About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 117
|
|
S v Mofokeng (59/2005) [2005] ZAFSHC 117 (3 February 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings Nr. : 59/2005
DIE
STAAT
versus
NTSHINKI
JABULANI MOFOKENG
CORAM:
VAN
DER MERWE R
et
VOGES
WND R
UITSPRAAK:
VOGES
WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
3
FEBRUARIE 2005
Hierdie aangeleentheid is
deur die landdros van Bethlehem na hierdie hof verwys vir hersiening.
Sy is van mening dat die
beskuldigde se reg op ân billike verhoor aangetas is en dat dit in
belang van geregtigheid nodig is dat
die huidige verrigtinge tersyde
gestel en die beskuldigde
de
novo
voor
ân ander landdros verhoor moet word.
Die
verhoor het alreeds gevorder tot in die verdedigingsaak toe die
beskuldigde aangedui het dat die hoftolk nie korrek tolk nie.
Nadat ân ander tolk
gevra was om die getuienis van die betrokke getuie oor te tolk, het
dit geblyk dat âdaar wel dele was wat
die tolk nie elke woord
oorgetolk het nie of selfs verkeerd getolk hetâ.
Daarna, aldus die
landdros, âhet die Staat sowel as Mnr de Beer die hof meegedeel dat
hulle tevrede is met Mnr Mbango se getolkte
weergawe van die
verrigtinge en dat die saak net voortgesit moet word met ân ander
tolk. Beide van hulle se mening is dat aangesien
die getuie nog
onder kruisverhoor is, die Staat en die verdediging nog steeds die
geleentheid het om die weersprekings tydens haar
getuienis en
kruisondervraging op te klaarâ.
Aangesien daar nog geen
skuldigbevinding was nie, is artikel 304(A) van die Strafproseswet Nr
51 van 1977 natuurlik nie van toepassing
nie.
â
n
Hoër hof het die bevoegdheid om die verrigtinge van ân laerhof
voor die voltooiïng daarvan te hersien. Hierdie bevoegdheid
moet
egter spaarsamig uitgeoefen word, omdat dit nie in belang van
regspleging is dat hofgedinge broksgewys afgehandel word nie.
Die
algemene reël is dat die uitoefening van hierdie
hersieningsbevoegdheid beperk word tot daardie seldsame gevalle waar
onreg
nie anders vermy kan word nie. (Sien
LE
GRANGE EN âN ANDER v LOUBSER N.O. EN âN ANDER
1990 (2) SASV 202 (O) en gesag daarin vermeld.)
In die onderhawige
verrigtinge bekla nóg die verdediging nóg die Staat hulle tans oor
ân onbillike verhoor.
Aangesien die verhoor nog
nie afgehandel is nie, kan foute wat met die vertolking van getuienis
ingesluip het, indien dit wel so gevind
word deur enige van die
partye, nog uitgewys en reggestel word.
Sonder
om die twee vertolkings te vergelyk, is dit nie moontlik om die
omvang en effek van die tolk se fout(e) te beoordeel nie.
Dit kan nie tans bevind
word dat die beskuldigde nie ân billike verhoor gehad het nie. Die
situasie mag vanselfsprekend anders
wees sou ân appèl of
hersiening volg ná afhandeling van die verhoor.
Ek
is nie tevrede dat ingryping op hiersiening voor afhandeling van die
verrigtinge in die landdroshof tans noodsaaklik is nie.
Die
saak word na die landdroshof terugverwys vir afhandeling.
________________
M. VOGES, WND R
Ek
stem saam.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
/sp