About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 23
|
|
Maartens v Le Roux NO (4325/2004) [2005] ZAFSHC 23 (10 February 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr. : 4325/2004
In
die saak tussen:
PIETER
CHRISTOFFEL MAARTENS
APPLIKANT
en
JUAN
LE ROUX N.O.
RESPONDENT
CORAM:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
3
FEBRUARIE 2005
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
GELEWER OP:
10
FEBRUARIE 2005
Applikant verhuur aan
respondent twee plase en ân hoeveelheid skape ingevolge ân
skriftelike huurkontrak (aanhangsel âPCM1â
tot die funderende
verklaring). Die huurtermyn is drie jaar vanaf 1 Augustus 2003 met
ân opsie aan respondent om die termyn vir
ân verdere drie jaar te
verleng. Op 13 Desember 2004 verkry applikant ân dringende
ex
parte
bevel in hierdie Hof wat soos volg lui:
â
WORD
DIT GELAS DAT:
1. Hierdie aansoek as ân dringende
aansoek aangehoor word en dat afgesien word ooreenkomstig Reël
6(12(a) van die Wet op Hooggeregshof,
59 van 1959 van die vorms en
betekening van prosesstukke.
2. ân Bevel
nisi
uitgereik word wat die
respondent oproep om redes, indien enige aan te voer, op Donderdag, 6
Januarie 2005 om 10h00 waarom die volgende
bevel nie verleen sal word
nie.
2.1 die respondent nie verbied sal
word om enige verdere skaap en aanteel daarvan wat respondent van die
applikant gehuur het kragtens
die bepalings van Bylae âPCM1â te
verkoop tot tyd en wyl die skaapgetalle bereik is soos uiteengesit in
aanhangsel âAâ tot
bylae âPCM1â nie.
2.2 die respondent nie gelas moet word
om binne ân periode van 14 (veertien) dae na bekragtiging van
hierdie bevel die skaapkudde
moet aanvul soos uiteengesit in
aanhangsel âAâ tot bylae âPCM1â tot dieselfde getal skape
soos uiteengesit, getal en ras
skape soos uiteengesit in aanhangsel
âAâ tot bylae âPCM1â nie.
2.3 die respondent nie die koste van
hierdie aansoek moet betaal nie.
3. ân Tussentydse bevel uitgereik
word wat die respondent verbied om enige verdere skaap en die aanteel
daarvan soos uiteengesit
in aanhangsel âAâ tot die Huurkontrak
bylae âPCM1â te vervreem hangende die uitslag van hierdie aansoek
nie.â
(Aanhangsel âAâ tot
die huurkontrak sit die veegetalle soos volg uiteen:
Ramme - 32
Merino
ooie - 471
Vleismerino
ooie - 662)
Hierdie
is die verlengde keerdag van bogenoemde bevel.
Die totale huurgeld vir
die jaar vanaf 1 Augustus 2004 beloop R214 189,86 en moes in
kwartaallikse paaiemente van R61 044,10 betaal
word. Dit is
applikant se saak dat respondent vir die kwartaal vanaf 1 November
2004 R3 000,00 te min huur betaal het en boonop
klousules 6.2, 8.2,
8.5 en 8.7 van die huurkontrak verbreek het. Hierdie klousules lui
soos volg:
â
6.2 Die skaap sal jaarliks deur die
BKB beampte van die betrokke streek geklasseer en deurgegaan word.
Die betrokke BKB beampte sal
die skaap op die eiendom tel en ân
bevestigde verklaring van die getalle en gehalte van die kudde
uitreik. Enige koste verbonde
aan die uitreik van sodanige
sertifikaat sal vir die rekening van die huurder wees.
8.2 Die huurder sal kwartaalliks ân
vee-inventaris opstel en as korrek sertifiseer en sal met die
betaling van die huurgeld aan
die Verhuurder besorg word.
8.5 Die huurder sal te alle tye die
kwaliteit, kondisie, gehalte en samestelling van die skaap soos
uiteengesit in aanhangsel âAâ
hiertoe onderhou en versorg en die
voorstelle, advies en klassering deur die BKB beampte stiptelik
uitvoer.
