About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 2
|
|
Nedcor Bank Beperk v Rundle (3618/2001) [2005] ZAFSHC 2 (17 February 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr.: 3618/2001
In die saak tussen:
NEDCOR BANK
BEPERK
Eiser
en
RICHARD ARTHUR
RUNDLE
Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
25
& 26 JANUARIE 2005
_____________________________________________________
CORUM:
SCHREUDER
WR
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
SCHREUDER
WR
_____________________________________________________
GELEWER OP:
17
FEBRUARIE 2005
_____________________________________________________
[1] Eiser, ân
geregistreerde bankinstelling, spreek in hierdie aksie die verweerder
aan as borg en mede-hoofskuldenaar, kragtens
ân skriftelike
borgakte in terme waarvan verweerder hom as borg en
mede-hoofskuldenaar verbind het teenoor eiser, vir die nakoming
van
die hoofskuldenaar se verpligtinge teenoor eiser.
[2] Die hoofskuldenaar is
Scientific Medical Systems (Edms) Bpk, wat reeds gelikwideer is en
waarna ek vervolgens sal verwys as âSMSâ.
[3] Die hoofskuld is
ingedeel in drie eise van, onderskeidelik, R109 788,00, R52 645,80 en
R41 780,90, met rente, in elke geval bereken
teen 13,5% per jaar
bereken vanaf 28 September 2000 tot datum van betaling.
[4] Die enigste
geskilpunt, welke ek by die aanvang van die verhoor deur die advokate
versoek is om te beslis, betref die vraag, of
eiser se eis teen
verweerder verjaar het, al dan nie. Die
quantum
van die
hoofskuld en ander geskilpunte is reeds gemeensaak tussen die partye.
[5] Verjaring is as volg
gepleit in verweerder se verweerskrif:
â
SPESIALE
PLEIT
:
1.
â
Alvorens die verweerder op die
meriete pleit, pleit die verweerder spesiaal vooraf soos volg:
VERJARING:
2.
Uit hoofde van die bepalings van die
beweerde ooreenkoms tussen die eiser en
SCIENTIFIC MEDICAL SYSTEMS
(PTY) LIMITED
is alle bedrae verskuldige ingevolge die beweerde
ooreenkoms onmiddellik opeisbaar en betaalbaar by plaasvind van die
volgende gebeure:
Versuim om die paaiemente stiptelik
te betaal;
Die voorlopige of finale likwidasie
van die maatskappy.
3.
Die gesegde maatskappy is finaal
gelikwideer op
12 Desember 1997.
4.
Gevolglik het die volle bedrag wat
verskuldig mag gewees het deur die gesegde maatskappy aan die eiser
laastens op
12 Desember 1997
opeisbaar en betaalbaar geword.
5.
Verweerder se beweerde
aanspreeklikheid uit hoofde van die beweerde borgakte ontstaan
onmiddellik wanneer die bedrag wat die maatskappy
aan die eiser
verskuldig mag wees, opeisbaar en betaalbaar word.
6.
Gevolglik het alle bedrae wat die
verweerder aan die eiser verskuldig mag wees opeisbaar en betaalbaar
geword laastens op
12 Desember 1997.
7.
Verjaring van die eiser se eis is
uit hoofde van die bepalings van Artikel 13(1)(g) van die
Verjaringswet van 1969 uitgestel deurdat
eiser eise ingestel het
teen die gelikwideerde boedel van Scientific Medical Systems (Pty)
Ltd vir die skulde wat hy in hierdie
aksie vorder.
7.2 Die skulde waarop die eiser steun
was vanaf 8 Augustus 2000 nie meer die voorwerp van ân eis teen die
insolvente boedel nie.
7.1 Gevolglik het die skulde verjaar
laastens op 7 Augustus 2001.
8.
Gevolglik het alle eise wat die eiser
teen verweerder mag hê verjaar.â
[6] Eiser se antwoord op
die spesiale pleit lui:
â
The Plaintiff replies to the
Defendantâs Special Plea as pleaded in paragraph 1 to 9 as follows:
The Plaintiff re-iterates that it was
the creditor in terms of Annexure 1 to its Particulars of Claim.
Save to admit that:
Scientific Medical Systems (Pty)
Limited (âSMSâ) was finally liquidated on 12 December 1997;
each and every allegation contained
herein is denied as if specifically traversed.
In terms of Section 11 and 12 of the
Prescription Act No. 68 of 1969 (hereinafter referred to as the
âActâ), the debt concerned
became due on date of winding up of
SMS on 12 December 1997.
