teenoor hulle gekla van pyne in sy lyf. Die volgende oggend het
sy vader hom
na die distriksgeneesheer geneem. Dié het hom
ondersoek, ân vorm voltooi en hom aangesê om ân âdossier te
gaan openâ.
Die vorm is die tipe vorm wat ân menslike liggaam
uitbeeld en waarop met kruisies aangedui word waar op die liggaam die
beserings
is. Klaer het ân klag gaan lê en die vorm wat die
dokter hom gegee het aan die polisie oorhandig. Dié het dit in die
dossier
geplaas. Later het hy van die ondersoekbeampte, ân
speurder, verneem dat die vorm by die polisiestasie vermis geraak
het. Sedert
die voorval is hy hardhorend, want van die klappe teen
sy ore het daar âlug by sy ore uitgekomâ as hy sy neus toedruk.
Aldus
die klaer se weergawe van die gebeure.
[5] In kruisverhoor van
die klaer is namens die appellante aangedui dat alle getuienis van
enige aanranding op die klaer ontken word.
Dit het meegebring dat
die Staat ook die getuienis van voormelde David Ramalakoane, Lena
Nhlapo en Joseph Mokoena aangebied het.
Dit is slegs nodig om na
hulle getuienis te verwys vir soverre dit verband hou met die
beweerde aanrandings op die klaer.
[6] Volgens
David Ramalakoane het hy aan die appellante sy vuurwapen en lisensie
daarvoor getoon. Tweede appellant het daarop die
klaer gevat, na hom
getrek en aangesê om nou die waarheid te praat. Na dit het tweede
appellant die klaer op sy ore geklap. Die
getuie het demonstreer dat
tweede appellant met beide hande weerskante op die klaer se ore
geklap het. Klaer was op daardie stadium
sittende op sy boude.
Daarna het eerste appellant sy duime weerskante van die klaer se
kakebeen ingehaak en sy kop na bo getrek.
Klaer het begin huil.
Tweede appellant het op die klaer se bene gesit.
[7] Lena Nhlapo is ân
65-jarige vrou. Volgens haar was die appellante in ân aggressiewe
bui toe haar huis deursoek is. Sy is
aangesê om te gaan wys waar te
Petrus Steyn haar seun, Masilo, sou wees. Toe hulle by die voertuie
kom, sien sy die klaer in die
een voertuig. Klaer is in die kattebak
van die voertuig geplaas. Te Petrus Steyn het sy in die voertuig bly
sit, terwyl die appellante
die huis in is. Vierde appellant het
later ân voorwerp soos ân kierie of ân stok uit die voertuig
kom haal en teruggestap
die huis in. Sy het ân persoon hoor huil
in die huis, maar kan nie sê wie dit was nie. Later het hulle
vertrek terug Bethlehem
toe. Op pad het dit begin reën en klaer is
toe agter op die bakkie gelaai en vasgeboei. Te Bethlehem is by ân
huis, van stene
gebou, stilgehou. Die appellante het met die klaer
daar ingegaan. Vierde appellant het weer die kierie kom haal. Sy
het klaer
hoor huil in die huis. Dit was vir haar pynlik.
[8] Joseph Mokoena van
Petrus Steyn getuig dat die appellante hom opgeklop en ân vuurwapen
in sy huis gesoek het. Toe niks gevind
is nie, is die klaer
beskuldig daarvan dat hy leuens vertel en hy is op die vloer gedruk.
Klaer se kop is tussen een van die appellante
se bene vasgeknyp. ân
Ander
het
klaer se arms na agter getrek en twee ander het hom op sy sye
geslaan. Klaer is so geslaan dat die getuie dit goedgedink het
om
die appellante te maan dat die klaer kan sterf. Klaer het sy broek
benat. Eerste appellant het aan klaer gesê dat hulle hul
huise,
vroue en kinders agtergelaat het oor hom en tot op daardie moment wil
klaer nie die waarheid praat nie. Volgens die getuie
was dit âso
ân deurmekaarspulâ en hyself was nog deur die slaap dat hy nie
die gebeure mooi in volgorde kan weergee nie. Klaer
was egter op ân
stadium ook op die vloer en sy nek was deur een van die appellante
met ân skoen vasgetrap. Een van die appellante
het klaer met ân
voorwerp van ân half meter lank geslaan. Onder kruisverhoor meld
die getuie dat die klaer op ân stadium water
gevra het en dat een
van die appellante buite by ân kraan water gaan skep het.