8.7 Die uitbastering van die skaap wat
deur die huurder van die Verhuurder gehuur word, mag onder geen
omstandighede plaasvind nie.
Slegs ramme of saad van ramme wat deur
die gevolmagtigde beampte goedgekeur is, mag in die skaapkudde
gebruik word.â
Applikant beweer verder
in sy funderende verklaring dat hy persoonlik die betrokke plase op 9
Desember 2004 besoek het, die skape
getel het en die volgende gevind
het:
Ramme - 25
Merino
ooie - 198
Vleismerino
ooie - 424
Lammers
(aanteel) - 590
Hierop
antwoord respondent soos volg:
â
3.2.2
AD
PARAGRAAF 6.2:
BKB
is
nie deur enige van die partye tot die kontrak in kennis gestel van
die ooreenkoms nie. Klousule 6.2 van die ooreenkoms plaas geen
verpligting op my in hierdie verband nie.
AD PARAGRAAF 6.3:
(i) Ter agtergrond wens ek te vermeld
dat ek die applikant al vir bykans twee-en-twintig jaar ken en was
ons, tot en met ân insident
op
11
Desember 2004
, wat
hierinlater meer volledig behandel word, baie goeie vriende. Ek en
applikant was gedurende die
1980âs
saam op Universiteit en het saam ân toeriste-besigheid in Botswana
gehad gedurende die laat
1990âs.
(ii) Applikant het gevolglik nie
minder as vier maal per jaar by my aan huis kom kuier sedert ons die
genoemde ooreenkoms aangegaan
het nie. Gedurende hierdie geleenthede
het ek die applikant presies meegedeel en ingelig wat met die
veegetalle aangaan, hoeveel
skape van watter samestelling in elke
kamp aangehou word en wat my toekomsprojeksies was.
(iii) Ek
het verdermeer by ten minste twee geleenthede die inventaris bedoel
in klousule 8.2 van die ooreenkoms, aan hom gefaks en
is dit
gevolglik onwaar dat hy
âgeensins
ân vee-inventarisâ
ontvang het nie.
Ek is verdermeer nooit formeel
aangemaan oor so ân inventaris nie en het ek die indruk gekry dat
die applikant afgesien het van
die regte wat hy in terme van
klousule 8.2 van die ooreenkoms verkry het.
AD PARAGRAWE 6.4 EN 6.5:
(i) Die beweringe gemaak onder hierdie
sub-paragrawe moet in perspektief gesien word. Dit sal vir my
onmoontlik wees om op elke dag
van die ses jaar huurtermyn, te
waarborg dat die skaapgetalle presies sal wees soos wat ek dit
ontvang het. Daar is immers vrektes
onder die vee, ooie raak oud en
moet vervang word, wisselings in wol- en vleispryse vind plaas, pryse
van wol- en vleisrasse wissel
en dies meer. Hoewel ek kennis neem
van die bepalings van klousules 8.5 en 8.7 van die ooreenkoms, was ek
onder die indruk dat my
primêre verpligting in terme van die
ooreenkoms was dat ek die vee, soos uiteengesit in aanhangsel
âBâ
tot bylae
âPCM1â
tot die funderende
verklaring, ontvang en dan aan die einde van die huurtermyn teruggee,
terwyl ek maandeliks my huurverpligtinge
teenoor die applikant nakom.
In die verband is dit nodig om te
vermeld dat die Merinoskape wat ek aanvanklik ontvang het,
hoofsaaklik ân wolras is en glad
nie goed presteer vir
vleisdoeleindes nie. Die Vleismerino aan die anderkant, is geskik
vir wol- en vleisdoeleindes.
Verdermeer was die gehalte/kondisie
van die skape wat ek aan die begin van die huurtermyn ontvang het,
swak. Wanneer ooie se kondisie
tydens lamtyd byvoorbeeld nie na
wense is nie, is hulle geneig om hul lammers weg te gooi en moet die
lam en ooi vir ân tydperk
aan mekaar vasgemaak word, sogenaamde
âvasmaak lammersâ
.
