About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 27
|
|
S v Ramashilo (432/2002) [2005] ZAFSHC 27 (21 February 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : 432/2002
In
die appèl tussen:
MPHO
EDWARD RAMASHILO
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
CORAM:
MALHERBE
RP
et
MENONG
WND R
AANGEHOOR OP:
14
FEBRUARIE 2005
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
GELEWER OP:
21
FEBRUARIE 2005
Hierdie saak het oud
geword en is geen advertensie vir die regspleging in ons land nie.
AGTERGROND:
Appellant was 21 jaar oud
en in Standerd 10 toe hy op 14 Augustus 1998 in die Streekhof te
Welkom verskyn het op verskeie aanklagte,
waaronder roof met
verswarende omstandighede (aanklag 1) en poging tot moord (aanklag 2)
wat beide gepleeg sou gewees het op 19 Februarie
1998. Hy was
deurgaans in hegtenis sedert sy arrestasie in Maart 1998. Appellant
was beskuldigde 1 en het sy eie verdediging waargeneem.
Beskuldigde
2 het ook sy eie verdediging waargeneem terwyl beskuldigde 3 deur ân
prokureur verteenwoordig was. Appellant het
skuldig gepleit op
bogenoemde twee aanklagte, terwyl beskuldigdes 2 en 3 onskuldig
gepleit het. Nadat appellant ondervra is ingevolge
artikel 112(1)(b)
van die Strafproseswet, het die landdros pleite van onskuldig op die
genoemde twee aanklagte aangeteken, waarna
die verrigtinge verdaag is
en eers weer ân jaar later, op 4 Augustus 1999 voortgesit is, omdat
beskuldigde 2 intussen soek geraak
het. Op laasgenoemde datum is die
verhoor sonder hom voortgesit. Die Staat het net een getuie, nl. die
klaer, Sersant Moses Joel,
geroep. Appellant het geen vraag in
kruisondervraging gestel nie. Nadat die Staatsaak gesluit is, het
appellant ook sy saak gesluit.
Toe hy geleentheid gebied is om die
hof toe te spreek, het hy aangevoer dat hy in opdrag van die Polisie
skuldig gepleit het en
dat hy inderdaad onskuldig is. Die Polisie
het hom aangerand en gedreig om hom weer aan te rand tensy hy skuldig
pleit, aldus sy
mededeling aan die hof. Daarna het die landdros
uitspraak gelewer en appellant op beide aanklagte 1 en 2 skuldig
bevind. (Beskuldigde
3 is tereg onskuldig bevind en ontslaan, omdat
daar geen getuienis teen hom gelewer is nie.) Geen vorige
veroordelings is teen appellant
bewys nie en hy is op dieselfde
datum, nl. 4 Augustus 1999, gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf op
elke aanklag.
Na
vonnisoplegging het die landdros appellant se regte van appèl in
terme van artikel 309D van die Strafproseswet uitvoerig aan hom
verduidelik. Appellant het aangedui dat hy die verduideliking
verstaan en later sal besluit of hy wil aansoek doen om verlof om
te
appelleer.
Aangeheg
by die appèloorkonde is ân netjiese handgeskrewe brief van
appellant gedateer 10 Augustus 1999 met die opskrif âAPPLICATION
FOR APPEALâ en gerig aan âYOUR HONOURâ. Daar is geen
datumstempel op nie, maar hierdie brief moes noodwendig by die
landdroshof,
Welkom uitgekom het om in die appèloorkonde te kon
beland. Die oorkonde dui nie aan of die landdros ân aansoek om
verlof om te
appelleer aangehoor of afgewys het nie. Ook in die
oorkonde is ân verdere handgeskrewe brief van appellant gedateer 14
Junie 2002
en gerig aan die Klerk van die Hof te Welkom. Hierdie
brief dra die landdros, Welkom se datumstempel van 24 Junie 2002.
