S v Letshela (317/1985) [1986] ZASCA 115 (30 September 1986)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Special entry regarding irregularities in trial proceedings — Appellant convicted of murder, robbery, and assault, sentenced to death — Appeal against convictions and sentence based on alleged trial irregularities, including refusal of pro deo counsel's request to withdraw — Court found that trial court's refusal to allow counsel to withdraw constituted an irregularity, but did not affect the fairness of the trial or the outcome — Convictions upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 115
|

|

S v Letshela (317/1985) [1986] ZASCA 115 (30 September 1986)

LL
Saak No 317/1985
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appél van:
JOHANNES LETSHELA
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: TRENGOVE, VILJOEN, VAN HEERDEN,
JACOBS ARR et BOSHOFF WAR
VERHOORDATUM
: 15 SEPTEMBER 1986
LEWERINGSDATUM
: 30 SEPTEMBER 1986
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
...
2.
VAN HEERDEN AR
:
Die appellant, 'n volwasse man, is in die Wit-
watersrandse Plaaslike Afdeling skuldig bevind op aan-
klagte van moord, roof met verswarende omstandighede
en aanranding met die
opset om ernstig te beseer. Wat
die moordklag betref, is bevind dat
versagtende omstan-
dighede nie aanwesig was nie en is die appellant gëvolg-
lik ter dood
veroordeel.
As gevolg van 'n spesiale aantekening ingevolge art 317 (1) van die
Strafproseswet 51 van 1977 wat die verhoorregter na afloop van
die verhoor op
die oorkonde aangebring het, en verlof tot appèl wat origens deur hom
verleen is, is die onderhawige appèl
gerig teen die skuldigbevindings op
al drie aanklagte asook teen die doodvonnis gegrond op die genoemde
bevinding.
Op 5 Julie 1983 is wyle mev Barthorpe op wreed-aardige wyse in haar huis in
die distrik van Kemptonpark om die lewe gebring. Sy is
'n groot aantal
steekwonde
/met ...
3. met 'n kleinerige mes toegedien en die lem daarvan het dan ook
uiteindelik in haar nek afgebreek. Die oor-saak van haar dood was
egter asfiksie
nadat sy met
'n tou om haar nek verwurg is.
Die getuienis wat by die verhoor gelei is, toon onteenseglik aan dat die
appellant die geweldenaar was en dat hy 'n aantal artikels
in die huis
buitgemaak het. Dit is dan ook slegs op grond van die spesiale inskry-wing dat
die skuldigbevindings op die eerste en
tweede aanklagte aangeveg is. Die derde
aanklag het betrek-king op 'n meswond wat die appellant kort na die dood van die
oorledene
haar eggenoot sou toegedien het, en ten aansien van die
skuldigbevinding op hierdie aanklag geld 'n verdere grond van appèl
waarna ek later terug-keer.
By die verhoor was die verdediging toegespits
op die geestestoestand van die appellant. Die genoemde inskrywing hou dan ook
slegs daarmee verband. Ten
/einde ...
4.
einde die inslag daarvan te begryp, is dit nodig om ietwat uit
te wei.
Uit die oorkonde kan afgelei word dat op meer as een stadium lasgewings
ingevolge artikels 77 (1) en 78 (2) van die Strafproseswet
uitgereik is. Dit het
meegebring dat die appellant oor 'n lang tydperk in Weskoppies hospitaal
ondersoek is. Die bevindings waartoe
drie psigiaters in Maart 1985 in 'n
eenparige verslag gekom het, is egter deur die verdediging betwis en gevolglik
het al drie by
die aanvang van die verhoor getuienis gegee. Nadat beslis is dat
die appellant in staat was om die verrigtinge dermate te begryp
dat hy sy
verdediging na behore kon voer, is die verhoor voortgesit. Die getuienis wat toe
gelei is, het onder andere aangetoon dat
die appellant uit die betrokke huis
gevlug het enkele oomblikke voordat die oorledene se lyk daarin aangetref is, en
dat hy teenoor
'n landdros in 'n
skriftelike verklaring erken het dat hy die
oorledene
/met ...
5.
met 'n mes gesteek en verwurg het. Toe hy getuig het,
het
die appellant ontken dat hy die oorledene doodge-
maak het, maar sy getuienis
was haas onverstaanbaar.
Die rede daarvoor sal later blyk.
Na aflegging van die appellant se getuienis het die drie psigiaters weer eens
ingevolge art 78 (4) van die Strafproseswet getuig.
