About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 37
|
|
Vergottini v Padongelukkefonds (937/2003) [2005] ZAFSHC 37 (10 March 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 937/2003
In
die saak tussen:
ANTONIE
MARTHINUS VERGOTTINI
Eiser
en
DIE
PADONGELUKKEFONDS
Verweerder
CORAM:
CILLIé
R
UITSPRAAK:
CILLIé
R
AANGEHOOR OP:
8
MAART 2005
GELEWER OP:
10
MAART 2005
[1] Die eiser se eis teen
die Padongelukkefonds is in Junie 2004 gefinaliseer op die basis dat
eiser 80% en die versekerde bestuurder
20% nalatig was in die
veroorsaking van eiser se skade. Die kwantum van daardie skade was
egter toe by ooreenkoms oorgehou vir latere
beregting. Daardie
geskilpunt is toe vir verhoor op 8, 9 en 11 Maart 2005 ter rolle
geplaas.
[2] Op 7 Maart 2005 het
die verweerder ân aanbod ter skikking aan eiser gemaak. ân
Bedrag van R14 519,44 plus getakseerde koste
op die toepaslike
landdroshofskaal, is aangebied. Die kapitale aanbieding was vir
eiser aanvaarbaar, maar die skaal van koste nie.
Die eiser wil sy
koste op Hoërhofskaal hê. By wyse van ooreenkoms is die hof toe
versoek om net die toepaslike skaal van koste
te bereg.
[3] Mnr. Human, namens
die eiser, voer verskeie redes aan waarom koste op Hoërhofskaal
toegestaan behoort te word. Hy wys eerstens
op die Reël
37-samesprekings wat voor die aanvang van die verhoor op die meriete
gehou was en waartydens beide partye dit eens was
dat die saak nie
vir beregting na ân ander hof oorgeplaas behoort te word nie.
(Vergelyk paragraaf 4 van die Reël 37 notule op
bladsy 32 van die
geïndekste stukke.) Sy betoog is dat verweerder hiermee homself tot
ân Hoërhofverhoor verbind het met die
verhoogde kosterisiko vir
hom daaraan verbonde, maar ook die vooruitsig dat as die eis misluk
die verweerder sy koste op Hoërhofskaal
toegeken sal word. Mnr.
Human sê dat Reël 39(22) nie voorsiening daarvoor maak dat ân
deelsverhoorde saak na die landdroshof
oorgeplaas kan word nie. Dus
kan eiser nie verwyt word daarvoor dat hy na uitspraak op die meriete
nie pogings aangewend het vir
oorplasing van die saak na die
landdroshof vir beregting van die kwantum nie. Origens voer Mnr.
Human aan dat die verweerder ten
aansien van die verhoor op die
meriete (wat op ân laat stadium en na aanhoor van heelwat getuienis
geskik is) geskik het op die
basis dat Hoërhofkoste die toepaslike
skaal sal wees. Laastens is aangevoer dat die aanbod ter skikking
van die kwantum op ân
baie laat stadium gemaak was, inderdaad ân
dag voor die verhoor. Dit het die verweerder gedoen, wetende dat die
verhoor bestem
was om in die Hoërhof voortgesit te word, betoog Mnr.
Human.
[4] Mnr. Hefer, namens
die verweerder, verwys na gesag dat die kwantum eintlik ân heel
aparte verhoor is en dus gevolglik ân eie
kostebevel kan dra. Die
vertraging in die aanbod ter skikking het ook volgens hom niks te
make met die skaal waarop koste toegeken
behoort te word nie. Dan
wys hy in die algemeen daarop dat die eiser se eis soos dit gestel is
ân âerg opgeblaseâ eis is en
dat dit vroeg al vir die eiser
duidelik behoort te gewees het dat sy skade binne landdroshof
jurisdiksie val.
[5] Na oorweging van die
betoë is ek tevrede dat Mnr. Human gelyk gegee moet word. Dit is
wel so dat die eiser se eis, soos uiteengesit
in die pleitstukke, erg
opgeblase voorkom, maar uiteindelik is daar darem geskik op die basis
dat hy 20% van ân ooreengekome R70
000,00 skade sal ontvang. Die
landdroshof jurisdiksie vir eise van hierdie aard is tans R100
000,00. Dit sou teveel gevra wees
van ân eiser om vooraf die
breukdele van die onderskeie bestuurders se nalatigheid met soveel
juistheid te beraam, dat hy altyd
binne die onderskeie howe se
jurisdiksieperke val. Daarby is dit duidelik dat die verweerder
heeltemal tevrede was met ân Hoërhof
verhoor tot op bykans die
finale stadium van die verhoor. Mnr. Human se betoog dat die
verweerder die risiko van die voor- en nadele
ook vir hom van ân
Hoërhofverhoor aanvaar het, maak sin. So gesien, sal dit onbillik
wees om die verweerder nou toe te laat om
homself uit die nadele van
die risiko wat hy aanvaar het, uit te wikkel.
[6] Bygevolg word dit
beveel dat die verweerder die koste ook van die verhoor op kwantum op
Hoërhofskaal moet betaal.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens die eiser: Adv.
C.A. Human
In
opdrag van:
Rosendorff
Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
Namens die
verweerder: Adv. J.J.F. Hefer
In opdrag van:
McIntyre
& Van der Post
BLOEMFONTEIN
/sp