Padongelukkefonds v Terry (A68/2004) [2005] ZAFSHC 75 (3 March 2005)

50 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Delict — Negligence — Motor vehicle collision — Respondent claimed damages for bodily injuries sustained in a collision caused by alleged negligence of two drivers — Appellant, the insurer, contended the collision was solely due to the negligence of the second driver — Court found that both drivers contributed to the accident — Appellant's appeal dismissed, confirming the lower court's finding of shared negligence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 75
|

|

Padongelukkefonds v Terry (A68/2004) [2005] ZAFSHC 75 (3 March 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr.: A68/2004
DIE
PADONGELUKKEFONDS
Appellant
en
ELIZABETH
TERRY
Respondente
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
VOGES WND R
_____________________________________________________
VERHOOR OP:
14
FEBRUARIE 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
3
MAART 2005
_____________________________________________________
Appellant was die
onsuksesvolle verweerder in ‘n aksie in die plaaslike Landdroshof
waarin respondente skadevergoeding gevorder
het vir liggaamlike
beserings as gevolg van ‘n motorbotsing. In haar Besonderhede van
Vordering beweer respondente dat die bosting
veroorsaak is deur die
uitsluitlike nalatigheid van die eerste versekerde bestuurder (Mnr.
Koster), alternatiewelik die uitsluitlike
nalatigheid van die tweede
versekerde bestuurder (Mej. Jacobs) en in die verdere alternatief,
deur die gesamentlike nalatigheid van
die genoemde bestuurders. Die
Landdros het bevind dat Koster se nalatigheid bygedra het tot die
botsing. Namens appellant word
op appèl aangevoer dat die Landdros
moes bevind het dat die botsing veroorsaak is deur die uitsluitlike
nalatigheid van Mej. Jacobs.
[So ‘n bevinding sal beteken dat
respondente se vordering as passasier in Mej. Jacobs se voertuig
beperk is tot R25 000,00 uit
hoofde van die bepalings van artikel
18(1) van die Padongelukkefondswet (Wet nr. 56 van 1996)].
Daar is ook voor ons ‘n
aansoek om kondonasie van appellant se versuim om die appèlrekord
betyds te liasseer. Hierdie versuim
word bevredigend verduidelik in
die beëdigde verklaring deur appellant se prokureur, te wete ‘n
vertraging by die instansie wat
die getuienis moes transkribeer.
Daar is geen beswaar teen die aansoek nie. Die gevraagde kondonasie
word toegestaan.
Dit
is gemenesaak dat die botsing waaroor hierdie saak handel,
plaasgevind het om ongeveer 21h15 op Saterdagaand 23 Februarie 1998
in die kruising Wes Burgerstraat en Henrystraat, Bloemfontein. Wes
Burgerstraat is ‘n eenrigtingstraat en loop van suid na noord.

Hierdie straat word gekruis deur Henrystraat wat van oos na wes loop.
Mej. Jacobs het ‘n Toyota Corolla motor van oos na wes
in
Henrystraat bestuur en respondente het aan haar linkerkant voor
gesit. Daar is stoptekens by die kruising vir verkeer wat in
beide
rigtings in Henrystraat ry. Dit beteken dat Wes Burgerstraat die
sogenaamde deurstraat is. Mnr. Koster het ‘n Volkswagen
Golf
motor bestuur van suid na noord in Wes Burgerstraat in die regterbaan
en in die kruising teen die linkerkant van die Toyota
van Mej. Jacobs
gebots.
By die aanvang van die
verrigtinge in die Landdroshof het die onderskeie
regsverteenwoordigers by ooreenkoms ‘n sketsplan (Bewysstuk
“A”)
ingehandig wat hulle opgestel het na ‘n inspeksie ter plaatse
vroeër daardie oggend. Uit hierdie sketsplan blyk dit
dat daar suid
van die betrokke kruising paralelle parkeerruimtes weerskante van Wes
Burgerstraat is. Die geparkeerde motors aan
die oostekant van Wes
Burgerstraat beperk ‘n bestuurder in die posisie van Mej. Jacobs se
uitsig na links, d.w.s na suid. Benewens
hierdie geparkeerde
voertuie, is daar ‘n gebou op die suid-oostelike hoek van die
kruising wat dit onmoontlik maak vir ‘n bestuurder
in Mej. Jacobs
se posisie om vanaf ‘n stilstaande posisie by die stopteken verkeer
vanaf die suidekant (soos Koster gery het) te
sien. Ten einde
behoorlik na die suidekant te kan sien, moet ‘n bestuurder in Mej.
