Claassens v Sentraoes Beperk (3620/2000) [2005] ZAFSHC 18 (20 January 2005)

55 Reportability
Insurance Law

Brief Summary

Insurance — Misrepresentation — Claim for damages arising from hail damage to crops — Plaintiff contended that defendant’s representatives made fraudulent misrepresentations regarding the extent of damage caused by hail, leading to an agreement for a lesser compensation amount — Court held that the agreement was voidable due to misrepresentation, and plaintiff was entitled to restitution of the amount paid under the agreement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2005
>>
[2005] ZAFSHC 18
|

|

Claassens v Sentraoes Beperk (3620/2000) [2005] ZAFSHC 18 (20 January 2005)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 3620/2000
In
die saak tussen:
JOHN
HENRI CLAASSENS
EISER
en
SENTRAOES
BEPERK
VERWEERDER
AANGEHOOR OP:
12,
13, 15 MAART 2002, 27, 28, 30 AUGUSTUS 2002
EN 7, 8 EN 10 SEPTEMBER 2004
UITSPRAAK:
CILLIé
R
GELEWER OP:
20
JANUARIE 2005
[1] Kragtens ‘n
ooreenkoms bereik tussen die partye tydens ‘n reël 37-samespreking
is by die aanvang van hierdie verhoor beveel
dat die meriete en
kwantum van die eiser se vordering teen verweerder geskei word en dat
die die hof slegs die meriete van die eis
sal bereg.
[2] Daardie meriete
spruit voort uit ‘n versekeringsooreenkoms wat tussen die partye
gesluit was. Na aanvullings daartoe was die
finale effek daarvan dat
die verweerder die eiser skadeloos sou stel teen moontlike haelskade
op 400 hektaar koringaanplantings van
die eiser op sy plaas
Steenbokpan in die distrik Hoopstad. Die totale uitgeneemde dekking
was vir ‘n opbrengs van 4 ton per hektaar
teen ‘n geldwaarde van
R2 280 000,00. Afskrifte van hierdie versekeringsooreenkomste is
bylaes “A” en “B” tot die besonderhede
van eis. Dit is
gemene saak dat die vereiste premies betaal was en dat die dekking
wat deur die polisse verskaf was te alle tersaaklike
tye van volle
krag en werking was.
[3] Dit is eiser se saak
dat gedurende die duur van die dekking wat ingevolge die polisse
verskaf was, hael die koringaanplantings
beskadig het, en dat sekere
taksateurs van verweerder die skade bepaal het. Wat daarna gebeur
het, word as volg in paragrawe 7,
8 en 9 van die eiser se
besonderhede van eis uiteengesit:
“
7.
Gedurende die periode 1 tot 3
Desember 1999 en te Steenbokpan
,
distrik HOOPSTAD het verweerder opsetlik,
alternatiewelik
nalatiglik,
alternatiewelik
onskuldig die volgende wanvoorstellings aan die eiser gemaak naamlik:
7.1 dat slegs 15% van die eiser se
skade wat uit hoofde van die gemelde twee versekeringspolissie
verseker is, veroorsaak is deur
hael;
7.2 dat die res van die eiser se skade
veroorsaak is deur voëls teen welke skade die Verweerder nie die
eiser verseker het nie.
8.
Die gesegde voorstellings is gemaak
met die doel om die eiser te oorreed om die ooreenkoms waarna in die
volgende paragraaf verwys
word, te sluit en aan te gaan:
Eiser het geglo dat die
voorstellings die waarheid is;
Eiser het die ooreenkoms in die
hieropvolgende paragraaf uiteengesit met die verweerder gesluit en
aangegaan op grond van die
geloof in die voorafgaande subparagraaf
vermeld;
Eiser sou nie die ooreenkoms met die
verweerder gesluit het en aangegaan het indien eiser bewus was van
die ware toedrag van sake
nie;
Die ware toedrag van sake was dat
die skade deur hael veroorsaak is en nie deur voëls nie.