Die kern van hulle
getuie-nis was dat daar by die appellant geen tekens van enige psigose of
geestesversteuring was nie; dat daar
geen aanwysings was nie dat die appellant
ten tyde van die ge-beure op 5 Julie 1983 dermate deur 'n geestesongesteld-heid
of -gebrek
aangetas was dat hy nie in staat was nie om die ongeoorloofdheid van
sy dade te besef of om ooreenkomstig sodanige besef op te tree,
en dat die
appellant se gedrag gesimuleerd was in die sin dat hy deurgaans, en ook in die
getuiebank, probeer voorgee het dat hy
aan 'n geestesversteuring gely het. Dit
is nie nodig om die psigiaters se getuienis in besonderhede
/te ...
6.
te ontleed nie want dit is nie in geskil nie dat hulle op
oortuigende wyse hulle menings gerugsteun het. Dit is dan ook nouliks nodig
om
te noem dat die verhoorhof bevind het dat die appellant nie bewys het dat hy ten
tyde van die betrokke gebeure ontoerekeningsvatbaar
was nie.
Soos aanstons sal blyk, is met verwysing na die spesiale inskrywing betoog
dat die verhoorregter onreëlmatighede begaan het,
en dat indien dit nie
ge-beur het nie die appellant hom moontlik wel van be-doelde bewyslas sou gekwyt
het. Sodanige onreëlmatig-hede
sou begaan gewees het terwyl speurdersersant
Nyakane namens die Staat getuig het.
Nyakane het tesame met die ondersoekbeampte die oorledene se huis kort na
haar dood besoek en was ook teenwoordig toe die appellant
vroeg die volgende
oggend gearresteer is. Hy getuig dat die appellant tydens sy arrestasie normaal
opgetree het. Hy maak
/egter ...
7.
egter ook melding van 'n geleentheid nadat die
appellant ongeveer 'n week in aanhouding was. Toe het die appel-lant 'n lawaai
gemaak
en nadat Nyakane hom gaan waarsku het, het hy "many stories" vertel.
Gedurende kruis-verhoor het Nyakane die appellant se gedrag
op dié
geleentheid soos volg beskryf:
"My Lord, something like, when I asked him: Why are you making such a noise?
And then he said: Jimmy is worrying me, something like
that."
Nyakane het ook getuig dat op 'n stadium tussen die appellant se arrestasie
en sy verskyning in die landdroshof op 2 Augustus 1983
hy sy klere in die selle
geskeur het. Hierna het die verhoor 'n verrassende wending geneem toe die
appellant se advokaat vir Nyakane
ondervra het aangaande mededelings wat
laasgenoemde be-weerdelik aan die advokaat en ook aan sy pupil sou ge-maak het.
Vir die doeleindes
van die spesiale in-skrywing is slegs die beweerde
mededelings aan die
/advokaat ...
8.
advokaat ter sake en die aard daarvan blyk uit die vol-gende
uittreksel uit die notule:
"Now, during an adjournment, when I was
walking down that passage past
you, you said
to me: Hey, man, your client is mad. One
could see that from
the way that he committed
this crime. Do you admit that? No.
You deny that? Yes, My Lord, I deny
that.
And do you also deny that my response to you while I was walking past you
was: Are you
prepared to say that in the box? I do re-
member that the Counsel for Defence, My Lord, asked me whether I was prepared
to repeat what I had said to him in the witness box,
and then I asked him: Do
you not take jokes?
I put to you that was not your answer.
Your answer was ..., you smiled
sheepishly and
you said: No, of course not. Do you deny
that? No, I deny
that.
So, you deny specifically that you never said that at the time of the
commission of the crime, from what you could observe there at
the scene of the
crime and from the accused himself during the arrest, your impression is that
he
was mad. You never said that? Yes, My
Lord, I deny that.
I put it ..., finally, My Lord, just to
put it more specifically, is that
when you said
this, I actually asked you: So, you mean from
the way he
committed the crime? You confirmed
that. No."
/Hierna ...
9.
Hierna het die advokaat vir die appellant, wat
pro deo
opgetree het, aansoek gedoen om verlof om hom te onttrek sodat hy
as verdedigingsgetuie beskikbaar kon wees en 'n ander advokaat
vir Nyakane
verder onder kruisverhoor kon neem. Die Staat het die aansoek bestry en die
houding ingeneem dat Nyakane se getuienis
in sy geheel geïgnoreer kon word.
Op grond daarvan is die aansoek geweier en is beslis dat Nyakane se getuie-nis
as't ware geskrap
moes word. In die uitspraak is dan ook later genoem dat
besluit is om bedoelde getuienis "in geheel te ignoreer".