[9] Die klaer se moeder
het getuig dat toe klaer die oggend om ± 6 vm. teruggebring is deur
die appellante, was sy toestand ânie
goed gewees nieâ. Sy was
haastig op pad werk toe, maar het kneuswonde op sy kop gesien. Toe
sy die aand terugkeer, het sy ook
blou merke op sy rug gesien. Klaer
is die volgende oggend dokter toe. Sy weet dat klaer met sy
terugkoms ân vorm in sy besit
gehad het en âdie beserings was
daarop geskryf geweesâ. Sy het egter nie die vorm nagegaan nie,
maar die klaer se vader het
wel.
[10] Die vier appellante
het al vier getuienis afgelê en in hul getuienis alle bewerings van
aanranding ontken.
[11] Die verhoorlanddros
het in sy evaluering van die getuienis die getuie Lena Nhlapo, as ân
eenvoudige, ongeletterde bejaarde
vrou beskryf wat haarself in sekere
opsigte weerspreek het en wat nie goed onthou nie. David Ramalakoane
en Joseph Mokoena is egter
as goeie getuies bevind. Ek kan geen fout
vind met hierdie gevolgtrekking van die landdros nie. As die
landdros in enige opsig
in hierdie verband fouteer het, was dit die
feit dat hy oënskynlik nie veel gewig aan Lena Nhlapo se getuienis
geheg het nie. Al
is sy eenvoudig en ongeletterd is dit ondenkbaar
dat dit waaroor sy getuig het ân verbeeldingsvlug of opsetlike
leuen aan haar
kant kan wees. Met verwysing na die appellante se
getuienis meld die landdros dat die appellante nie kan verklaar waar
die klaer
se beserings vandaan kom nie. Hy wys daarop dat as al die
staatsgetuies so âsamewerkend van aard wasâ soos die appellante
te
kenne gee, dit vreemd is waarom almal van hulle nou na vore kom
met hierdie getuienis van aanrandings.
[12] Mnr. Reinders,
namens eerste, tweede en derde appellante, en Mnr. Gilliland namens
vierde appellant, het in hul betoë heelwat
tyd bestee aan
weersprekings tussen die getuienis van die voormelde staatsgetuies.
Dit is duidelik uit wat reeds gemeld is dat daar
wel heelwat
weersprekings in die staatsgetuienis is. Die waarde van die
ge-opperde kritiek moet egter oorweeg word teen die agtergrond
van
die volgende wat Erasmus Wnr AR onlangs in
KOOPMAN
v S
2005 (1) ALL SA 539
(A) op 549 par. 35 gesê het:
â
Die
beregting van ân feitegeskil behels nie die getel van
teenstrydighede, waar die gedingsparty met die meeste punte as
oorwinnaar
uit die kryt tree nie. Die doel van die verhoor is om te
probeer vasstel wat op ân bepaalde tydstip in die verlede gebeur
het.