Die opskrif
van die brief lui soos volg:
â
Application for request to petition
the Judge President of the Free State Provincial Division of the
Supreme Court in terms of section
309 of the Criminal Procedure Act.â
Die oorkonde toon nie aan
of hierdie brief na die Griffier van hierdie Hof gestuur is nie. Op
12 September 2002 onder aansoek nr.
2858/2002 reik kollegas Musi en
Kruger ân bevel uit waarkragtens aan appellant verlof verleen is om
teen beide sy skuldigbevinding
en vonnis te appelleer. Dit is
waarskynlik as gevolg van hierdie bevel dat hierdie appèl 2 jaar en
5 maande later verhoor word.
Appellant het 6 dae na vonnisoplegging
ân brief gerig wat in die Landdroshof se oorkonde ingebind is en
wat uitdruklik sê dat
hy wil appelleer. Sy appèl is nou 5 jaar en
6 maande later vir die eerste keer voor die Hooggeregshof.
Strafappèlle in die
Hooggeregshowe is landwyd ân probleem. Daar is net eenvoudig te
veel appèlle om binne ân redelike tyd deur
die beskikbare Regters
verhoor te word. Nietemin is die lang tydsverloop in die onderhawige
appèl totaal onaanvaarbaar.
DIE MERIETE:
Die klagstaat beweer in
aanklag 1 dat Moses Joel op of omtrent 19 Februarie 1998 en te of
naby Mabitlengstraat, Meloding, in die distrik
van Virginia, van ân
9mm Beretta pistool beroof is. In aanklag 2 word beweer dat die
beskuldigdes op presies dieselfde datum en
plek gepoog het om vir
Moses Joel te vermoor deur hom met ân vuurwapen te skiet. Soos
reeds gesê, het appellant skuldig gepleit
op beide hierdie
aanklagte. Ek haal die tersaaklike gedeelte van sy ondervraging
volledig aan:
â
HOF
: Ja,
voor ons nou daarby uitkom, beskuldigde 1 het nou skuldig gepleit op
die eerste twee aanklagte, sal dit nie maar gepas wees
om dit dan nou
maar eerste te behandel nie voor ons nou by bevoegde uitsprake kom
nie?
AANKLAER
: Dit
sal reg wees dan.
HOF
: Beskuldigde
1 gesien dat u nou skuldig gepleit het op die eerste twee aanklagte,
gaan ek aan u vrae stel ten einde te bepaal of
u wel die beweringe in
die klagstaat teen u erken en bedoel om skuldig te pleit.
BESKULDIGDE 1 VERSTAAN
HOF
: Kan
u in u eie woorde sê wat die eerste aanklag betref, dit is nou die
van roof wat op 19 Februarie te Meloding sou plaasgevind
het waar ân
vuurwapen na bewering van ene Moses Joël geroof is, kan u in u eie
woorde vertel waarop u skuldig pleit, met ander
woorde wat het u
gedoen wat u sê u skuldig op is?
BESKULDIGDE
1
: Ek het hom met my
vuurwapen gerig en toe het hy sy vuurwapen uitgehaal en hy wou my
daarmee geskiet het en toe skiet ek hom eerste,
toe vat ek sy
vuurwapen van hom af.
HOF
: U
sê u het ân vuurwapen op hom gerig en wat het toe gebeur?
BESKULDIGDE
1
: Hy het syne ook
uitgepluk en hy wou my daarmee geskiet het, toe skiet ek hom eerste.
HOF
: Ja,
en toe?
BESKULDIGDE
1
: Ek het sy vuurwapen
gevat en geloop en na my plek toe gegaan.
HOF
: Ja,
verder nog iets?
BESKULDIGDE
1
: Nee, niks verder nie.
HOF
: Nou
met watter doel het u hom geskiet?
BESKULDIGDE
1
: Ekskuus?
HOF
: Met
watter doel het u die man geskiet?