The impediment contained in Section
13 of Act:
arose upon the date on which
Plaintiff filed its claim against the estate of SMS (in
liquidation) vz 1 June 1998 and 22 July 1998.
ceased to exist upon the date of
acceptance of the Plaintiffâs aforesaid claims, being the
confirmation of the final Liquidation
and Distribution account in
the estate of SMS (in liquidation);
the final Liquidation and
Distribution account in the estate of SMS (in liquidation) was
confirmed by the Master of the High Court
on the 19
th
of
November 2002.
Summons herein was served on the
Defendant on the 23
rd
of October 2001, being a date prior
to the period of prescription being completed in terms of Section 13
of the Act.â
[7] Die verjaringstermyne
van skulde â waaronder die hoofskuld in hierdie geval resorteer, is
vasgestel in Artikel 11(d) van die
Verjaringswet nommer 68 van 1969:
â⦠(d)
behalwe waar ân Parlementswet anders bepaal, drie jaar ten opsigte
van enige ander skuld.â
en bepaal Artikel 12:
â
12. Wanneer verjaring begin loop:
(1) â¦. (verjaring) begin loop sodra
die skuld op opeisbaar is.â
[8] Die tersaaklike
gedeelte van Artikel 13(1)(g) van die Verjaringswet bepaal:
â
13. Voltooiing van verjaring onder
sekere omstandighede uitgestel-
(1) indien
(g) die skuld die voorwerp is van ân
eis ingedien ... teen ân maatskappy in likwidasie â¦; ⦠en
(i) die toepaslike verjaringstermyn,
as dit nie vir die bepalings van hierdie subartikel was nie, voltooi
sou word voor of op, of
binne een jaar na, die dag waarop die
betrokke beletsel in paragraaf ⦠(g) ⦠bedoel opgehou het om te
bestaan, word die verjaringstermyn
nie voltooi voordat ân jaar na
die in paragraaf (i) bedoelde dag verstryk het nie.â
[9] Dit is duidelik uit
die aangehaalde pleitstukke, dat die normale verjaringstydperk â
laastens soos vanaf 12 Desember 1997 tot
11 Desember 2000 â reeds
verstryk het.
Waar die eiser nou, soos
hierin, steun op uitstel van die voltooiing van verjaring, is die
bewyslas op hom. Sien
ABSA BANK BEPERK v DE VILLIERS
2001 (1 SA 481
HHA), waar (per Howie
AR)
te 487 A verklaar
word:
â
Waar dit duidelik is, sonder meer
dat die verjaringstydperk verstryk het, het die verweerder ân
volkome verweer: Die eis is finaal
uitgewis. Indien op stuiting van
verjaring of uitstel van die voltooiing van verjaring staat gemaak
wil word, is die posisie nie
net dat die eisers sal moet begin nie.
Indien dit op die getuienis van ân besondere saak onseker is of
stuiting, of die gebeure
waarna in Artikel 13(1) verwys word,
plaasgevind het al dan nie, sal die eis in daardie situasie
noodwendig moet faal. Die repliek
wat deur so ân eiser geopper
word is dus ân apparte geskilpunt ten opsigte waarvan daar ân
afsonderlike bewyslas (in die sin
van die algehele bewyslas) bestaan
-
PILLAY v KRISHNA AND ANOTHER
1946 AD 946
â
953.
In die onderhawige saak het appellant
dus die bewyslas gedra om uitstel van voltooiing van verjaring
ingevolge Artikel 13(1)(g) te
bewys. In besonder verg dit van die
eiser om te bewys van wanneer tot wanneer die hoofskuld die voorwerp
was van ân eis wat teen
die insolvente boedel ingedien is.â
[10] Eiser het die
begin- en bewyslas aanvaar en die getuienis van ân
Kredietbestuurder: Regsinvorderings van eiser, ene Mnr. Michau,
aangebied, aan die hand van ân bundel dokumente, wat voor my
geplaas is as bewysstuk A. Daarna is eiser se saak gesluit, waarop
Mnr. Danzfuss, wat namens verweerder verskyn het, aansoek gedoen het
om absolusie van die instantsie. Mnr. Möller, wat namens eiser
verskyn het, het hierdie aansoek teengestaan.