9.
Gevolglik het eiser en verweerder op
of omtrent
15 Desember 1999
ooreengekom dat verweerder aan eiser slegs die bedrag van
R91,599,00
sal betaal ten opsigte van
die eiser se skade wat uit hoofde van bylaag
“A”
en
“B”
verseker is.”
[4] Nadere besonderhede
tot hierdie beweringe verduidelik dat die voorstellings deur die
taksateurs van verweerder genaamd Venter,
Theron en Bester gemaak sou
gewees het. Dit word voorts aangevoer dat die beweerde ooreenkoms
toe met voormelde Bester namens verweerder
gesluit is. In paragraaf
10 van die besonderhede van eis word dan as volg konkludeer:
“
10
Gevolglik is die ooreenkoms tussen
eiser en verweerder waarna in die voorafgaande paragraaf verwys is,
nietig,
alternatiewelik
was eiser geregtig om dit te kanselleer, het hy dit gekanselleer,
alternatiewelik
word dit hiermee gekanselleer. Eiser tender hiermee restitusie van
die bedrag van
R91,599,00
ingevolge die ooreenkoms ontvang.”
[5] In ‘n eerste
alternatiewe eis word as volg beweer:
“
12
In die alternatief tot paragraaf 7
tot 11:
12.1 Ingevolge die ooreenkoms gesluit
en aangegaan tussen die partye soos vermeld in paragraaf 9 was
verweerder verplig om aan eiser
te betaal die bedrag van
R1,571,661,00
ten
opsigte van skade deur eiser gely op
400
ha
koring, welke bedrag
bereken en saamgestel word soos uiteengesit in bylaag
“D”
.
12.2 Verweerder het aan eiser betaal
die bedrag van
R91,599,00
synde die ooreengekome skade ten opsigte van slegs
146
ha
.
12.3 Gevolglik is verweerder nog
aanspreeklik teenoor eiser vir betaling van die bedrag van
R1,480,062,00
ten opsigte van die skade aangerig aan die restant van die koring.
Die berekening en samestelling blyk uit Bylaag
“D”
.”
(Die verwysing na
paragraaf 9 is foutief en moet verstaan word as paragrawe 3 en 4.)
[6] ‘n Verdere
alternatiewe eis beweer dat:
“
13.
In
die alternatief tot paragrawe 7 tot 12:
13.1 Ingevolge die bepalings van die
ooreenkoms tussen die partye moes die Verweerder die Eiser se
versekerde skade volgens voorgeskrewe
taksasieprosedures bepaal.
13.2 In die alternatief tot paragraaf
13.1 was dit ‘n uitdruklike,
alternatiewelik
stilswyende,
alternatiewelik
geïmpliseerde term van die ooreenkoms tussen die partye dat die
Verweerder die Eiser se skade sal takseer op ‘n kundige en
betroubare
metode ten einde ‘n betroubare en verteenwoordigende
weergawe van die omvang van die skade te bied.
13.3 Die Verweerder het versuim om op
te tree ooreenkomstig die bogemelde twee sub-paragrawe en gevolglik
die omvang van die Eiser
se skade foutief, nie verteenwoordigend nie,
en onbetroubaar takseer en het die taksasieproses wat gevolg is, nie
die ware omvang
van die Eiser se skade bepaal nie.
13.4 Indien die Verweerder die
korrekte taksasieprosedures sou gevolg het en die ware omvang van die
Eiser se skade korrek verteenwoordigend
en betroubaar sou vasgestel
en bepaal het, sou Verweerder die skade vasgestel het en bepaal het
vir die bedrag en omvang soos uiteengesit
in paragraaf 11 (met
verwysing na bylaag “C”).
13.5 Gevolglik is Verweerder aan Eiser
verskuldig betaling van die bedrag van R1 119 485,23 soos bereken en
saamgestel in paragraaf
11
supra
.”