Jacbos se posisie noodwendig by die stopteken
verby beweeg. Hoe
verder so ‘n bestuurder verby die stopteken beweeg, hoe beter word
sy uitsig na links totdat hy vanaf ‘n posisie
drie meter verby die
stopteken ‘n onbelemmerde uitsig na links (die suidekant) het.
Ongeveer
68 meter suid van die kruising waar die botsing plaasgevind het,
kruis Charlesstraat Wes Burgerstraat. Hierdie kruising
word deur
verkeersligte beheer. Nog ‘n straatblok verder suid is daar ook
verkeersligte waar Elizabethstraat by Wes Burgerstraat
aansluit.
(Dit is hoek waarna in die getuienis verwys word as die hoek waar
Woolworths is).
Mej. Jacobs het getuig
dat sy kort voor die botsing agter ‘n wit Mercedes Benz motor by
die betrokke stopstraat stilgehou het.
Haar motor se hoofligte was
aan. Sy en haar vriendinne, waaronder respondente, was nie haastig
nie. Haar uitsig na links (suid)
in Wes Burgerstraat was beperk deur
die gebou aan haar linkerkant en geparkeerde voertuie aan die
oostekant van Wes Burgerstraat.
Die Mercedes Benz het vorentoe
beweeg en oor Wes Burgerstraat gery. Sy het stadig vorentoe beweeg
en by die stopteken gestop vanwaar
die Mercedes Benz pas weggetrek
het. Sy het na links gekyk vir aankomende verkeer. Haar uitsig na
links was nog steeds beperk.
Sy getuig verder:
“
Ek
beweeg toe stadig, kruip toe vorentoe om verby die motor aan my
linkerkant te kom om te sien of daar motors van my linkerkant aankom
....
Waarheen
het u gekyk terwyl u nou so stadig vorentoe gekruip het soos u dit
nou stel? Aan die linker, na links om te kyk of ek motors
kan sien
wat aankom.
Kon
u enige motors op daardie stadium sien? Nog, nee.
Wanneer
het u vir die eerste maal gesien dat daar voertuie was wat in aantog
was? Die oomblik toe hulle ons tref, toe hy, ek kon
hom gladnie sien
nie.”
Sy
verduidelik verder dat twee motors vanaf suid na noord in Wes
Burgerstraat gery het en dat die een in die regterbaan eerste met
haar motor gebots het. Volgens haar was daar niks wat sy kon doen om
die botsing te vermy nie.
Mnr. Koster se weergawe
is dat hy die betrokke aand sy Golf motor regs van ‘n ander Golf
motor stilgehou het by ‘n rooi verkeerslig
by die kruising suid van
die Charlesstraat kruising. Toe die verkeerslig oorslaan, het albei
die Golf motors noordwaarts gery in
Wes Burgerstraat. Die
verkeerslig by die Charlesstraat kruising (d.w.s. ongeveer 68 meter
vanaf die kruising waar die botsing plaasgevind
het) was groen en
albei Golf motors het oor die kruising gery. Sy spoed was tussen 60
en 70 k/pu. Hy het gesien die wit Mercedes
Benz kruis sy pad van
regs na links
“
....
en ek het briek, die rem half getrap maar hy was klaar in die ander
baan gewees en toe het ek weer die rem gelos maar ek het
so in sy
rigting gekyk en toe ek terugkyk, was die ander motor voor, reg voor
my ....
Was
daar enigiets wat u kon doen om die ongeluk te vermy? Nee, daar was
niks nie. Dit was, die motor was te naby my. Ek kon nie,
ek het
gebriek maar hy was teen my. Toe ek hom tref het ek hom klaar
gestamp.”
