About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 80
|
|
Khoase v S [2005] ZAFSHC 80 (28 April 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr.: A198/2003
PHILLIP MAKASE
KHOASE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
11
APRIL 2005
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
VAN COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
28
APRIL 2005
_____________________________________________________
[1] Die appellant ân 46
jarige man het in die Landdroshof Heilbron tereggestaan op 3 klagtes.
[2] In klagte 1 was dit
hom ten laste gelê dat hy op 3 Desember 2002 ter oortreding van
artikel 83(1) van die Wet op Prokureurs,
Wet nr. 53 van 1979 hom
valslik as prokureur voorgedoen het.
In
klagte 2 was dit hom ten laste gelê dat hy op 21 November 2002 ter
oortreding van artikel 83(1) van die Wet op Prokureurs, Wet
53 van
1979, hom valslik voorgedoen het as prokureur.
In klagte 3 was dit hom
ten laste gelê dat hy tussen 15 November en 4 Desember 2002 vir Mnr.
Jacob Msimanga bedrieg het deur aan
laasgenoemde voor te gee dat hy
ân prokureur is en as sulks professionele dienste teen vergoeding
kon lewer as gevolg waarvan gemelde
Jacob Msimanga R1 700,00 aan hom
vir die lewering van professionele dienste oorhandig het terwyl hy
inderdaad nie ân prokureur
was en dus gemagtig was om professionele
dienste as prokureur te lewer nie.
Appellant
het op al die klagtes hom ten laste gelê onskuldig gepleit, maar was
nogtans op 4 Maart 2003 op al die klagtes skuldig
bevind en op
dieselfde datum gevonnis as volg:
Klagte 1: Beboet R1
500,00 of 3 maande gevangenisstraf;
Klagte
2: Beboet R1 500,00 of 3 maande gevangenisstraf;
Klagte
3: 6 Maande gevangenisstraf ingevolge die bepalings van artikel
276(1)(b) van Wet 51 van 1977.
[3] Appellant se appèl
is slegs teen die skuldigbevindings.
[4] Die Staatsaanklaer
van Heilbron Mnr. Mathews T. Mohlakoana het, wat die eerste klagte
betref, getuig dat hy op 2 Desember 2002
terwyl hy vanaf sy kantoor
na die Klerk van die Hof se kantoor op pad was, appellant met ân
prokureurstoga oor sy arm en ân swart
lêeromslag in sy hand
teegekom het. Hy het appellant sy kantoor ingenooi, homself aan
appellant voorgestel en by appellant verneem
of hy laasgenoemde van
hulp kon wees. Appellant het homself, weliswaar onder ân ander
naam en van as sy werklike, voorgestel
en gesê dat hy ân persoon
in die onderhoudshof as prokureur hom verteenwoordig. Appellant het
ook verduidelik dat hy vir die
prokureursfirma Swanepoel in Kroonstad
werk. Hierdie bewering en appellant se latere bewering na sy
arrestasie dat hy inderdaad
ân prokureur is, is uiteraard heeltemal
vals.
[5] Appellant
het die getuienis van die staat wat die wese daarvan betref in
getuienis ontken. Wat hy nie ontken het nie, was dat
hy wel ân
toga by hom gehad het. Sy verduideliking vir die toga was dat hy dit
dra as hulle âpartiesâ hou.
[6] Die klaagster in die
tweede klagte, Mev. Margaret Ndai het getuig dat sy appellant op 21
November 2002 by die Hof in Heilbron
ontmoet het waar hy tydens ân
gesprek met ân kennis van haar, ene Digetla, gesê het dat hy ân
prokureur is. Hy het voorts
gesê dat hy in die Hof ân saak moet
kom uitstel.
Klaagster het, nadat
appellant uit die Hof gekom het, gevra dat hy as prokureur vir ân
persoon wat haar, klaagster, sou beledig
of belaster het, ân brief
moet skryf. Appellant het onderneem om teen betaling van R50,00 die
nodige te doen. Weens ân gebrek
aan fondse op daardie stadium het
klaagster ooreengekom om appellant op 5 Desember 2002 te sien.
Appellant het aan haar sy âkantoorâ
in Kroonstad se
telefoonnommer gegee waarheen sy hom kon skakel. Sy het hom egter
nie op 5 Desember 2002 gesien nie.
[7] Appellant ontken nie
dat hy die klaagster ontmoet het nie. Sy getuienis was egter dat
hulle oor liefdesake gepraat het.