Gedurende die lamseisoen van
September 2003
het ek ±400 vasmaak lammers gehad, terwyl die lamseisoen van
September 2004
slegs
21 vasmaak lammers opgelewer het.
Verdermeer was die wolskeersel van
2003
van swak gehalte en was ± die helfte breekwol. Die wolskeersel van
2004
het geen breekwol opgelewer nie. Die wolgehalte word ook
hoofsaaklik deur voeding beïnvloed.
Vrektes onder die skape het ook
dramaties afgeneem. Gedurende die eerste ses maande van die
huurtermyn het ±70 skape (ooie en
lammers) gevrek, teenoor nie meer
as 20 die daaropvolgende jaar nie.
Bogenoemde verskille is gemaak
aangesien ek aansienlike onkostes aangegaan het (en steeds aangaan)
op die skaapkudde ten opsigte
van voeding en medisyne. Ek het
byvoorbeeld 70 ton mielies en meer, teen ân
R1,000.00
per ton, as byvoer gebruik en spandeer
R1,500.00
aan veelekke per maand, sedert die aanvang van die huurooreenkoms.
Die 32 ramme wat ek van die applikant
ontvang het, was van min waarde en het ek almal verkoop teen
R410.00
stuk. Ek het 21 ander ramme aangekoop, 10 teen
R2,150.00
stuk en 11 teen
R2,600.00
stuk.
Bewyse vir die verkoop en aankoop van
ramme hierby aangeheg en gemerk aanhangsels
âBâ,
âCâ
en
âDâ
.
Die ander 4 ramme wat tans by die
ooie loop, is ramme wat ekself geteel het en is ±
R2,000.00
stuk werd.
Hoewel daar tans minder ramme is as
wat ek van die applikant ontvang het, kan daar geen twyfel wees dat
ek waarde toegevoeg het
tot sy kudde nie.
As gevolg van dieselfde redes het ek
ooie wat ek van die applikant ontvang het, verkoop en vervang (en
sal verder aanvul) met ooie
van beter gehalte. Die verkoop en
aankoop van skape het telkens gepaard gegaan met advies van ân
beampte van
BKB
.
Die Agbare Hof word weereens verwys na
aanhangsel
âBâ
,
asook na aanhangsel
âEâ
.
(xii) Verdermeer, en in die lig van
wat in paragraaf 3.2.3
supra
vermeld is, het ek van die begin af die applikant meegedeel dat ek
die Merino getalle wil verminder en my wil toespits op Vleismerinoâs.
Ek het applikant ook gedurende
Januarie
2004
, meegedeel dat ek
Vleismerino ramme wil aankoop, en al die Merino ramme wil verkoop.
Applikant het my meegedeel dat dit in orde
is, maar dat ek 200 Merino
ooie moet uithou, aangesien hy dit aan sy vader verskuldig is.
Soos reeds vermeld, het ek applikant
tydens sy besoeke aan my presies op hoogte gehou met wat aangaan met
die skaapgetalle en het
hy dit so in
orde gevind.
(xiv) Dit is gevolglik duidelik dat
applikant bykans sedert die aanvang van die huurooreenkoms ingelig
was dat daar nie streng aan
die bepalings van klousules 8.5 en 8.6
van die ooreenkoms gehou sou word nie en dat applikant van sy regte
in hierdie verband afstand
gedoen het.
3.3
AD
PARAGRAWE 7 EN 8:
(i) Die applikant poog om in hierdie
paragrawe, gelees met paragraaf 11 van die funderende verklaring, die
indruk te skep dat ek besig
is om agteruit te boer en dat ek van die
teelkudde verkoop om my verpligtinge na te kom. Hierdie beweringe,
en suggesties wat daarmee
gepaard gaan, word ten sterkste ontken en
is die teendeel eerder waar. Behalwe dat, getalle gewys, daar tans
meer skape is as wat
ek van die applikant ontvang het, is daar ook ân
aansienlike gehalte- en kondisieverbetering. Uit aanhangsels
âBâ
tot
âEâ
is dit duidelik dat,
wanneer ek van die teelkudde verkoop, ek dit telkens met duurder
aanteelskape vervang het.