BESKULDIGDE
1
: Ek het hom net geskiet
sodat ek sy vuurwapen van hom af kan kry.
HOF
: Nou
het u enige reg, magtiging of toestemming gehad om hom te skiet en sy
wapen van hom te vat?
BESKULDIGDE
1
: Ek het dit nie gehad
nie.
HOF
: En
wat wou u met sy vuurwapen doen?
BESKULDIGDE
1
: Ek wou dit gebruik het.
HOF
: En
wat het u toe daarmee gedoen?
BESKULDIGDE
1
: Ek het dit verkoop.
HOF
: Die
klagstaat beweer dat dit het plaasgevind op 19 Februarie vanjaar by
Matibengstraat in Meloding, Virginia, is dit korrek of nie?
BESKULDIGDE
1
: Ja, dit is so.
HOF
: Die
klagstaat beweer dat dit, die persoon betrokke ene Moses Joël was
vir wie u so geskiet het en sy wapen gevat het, is dit korrek
of nie?
BESKULDIGDE
1
: Ek ken nie die persoon
nie.
HOF
: Betwis
u dat dit hierdie Moses Joël is?
BESKULDIGDE
1
: Ek ken nie daardie
persoon nie.
HOF
: Die
klagstaat beweer ook dat dit ân 9 millimeter Baretta-pistool is wat
van hom afgeneem is, betwis u dit of nie?
BESKULDIGDE
1
: Ja, dit is so.
HOF
: Die
tweede aanklag waarop u onskuldig, ag waarop u skuldig pleit, die van
poging tot moord op dieselfde Joël, of Moses Joèl, is
dit dieselfde
insident waarna verwys word?
BESKULDIGDE
1
: Ek is skuldig omdat ek
hom beseer het.
HOF
: Hoekom
het u hom beseer?
BESKULDIGDE
1
: Dit is omdat ek sy
vuurwapen van hom af wou gevat het, want hy het my ook, hy wou my ook
geskiet het, toe skiet ek hom eerste.
HOF
: Nou
toe u hom nou so geskiet het, het u geweet dat u hom dalk kan dood of
wou u hom dood?
BESKULDIGDE
1
: Ek wou hom nie
doodgemaak het nie.
HOF
: Sê
net weer wat is die rede hoekom u hom skiet?
BESKULDIGDE
1
: Dit is omdat hy ook vir
my wou geskiet het.
HOF
: Wat
nou nie vir my baie duidelik is nie, skiet u hom om sy vuurwapen van
hom te kan afvat, of skiet u hom nou omdat hy vir u wou
geskiet het?
BESKULDIGDE
1
: Jammer, ek het hom
geskiet om die rede dat ek sy vuurwapen van hom af wou gevat het.
Tweedens hy het sy vuurwapen uitgehaal en
hy het gepoog om my te
skiet, toe skiet ek hom eerste.
HOF
: Nou
maar wat nou nie vir my duidelik is nie, wat is nou die eintlike
rede. Skiet u hom omdat hy u wou skiet, met ander woorde as
hy u nie
sou, of u wou skiet nie, sou u hom nogtans geskiet het om die wapen
af te neem?
BESKULDIGDE
1
: Nee, ek sou hom nie
geskiet het nie.
HOF
: Dit
blyk dat beskuldigde 1 ten spyte van sy pleit van skuldig op beide
aanklag 1 en 2 nie al die beweringe teen hom erken nie en
word ân
pleit van onskuldig aangeteken in terme van Artikel 113 van die
Strafproseswet op beide aanklagte.
BESKULDIGDE
1
: Ek pleit skuldig. Ek
erken dat ek skuldig is. Ek het die man geskiet.
HOF
: Nee,
maar u erken nie die beweringe teen u nie.
BESKULDIGDE
1
: Wat is die bewering,
miskien het ek nie mooi verstaan nie?
HOF
: Dat
u die man wou doodskiet.