Dit was bogenoemde beslissings van die verhoor-regter wat gelei het tot die
aanbring van die spesiale aantekening wat soos volg lui:
"Die spesiale aantekening is dat my beslis-sing dat die verdedigingsadvokaat
homself nie van die saak mag onttrek en beskikbaar mag
stel as 'n getuie nie, en
dat die getuie-nis van Speurder-Sersant B NYAKANE gevolglik beskou moet word
asof dit nooit gelewer is
nie, onreëlmatig is en/of met die reg strydig is,
deurdat getuienis uitgesluit is, wat tot
/gevolg ...
10.
gevolg gehad het dat die saak van die ver-dediging benadeel
is."
Op appél het die appellant se advokaat in eerste instansie betoog dat
'n hof nie die bevoegdheid het om 'n aansoek van 'n
pro deo
advokaat om
hom van die verrigtinge te onttrek, af te wys nie. In hierdie verband is gesteun
op die volgende
dictum
van Milne R in
S v Gibson N O and Others
1979 (4) S A 115
(D) 123:
"So far as I am aware, however, the Court has no greater powers in respect of
pro deo
counsel than it has in respect of counsel who appear on brief ...
It is certainly the usual practice if
pro deo
counsel wishes to withdraw
for him to 'ask for leave to with-draw', but I have some doubts as to whether
the Court would be entitled
to refuse to allow him to do so."
Die kwessie is egter nie ten volle voor ons
beredeneer nie en ek beskou dit dus onwenslik om, tensy dit nodig is,
uitsluitsel daaroor te gee. Om redes wat sal blyk, is ek ook
dan bereid om ten
gunste van die appellant te veronderstel dat die hof a
quo
/verkeerdelik ...
11.
verkeerdelik die aansoek om onttrekking geweier het en dat dit 'n
onreëlmatigheid gekonstitueer het.
Ek kom dan by die vraag of die veronderstelde onreëlmatigheid van so 'n
aard was dat, soos vereis deur art 322 (1) van die Strafproseswet,
geregtigheid
inder-daad nie geskied het nie. Die appellant se advokaat (wat ook namens hom by
die verhoor opgetree het) het tereg
nie betoog nie dat die blote weiering van sy
aansoek
per se
noodlottig was. Hy het egter aangevoer dat indien 'n ander
advokaat vir Nyakane ondervra het met verwysing na getuienis wat hy (die
appellant se advokaat) sou kon gee, Nyakane moontlik sou erken het dat hy die
beweerde mededelings gemaak het en dan ook sou gemeld
het op welke konkrete
waarnemings sy opvat-ting van die appellant se geestestoestand berus het.
Sodanige waarnemings sou, so is voorts
geargumenteer, lig kon werp op die
geestestoestand van die appellant ten tyde van die betrokke gebeure.
/In ...
12.
In die lig van die voorgaande is dit nodig om die beweerde mededelings van
Nyakane te ontleed. Wat in eerste instansie opval, is dat
dit nooit aan Nyakane
gestel is dat hy melding gemaak het van spesifieke op-trede aan die kant van die
appellant waaroor hy in sy
getuienis geswyg het nie. Tweedens sou Nyakane se
indruk dat die appellant kranksinnig was slegs op 'n beperkte waarneming
betrekking
gehad het. Eers is aan Nyakane gestel dat hy sou gesê het dat
met die oog op die wyse waarop die moord gepleeg is 'n mens kon
sien dat die
appellant kranksinnig was. Later is hy gevra of hy ontken het dat hy gesê
het "from what you could observe there
at the scene of the crime and from the
accused himself during his arrest, your impression ... (was) ... that he was
mad". Net daarna
is die tref-wydte van die voorgaande egter soos volg
beperk:
"I put it . ., finally, My Lord, just to put it
more specifically
, is
that when you said this, I actually asked you:
So, you
/mean ...
13.
mean from the way he committed the crime
? You confirmed that." (My
onderstreping.)
Dit blyk dus dat al wat die kruisverhoorder uiteindelik verstaan het, was dat
Nyakane te kenne ge-gee het dat die appellant kranksinnig
was vanweë die
wyse waarop die oorledene om die lewe gebring is. Verdere kruisverhoor van
Nyakane deur 'n ander advokaat met
verwysing na sy beweerde indruk sou dus
hoogstens 'n erkenning kon ontlok het dat die getuie op grond van bepaalde
waarnemings by
die moordtoneel die appellant as kranksinnig beskou het. Sodanige
getuienis van Nyakane sou egter geensins die appellant gebaat het
nie aangesien
die aard van die aanval op die oorledene, asook die toestand waarin die huis net
na haar dood aangetref is, volledig
deur ander getuies beskryf is. Die feite
waaruit afleidings, indien enige, oor die geestestoestand van die dader gemaak
kon word,
is derhalwe wel voor die hof geplaas.
