About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 40
|
|
S v Mbatha (A240/2003) [2005] ZAFSHC 40 (28 April 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A240/2003
In
die appèl tussen:
THEMBINKOSI
FOX MBATHA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
MALHERBE
RP
et
VAN
COPPENHAGEN R
UITSPRAAK:
VAN
COPPENHAGEN R
AANGEHOOR OP:
11
APRIL 2005
GELEWER OP:
28
APRIL 2005
[1] Die appellant, ân
33-jarige man, blykens die klagstaat, het op 14 Junie 2002 in die
landdroshof Marquard saam met twee ander
verskyn op ân klagte dat
hulle ter oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 in 219 kg
dagga handel gedryf het.
Op
27 Junie 2002 het die appellant, wat regsverteenwoordiging geniet
het, op die ten laste gelegde klagte skuldig gepleit.
Die
saak teen sy mede-beskuldigdes was deur die aanklaer teruggetrek.
[2] ân Verklaring soos
bedoel in artikel 112(2) van Wet 51 van 1977, bewysstuk âAâ, was
deur appellant se regsverteenwoordiger
voorgelees en ingehandig en
die korrektheid daarvan deur appellant bevestig.
In die verklaring
verduidelik appellant dat hy deur ân toordokter wat na die
gesondheid van nagenoeg 100 families omsien, versoek
was om die dagga
in Lesotho af te haal en na Alexandra te bring. Die enigste voordeel
wat appellant uit die vervoer van die dagga
sou kry, was ân korting
op âdiensteâ by die betrokke toordokter.
[3] Appellant
was ten tye van die skuldigbevinding ân eerste oortreder.
Hy
het as huurmotorbestuurder tussen R200 tot R400 per maand verdien.
Appellant is die enigste
broodwinner in die gesin wat bestaan uit homself, sy eggenote en twee
minderjarige kinders van 5 en 6 jaar
oud onderskeidelik.
[4] Die landdros het
appellant ân vonnis van R14 000.00 of 8 jaar gevangenisstraf plus
ân verdere 4 jaar gevangenisstraf wat voorwaardelik
vir 5 jaar
opgeskort was, opgelê.
Teen
die vonnis kom appellant in hoër beroep.
[5] Appellant was, toe
die appèl geroep was, nie in die hof teenwoordig nie. Advokaat
Giorgi, namens die Staat, het meegedeel dat
appellant vanweë sy
aanhouding in Kroonstad Gevangenis, nie betyds beskikbaar kan wees
nie en versoek dat die appèl van die rol
geskrap word.
[6] ân Hof van appèl
kan en sal slegs inmeng in ân vonnis opgelê indien bevind kan word
dat die verhoorhof nie die diskresie
waarmee dit beklee is by
vonnisoplegging behoorlik uitgeoefen het nie. (
S
v FARMER
2002 (1) ALL SA 427
(A) op 430a).
In die oorweging van die
vraag of die verhoorhof by die oplegging van ân vonnis sy diskresie
behoorlik uitgeoefen het, word ook
oorweeg of die opgelegde vonnis
nie dermate van die vonnis wat die hof van appèl sou oplê, verskil
dat dit as ân onreëlmatigheid
of onregverdigheid aangemerk kan
word. In
S
v DE JAGER AND ANOTHER
1965 (2) 616 (A) te 629 verduidelik Holmes AR:
â
It
is the trial Court which has the discretion, and a Court of appeal
cannot interfere unless the discretion was not judicially exercised,
that is to say unless the sentence is vitiated by irregularity or
misdirection or is so severe that no reasonable court could have
imposed it. In this latter regard an accepted test is whether the
sentence induces a sense of shock, that is to say if there is
a
striking disparity between the sentence passed and that which the
Court of appeal would have imposed.â
[7] Die vertrekpunt by
die oorweging van ân vonnis op ân statutêr-geskepte misdryf, sal
gewoonlik die strafbepaling in die betrokke
statuut self wees.
Ten aansien van die
oortreding van die onderhawige artikel word in artikel 17(e) van Wet
140 van 1992 ân straf van hoogstens 25
jaar gevangenisstraf of met
sowel daardie gevangenisstraf as die boete wat ân hof mag goedvind
om op te lê, voorgestel.
Die vonnis appellant
opgelê indien die boete as alternatief en die opskorting van ân
deel buite rekening gelaat word, is 12 jaar
gevangenisstraf. (cf.
S
v SETNOBOKO
1981 (3) SA 554
(O) te 556 D â H.)
[8] By
die oorweging van ân gepaste vonnis moet die doelstellings van
straf naamlik voorkoming, vergelding, afskrikking en rehabilitasie
nagestreef word. In die opweging van gemelde doelwitte sal die aard
en erns van die misdryf, die belange van die gemeenskap en die
beskuldigde as persoon oorweeg word. Genade as element van
geregtigheid moet die uiteindelike vonnis opgelê, temper.
