S v Mabunda (A521/2003) [2005] ZAFSHC 28 (21 February 2005)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Armed Robbery — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of armed robbery and sentenced to 15 years’ imprisonment — Appellant argued that the trial court erred in failing to find substantial and compelling circumstances for a lesser sentence — Evidence included fingerprints linking appellant to the crime scene and testimonies from victims — Court held that the trial court properly weighed aggravating and mitigating factors, finding no compelling circumstances to justify a lesser sentence — Appeal dismissed, conviction and sentence upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 28
|

|

S v Mabunda (A521/2003) [2005] ZAFSHC 28 (21 February 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A521/2003
In
die appèl tussen:
THABISO
ISAAC MABUNDA
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
CORAM:
MALHERBE
RP
et
MENONG
WND R
AANGEHOOR OP:
14
FEBRUARIE 2005
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
GELEWER OP:
21
FEBRUARIE 2005
Appellant is ‘n
32-jarige eerste oortreder wat in die Streekhof tereggestaan het op
‘n aanklag van roof met verswarende omstandighede.
Hy het
onskuldig gepleit en was deur ‘n prokureur verteenwoordig. Hy is
skuldig bevind soos aangekla en gevonnis tot 15 jaar
gevangenisstraf.
Hierdie vonnis is die voorgeskrewe minimum vonnis tensy die
verhoorhof wesenlike en dwingende omstandighede bevind
wat die
oplegging van ‘n mindere vonnis regverdig.
Die
roof is gepleeg deur ‘n groep mans (waarvan een met ‘n vuurwapen
gewapen was) wat helder oordag ‘n sakeman en sy vrou in
hulle
besigheid aangehou het en met ‘n kasregister bevattende tussen R1
300,00 en R1 400,00 laat spaander het. Terwyl hulle agtervolg
is,
het hulle die kasregister laat val. Dit is beskadig, maar al die
geroofde geld is teruggekry.
Appellant
is met die voorval verbind deur sy vingerafdruk wat aan die binnekant
van die kantoordeur van die besigheid gevind is.
Volgens die
aanvaarde getuienis van die klaer en sy vrou is hulle juis in hierdie
kantoor deur die rowers ingedwing. Appellant het
getuig dat hy as
klant by die besigheid gaan sake doen het voor die voorval, maar
nooit in daardie spesifieke kantoor was nie.
Die
skuldigbevinding is onaanvegbaar en Mnr. Edeling het tereg toegegee
dat dit in orde is.
Wat
die vonnis betref, betoog hy egter dat die landdros verskeie
wanvoorligtings begaan het en fouteer het in sy bevinding dat daar
geen wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging
van ‘n mindere vonnis as die voorgeskrewe minimum veroorloof
of
regverdig nie.
In sy uitspraak verwys
die landdros na passasies in verskeie gerapporteerde beslissings
waarin die howe die erns van hierdie tipe
misdryf beklemtoon. Mnr.
Edeling het die
feite
van hierdie beslissings vergelyk met die
feite
in die onderhawige saak en aangevoer dat die landdros verkeerdelik op
hierdie beslissings gesteun het, omdat daardie oortredings
ernstiger
was as appellant se oortreding. Hierdie betoog gaan nie op nie: Die
landdros het nêrens in sy uitspraak verwys na die
feite
van die betrokke beslissings nie. Hy haal, onder andere, die
volgende passasies aan:
S v NOMBEWU
1996
(2) SASV 396 (OKA) op p. 407 d – e:
“
This kind of violence is becoming
more and more prevalent. People who commit it show no mercy to their
victims. They should know
that their conduct warrants their removal
from society. Even first offenders who commit a violent armed
robbery like this should
expect a long term of imprisonment when they
are brought to justice. Society requires this for its protection and
as a mark of its
disapproval.”
S v MONDI EN ‘N
ANDER
1999 (1) SASV (O) 292 op p. 296 c – d:
“
Hierdie Hof se afkeur en weersin in
sodanige gedrag kan nie oorbeklemtoon word nie en sy standpunt
daaromtrent moet duidelik en ondubbelsinnig
uitgedra word.”
S v VALLEY
1998 (1) SASV 417 (WLD) die kopstuk:
“
Factors to be taken into account –
Prevalence of offence and interests of community - Increasing
lawlessness of society, and particularly
use of firearms during
robberies, dictating that persons who commit such crimes have to be
severely punished – Message to go out
that persons who commit such
crimes will be dealt with severely.”
S v MOHASE
1998 (1) SASV 185 (O) op p. 193 d – e:
“
Gewapende rooftogte neem huidiglik
ernstige afmetings aan in die gebied van hierdie Hof en is dit
belangrik dat ‘n duidelike boodskap
aan die voornemende misdadiger
gestuur word dat hierdie optrede nie deur die howe geduld sal word
nie. Die element van vergelding
en veral afskrikking kom hier sterk
na vore.”
Dit is duidelik dat die
landdros
nie
na hierdie beslissings verwys het om die feite daarin te vergelyk met
die feite voor hom nie. Hy het bloot hierdie beslissings aangehaal
as gesag vir sy stelling dat gewapende roof ‘n baie ernstige
misdryf is.
Mnr. Edeling het voorts
aangevoer dat die landdros fouteer het deur te bevind dat die
verswarende omstandighede die versagtende omstandighede
“by verre
oorskry” en dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan nie. Ek kan nie saamstem nie: Die rooftog het
helder oordag
plaasgevind en kon maklik in ‘n tragedie ontaard het as die klaer
en sy vrou nie maar gedwee die rowers se opdragte
uitgevoer het nie.
Appellant het geen berou getoon nie en selfs ná skuldigbevinding
volgehou dat hy onskuldig is. Die rooftog
was noodwendig vooraf
beplan. In
S
v VERMEULEN
2004 (2) SASV 174 (HHA) op p. 184 a – b beklemtoon die Hof dat die
verswarende en versagtende omstandighede teenoor mekaar opgeweeg
moet
word om te bepaal of daar wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan. Na my mening het die landdros juis dit gedoen. Die
appèl
teen die vonnis kan ook nie slaag nie.
Gevolglik
word die appèl van die hand gewys en word beide die skuldigbevinding
en vonnis bekragtig.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
___________________
M.I. MENONG, WND R
Namens
die appellant: Adv. W. Edeling
In
opdrag van:
Israel
& Sackstein
WELKOM
Namens
die respondent: Adv. H. Amod
In
opdrag van:
DOV
BLOEMFONTEIN
/sp