S v Nculo and Another (SR25/2005) [2005] ZAFSHC 71 (10 February 2005)

60 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review — Sentencing procedures — Accused found guilty of multiple charges, including rape — Magistrate failed to refer case to High Court for sentencing as required by law — Review initiated by Regional Court President seeking to set aside sentences and refer matter for appropriate sentencing — Court held that referral to High Court was mandatory and ordered the matter to be sent for sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 71
|

|

S v Nculo and Another (SR25/2005) [2005] ZAFSHC 71 (10 February 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.:
SR25/2005
DIE STAAT
versus
HEADMAN Z. NCULO EN
ANDERE
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
CILLIé R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
10
FEBRUARIE 2005
_____________________________________________________
Bogenoemde beskuldigde
het as Beskuldigde 1 saam met 3 ander mans in die Streekhof te
Sasolburg tereggestaan op altesaam 9 aanklagte.
THANDEKHAYO
SOBEKIWE was Beskuldigde 2. Laasgenoemde is die enigste beskuldigde
wat skuldig bevind is op aanklag 1, synde ‘n
aanklag van
verkragting in omstandighede waar die slagoffer meer as eenkeer deur
hetsy die beskuldigde of ‘n mededader of medepligtige
verkrag is
soos bedoel in Deel 1 van Bylae 2 van die Strafregwysigingswet (Wet
no. 105 van 1997). Ingevolge Artikel 52 (1) van die
Wet moes die
Landdros die verrigtinge na skuldigbevinding gestaak het en die saak
na die Hoë Hof verwys het vir vonnisoplegging.
Hy het egter vir
Beskuldigde 2 gevonnis op aanklag 1 sowel as die ander aanklagte
waarop hy skuldig bevind is (aanklagte 2,4,6
en 7). Die
Streekhofpresident stuur nou die saak op hersiening ingevolge Artikel
304(4) van die Strafproseswet (Wet nr 51 van 1977)
met die versoek
dat al die vonnisse van Beskuldigde 2 tersydegestel word en dat ‘n
bevel uitgereik word waarkragtens sy saak na
die Hoë Hof verwys word
vir vonnis.
Dit is duidelik dat daar
aan die Streekhofpresident se versoek voldoen moet word. (
S
v MAKHUBE
2004 (1) SASV 99 (T) en Artikels 52A en 52B van Wet nr. 105 van 1997)
Gevolglik
word die volgende bevel uitgereik:
Die vonnisse van
Beskuldigde 2 (THANDEKHAYO SOBEKIWE) op aanklagte 1,2,4,6 en 7 word
tesyde gestel.
Die verrigtinge word na
die Vrystaatse Hoë Hof verwys vir vonnis van Beskuldigde 2 op
gemelde aanklagte.
_________________
J.P.
MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
____________
C.B. CILLIé, R
/em