Die landdros het tereg
verwys na die aard en erns van die misdryf en die redes waarom dit as
ân ernstige misdryf aangemerk moet
word, asook die veelvuldige
voorkoms van die betrokke misdryf in sy jurisdiksiegebied.
Die landdros het in sy
uitspraak ook na die redes waarom die belange van die gemeenskap by
die oplegging van die vonnis in ag geneem
moet word, behandel.
Die
impak van daardie belange op die onderhawige geval was egter nie
toegelig nie.
Dit is nou reeds
aksiomaties dat dagga, soos sovele ander dwelmmiddels, die gebruiker
daarvan fisies en psigies nadelig beïnvloed.
Daardie gebruiker is
dikwels die kwesbaarste van die bevolking.
Dit kan ook nie
wegredeneer word dat sommige lede van die publiek oortuig is dat
dagga medisinale waarde inhou nie; ân siening
wat blykens die
getuienis ook deur appellant gehuldig word.
Dit
is juis die gesindheid waarmee ân misdryf gepleeg word wat die
graad van die laakbaarheid waarmee die gemeenskap die pleging
van die
misdryf bejeen, bepaal. (cf.
S
v MARTIN
1996 (1) SASV 172 (W) 177 e.v.) As tipiese voorbeeld kan genadedood
genoem word; moord is gewoonweg ân misdaad wat as afskuwelik
aangemerk word, maar weens die gesindheid waarmee dit gepleeg word,
word dit weens gemeenskapsoortuiging en -benadering met ân
ligter
straf besoek. (cf.
S
v HARTMANN
1975 (3) SA 532
(K)).
Appellant was blykens
die aanvaarde feite nie die persoon wat homself direk ten koste van
ander se fisiese en morele verval verryk
het nie; hy het weens sy
geloof in die medisinale effek van dagga, by wyse van spreke, vir
homself ân mediese versekering beding.
[9] Die hoeveelheid dagga
betrokke naamlik 219 kg is substansieël en is ân faktor wat by die
straftoemeting in ag geneem moet word.
(cf.
S
v HLONGWANE
1998 (1) SASV 221 (O).)
[10] Dit is met voormelde
bekende faktore in gedagte dat die straf wat opgelê moet word
âshould fit the criminal as well as the
crimeâ. (cf.
S
v RABIE
1975 (4) SA 855
A 861 B â C.)
Vonnisse van 14 jaar vir
handel in 1 433 kg dagga deur ân professionele handelaar (cf.
S
v MOREBUDI
1999 (2) SASV 664 (HHA)) tot 6 jaar waarvan 2 jaar voorwaardelik
opgeskort was vir die vervoer, dus handel, in 800 kg dagga (cf.
S
v CALENI
1990 (1) SASV 178 (C)) is aangeteken. Vir die handel in kleiner
massas dagga was in die algemeen veel ligter vonnisse blykens die
gerapporteerde uitsprake opgelê.
[11] In aggenome die
misdryf en die persoon van die beskuldigde sou ân boete van R7
000.00 of 4 jaar gevangenisstraf en 4 jaar gevangenisstraf
in geheel
opgeskort vir 5 jaar onder gepaste omstandighede ân gepaste vonnis
vir appellant wees.
Die
voorgestelde vonnis verskil dermate van die vonnis deur die landdros
die appellant opgelê dat ek van mening is dat geregtigheid
nie
teenoor appellant by oplegging van vonnis geskied het nie.
[12] Met
die vonnis appellant opgelê kan, omdat appellant se appèl nie
geargumenteer was nie, nie op appèl ingemeng word nie.
Artikel 304(4) van Wet
51 van 1977 verleen egter bevoegdheid aan die Hooggeregshof om dié
ongeregtigheid op hersiening reg te stel.
Daardie bevoegdheid sal
benut word en word die onderstaande bevele gemaak:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
Die vonnis opgelê word
tersyde gestel en vervang met die volgende
â
n
Boete van R7 000.00 of 4 jaar gevangenisstraf sowel as ân verdere 4
jaar gevangenisstraf welke laasgenoemde gevangenisstraf in
geheel
opgeskort word vir 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie
skuldig bevind word aan oortreding van artikel 5(b) van Wet
140 van
1992 gepleeg gedurende die periode van opskorting nie.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Ek
stem saam.
__________________
J.P. MALHERBE, RP
Namens
appellant: Geen verskyning (In persoon)
Namens
respondent: Adv. S. Giorgi
In
opdrag van:
DOV
BLOEMFONTEIN
/sp