Hoewel ek dit reeds vermeld het, wens
ek te benadruk dat ek slegs van die teelkudde verkoop het wanneer
daardie skape nie meer winsgewend
was nie.
Daar moet in gedagte gehou word dat
van die 590 aanteellammers, ±300 ooie was, waarvan ek ±250
geoormerk het om deel van die teelkudde
te word. Hierdie lammers
sal binne die volgende twee maande gereed wees vir teeldoeleindes.
Van die 620 ooie wat ek tans het, is
±400 dragtig. Aangesien al die ramme wat ek tans gebruik, geteel
is om tweelinglammers se
produksie te bevorder, verwag ek ten minste
500 lammers, waarvan ±200 geoormerk sal word vir jong ooie in die
teelkudde.
Wanneer die mielie-oes in
Julie
2005
afkom, beoog ek
verder om 200 dragtige ooie aan te koop.
Ek beoog gevolglik om binne die
volgende nege maande, die teelkudde met ten minste 600 ooie te
vergroot.
Beter pryse word beding vir
Vleismerino ooie as dié vir Merino ooie, aangesien eersgenoemde
groter en swaarder weeg. Al word al
die Merino ooie wat ek van die
applikant ontvang het, vervang met Vleismerino ooie, sal ek aan die
einde van die huurtermyn in
staat wees om die applikant se Merino
ooie terug te lewer en nog ân wins te maak.â
Applikant betwis in
repliek meeste van respondent se bewerings en verduidelikings. Hy
heg ook ân dokument aan (aanhangsel âPCM2â)
wat deur partye op
25 September 2004 onderteken is en waarin hy verklaar dat hy
ââ
n moontlike presedent wat geskep
is deur die nalating van nakoming van die kontrakvoorwaardes deur J.
le Roux wil regstelâ
en verwys pertinent na
die laat-betaling van huurgeld en die nie-nakoming van, onder andere,
klousules 8.2 en 8.7 van die huurkontrak
wat hierbo aangehaal is.
Die feit dat applikant dit nodig gevind het om hierdie dokument op te
stel, verleen na my mening stawing
vir respondent se bewerings dat
daar in die voorafgaande jaar afwykings van die streng bepalings van
die huurkontrak was wat applikant
oogluikend toegelaat het.
(Paragrawe 3.2.3 en 3.2.4 (xii), (xiii) en (xiv) van respondent se
opponerende verklaring hierbo aangehaal.)
Hierdie dokument toon ook
ondubbelsinnig aan dat applikant op sy eie weergawe minstens vanaf
September 2004 bekommerd was oor die
veegetalle. Hy verklaar ook dat
respondent gedurende besoeke aan hom op die plaas âontwykendâ was
oor veegetalle. Soos ek die
stukke verstaan, het hierdie âontwykingâ
bestaan nog voor September 2004. Daar is geen verduideliking waarom
applikant gewag
het tot 9 Desember 2004 om die skape self te tel nie.
Indien daar dringendheid bestaan het om ân interdik te verkry wat
respondent
verbied om skape te verkoop, kom dit voor asof applikant
self die dringendheid veroorsaak het. Hoe dit ookal sy, daar bestaan
diepgaande
wesentlike feitegeskille op die stukke.
Wanneer daar in ân
aansoek vir finale regshulp gevra word (soos in die onderhawige
aansoek) en daar feitedispute op die stukke bestaan
â
a final order â¦â¦.. may be
granted if those facts averred in the applicantâs affidavits which
have been admitted by the respondent,
together with the facts alleged
by the respondent, justify such an order.â
(PLASCON-EVANS
PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) op p. 634 H â I).
Omtrent al wat gemenesaak
tussen die partye is, is die samestelling van die skaapkudde by die
aanvang van die huurtermyn op 1 Augustus
2003 en tydens applikant se
telling 16 maande later op 9 Desember 2004. Die verskille tussen die
getalle blyk uit wat hierbo aangehaal
is.
