About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 122
|
|
S v Setshoho (B2/2005) [2005] ZAFSHC 122 (14 April 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsaak Nr.:
B2/2005
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
JACOB
MASOBO SETSHOHO
CORAM: HANCKE, R
UITSPRAAK: HANCKE,
R
GELEWER OP: 14
APRIL 2005
_____________________________________________________
In
hierdie saak het die beskuldigde se regsverteenwoordiger aan die
einde van die staatsaak aansoek gedoen om ontslag in gevolge Artikel
174 van Wet 51 van 1977. In plaas daarvan dat die Landdros die
ontslag geweier het en toegelaat het dat die beskuldigde sy regte
uitoefen om of sy saak te sluit of getuienis aan te bied, het hy hom
skuldig bevind aan die eerste klagte van oortreding van Artikel
67(1)
(a) en (b) van Wet nommer 68 van 1995 (verset teen arrestasie).
Die Landdros versoek nou,
na my mening tereg, dat die skuldigbevinding in die aangeleentheid
ter syde gestel word aangesien daar ân
onreëlmatigheid plaasgevind
het tydens die skuldigbevinding van die beskuldigde.
Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
Die skuldigbevinding
word ter syde gestel.
Dit word gelas dat die
aangeleentheid
de
novo
voor ân ander Landdros verhoor moet word.
________________
S.P.B.
HANCKE, R
/em