About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 76
|
|
Astral Operations Beperk h/a Meadow Voere v Ferreira N.O (959/2002) [2005] ZAFSHC 76 (17 March 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr.: 959/2002
In
die saak van:
ASTRAL OPERATIONS
BEPERK
H/A
MEADOW VOERE
Eiser
en
IGNATIUS STEPHANUS
FERREIRA N.O
.
Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
18,
19, 20, 21, 25, 26, 28 NOVEMBER 2003, 7, 8, 9, 10 SEPTEMBER 2004, 29,
30 NOVEMBER 2004, 1, 2, 3 DESEMBER 2004, 25 FEBRUARIE
2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
KRUGER
R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
17
MAART 2005
_____________________________________________________
INLEIDING
[1] Eiser (âMeadowsâ)
het verweerder (âdie Trustâ) gedagvaar vir betaling van veevoer.
Die trust het ân teeneis vir skadevergoeding
ingestel. Meadows is
ân groot veevoermaatskappy en Dr. Ferreira, wat die trust beheer,
is ân mediese dokter en groot melkboer
in die Oos-Vrystaat in die
Ladybrand omgewing.
[2] Hierdie
verhoor het 17 hofdae in beslag geneem. Dit het begin op 18 November
2003 en betoog is gelewer op 25 Februarie 2005.
[3] Die verhouding tussen
die partye word deur kontrak gereël. Wat die teeneis betref bepaal
klousule 2.2, wat gemeensaak is, tot
watter mate die trust vir
Meadows aanspreeklik kan hou in gevalle soos die onderhawige. Ten
einde met die teeneis te slaag moet
die trust bewys dat sy skade
veroorsaak is deur die voer en nalatigheid van Meadows. Wat die
hoofeis betref, weier die trust om
te betaal as gevolg van ân
geskil oor die kwaliteit van die voer.
[4] Die ooreengekome
kwantum van die hoofeis is R220 599,16 ten opsigte van ses vragte
voer wat agelewer is. In die teeneis vorder
die trust die volgende
in die gewysigde teeneis:
(1) Vervanging van
melkkudde 2 005 469,00
(2) Verlies aan
aanwas 103 500,00
(3) Verlies
aan inkomste 4 695 879,30
(4) Mediese
uitgawes 70 053,37
____________
6 874 901,67
===========
Die R70 053,37 word soos
volg saamgestel:
(1) Medikasie en
veearts 27 550,40
(2) Konsultasie en
diagnostiese 21 537,40
ondersoek
(3) Ondersteunende
medikasie 13 984,04
Na aanleiding van Dr.
Marwick se getuienis word 25% afgetrek van die eerste bedrag, 10% van
die tweede en 33â
% van die derde. Dan
word hierdie drie syfers
volgens Mnr. Ploos van Amstel die volgende:
20 662,80
19
383,66
13
984,04
Volgens
Mnr. Ploos van Amstel is die totaal hiervan R53 700,50. Volgens my
berekening is die totaal R54 030,50. Die bedrag wat die
trust dus in
die teeneis vorder is:
(1) Vervanging van
melkkudde 2 005 469,00
(2) Verlies
aan aanwas 103 500,00
(3) Verlies
aan inkomste 4 695 879,30
(4) Mediese
uitgawes 54 030,50
____________
6 858 878,80
============
[5] Die periode waarvoor
die trust vir verlies aan inkomste eis loop vanaf 29 Oktober 2001 tot
November 2003. In daardie periode
het 51 koeie gevrek, 315 moes as
slagbeeste verkoop word en 68 kon nie meer as melkkoeie bemark word
nie. Die trust het net 68 van
die koeie wat aan Meadows se voer
blootgestel is, behou.
[6] Omdat die kwaliteit
van die voer relevant is vir die hoofeis en die teeneis, is dit
dienstig om eers met die teeneis te handel.
[7] Die relevante
kontraksbepaling lees soos volg:
ïg
Feed
is sold, manufactured, or supplied, and advice is given by the
supplier on the conditions that the supplier shall be liable to
the
purchaser for such loss or damage, which may be incurred or sustained
by the purchaser arising out of, or in connection with
the feed or
advice as is proved by the purchaser to have been caused by the
negligence of the seller and on no other basis whatsoever.â
[8] Ten einde met sy
teeneis te slaag moet die trust bewys dat sy skade veroorsaak is deur
die nalatigheid van die eiser. Hierdie
is ân geval waar die
uitsluiting bedoel in
KROONSTAD
WESTELIKE BOERE-KO-OPERATIEWE VERENIGING BPK v BOTHA AND ANOTHER
1964 (3) SA 561
(A) op 571 H (laaste reël) tot 572 A geld, naamlik
waar die deskundige verkoper se skuldlose aanspreeklikheid
kontraktueel uitgesluit
is.
[9] Die trust se saak is
dat sy skade veroorsaak is deur Meadows se voer; al ses vragte.
Meadows sê dat daar verskeie oorsake kan
wees vir die trust se
probleme met sy kudde, maar dat dit nie toegeskryf kan word aan sy
voer nie.
DR. FERREIRA
[10] Hoewel kennis gegee
is dat Dr. Ferreira as deskundige sal getuig, was sy getuienis meer
feitelik van aard. Hy het ook nie die
vergadering van deskundiges
bygewoon nie, en het geen deel gehad aan die opstel van die Notule
van die vergadering van deskundiges
nie.
[11] Dr. Ferreira is die
enigste trustee van die Marseilles Holstein trust, in welke
verteenwoordigende hoedanigheid hy die verweerder
in hierdie saak is.
Hy is ân mediese dokter wat in 1989 gekwalifiseer het, vir ân
paar jaar gepraktiseer het, en sedert 1996
boer hy op die plaas
Fragment, waaroor hierdie saak gaan. Daar was probleme met die uiers
van die kudde en koeie is uitgeskot en
vervang. Hy is sedert 2001
voltyds boer. Hy het die kudde uitgebou vanaf plus minus 80 tot 400
volwasse diere. In Mei 2001 het
hy begin om ân nuwe melkkompleks
te bou. Hy het planne gehad om die kudde uit te brei tot 1000. Die
nuwe melkkompleks is in Junie
2002 in gebruik geneem.
[12] Gedurende Oktober
2001, op die stadium toe Meadows se gewraakte voer vir die eerste
keer op die plaas gelewer is, was Dr. Ferreira
een van die grootste
melkboere in die Oos-Vrystaat, en een van die min wat besig was om
uit te brei. Teen die einde van Oktober
2001 was daar plus minus 300
volwasse diere in melk. Die gemiddelde melkproduksie in Oktober 2001
was tussen 26-27 liter per koei
per dag. Dr. Ferreira wou graag
opgaan na ân gemiddeld van 30.
[13] In 1998 was ân
nuwe melkmasjien geïnstalleer, waarmee daar probleme was, en nog van
die koeie moes uitgeskot word.
[14] Op 10 Julie 2001 het
hy 78 koeie aangekoop en op 21 November 2001, 46 verse.
[15] Die koeie was op ân
volvoer sisteem, drie keer ân dag gemelk. Die koeie het op kraal
gestaan, hulle was op ân nul beweidingsisteem.
Hulle het ân
totaal gemengde rantsoen ontvang. Die kragvoer-komponent van hierdie
rantsoen word by veevoermaatskappye aangekoop.
[16] Frikkie Botha van
Meadows het Dr. Ferreira in September 2001 op die plaas besoek. Dr.
Ferreira was aanvanklik nie geïnteresseerd
om oor te slaan vanaf die
Nolko HPK 32 na Meadows se produk nie. ân Paar weke later was Dr.
Ferreira se pa by ander melkboere
in Ficksburg. Hulle het van Nolko
af oorgegaan na Meadows en het baie goeie resultate behaal by
Meadows. Dr. Ferreira vra toe vir
Frikkie Botha om hom weer te kom
sien in Oktober 2001. Botha beveel toe aan dat Dr. Ferreira Meadows
se Hitech Dairy Balancer gebruik.
Op daardie stadium was die koeie
vir ongeveer ân maand op Nolko HPK 32 gewees.
[17] Dr. Ferreira verwys
in sy getuienis na ân antwoord wat tydens die
voorverhoorkonferensie deur hom verstrek is, op ân vraag
oor wat
alles ingemeng was in die mengsel wat vir die beeste gevoer is:
â(a) Suiwel
konsentraat â HPK 32 Nolko Bethlehem tot 29 Oktober 2001, âMeadow
Hitech Dairy Balancerâ van 29 Oktober 2001.
% in volvoer op ân 90% droë
materiaal basis tussen 12,25% en 20%.
Mielies â self verbou tussen 23.3%
- 28.6%.
ïe
Horminy
Chopâ aangekoop van Mnr J Fourie, Lorraine Ladybrand, tussen 5% -
6.1%.
Katoenpit âSingle Delintedâ
aangekoop vanaf Nolko Bethlehem en NCD Clocolan, tussen 8.2% - 8.3%.
Molasse stroop â Pure Cane Molasses
Noordsberg, tussen 3.3% - 4.1%.
Besproeiingslusern â Vaalharts,
Jacobsdal, tussen 8.2% - 13.3%.
Droë land lusern âGreen Chopâ
self verbou, tussen 13.3% - 16.3%.
Eragrostis â self verbou, tussen
3.3% - 8.2%.
Koring strooi â self verbou, tussen
3.3% - 4.1%.â
[18] Die bestanddele is
deur ân Keenan 170 voedselverwerker vermeng, wat Dr. Ferreira soos
volg beskryf:
âDit is ân voerkar wat hy basies
het. Hy het ân groot spaan wat in die rondte draai en dan het hy
lemme teen die kante, so
al die verskillende bestanddele word oor die
lemme gevee deur die spane en hy het ân skaal, die skaal weeg tot
die naaste 5 kilogram.
So wat basies gebeur is, afhangende van
hoeveel koeie in ân groep is, werk ân mens tot die naaste, ek het
altyd gewerk die naaste
10 kilogram, werk jy vir hulle die
hoeveelheid roumateriaal wat hulle moet insit van die produk of van
die ruvoer en dan word alles
basies ingemeng en dan maak jy hom met
water basies sit jy by om by ân vogpersentasie van 45% te kom en
dan as die hele mengproses
klaar is en jy is tevrede met die vesel,
die lengtes van die veselstukke, dan basies gaan die voerkar en hy
het ân uitlaai buis
en hy laai dan die voer uit in die buitebande
wat daarvoor voorsien word of in die krippe waar die koeie eet.â
[19] Botha het vir Dr.
Ferreira verduidelik dat hoewel Meadows se Hitech Dairy Balancer ân
laer proteien-inhoud (28%) het as die
Nolko HPK 32 (32%), was dit ân
vinniger deurvloei proteien, wat vinniger opgeneem word en meer
effektief is.
[20] In antwoord op die
vraag wat die âbestaande veevoerâ was, verstrek Dr. Ferreira by
die voorverhoorkonferensie die volgende
antwoord:
ïg
Antwoord
:
Die enigste verandering in die volvoer wat aan die koeie gevoer is,
was dat die suiwelkonsentraat op die
29ste
Oktober 2001
vervang is met
Meadow Hitech Dairy Balancer in die plek van Nolko HPK 32
(prysverskil R150,00 per ton). Volgens Mnr Frikkie Botha
sou die
Meadows produk ân baie beter produk as Nolko se produk wees en het
hy Verweerder verseker dat daar ân minimum verhoging
van 2 liter
melk per koei per dag sou verkry word en dat dit moontlik so hoog as
5 liter per koei per dag kan wees. Al die ander
komponente is soos
genoem in 1.4 van rantsoene en het dieselfde gebly.â
Hoewel Botha gesê het
dat die proteien in die Hitech Dairy Balancer 28% was, het die
registrasiesertifikate 27% as die minimum aangedui,
het Dr. Ferreira
getuig.
[21] Toe Meadows se voer
op 29 Oktober 2001 op die trust se plaas afgelaai is, was Dr.
Ferreira nie daar nie. Hy het die volgende
dag na ân monster
daarvan gekyk en gesien dat daar klein swart voorwerpe in was wat hy
nie geweet het wat dit is nie. Daar was
ook mieliepitte wat ân
dowwe kleur gehad het. Behalwe die vreemde voorwerpe in die
konsentraat, was daar ook ân afname in melkproduksie.
Dr. Ferreira
verwys na ân tabel wat hy opgestel het wat die trust se
melkproduksie weergee.
GEMIDDELDE MELKLEWERING
LITER/KOEI/DAG
KOEIE
IN MELK
PERIODE
LITER
PER KOEI PER DAG
TOTALE
LITER VIR PERIODE
GEMIDDELDE
LITERS PER DAG
291
SEPT
1 -30 2001
25.00
218561
7285
300
OKT
1 â 29 2001
26.30
228820
7890
309
OKT
30 â NOV 12 2001
22.40
97119
6937
281
NOV
13 â 30 2001
23.30
117851
6547
279
DES
1 â 31 2001
21.50
185988
5999
286
JAN
1 â 31 2002
19.30
171074
5518
311
FEB
1 â 28 2002
18.20
158452
5659
298
MRT
1 â 31 2002
16.70
153813
4961
295
APL
1 â 30 2002
17.70
156932
5231
281
MEI
1 â 31 2002
16.80
146686
4731
207
JUN
1 â 31 2002
19.40
120544
4018
[22] Dr. Ferreira het ân
monster van die voer wat hy self geneem het, wat hy skat op 4 â 5
kg, by sy veeartse op Ladybrand gaan
afgee. Hulle het op 5 November
2001 die monster na die Departement Toksikologie by Onderstepoort
gestuur. Op die dekbrief is daar
ân nota gedateer 14 November 2001
âStuur vir swam ID. Doen asseblief vir my ân fosfien bepalingâ.