Dit is duidelik uit die
stukke dat applikant se grootste enkele dryfveer vir die aansoek
respondent se verkoping van die oorspronklike
ramme en ooie was â
vandaar die bewoording van die smeekbedes in die Kennisgewing van
Mosie (wat sonder wysiging in die bevel
nisi
beliggaam
is).
Mnr. Reinders se betoog
namens applikant is kort en kragtig: Die talle feitegeskille tussen
die partye is gladnie tersaaklik nie.
Die huurkontrak bepaal
uitdruklik dat geen wysiging daarvan van krag sal wees nie tensy dit
op skrif gestel en deur beide partye
onderteken is (klousule 19(2)).
Dit is gemenesaak dat respondent nie
âdie
samestelling van die skaap onderhouâ
het soos vereis deur
klousule 8.5 van die huurkontrak nie deurdat hy ramme en ooie verkoop
het en derhalwe moet die bevel
nisi
bekragtig
word. Namens respondent voer Mnr. Greyling
in
limine
aan dat die bevel
nisi
opgehef
behoort te word omdat applikant nie voldoen het aan die voorskrifte
van Hofreël 6(12) met betrekking tot dringende aansoeke
nie.
Hofreël 6 handel met
aansoeke. Ingevolge Reël 6(5)(b) moet die respondent minstens vyf
dae na betekening van die Kennisgewing van
Mosie (so na as moontlik
aan Vorm 2(a)) gegun word waarbinne hy moet kennis gee van sy
voorneme om die aansoek te bestry, by gebreke
waaraan die aansoek
minstens tien dae na betekening ter rolle geplaas sal word. Hofreël
6(12) handel met dringende aansoeke en
lui soos volg:
â
(12)(a) By
dringende aansoeke kan die hof of ân regter afsien van die vorms en
betekening wat die reël voorskryf en kan hy so ân
aangeleentheid
afhandel waar en wanneer en soos hy goeddink, maar sover moontlik in
ooreenstemming met die reels.
(b) In elke beëdigde verklaring of
petisie wat ter ondersteuning van ân aansoek ingevolge paragraaf
(a)
van
hierdie subreël ingedien word, moet die applikant uitdruklik die
omstandighede vermeld wat volgens hom die aangeleentheid dringend
maak en die redes waarom hy beweer dat hy nie mettertyd wesenlike
verhaal by gewone beregting sal kry nie.
(c) Iemand teen wie ân bevel in ân
dringende aansoek in sy afwesigheid toegestaan is, kan by
kennisgewing die saak ter rolle plaas
vir heroorweging van die
bevel.â
Mnr. Greyling het veral
klem gelê op die tweede vereiste in Reël 6(12)(b) en aangevoer dat
applikant nie âuitdruklik redes verstrek
waarom hy nie mettertyd
(Engels: âin due courseâ) wesentlike verhaal by gewone beregting
sal kry nieâ. Soos ek die Reël verstaan,
beteken dit dat ân
applikant in sy funderende verklaring
uitdruklik
moet verduidelik waarom die voorskrifte van Reël 6(5)(b) nie nagekom
moet word nie. (Sien in hierdie verband
CROWTHER
EN ANDERE v PLAASLIKE OORGANGSRAAD VIR BETHLEHEM EN ANDERE
[1997] ALL SALR 230 (O) asook
LUNA
MEUBEL VERVAARDIGERS (EDMS) BPK v MAKIN AND ANOTHER (t/a MAKINâS
FURNITURE MANUFACTURERS)
1977 (4) SA 135
(W) en sake daar aangehaal. In hierdie geval het
applikant nie Vorm 2(a) van die Reëls gebruik nie. Al wat applikant
in sy funderende
verklaring sê met betrekking tot dringendheid,
verskyn in paragraaf 11 wat soos volg lui:
â
Ek beweer met respek dat hierdie
aansoek dringend van aard is. Die Respondent is klaarblyklik van
voorneme om verdere verkope van
die kudde te doen wat ter enige tyd
kan geskied, het ek ook die indruk gevorm dat die Respondent oor
ernstige finansiële probleme
beskik deurdat die Respondent nie tydig
die huurgeld betaal nie en klaarblyklik skaap verkoop om huurgeld te
betaal.
