S v Khonye (A1268/2004) [2005] ZAFSHC 36 (10 March 2005)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Evidence — Credibility of witnesses — Accused found guilty of assault with intent to cause grievous bodily harm based solely on testimony of a single witness — No corroborating evidence presented by the State, including medical evidence — Accused's version not contradicted and plausible — Trial court failed to consider totality of evidence, leading to wrongful conviction — Conviction set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 36
|

|

S v Khonye (A1268/2004) [2005] ZAFSHC 36 (10 March 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings Nr. :
A1268/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
versus
OOMPIE
PATRICK KHONYE
CORAM:
HATTINGH
R
et
EBRAHIM R
UITSPRAAK:
HATTINGH
R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
10
MAART 2005
[1] Beskuldigde is op 25
Oktober 2004 skuldig bevind op ‘n aanklag van aanranding met die
opset om ernstig te beseer en het die
verhoorhof daarna in terme van
artikel 116(1)(b) van Wet 51/1977 die saak na die streekhof verwys
vir vonnis.
[2] Die
streekslanddros wat toe belas was met die oorkonde, het na
bestudering daarvan, gevoel dat die verrigtinge in die distrikshof
nie ooreenkomstig die reg geskied het nie. Hy het dan ook sy redes
vir sy ontevredenheid geboekstaaf.
[3] Die
verhoorlanddros het geen verdere redes verskaf nadat sy deur die
streekslanddros uitgenooi was om dit te doen.
[4] Die
markante feite in hierdie saak is die volgende:
Die klaagster is ‘n
enkelgetuie. Nieteenstaande die feit dat daar klaarblyklik
meerdere ander persone teenwoordig was wat die
voorval waargeneem
het, het die Staat verkies om geen sodanige getuienis ter
onderskraging van die klaagster aan te bied nie.
Geen stawende mediese
getuienis is deur die Staat voorgelê nie. Dit nieteenstaande die
feit dat volgens klaagster sy na die
voorval na ‘n hospitaal is
waar sy ‘n dokter gespreek het en dokumente voltooi het. Behalwe
‘n “kolletjie” of “’n
donker vlek” onder die linkeroog
van die klaagster was daar geen sigbare beserings van die
aanranding op die klaagster aanwesig
nie.
[5] Dit is gemeensaak dat
die klaagster ooglopend ‘n motief het om die beskuldigde valslik te
impliseer. Dit gee sy by meer as
een geleentheid te kenne, dat
wanneer sy getuig, sy die beskuldigde haat.
[6] Die weergawe van die
beskuldigde is geensins in kruisverhoor afgebreek nie en het hy hom
ook nie self weerspreek nie.
[7] Die uitleg en
verduideliking wat die beskuldigde gegee het in antwoord op die Staat
se saak, is redelik moontlik waar. Daar rus
geen bewyslas op die
beskuldigde om die hof te oortuig van die waarheid van sy uitleg nie.
Sy uitleg is slegs verwerplik indien
die hof tevrede is dat dit so
vergesog is dat dit onwaarskynlik is en daarom bo redelike twyfel
vals is.
[8] Die verhoorlanddros
het die verhaal of weergawe van die klaagster in isolasie beoordeel
en nie op die totaliteit van al die getuienis
nie. Juis omdat sy die
klaagster se weergawe geglo het, het sy die beskuldigde se weergawe
verkeerdelik as vals verwerp, sonder
om die meriete daarvan na behore
te oorweeg.
[9] Gevolglik word die
skuldigbevinding tersyde gestel.
______________
G. HATTINGH, R
Ek stem saam.
_____________
S. EBRAHIM, R
/sp