In ân memorandum van
die veeartse gedateer 7 Januarie 2003 sê die
veeartse dat Dr. Ferreira die monster op 2 November 2001 vir hulle
gegee het. In die
memorandum sê die veeartse dat Me. Le Roux van
die Departement Plantkunde van Pretoria laat weet het dat daar so ân
swaar swambesmetting
teenwoordig was dat ân kwaliteit analise nie
moontlik was nie. Die voer was swaar besmet met fusarium
moniliforme, gewoonlik ân
aanduiding dat die voer nat geword het en
later weer droog. In die memorandum noem die veeartse gevalle waar
hulle die trust se
koeie behandel het, onder meer die volgende:
1/2001: 8 koeie met
chroniese probleme: melkverlies en swak konsepsie.
2/2001: 3 koeie
endometritis, 7 melkverlies.
8/2001: kudde
besoek: konsepsie probleme.
10/2001: galsiekte,
omloop.
[23] Dr. Ferreira getuig
dat van Februarie 2002 was daar ân verhoogde insidensie van
vrektes. Die meeste vrektes het tydens April
en Mei voorgekom.
[24] Teen 12 November
2001 was die laaste van die Hi-Tech Dairy Balancer van Meadows klaar
gebruik.
[25] Daarna het Dr.
Ferreira weer teruggekeer na Nolko/Nutrifeed, maar na onderhandelinge
het hy op 17 Januarie 2002 Meadows se Multilak
21 gekry en daarna
vier vragte Multilak 23.
[26] Die voer wat deur
die trust gebruik is was die volgende:
DATUM
BESENDING
NAAM
LEWERANSIER
voor
29/10/2001 Nolko HPK 230 Nolko
29/10/2001 1ste Hi-Tech
Dairy
Balancer Meadows
Na
12/11/2001 3 besendings Weer na Nolko/
Nutrifeed
17/01/2002 2de Multilak
21 Meadows
31/01/2002 3de Multilak
23 Meadows
9/02/2002 4de Multilak
23 Meadows
13/02/2002 5de Multilak
23 Meadows
7/03/2002 6de Multilak
23 Meadows
[27] In Maart 2002 het
Dr. Ferreira vir Dr. Marwick, ân veearts van Clocolan betrek. Dr.
Marwick was vir die eerste keer op die
trust se plaas op 13 of 14
Maart 2002. Hy het die kudde ondersoek en ân monster van die
Multilak 23 vir ontleding na Onderstepoort
gestuur. Hy het ook
lewerbiopsies op 5 beeste laat doen.
[28] Dr. Ferreira sê hy
moet in effek sy hele melkkudde vervang. Van sy kudde van 434 op 29
Oktober 2001 is daar nou net 68 oor
van die diere wat blootgestel was
aan Meadows se produkte. Dr. Ferreira bereken die trust se skade
vanaf 30 November 2001 tot 13
November 2003, welke datum hy gebruik
as afsnypunt om sy vordering te kwantifiseer. In sy berekening hou
hy voerkoste en oorhoofse
koste konstant.
[29] In kruisondervraging
word Dr. Ferreira gevra of daar probleme met die Multilak 21 en 23
voer was. Hy sê daar was ook erge swambesmetting
in die sesde vrag
(die laaste vrag). Daar was geen monsters van die 2de tot 5de vragte
deur Dr. Ferreira geneem nie. Dit word aan
Dr. Ferreira gestel dat
bloedmeel nie op die verbanne lys produkte vir veervoer is nie, ook
dat bloedmeel ân aanvaarbare proteïenbron
is, waarmee hy nie kan
stry nie.
[30] Wanneer Dr. Ferreira
gevra word of daar enige bewys is dat karkasmeel in Meadows se voer
was, sê hy dat Prof. Naude daaroor
sal getuig. (Prof. Naude is nie
oor karkasmeel gevra en het nie daaroor getuig nie).
[31] In kruisondervraging
wys Dr. Ferreira uit dat daar rede tot kommer is as karkasmeel in
veevoer gebruik word. Bloedmeel is egter
nie ân verbode produk
nie. Aan die einde van die saak was dit aanvaar dat die âswart
klippiesâ oorgeprosesseerde maar skadelose
bloedmeel was, maar in
Dr. Ferreira se kruisondervaging word ân brief wat hy geskryf het,
waaruit dit blyk dat sy bekommernis grootlik
oor die gebruik van
karkasmeel gegaan het, gebruik.
[32] In kruisondervraging
word Dr. Ferreira gevra waarom die melkproduksiesyfers vir voor 1
September 2001 nie gegee word nie. Hy
sê hy was net gevra om die
syfers vir twee maande voor die insident te gee. Uit sy antwoorde
blyk dat die gemiddeld vir Oktobter
2002, 4 272 liter per dag was.
Die gemiddeld vir Maart 2003, was 2 592 liter per dag. Dit word aan
hom gestel dat vanaf Oktober
2002 tot Maart 2003 daar ân daling van
40% was, ân jaar nadat Meadows se gewraakte vrag afgelaai is. Dr.
Ferreira antwoord dat
hulle op daardie stadium ân klomp van die
koeie geslag en verkoop het, dus was daar baie minder koeie in melk.
Die statistieke
op Bewysstuk B24A dui nie aan hoeveel koeie in melk
was nie. Dit spreek natuurlik vanself dat as minder koeie gemelk
word die melkproduksie
waarskynlik minder sal wees. Deur te steun op
ân mindere melkproduksie omdat daar minder koeie was lyk nie reg
nie.
[33] Dr. Ferreira word
verwys na die totale melkproduksie vir Augustus 2001 teenoor
September 2001. (Dus voordat Meadows se voer
op 29 Oktober 2001
gelewer is.) Augustus 2001 was 23 860,37, September 2001 was 218
561,62. Dit verteenwoordig ân afname in een
maand van 20 000 liter
wat niks te doen gehad het met Meadows se voer nie. Dit word dan aan
hom gestel:
ïg
Dit
hang af hoeveel koeie is in melk, dit hang af wat die stresfaktore
is, dit hang af hoe gewoond hulle is, soos wat u gesê het,
dit hang
af of hulle in fases van aanpassing, is dit reg?â
En hy antwoord:
â
Dit is regâ.
[34] Nadat aan hom
uitgewys is dat die melkproduksiesyfer van 3 Oktober 2001, 2 095
liter minder was as dié van 2 Oktober 2001 gee
Dr. Ferreira toe dat
mens met baie groot versigtigheid te werk moet gaan wanneer jy na
hierdie syfers kyk.
[35] Wanneer hy gevra
word waarom hy sy berekening gemaak het vanaf 11 Oktober tot 29
Oktober 2001, sê hy hy het dit gedoen âom
ân idee te kry, dit
was wat op die blaai ingepas het anders moes ek basies ân ander
bladsy gevat het om die grafiek .....â.
[36] Dit word aan Dr.
Ferreira gestel dat ân betroubare grafiek nie net elf dae voor die
gewraakte datum syfers sou gee nie. Hierop
antwoord Dr. Ferreira dat
die boerdery heeltyd in ân groeifase was, en dit baie moeilik sou
wees om vorige jare se syfers te neem.
[37] Dit word aan Dr.
Ferreira gestel dat hy in hoof getuig het oor geselekteerde koeie,
waarop hy sê ja, die koeie wat ân kwaai
val getoon het. Verskeie
koeie word dan uitgewys wat na Meadows se voer beter gedoen het. Dr.
Ferreira sê ân mens kan nie die
grafiek plaas per koei nie, jy
moet praat van die gemiddeld van al die koeie in melk. Dit kom nie
vreemd voor dat die totale melkproduksie
van 207 koeie minder sal
wees as die van 291 koeie nie. Neem mens nou die tabel op B24 dan
sien mens dat in September 2001 was daar
291 koeie wat 7 275 liter
melk geproduseer het. In Junie 2002 was daar 207 koeie wat 4 018
liter geproduseer het. Dit is ân eenvoudige
matematiese berekening
om te sê as 207 koeie 4 018 liter produseer sou op dieselfde datum
dan 291 koeie 5 600 liter produseer.
Dit verteenwoordig ân daling
van 1 700 teenoor die daling van 3 300 wat Dr. Ferreira se tabel op
B24 aantoon.
[38] Die argument is,
omdat daar minder melk was, was daar ân probleem. Maar daar was
minder koeie. Dan sê Dr. Ferreira, ja,
daar was minder koeie as
gevolg van die probleem. Dan weet ân mens nog nie wat die probleem
veroorsaak het nie. Die kyk na melkproduksie
help dus weinig in die
oplossing van die huidige probleem.
[39] Met
verwysing na Dr. Ferreira se getuienis dat hy in Oktober 2001 42%
bydrae gelewer het tot die konsortiumpie, waaraan hy gelewer
het, se
melkproduksie en in Maart 2002 net 20%, word sy aandag daarop
gevestig dat dit natuurlik sal afhang van hoeveel die ander
mense
melk en hoeveel hulle gelewer het en hy stem daarmee saam. Wanneer
dit aan hom gestel word dat dit ân niksseggende vergelyking
is, sê
hy âDit was slegs ân aanduiding geweesâ. (bladsy 809)
[40] Dr. Ferreira word
gevra oor die veeartse se besoeke op die plaas, naamlik dat die
veeartse ân aantal kere gedurende 2001 daar
was. Die ondervraging
lees soos volg:
â
Dan Oktober 2001, galsiek en
omloop. Was dit voor of was dit na 29 Oktober? --- Dit was voor 29
Oktober.
Wat
wel opvallend is is dat vir die periode November, Desember en
Januarie, die drie maande onmiddellik nadat Meadow se voer gebruik
is, was daar geen nodigheid vir ân veearts om op die plaas te wees
nie.â
en later:
â
Maar tog was hulle nie op die plaas
nie. Die eerste keer wanneer daar ân veearts op die plaas was is
toe Dr. Marwick het daar aangekom
in Maart, is ek reg? --- Ja, Dr.
Marwick het op 13 Maart daar aangekom.
In
Februarie het ons drie gevalle, dit is galsiek, dit is been en dit is
distrofie, is dit reg? --- Dit is korrek.â
[41] Wanneer aan Dr.
Ferreira gestel word dat sy bestuurder, Vermaak, sal getuig dat die
voerkrippe nie altyd skoongemaak is nie,
sê Dr. Ferreira dat dit
Vermaak se werk was:
ïg
Ek
mag vergeet het om dit vir u te noem, hy sal ook getuig dat wat die
krippe betref dit nie altyd skoongemaak is nie. --- Dit was
een van
sy pligte, so as hy sê dit is nie altyd skoongemaak nie, dan was dit
hy wat nie sy werk ordentlik gedoen het nie. Ek het
om nie elke dag
opgecheck om te kyk of die krippe skoon is nie.â
[42] Oor die vrektes
getuig Dr. Ferreira dat die deskundiges die latere vrektes aan
chroniese mikrotoksikose wat aanleiding gegee
het tot
immuun-onderdrukking toeskryf. Wat die eerste vrektes betref getuig
Dr. Ferreira dat dit normaal is in ân melkery van
daardie grootte
dat hy koeie gaan verloor. Wat die eerste klomp vrektes betref sê
Dr. Ferreira dat dit iets in die voer mag gewees
het âek weet nie
wat bygedra het. Ek kan vandag ongelukkig nie definitief sê dit was
as gevolg van dit nie.â
Die
volgende blyk ook:
ïg
Maar
dan moet u een aspek verduidelik. As u eie deskundiges sê die
eerste vrektes was te vroeg om Meadow se skuld te wees, waarom
eis u
van Meadow vir daardie beeste se vrektes? --- Omdat daar kon iets
anders in die konsentraat gewees het wat aanleiding gegee
het dat
hulle gevrek het.â
[43] Dr. Ferreira eis vir
51 koeie wat gevrek het. Hy erken dat hy nie kan bevestig dat die
eerste vrektes as gevolg van Meadows
se voer was nie, en antwoord:
â
Ek kan nie bevestig dat die eerste
was as gevolg van Meadows se voer nie.â
en verder:
â
Soos ek sê ek kan nie sê hoeveel
presies as gevolg van die swamme gevrek het en hoeveel moontlik oor
ander redes gevrek het nie.â
[44] Betreffende die 315
koeie wat hy in die teeneis sê die trust moes verkoop, gee Dr.
Ferreira toe dat party in elk geval as gevolg
van die uitskotprogram
verkoop sou word; van hulle was ouer diere. Dr. Ferreira gee toe
dat hy nie al 315 sou gehou het nie, en
sê die deskundiges sal meer
daaroor kan getuig. Dit word aan Dr. Ferreira gestel dat volgens sy
teeneis hy in sekere gevalle ân
koei wil vervang met ân R7 000,00
dragtige koei. Hy stry nie hiermee nie.
[45] Dr. Ferreira word
verwys na die deel van sy teeneis vir 68 koeie wat nie meer as
melkkoeie bemark kan word nie. Dit is onmoontlik
vir hom om te sê
watter van hierdie koeie as gevolg van die uitskotprogram in die slag
sou bly.
[46] Met verwysing na die
aborsies en resorpsies gee Dr. Ferreira toe dat daar in elke geval
aborsies en resorpsies sou wees.
[47] Dr. Ferreira
bevestig dat hy die 10 dae voor 29 Oktober 2001 gebruik om te dien as
basis vir berekening van sy verlies oor twee
jaar. Sy aandag word
daarop gevestig dat Oktober jaarliks die beste maand is vir
melkproduksie. Dit word aan hom gestel dat hy
die 10 beste dae van
die beste maand gebruik om sy eis gereken. Dr. Ferreira weier om ân
toegewing te maak dat dit so is en sê
dat die kudde in ân
groeifase was.
[48] Wat verskillende
voere betref erken Dr. Ferreira dat daar drie veranderinge was in die
voer, dit was vier produkte tussen September
2001 en November 2001.
[49] Dit word aan Dr.
Ferreira gestel dat die teeneis ân eis is vir verlies aan inkomste,
nie ân eis van verlies aan wins nie.