Netsoos
in die geval van Mej. Jacobs is dit derhalwe ook Koster se saak dat
toe hy die Toyota van Mej. Jacobs die eerste keer opmerk,
was hy so
naby daaraan dat hy niks kon doen om die botsing te vermy nie.
Namens
eiseres het ‘n sekere Mnr. Haasbroek ook getuig. Hy is ‘n
onafhanklike buitestaander. Hy was ten tyde van die gebeure
op die
sypaadjie oos van Wes Burgerstraat tussen Henrystraat en
Charlesstraat, ongeveer 10 meter vanaf die punt van botsing, en
getuig
in hoof soos volg:
“
MNR FOURIE
:
Wat merk u toe verder op? -- Ek was besig om my voertuig te sluit
en ek het twee motors teen ‘n hoë spoed hoor, ek het hulle
hoor
aankom voor ek gekyk het. Ek het links gekyk en ek het gesien dat
die twee voertuie aankom. Die robot, by die hoek van Wes
Burger en
Charlesstraat was nog rooi gewees. Ek het nog aan ‘n vriend van my
gesê dat hierdie ouens gaan nie gestop kry by die
robot nie en hulle
het net bly ry en hulle het, die robot was nie groen vir hulle gewees
toe hulle oorgekom het nie en hulle het
oor die robot gegaan en toe
het hulle, die regterkantse voertuig het ‘n voertuig getref wat
besig was om, wat stilgehou het by
die stopstraat maar hy was al ‘n
entjie oor die stopstraat gewees in Henrystraat
.
“
Wat
is dit wat u aandag getrek het? --- Spesifiek omdat die twee
voertuie, ek bedoel ek was ook jonk op daardie stadium, ek kon
hoor
hierdie outjies is besig om te jaag.
Is
dit die revolusie van die motors se .... (tussenbei).
---
Ja.
Enjins?
--- Dis hy, ja.
Wat
u aandag getrek het? – Dis hy.
En u beskou, u het toe gesien hierdie
twee outjies is besig om te jaag? – Ja.
U praat nou van resies jaag of watse
jaag praat u van? -- Ja-ja, resies jaag.
En
u sien toe nou maar hulle gaan dit nie maak vir die robot nie, hy is
rooi maar hulle is toe oor? – Ja.
En
die volgende het daar toe nou ‘n botsing plaasgevind. – Dis hy.
Kon
u presies sien hoe hierdie botsing toe nou plaasgevind het? -- Ja,
die regterkantse voertuig het eerste die mense se voertuig
eerste
getref.
In kruisondervraging lui
sy getuienis soos volg:
“
... (praat tegelykertyd). -- Ek
het reeds vir u gesê dat ek was, ek het ook resies gejaag, so ek het
gekyk na die twee voertuie.
En wat het u gesien? – Dat die twee
voertuie kom met ‘n baie hoë spoed na die robot toe aangery.
Kon u die posisie van die twee
voertuie sien of maak u ‘n afleiding? -- Nee, hulle was langs
mekaar, dit was twee voertuie langs
mekaar gewees.
Langs
mekaar? – Dis hy, ja.
U
het die revolusies gehoor en dit laat u nou ‘n afleiding maak dat
hulle ‘n hoë spoed gehandhaaf het, is dit korrek? – Definitief
ja.
Hy spreek die mening uit
dat indien die Golf motors by die rooi verkeerslig by die
Charlesstraat kruising gestop het of nie so vinnig
gery het nie, die
botsing nie sou plaasgevind het nie. In antwoord op vrae deur die
Landdros aan die einde van sy getuienis getuig
hy soos volg:
“
U sê u kon aan die revolusies van
die voertuie kon u van aflei dat hulle teen ‘n hoë spoed gery het.
– Ja.
