About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 70
|
|
Lichtenburg Graan Trustees (Edms) Beperk v Star Choice 51 (Edms) Bpk (2415/2004_) [2005] ZAFSHC 70; ; (3 February 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr.: 2415/2004
LICHTENBURG GRAAN
TRUSTEES (EDMS)
Applikant
BEPERK
en
STAR CHOICE 51
(EDMS) BEPERK
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
27
JANUARIE 2005
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
3
FEBRUARIE 2005
_____________________________________________________
[1] Die applikant, het op
29 Julie 2004 die gebruiklike, minstens wat betref hierdie afdeling,
bevel van voorlopige likwidasie teen
die respondent verkry.
Die aansoek was verskeie
kere na die keerdatum uitgestel en die keerdatum verleng.
Die
voorlopige likwidateurs was egter intussen aangestel, en finaalmaking
van die voorlopige bevel word deur een van die gewese direkteure
van
die respondent opponeer.
[2] Die applikant se
gronde vir die aansoek soos uiteengesit in die funderende verklaring
is tweeledig; eerstens dat respondent as
skuldenaar ten bedrae van
R384 788,69 van applikant, soos bedoel in artikel 344(f) saamgelees
met artikel 345 van die Maatskappyewet,
Wet nr 61 van 1973, geag moet
word nie instaat te wees om skulde te betaal nie en tweedens dat soos
bedoel in artikel 344(h) van
die Maatskappyewet dit reg en billik is
dat die respondent gelikwideer word.
[3] Respondent
veg beide gronde aan.
[4] In
die funderende stukke maak applikant die pertinente bewering dat die
verskuldigdheid en opeisbaarheid van die beweerde verskuldigde
bedrag
voortspruit uit verpligtinge ingevolge skriftelike ooreenkomste,
aangeheg tot die funderende stukke.
Die skriftelike
ooreenkomste of kontrakte, die bestaan en geldigheid waarvan nie deur
die respondent betwis word nie is ân enkele
dokument met verskeie
bylaes en behels ân verhurings- en kontrakteursooreenkoms met
standaard termyn en voorwaardes, (aanhangsel
A met bylaag B tot die
funderende stukke, in produksieooreenkoms (aanhangsel A bylaag C) en
ân bestuursooreenkoms (aanhangsel A
bylaag D).
Die interpretasie en
impak van voormelde ooreenkomste is wat betref die eerste grond vir
likwidasie, die wese van die geskil. Respondent
voer aan dat op ân
behoorlike interpretasie van die ooreenkomste geen bedrag aan
applikant verskuldig is nie en applikant dus nie
locus
standi
het om die aansoek te bring nie.
[5] Vir die beregting van
die geskilpunt ten aansien van die interpretasie van die kontrakte is
dit onnodig om na die argumente van
die onderskeie partye te verwys.
Wat duidelik uit die
voormelde ooreenkomste blyk, en dus ook die duidelike bedoeling van
die partye is, is dat applikant onroerende
eiendom van respondent
gehuur het waarop respondent as sogenaamde kontrakteur vir en van
applikant graangewasse moes verbou.
[6] Klousule
7.2 van die sogenaamde kontrakteursooreenkoms bepaal:
â
Die kontrakteur sal:
â¦â¦
.
Verantwoordelik wees vir die totale
verbouing van die gewasse binne die termyn van hierdie ooreenkoms,
die gewas sowel as alle
insetmateriaal en roumateriale te berg, te
beskerm en aan te wend en die grond tydig voor te berei. Die
kontrakteur sal alle
arbeid, masjienerie, toerusting, brandstof,
buite kontrakteurs produksiemiddele en kundigheid wat nodig is om
die gewasse aan
te plant, te verbou, te onderhou en te oes,
op
eie koste
voorsien en die
oes vestig in korrek voorbereide grond.â [my beklemtoning]
Die finansiering vir die
verbouing van die gewasse sou applikant op ân tjekrekening vir
respondent in applikant se naam met onttrekkingsfasiliteite
open of
ân rekening in applikant se boeke aanlê waarteen respondent kon
rekwisisie [klousule 3.1.4 van die bestuurooreenkoms aanhangsel
A
bylae D].
