S v Radebe (A197/2003) [2005] ZAFSHC 39 (21 April 2005)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant, a first offender, convicted of raping a 43-year-old relative — Appellant claimed consent, but evidence showed lack of consent and physical injuries to the complainant — Minimum sentence for rape prescribed by legislation — Trial court imposed 12 years' imprisonment — Appeal court found mitigating circumstances, including intoxication and lack of serious injury, justifying a lesser sentence — Conviction upheld, but sentence reduced to 7 years' imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 39
|

|

S v Radebe (A197/2003) [2005] ZAFSHC 39 (21 April 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. A197/2003
MPHULO
ABRAM RADEBE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
MALHERBE
RP
et
VAN
COPPENHAGEN R
AANGEHOOR OP:
11
APRIL 2005
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
GELEWER OP:
21
APRIL 2005
Appellant is ‘n
26-jarige eerste oortreder wat in die Streekhof te Sasolburg
tereggestaan het op ‘n aanklag van verkragting van
‘n 43-jarige
vrou. Hy was deur ‘n advokaat verteenwoordig en het onskuldig
gepleit op die aanklag. In sy pleitverduideliking
het hy erken dat
hy op die betrokke datum in die klagstaat vermeld, met die klaagster
gemeenskap gehad het maar het aangevoer dat
dit met haar toestemming
geskied het. Hy is skuldig bevind soos aangekla en gevonnis tot 12
jaar gevangenisstraf. In sy handgeskrewe
vertoë vanuit die
gevangenis kom dit voor asof appellant hom net bekla oor die
opgelegde vonnis. Vir soverre sy vertoë gesien
kan word as ‘n
kennisgewing van appèl teen die skuldigebevinding, kan ‘n aanval
op die skuldigbevinding nie slaag nie:
Die klaagster is heelwat
ouer as appellant. Dit is gemene saak dat hulle neef en niggie is.
Sy getuig dat sy nie met ‘n familielid
omgang sal hê nie. Sy
getuig verder dat die voorval in ‘n mielieland plaasgevind het, dat
sy deur appellant beseer is en dat
sy haar damesbroekie op die toneel
agtergelaat het toe sy na die verkragting gevlug het. Die getuie
Miriam Mbele, by wie klaagster
gaan skuiling soek het, staaf haar dat
sy gerapporteer het dat appellant (wat aan beide goed bekend was)
haar verkrag het. Sy staaf
die klaagster ook met betrekking tot die
beserings aan haar arm, nek en oog. Die geneesheer wat die klaagster
die volgende dag ondersoek
het, vind ook die beserings aan die arm
(twee sogenaamde “abrasies”) en aan die nek (blou verkleuring).
Die dag na die voorval
besoek die ondersoekbeampte, Sersant Mosia,
die toneel in die mielieland waar die verkragting, volgens die
klaagster, plaasgevind
het. Daar vind hy merke in die grond wat
daarop dui dat daar ‘n stoeiery kon plaasgevind het, asook ‘n
pakkie biltong wat klaagster
(volgens appellant) die betrokke aand by
haar gehad het en, baie belangrik, die klaagster se damesbroekie wat
op die toneel agtergebly
het toe sy gevlug het. Hierdie getuienis
van Miriam en Sersant Mosia is verdoemend teen appellant. Sy
weergawe dat hy en klaagster
in sy huis geslagsverkeer gehad het met
haar toestemming, is na my mening tereg deur die landdros verwerp as
nie redelik moontlik
waar nie.
Artikel 51(2)(b)(i) van
die Strafregwysigingswet (Nr. 105 van 1997) skryf ‘n minimum vonnis
van 10 jaar gevangenisstraf voor vir
‘n verkragting soos die
onderhawige, tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan
wat die oplegging van ‘n mindere
vonnis regverdig. Die landdros
het geen sodanige omstandighede bevind nie. Na my mening bestaan
daar wel sodanige omstandighede,
te wete die gemene saak-feit dat
beide appellant en die klaagster redelik sterk onder die invloed van
drank was en dat klaagster
hoegenaamd nie ernstig beseer is nie. Sy
getuig ook dat appellant onmiddellik na die daad eenkant gaan sit het
en gehuil het. Alhoewel
appellant dit ontken, is daar geen rede om
nie die klaagster se weergawe in hierdie verband te aanvaar nie. My
indruk is dat appellant
na die daad skaam en hartseer was toe hy
besef het wat hy gedoen het. Dit dui op berou aan sy kant. Hy is
boonop ‘n eerste oortreder
en waarskynlik die broodwinner van sy
gesin. Ek meen dat ‘n vonnis van 7 jaar gevangenisstraf voldoende
straf vir hierdie misdryf
is.
Gevolglik
word die volgende bevel uitgereik:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
Die appèl teen die
vonnis slaag. Die opgelegde vonnis word tersyde gestel en vervang
met ‘n vonnis van 7 jaar gevangenisstraf
wat teruggedateer word na
19 April 2001.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
/sp