S v Moholo (562/3004) [2005] ZAFSHC 19 (20 January 2005)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of cannabis — Sentencing discretion — Accused found guilty of possession of cannabis and sentenced to R2,000 or 12 months' imprisonment, half of which was suspended — Review of sentence revealed accused's status as a first offender, age, and personal circumstances — Original sentence deemed inappropriate and replaced with R900 or 6 months' imprisonment, half suspended for 5 years on condition of no further offenses under relevant sections.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 19
|

|

S v Moholo (562/3004) [2005] ZAFSHC 19 (20 January 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 562/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
versus
SABATA
EDWIN MOHOLO
CORAM:
HANCKE
R
UITSPRAAK:
HANCKE
R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
20
JANUARIE 2005
Die beskuldigde in
hierdie saak is skuldig bevind aan oortreding van artikel 4(b) van
Wet 140 van 1992 (besit van dagga) en gevonnis
tot R2 000,00
(tweeduisend rand) of 12 (twaalf) maande gevangenisstraf waarvan die
helfte opgeskort is vir 5 jaar op sekere voorwaardes.
Nadat die saak op
hersiening gestuur is, het my kollega Van der Merwe, R die landdros
versoek om redes te verstrek. In sy redes vir
vonnis wys die
landdros daarop dat die beskuldigde ‘n Rastafarier is en dat ‘n
hof versigtig moet wees om sodanige persoon nie
ligter te straf as
ander besitters en gebruikers van dagga nie. Hy wys ook daarop dat
dit prakties onmoontlik vir ‘n ondersoekbeampte
is om in elke saak
waar ‘n beskuldigde beweer dat hy ‘n Rastafarier is, objektief te
bepaal of dit wel die geval is.
Volgens die rekord van
die verrigtinge blyk dit dat die beskuldigde ‘n algehele eerste
oortreder is wat ‘n betreklike jeugdige
25 jaar oud is. Hy is
ongetroud en het geen kinders nie. Hy woon saam met sy ouma wat ‘n
pensionaris is. Hy is ‘n nuttige
landsburger in die sin dat hy
vrugte en groente verkoop en sowat R300,00 per maand verdien. Hy het
‘n standard 9 kwalifikasie.
Indien die landdros die beskuldigde
uit die gevangenis wou hou, het dit nie plaasgevind nie, omdat,
volgens die J4 vorm die beskuldigde
klaarblyklik nie instaat was om
sy boete te betaal nie en tans nog in die gevangenis is. In aggenome
die omstandighede van die saak,
is ek van mening dat die vonnis
treffend onvanpas is.
Wat
die skuldigbevinding betref, blyk dit in orde te wees.
Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
Die opgelegde vonnis
word tersyde gestel en vervang met die volgende:
R900,00 (negehonderd
rand) of 6 (ses) maande gevangenisstraf, waarvan die helfte opgeskort
word vir 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind
aan oortreding van artikel 5(b) of 4(b) gepleeg gedurende die tydperk
van opskorting nie.
3. Die vonnis word geag
opgelê te gewees het op 18 November 2004.
________________
S.P.B. HANCKE, R
/sp