As sekuriteit vir die
finansiering van die kontrakteurs sou applikant die eienaar van alle
gewasse op die gehuurde grond wees, terwyl
respondent betaal sou word
vir die produksie van gewasse wat âalle toelaatbare uitgawes en
lenings ten opsigte van insetkoste insluitende
die administrasie
fooiâ oorskry [klousule 3.1.5 aanhangsel A bylae D].
[7] Applikant
beweer dat nadat alle gewasverkope in verrekening gebring is ân
bedrag van R433 971,09 nog uitstaande is op die bedrag
deur
respondent aan applikant verskuldig.
Respondent beweer dat
die balans dit wil sê die verskil tussen die produksiekoste en die
verkope hoogstens R258 703,09 [dit is nadat
sekere regstellings ten
opsigte van versekeringspremies en ongemagtigde betalings aangebring
is] kan wees. In lig van die kontraktuele
verhouding tussen die
partye soos hierbo uiteengesit, sou respondent dus minstens R258
703,09 aan applikant verskuldig wees.
Nie-betaling van
voormelde bedrag is onbetwis, trouens respondent beweer dan juis dat
op grond van die interpretasie van die kontrak
die bedrag nie
verskuldig is nie, en voorts dat weens ân teeneis vir nalatige
uitvoering van applikant se kontrakverpligtinge die
skuld uitgewys
word.
[8] Luidens
die argument namens respondent het respondent gewasse vir die
applikant op die huurgronde op laasgenoemde dit wil sê
applikant se
koste verbou en moet die onderskeie partye hulle verliese self dra.
Die argument bots direk met die klousules hierbo
aangehaal insoverre
dit gemelde aspek betref, en kan dus nie as grondslag dien vir
ontkenning van aanspreeklikheid nie.
[9] Klousule
8.1 van die produksieooreenkoms [aanhangsel A bylae C] wat spesifiek
in die bestuurooreenkoms ingelyf word kragtens klousule
6.2 daarvan
bepaal:
â
8.1 L.G.T.
en die kontrakteur vrywaar mekaar hiermee wedersyds teen enige
aanspreeklikheid wat die âonskuldigeâ mag opdoen en
wat
veroorsaak mag word deur die opsetlike nalatige of onagsame optrede
van die âskuldige partyâ. Versuim van applikant om sekere
kontraksverpligtinge spesifiek met betrekking tot die versekering van
die oes ingevolge die sogenaamde bestuursooreenkoms na te kom
word
dus uitdruklik teen enige sanksie deur applikant kontraktueel
uitgesluit.â
[10] Die resultaat van
die voorafgaande is dat respondent minstens volgens eie berekening
R258 703,09 aan applikant verskuldig is
en vermelde bedrag steeds
onbetaal is. Dit volg dan ook dat die respondent ingevolge Artikel
345 van die Insolvensiewet geag moet
word nie instaat te wees om die
skulde te betaal nie.
[11] Respondent se
bewering dat oor voldoende bates beskik word om skulde te betaal,
word weerlê deur die voorlopige ondersoeke deur
die voorlopige
likwidateur. Die voorlopige likwidateur maak die punt dat die
enigste bate van die respondent ân Ford bakkie is
waarop meer
geskuld word as die waarde daarvan.
Op
voormelde basis oorskry die laste van die respondent die bates en is
dit in die omstandighede reg en billik dat respondent finaal
gelikwideer word.
[13] Ek het oorweging
geskenk aan die versoek dat die koste van opposisie koste in die
likwidasie moet wees.
Uit
die voorafgaande is dit duidelik dat die opposisie tot die aansoek
geen grondslag regtens of andersins gehad het nie; koste was
dus nie
verdienstelik aangegaan nie.
[14] Die
volgende bevel volg:
Die voorlopige bevel
word finaal gemaak.
______________________
G VAN COPPENHAGEN, R
Namens die applikant:
Adv. J.P. Daffue
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. J.P. de Bruin SC
In
opdrag van:
E
G Cooper & Seuns Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/em