[8] Die klaer in klagte
nommer 3, Mnr. Jacob Msimanga, het getuig dat hy op 15 November 2002
vir appellant ontmoet het. Appellant
het as prokureur onderneem om
hom, klaer, in ân arbeidsaangeleentheid by te staan. Vir sy
dienste het appellant ân aanvanklike
deposito van R480,00 gevra en
ontvang en later nog verdere bedrae van R720,00 en R500,00 vir
dienste ontvang.
[9] Appellant het erken
dat hy minstens R1 400,00 van Mnr. Msimanga ontvang het om, soos hy
getuig het, die koste van reise, telefoonoproepe
en fakse te delg.
Die koste van uitgawes was aangegaan in bystand van Mnr. Msimanga in
ân aangeleentheid met sy werkgewer.
[10] Dit
is nodig om ook te verwys na die getuienis van inspekteur Van
Schalkwyk wat beslag gelê het op sekere dokumente wat appellant
erken het syne te wees. Verskeie van die dokumente toon aan dat
appellant namens persone opgetree het en onder andere geld namens
hulle gevorder het.
ân
Insiggewende dokument is egter die buiteblad van ân lêer waarop
onder andere die volgende handgeskrewe woorde voorkom:
¡°
Law
and Procedures
Prok/Attorney
P.M.
Khoase
A.C. 3731
P.M.
KHOASE
Attorneys/Prok.â
[11] Appellant
was te alle sake tye nie ân prokureur nie, die feit was nie in
geskil nie.
[12] Die Landdros het
appellant se ontkenning van die staatsgetuies se getuienis verwerp en
laasgenoemde se getuienis aanvaar. Dit
is gemelde bevinding wat die
onderwerp van appellant, wat verkies het om self sy saak op appèl te
beredeneer, se argument op appèl
was en is.
[13] Dit is geykte reg
dat ân hof van appèl nie geredelik sal inmeng met ân hof
a
quo
se
geloofwaardigheidsbevindings nie. (vgl.
J
v S
1998(2)
ALL. S.A. 267(A))
Behalwe van bloot te sê
dat hy die appellant nie glo nie, en dat die staatsgetuienis almal
hom beïndruk het as eerlike en geloofwaardige
getuies, het die
landdros geen redes vir sy gevolgtrekking verskaf nie. Hierdie hof
sal dus self op die beskikbare inligting die
knoop moet deurhak.
(vgl.
VAN
ASWEGEN v DE CLERCQ
1960 (4) S.A. 875(A)
te 881 H tot 882 C)
[14] Die dokumente waarop
die polisie beslag gelê het, en ingehandig was, en deur appellant
erken was sy eiendom te wees, maak dit
minstens duidelik dat
appellant by verskeie geleenthede vir persone opgetree het en selfs
namens persone wat appellant as sy âkliënteâ
beskryf het, gelde
gevorder het.
Die
lêeromslag beskryf appellant as ân prokureur.
Appellant loop rond, oop
en bloot so ook by die Landdroshof, Heilbron met ân prokureurstoga.
Voormelde feite
regverdig die afleiding dat appellant minstens die skyn verwek het
dat hy ân prokureur is, en is die waarskynlikhede
vervolgens so
oorweldigend dat appellant ook sou sê, uitdruklik so, dat hy ân
prokureur is, dat dit as bewese bo redelike twyfel
bevind kan word.
Appellant
se ontkenning dat hy aan die onderskeie klaers sou gesê het dat hy
ân prokureur is, is gevolglik vals bo redelike twyfel
en moet
verwerp word.
[15] Die
staatsgetuies se getuienis kan wat die relevante dele daarvan betref
nie werklik gekritiseer word nie.
Op
die getuienis van die staatsgetuies wat aanvaar word, is die misdrywe
appellant ten laste gelê inderdaad bewys.
[16] Die
appèl kan nie slaag nie en die volgende bevele moet gemaak word:
Die appèl teen die
skuldigbevindings word afgewys.
Die skuldigbevindings
word bekragtig.
_______________________
G.
VAN COPPENHAGEN, R
Ek stem saam.
_________________
J.P.
MALHERBE, RP
Namens die appellant:
Geen verskyning (In persoon)
Namens die
respondent: Adv. S. Giorgi
In opdrag van:
Kantoor van die
Direkteur: Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em