Enige
ander rede waarom u sê hulle teen ‘n hoë spoed gery het? -- Ja,
omdat hulle, hulle het van die onderpunt van die straat
af kon jy
gehoor het die voertuie ry. Dit was ‘n hele ent weg wat jy kon
hoor hier kom twee voertuie aan wat jy nie normaalweg
sou hoor sou
die voertuig normaal sestig kilometer per uur ry nie.
So
u sê u het hulle van ver af gehoor? -- Ja, van ver af, ja.
Enige ander rede, dit wat u self
gesien het? – Ja, dit was net dat ek hulle kon gehoor het dat hulle
nie normaal sestig kilometer
per uur ry nie en omdat hulle, op
daardie stadium toe ek gekyk het het hulle, kon jy sien die twee is
besig om resies te jaag want
hulle het langs mekaar gejaag. Dit was
nie dat die een voertuig agter die ander voertuig gery het nie.
Hulle het teen ‘n hoë
spoed langs mekaar opgekom in Wes
Burgerstraat.”
Mnr.
Koster was ook nie die enigste getuie namens respondent nie. Die
bestuurder van die tweede Golf, ene Smith, het ook getuig.
Hy
beskryf die gebeure soos volg in sy hoofgetuienis:
“
Terwyl u so gery het wat het
gebeur, verduidelik vir die hof? -- Ons het gery en goed en ek, ons
het by die eerste robot gestop daar
by die Middestad Sentrum. Ek het
.... (tussenbei).
Daar
by Woolworths ... (tussenbei). -- Ja, ek het gestop en toe kom trek
die silwer Golfie langs my in en hy, ons het saam weggetrek
en hy het
gegaan, die volgende robot by Henrystraat oorgegaan en ...
(tussenbei).
Die
Charlesstraat robot? – Ja, Charlesstraat robot oorgegaan.
Was hy rooi of groen? – Nee, hy was
groen gewees en toe is daar ‘n Mercedes wat voor ons verbygegaan
het. Hy was seker so vier
kar lengtes voor my, het hy voor verby ...
(tussenbei).
Die Mercedes? – Ja en toe het die
Toyota voor die Golf, silwer Golf in geswaai of ingery en toe tref
die Golf hom, toe swaai die
Golf voor my in.
Was
u ook ... (onduidelik). – Ja.
Sê
vir my, was u alleen in u voertuig of het u ‘n passasier gehad? –
Nee, ek was alleen gewees.
Daar
was getuienis gewees vroeër vandag tot die effek dat u resies sou
jaag met die ander Golf. Hy was bestuur gewees deur Mnr.
Koster.
Wat is u reaksie daarop? -- Nee, dit is negatief, dit is negatief.
En
daar was ook getuienis gewees tot die effek dat die verkeerslig by
Charlesstraat dat hy rooi was en dat u en Mnr. Koster beide
oor ‘n
rooi lig gery het. – Nee, hy was groen gewees toe ons oorgegaan
het.
Voor die plaasvind van die ongeluk het
u die Toyota opgemerk enigsins by die ... (tussenbei). – Nee, ek
het hom nie gesien nie
want toe die Mercedes verbygaan toe kyk ek in
die Mercedes se rigting en toe ek terugkyk toe is Koster klaar voor
my in geswaai.”
Hy
staaf in die algemeen Koster se weergawe.
Die Landdros het Mej.
Jacobs se weergawe aanvaar en ook Mnr. Haasbroek s’n waar dit bots
met Mnre. Koster en Smith se weergawes.
Sy het derhalwe bevind dat
laasgenoemde twee here resies gejaag het soos Haasbroek getuig en ook
oor die rooi verkeerslig by die
Charlesstraat kruising gejaag het.
Haar belangrikste feitebevindings is die volgende:
“
6. Die
eerste versekerde bestuurder het ‘n hoë spoed gehandhaaf wat reeds
onredelik beskou word onder die omstandighede.
Die eerste versekerde bestuurder het
nie ‘n behoorlike uitkyk gehou nie en nie betyds vermydende stappe
geneem nie.
Die eerste versekerde bestuurder se
hoë spoed het sy reaksietyd beperk en verhoed dat hy voldoende
vermydende stappe neem.”