/Dit ...
14.
Dit is dus duidelik, meen ek, dat indien die aansoek om onttrekking
toegestaan was verdere kruis-verhoor met betrekking tot Nyakane
se beweerde
mede-delings geen nuwe feite aangaande die appellant se geestestoestand aan die
lig sou gebring het nie.
Die appellant se advokaat het egter ook betoog dat die verhoorregter 'n
onreëlmatigheid begaan het deur te beslis dat Nyakane
se getuienis
geïgnoreer moes word, en ek meen dat hy gelyk gegee moet word.
Indien 'n getuie reeds getuig het, bly sy toe-laatbare getuienis deel van die
bewysmateriaal voor die hof en ek is nie bewus van enige
grondslag waarop 'n hof
bevoeg sou wees om sodanige getuienis sonder die toestemming van die partye in
effek te rojeer nie. In beginsel
verskil die beslissing van die hof a
quo
dan ook nie van een waarvolgens toelaatbare getuienis van meet af uitgesluit
word nie (vgl
R v M
1970 (1) S A 323
(R, A D)) en wat duidelik
onreëlmatig is.
/Weliswaar ...
15.
Weliswaar het Nyakane nie ten behoewe van die appellant
getuig nie, maar getuienis van 'n Staatsgetuie kan van-selfsprekend ook tot
voordeel van 'n beskuldigde aange-wend word.
Die onreëlmatigheid wat deur die verhoofhof begaan is, val klaarblyklik
nie in die tweede kategorie van onreëlmatighede
vermeld in
The State v
Moodie
1961 (4) S A 752
(A) 758 nie. Wat die eerste kategorie betref, is die
toets wat sedert die sestigerjare toege-pas word of daar in die getuienis en
die
bevindinge oor geloofwaardigheid van die verhoorhof wat nie deur die
onreëlmatigheid geraak word nie bewys van skuld buite
redelike twyfel is:
S v Yusuf
1968 (2) S A 52
(A) 57. Hierdie toets kan egter nie toegepas
word nie in die geval van 'n onreëlmatigheid wat verband hou met 'n aspek
ten aansien
waarvan die bewyslas op die beskuldigde rus. In so 'n geval, meen
ek, is die kardinale vraag of dit duidelik is dat, indien die
onreëlmatigheid
nie begaan
/is ...
16.
is nie, die beskuldigde hom nogtans nie van sy bewyslas sou gekwyt het
nie.
In die onderhawige geval het die uitsluiting van Nyakane se getuienis
meegebring dat die brokkies van sy getuienis waarna reeds verwys
is, en
waarvolgens die appellant op twee geleenthede vreemd opgetree het, nie meer deel
van die bewysmateriaal voor die hof was nie.
Vanwee die psigiatriese getuienis
weet 'n mens egter dat die appellant oor 'n tydperk van 18 maande gesimuleer
het, en dit is trouens
nie in geskil nie dat sy getuienis by die verhoor tot 'n
baie groot mate 'n aaneengestrengelde simulasie was. Die vreemde ge-drag
waaroor
Nyakane getuig het, pas in by hierdie prentjie en kon geensins bygedra het nie
tot 'n kwyting van die bewyslas wat op die
appellant gerus het. Op sy beste vir
die appellant is bedoelde gedrag in die lig van al die getuienis nie minder
aanduidend van simulasie
as van 'n geestesversteuring nie.
/Die ...
17.
Die appellant se advokaat het ook betoog dat die beslissing
van die verhoorregter onder bespreking sy eie kruisverhoor aan bande gelê
het. In hierdie verband blyk dit dat terwyl die advokaat nog besig was om die
hof toe te spreek aangaande sy aansoek om ont-trekking,
die verhoorregter die
volgende gesê het:
"We will wash out this witness (d i Nyakane) completely. I can tell you that
now."
Net daarna is die volgende gesê:
"You must regard it that he was never called."
Nadat die aansoek geweier is, het die verhoor-regter vir die advokaat gevra
of hy nog vrae aan Nyakane wou stel. Die advokaat het
ontkennend geantwoord
waar-na, soos blyk uit onderstaande uittreksel uit die notule, een van die
assessore begin het om 'n vraag
te formuleer:
"
MR VAN ZYL
: Sergeant, when you visited the scene of the crime ...
MR VAN DER RIET
: My Lord, I am sorry to object at this stage. I do not
want to be
/rude ...