Die hof is dáárvoor op getuienis aangewese. Aangesien daar
slegs een waarheid is, behoort betroubare getuies se weergawes
logiesgesproke
100% ooreen te stem. Dit werk ongelukkig nie so in
die praktyk nie: twee of meer geloofwaardige getuies kan heeltemal
van mekaar
verskil. Weersprekings tussen ooggetuies in hul
onderskeie beskrywings van ân voorval beteken geensins dat die een
of die ander
van hulle noodwendig leuenagtig was nie, nog minder dat
albei leuens verkondig het. Foutiewe herinnering van besonderhede is
ân
algemene menslike tekortkoming waarvan ân hof kennis moet neem
alvorens getuies as meinedig afgemaak word. Die inagneming van
weersprekings het wel ân plek in die beoordeling van die getuies se
geloofwaardigheid, maar met versigtigheid en toepassing van
gesonde
oordeel. Die aard van die teenstrydighede moet in aanmerking geneem
word: hul kan wesenlik òf onbeduidend van aard wees
â met
oneindige graadverskille tussen die twee pole; weersprekings op
sydelingse aspekte is selde van veel waarde. ân Verhoorhof
kan met
goeie gevolg die volgende opmerkinge voor oë hou (
S
v Mkohle
1990 (1) SASV 95
(A) at 98f-g):
â
Contradictions
per
se
do not lead to the
rejection of a witnessâ evidence. As Nicholas J, as he then was,
observed in
S v Oosthuizen
1982 (3) SA 571
(T) at 576B-C, they may simply be indicative of an
error. And (at 576G-H) it is stated that not every error made by a
witness affects
his credibility; in each case the trier of fact has
to make an evaluation; taking into account such matters as the nature
of the
contradictions, their number and importance, and their bearing
on other parts of the witnessâ evidence.â
Hierdie opmerkinge geld eweneens vir
Staats- en verdedigingsgetuies.â
[13] Dit blyk uit die
getuienis dat Joseph Mokoena van Petrus Steyn glad nie die klaer
geken het nie en dat Lena Nhlapo hom net van
sien, ken. Die
getuienis van die appellante is dat die klaer se getuienis van
aanranding ân totale leuenagtige versinsel is.
As dit so is, vind
ek dit ondenkbaar dat die klaer daarin kon slaag om hierdie getuies
te beweeg om valslik voormelde getuienis van
aanrandings aan die hof
te kom opdis. Dit geld veral die getuienis van die getuie van Petrus
Steyn. Daardie weersprekings in die
staatsgetuienis wat wel bestaan,
is myns insiens van so aard dat dit nie die aanvaarbaarheid van
daardie getuienis affekteer nie.
[14] Mnr. Reinders het
gewag gemaak van die feit dat daar geen onafhanklike getuienis is
aangaande die klaer se beserings nie. Hy
sê dat die vorm wat die
distriksgeneesheer aan die klaer gegee het, dalk kon aandui dat die
klaer inderdaad geen beserings gehad
het nie. Die versuim om dit as
bewysstuk in te dien, betoog hy, bring mee dat die vernaamste rede
vir die verwerping van die appellante
se getuienis naamlik dat hulle
nie die klaer se beserings kan verduidelik nie, op onseker grondslag
berus. Die landdros meld in
sy uitspraak as volg hieroor:
â
Wat
die getuienis dan oor die algemeen betref, globaal gesien, het die
Hof geen twyfel daarin dat James wel aangerand is nie. Waarom
sal hy
dokter toe gaan? Waarom sal ân vorm J88 wegraak? Waarom sal hy
weer dokter toe gaan en getuig oor beserings? Sy moeder
bevestig dat
hy beseer is. Die feit wat staan soos ân paal bo water is dat
James aangerand is. Nie een van die beskuldigdes het
ân
verduideliking daarvoor nie. Hulle getuienis is ân ontkenning.
Hulle sê dat hulle nie beserings gesien het nie. Ek weet
nie hoe
dit moontlik is dat hulle nie die beserings kon sien nie. Daar is ân
paar getuies wat getuig oor aanranding. Daar is
geen getuienis dat
James - ek praat nou van die kant van die Verdediging, dat James
rondgeskommel sou gewees het in die voertuie
en miskien sy kop op
daardie wyse self sou gestamp het nie. Dit maak ook geen sin dat
James homself sou beseer nie. So is dit dan
by wyse van
noodwendigheid wat die Hof bevind dat dit die beskuldigdes is wat vir
James aangerand het.â
(Vergelyk
p. 210 van die oorkonde.)
Ten aansien van die feit
dat die distriksgeneesheer se vorm, dit is die gebruiklike vorm J88,
nie as getuienis deur die Staat gebruik
was nie, meld die landdros as
volg:
â
Die
vorm het intussen verlore geraak, klaarblyklik by die polisiestasie
en het die vorm op een of ander misterieuse wyse verdwyn.â
(Vergelyk
p. 203 van die oorkonde.)
Indien die landdros
hiermee te kenne wou gee dat die verdwyning van hierdie belangrike
stukkie getuienis vir hom suspisieus is, stem
ek daarmee saam. Wie
anders as die appellante kan ân belang daarby gehad het dat hierdie
vorm onverklaarbaar soek geraak het?
