About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 120
|
|
S v Marneweck (122/2006) [2005] ZAFSHC 120 (30 March 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak nr: 122/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
JOHANNES
HERMANUS MARNEWECK
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT, R
et
KRUGER, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
WRIGHT, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
30 MAART 2006
_____________________________________________________
[1] Die
beskuldigde, ân 42-jarige man, is skuldig bevind aan die oortreding
van Artikel 65(1)(a) van Wet no. 93 van 1996, bestuur
terwyl hy onder
die invloed van sterk drank is. Hy is gevonnis tot twee jaar
gevangenisstraf en sy bestuurderslisensie is vir 5
jaar opgeskort.
[2] Die beskuldigde het
skuldig gepleit en erken dat hy die vorige nag gedrink het en dat hy
sy voertuig as gevolg daarvan nie behoorlik
kon beheer nie. Hy het
soms oorbeweeg na die regterkant van die snelweg terwyl daar
aankomende verkeer was. Hy erken ook dat hy
ân gevaar vir homself
en andere op die pad was. Hy is afgetrek deur die polisie en na die
gevangenis geneem.
[3] Ter versagting
vermeld hy dat hy geskei is en twee minderjarige kinders het wat in
sy sorg is sedert 1996. Sy finansiële posisie
is chaotis en hy het
aangesluit by die AA Randburg en hulle vergaderings bygewoon. Hy
besef dat hy die hoë risiko geval is as gevolg
van sy alkoholisme
maar het sedert sy vrylating nie weer gedrink nie.
[4] Dit blyk dan ook dat
hy inderdaad twee vorige veroordelings vir dieselfde tipe oortreding
het. Die een daarvan het lank terug
plaasgevind, te wete in 1989 en
die laaste een in 2002. Hy is vir laasgenoemde oortreding 18 maande
gevangenisstraf opgelê wat
vir 5 jaar opgekort is. Dit blyk voorts
dat hy 20 verpligte sessies by ân rehabilitasiesentrum bygewoon het
maar dat dit nie die
gewenste uitwerking gehad het nie. Bo en
behalwe bogemelde versagtende faktore was die beskuldigde bykans drie
maande verhoorafwagtend
in aanhouding as gevolg van sy onvermoë om
die borggeld te betaal.
[5] Ten
opsigte van hierdie oortreding, waar daar vorige veroordelings was,
kan verwys word na
S
v MAJODINA
1996 (2) SASV 369 (A) waar drie jaar gevangenisstraf opgelê is in ân
geval waar daar vier vorige oortredings was. In die saak
van
S
v DREYER
1994 (2) SASV 300 (T) was daar soos in die huidige geval twee vorige
veroordelings. In die geval is twaalf maande korrektiewe toesig
opgelê plus agtien maande gevangenisstraf wat op gepaste voorwaardes
opgeskort is.
[6] In die lig van
voormelde strafverswarende en strafversagtende omstandighede meen ek
dat die vonnis wat opgelê is inderdaad sodanig
onvanpas is dat
daarmee ingemeng behoort te word. Die beskuldigde het voorheen wel
slegs opgeskorte vonnisse vir hierdie tipe van
misdryf ontvang en
moet hy inderdaad nou gevangenisstraf opgelê word maar die periode
is sodanig onvanpas dat daarmee ingemeng behoort
te word.
[7] Bygevolg
word die skuldigbevinding bekragtig en word die vonnis ter syde
gestel en vervang met die volgende:
Vyftien
(15) maande gevangenisstraf. Die vonnis moet geag word opgelê te
gewees het op 27 Januarie 2006.
______________
G.F.
WRIGHT, R
Ek
stem saam.
_____________
A.
KRUGER, R
/em