du Plessis v du Plessis (4411/2004) [2005] ZAFSHC 22 (2 February 2005)

45 Reportability

Brief Summary

Divorce — Jurisdiction — Rule 43 application — Applicant asserting permanent residence in jurisdiction — Respondent contesting habitual residence — Court finding unchallenged assertion of applicant's residence sufficient to establish jurisdiction — Point in limine dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 22
|

|

du Plessis v du Plessis (4411/2004) [2005] ZAFSHC 22 (2 February 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr. : 4411/2004
HENDRIEN
ASTELL DU PLESSIS
APPLIKANTE
en
DANIEL
JOHANNES DU PLESSIS
RESPONDENT
AANGEHOOR OP:
27
JANUARIE 2005
UITSPRAAK:
VAN
COPPENHAGEN R
GELEWER OP:
3
FEBRUARIE 2005
[1] Applikante in die
reël 43 aansoek wat aan die orde is, is die eiseres in ‘n
egskeidingsaksie onder saak nr 3978/2004 in hierdie
hof.
Respondent is haar
eggenoot van wie sy na bewering vervreem is.
[2] Die aansoek het
afgeskop met ‘n punt
in
limine
naamlik dat die hof nie jurisdiksie het om die aangeleentheid te
verhoor nie.
[3] Per definisie in
artikel 1 van Wet 70 van 1979, die Wet op Egskeiding, is reël 43
aansoeke “egskeidingsgedinge” en is die
hof ingevolge artikel 3
van gemelde wet met jurisdiksie beklee indien die partye in die
egskeidingsgeding of enigeen van hulle
(a) op datum waarop die
geding ingestel word in die regsgebied van die hof gedomisilieerd is;
of
(b) op daardie datum
gewoonlik in die regsgebied woonagtig is en vir ‘n tydperk van
minstens een jaar en onmiddellik voorafgaande
gewoonlik in die
republiek woonagtig is.
[4] In haar funderende
verklaring maak applikante onder andere die volgende bewering:
“
7.1 ……………………………
Ek is toe (12 September 2004) na my moeder Mev H J Smith van die
plaas Valley, Verkeerdevlei,
Vrystaat Provinsie waar ek sedertdien
permanent woonagtig is. ………………………………”
(Invoeging deur my)
Applikante verduidelik
weliswaar dat sy voorneme is om in Kaapstad te gaan werk soek en
indien sy suksesvol is, sy in Mei na haar
moeder terug sal keer
vanwaar sy dan vryskutwerk wil doen.
[5] Teen dié agtergrond
dat applikante nie “permanent” in die Vrystaat woon en werk nie
voer respondent aan dat applikante nie
“gewoonlik” in die
Vrystaat “woonagtig” is nie, en die hof gevolglik nie jurisdiksie
het nie.
[6] Dit moet duidelik
gestel word dat respondent nie applikante se bewering dat sy sedert
12 September 2004 permanent in die Vrystaat
woonagtig is betwis nie,
nog minder word haar stelling dat sy nadat die “modelseisoen”
verby is na die Vrystaat terugkeer en
dat sy vanaf die Vrystaat
vryskutwerk wil doen, betwis.
Myns insiens regverdig
applikante se onbetwiste bewerings die afleiding minstens dat sy ten
tye van die uitreiking van die dagvaarding
op 17 November 2004
gewoonlik in die Vrystaat woonagtig was.
[7] Die punt
in
limine
moet gevolglik afgewys word.
Koste
behoort die resultaat te volg.
[8] Die
volgende bevel word gemaak:
Die punt
in
limine
word afgewys met koste.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Namens
die applikante: Adv. A. Williams
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. S. J. Reinders
In
opdrag van:
McIntyre
& Van der Post
BLOEMFONTEIN
/sp