[7] Dit is gemeensaak dat
die bedrag van R91 599,00 deur verweerder aan eiser betaal is op
grond van skade soos dit deur verweerder
getakseer was, en wel nadat
eiser die taksasies aanvaar en onderteken het.
[8] Verweerder pleit op
hierdie beweringe dat eiser die taksasie van die haelskade onderteken
en aanvaar het dat dit die enigste skade
was wat daar was (skade deur
‘n vroeëre brand veroorsaak is nie in hierdie geding tersaaklik
nie) en dat eiser hom nie ingevolge
artikel 12 van die
versekeringspolis op arbitrasie beroep het nie. Gemelde klousule 12
lees as volg:
“
Indien die versekerde teen ‘n
taksasie beswaar maak en weier om die taksasievorm te teken, moet hy
hom binne 3 dae na taksasie uitgevoer
is op arbitrasie beroep deur
Sentraoes skriftelik daarvan kennis te gee en terselfdertyd sy
arbiter met sy adres en telefoonnommer
benoem …. Die twee arbiters
voer eers die arbitrasie uit en indien hulle twee nie eenstemmigheid
kan bereik nie, gee die skeidsregter
uitsluitsel. Die beslissing van
die arbiters of andersins van die skeidsregter is finaal en geen
appèl mag daarteen aangeteken
word nie. Die arbitrasiebevinding
vervang die oorspronklike taksasie onder alle omstandighede vir
eiservergoedingsdoeleindes.”
(Net die relevante
gedeeltes van die klousule is aangehaal.)
[9] Dit is nie ‘n
geskil nie dat die eiser ongeveer 5 maande na die taksasie die
verweerder die eerste keer versoek het om die geskil
oor taksasie na
arbitrasie te verwys en dat verweerder dit geweier het. Op daardie
stadium was die 3 dae tydperk na verwys in artikel
12 natuurlik lank
reeds uitgeloop.
[10] In repliek steun
eiser daarop dat die gewraakte klousule 12 skeibaar is van die
restant van die polis en dat eiser verskoon moet
word van
nie-nakoming van klousule 12 omdat dit vir hom onmoontlik geword het
om ingevolge daarvan op te tree. In die verdere alternatief
versoek
die eiser tersydestelling van klousule 12 ooreenkomstig artikel 3(2)
van die Arbitrasiewet Nr. 42 van 1965.
[11] Die
geskil tussen die partye word benader op die basis dat die bewyslas
ten aansien van onder andere die volgende aspekte op
die eiser rus:
Dat Venter, Theron en
Bester in die periode 1 tot 3 Desember 1999 wanvoorstellings aan die
verweerder gemaak het ten effekte dat
die skade grootliks deur voëls
en nie hael nie veroorsaak was. In die repliek word inderdaad
gesteun op bedrieglike wanvoorstellings;
Dat dit gedoen was met
die bedoeling om die eiser te oorreed om die taksasie te aanvaar;
3. Die eiser vertrouende
hierop die taksasies aanvaar en arbitrasie laat vaar het;
Die skade nie deur voëls
nie, maar deur hael veroorsaak was;
Hierdie wanvoorstelling
dit onmoontlik gemaak het vir eiser om aan klousule 12 van die polis
te voldoen;
Die omstandighede van
die saak so is dat klousule 12 ingevolge die Arbitrasiewet Nr. 42
van 1965 tersyde gestel moet word.
[12] Wat die feite van
hierdie saak betref, draai alles om die taksasie van die eiser se
beweerde skade en die feit dat hy verkies
het om nie op arbitrasie te
gaan nie.