Voerkoste word nie in ag
geneem nie dit word geag dieselfde gebly het.
[50] Dr. Ferreira sê
âdaar was moontlik ook foutâ met vragte twee tot vyf van Meadows.
Hy sê âons weet net daar was iets
fout met die bloedmeelâ.
CHRISTOF MARAIS
[51] Mnr. Christof Marais
was in Oktober 2001 die algemene bestuurder van Meadows voere in
Welkom. Meadows voere is ân afdeling
van Astral Operations Beperk.
Marais was verantwoordelik vir die fabriek van vervaardiging af tot
by verkoop. Dr. Ferreira was
een van die groter melkboere in die
Ladybrand omgewing. Marais het geweet as hulle die groter boere as
kliënte kry, volg die kleiner
boere. Die verkope van Meadows was
betreklik laag op daardie stadium, en Marais wou graag sy verkope
verhoog.
FRIKKIE BOTHA
[52] Frikkie Botha het
getuig dat hy in Oktober 2001 ân tegniese adviseur by Meadows was.
Hy het ân B.Sc Landbou Honeurs graad.
In Oktober 2001 het Botha
vir Dr. Ferreira besoek in verband met Meadows produkte. Dr.
Ferreira het ân konsentraat gesoek om
die proteïene bron van sy
veevoer aan te vul. Botha beveel toe Meadows se Hitech Dairy
Balancer aan. Botha het vertroue in hierdie
produk gehad vanweë die
welslae wat in die verlede daarmee behaal is. Botha het vir Dr.
Ferreira gesê dat hy ân produksiestyging
van melklewering van twee
tot drie liter per dag per koei kon verwag. Die trust het toe op 24
Oktober 2001 ân vrag Hitech Dairy
Balancer bestel. Dit is
voorberei en op 29 Oktober 2001 gelewer. 18 Ton is bestel, die
volume wat by die weegbrug geweeg is was
18,920kg.
[53] Nadat die vrag
afgelewer is, was Botha nuuskierig om uit te vind hoe dit gaan. So
dag of twee nadat die vrag afgelaai is het
hy vir Dr. Ferreira
geskakel om te hoor hoe dit gaan, en Dr. Ferreira se eerste woorde
was dat hy dit nog nie begin gebruik het nie.
Daarna het Botha hom
weer gekontak, en toe sê Dr. Ferreira dat hy nie tevrede is nie en
dat hy ân produksieverlies gehad het.
Botha maak toe onmiddellik
ân afspraak en gaan plaas toe. Dr. Ferreira het gesê dat daar
snaakse voorwerpe in die voer was.
Dr. Ferreira het hom ân
vuurhoutjieboksie gewys wat klein swart klippies ingehad het tussen
die voer. Botha wou die voer sien
en Dr. Ferreira het hom gaan wys.
Botha neem toe self ân monster in ân standaard plastieksakkie wat
hulle normaalweg gebruik
het om monsters te neem, ongeveer 1½kg
groot. Dit was ân ewe kansige monster. Hy het op meer as een plek
in die hoop soos dit
in die skuur gelê het ân monster geneem en in
die sakkie geplaas. Botha het van die plaas af vir sy hoof by
Meadows, Marais geskakel
en gesê hy hou nie van wat hy in die voer
sien nie. Hy het ook vir Marais gesê dat Dr. Ferreira se
melkproduksie gedaal het.
Botha het vir Dr. Ferreira gesê dat as hy
nie van die produk hou nie, is hy welkom om dit terug te stuur
(hoewel hy geweet het dit
is totaal onprakties). Hy het vir Dr.
Ferreira gesê hy kan voortgaan om die produk te gebruik.
[54] Betreffende die
vraag oor wat presies aan Dr. Ferreira gesê is oor verdere gebruik
van die besending voer, verskil die getuienis.
Marais sê hy het vir
Botha gesê dit is die gebruik dat in so ân geval ân kliënt
onmiddellik moet ophou om die voer vir die
beeste te gee totdat
Meadows uitsluitsel gekry het oor wat met die voer fout is. Marais
sê hy het vir Botha gesê dat hulle onmiddellik
moet stop om die
voer te gebruik. Botha sê dat Marais nie gesê het Dr. Ferreira
moet ophou voer nie. Hy sê dat hy en Dr. Ferreira
saam besluit het
dat Dr. Ferreira sou voortgaan om die voer te gebruik. Dr. Ferreira
sê dat niemand vir hom gesê het om op te
hou om die voer te gebruik
nie.
[55] Daardie monster is
weggestuur vir analise na Meadows se laboratorium te
Pietermaritzburg. Dit is getoets vir proteïenwaardes
en derglike en
hoewel gevind is dat die proteïene ietwat laag is, was dit nie onder
spefikasies van die geregistreerde hoeveelheid
nie. Wat die swart
klippies in die voer betref, is later vasgestel dat dit
oorgeprosesseerde bloedmeel was en teen die einde van
die saak het
die trust nie aangevoer dat dit enige nadelige uitwerking gehad het
wat die probleem-sindroom op die plaas sou veroorsaak
nie.
[56] Nadat hierdie vrag
afgelewer is, is dit binne ân tydperk van ongeveer veertien dae
gebruik. Dr. Ferreira was nie tevrede met
die produk nie en het toe
oorgeskakel na ân ander veevoermaatskappy en het toe ân vrag van
Nolko se voer gekry en gebruik. Daarna
is hy weer oorreed om ander
produkte te gebruik van die eiser naamlik Multilak 21 en Multilak 23.
Hy het in totaal 5 besendings
daarvan gekry en die laaste besending
was op 7 Maart 2002 aan hom gelewer. Dr. Ferreira het geweier om vir
enige van die besendings
te betaal selfs nadat verlaging van prys
deur Marais aangebied was. Meadows het toe dagvaarding uitgereik vir
betaling en die trust
het sy teeneis ingestel vir skade wat aan die
kudde veroorsaak is.
FRANS VERMAAK
[57] Frans Vermaak was
gedurende Oktober 2001 die trust se plaasbestuurder wat vir Dr.
Ferreira gewerk het. Hy getuig dat voer soms
suur geword het en hy
sê ook dat daar nie ân dak oor die voerbak was nie. Daar was
siektes en vrektes op die plaas voordat hy
daar gekom het en
deurentyd het diere maar doodgegaan soos wat in ân kudde gebeur.
Hy sê die siektes wat die meeste voorgekom
het was galsiekte en daar
was ân paar gevalle van rooiwater.
[58] ân Groot gedeelte
van die kruisondervraging van Vermaak het daaroor gegaan om aan te
toon dat hy op ân dag eenvoudig weggeloop
het van die plaas af
vanweë sy ongenoeë met Dr. Ferreira se bestuurstyl. Dit het hy
ruiterlik erken, ook dat hy homself eenvouding
na ân paar dae in
Sasolburg bevind het. Hy het soontoe gestap van die plaas naby
Ladybrand. Dit is duidelik dat mens getuienis
versigtig moet benader
en dat hy vyandig gesind is teenoor Dr. Ferreira. Hy getuig egter
oor feite. Hy was die bestuurder op die
plaas, hy was in beheer, hy
het sekere dinge gesien. Toe aan Dr. Ferreira gestel is dat die
voerbakke nie skoon was nie het Dr.
Ferreira gesê, wel, dit was
Vermaak se werk om te sorg dat hulle skoon is. Dus is daardie
getuienis nie ontken nie so mens weet
dus dat higiëne nie 100% was
nie. Verder was hy die persoon wat teenwoordig was toe die voer op
29 Oktober 2001 afgelewer was.
Hy het getuig dat op die stadium toe
die voer daar opgedaag het op die 29 Oktober 2001 was daar nog steeds
van Nolko se voer in
die voermenger en die voer was nie op die dag
van die 29ste gebruik nie en dit kon op die vroegste eers gebruik
word op die volgende
dag, dit is die 30ste of 31ste Oktober.
DESKUNDIGES
[59] Verskeie deskundiges
het getuig. Namens die trust het getuig:
Prof.
T. Naude (Veterinêre Toksikoloog);
Dr.
Fred Reyers (Veterinêre patoloog);
Dr.
Clive Marwick (Veearts);
Mnr.
D. Strauss (Geoktroieerde Rekenmeester).
Namens
Meadows het getuig:
Dr.
Hendriks (Veearts en boer);
Prof. L Prozesky
(Anatomiese patoloog).
Die Vergadering van
Deskundiges
[60] Die deskundiges het
op 20 Oktober 2004 ân vergadering gehou en die notule van daardie
vergadering is deel van die hofstukke.
Op die vergadering van die
deskundiges kon hulle nie op ân diagnose vir die oorsaak van die
sindroom ooreenkom nie en het hulle
verskeie differensieel diagnoses
oorweeg:
1. Mineraaltekorte/wanbalans
wat die volgende elemente kan insluit: koper, mangaan, sink en
selenium
2. Spoorelement
wanbalans wat aanleiding kon gee tot immuniteitsgebreksindroom
3. Gossipol vergiftiging
4. Siektes deur
ingekoopte diere ingebring
5. Stresvlakke
van die diere en omgewingsfaktore
6. Lewerslakbesmetting
7. Verdagte
toksiese kontaminant in molasses
8.
Voer.
[61] Volgens die trust se
getuies is die waarskynlike oorsaak Meadows se veevoer. Volgens
Meadows se getuies is al sewe die eerste
differensieel diagnoses
moontlike oorsake.
[62] Die Notule van die
vergadering van Deskundiges vermeld oor die voer die volgende:
â11 Die
Voer (Sien 3.8 hierbo)
Indien dit veronderstel word dat die
verweerder inderdaad ân verlaging in sy kudde se melkproduksie
ervaar het, kan dit bewys
word dat ân swambesmetting die oorsaak
hiervan was?
Kommentaar
Daar is ooreengekom dat volgens die
dokumente tot almal se beskikking, daar wel swambesmetting,
insluitende toksigene swamme, in die
voer teenwoordig was, wat dan
ook geïsoleer is. Verder dat daar ook gifstowwe van swam-oorsprong
teenwoordig was.
Die getuies vir die eiser was egter
van mening dat die konsentrasies van die swamme geïsoleer asook die
konsentrasie van die toksienes
geïsoleer nie wesenlik was nie.
(Meer inligting insake die swamme wat geïsoleer is asook die
konsentrasie van die toksienes wat
geïdentifiseer is word onder punt
11.4 bespreek.)
Prof.
Naude meld dat volgens die inligting tot almal se beskikking, die
voer vandat dit geproduseer is totdat dit op die plaas afgelaai
is,
ân toename van ongeveer 988kg getoon het, wat moontlik toegeskryf
kan word aan ân toename in vog, wat bevorderlik kon wees
vir
swamgroei.
Daar
is ooreengekom dat die kollektering van die grypmonster nie voldoende
was om die voer as moontlike oorsaak van die probleem bo
twyfel te
identifiseer nie. Slegs ongeveer 2,5 kilogram voer is op een plek
deur die verweerder gekollekteer. Volgens die literatuur
sou ten
minste 9 monsters van 2,5 kilogram, wat op verskillende plekke
gekollekteer is, benodig gewees het.
Volgens
die dokumentasie tot die groep se beskikking word daar beweer dat
verslae oor ân verdere grypmonster, wat deur die leweransier
se
verteenwoordiger geneem was, nie beskikbaar gestel is nie (Sien ook
12, hieronder).
Kan dit aanvaar word dat indien die
rantsoen van melkkoeie verander word, daar ân aanpassingsperiode
van ongeveer 10-14 dae
sal wees en dat daar gedurende hierdie tyd
ân verlaging in melkproduksie moontlik is?
Kommentaar
Daar is ooreengekom dat daar wel ân
aanpassingsperiode is en dat daar gedurende hierdie tyd ân
verlaging in melkproduksie kan
wees.
Dr
Marwick was egter van mening dat die mate van verlaging in produksie
by in-gebruik-name van die besending, buitensporig groot was
in die
14 dae wat hul daarmee gevoer was en daarna, glad nie herstel het
nie.
Dr
Hendriks stem nie hiermee saam nie en sê dat dit wel moontlik is vir
ân aanpassingsperiode van tot 14 dae.
Is dieselfde analises wat op die
voer van die eiser gedoen is ook op die komponente van die voer
gedoen wat deur die verweerder
self voorsien is?
Kommentaar
Daar is ooreengekom dat daar geen
ontledings gedoen is op enige van die komponente van die voer wat
deur die verweerder self voorsien
is nie wat dan ook die grootste
persentasie van die rantsoen uitgemaak het (ongeveer 80%).
Is daar enige bewyse dat Fumonosin
in voer teen 0.24 dpm toksies is vir beeste?
Kommentaar
Daar is ooreengekom dat Fumonosin teen
ân konsentrasie soos waargeneem in die voer (0.25 dpm) nie toksies
is nie en dat daar geen
melding in die literatuur gemaak word van ân
sindroom wat geassosieer word met Fumonosin wat vergelyk kan word met
wat waargeneem
is op die plaas van die verweerder nie.
Daar
bestaan, egter, geen data oor die effek van Fumonosin in melkbeeste
nie.
Daar
is wel bewyse van vergiftiging van perde en varke (waar lewerskade
gerapporteer word) asook in voerkraal kalwers wat serum ensiem
stygings en geringe lewerskade getoon het met blootstelling aan baie
hoë vlakke Fumonosin (Sien Osweiler verwysing in Prof. Naude
en
Prof. Prozesky se verslag.)
Daar
is ooreengekom dat niks wat uit die grypmonster van die voer
geïsoleer is, in ân genoegsame konsentrasie teenwoordig was,
om
die sindroom te veroorsaak soos waargeneem op die plaas van die
verweerder.
Prof
Naude het genoem dat die veroorsakende swam, sowel as die gifstof
(Fumonosin) in die grypmonster teenwoordig was en dat daar
ân
redelike moontlikheid bestaan dat daar wel hoër konsentrasies in
ander dele (as die grypmonster) van die voer besending teenwoordig
kon gewees het.