[15] Mnr. Gilliland,
namens die vierde appellant, het betoog dat die vierde appellant se
posisie anders is as dié van die ander drie
appellante. Hy voer
naamlik aan dat die landdros fouteer deur vierde appellant se skuld
te baseer op sy nalate om in te meng toe
die ander appellante die
klaer aangerand het. Hierdie betoog vind sy grondslag in ân ietwat
ondeurdagte uitlating van die landdros
aan die einde van sy uitspraak
en wat as volg lui:
â
Daar
waar die beskuldigdes teenwoordig was terwyl hulle kollegas die klaer
aangerand het en hulleself nie aangerand het nie, maar
toegesien het
en niks daaraan gedoen het nie, is hulle skuldig as medepligtiges.
ân Handeling kan verrig word deur ân doen of
ân late, ân
kommissie of ân omissie. Nie een van die beskuldigdes is bereid om
oop kaarte met die Hof te speel en oor hulle
presiese aandeel in die
saak te getuig nie, dus maak die een wat die minste aangerand het
homself net so skuldig aan die pleging
van die misdaad soos die een
wat die meeste aangerand het - ek praat byvoorbeeld van beskuldigde
nr. 1 en van beskuldigde nr. 4.
Beskuldigde nr. 4 het nooit vir
beskuldigde nr. 1 gesê hy moet ophou met wat hy doen nie, hulle is
op die verkeerde pad nie.â
(Vergelyk
p. 215 van die oorkonde.)
DÃt,
betoog Mnr. Gilliland, is regtens nie houdbaar nie. Medepligtigheid
verg, aldus die betoog, ân handeling en kan nie deur
ân blote
versuim tot stand kom nie. Of Mnr. Gilliland korrek is in hierdie
betoog van hom, (vergelyk Strafreg: C.R. Snyman 4
e
Uitgawe
bl. 57 en 58 wat ân teenoorgestelde siening huldig) is egter nie
nodig om tans te beslis nie. Mnr. Gilliland sou in hierdie
verband
kon byvoeg dat die vierde appellant in elk geval nooit aangekla was
op die basis dat sy aanranding van die klaer tot stand
gekom het
deurdat hy versuim het om die ander drie appellante se aanranding op
die klaer te verhoed, terwyl daar ân regsplig tot
daardie effek op
hom sou gerus het nie. Hy was dus nooit geroepe om so ân saak te
ontmoet nie en dit was trouens ook nooit die
staatsgetuienis teen hom
nie. (Vergelyk in hierdie verband
S
v GABA
1981
(3) SA 745
(O) veral op 752 en verder.) Die realiteit is egter dat
die getuienis van klaer, Joseph Mokoena en Lena Nhlapo, al drie, die
vierde
appellant uitdruklik betrek by van die geleenthede van
aanranding op die klaer. Dit is origens duidelik dat die vier
appellante
deurgaans gesamentlik opgetree het en ân gemeenskaplike
oogmerk gehad het. Nooit het vierde appellant enige aanduidings
gegee
dat hy homself distansieer van die handelinge van enige van die
ander appellante nie. Die landdros het dan ook pertinent so bevind.
Dit was gevolglik heeltemal onnodig en inderdaad verwarrend van die
landdros om enige van die appellante se aanspreeklikheid te
oorweeg
op die basis van die moontlike versaking van ân regsplig.
[16] Die appellante is
elk gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf opgelê ingevolge die
bepalings van artikel 276(1)(i) van Wet 51 van
1977 plus ân verdere
6 maande gevangenisstraf welke opgeskort is vir 4 jaar op voorwaarde
dat die appellante nie weer skuldig bevind
word aan aanranding of
roof gepleeg gedurende die periode van opskorting nie. ân
Maatskaplike werker van die Departement Korrektiewe
Dienste het ân
verslag ten aansien van elkeen van die appellante opgestel en ook
mondelinge getuienis in die hof afgelê. Sy het
bevind dat elk van
die appellante goeie en stabiele werksrekords het en geen
maatskaplike- of persoonlikheidsprobleme is geÑdentifiseer
wat
behandeling of toesig benodig nie. Haar aanbeveling was dat die
appellante opgeskorte vonnisse opgelê moet word. Die polisie
offissier onder wie se bevel die vier appellante gedien het, se
getuienis was dat al vier die appellante pligsgetroue en harde
werkers
is wat ân groot aanwins vir die polisie is. Daar is
volgens hom nooit tevore probleme met aggressiewe gedrag in die
uitvoering
van enige een van die appellante se pligte opgemerk nie.