BESKULDIGDE
1
: Ja.
HOF
: Ja,
wat?
BESKULDIGDE
1
: Ek wou hom doodgemaak
het, ja.
HOF
: Ek
kan nou nie vir u hier onder kruisverhoor daaroor neem nie. U het
nou teenstrydige mededelings aan my gemaak en daarom het ek
pleite
van onskuldig dan nou reeds aangeteken op beide aanklagte. Verder
wat beskuldigdes 1 en 2 betref, aangesien u nie regsverteenwoordiging
geniet nie verduidelik ek die volgende aan u. Dit is so dat die
Strafproseswet maak daarvoor voorsiening dat indien die getuienis
wat
aangebied word in ân poging om die ten laste gelegde aanklagte teen
u te bewys, nie daardie aanklagte bewys nie, maar wel een
van sekere
ander misdrywe, dan kan u aan een van daardie ander misdrywe skuldig
bevind word. Dit is derhalwe ân bevoegde uitspraak
op die ten
laste gelegde aanklag. Die Staat vra u moet spesifiek ingelig word
dat indien die getuienis wat aangebied word eerstens
op aanklag 1 wat
roof betref en dan ook aanklag 2 wat poging tot moord betref, nie
daardie misdrywe bewys nie, maar wel aanranding
of aanranding met die
opset om ernstig te beseer, u wel aan daardie misdrywe skuldig bevind
kan word. Dit word so aan u verduidelik
dat u ook weet om u
verdediging daarvolgens te voer.â
Volgens Sersant Joel was
hy die betrokke aand omstreeks 7 uur in Meloding woonbuurt te voet op
pad toe hy deur twee mans gekonfronteer
word. Hy was in volle
uniform gekleed en sy 9mm dienspistool was in sy skede langs sy sy.
Een van die mans het hom vanaf die regterkant
om sy nek gegryp en
gevra waar sy vuurwapen is. Hierdie man haal toe sy eie vuurwapen
uit en gooi dit na die tweede man wat aan
Sersant Joel se linkerkant
was. Die eerste man sê vir sy maat âMaak dood die hond!â
Daarna skiet die tweede man die klaer
in sy maag. Hy het ook ân
tweede skoot afgevuur wat die klaer in die arm getref het. Die klaer
het weggehardloop en in die proses
geval. Terwyl hy gelê het, is hy
in die boud geskiet. Daarna het sy aanvallers sy dienspistool uit sy
skede geneem en weggehardloop.
Met betrekking tot die identiteit van
sy aanvallers lui sy getuienis soos volg:
âIs
u in staat om hierdie twee persone te identifiseer?
-- Ek sal die een ken wat my
vasgehou het, aangesien hy die een wat die naaste aan my was.
Die
persoon wat u vasgehou het, is hy vandag in die hof aanwesig, indien
wel, wie is dit? -- Ek het hom laas gesien of, toe hy
in hegtenis
was.
So
hy is nie vandag hier nie, is dit wat u sê? -- Hy is aanwesig.
Ag
sersant, ek het die vraag vir u duidelik gevra, die persoon, kan u
hom identifiseer. U sê, ja. Toe vra ek vir u as hy hier
is,
identifiseer hom dan vir my asseblief? -- Na wie verwys u, na die
een van die beskuldigdes?
Nee,
⦠(tussenbei).
HOF
: Nee,
u moet sê. -- Nee, hy is nie hier in die Hof nie.â
Verder getuig hy ook soos
volg met betrekking tot appellant se bewering dat hy sy dienspistool
sou hanteer het tydens die voorval:
â
Het u op enige stadium tydens
hierdie gebeure u vuurwapen probeer gebruik of uitgehaal om dit op
hierdie twee persone te rig om uself
te verdedig, of wat is die
posisie? -- Ek het nie, ek het glad nie die kans gehad nie, want
die mense het net vinnig daar aangekom.
So ek kon ook nie kans kry
om dit te doen nie.