[13] Die kern van eiser
se getuienis was in hierdie verband dat Venter en Theron die dag van
die taksasie (wat volgens eiser 1 Desember
1999 was, maar volgens
alle ander aanduidings ‘n dag of wat vroeër was) die houding
ingeneem het dat die eiser hul tyd mors, dat
daar nie haelskade was
nie en dat voëls sy oes vernietig het. Op sy aandrang is wel
getakseer, maar was hy nie tevrede met die
taksasie nie. Daarop het
eiser sy vertroueling, Bester, wat ook as taksateur verbonde is aan
verweerder, geskakel. Twee ander taksateurs
in die persone van Van
Huyssteen en Van Vuuren het later die dag ook taksasies kom doen,
maar daar was geen verandering in die taksasie
nie. Dit is nie nodig
om uiteen te sit welke taksateurs welke lande takseer het nie. Dit
blyk uit die bewysstukke wat deel vorm
van die bundel gemerk “A”.
Volgens eiser was hy steeds ontevrede met die taksasies en is daar
toe van arbitrasie melding gemaak.
Dit is ‘n begrip wat hy nie
mooi begryp het nie en die volle betekenis waarvan hy nie ingesien
het nie. Eiser het toe weer vir
Bester gebel wat toe die volgende
dag tesame met Venter, weer die lande hertakseer het. Bester het toe
‘n verhoogde persentasie
skade naamlik 15% op die lande, wat nog
nie afgestroop was nie, bepaal en aangebied om dit uit te betaal.
Volgens die eiser kan
hy nie onthou of Bester hom ook ingelig het van
die arbitrasieprosedure nie. Hy het egter Bester se taksasie aanvaar,
omdat hy dié
vertrou het. Op grond van die hoeveelheid groen opslag
wat veel later op die lande sigbaar was, het hy later tot die
gevolgtrekking
gekom dat sy haelskade veel groter was as wat takseer
was.
[14] Die eiser se
weergawe dat die hele konsep van arbitrasie vir hom vreemd en
onbekend was, is ernstig onder verdenking. Die getuienis
van Theron
en Venter asook Bester dat die prosedure aan hom verduidelik was, is
oortuigend. In die lig van eiser se opleiding en
jarelange ervaring
as boer wat sy gewasse verseker, is dit erg onwaarskynlik dat hy nie
die begrip en inslag hiervan verstaan het
nie. Volgens sy getuienis
doen hy ook geen werklike moeite om noukeurig navraag in hierdie
verband te doen nie. Dit is onbegryplik
waarom verweerder se getuies
onbehulpsaam sou wees met betrekking tot arbitrasie en presies hoe
dit werk. Dit sou eenvoudig vir
eiser gewees het om hulp te kry ten
einde te weet hoe om op te tree. Eiser is intelligent genoeg om te
besef dat die hele aangeleentheid
rondom arbitrasie krities is vir sy
sukses met sy eis. Die gevolgtrekking is onafwendbaar dat eiser
agter onkunde aangaande die
inslag en werking van arbitrasie skuil,
in ‘n poging om die implikasies hiervan te ontsnap.
[15] Dit staan wel vas
dat die eiser deur die voormelde taksateurs meegedeel was dat as hy
wil arbitreer, die stropery voorlopig moet
stop. Dit is ‘n reg wat
die verweerder in terme van die bepalings van die polis (vergelyk
artikel 10 daarvan) het. Die getuienis
is egter duidelik dat so ‘n
arbitrasie die volgende dag al kon geskied.
[16] Uit die getuienis as
‘n geheel is dit duidelik dat die eiser ‘n doelbewuste besluit
geneem het om nie op arbitrasie te gaan
nie. Sy begeerte om die oes
ingesamel te kry en die stroperkontrakteur se dreigement dat hy nie
wag nie, was duidelik die rede daarvoor
en nie enige wanvoorstellinge
deur die taksateurs nie. Die versoek wat eiser se prokureur veel
later vir arbitrasie gerig het, sou
uitgeloop het op ‘n sinnelose
oefening en is ‘n poging om die voorskrifte van die polis in
hierdie verband te ontkom. Arbitrasie
moet tog geskied ooreenkomstig
die raamwerk van die polis.