[11] Die volgende feite
hier tersaaklik is tans gemeensaak tussen die partye:
Die betrokke koop- of
afbetalingskontrakte;
Die drie eise (âAâ
âBâ EN âCâ) en SMS se aanspreeklikheid teenoor eiser
daarkragtens;
Die likwidasie van SMS,
op 12 Desember 1997;
Die indiening van eiser
se genoemde drie eise teen die boedel van SMS in likwidasie, op 1
Junie 1998;
Die bekragtiging van die
eerste Likwidasie- en Distribusierekening deur die Meester op 8
Augustus 2000;
Die betaling van
dividende ten aansien van gemelde eise A, B en C in die bedrae van
onderskeidelik, R39 789,89, R13 539,69 en R22
922,13, by wyse van
tjeks gedateer 18 Augustus 2000, deur realisering van die
sekuriteite, bestaande uit die verkoopte goedere;
Betekening van eiser se
dagvaarding in hierdie aksie aan verweerder, op 23 Oktober 2001;
Die bekragtiging van die
tweede en finale Likwidasie- en Distribusierekening deur die Meester,
op 19 November 2002;
Dat die beletsel waarop
eiser steun ingevolge die bepalings van Artikel 13(1)(g) van die
Verjaringwet, ontstaan het op 1 Junie 1998.
[12] Met betrekking tot
die korrespondensie en ander dokumentasie vervat in bewysstuk âAâ,
het gemelde Michau getuig dat hy, in
diens van eiser, regmatig beheer
en toesig daaroor uitoefen. Hy het hom egter nie in die posisie kon
verklaar om die korrektheid
van die inhoud daarvan te bevestig nie.
[13] Aangaande Michau se
getuienis het Mnr. Danzfuss, by die aanvang van sy getuienis in hoof,
aangedui dat, hoewel hy nie daarteen
beswaar het dat die dokumente
voorlopig aanvaar word, as âoutentiekâ nie, die korrektheid van
die inhoud daarvan nie erken word
nie en hoorsê-getuienis daarstel,
totdat dit behoorlik bevestig mag word. Mnr. Möller se kontensie op
hierdie punt was dat die
indiening van die dokumente deur Michau
ontvanklik is en aldus aanvaar behoort te word, as regstreekse
getuienis. Hy het hieraangaande
verwys na die beslissings van
HOWARD
& DECKER WITKOPPE AGENCIES & FOUWAYS ESTATES (PTY) LTD v DE
SOUSA
1971 (3) SA 937
T te 940 F en
ESTATE PARRY v
MURRAYS
1961 (3) SA 487
T te 490.
[14] Na my mening is
hierdie beslissings waarna Mnr. Möller verwys het, dermate
onderskeibaar en nie van toepassing nie, dat ek dit
nie nodig vind om
dit verder te ontleed of te behandel nie. Soos ek dit het, is die
posisie dat ân dokument wat eg bewys is, nie
noodwendig toelaatbaar
is nie. Sien Schmidt, Bewysreg, Vierde Uitgawe, die bespreking te
339:
â
Dit is egter wel moontlik dat ân
dokument voorlopig aanvaar word en dat dit vir ân kruisondervraging
gebruik word, terwyl die
egtheid daarvan oorstaan vir ân finale
beslissing aan die einde van die saak. ⦠ân dokument wag eg bewys
is, is nie noodwendig
toelaatbaar nie. Die inhoud kan ontoelaatbaar
wees â byvoorbeeld as dit hoorsê is. ⦠Egtheid moet van
toelaatbaarheid onderskei
word.â
Hiervolgens behoordeel,
is die dokumente vervat in bewysstuk âAâ, veral dan die gedeeltes
soos aangehaal in die getuienis van
Michau, na my mening, na die
inhoud daarvan, by onstentenis van ander getuienis en behalwe vir
sover dit erken is, hoorsê-getuienis
en derhalwe ontoelaatbaar.
[13] Egter, aangesien die
inhoud van sekere van die dokumente in bewysstuk âAâ deur die
avokate behandel is, in die hoof- en kruisverhoor
van Michau, sowel
as in argument, vind ek dit nodig om vervolgens die meriete van die
saak in oorweging te neem, op die basis dat
die inhoud van die
tersaaklike dokumente bewese is. Die meriete is op hierdie basis
deur die advokate beredeneer, aan die hand van
skriftelike
betoogpunte wat ek meen hierin van veel hulp was.
[14] Mnr. Möller se
betoog is, in wese, dat die beletsel wat op 1 Junie 1998 (met
indiening van die eiser se eise by die likwidateurs)
ingetree het,
voortgeduur het tot 19 November 2002, te wete die datum waarop die
Tweede en Finale Likwidasie- en Distribusie- (L
& D) rekening
deur die Meester bekragtig is en dat, kragtens die bepalings van
Artikel 13(1)(g) van die Verjaringswet, verjaring
dus eers ingetree
het na verstryking van ân periode van 1 jaar na die datum waarop
die Tweede en Finale L & D rekening deur
die Meester bekragtig is
- te wete ongeveer gedurende November 2003. Mnr. Danzfuss se
teen-argument is dat die beletsel reeds op
8 Augustus 2000 met
bekragtiging van die Eerste L & D rekening opgehou het om te
bestaan (soos bedoel in Artikel 13(1)(g)), aangesien
daar, vanaf
daardie datum, vir eiser geen realistiese vooruitsigte meer bestaan
het op ân konkurente dividend nie. Volgens die
betoog het die eis
dus verjaar, laastens op 7 Augustus 2001 (dus voor betekening van die
dagvaarding, 23 Oktober 2001).