Prof. Prozesky en Dr Joubert het
gemeld dat
F. monoliforme
ân baie algemene komponent van mielies is en die teenwoordigheid
van die swam en die toksien (Fumonosin) nie noodwendig skadelik
is
nie.
(12.1 en 12.2 van die agenda)
Voorbereiding en hantering van die voer en retensie en ontleding van
monsters deur die leweransier.
Kommentaar
Daar is ooreengekom dat, volgens die
dokumentasie tot almal se beskikking, dit blyk dat daar nalatigheid
was aan die kant van die
eiser met betrekking tot die kollektering
van die voermonsters asook die terugrapportering van resultate,
nakoming van redelike prosedures
mbt kwaliteitskontrole in die
produksie van die voer besending asook die proses wat gevolg is nadat
die verweerder die probleem by
die eiser aangemeld het.â
RETENSIEMONSTERS
[63] Met verwysing na
hierdie laaste kommentaar betreffende mons ters, kan die volgende
vermeld word: Meadows het retensiemonsters
behou van die laaste 4
vragte. Marais het getuig dat retensiemonsters slegs vir 3 maande
behou word tensy daar ân spesiale rede
is. Wat die besending
Hitech Dairy Balancer van 29 Oktober 2001 betref, was die geskil
rondom betaling daarvaan opgelos in Januarie
2002. Dus sou die
retensiemonster in die gewone loop van sake op 29 Januarie 2002
vernietig word. Daar was geen rede op 29 Januarie
2002 om die
monster te behou nie. Dr. Ferreira het eers in Februarie/Maart, toe
hy ân vertroulike verslag van Frikkie Botha gesien
het, verdere
stappe geneem.
[64] Dit lyk nie of daar
enigiets sinistêr is aan die gebrek van retensiemonsters nie.
DESKUNDIGE GETUIES
PROF. NAUDE
[65] Prof Naude is ân
veterinêre spesialis Toksikoloog. Hy is ân professor emeritus wat
tans in privaat praktyk is. Hy was
vir omtrent 50 jaar in die
akademie en is ân uitgelese deskundige op sy vakgebied.
Hy het getuig oor wat
Dr. Ferreira hom meegedeel het, ook dat Dr. Ferreira ân klein
monster van ongeveer 2kg van die eerste besending
voer van Meadows
geneem het van die hoop voer in sy voerstoor wat hy aan sy
veeartspraktyk (destyds Drr De Vos en Van Hasselt) gegee
het en gevra
het om te ondersoek weens die ongewone voorkoms en korrels wat dit
bevat het.
In sy deskundige verslag
vermeld Prof. Naude dat daar direk ân progressiewe daling in
melkproduksie was, met verwysing na die melkrekordsverslag
wat hy van
Dr. Ferreira ontvang het.
ïg
Weens
die swak produksie het Dr. Ferreira hierna oorgeslaan na ander firmas
se kragvoer (Nutrifeed en Norco) vir drie besendings en
na
versekering van Meadow dat hulle hom sou kompenseer vir sy verlies in
produksie, ân verdere vyf besendings van Meadow se Multilac
21 (en
later Multilac 23) kragvoer (gemerk M-II tot VI) van hulle verkry.
Die laaste besending van Meadow (M-VI), is op 7 Maart
2002 gelewer en
monsters daarvan is ook deur Dr. Marwick versend vir toksikologiese
en mikologiese analise.
Vanaf die voer van die eerste
versending van Meadow, M-1 het die melkproduksie egter progressief
verder bly val (verwys weereens na
Dr. Marwick se verslag) en die
koeie se kondisie het ook progressief drasties agteruit gegaan,
vrugbaarheidsprobleme met aborsies
(sowat 50) en resorbsies (90)
(verwys weereens na Dr. Marwick se verslag) het voorgekom. Skynbare
immuunonderdrukking gekenmerk
deur dikwels fatale aanvalle van
bosluissiektes (waarteen die koeie waarheen ân stabiele enzootiese
immuniteit gehad het) sowel
as erge vrotpootjie, mastitis en
longontsteking, ten spyte van voldoende higiëne, het voorgekom.
(Hierdie immuun-onderdrukking
sindroom is korrek deur Dr. Ferreira
beskryf as soortgelyk aan VIGS van die mens, waarop hy besonder
kundig is). Na staking van
die voer van Meadow, het uiteindelik 37
koeie oor 8 maande vanaf die eerste besending M-1 gevrek en moes hy
180 laat slag van Mei
tot Augustus 2002 omdat hul onproduktief was en
maer gebly het ten spyte van nou goeie voeding (sien weereens Dr.
Marwick verslag).
Mikotoksikose
is as die mees waarskynlike oorsaak van die sindroom vermoed en het
blykbaar veral verband gehou met die eerste besending
Meadow voer,
M-1.â
Prof. Naude verwys na
monsters wat geneem is en toetse wat gedoen is. Sy gevolgtrekking
is:
ïg
Diagnose
van kroniese mikotoksien vergiftiging, moontlik te wyte aan fumonisin
en/of ander ongeïdentifiseerde fungus toksiene, word
dus as die mees
waarskynlike primêre oorsaak van die vergiftiging gemaak.â
Prof. Naude getuig ook
dat daar gedurig nuwe mikotoksienes ontdek word.
ïg
Sal
u net vir ons kommentaar daarop gee? --- Nee, die regte, ons ontdek
jaarliks nuwe mikotoksiene. Dit is ân oop veld, dit is
ân baie
komplekse veld, dit is baie gekompliseerde molekules en daar word
gedurig nuwe mikotoksiene ontdek en dit is nie onmoontlik
dat ons in
hierdie geval met ân unieke mikotoksiene, wat nog nie tevore ontdek
is nie, te doen gehad het en hierdie mikotoksiene
het invloed op
mekaar. Die een, hulle kan òf additief met mekaar wees met hulle
aksie òf hulle kan self-sinergisties wees dat
die een die ander se
werking versterk en dit is alles moontlikhede wat hier kon
plaasgevind het.â
Prof. Naude getuig dan,
met verwysing na die vergadering van deskundiges, na die
differensieel diagnoses. Hy skakel molasse uit
as probleem omdat
daar lewerbeskading was en omdat daar ân eensklapse skielike
verlies in melkproduksie was; ook omdat die molasse
sindroom hom
manifesteer eerstens deur swak groei van kalwers. Hy sê ook dat
âlewerslakbesmetting kan onmoontlik nie die sindroom
verwek wat ons
gesien het nieâ.
In kruisondervraging gee
Prof. Naude toe dat daar in geen monster wat van Meadows se voer
geneem is vlakke van besmetting was wat
toksies van aard was nie. Hy
word ook gevra:
ïg
U
kan nie vandag vir hierdie hof sê dat Meadows se produk toksies was
nie.
---
Ek kan nie.â
en verder:
ïg
Wat
u vandag sê, is u kan nie sê dat Meadow se produk Dr. Ferreira se
probleme veroorsaak het nie. --- Ons het nie bewys wat die
oorsaak
sou gewees het nie. Ons het net omstandigheidsgetuienis dat van die
tyd wat die produk gevoer is, daar ernstige probleme
in sy kudde
voorgekom het.
Ja,
daardie getuienis het u nie eerstehandse kennis oor nie, dit is
afleidings wat u gemaak het uit wat Dr. Ferreira sê. --- Korrek.â
Hy sê by die afsluiting
van sy getuienis:
âU kan nie vandag vir die Hof sê
dat die voer die probleem veroorsaak het nie. --- Ek kan nie sê
nie, ek kan net sê ek vermoed
dit het.â
Uit die getuienis van
Prof. Naude blyk dus dat hy hoofsaaklik op grond van die inligting
wat hy van Dr. Ferreira ontvang het, tesame
met die mediese tekens
wat hy gesien het, vermoed hy dat die voer die probleem veroorsaak
het.
DR. MARWICK
[66] Dr. Marwick is ân
veearts wat praktiseer te Clocolan. Hy is eksterne eksaminator te
Pretoria in dieregesondheid en reproduksie.
Hy bied dwarsdeur
Suid-Afrika lesings aan oor kuddegesondheid en besoek melkkuddes op
ân gereëlde basis in die Oos-Kaap, Vrystaat,
Mpumalanga en
Zimbabwe.
[67] Dr. Marwick het op
14 Maart 2004 die trust se plaas besoek en ondersoek ingestel na die
kudde. Hy het deur die rekords gegaan
en gevind dat âby 30 Oktober
2001 was daar onmiddellik ân verlies van ân 1 000 liter melkâ.
[68] Met verwysing na die
ontleding van die monster wat Dr. Ferreira van die eerste vrag voer
van Meadows geneem het sê Dr. Marwick
dat hy uit die verslag gemerk
het dat die monsters swaar besmet was met Fusarium Moniliforme. Dit
was vir hom ân bekommernis,
want by normale ontledings tel mens net
enkele groeisels op die uitplating van hierdie swamme.
[69] Dr. Ferreira het hom
meegedeel dat gereëlde mismonsters deur die plaaslike veearts
ontleed word, en het lae tellings of negatief
getoets vir die
teenwoordigheid van lewerslak, Rondewurm en Haarwurm.
[70] Dr. Marwick het
gevind dat die koeie wat opgedroog was en dus nie dieselfde
blootstelling aan die verdagte voer gehad het nie,
in ân baie beter
en meer ideale toestand voorgekom het.
[71] Dr. Marwick het die
aborsies â ongeveer 33,3% - baie hoog gevind. Hy sê dit behoort
nie meer as 2% te wees nie.
[72] Dr. Marwick se
finale diagnose was dat die probleem op die plaas âân verdagte
kroniese mikotoksien vergiftiging kon gewees
hetâ.
[73] Dr. Marwick behandel
die notule van die deskundiges, en skakel die eerste sewe
differensieel diagnoses uit, en oor Meadows se
voer getuig hy dan:
ïg
Goed,
die laaste geval, voer? --- Dit is deur die eliminasie proses. Ons
het nog gekyk daarna en met die verskillende informasie
wat ek wel
ingewin het toe ek die ondersoek begin het en die feit dat daar wel
met die rekords gewys het dat daar wel ân geweldige
oorgroeiing van
jou swamme was in die voer. Die feit dat hulle wel Fumonosin
geïsoleer het, wel teen ân vreeslike lae vlak, dit
bekommer my
onmiddellik, want geen voer, as hy ân swambesmetting het, is nie
net een swam nie, daar is derduisende swamme wat daar
teenwoordig is.
As hulle vir my sê dit is ân geweldige oorgroeiing van die
monster, dan begin ek dink ons het Fumonosin toksien
wel opgetel,
maar daar kan van die ander swamme wees wat ook toksiene veroorsaak.
Hulle noem ook altyd ja dat jou toksiese vlak
van ân swam sê 100
of 150 dele per miljoen is en dat hierdie vlakke wat ons hierso kry,
te laag is, maar dit is nie hoe dit in
die natuur werk nie, dit is
hoe dit in die laboratorium werk. Die natuur kan enige van hierdie
produkte swamme, toksiene produseer
en dan is dit ân collective
effek wat dit op die koei het of om haar van kos af te haal of skade
aan die lewer te doen of wat ook
al die situasie is wat ons gesien
het wat daardie koeie glad nie herstel nie â dit maak nie saak wat
ons probeer nie. Dus uit
al hierdie punte sou ek sê die voer moes
nommer 1 gewees het en nie nommer 8 nie.â
[74] In kruisondervraging
word aan Dr. Marwick uitgewys dat ân hele aantal van die uitgawes
vir veeartsonkoste waarvoor eiser eis,
nie te doen gehad het met siek
diere wat behandel is nie maar dat dit ook entstowwe en ân geval
van ân vergroeiing aan ân oog
van ân koei ingesluit het wat
niks te doen gehad met Meadows se voer nie. Hy weet nie watter koeie
behandel is nie en blootgestel
was aan Meadows se voer nie.
[75] Mnr. Coetsee wat vir
Meadows verskyn het beklemtoon dat Dr. Marwick vanaf Julie 2001 tot
Maart 2002 nie op die plaas was nie.
Mnr. Coetsee sê Dr. Marwick se
opinie is op afleidings gebaseer van inligting wat Dr. Ferreira hom
gegee het. Mnr. Coetsee kritiseer
Dr. Marwick ook vir sy
bereidwilligheid om stellings sonder basis te maak veral met
betrekking quantum. In kruisondervraging is
aan Dr. Marwick uitgewys
is dat al die uitgawes waarvoor Dr. Ferreira eis as mediese uitgawes
van Dr. Marwick nie regverdigbaar is
nie. In herondervraging sê hy
dat in die omgewing van 25% van die uitgawes vir medikasie en
veeartse nie verband hou met die eiser
se voer nie. Wat diagnostiese
en konsultasiewerk betref is daar omtrent 10% ander tipe werk gedoen.
Hy sê dat wat die ondersteunende
medisyne betref, âso ân derde
van daardie fakture is nie noodwendig direk betrokke met die geval
waarmee ons te doen het nieâ.
[76] Hierdie getuienis is
gelewer nadat Dr. Marwick ongeveer 5 â 10 minute gehad het om deur
Bundel âDâ te gaan wat 322 bladsye
beslaan met verskeie fakture
en rekeninge. Mnr. Coetsee sê so ân getuie is onbetroubaar. Ek
handel later met die getuienis oor
die trust se quantum, maar mag
reeds hier vermeld dat ek inderdaad meen Mnr. Coetsee gelyk het dat
hierdie getuienis nie as bevredigend
aangemerk kan word nie.
[77] Uit die getuienis
blyk dat 80% van die voer wat die koeie ontvang het, afkomstig van
Dr. Ferreira was. Slegs 20% van die gevoerde
rantsoene was Meadows
se voer. Wanneer Dr. Marwick gevra word oor die toksiene vlakke van
die 80% van die voer wat Dr. Ferreira
bygevoeg het by Meadows se
voer, sê hy âniemand sal weet, niemand het getoets nieâ.
