S v Radebe and Others (SR24/2005) [2005] ZAFSHC 73 (10 February 2005)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Inappropriate sentence — Accused convicted of robbery with aggravating circumstances — First and third accused sentenced to 15 years imprisonment — Second accused sentenced to 8 years imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act, which is an invalid sentence exceeding the statutory limit — Court reviews and corrects the second accused's sentence to 5 years imprisonment in accordance with the law.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 73
|

|

S v Radebe and Others (SR24/2005) [2005] ZAFSHC 73 (10 February 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.:
SR24/2005
DIE STAAT
versus
MOKHETHI
RADEBE
Beskuldigde
1
ANANIAS
DONJORE
Beskuldigde
2
LAWRENCE
HLAHORE
Beskuldigde
3
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
CILLIé R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
10
FEBRUARIE 2005
_____________________________________________________
Die beskuldigdes in
hierdie saak is in die Streekhof te Sasolburg skuldig bevind aan Roof
met verswarende omstandighede. Beskuldigdes
1 en 3 is elk gevonnis
tot 15 jaar gevangenisstraf. Beskuldigde 2 is ingevolge artikel
276(1)(i) van die Strafproseswet (Wet Nr.
51 van 1977) gevonnis tot 8
jaar gevangenisstraf. Hierdie laasgenoemde vonnis is nie ‘n
bevoegde vonnis nie omdat artikel 276A(2)(b)
bepaal dat ‘n vonnis
ingevolge artikel 276(1)(i) nie 5 jaar te bowe mag gaan nie. Die
Streekhofpresident het die saak nou reeds
vir hersiening voorgelê
alhoewel daar aan aldrie beskuldigdes verlof verleen is om teen hulle
skuldigbevindings en vonnisse te appelleer.
Soos die strafappèlrolle
tans daar uitsien, mag dit ‘n jaar of langer duur voordat die appèl
aangehoor word.
Dit
is nie doenlik om nou beskuldigde 2 se vonnis te heroorweeg sonder
die voordeel van mondelinge betoog nie. Die onbevoegde vonnis
moet
egter reggestel word.
Gevolglik word
Beskuldigde 2 se vonnis tersyde gestel en vervang met ‘n vonnis van
5 jaar gevangenisstraf ingevolge artikel 276(1)(i)
van die
Strafproseswet.
_________________
J.P.
MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
____________
C.B.
CILLIé, R