About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 74
|
|
S v Mutloe (A47/2003) [2005] ZAFSHC 74 (17 February 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr.: A47/2003
In
die strafappèl tussen:
THUMELO RILIGION
MUTLOE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
7
FEBRUARIE 2005
CORAM:
VAN
DER MERWE R
et
VAN ZYL WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
ZYL WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
17
FEBRUARIE 2005
_____________________________________________________
Appellant het in die
Streekhof te Bloemfontein saam met 2 mede beskuldigdes tereggestaan
op 2 aanklagte, synde roof met verswarende
omstandighede en poging
tot moord. Ten opsigte van die aanklag van roof met verswarende
omstandighede, het die Staat beweer dat
appellant en die ander 2
beskuldigdes op 23 Mei 2001 te Bloemfontein wederregtelik en opsetlik
vir Benjamin Seaketse (hierin later
na verwys as âdie klaerâ)
aangerand en met geweld van sy persoon sigarette ter waarde van
R150,00 en kontant ter waarde van R170,00
geneem het, ten tyde van
welke roof ân vuurwapen gebruik is. Ten opsigte van die aanklag
van poging tot moord, het die Staat beweer
dat appellant en die ander
twee beskuldigdes op dieselfde geleentheid wederregtelik en opsetlik
gepoog het om die klaer te dood deur
hom te skiet. Appellant en die
ander twee beskuldigdes het onskuldig gepleit op beide aanklagte.
Appellant is skuldig bevind op
die aanklag van roof met verswarende
omstandighede en onskuldig bevind op die aanklag van poging tot
moord. Die ander twee beskuldigdes
is op beide die aanklagte
onskuldig bevind en ontslaan. Appellant is ingevolge Artikel
276(1)(b) van Wet 51 van 1977 tot agt jaar
gevangenisstraf gevonnis.
Hoewel die appèl teen
beide die skuldigbevinding en die vonnis gerig is, het Juf.
Pretorius, namens appellant, reeds in haar betoogshoofde
toegegee dat
sy geen sinvolle submissies aan die hof kan voorhou ter ondersteuning
van die appèl teen die vonnis nie. Hierdie toegewing
is deur Mnr.
Pretorius, wie tydens die aanhoor van die appèl ingestaan het in die
plek van Juf. Pretorius, in die hof herhaal.
Na my mening is hierdie
toegewings heeltemal korrek gemaak, aangesien daar regtens geen basis
is waarop met die opgelegde vonnis
ingemeng kan word nie.
Wat die skuldigbevinding
betref, is dit gemeensaak dat daar ân gewapende roof plaasgevind
het op die tyd en plek soos deur die Staat
beweer en dat die goedere
soos deur die Staat beweer, inderdaad tydens die rooftog geroof is.
Die enigste geskilpunt is die vraag
of appellant by die rooftog
betrokke was, aldan nie, aangesien hy ontken het dat hy op die toneel
was en ân alibi as verweer geopper
het.
Die klaer het getuig dat
hy op 23 Mei 2001 by sy woning was, vanwaar hy ook ân snoepwinkel
bedryf. Dit bestaan uit ân sinkstruktuur,
met ân karavaan wat
aan die kant daarvan staan, asook ân seil wat opgerig is ten einde
ân afdak te vorm. Om ongeveer 8h00
die oggend, terwyl hy in die
sinkstruktuur besig was om koffie te maak, het appellant en die ander
twee beskuldigdes opgedaag en
hom meegedeel dat hulle iets wou koop
om pynappelbier mee te maak. Appellant het hierdie woorde geuiter
terwyl hy naby die deur
van die sinkstruktuur gestaan het, terwyl die
ander twee beskuldigdes buitekant onder die seil gestaan het. Die
klaer het hulle
aangesê om na ân ander winkel te gaan, aangesien
hy nie die betrokke items aanhou nie. Hulle is toe daar weg. Hy het
nie verder
ag geslaan op hulle nie, maar toe hy die kamer wou
binnegaan, het hy gehoor dat hulle hom weer roep. Hulle was
buitekant. Hy het
in die sinkstruktuur gestaan en gesê dat hulle na
hom toe moes kom. Appellant het toe in die deur van die
sinkstruktuur kom staan,
terwyl die ander twee beskuldigdes weer
buite onder die seil gestaan het. Appellant het ân vuurwapen te
voorskyn gebring, die
klaer beveel om stil te staan en toe ân skoot
afgevuur wat die klaer in sy gesig getref het. Die klaer was
deurmekaar en het rondgeval
in die sinkstruktuur. Appellant het
daarop die sinkstruktuur binnegekom en ân klein pienk brandkluisie
waarin ongeveer R170,00
kontant was, geneem. Die klaer het toe
volgens hom gehoor dat die ander twee beskuldigdes die karavaan
binnegaan, aangesien hy hulle
voetstappe gehoor het. Dit het egter
later in sy getuienis geblyk dat hy hulle nie gesien het die karavaan
binnegaan nie en dat
dit bloot ân afleiding was wat hy gemaak het
na aanleiding van die voetstappe wat hy in die karavaan gehoor het.
