S v Lekanyane (118/2006) [2005] ZAFSHC 118 (9 March 2005)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of cannabis — Sentence — Accused found guilty of possession of 346 grams of cannabis and sentenced to 24 months imprisonment, half of which was suspended — Previous conviction for possession not clearly defined in terms of quantity — Court considers mitigating factors, including the accused's age, family responsibilities, and the relatively small amount of cannabis — Original sentence deemed inappropriate and replaced with a fine or suspended imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 118
|

|

S v Lekanyane (118/2006) [2005] ZAFSHC 118 (9 March 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr: 118/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
MAKGOTSO
ANASTANAH LEKANYANE
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE, R
et
WRIGHT, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
WRIGHT, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
9 MAART 2006
_____________________________________________________
[1] Die
beskuldigde, ‘n 34-jarige vrou, is skuldig bevind aan die besit van
346 gram dagga en gevonnis tot 24 maande gevangenisstraf
waarvan die
helfte vir 5 jaar ongeskort is.
[2] Navrae is gerig aan
die Landdros om redes vir die vonnis te verskaf, veral in die lig van
die feit dat die klaagster skuldig aan
slegs besit van dagga bevind
is en slegs een vorige veroordeling het. Ten aansien van die vorige
veroordeling is sy gevonnis tot
‘n boete van R1 200,00 of ses
maande gevangenisstraf en ‘n verdere agt maande gevangenisstraf wat
in geheel opgeskort is. Dit
is egter nie duidelik hoeveel dagga ter
sprake was by die vorige veroordeling nie.
[3] Ter
strafversagting het die landdros vermeld dat sy 34 jaar oud is en ‘n
snoepwinkel bedryf vanaf haar woning en dat sy drie
kinders het wat
in Lesotho woonagtig is en versorg word deur haar ouers. Sy verkoop
groente, tamaties en vrugte en haar inkomste
wissel van so R20 tot
R50 per dag.
[4] Alhoewel ons hier met
‘n ernstige misdaad te doen het is dit nog nie so ernstig soos die
misdaad van handeldryf met dagga nie
en moet die relatiewe geringe
hoeveelheid dagga ook in aanmerking geneem word.
[5] Omdat
die hoeveelheid dagga wat ter sprake was by die vorige veroordeling
nie vermeld word nie, moet daar nie te veel gewig geheg
word aan die
straf wat in daardie saak opgelê is nie. Die blote feit dat sy wel
‘n vorige veroordeling het moet nogtans in aanmerking
geneem word.
[6] Ek meen dat die
vonnis wel sodanig onvanpas is dat daar ingemeng behoort te word in
die lig van al die omstandighede in hierdie
saak soos blyk uit die
oorkonde en die landdros se redes en dat die onderstaande vonnis
gepas is in die lig van al die omstandighede.
[7] Bygevolg
word die skuldigbevinding bekragtig maar die vonnis ter syde gestel
en vervang met die volgende:
‘n Boete van R3 000,00
(drieduisend rand) of 6 (ses) maande gevangenisstraf asook ‘n
verdere 9 (nege) maande gevangenisstraf
welke opgeskort word vir ‘n
periode van 4 (vier) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer
skuldig bevind word aan die oortreding
van artikel 4(b) of 5(b) van
Wet 140 van 1992 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
Die
vonnis moet geag opgelê te gewees het op 16 Januarie 2006.
______________
G.F.
WRIGHT, R
Ek
stem saam.
________________
S.P.B. HANCKE, R
/em