[78] Dr. Marwick sê hy
kan nie sê wanneer die beeste se kondisie begin agteruitgaan het
nie. Wanneer hy gevra word of dit van September
of Augustus 2001 of
miskien Januarie 2002 was, sê hy dat hy nie ân mening daaroor sal
kan gee nie.
[79] Met verwysing na die
val in melkproduksie op 29 Oktober 2001 sê Dr. Marwick: âhierso
het die melk geval en daar het hy gebly,
hy het nooit weer herstel
nieâ. Dr. Marwick beklemtoon dat mens nie na die produksie van net
enkele koeie kan kyk nie, mens moet
na die kudde as geheel kyk, want
dis ân biologiese dier waarmee jy werk: elke dier kan verskillend
reageer op verskillende toestande.
[80] Dr. Marwick gee toe
dat, behalwe die kliniese beeld van die diere, hy sy mening gebaseer
het op inligting wat Dr. Ferreira aan
hom gegee het.
[81] Die ernstigste
beswaar wat Mnr. Coetsee teen Dr. Marwick opper is dat sy getuienis
onbetroubaar is aangesien hy deurentyd opinies
lug op grond van
inligting wat nie deur hom geverifieer is nie en aangesien hy self
vanaf Julie 2001 tot Maart 2002 nie op die plaas
was nie.
[82] Dr. Marwick getuig
dat hy aan die begin vermoed het dat aflatoksiene die probleem is,
maar die resultate van analises het getoon
dat dit nie aflatoksiene
was nie. Dit is naamlik omdat aflatoksiene ân spesifieke
lewerverandering aandui terwyl die portale fibrose
van die lewer wat
in hierdie geval gevind is nie spesifieke veranderinge is, wat deur
ân verskeidenheid faktore veroorsaak kan
word. Daarna sê Dr.
Marwick dat nadat gevind is dat dit nie aflatoksiene was nie, het
hulle begin om ander swamme te isoleer en
begin kyk na Fumonosin as
die moontlike ander toksien. Hy het ook drie ander toetse laat doen
wat nie in Suid-Afrika gedoen kan
word nie en hulle het negatief
getoets. Op ân vraag watter toksiene die lewerskade veroorsaak het
sê hy dat hy vermoed dat dit
die Fumonosin was wat die eintlike
toksien was wat die probleem veroorsaak het.
[83] ân Stelling in
Prof. Kriek se verslag word aan Dr. Marwick gelees in
kruisondervraging:
ïg
Goeie
kwaliteit lewerbiopsies is ontvang van 5 beeste met ligte
degeneratiewe veranderinge, maar geen morfologiese indikasie van
onomkeerbare
hepatotoksikose wat geassosieer kan word met
aflatoksikose of ân swaminduseerde mikotoksikose nie.â
ïe
n
Stelling in Dr. Botha se brief van 10 Julie 2002 word aan hom gestel:
ïg
Die
lewer wys duidelike tekens van ân chroniese wanvoeding en sekondêre
atrofie sowel as chroniese portale fibrose en ligte inflammasie
in
twee van die lewersnitte. Laasgenoemde is ân nie-spesifieke
verandering wat met verskeie siektesindrome mag voorkom.â
Op die vergadering van
deskundiges is ooreengekom:
ïg
Daar
is ooreengekom dat die portale fibrose ân nie-spesifieke
verandering is wat deur verskeie toestande veroorsaak kan word
insluitende
Fasciola-besmetting (lewerslak).â
[84] Dr. Marwick stem
saam dat lewerslakke die portale fibrose in die lewer kon veroorsaak
het.
Dr. Marwick se
deskundige mening is dat daar ân kombinasie van swam-besmetting
was. Watter swam dit was weet hy nie.
PROF. F. REYERS
[85] Prof. Reyers is ân
veterinêre patoloog in kliniese patologie.
[86] In sy verslag wys hy
daarop dat, volgens die interpretrasie van die serum elakmetiese data
11 van die 20 koeie wat blootgestel
is aan die Meadows voer abnormale
lae albumien lesings getoon het, terwyl net een van die
nie-blootgestelde koeie sodanige lae waarde
gehad het. Hy sê dat
dit ân sterk aanduiding is van deurlopende progressiewe lewerskade
met ân verminderde funksionele lewermassa.
[87] ân Groot deel van
Prof. Reyers se getuienis handel oor die afwesigheid van ân
kopertekort, wat die eerste differensieel-diagnose
aanspreek, en ook
die molasse-sindroom, naamlik dat as daar ân molasse-sindroom was
dan sou daar ook ân kopertekort aangedui
gewees het. Die feit dat
hy nie ân kopertekort gevind het nie dui dus volgens Prof. Reyers
daarop dat die molasse-sindroom nie
teenwoordig was nie. Die
molasse-sindroom is nie baie waarskynlik nie, want die getuienis is
dat dit eerstens kalwers aanval wat
skynbaar nie in hierdie kudde
gebeur het nie. Dr. Hendricks getuig dat die monsters waarop Prof.
Reyers sy mening baseer, drie maande
later geneem is, en die beeld
wat in Oktober in die diere was kan verskil van wat in die latere
biopsies getoon is.
[88] In kruisondervraging
gee Prof. Reyers toe dat lewerslak die lewerskade kon veroorsaak het.
Prof. Reyers sê dat daar nie-spesifieke
lewerskade was wat deur
fumonosin veroorsaak word. Prof. Reyers sê by gossipol
vergiftiging sou ân mens neurologiese tekens
verwag het.
[89] Wat
lewerslak betref sê Prof. Reyers, dat gebaseer op die ondersoeke van
die biopsies van 20 diere wat aan die Meadows voer
blootgestel was,
lewerslak ân baie minder waarskynlike oorsaak as die voer is.
[90] Gevra oor ingekoopte
diere wat moontlik siektes kon inbring, sê Prof. Reyers dat die
groep deskundiges nie daardie moontlikheid
kon uitsluit nie. Hy sê
dat as die koeie in Julie 2001 ingebring was sou die tekens baie
duidelik gewees het in Oktober 2001.
78 koeie is op 10 Julie 2001
ingekoop. Hy sê ook dat niemand doelbewus siek diere sal inkoop
nie.
DR. HENDRIKS
[91] Dr. Hendriks is ân
veearts en ook boer. Hy gee verskeie lesings en adviseer boere oor
boerdery metodes. Hy het in 2001 die
landbouskrywers se Nasionale
Boer van die Jaar toekenning ontvang. Hy is ân deskundige op die
gebied van kudde bestuur.
[92] Dr. Hendriks getuig
dat dit onmoontlik is om swamvrye rantsoene vir vee te gee. Hy wys
daarop dat die toksienes wat in die monster
van Meadows se eerste
besending voer gevind is 1/300.000ste is van toksiese vlakke. Hy wys
ook daarop dat dit lyk of die monster
wat vir swamme getoets is meer
as ân week in die laboratorium gelê het. Fumonosin groei in
mielies. Dit kan ook in die âHorminy
Chopâ gegroei het wat deel
vorm van die rantsoene (80%) wat Dr. Ferreira bygevoeg het by die
rantsoen. Hy wys daarop dat vog gebruik
word om die doppie sag te
maak; dan is daar meer as 12-13% vog in die rantsoen; dan is daar
swamgroei wat bydra tot groot hoeveelhede
Fusarium.
[93] Dr. Hendriks wys
daarop dat die biopsies in Maart 2002 gedoen is. Hy sê dit dui nie
die vlakke aan soos dit in die diere was
in Oktober 2001 nie.
[94] Dr. Hendriks wys
daarop dat hierdie kudde geïsoleerd was, en dat die kudde dan hulle
immuniteit teen sekere siektes, bv. galsiekte
en rooiwater verloor en
as daar dan diere ingebring word met galsiekte dan kan die hele kudde
besmet word. Net een bosluis op een
dier is voldoende om die hele
kudde te raak. Dr. Hendriks sê hy sou baie bekommerd gewees het as
hy hierdie kudde bestuur het want
hier was ân uitbraak van
galsiekte.
[95] Dr. Hendriks sê
portale fibrose kan in 99% gevalle verklaar word deur die
teenwoordigheid van slakke. Hy sê fassiola word
in die natuur
opgetel en dit is baie onwaarskynlik dat dit net in een dier sou
wees.
[96] Dr. Hendriks sê dat
omdat veevoer altyd swamme het, sal mens altyd spore van toksienes
daarin kry. As Aflatoksienes uitgeskakel
word bly daar baie min
toksienes oor wat so ân geweldige impak sou kon hê.
[97] Na Dr. Hendriks se
mening kan swamme, op die vlakke wat gevind is, nie ân bydraende
faktor gewees het nie. Hy skakel Meadows
se voer totaal uit as
moontlike oorsaak.
[98] Dr. Hendriks noem ân
aantal punte wat vir hom uitstaan:
i. Daar was nie voldoende
aanpassingsgeleentheid gewees toe die rantsoene die eerste keer vir
die diere gegee is nie.
ii. Daar
is normale seisoenale veranderinge wat melkproduksie pieke
veroorsaak.
iii. Vrotpootjie,
mastitis was voor die tyd in die trop teenwoordig. Mastitis is
moeilik om uit te skakel met uitslagting.
iv. Hier was duidelik ân
groot uitbraak van galsiekte in die kudde en was heelwat diere
ingebring in die kudde in.
Hy sê dat stres nie
uitgeskakel kan word nie. Daar was moontlik modderstres van die
diere en aanpassing van vreemde diere aan
ân nuwe fasiliteit, daar
was nuwe melkmasjiene wat van Vryheid in die Vrystaat gekom het. Al
hierdie stresfaktore kon ân invloed
op die melkproduksie en kudde
gehad het.
Daar is bewys dat
molasse ân rol speel in die onderdrukking van immuniteit. Hier is
groot hoeveelhede van molasse gevoer.
Lewerslakke is
peervormige slakke wat in groot hoeveelheid albomien dreineer. As
daar ân swam uitbreek van die fasiola (lewerslak)
kan die
produksie tot 10 liter per koei val.
Proteïne in die
rantsoen, die proteïne in lusern wissel van dag tot dag, die
voedingsbeheer in die kudde is van kardinale belang.
Die meng van rantsoen is
belangrik. Daar moet seker gemaak word dat die voer behoorlik meng.
[99] Dr. Hendriks sê in
normale kuddes kan 25% tot 30% van die diere normaalweg uitgeskot
word. Dr. Hendriks beskryf ân differensiële
diagnose deur te sê
dat as ân mens nie 100% seker is van al die goed nie dan maak jy
differensieel diagnoses:
ïg
Dan
sê jy, my diagnose is dit met ân differensieel diagnose wat so en
so en so is, en dan noem jy die redes hoekom jy nie oortuig
is dat jy
dit kan totaal en al uitskakel nie, met die doel dat dit verder
ondersoek moet word, dat daar meer kommentaar oor moet
kom, dat ander
mense dit kan sien, met ander woorde dat iemand kan sien hoe het jy
tot jou diagnose gekom en dit is waaroor dit gaan.â
[100] Volgens Dr.
Hendriks is deel van Dr. Ferreira se probleem dat hy nie kundige
advies ingewin het toe die probleem ontstaan het
nie. Nou moet ân
mens met gebrekkige verslae, op die verkeerde tye geneem, kyk wat
gebeur het. Dr. Hendriks sê Meadows se voer
is nie die mees logiese
afleiding van die oorsaak van die probleem nie, dit is die maklikste.
[101] Dr. Hendriks se
verduideliking is dat galsiekte uitgebreek het, die plaasbeeste was
nie daarop voorberei nie â voerbakke is
nie gereeld skoongemaak
nie. Die diere was nie goed dopgehou nie. Fasiola was bydraend om
die lewerskade te verklaar.
[102] Wat die syfer van
dalende melkproduksie betref waarop die trust steun, sê hy dat as
koeie galsiekte gehad het, herstel hulle
nie. Dit bring geweldige
lewerskade teweeg. Mens kan nie melkproduksie oor seisoene heen
vergelyk nie, sê hy. Wat aanpassing
by die nuwe voer betref sê hy
dat daar twee aanpassings is:
(i) Aanpassing van smaak;
(ii) Rumin
â die koei se maag moet aanpas by die voer.
Die diere neem ân tyd
om aan die smaak gewoond te raak. Daar kan byvoorbeeld vismeel of
mieliemeel of ander bystowwe wees wat anders
smaak as waaraan die
diere gewoond is, en sy maag intern moet gewoond raak aan die nuwe
kos. (Dit is aanvaar deur al die getuies
dat daar
aanpassingsprobleme sou wees met oorskakeling van voer maar die
algemene gevoel was dat dit ân betreklike kort tydperk
was wat in
elk geval nie die sindroom tot gevolg sou gehad het nie.)
[103] Dr. Hendriks sê
anaplasma is ân parasiet wat in rooi bloedselle voorkom wat
oorgedra word deur bosluise. Dit is galsiekte.
[104] Dr. Hendriks se
gevolgtrekking is dus dat die sindroom op die trust se plaas in die
kudde veroorsaak is deur ân aantal faktore
waar galsiekte
veroorsaak deur bosluise wat ingebring is deur ander diere wat
ingekoop is, een van die faktore was en waar daar ander
faktore ook
ân rol gespeel het maar waar die voer definitief nie as oorsaak
uitgewys kan word nie.