Indien ek nie drasties teen die
Respondent optree en die Respondent verhoed om verdere verkope te
doen van die skaapkudde nie, dan
en in daardie geval sal ek
onherstelbare skade ly. Soos reeds gestel het die Respondent
Saterdag, die 11de Desember 2004 my uitdruklik
meegedeel dat hy wel
van voornemens is om verdere skape te verkoop en verkry ek die indruk
dat die Respondent hom hoegenaamd nie
steur aan die bepalinge van die
Huurkontrak, hierby aangeheg gemerk BYLAE âPCM1â nie.â
Die rede wat applikant
vir dringendheid aanvoer, is derhalwe onherstelbare skade. In
THE
LAW AND PRACTICE OF INTERDICTS
deur Prest sê die geleerde skrywer op p. 261 die volgende:
ââ¦â¦
the
fact that a litigant with a claim sounding in money may suffer
serious financial consequences by having to wait his turn for the
hearing of his claim does not entitle him to preferential treatment.
â¦â¦ The mere fact that irreparable losses are being suffered
by
the applicant is not sufficient by itself to warrant urgency.
âSerious and irreparable financial lossesâ may well satisfy
a
requirement justifying a claim for an interdict, but they do not, as
such, render the application urgent.â
Ek stem met eerbied
hiermee saam sowel as met die gesag waarna die geleerde skrywer
verwys. Dit volg dat applikant nie voldoen het
aan die voorskrifte
van Hofreël 6(12)(b) nie deurdat hy nie in sy funderende verklaring
uitdruklik redes verstrek waarom hy nie
mettertyd wesentlike verhaal
by gewone beregting sal kry nie. Na my mening moes die bevel van 13
Desember 2004 derhalwe nie toegestaan
gewees het nie. (Sien in
hierdie verband die ongerapporteerde uitspraak deur Van Coppenhagen R
in hierdie Afdeling in
NONDUMO
v THE HEAD: FREE STATE DEPARTMENT OF FINANCE, EXPENDITURE AND
ECONOMIC AFFAIRS,
Saak
Nr. 4146/2002 gedateer 12 Desember 2002). Vir hierdie rede alleen
kan die bevel
nisi
opgehef word. Na my mening is hierdie ân gepaste geval waarin die
bevel opgehef moet word.
In
elk geval moet daar op respondent se weergawe bevind word dat
applikant ân ander remedie het as die interdik, te wete ân
skadevergoedingsaksie.
In die lig van hierdie
gevolgtrekkings is dit nie nodig om met die ander argumente van die
advokate te handel nie.
In sy opponerende
verklaring sê respondent dat applikant die hofprosedure misbruik het
deur met ân onbehoorlike motief die Hof
op ân dringende basis te
nader en vra hy ân bestraffende kostebevel teen applikant.
Applikant ontken in repliek dat hy die aansoek
aanhangig gemaak het
as gevolg van die voorval op 11 Desember 2004 soos respondent beweer.
Ek is nie oortuig dat respondent se bewerings
in hierdie verband nie
waarskynlik waar is nie. Hoe dit ookal sy, respondent se bewerings
is in geskil. Daarbenewens het applikant
klaarblyklik op die advies
van sy prokureur staatgemaak deur die aansoek op ân dringende basis
aanhangig te maak. Ek kan derhalwe
nie bevind dat hy die
hofprosedure misbruik het nie. In sy betoog het Mnr. Greyling tereg
nie aangedring op ân bestraffende kostebevel
nie.
Gevolglik
word die volgende bevel uitgereik:
1. Die bevel
nisi,
sowel
as die tussentydse bevel, in paragrawe 2 en 3 onderskeidelik van die
bevel gedateer 13 Desember 2004, word opgehef.
2. Applikant word gelas
om respondent se koste te betaal.
_________________
J.P.
MALHERBE, RP
Namens
die applikant: Adv. S. Reinders
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. P. du P. Greyling
In
opdrag van:
Bezuidenhouts
Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/sp