Die klaer het
gesien toe die drie persone weghardloop en het hy die
huis binne gestrompel. Tydens hierdie voorval was sy vrou in die
slaapkamer
en het sy nie gesien wat gebeur het nie. Die polisie en
die ambulans het daarna opgedaag. Hy het later vasgestel dat
ongeveer R150,00
se sigarette uit die karavaan verwyder was.
Tydens kruisverhoor deur
Mnr. Vorster, namens die ander twee beskuldigdes, is hul
pleitverduideliking aan die klaer gestel, synde
dat hulle buite die
snoepwinkel vir appellant gewag het, dat appellant die sinkstruktuur
binnegegaan het, dat ân skoot geklap het,
dat appellant toe
uitgehardloop het en gesê het dat hulle moet weghardloop. Hulle het
ontken dat hulle enige voorafkennis van of
deelname aan die roof
gehad het. Tydens kruisverhoor deur Mnr. Boshofff, namens appellant,
is ontken dat appellant op die toneel
was en is dit namens appellant
gestel dat hy te Edenburg was op daardie stadium. Tydens verdere
kruisverhoor het die klaer die volgende
getuienis met betrekking tot
die identifisering van appellant aangebied:
Hy het appellant in die
beskuldigde bank identifiseer as die rower wat hom met die vuurwapen
verwond het.
Die dag van die voorval
was die eerste keer dat hy die drie aanvallers gesien het.
Hy het appellant aan sy
lengte asook die voorkoms van sy gesig herken.
Hoewel hy appellant nie
aan ân spesifieke kenmerk eien nie, âhet hy sy gesig gesienâ.
Hy het appellant vir ân
paar sekondes gesien, nie minute nie.
Dit het die klaer se
getuienis afgesluit. Die J.88 mediese vorm ten opsigte van die
mediese ondersoek wat deur Dr. van Wyk op die
klaer uitgevoer is, is
formeel deur die verdediging erken en ingehandig as bewysstuk âAâ.
Die dokument toon ân ingangswond
en uitgangswond op die klaer se
gesig aan en het die dokter die gevolgtrekking gemaak dat die wond
inderdaad deur ân vuurwapenskoot
veroorsaak is.
Die ander twee
beskuldigdes se weergawes tydens hulle getuienis was min of meer
soortgelyk aan mekaar. Hulle het getuig dat hulle
saam met appellant
wou gaan sigarette koop by die klaer se snoepwinkel. Appellant het
na binne gegaan, terwyl hulle buite eenkant
gestaan het. Daar het
toe drie ouer manspersone opgedaag, wie ook die snoepwinkel
binngegaan het. ân Skoot het toe geklap, waarop
appellant
uitgehardloop gekom het en hulle het toe ook weggehardloop. Tydens
kruisverhoor waaraan hulle onderwerp was, het hulle
beide ontken dat
appellant in Edenburg sou gewees het en weer bevestig dat hy beslis
op die toneel was en binne die sinkstruktuur
was om sigarette te koop
toe die skoot geklap het.
Appellant
het getuig dat die polisie aanvanklik by hom opgedaag het op soek na
sy broer as synde die persoon wat sou geroof het.
Appellant het
enige kennis van die voorval ontken en getuig dat hy op 14 Desember
2000 na Edenburg is en eers op 12 Junie 2001 daarvandaan
teruggekeer
het. Hy het bevestig dat die ander twee beskuldigdes aan hom bekend
is en inderdaad sy vriende is, maar het ontken dat
hy saam met hulle
op die toneel was soos deur hulle beweer. Volgens hom het hy hulle,
voordat hy Desembermaand Edenburg toe is,
meegedeel dat hy daarheen
gaan.
Tydens kruisverhoor het
hy getuig dat hy kouse, pette en soortgelyke artikels in Edenburg
gaan verkoop het. Hy kon egter nie vir
die hof die naam van die plek
in Edenburg noem waar hulle goedere sou verkoop het nie. Hy kon ook
nie aan die hof ân redelike
verduideliking verskaf oor waarom die
ander twee beskuldigdes hom valslik sou impliseer nie. Op verdere
vrae van die hof het hy
getuig dat hy op daardie stadium eintlik
woonagtig was in ân sinkhuis te Rocklands in Bloemfontein, waar hy
saam met sy meisie
gewoon het, maar gedurende die tydperk wat hy in
Edenburg was, het hy nooit teruggekom Bloemfontein toe om te kom
kuier nie. Volgens
hom was sy meisie gedurende daardie tydperk by
haar ouerhuis.
Hoewel appellant
aanvanklik aangetoon het dat hy ene Thato Lekweneya as getuie sou
roep om te bevestig dat hy te Edenburg was, was
die getuie
onopspoorbaar en het appellant derhalwe sy saak gesluit sonder om
verdere getuies te roep.