[15] Ek meen dat dit
aanvaar kan word â dit was nie ernstig deur verweerder se advokaat
betwis nie â dat eiser nie uitsluitlik
op sy gemelde sekuriteite
staatgemaak het nie. Die belangrike vraag wat vir my blyk hier
beslis moet word, is, wat was eiser se
vooruitsigte, soos na
aanvaarding van die Eerste L & D rekening, op betaling van enige
verdere dividend uit die gelikwideerde
boedel van SMS? Soos wat ek
die bespreking van die bewyslas in die
ABSA BANK BEPERK v DE
VILLIERS
â saak in die aangehaalde gedeelte hierbo,
verstaan is die onus om die bestaan en aard van sodanigde
vooruitsigte te bewys, op eiser.
Daarvolgens is ek van mening dat,
indien dit onseker is of die hoofskuld, soos na aanvaarding van die
Eerste L & D rekening,
nog die voorwerp was van die eis wat eiser
ingedien het, eiser se eis in daardie situasie moet faal.
[16] Mnr. Möller het in
sy betoog verwys na verskeie gerapporteerde sake waarin die
aanvaarding deur die Meester van die Finale L
& D rekening
aangemerk is as die spertyd vir die bestaan van die beletsel.
Volgens die betoog is daar wel ân neiging te sien
in hierdie
beslissings dat, soos voor aanvaarding van die Finale L & D
rekening, die beletsel nie sal ophou om te bestaan nie,
ondermeer,
met verwysing na
BANK OF LISBON INTERNATIONAL LTD v NEVES
1992 (3) SA 349
WLMD, te 354 C â D:
â
The creditor would only finally
know what the fate of his claim is when the final liquidation and
distribution account is confirmed.
In the mean time the creditor
should not be required to institute legal proceedings merely to
interrupt the running of prescription.â
Volgens hierdie
beslissing en ook andere deur Mnr. Möller aangehaal - sien
LEIPSIG
v BANKORP LTD
[1993] ZASCA 198
;
1994 (2) SA 128
AD,
NEDCOR
BANK LTD v SUTHERLAND
1998 (4) SA 32
NPD,
KILROE-DALEY v BARCLAYS NATIONAL BANK LTD
[1984] ZASCA 90
;
1984 (4) SA 609
A,
JANS v NEDCOR BANK LTD
2003 (6) SA 646
SCA en ook
ABSA BANK BEPERK
v DE VILLIERS
(
supra
)
- lyk dit nie vir my dat slegs die bekragtiging van die Finale L &
D rekening tot gevolg sal hê dat die beletsel ophou bestaan
nie.
Eerder is dit duidelik uit hierdie beslissings dat bekragtiging van
die Finale L & D rekening, maar een van die gebeure
is wat die
vereiste mate finaliteit tot gevolg kan hê en dat enige ander bewys
wat die vereiste mate van finaliteit illustreer,
voldoende sal wees.
In die
ABSA BANK BEPERK v DE VILLIERS
â saak word onder meer, te 487 G beslis:
â
Boonop het appellant nie bewys dat
daar te enige stadium realistiese vooruitsigte was dat ân gewysigde
of ân heropende likwidasierekening
enige dividend ten opsigte van
die hoofskuld sou meebring nie.â
[17] Enige Likwidasie- en
Distribusierekening is finaal en in die besonder so nadat dividende
uitbetaal is (soos in hierdie geval).
Sien Artikel 408 van die
Maatskappyewet 1973:
â
When an account has lain open for
inspection and - ⦠The Master shall confirm the account and his
confirmation shall have the effect
of a final judgment â¦â
[18] Dit is gemeensaak
dat, soos na aanvaarding van en betaling van dividende uit die Eerste
L & D rekening, eiser nog ân konkurente
eis vir die balans van
die hoofskuld teen die boedel gehad het. Dit blyk verder dat die
enigste gelde wat na bekragtiging van die
Eerste L & D rekening
nog beskikbaar was of realiseer kon word, ân eis teen ân
debiteur, Convatec
was in die bedrag van R683 079,11 (Die
aksie deur die likwidateurs teen die debiteur ingestel, word bestry
en is hangende). Verder,
dat daar ân bedrag van R149 374,28
oorgedra vanaf die Eerste na die Tweede L & D rekening. Die
totale som beskikbaar (mits
dat die volle Convatec eis gevorder sou
word) vir preferente en konkurente eisers beloop dus R832 453,39. Ek
is nie ingelig aangaande
die bestaan van enige verdere realiseerbare
bates nie.