PROF. LEON PROZESKY
[105] Prof. Prozesky is
ân anatomiese patoloog. Hy bevestig dat hier ân
lewerslakprobleem was. Prof. Prozesky sê dat die letsels
wat op die
biopsies gesien is kan koroleer met ân lewerslak-besmetting:
â
So my afleiding is, met die
inligting tot my beskikking, dat hierdie verhoogde ensiemvlakke die
gevolg is van lewerslakbesmetting
en dat die beskadigde galbuise
hierdie ensieme afgeskei het.â
[106] Met verwysing na
Dr. Botha se verslag bevestig Prof. Prozesky dat die histologiese
letsels in die lewer in ooreenstemming is
met ân makroskopiese
beskrywing van ân swaar fasciola infestasie. Prof. Prozesky sê
dat die lewerslakbesmetting nie veroorsaak
kon word deur Meadows se
voer nie. Prof. Prozesky sê dat met die inligting tot sy beskikking
is daar nie voldoende bewys dat ân
swambesmetting, en veral by name
F. moniliforme, gekoppel kan word aan die sindroom soos waargeneem op
die trust se plaas nie.
[107] In
kruisondervraging bevestig Prof. Prozesky dat portale fibrose deur
verskeie toestande veroorsaak word, lewerslak is een van
hulle.
[108] Gevra na aanleidng
van die feit dat die deskundiges se notule vermeld dat die
deskundiges ooreengekom het dat lewerslak
per
se
nie
die oorsaak van die sindroom kan wees nie, sê Prof. Prozesky:
ïg
Wat
ons gesê het, dit kan ân bydraende faktor wees. Ons kan nie net
sê lewerslak het daardie hele sindroom veroorsaak nie, ons
sê dit
kan ân bydraende faktor wees, maar net die hele sindroom, net
lewerslak, ek dink nie dit is waar nie.â
MNR. STRAUSS
[109] Mnr. Strauss het as
deskundige geoktroieerde rekenmeester getuig. Hy het eenvouding Dr.
Ferreira se boeke van die trust nagegaan
en bevestig dat daardie
boeke ooreenstem met rekenkundige praktyk. Hy gaan dus eenvoudig op
die getuienis van Dr. Ferreira. Hy
gee geen onafhanklike getuienis
nie en het nie getuig oor die foute in daardie berekeninge wat later
in kruisondervraging uitgewys
is aan Dr. Ferreira, en ook nie oor die
aannames wat Dr. Ferreira op boerderybasis gemaak het en sy evaluasie
van diere oor sy seisoene
heen in verband met melkproduksie nie.
SUBMISSIES NAMENS
DIE TRUST
[110] Mnr. Ploos van
Amstel, namens die trust, sê daar was onteenseglik fout met Meadows
se voer konsentraat omdat Vermaak, (die
plaasbestuurder) Dr. Ferreira
en Frikkie Botha dit dadelik gesien het. Wat hulle dadelik gesien
het, was âswart klippiesâ in
die voer. Dit het later geblyk dat
die âswart klippiesâ oorgeprosseseerde bloedmeel was wat nie ân
probleem geskep het nie.
Dit het Prof. Naude getuig. Die trust se
saak is swambesmetting, wat niks te doen het met bloedmeel, wat
aanvanklik ân bron tot
kommer was nie.
[111] Mnr. Ploos van
Amstel sê ook dat die probleem met die voer word bewys deur die feit
dat daar ân dadelike en drastiese val
in melkproduksie was wat vir
ân lang tyd voortgeduur het.
[112] Mnr. Ploos van
Amstel sê dat Meadows se voer die probleem veroorsaak het. Hy stel
dit soos volg in sy betooghoofde:
â
216. Die mees waarskynlike oorsaak
van die probleem was dat dit swamvergiftiging (mokotoksikose) was:
1. Op
Vrydag,
26 Oktober 2001
is 17,9 ton
HDB in Welkom vervaardig met verdagte grondstowwe;
2. Die
kragkonsentraat is reeds op
Vrydag
gelaai in die tenkervragmotor en het toe daarin gestaan tot dit
Maandag, 29 Oktober 2001
na die Trust vervoer is. Dit het toe 18,9 ton geweeg.
3. Dit
was warm in Wekom in
Oktober/November
en dit is onwaarskynlik dat die kragvoer verkoel gehou is;
4. Daar was dus voldoende tyd en hoogs
waarskynlike toestande vir giftige swamme (toksiese fungi), wat altyd
in sulke kos teenwoordig
is, om kol-kol te groei en gevaarlike
hoeveelhede gifstowwe (mikotoksiene) te produseer;
5. Daar
kon ook vreemde stowwe in die ekstra amper 1 ton (981kg) gewees het;
6. ân
Monster het getoon dat hierdie vrag ERG besmet was met ân swam wat
daarvoor bekend is dat hy gifstowwe afskei, naamlik die
Fusarium
Moniloforme;
7. Fusarium
moniloforme produseer onder andere die gifstof fumonosin terwyl ander
Fusarium Spp ander gifstowwe produseer, naamlik
die sogenaamde
trichothecene, nivalenol en deoxynivalenol;
8. Ontleding
van die monster van die voer in Oslo, Noorweë het die aanwesigheid
van die gifstowwe Fumonisins, nivalenol en deoxynivalenol
in die vrag
aangetoon, en ân ontleding het die aanwesigheid van die gifstowwe
aflatoksiene B2, G1 en G2 in die vrag aangetoon;
9. Fumonosin
is ân gifstof wat primêr die lewer van beeste aantas en
immuun-onderdrukking (soortgelyk aan Vigs by die mens) kan
veroorsaak;
10. Dit
verooraak onsmaaklikheid en traagheid om te eet wat wel die geval met
die Trust se kudde was;
11. Die vlakke waarteen fumonosin
giftig in beeste is, is 100-150 dpm (dele per miljoen) terwyl die
fumonosin wat in die â
grypmonster
â
gevind is, slegs 0,24 dpm was.
12. Die vergiftiging van die kudde kon
egter ook teweeggebring word deur die ander gifstowwe hierbo genoem
wat mekaar se werking onderling
kan versterk (additief,
potensieërend).
13. Dit
is welbekend dat die konsentrasie van enige gifstof in ân vrag van
19 ton van plek-tot-plek in die vrag enorm sal verskil.
14. Die
gifstowwe kon later vermeerder het, omdat die vrag sweet in die
vragmotor (vir ten minste 72 h) en daarna op ân hoop op
die plaas
lê vir twee weke (normale praktyk) terwyl dit gevoer word;
15. Die grypmonster wat Dr.
Ferreira
geneem het, was hoegenaamd nie voldoende of verteenwoordigend nie.
16. Die
vlakke van gifstowwe in die kragvoer kon gemiddeld selfs laer gewees
het as wat in die monster gevind is; dit is egter
baie
meer waarskynlik
dat dit
baie hoër
sou gewees het.â
SUBMISSIES NAMENS
MEADOWS
[113] Mnr. Coetsee wys
daarop dat, by nagaan van die gesamentlike deskundige notule val twee
aspekte op:
(i) Die deskundiges kon
nie tot die gevolgtrekking kom dat dit Meadows se voer was wat die
sindroom veroorsaak het nie; en
(ii) Die
deskundiges kon nie alle eksterne faktore uitskakel as dat dit nie ân
bydraende faktor kon wees nie
.
[114] Mnr. Coetsee se
vernaamste kritiek teen die trust se saak is dat die trant van Dr.
Ferreira se getuienis is dat Meadows se
vervoer die probleem is maar
hy het nie feite waarop hy daardie gevolgtrekking baseer nie.
Hierdie submissie word geïllustreer
deur te verwys na Dr. Ferreira
se getuienis gedurende kruisondervraging oor sy probleme met die
voer:
[115] Met betrekking tot
Dr. Ferreira se aanval op die voer word in kruisondervraging gevra
wat sy beswaar teen die voer is en dan
noem hy sewe probleme.
Daardie probleme word in kruisondervraging met hom in omgekeerde
volgorde opgeneem:
1. Die sewende probleem
wat deur Dr. Ferreira geïdentifiseer was, was karkasmeel. Dr.
Ferreira kon nie getuig oor die karkasmeel
nie en het na Prof. Naude
verwys maar Prof. Naude het nie oor die karkasmeel getuig nie. Dus
is daar geen getuienis dat karkasmeel
enige probleem veroorsaak het
nie. Dit het ook nie ân rol gespeel in die argument van Mnr. Ploos
van Amstel namens Meadows nie.
2. Die sesde probleem was
die aanwesigheid van heel mieliepitte in die voer, wat volgens sy
verduideliking, ân verhoogde kans vir
besmetting meebring. Dr.
Ferreira het toegegee dat hierdie beswaar saam met die eerste beswaar
naamlik swambesmetting behandel kan
word.
3. Die vyfde beswaar was
die verdagte bloedmeel en ten opsigte van hierdie kwessie het Dr.
Ferreira getuig dat hy nie ân deskundige
is om te kan sê wat die
effek daarvan sou wees nie. Prof. Naude het in sy getuienis na
hierdie kwessie van bloedmeel verwys en
gesê dat die bloedmeel wat
in die voer was nie ân probleem was nie. Die âswart klippiesâ
in die voer was eenvoudig oorgeprosseseerde
bloedmeel wat nie ân
probleem veroorsaak het nie. Mev. Durham, ân voedingskundige
konsultant, het ook oor die bloedmeel getuig
en haar getuienis was
dat bloedmeel ân baie goeie verbyvloei proteïenbron is en nie ân
effek sou gehad het op die registrasie
van die produk nie. Mev.
Durham se getuienis was verder dat bloedmeel ân aanvaarbare
grondstof is.
4. Die vierde beswaar wat
deur Dr. Ferreira geopper was, was dat die vrag oor ân naweek in ân
vragmotor gestaan het. Hy het egter
toegegee dat hierdie beswaar ook
tuishoort onder die kwessie van swambesmetting.
5. Die derde beswaar wat
deur Dr. Ferreira geopper was, was dat daar ân produksieverlies
plaasgevind het. Hy het egter toegegee
dat hierdie beswaar eerder
die effek as ân fout was en nie ân fout op sigself nie.
6. Die tweede beswaar was
ân ekstra 980kg as deel van die eerste vrag. Dr. Ferreira het
getuig dat hy nie kan sê wat die 900kg
was of wat die effek daarvan
was nie. Hy sê net mens weet nie.
7. Die eerste beswaar wat
deur Dr. Ferreira geopper was, was die kwessie van swambesmetting.
Sy getuienis was dat dit die punt is
wat uitstaan as sy vernaamste
beswaar teen Meadows se voer. Dr. Ferreira getuig dat hy nie in ân
posisie is om ân deskundige
opinie te kan lug oor die effek van
swamme nie.
EVALUASIE VAN
GETUIENIS
(a)
Deskundige
Getuies
[116] Prof. Naude, Prof.
Reyers en Prof. Prozesky is almal vooraanstaande deskundiges op hulle
vakgebied. Beide Prof. Naude en Prof.
Prozesky het vrae saaklik en
op die punt af beantwoord binne hulle vakgebiede. Prof. Reyers was
geneig om breedsprakig te wees en
af te dwaal van die punt. Al die
deskundiges se probleem was dat hulle met gebrekkige (laat en min)
wetenskaplike data moes werk.
[117] Die twee veeartse â
Dr. Marwick, wat vir die trust getuig het en Dr. Hendriks, wat vir
Meadows getuig het, het uit die praktyk
gepraat. Dr. Hendriks het
die voordeel dat hy ook ân boer is wat betrokke is by kudde bestuur
vir ander boere. Hy was ook die
Nasionale boer van die jaar en is
duidelik baie noulettend in sy praktyk. Hy was soms oorversigtig
deur sy antwoorde te kwalifiseer.
Hy was wel baie huiwerig om enige
kritiek teen Meadows uit te spreek en ek neem dit in ag by die
beoordeling van sy getuienis, maar
dit doen nie afbreuk aan sy
ervaring in die veld nie. Ek het sy getuienis bo die van Dr. Marwick
verkies, wie se houding moontlik
gekritiseer kan word met betrekking
tot die kwantifisering van sy veeartskoste, soos wat Mnr. Coetsee
aangevoer het. Toe in kruisondervraging
aan hom uitgewys is dat al
sy rekeninge nie verband hou met Meadows se voer nie, was daar ân
kort verdaging en daarna het Dr. Marwick
sy rekeninge lukraak
verminder.
[118] Hierdie tipe
getuienis lyk my na die van ân persoon wat te maklik
gevolgtrekkings maak en te haastig is. Ek sou van ân
versigtige en
noukeurige wetenskaplike verwag om te versoek om oornag die dokumente
te ondersoek en dan ân behoorlik gefundeerde
antwoord te gee deur
al die irrelevante state te verwyder en sy quantum dienooreenkomstig
aan te pas. Hierdie kritiek moet dan natuurlik
ook in ân mate gelê
word aan die deur van Dr. Ferreira wat as die verweerder beskou word.
[119] Die twee uitstaande
deskundige getuies was Prof. Naude en Prof. Prozesky. Prof. Naude se
gevolgtrekking is ân diagnose van
kroniese mikotoksien
moontlik
te wyte aan fumonisin en/of ook ander ongeïdentifiseerde fungus
toksiene, wat as die
mees
waarskynlike primêre oorsaak
gegee word. Hy sê die mikotoksienvlakke in die voer was laag (0,24
dele per miljoen), terwyl toksiese vlakke in beeste 100-150
dele per
miljoen is.
(b)
Ander
Getuies
[120] Marais, Botha en
Vermaak, die leke getuienis se weergawes was nie altyd heeltemal
bevredigend nie, maar die tydsverloop sedert
die gebeure het seker sy
tol geeis. In hierdie saak is die deskundige getuienis meer
belangrik.
[121] Dr. Ferreira het
nie ân gunstige indruk gemaak nie. Sy eis was aanvanklik gegrond
op die âswart klippiesâ in die voer.
Toe die verhoor begin was
die bewering, soos ek dit verstaan het, dat Meadows karkasmeel
gebruik wat hy nie mag doen nie, daar was
dus ân verbode produk in
die voer wat Meadows verkoop het. Vandaar dat daar gevra was na
registrasiesertifikate en bestanddele
van die voer. Die saak was
gedryf op die basis dat daar verbode bestanddele in die voer was,
naamlik spesifiek die karkasmeel.