[17] Die eiser het my nie
oortuig daarvan dat ‘n wanvoorstelling deur verweeder se getuies
hom beweeg het om nie te arbitreer nie.
Daar is gevolglik geen
grondslag vir ‘n bevinding dat verweerder se toedoen arbitrasie
onmoontlik gemaak of verhoed het soos deur
eiser aangevoer word nie.
Die aanvaarding van die taksasies en die daaropvolgende uitbetaling
van die skade was in uitvoering van
die bepalings van die polis. Om
dit in te klee soos eiser doen, as ‘n afsonderlike ooreenkoms, is
geforseerd en kunsmatig en ‘n
poging om ‘n skuldoorsaak te vind
om die konsekwensies van die besluit om nie te arbitreer nie, te
ontkom.
[18] Die eiser se beroep
op artikel 32 van die Arbitrasiewet kan ook nie slaag nie. Waar ‘n
party tot ‘n ooreenkoms wat ‘n
arbitrasieklousule bevat doelbewus
besluit om nie te arbitreer nie, maar vir eie redes die
status
quo
aanvaar, sal die hof nie ligtelik die diskresie wat artikel 3(2) bied
later in so ‘n party se guns uitoefen nie. In sodanige
omstandighede
is daar nie voldoende “compelling reason for refusing
to hold a party to his contract to have a dispute resolved by
arbitration”
nie. Vergelyk
UNIVERSITEIT
VAN STELLENBOSCH v J A LOUW (EDMS) BPK
1983 (4) SA 321
(A) op 333 e.v. Benewens dit het ek twyfel of
artikel 3(2) daarop gerig is om met ‘n situasie wat
expost
facto
soos hier ontstaan het, te handel. Hierdie is ‘n bepaling wat
gerig is op die toekoms. Die onderhawige klousule het tog reeds
as
gevolg van tydverloop en voldoening sy aanwending verloor.
[19] Die eiser se tweede
alternatiewe skuldoorsaak (paragraaf 13 van die besonderhede van eis)
berus op die bewering dat die verkeerde
prosedure tydens die taksasie
gebruik was. Dit verwys na die aanvanklike weglating van die
sogenaamde buitenste rye by berekening
van die skade. Volgens Bester
was dit foutief en het hy in sy “her- of hersieningstaksasie of
inspeksie” (wat mens dit nou ookal
wil noem) dit wel in ag geneem.
Dit is ook buite geskil dat eiser op grond van Bester se berekeninge
uitbetaal is vir sy skade al
was dit nie ‘n formele taksasie nie.
Die bewering in paragraaf 13.4 dat as die korrekte taksasieprosedure
gevolg was, die eiser
se skade die gemelde bedrag sou wees, is nie
bewys nie. Geen oortuigende getuienis tot daardie effek was voorgelê
nie. Die getuienis
van die deskundiges berus op
ex
post facto
-berekeninge
wat nie bo die berekeninge van veral Bester aanvaar kan word nie.
Bester was ‘n goeie getuie en vir soverre as wat
sy berekeninge nie
presies ooreenkomstig prosedure was nie, is ek nie oortuig dat dit
die omvang van die werklike skade enigsins
wesentlik beïnvloed het
nie.
[20] Mnr. Danzfuss,
namens die eiser, se versoek in sy slotbetoog dat die hof ‘n bevel
moet maak dat die verweerder aan eiser moet
betaal die bedrag skade
wat hy mag bewys hy gelei het as gevolg van die hael sonder dat eiser
gebonde is aan die kontraktueel voorgeskrewe
wyse vir bepaling en
bewys van sy skade, kan dus nie toegestaan word nie. Ek bly
onoortuig daarvan dat die eiser se skade in enige
mate hoër is as
dit wat inderdaad aan hom uitbetaal is.
[21] Bygevolg
word eiser se eis afgewys met koste.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens die eiser: Adv.
F.W.A. Danzfuss SC
In
opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. J.P. de Bruin SC
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/sp