[19] Die preferente eise
wat bewys, aanvaar en toegelaat is, is die volgende:
Ontvanger van
Inkomste R867 883,16
Die
Vergoedingskommissaris R 2 864,66
Die
Werkloosheidsversekeringfonds R 3 628,43
___________
Die totaal hiervan beloop
R874 376,25
Hierbenewens blyk daar
ook ander preferente eise te wees, aan wie nie op datum van
bekragtiging van die eerste rekening uitbetaal
is nie. Dit sluit in
eise vir salarisse en lone deur werknemers ensovoorts, in die totale
bedrag van R656 309,01.
[20] Met verwysing na
hierdie gegewens is in kruisverhoor die stelling aan Mnr. Michau
gemaak dat daar na bekragting van die eerste
rekening geen
moontlikheid meer bestaan het vir ân konkurente dividend nie. Sy
antwoord daarop was, sondermeer: âI agreeâ.
[21] Die voormelde feite
regverdig na my mening die afleiding dat, soos tydens en na die
Eerste L & D rekening die uitbetaling
van enige verdere dividend
aan eiser reeds uiters onwaarskeinlik was. Ek kan nie bevind dat
eiser bewys gelewer het van die teendeel,
of van enige realistiese
vooruitsig op betaling van verdere dividende aan hom, nie. Eiser het
derhalwe, na my oordeel, nie bewys
dat die hoofskuld, soos vanaf
datum van bekragtiging van die Eerste L & D rekening, 8 Augustus
2000, nog enigsins die voorwerp
was van ân eis wat hy teen die
insolvente boedel ingedien het nie. Hiervolgens het die beletsel dus
opgehou om te bestaan soos
vanaf 8 Agustus 2000. Dit beteken dat die
hoofskuld, laatstens, ân jaar later, voor datum van uitreiking van
die dagvaarding,
verjaar het.
Die getuienis wat deur
eiser aangebied is, het na my oordeel nie die potensiaal om ân
bevinding in sy guns te bewerkstellig nie
en is nie sodanig dat ân
redelike Hof ten gunste van eiser kan beslis nie. Dus meen ek dat
die aansoek om absolusie van die instansie
moet slaag.
[22] Wat betref koste,
sal dit die uitslag volg. Mnr. Danzfuss het egter versoek dat die
kostebevel sal insluit die kwalifiserende
koste van ân
mede-likwidateur, Mnr. A W Freeman. Die versoek is deur Mnr. Möller
teengestaan. Ek meen dat dit aanvaar kan word
dat Mnr. Freeman die
verhoor bygewoon het, op las van ân subpoena en beskikbaar was en
mee gekonsulteer is deur eiser.
Mnr. Freeman is nie
gedaag en bekendgestel as ân deskundige, soos bedoel in Hofreël
36(9)(a)(b) nie. Die benadering van hierdie
Afdeling, soos ek dit
verstaan, is dat die gevraagde koste nie ligtelik toegelaat behoort
te word nie - vergelyk
DONALDSON v SEAWARD
1958 (2) SA
198
(O) te 200 B en die bespreking in
CILLIERS, LAW OF COSTS
,
te paragraaf 13.31 (Uitg. 10). In die lig hiervan en van die
feit dat Mnr. Freeman nie getuig het nie en die hof dus nie ingelig
is aangaande sy deskundigheid of die spesiale uitgawes aangegaan om
hom te kwalifiseer nie, is ek nie daarvan oortuig om my diskresie
ten
gunste van ân spesiale kostebevel uit te oefen nie. Die versoek
van Mnr. Danzfuss word dus geweier.
[23] Bygevolg, in al
hierdie omstandighede, is die bevel van die Hof, dat die verweerder
verlos word van die instansie, met koste.
______________________
H. A. L. SCHREUDER, WR
Namens die eiser: Adv.
M.J. Möller
In opdrag van:
Israel Sackstein &
Matsepe
BLOEMFONTEIN
Namens die
verweerder: Adv. F. W.A. Danzfuss SC
In opdrag van:
Schoeman Maree
Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/em