Bedoel
u nou u kon nie die kans kry om die vuurwapen uit die holster te
verwyder nie, dit was nog die heeltyd in die holster of wat
sê u?
-- Ek kon nie.
Is
dit deur een van die twee persone uit u holster of skede verwyder?
-- Ja, dit is so.â
Soos reeds gesê, is die
klaer gladnie gekruisvra deur óf appellant óf beskuldigde 3 se
prokureur nie.
Aan
die einde van die Staatsaak is appellant se regte soos volg deur die
landdros verduidelik:
HOF
: Beskuldigde
1 die Staat se saak teen u is gesluit. U het ân geleentheid om u
kant van die saak te stel. U kan dit doen deur
getuienis onder eed
af te lê. U kan ook getuies roep om vir u te getuig. As u dit
verkies kan u stilbly en niks sê nie. Dan
moet u egter onthou dat
wat u tot nou gesê het tydens pleitverduideliking of in vrae of
stellings aan enige getuies, dit is nie
getuienis nie, dit was nie
onder eed nie. Daar is nog slegs getuienis onder eed van die Staat.
As u wil hê dat enigiets wat u
vir die Hof gesê het in beoordeling
van die getuienis in aanmerking geneem moet word, sal dit nodig wees
om dit onder eed te herhaal.â
Appellant het die hof
meegedeel dat hy hierdie verduideliking verstaan en verkies om te
swyg. Op ân uitdruklike vraag van die landdros
of hy sy saak
sluit, het hy bevestigend geantwoord.
Die
vraag wat op appèl beantwoord moet word, is of die skuldigbevinding
in orde is in die lig van appellant se pleitverduideliking
en sy
bewerings ân jaar later dat hy nie vrywillig skuldig gepleit het
nie.
Die
enige geskilpunt tussen die Staat en die verdediging is die
identiteit van die klaer se aanvallers. In sy pleitverduideliking
plaas appellant homself uitdruklik op die toneel en erken hy ook dat
hy die slagoffer geskiet het. Hy moet derhalwe die tweede persoon
wees na wie die klaer in sy getuienis verwys. Appellant se
terugkrabbeling ân jaar na sy pleit van skuldig, is baie
onoortuigend.
Hy was nie ân onontwikkelde of ongeletterde kind
nie. Waarom hy nie tydens die pleitverrigtinge openbaar het dat hy
deur ân
afwesige Polisieman gedreig is nie, maar ân jaar wag
totdat daardie Polisieman teenwoordig is en dit dan aan die hof
meedeel, sal
net hy weet.
Na
my mening het die landdros nie fouteer deur appellant aan die
erkennings in sy pleitverduideliking te hou nie. Die appèl teen
die
skuldigbevinding kan derhalwe nie slaag nie.
DIE VONNIS:
Die vonnisse wat aan
appellant opgelê is, is stewig. Hy verdien egter ân stewige
vonnis op elk van die aanklagte waaraan hy skuldig
bevind is. Dit is
ân bestiering dat die klaer nie doodgeskiet is nie. Hy was tussen
twee en drie weke in die hospitaal en die
skietwond in sy arm het
veroorsaak dat hy net twee van sy vingers aan daardie hand kan
gebruik. Dit is verregaande dat boewe soos
appellant ân
Polisiebeampte wat in volle uniform is van sy dienspistool beroof
deur hom met ân vuurwapen te skiet. Ek vind geen
wanvoorligting in
die landdros se redes vir vonnis nie en kan ook nie sê dat die
vonnisse nie redelikerwyse opgelê kon gewees het
nie.
Gevolglik misluk die
appèl en word beide die skuldigbevindings en vonnisse bekragtig.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
___________________
M.I. MENONG, WND R
Namens
die appellant: In persoon
Namens
die respondent: Adv. H. Amod
In
opdrag van:
DOV
BLOEMFONTEIN
/sp