About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 19
|
|
S v Moholo (562/3004) [2005] ZAFSHC 19 (20 January 2005)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 562/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
versus
SABATA
EDWIN MOHOLO
CORAM:
HANCKE
R
UITSPRAAK:
HANCKE
R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
20
JANUARIE 2005
Die beskuldigde in
hierdie saak is skuldig bevind aan oortreding van artikel 4(b) van
Wet 140 van 1992 (besit van dagga) en gevonnis
tot R2 000,00
(tweeduisend rand) of 12 (twaalf) maande gevangenisstraf waarvan die
helfte opgeskort is vir 5 jaar op sekere voorwaardes.
Nadat die saak op
hersiening gestuur is, het my kollega Van der Merwe, R die landdros
versoek om redes te verstrek. In sy redes vir
vonnis wys die
landdros daarop dat die beskuldigde ân Rastafarier is en dat ân
hof versigtig moet wees om sodanige persoon nie
ligter te straf as
ander besitters en gebruikers van dagga nie. Hy wys ook daarop dat
dit prakties onmoontlik vir ân ondersoekbeampte
is om in elke saak
waar ân beskuldigde beweer dat hy ân Rastafarier is, objektief te
bepaal of dit wel die geval is.
Volgens die rekord van
die verrigtinge blyk dit dat die beskuldigde ân algehele eerste
oortreder is wat ân betreklike jeugdige
25 jaar oud is. Hy is
ongetroud en het geen kinders nie. Hy woon saam met sy ouma wat ân
pensionaris is. Hy is ân nuttige
landsburger in die sin dat hy
vrugte en groente verkoop en sowat R300,00 per maand verdien. Hy het
ân standard 9 kwalifikasie.
Indien die landdros die beskuldigde
uit die gevangenis wou hou, het dit nie plaasgevind nie, omdat,
volgens die J4 vorm die beskuldigde
klaarblyklik nie instaat was om
sy boete te betaal nie en tans nog in die gevangenis is. In aggenome
die omstandighede van die saak,
is ek van mening dat die vonnis
treffend onvanpas is.
Wat
die skuldigbevinding betref, blyk dit in orde te wees.
Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
Die opgelegde vonnis
word tersyde gestel en vervang met die volgende:
R900,00 (negehonderd
rand) of 6 (ses) maande gevangenisstraf, waarvan die helfte opgeskort
word vir 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind
aan oortreding van artikel 5(b) of 4(b) gepleeg gedurende die tydperk
van opskorting nie.
3. Die vonnis word geag
opgelê te gewees het op 18 November 2004.
________________
S.P.B. HANCKE, R
/sp