Die eerste appellant is 30 jaar oud, ân eerste oortreder en
getroud.
Hy het graad 12 op skool behaal en het 13 jaar diens in die
Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die tweede appellant is 32 jaar oud,
ân eerste oortreder, getroud en die vader van een kind. Hy het
graad 12 op skool behaal en het 13 jaar diens in die Suid-Afrikaanse
Polisiediens. Derde appellant is 35 jaar oud, ân eerste oortreder
en ân wewenaar met geen afhanklike kinders nie. Hy het graad
12 op
skool behaal en het 13 jaar diens in die Suid-Afrikaanse
Polisiediens. Vierde appellant is 28 jaar oud, ân eerste
oortreder,
ongetroud en het graad 12 op skool behaal. Hy het 11 jaar
diens in die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
[17] Mnr. Reinders,
namens die eerste, tweede en derde appellante, het in sy betoog ten
aansien van vonnis aangedui dat al sou hy
ook graag wou, hy nie met
enige vertroue enige betoog kan voorlê dat die vonnis onvanpas is
nie. Ek meen dat Mnr. Reinders korrek
was in hierdie houding. Mnr.
Gilliland, namens die vierde appellant, het vir oorweging gegee dat
sy kliënt vanweë ân aangevoerde
mindere aandeel in die gebeure,
meer simpatie van die landdros moes ontvang het. Op grond van wat
reeds gesê is, meen ek nie dat
daar enige onderskeid in die vonnisse
van die appellante gemaak behoort te word nie. Terwyl dit jammer is
dat klaarblyklik nuttige
en pligsgetroue polisiebeamptes gevangenis
toe gestuur moet word, meen ek dat die gebeure so ân gevolg
onvermydelik maak. Hierdie
is ân geval van blatante magsmisbruik
waartydens klaer en selfs van die getuies onderwerp is aan erge
vernedering en hardhandigheid.
Uiteindelik toe dit blyk dat dit
alles niks oplewer nie, is die klaer eenvoudig afgelaai en beveel om
homself so uit die voete te
maak dat hy nooit weer gesien word nie.
Terwyl dit nie te kenne gegee wil word dat dit minder ernstig sou
wees as die aanranding
op die klaer in afsondering gepleeg was nie,
is die feit dat die klaer op verskillende geleenthede aangerand word
ten aanskoue van
verskeie onafhanklike getuies, ân aanduiding van
die vermetelheid en gewaande onaantasbaarheid waarmee die appellante
as polisiebeamptes
opgetree het. Dit is onverskoonbaar en verdien
die ernstigste afkeur van ân geregshof. Nie een van die vier
appellante is onervare
polisiebeamptes wat vanweë jeugdige
voortvarendheid foutiewelik kon oordeel dat howe en die gemeenskap
die oë sal sluit vir die
gebruik van geweld by die ondersoek van
misdrywe nie.
[18] Mnr. Gilliland het,
meen ek, tereg daarop gewys dat die insluiting van roof by die
voorwaardes van opskorting, onvanpas is.
Dit behoort geskrap te
word.
Bygevolg word die appèl
van al vier die appellante afgewys en die skuldigbevindings sowel as
die opgelegde vonnisse word bekragtig
met die voorbehoud dat die
misdryf roof geskrap word uit die voorwaardes waarop die opgelegde 6
maande gevangenisstraf opgeskort
is.
____________
C.B. CILLIé, R
Ek stem saam.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Namens
1ste, 2de en 3de appellant: Adv. S.J. Reinders
In
opdrag van: Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die 4de appellant: Adv. J. Gilliland
In
opdrag van:
Kramer,
Weihmann & Joubert BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. C.F. Steyn
In
opdrag van:
DOV
BLOEMFONTEIN
/sp