Uit die kruisondervraging het
duidelik geblyk dat Dr. Ferreira ongelukkig was met die gebruik van
karkasmeel in voere omdat dit ook
aanleiding kon gee tot
malkoei-siekte.
[122] Dr. Ferreira gaan
so ver in sy getuienis om te verwys na die bloedmeel en te sê dat
dit eintlik karkasmeel is. Die onderskeid
is belangrik want
bloedmeel is toelaatbaar, karkasmeel verbode. Dr. Ferreira getuig
dan dat Dr. Joubert (wat nooit getuig het nie)
gesê het dat die
klippies karkasmeel is. Kyk mens na Dr. Joubert se verslag in die
deskundige bundel sien mens Dr. Joubert sê
dit lyk soos karkasmeel.
Hy sê nie dit is karkasmeel nie. Hierdie was weer ân verdere
aanduiding dat Dr. Ferreira bereid was
om sy getuienis aan te dik
sonder dat daar ân behoorlike basis daarvoor was.
[123] Dit lyk of Dr.
Ferreira aanvanklik sy mes ingehad het vir Meadows omdat hulle
volgens hom karkasmeel gebruik het in hulle voer
wat tot
malkoei-siekte kon lei. Toe dit egter geblyk het dat swamme die
oorsaak van sy probleem was hou Dr. Ferreira vol dat die
swamme van
Meadows se voer â al ses vragte â afkomstig was sonder dat enige
monsters geneem was van vragte 2 tot 5. Daar was
eenvoudig geen
basis vir sodanige bewering nie.
[124] Ook Dr. Ferreira se
getuienis oor quantum plaas sy getuienis in ân swak lig. Sy eis is
opgeblaas en getuig nie van redelikheid
nie.
[125] Op die ou end is
hierdie ân geval waar geloofwaardigheid nie ân deurslaggewende
rol speel nie. Dit gaan oor kousaliteit.
Die probleem is egter dat
die deskundiges hulle gevolgtrekkings in ân groot mate baseer op
die syfers en die statistieke en grafieke
wat Dr. Ferreira hulle gee.
Hulle sê daar was skielik ân dramatiese val in melkproduksie.
Wanneer ân mens egter kyk na hoe
die berekeninge gedoen word en die
feit dat Dr. Ferreira in ân groot mate buite rekening laat dat daar
altyd sterfte is, dat daar
seisoenale verandering is, dat daar minder
koeie was, dan begin ân mens twyfel oor hierdie gevolgtrekking.
Wat egter wel soos
ân paal bo water staan is dat daar abnormale
aantal sterftes was as gevolg van lewerskade. Die vraag is egter wat
hierdie lewerskade
veroorsaak het.
[126] Soos blyk uit
kruisondervraging grond Dr. Ferreira sy berekeninge op twee weke voor
29 Oktober 2001 se produksie om te toon
dat melkproduksie gedaal het.
Dr. Ferreira weier om toe te gee dat sodanige gebruik ân
verdraaide en misleidende beeld gee. Hy
eis vir 51 vrektes en gee
daar toe dat âdie eerstesâ (hoeveel ?) nie aan Meadows se voer
toegeskryf kan word nie. Hy eis vir
315 koeie wat verkoop moes word
en gee toe dat almal (hoeveel ?) nie noodwendig verkoop sou moes word
nie. Hy gee ook toe dat daar
in elk geval aborsies en resorpsies sou
wees en sê dat dit reeds in berekening gebring is.
[127] Aan die einde van
Dr. Ferreira se getuienis sien ân mens egter dat daar ân lukraak
manier is om met die aangeleentheid te
handel. Dit lyk eenvoudig
asof hy ân eis wil fundeer maak nie saak wat die feite is nie.
[128] Wat Vermaak betref
was dit duidelik dat hy nie op ân goeie voet was met Dr. Ferreira
nie en ek neem dit in ag. Wat egter
wel soos ân paal bo water
staan is sy getuienis dat die voer nie op die 29ste Oktober gebruik
is nie en dan ook die getuienis wat
nooit aangeveg is nie dat die
voerbakke nie altyd skoon was nie. Die moontlikheid van kontaminasie
met ou voer of ander voer staan
dus ook vas.
[129] ân Verdere punt
van kritiek teen Dr. Ferreira is dat daar nooit enige toetse gedoen
is op die 80% komponent van die voer wat
hy gebruik het nie.
[130] Die basis waarop
Dr. Ferreira die Hof vra om in sy guns te beslis is op grond van
swambesmetting in die voer.
[131] Daar is altyd
swamme in die voer. Dit is die getuienis van Dr. Hendriks en dit is
deur niemand aangeveg nie. Daar was verskeie
ander moontlike oorsake
vir die lewer skade en melkverlies op die plaas. Die mees
voor-die-hand-liggende oorsaak is dat een of meer
van die ingekoopte
diere galsiekte ingebring het wat toe gelei het tot galsiekte.
[132] Dr. Ferreira het
die verkeerde rede (die bloedmeel wat hy gedink het karkasmeel is)
ondersoek terwyl die swambesmetting die
werklike rede was wat te laat
eers ondersoek en opgevolg is. Daar was voor die tyd ook siektes
(insluitende galsiekte) en vrektes
en melkverliese. Hierdie verlies
was groot maar daar is nie ân noodwendige koppeling aan Meadows se
voer nie. Die feit dat gebeure
op mekaar volg beteken nie noodwendig
dat die een die ander veroorsaak nie. Soos Dr. Hendriks dit stel in
sy deskundige opsomming:
â
Met in agneming van die tydsverloop
wat plaasgevind het vandat die konsentraat wat volgens die Holstein
Trust nie aan standaarde voldoen
het nie, gevoer is, is die beweerde
verband met al die beweerde gevolge wat plaasgevind het, nie duidelik
nie. Dit blyk dat meeste
van die mortaliteite en siektesindrome
voorgekom het lank nadat daar opgehou is met die toedien van die
voer. Volgens die dokumente
soos blootgelê deur die Holstein Trust,
was byna al die patologiese verandering omkeerbaar. Daar is niks wat
daarop dui dat permanente
gevolge kon voorkom uit iets wat uit
rantsoene kon kom nie. Die konsepsies in alle kuddes op die Hoëveld
is ook besonder laag in
Desember, Januarie en Februarie en word
toegeskryf aan hitte-âstresâ.â
BEOORDELING EN
SLOTSOM
[133] In die lig daarvan
dat die kwessie van swambesmetting die vernaamste aspek is waarop die
trust gesteun het vir doeleindes van
die teeneis verskuif die
ondersoek dan na dit wat die trust se deskundiges sê oor die effek
van swambesmetting, want dit is die
basis van die teeneis.
[134] Die eerste probleem
wat die trust het, is dat daar onvoldoende monsters geneem is. Die
deskundiges kom in hul notule soos volg
ooreen:
ïg
Daar
is ooreengekom dat niks wat uit die grypmonsters van die voer
geisoleer is, in ân genoegsame konsentrasie teenwoordig was,
om die
sindroom te veroorsaak soos waargeneem word op die plaas van die
verweerder.â
[135] Dit help die trust
nie om te sê dat dit iets anders kon gewees het nie, want die Trust
dra die
onus
om aan te dui wat die sindroom veroorsaak het. Die trust kan nie
gehoor word om te sê dat hy sy
onus
gekwyt het om te bewys dat dit ân onbepaalde en ongeïdentifiseerde
âietsâ was in Meadows se voer wat die sindroom veroorsaak
het
nie. Wat meer is, is die feit dat vlakke, volumes, of persentasie
van hierdie ongeïdentifiseerde swam/ toksien/element, ook
onbekend
en onbewese is.
[136] Benewens die feit
dat die trust nie getuienis voor die hof geplaas het oor die aard van
wat in Meadows se voer was wat die probleem
kon veroorsaak het nie,
kan die trust se getuienis ook nie die teenwoordigheid van faktore
wat aanleiding gee tot van die differensieel
diagnoses uitskakel nie.
[137] Daar
is ân aantal onbevredigende aspekte van Dr. Ferreira se getuienis
wat in kruisondervraging na vore kom:
Die datum wanneer
Meadows se voer vir die eerste keer gebruik word. Botha sê dat hy
ân dag of twee na die 29ste vir Dr. Ferreira
geskakel het en gevra
het hoe dit gaan met die voer en toe het Dr. Ferreira hom meegedel
dat hy nog nie begin het om die voer te
gebruik nie. Hierdie
getuienis is nie weerlê nie. Die plaasbestuurder, Mnr. Vermaak,
getuig dat die voer definitief nie op die
29ste gebruik is nie en
dat dit bo in die voermenger gegooi is en dat dit waarskynlik eers
die volgende dag gebruik is. ân Verdere
probleem daarmee is dat
Dr. Ferreira sy getuienis baseer op ân skielike en eenklapse val
in melkproduksie op 29 Oktober 2001.
Aanvaar mens die syfer van die
drasties-verlaagde melkproduksie op 29 Oktober 2001, soos wat ân
mens moet op Dr. Ferreira se
getuienis (hy is die enigste persoon
wat daaroor getuig) dan weet mens dat die probleem dat, wat al die
deskundiges gebruik as
skielike en dramatiese val, iets is wat
plaasgevind het voordat daar begin is om Meadows se voer te gebruik.
Dit dui daarop dat
daar ân ander oorsaak moes gewees het op Dr.
Ferreira se eie weergawe van feite, naamlik die val van sy
melkproduksie reeds op
29 Oktober voordat Meadows se voer begin
gebruik is.
Die grafiek waarop die
deskundiges steun van die melkproduksie wat die val op 29 Oktober
2001 aandui is gebaseer op Dr. Ferreira
se getuienis.
Dr. Ferreira vind fout
met al ses vragte, soos Mnr. Ploos van Amstel dit stel, die feit dat
swamme in vrag een en ses gevind was
âvoorspel niks goedsâ vir
die vier vragte tussenin nie. Dit is maar ân dun basis vir ân
eis.
Die trust ignoreer
totaal die vrag voer wat tussenin gebruik is. Daardie vrag was die
kos van ân ander vervaardiger naamlik,
Nolko, en die moontlikheid
bestaan dat daar in daardie vrag probleme was.
Die 80% voer wat deur
Dr. Ferreira self bygevoeg is by die voer van Meadows voordat die
koeie dit gebruik het, is nooit getoets
nie en die getuienis is dat
niemand sal weet wat daar was nie. Die getuienis was dat daar
mielies was, koekmeel en ander produkte
wat oud was en ook swamme
kon bevat en die swamme kon ewe goed uit daardie bron veroorsaak
wees. Niemand het ooit daardie bron
getoets nie en niemand kan sê
of daar probleme daarmee was nie.
Die 72 uur stilstand van
die eerste vrag word as verdag aangegee maar daar is geen getuienis
dat die skale in die fabriek en by
die weegbrug gesinkroniseer was
nie. Daar is ook geen aanduiding dat die ekstra 981kg in die voer
die probleem veroorsaak het
nie. Dit is ân eenvoudige verdagte
faktor, dit is iets wat nie getoets is nie, net soos die 80% van die
voer wat deur die trust
bygesit is by die totale rantsoen ook nie
getoets is nie. Mens sou eweneens kon argumenteer dat dit verdag
was behalwe dat ân
mens hier die bykomende faktore het dat dit in
ân vragmotor gestaan het oor ân naweek en dat die moontlikheid
bestaan dat swamme
daarin kon gegroei het. Die getuienis is egter
dat swamme gegroei het en selfs as die swamme gegroei het sou hulle
300 000 keer
meer moes gewees het as wat hulle was na die naweek
(toe Dr. Ferreira sy monster op die plaas geneem het) ten einde ân
toksiese
effek te kan hê.
Die trust se saak is dat
daar fout was met al die vragte. Die trust vra nie dat beregting
van die hoofeis oorgehou word hangende
beslegting van die teeneis
omdat die teeneis die hoofeis oorskry nie. Die trust se saak is dat
al Meadows se voer defektief was.
Daar is geen wetenskaplike basis
vir sodanige houding nie.
[138] Volgens die trust
se getuies is die wesenlike oorsaak Meadows se voer. Daar is wel
swambesmetting gevind in die monster van
Meadows se eerste vrag voer
maar nie in sodanige konsentrasie as wat toksies vir die koeie sou
gewees het nie. Die monster is ook
nie korrek geneem nie â volgens
Prof. Naude wat namens die trust getuig het moes 9 monsters van 2½kg
elk op verskillende plekke
op die hoop geneem gewees het wat dan
verkoel bewaar moes word om verdere swamgroei te voorkom. Geen
monsters van die middelste
vier vragte was geneem nie. ân Mens
weet dat hierdie monster wat geneem was eenvoudig deur Dr. Ferreira
geneem was in ân plastieksakkie,
ân monster van ongeveer 1½ of 2
kg en dit blyk ook nie wat daarmee gebeur het totdat dit in die
laboratorium geanaliseer is, die
waarskynlikheid is dat daar wel
geleentheid was vir swamgroei. Daar is geen aanduiding dat dit
enigsins verkoel of geïsoleer gehou
was nie.
[139] Die deskundiges het
as uitgangspunt geneem die feit dat die sindroom ingetree het op 29
Oktober 2001 en die volgende word in
die notule vermeld:
â
1.1 Volgens verslae ontvang is die
volgende waarnemings gemaak nadat die eerste besending voer op 29
Oktober 2001 op die plaas van
die verweerder afgelewer is:
Progressiewe val in melkproduksie
Progressiewe agteruitgang van koeie
se kondisie
Vrugbaarheidsprobleme met aborsies
(50 gevalle) en resorbsies (90 gevalle)
Mortaliteit van 37 koeie oor ân
periode van agt maande
180 koeie is van Mei tot Augustus
2002 deur die verweerder geslag.
