About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 79
|
|
S v Botseme (253/2005) [2005] ZAFSHC 79 (21 April 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.: 253/2005
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
DAVID
BOTSEME
CORAM: WRIGHT R et
VAN DER MERWE R
UITSPRAAK: VAN DER
MERWE R
GELEWER OP: 21 APRIL
2005
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde in
hierdie aangeleentheid is in die Landdroshof skuldig bevind aan ân
oortreding van Artikel 5(b) van die Wet
op Dwelmmiddels en
Dwelmsmokkelary, Nr. 140 van 1992, deurdat hy dagga gekweek het. Die
beskuldigde is vervolgens gevonnis tot ân
boete van R3 000,00 of 18
maande gevangenisstraf asook ân verdere 12 maande gevangenisstraf
wat opgeskort is vir ân tydperk van
4 jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldig bevind word aan ân oortreding van Artikel
5(b) van Wet 140 van 1992 gepleeg
gedurende die opskortingstydperk
nie.
[2] Volgens
die getuienis het die beskuldigde ân handeling verrig in verband
met die verbouing van dagga. Die skuldigbevinding
is derhalwe myns
insiens ooreenkomstig die reg. Die opgelegde vonnis is egter, vir
die redes wat volg, myns insiens nie ooreenkomstig
die reg nie.
[3] Net 5 dagga plante,
ongeveer sestig sentimeter hoog en goed versorg, is in die
beskuldigde se groentetuin gevind. Daar is geen
getuienis op rekord
aangaande die moontlike produksie van hierdie daggaplante nie. Meer
belangrik, daar is geen aanduiding op die
rekord aangaande die doel
waarvoor die dagga gekweek is nie. In hierdie omstandighede kan die
beskuldigde nie gevonnis word, soos
wat die landdros gedoen het, op
die basis dat die beskuldigde ân daggahandelaar was wat hom ten
koste van die verbruiker se gesondheid
verryk nie.
[4] Die beskuldigde is 34
jaar oud en is tereg deur die verhoorlanddros vir doeleindes van
vonnis as ân eerste oortreder beskou.
Hy versorg drie skoolgaande
kinders in die afwesigheid van hul moeder. Hy het gewerk as ân
tradisionele dokter maar was nie in
staat om ân inkomste daaruit
aan die Hof weer te gee nie.
[5] Die
opgelegde vonnis is in die omstandighede van hierdie saak myns
insiens so onvanpas dat dit tersydegestel moet word. Daar
is ook na
my oordeel ân treffende wanverhouding tussen die boetevonnis en die
alternatiewe gevangenisstraf. In al die omstandighede
van hierdie
saak meen ek dat ân boetevonnis van R2 000,00 of 6 maande
gevangenisstraf plus ân verdere 6 maande gevangenisstraf
wat vir 4
jaar opgeskort is, van pas is.
[6] Gevolglik word die
skuldigbevinding bekragtig maar die vonnis tersyde gestel en vervang
met ân vonnis van R2 000,00 of 6 maande
gevangenisstraf plus ân
verdere 6 maande gevangenisstraf wat opgeskort word vir ân tydperk
van 4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word
aan ân oortreding van Artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 gepleeg
gedurende die tydperk van opskorting nie.
Die
vonnis moet geag word opgelê te gewees het op 24 Februarie 2005.
_______________________
C.H.G
VAN DER MERWE, R
Ek
stem saam.
______________
G.F. WRIGHT, R
/em