Monoto v S [2005] ZAFSHC 81 (28 April 2005)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of robbery and sentenced to 7 years' imprisonment — Appellant contended that the trial court erred in accepting the state's witnesses' testimonies over his alibi — Court held that the trial court's credibility findings were sound and not to be interfered with on appeal — Appeal against conviction and sentence dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 81
|

|

Monoto v S [2005] ZAFSHC 81 (28 April 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr.: A225/2003
LLOYD
MONOTO
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
11
APRIL 2005
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
VAN COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
28
APRIL 2005
_____________________________________________________
[1] Die appellant was op
13 Julie 2001 skuldig bevind op ‘n klagte van roof. Op dieselfde
datum was hy ingevolge artikel 276(1)(b)
van Wet 51 van 1977 gevonnis
tot 7 jaar gevangenisstraf. Teen die skuldigbevinding en vonnis kom
appellant in hoër beroep.
[2] In die hof
a
quo
was
appellant bygestaan deur ‘n prokureur.
Op
appèl was appellant sonder regsverteenwoordiging en het verkies om
self sy saak te beredeneer.
[3] In die verhoor was
dit gemeensaak dat die klaagster, Mev. Frederika du Preez, die
Inkomste Rekenmeester van Brandfort Munisipaliteit,
op 16 Januarie
1998 om ongeveer 09h30 terwyl sy met kontant ten bedrae van R26
940,00 en tjeks ter waarde van R41 760,79 in ‘n
Eerste Nasionale
Bank seil banksak net buite die kantore, terwyl sy oppad was na haar
eggenoot in sy wagtende BMW motor, van gemelde
banksak met inhoud
beroof was.
Die klaagster se gil het
ene Ngamole, die gewese Stadsekretaris van Brandfort, se aandag
getrek en tot agtervolging van die aanvaller
wat tussen die
Munisipale kantore en die Poskantoor ingehardloop het, aangespoor.
[4] Ngamole het getuig
dat hy die persoon, spesifiek dan appellant, steeds met die geldsak
in sy hand, wat die klaagster beroof het,
agtervolg het tot in die
agterplaas van die Poskantoor vanwaar die appellant oor ‘n heining
in die werf van Dr. Africa se spreekkamer
gespring het.
Florence Morwe, Dr.
Africa se klerk het appellant, wie aan haar bekend is, met ‘n
banksak in sy hand agter die spreekkamer gesien
hardloop.
[5] Appellant
het getuig dat hy die betrokke dag in Bloemfontein was waar hy by
Union Pipe werk gesoek het. Sy verweer was dus ‘n
alibi.
[6] Ten aansien Ngamole
het appellant aangevoer dat eersgenoemde hom valslik beskuldig omdat
hy, appellant, en die getuie, in ‘n
arbeidsgeskil betrokke was.
Morwe se getuienis was
deur appellant afgemaak as vals omdat hy, appellant, nie op haar
versoek om haar vorige werkgewers te beroof,
wou voldoen nie.
[7] Op appèl het
appellant aangevoer dat die landdros fouteer het deur nie die
staatsgetuies se weergawes te verwerp en sy eie weergawe
te aanvaar
nie.
[8] Op appèl sal nie
geredelik met die verhoorhof se geloofwaardigheidsbevindings ingemeng
word nie. (vgl.
REX
v DHLUMAYO AND ANOTHER
1948 (2) S.A. 677
(A) en
STAAT
v FRANCIS
1991 (1) S.A.S.V 198
(A))
Dit moet beklemtoon word
dat nóg Ngamole nóg Morwe se getuienis aangaande die wyse waarop
die voortvlugtende uitgeken was, en daaromtrent
enige mistasting kon
voorkom, in geskil was; appellant was op sy eie getuienis aan beide
goed bekend.
Volgens appellant het
beide voormelde persone uit nyd en wraak hom opsetlik en doelbewus
valslik betrek.
Appellant se suggestie
dat Ngamole en Morwe hom doelbewus valslik betrek, kan slegs gewig
dra indien hulle beide toevallig op dieselfde
datum en onafhanklik
van mekaar besluit het om juis appellant as rower aan te wys.
Die toevalligheid dat
twee persone wat ‘n wrok teen appellant koester sou besluit om ‘n
insident waarvan hulle nie vooraf kennis
gedra het nie, te gebruik om
wraak te neem, is so vergesog dat dit as onsin verwerp moet word.
Die
Landdros het myns insiens tereg appellant se getuienis verwerp.
[9] Die staatsgetuienis
se getuienis, veral dié van Mev. Morwe, soos op die rekord
genotuleer, beïndruk en die landdros se aanvaarding
van haar en
Ngamole se getuienis kan nie fouteer word nie.
Op
sterkte van gemelde getuienis is die skuldigbevinding in orde.
[10] Appellant se
misdaadrekord begin in 1979 toe hy skuldig bevind was aan verkragting
en diefstal. In 1985 was hy skuldig bevind
aan roof waarna 2
skuldigbevindings aan aanranding in 1991 en ‘n verdere
skuldigbevinding aan aanranding in 1994 gevolg het.
Uit
die vonnisse appellant opgelê blyk dit asof appellant gereeld die
geleentheid gehad het om homself te rehabiliteer - soos aangedui
deur die feit dat sommige van die vonnisse opgelê deels en ander in
geheel opgeskort was.
[11] Die
Landdros het alle vonnisopsies oorweeg asook alle faktore wat by
vonnisoorweging in aanmerking geneem moet word.
Ek kon geen mistasting
in die landdros se benadering tot die oplegging van die vonnis vind
nie, en nog minder kan bevind word dat
die opgelegde vonnis onvanpas
is.
[12] Ek
sou die volgende bevele maak:
Die appèl teen die
skuldigbevinding word afgewys.
Die appèl teen die
opgelegde vonnis word afgewys.
_______________________
G.
VAN COPPENHAGEN, R
Ek stem saam.
_________________
J.P.
MALHERBE, RP
Namens die appellant:
Geen verskyning (In persoon)
Namens die
respondent: Adv. S. Giorgi
In opdrag van:
Kantoor van die
Direkteur: Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em