About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 123
|
|
S v Lebeko and Others (89/2005) [2005] ZAFSHC 123 (14 April 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsaak Nr.:
89/2005
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
PIET
THAMI LEBEKO
1STE BESKULDIGDE
JOHANNES
MEKO
2DE BESKULDIGDE
PETRUS
MAHONONO
3DE BESKULDIGDE
CORAM: HANCKE, R
UITSPRAAK: HANCKE,
R
GELEWER OP: 14
APRIL 2005
_____________________________________________________
Die drie beskuldigdes is
skuldig bevind aan veediefstal en soos volg gevonnis:
Beskuldigde 1 - 30 maande
gevangenisstraf;
Beskuldigde
2 - 30 maande gevangenisstraf waarvan 12 maande gevangenisstraf
opgeskort is vir 5 jaar;
Beskuldigde
3 - 30 maande gevangenisstraf waarvan 12 maande gevangenisstraf
opgeskort is vir 5 jaar.
Aldrie beskuldigdes het
skuldig gepleit, waarna hulle tereg skuldig bevind is nadat ân
behoorlike ondervraging gehou is. Die gebeure
spruit voort uit ân
voorval op die plaas Kalkdam in die distrik Bultfontein gedurende die
nag van 25 en 26 November 2004, by welke
geleentheid hulle agt skape
ter waarde van R4 800,00 op die eiendom van Johan Jakob van Rensburg
gesteel het.
Na aanleiding van ân
navraag deur my kollega Voges, Waarnemende Regter, verklaar die
Landdros in sy redes dat die boerdery gemeenskap
gebuk gaan onder
geweldige veediefstalle wat gepaard gaan met groot verliese. Ten
opsigte van beskuldigdes 2 en 3 verklaar hy die
volgende:
ïg
Omdat
beskuldigde 2 en 3 eerste oortreders is het Hof juis ân verskil in
vonnisse gemaak en ân deel van hulle vonnisse opgeskort
om te kyk
of dit nie die gewensde uitwerking kan hê om hulle te verhoed om in
die toekoms hulle weer skuldig te maak aan soortgelyke
misdrywe nie.â
Die probleem is egter dat
beskuldigde twee, tydens die pleging van die misdryf, slegs sewentien
jaar oud was terwyl beskuldigde 3
alreeds 21 jaar oud was. Daar is
ook ân vakkundige verslag verkry van die Departement Sosiale
Ontwikkeling waaruit dit blyk dat
daar aanduidings is van goeie mense
materiaal ten opsigte van beskuldigde 2. Myns insiens moet daar ân
onderskeid gemaak word
ten opsigte van die vonnisse wat
onderskeidelik opgelê word aan beskuldigde 2 en beskuldigde 3. In
aggenome die feit dat beskuldigde
2 baie jeugdig is en ân algehele
eerste oortreder is, is die opgelegde vonnis, na my mening, treffend
omvanpas in die omstandighede,
selfs al word die erns van die
betrokke misdryf behoorlik oorweeg.
Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
1. Die skuldigbevindings
en vonnisse van beskuldigdes 1 en 3 word bekragtig.
2. Die
skuldigbevinding van beskuldigde 2 word bekragtig.
Die vonnis van
beskuldigde 2 word ter syde gestel en vervang met die volgende:
18 Maande gevangenisstraf
waarvan 12 maande opgeskort word vir 5 jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie weer skuldig bevind word
aan diefstal, met inagneming
van die bepalings van Wet 57 van 1959, gepleeg gedurende die tydperk
van opskorting nie. Die vonnis
word geag opgelê te gewees het op 19
Januarie 2005.
________________
S.P.B.
HANCKE, R
/em