Uit die aanvaarde
getuienis moet dit volg dat indien Koster stadiger gery het en/of by
die verkeerslig in Charlesstraat stilgehou
het, hy nie op die punt
van botsing sou gewees het toe Mej. Jacobs se Toyota daar was nie.
Die vraag is of hierdie gevolgtrekking
die Landdros se bevinding
regverdig.
‘
n
Motorbestuurder op die deurpad is geregtig om te aanvaar dat ‘n
bestuurder wat ‘n stopteken nader, daardie teken sal gehoorsaam.

Die posisie by so ‘n kruising soos die onderhawige word soos volg
uiteengesit in
NATIONAL
EMPLOYERS’ GENERAL INSURANCE CO. LTD V SULLIVAN
1988 (1) SA 27
(A) op p. 36 D – F:
“
The
driver in a through street, while being required to keep a general
look-out, is entitled to assume, in the absence of indications
to the
contrary, that a driver approaching from a stop street will heed the
stop sign operating against him and bring his vehicle
to a stop. It
is only when it would become apparent to a reasonable man in the
position of the driver in the through street that
the driver in the
stop street does not intend to stop, or will be unable to stop in
time, that the duty rests on the through street
driver to take
appropriate avoiding action. Until that stage is reached it is not
incumbent upon him, under normal conditions, to
regulate his driving
on the assumption that the driver in the stop street may not stop.”
Koster was derhalwe
geregtig om te aanvaar dat verkeer van regs (soos Mej. Jacobs gery
het) nie voor hom sou inry nie. Toe dit egter
vir hom duidelik
geword het, of moes geword het, dat Mej. Jacobs voor hom inry, moes
hy vermydende stappe geneem het. Die vraag
is egter of daar op
daardie stadium nog genoeg geleentheid was om ‘n botsing te vermy.
Dit word soos volg gestel in
A
A ONDERLINGE VERSEKERINGSMAATSKAPPY v MANTJE
1980 (1) SA 655
(A) op p. 661 B – D:
“
Maar,
selfs al sou dit ten gunste van die eiser aanvaar word dat hy eerste
in die kruising was, volg dit nie sondermeer dat Van der
Merwe
nalatig was nie, of, indien hy wel nalatig was, dat sy nalatigheid
enigsins tot die veroorsaking van die botsing bygdra het
nie. Die
vraag wat in die verband beantwoord moet word is of die redelike
versigtige bestuurder in Van der Merwe se omstandighede
die botsing
sou kon vermy het. Hierdie vraag het twee fasette. Die eerste is:
op welke oomblik sou so ‘n bestuurder vir die
eerste keer besef het
dat die eiser òf reeds in die kruising is òf dat hy die rooi
verkeerslig gaan verontagsaam? En die tweede
vraag, wat hiermee
saamhang: sou hy op daardie oomblik nog in staat gewees het om ‘n
botsing met die eiser te vermy?”
[Sien ook
GUARDIAN
NATIONAL INSURANCE CO. LTD v SAAL
1993 (2) SA 161
(K) op p. 163 C – E].
Na my mening volg dit nie
dat Koster nalatig was
en
dat sy nalatigheid bygedra het tot die botsing
bloot
omdat hy te vinnig gery het of die Mercedes Benz agterna gekyk het
nie. Daar moet ook aanvaarbare getuienis wees dat die redelike
bestuurder in sy posisie in staat sou gewees het om die botsing te
vermy. Sulke getuienis ontbreek in hierdie saak. Die Landdros
se
gewraakte bevinding kan derhalwe nie bly staan nie.
Gevolg
slaag die appèl met koste. Die Landdros se bevinding met betrekking
tot die eerste versekerde bestuurder (Koster) word ter
syde gestel en
vervang met
“
Absolusie van die
instansie met koste.”
_________________
J.P.
MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
________________
M.
VOGES, WND R
Namens appellante: Adv.
N. Snellenburg
In
opdrag van
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
respondent: Adv. J.A. Fourie
In
opdrag van
Stander,
Venter & Kleynhans
BLOEMFONTEIN
/em