Wat die evaluering van
die getuienis betref, is daar enkele bewysregtelike aspekte waaraan
aandag gegee moet word. Die klaer was
ân enkelgetuie met
betrekking tot die gebeure tydens die rooftog. Gevolglik moet sy
getuienis met versigtigheid en omsigtigheid
benader word. Sien
S
v SAULS AND OTHERS
1981(3) SA 172 (A) op 180 E-G, soos met goedkeuring aangehaal in
S
v HLONGWA
1991(1) SASV 583 (A) op 586J tot 587B. Omdat die klaer se getuienis
terselfdertyd gerig was daarop om die identiteit van die aanvallers
te bewys, moet sy getuienis voorts met die versigtigheid van
toepassing op identifiserende getuienis, evalueer word. In die
verband
is as volg in
S
v MTHETWA
1972(3) SA 766 (A) op 768 A-C beslis:
â
Because
of the fallibility of human observation, evidence of identification
is approached by the Courts with some caution. It is
not enough for
the identifying witness to be honest: the reliability of his
observation must also be tested. This depends on various
factors,
such as lighting, visibility, and eyesight; the proximity of the
witness; his opportunity for observation, both as to time
and
situation; the extent of his prior knowledge of the accused; the
mobility of the scene; corroboration; suggestibility; the accusedâs
face, voice, build, gait and dress; the result of identification
parades, if any; and, of course, the evidence by or on behalf of
the
accused. The list is not exhaustive. These factors, or such of them
as are applicable in a particular case, are not individually
decisive, but must be weighed one against the other, in the light the
totality of the evidence, and the probabilitiesâ¦. .â
Die hof
a
quo
het
inderdaad aan die hand van voormelde versigtigheidsreëls die klaer
se getuienis evalueer, in besonder die betroubaarheid daarvan.
In
die verband het die hof
a
quo
die
volgende waarnemings gemaak:
Die klaer het ân
gunstige indruk op die hof
a
quo
gemaak en sy getuienis op ân sistematiese wyse afgelê.
2. Die feit dat die
persoon met die vuurwapen die huis van die klaer binnegegaan het, met
hom gepraat het, uitgegaan het en weer binnegekom
het, het die klaer
meer as voldoende tyd gegee om ân behoorlike waarneming van die
persoon te maak.
3. Die
voorval het helder oordag plaasgevind en versterk derhalwe die
betroubaarheid van die klaer se weergawe.
Ek meen dat die hof
a
quo
nie
enigsins fouteer het met bogemelde waarnemings en bevindings nie.
Soos tereg deur die hof
a
quo
opgemerk, moet bogemelde getuienis egter ook evalueer word teen die
agtergrond dat appellant ân alibi as verweer opwerp, terwyl
die
ander twee beskuldigdes hom spesifiek op die toneel plaas.
Wat ân alibi betref,
rus daar inderdaad geen bewyslas op appellant met betrekking tot die
bewys van ân alibi nie. Die wyse van
benadering ten opsigte van
alibi getuienis, is korrek deur die hof
a
quo
uiteengesit, waar daar verwys is na
S
v HLAPEZULA EN ANDERE
1965(4) SA 439 (A) op 442 F. Die alibi getuienis moet inderdaad teen
die agtergrond van die totaliteit van die getuienis beoordeel
word.
Sien ook
S
v VAN ECK
1996(1) SASV 130 (A) op 135 A â C.
In die onderhawige geval
sluit die totaliteit van die getuienis, uiteraard ook die getuienis
van die ander twee beskuldigdes in.
Soos tereg deur die hof
a
quo
opgemerk, moet hulle getuienis, as synde die getuienis van moontlike
medepligtiges, ook met versigtigheid benader word. Sien
S
v BESTER
1990(2) SASV 325 (A) op 328 A â E en
S
v HLONGWA,
supra
op 588 A â H. Na my mening was die wyse waarop die hof
a
quo
die
getuienis van die ander twee beskuldigdes evalueer het, korrek.
Gevolglik kan ek ook geen fout vind met die hof
a
quo
se
gevolgtrekking dat ten spyte daarvan dat die ander twee beskuldigdes
gepoog het om appellant te verontskuldig, hulle steeds ân
goeie
indruk op die hof gemaak het en nie versinsels voorgehou het deur
hulself en appellant op die toneel te plaas nie. Dit is
inderdaad
ook tereg deur die hof
a
quo
bevind dat die klaer en die ander twee beskuldigdes mekaar oor en
weer staaf oor die feit dat appellant wel op die toneel was, wat
dan
ook ân waarborg van betroubaarheid aan die klaer sowel as die ander
twee beskuldigdes, se getuienis hieromtrent daarstel.
Gevolglik is
ek van oordeel dat die klaer se identifisering van appellant op die
toneel, inderdaad korrek en betroubaar is.
In die lig van die
totaliteit van die getuienis, kan appellant se alibi derhalwe nie
geag word redelik moontlik waar te wees nie.
Na my mening het die
Staat bo redelike twyfel bewys dat appellant die persoon op die
toneel was wie ân skoot op die klaer afgevuur
het en die goedere
geroof het.
Gevolglik word die appèl
afgewys en die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.
_________________
C. VAN ZYL, WND R
Ek
stem saam.
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
Namens
Appellant: Mnr. K. Pretorius
In
opdrag van:
Bloemfontein
Regsentrum
Namens
Respondent: Adv. H. Amod
In
opdrag van:
Direkteur:
Openbare Vervolgings
/em