Kommentaar:
Almal teenwoordig stem saam.â
[140] Die trust se saak
was, dalk oor-vereenvoudig gestel, dat Meadows se voer swambesmetting
gehad het, wat tot lewerskade in die
koeie aanleiding gegee het, wat,
soos Dr. Ferreira dit gestel het, tot verlaging van die immuniteit
van die koeie gelei het. In
verband met lewerskade vermeld die
notule dat daar geen histopatologiese bewys van onomkeerbare
lewerskade was nie. Portale fibrose
in die lewer is wel in latere
biopsies getoon. Portale fibrose is ân nie-spesifieke verandering
wat deur verskillende toestande
veroorsaak kan word. ân Mens weet
dus nie wat spesifiek dit veroorsaak het nie.
[141] Wat ân mens dus
het is die voer-monster wat deur Dr. Ferreira geneem is wat swaar
besmet was met swamme (dog steeds veel laer
as toksiene vlakke;
fumonosin teen ,25 dele per miljoen, waar die toksiese vlakke 100 â
150 dele per miljoen is) en die biopsies
wat nie-spesifieke
lewerskade getoon het. Volgens Prof. Prozesky was portale fibrose
ook teenwoordig in diere wat nie aan Meadows
se voer blootgestel is
nie.
[142] Die trust se saak
is dat Meadows se voer lewerskade veroorsaak het wat verlaagde
immuniteit tot gevolg gehad het. Uit bostaande
weet mens dat die
lewerskade nie-spesifiek was. Prof. Naude wat namens Meadows getuig
het, het toegegee dat daar in geen voer-monster
vlakke van besmetting
was wat toksies van aard was nie. Prof. Naude sê ook:
ïg
Ons
het nie bewys wat die oorsaak sou gewees het nie. Ons het net
omstandigheidsgetuienis dat van die tyd wat die produk gevoer is,
daar ernstige probleme in sy kudde voorgekom het.â
[143] Prof. Naude sê hy
âvermoedâ Meadows se voer het die probleem veroorsaak. Geen swam
is in voldoende toksiese hoeveelheid
in enige monster gevind om die
probleem te veroorsaak nie. Die trust se saak is dat die probleme
met die kudde veroorsaak is deur
ân swam wat nie geïdentifiseer is
nie. Daarom steun die trust op
omstandigheidsgetuienis
.
In ân siviele saak is dit nie nodig dat die eiser wat hom op
omstandigheidsgetuienis beroep moet bewys dat die afleiding wat
hy
die Hof vra om te maak die enigste redelike afleiding moet wees nie.
Hy sal die bewyslas wat op hom rus kwyt, indien hy die Hof
kan
oortuig dat die afleiding wat hy voorstaan die mees
voor-die-hand-liggende en aanvaarbare afleiding is van ân aantal
moontlike
afleidings (
AA
ONDERLINGE ASSURANSIEâASSOSIASIE BEPERK v DE BEER
1982 (2) SA 603
(A) op 614 G â H).
[144] In die teeneis is
dit gemenesaak dat die trust ân bewyslas dra en die trust moet op
ân oorwig van waarskynlikhede bewys
dat die eiser se voer
verantwoordelik was vir die probleem. Dit is die kousaliteitsvraag.
Afgesien daarvan, met verwysing na die
kontrak (klousule 2,2 daarvan)
moet die trust ook nalatigheid by Meadows bewys. Wat die
kousaliteitsvraag betref sal ân mens moet
bevind dat die trust op
ân oorwig van waarskynlikhede bewys het dat Meadows se voer die
probleme veroorsaak het.
[145] Kyk mens na die
omstandigheidsgetuienis is Dr. Ferreira se getuienis van belang. Hy
getuig dat op 29 Oktober 2001, na die gebruik
van Meadows se eerste
vrag voer daar ân drastiese val in die melkproduksie was. Hy toon
hierdie val letterlik en grafies aan in
bewysstuk C.93. Van daardie
dag af, volgens die grafiek, val die gemiddelde daaglikse
melkproduksie vanaf 7 957,25 na 6 900,10.
Dit is ân val van 1 000
liter per dag. Dit is die totale melkproduksie. Dit is ook
belangrik om daarop te let dat Dr. Ferreira
gedurig werk met die
totale produksie van sy kudde, nie van die produksie per dier nie.
Wanneer die syfers per dier, wat in die
stukke is, nagegaan word blyk
dat party koeie se melkproduksie inderdaad opgegaan het. Mens kyk
dus eenvoudig heeltyd volgens Dr.
Ferreira na die totale kudde se
produksie.
[146] Daar is
onduidelikheid rondom die datum van 29 Oktober 2001. Botha, wat deur
die trust as getuie geroep is, getuig dat hy
âân dag of twee na
29 Oktober 2001â vir Dr. Ferreira gebel het om te hoor hoe die voer
is, omdat hy nuuskierig is; toe het
Dr. Ferreira hom meegedeel dat
hy nog nie begin het om die voer te gebruik nie. Volgens hierdie
getuienis is dit duidelik dat
Dr. Ferreira nie op 29 Oktober 2001
begin het om die voer te gebruik nie, maar eers later, waarskynlik
eers 30 of 31 Oktober. Vermaak
wat die trust se bestuurder was op
daardie stadium op die plaas het getuig dat daar nog van die vorige
voer in die menger oor was
en dat die voer eers op die 30ste gebruik
sou begin word. Die veerarts Dr. Van Hasselt se memorandum vermeld
dat Dr. Ferreira die
monster op 2 November 2001 afgegee het. Dr.
Ferreira getuig dat hy die monster afgegee het die dag nadat hy dit
geneem het. Hierdie
verwarring by Dr. Ferreira versterk Botha se
getuienis dat Dr. Ferreira eers ân dag of twee ná 29 Oktober 2001
begin het om die
voer te gebruik.
[147] Die sogenaamde
onmiddellike drastiese val in melkproduksie rus op wankelrige bene.
Eerstens as gevolg van die feit van die
datum van 29 Oktober en
tweedens as gevolg van die berekeninge van Dr. Ferreira.
[148] In
kruisondervraging van Dr. Ferreira blyk dat die syfers waarop hy
steun en op sy beurt die deskundiges wat hom ondersteun,
in sekere
gevalle verkeerd is. Hy beklemtoon in sy hoofgetuienis die feit dat
sekere koeie se produksie geval het, maar laat die
verhoogde
produksie van sekere koeie buite rekening.
[149] Dr. Ferreira kyk na
sy totale produksie. Dit hang natuurlik af van hoeveel koeie in melk
is. As gevolg van die siektes en
sterftes het die getal koeie wat in
melk was gedaal. Dan moet mens kyk na wat die siektes en sterftes
veroorsaak het. Die afleiding
wat Dr. Ferreira wil hê die hof moet
maak is dat dit as gevolg van die lewerskade was. Prof. Prozesky sê
egter dat daar ook lewerskade
was by koeie wat nie aan die verdagte
voer blootgestel was nie. Dr. Hendriks sê dat die swam fasarium,
ook uit mielies afkomstig
was. Mens weet dat deel van die 80% van
die voerkomponent, mielies was wat op die trust se plaas gekweek is.
Dr. Hendriks sê dat
as daar probleme met die vee is, is die eerste
ding wat die boer doen, om die voer te blameer. Hy sê daar is ân
legio ander faktore
wat dieselfde sindroom by die vee kon veroorsaak
het. Galsiekte lei ook tot lewerskade.
[150] Hierdie beeld wat
Dr. Hendriks skep, van galsiekte wat lewerskade in ân aantal diere
kan veroorsaak, ongeag die voer, pas
in by Prof. Prozesky se
getuienis dat ook diere wat nie aan die voer blootgestel is nie,
lewerskade gehad het. Verder weet mens
uit die verslae van die
veearts Dr. Van Hasselt dat daar galsiekte op die plaas voorgekom het
voor 29 Oktober 2001.
[151] Dr. Hendriks se
verduideliking lyk vir my meer voor-die-hand-liggend as dat die
probleem totaal aan die voer toegeskryf moet
word, veral in die lig
van die feit dat die trust beweer dat al die eiser se voer sleg was
vir ân rede wat hy glad nie eers probeer
verduidelik ten opsigte
van die vier vragte nie. Die feit dat Dr. Ferreira eenvoudig alles
wat Meadows doen blameer skep twyfel
oor die waarde van sy
getuienis. Sy deskundiges baseer hulle opinies op die feit dat daar
ân val in melkproduksie was, daar was
lewerskade, daar was siekte,
daar was aborsies, daar was resorpsies, daar was sterftes. Mens weet
dat daar inderdaad lewerskade
was maar die vraag gaan oor
veroorsaking en mens weet dat daar ân hele aantal moontlike oorsake
was. Verder gee Dr. Ferreira toe
dat daar in enige melkkudde
aborsies, resorpsies en sterftes is.
[152] Die deskundiges
identifiseer agt moontlike oorsake. Dr. Hendriks sê dat galsiekte
inderdaad ân probleem was. Dr. Prozesky
sê dat daar ook
lewerskade was by diere wat nie aan die voer blootgestel was nie en
die verduideliking dat daar miskien van die
voer in bakke oorgebly
het en sodanig miskien ân ander dier kon blootgestel het lyk vir my
maar dun in die lig van die feit dat
die trust as eiser in hierdie
geval sy saak op ân oorwig van waarskynlikhede moet bewys. Ek is
nie bereid om op ân oorwig van
waarskynlikhede te bevind dat die
probleme wat by die trust se kudde was veroorsaak is as dominante
oorsaak deur die voer nie. Trouens
die trust se saak is dat daar
geen ander faktor ân rol gespeel het nie, alleen maar die voer.
[153] Dr. Hendriks, ân
ervare en bekwame veeboer en veearts, sê dat daar altyd swamme in
voer is. Dit lyk vir my of iets die kudde
aangeval het, en die ander
oorsake wat in die deskundiges se differensieel diagnoses genoem is,
meer voor-die-hand-liggend is as
die voer.
[154] Wat monsters
betref, is daar slegs monsters ontleed van die eerste en die sesde
(laaste) vragte. Beide het die teenwoordigheid
van swam getoon
hoewel nie naby toksiese vlakke nie.
[155] Die biopsies wat
gedoen is, toon lewerskade by ân aantal diere. Die meeste van die
400 koeie in die kudde is nie getoets
nie. Die lewerskade was
nie-spesifiek en kon deur ân aantal faktore veroorsaak gewees het,
soos wat die differensieel diagnoses
in die Notule van Deskundiges
ook aandui. Omdat daar nie wetenskaplike bewys is nie werk die
deskundiges met die omstandigheidsgetuienis.
Die
omstandigheidsgetuienis is gebaseer op Dr. Ferreira se rekords en
getuienis. Mnr. Ploos van Amstel sê:
â
185. Daar was onteenseglik fout met
Meadows se voerkonsentraat:
Frans Vermaak
het
dit dadelik gesien;
Dr.
Naas
Ferreira
het dit dadelik
gesien;
Frikkie Botha
het dit dadelik gesien.â
[156] Die âfoutâ
waarna hier verwys word is die âswart klippiesâ, wat later geblyk
het oorgeprosseseerde bloedmeel te wees,
wat volgens die trust se
deskundige, Prof. Naude, geen probleem was nie.
[157] Kyk mens dan na
Prof. Prozesky se gevolgtrekking dat hier nie voldoende bewyse is van
ân swambesmetting wat aan die sindroom
op die plaas gekoppel kan
word nie, dan is die voor-die-hand liggende gevolgtrekking dat die
trust nie op ân oorwig van waarskynlikheid
bewys het dat Meadows se
voer die oorsaak van sy probleme was nie.
[158] Na my mening is nie
bewys dat die voer die dominante rol gespeel het by veroorsaking of
enigsins aangedui kan word as oorsaak
nie.
NALATIGHEID
BY MEADOWS
[159] Die trust het na my
mening nie daarin geslaag om kousaliteit op ân oorwig van
waarskynlikhede te bewys nie. Enige sprake
van nalatigheid sou
voortvloei uit kousaliteit en moontlik dan uit die feit dat die
eerste vrag vir ân naweek gestaan het in die
son en dat daar toe
swamgroei was. Daar was nie voldoende swamgroei gevind nie. Dit is
nie bewys nie. Dit is ân eenvoudige afleiding
wat ek gevra word om
te maak. Ek is nie bereid om op hierdie getuienis te bevind dat daar
nalatigheid by Meadows was nie. Die teeneis
moet dus afgewys word
omdat daar ân gebrek was aan bewys van kousaliteit en nalatigheid.
DIE HOOFEIS
[160] Dit is nie nodig om
veel te sê oor die hoofeis nie. Aangesien daar nie gevind is dat
daar enige fout was met die voer nie
is die trust kontraktueel
verplig om daarvoor te betaal, die ooreengekome bedrag. Die teeneis
moet dus toegestaan word in die ooreengekome
bedrag naamlik R220
599,16 tesame met koste.
[161] Bygevolg moet die
teeneis met koste afgewys word, en die hoofeis met koste slaag.
[162] Die partye het
ooreengekom dat alle voorbehoue koste, koste in die geding sal wees.
Bygevolg word alle voorbehoue koste in
ondervermelde kostebevele
ingesluit.
[163] Die volgende bevel
word gemaak:
1. Die verweerder word
gelas om aan die eiser die bedrag van R220 599,16 te betaal tesame
met rente daarop teen 15,5% per jaar vanaf
datum hiervan;
2. Die verweerder word
gelas om eiser se koste van die hoofeis te betaal;
3. Die verweerder se
teeneis word met koste afgewys;
4. Die verweerder word
gelas om die kwalifiserende fooie van Prof. Prozesky en Dr. Hendriks
te betaal.
____________
A. KRUGER, R
Namens die eiser: Adv.
D.J. Coetsee
In opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die
applikant: Adv. C. Ploos van Amstel SC
In opdrag van:
Bezuidenhout &
Milton Earle Ing.
BLOEMFONTEIN
/em