18.
rude at this stage, but my impression was that I should cease
my cross-examination of this witness because this witness is no longer
of any
value to this Court.
COURT
: Yes, yes.
MR VAN DER RIET
: My Lord, in the circumstances there are further
questions being directed to this witness. I have difficulty in understand-ing my
position.
COURT
: I rule that my Assessor must not ....
should not ask any more questions. Mr van Zyl is quite prepared to do
so."
Dit was dus eers nadat die advokaat sy siening van die konsekwensies van die
verhoorregter se beslissing vermeld het dat laasgenoemde
die standpunt ingeneem
het dat die assessor nie verdere vrae aan Nyakane moes stel nie. Voorheen het hy
egter by duidelike implikasie
aan die advokaat vir die appellant die geleentheid
gebied om verdere vrae te stel, en daar is geen rede om te vermoed dat indien
die advokaat op daardie stadium van die ge-leentheid gebruik wou gemaak het hy
nie sy kruisverhoor vryelik sou kon voortgesit het
nie. Die verhoorregter se
standpunt was waarskynlik dat alhoewel verdere
/getuienis ...
19.
getuienis van Nyakane ook geïgnoreer sou word, die
ver-dediging nie die geleentheid ontsê moes word om dit deel van die
oorkonde te laat vorm nie. Gesien die geleentheid wat wel gebied is, kan ek dus
nie saamstem dat die verhoorregter die verdediging
se kruisverhoor van Nyakane
aan bande gelê het nie.
Aangenome dat die advokaat inderdaad nog ver-dere vrae aan Nyakane wou stel,
val dit in elk geval nie in te sien nie welke nut voortgesette
kruisverhoor van
die getuie sou gehad het. 'n Blote diskreditering van Nyakane sou niks bereik
het nie, en die kruisver-hoorder sou
hom dus moes toespits op moontlike verdere
abnormale gedraginge van die appellant waarvan Nyakane kennis gedra het maar
waaroor hy
voorheen geswyg het. Maar selfs indien Nyakane melding van verdere
voorbeelde van abnormale gedrag sou gemaak het, sou in die lig
van die
psigiatriese getuienis weer eens nie bevind kon word nie dat dit aan 'n
geestesversteuring eerder as aan
/simulasie ...
20.
simulasie toe te skryf was.
Dit volg dus dat in soverre die appèl op die spesiale inskrywing berus
dit nie kan slaag nie. Ek kom dan by die skuldigbevinding
op die derde aanklag
ten aansien waarvan verlof tot appèl verleen is. Die appellant is
oorspronklik aangekla van poging tot
moord maar is, soos reeds gesê,
skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer. Volgens
Barthorpe se getuienis
is dit duidelik dat die appellant nog in die huis was toe
hy daar opgedaag het. Die voordeur was gesluit en hy het dit van buite
ontsluit.
Toe hy die handvatsel van die deur probeer draai het, het hy egter gevind dat
iemand die deur van binne die huis toedruk.
Daarop het Barthorpe met geweld die
deur oopgedruk en vallende in die ingangsportaal te lande ge-kom. Die appellant
het toe vir Barthorpe
na eenkant gestamp en uit die huis gehardloop. Dit was dan
ook die enigste fisiese kontak tussen hulle.
/Barthorpe ...
21.
Barthorpe getuig voorts dat hy ongeveer 'n
half-uur later pyn in sy skouer gevoel het. Dit het toe ge-blyk dat daar 'n
snywond op
sy skouer was wat later met twee steke geheg is. Volgens sy getuienis
kon hy nie die besering opgedoen het nie op 'n ander tydstip
as toe daar fisiese
kontak tussen hom en die appellant was.
Die snywond moes uiteraard deur een of ander skerp voorwerp veroorsaak gewees
het. Die appellant se advokaat het veral daarop klem
gelê dat Barthorpe
van slegs liggaamlike kontak melding gemaak het en nie ge-sien het dat die
appellant na hom steek nie. Dit
is na my mening egter nie van enige
deurslaggewende belang nie. Die kontak moes in 'n gedeelte van 'n sekonde
plaasgevind het en
Barthorpe was nouliks in 'n posisie om die bewegings van die
appellant akkuraat waar te neem. Dit is dus heeltemal moontlik dat die
appellant
'n mes of 'n dergelike voorwerp in sy hand gehad het op die stadium toe hy
Barthorpe weggestamp het.
/Toe ...
22.
Toe die appellant gearresteer is, is daar in-derdaad 'n mes
in sy besit gevind. En in 'n bekentenis wat die appellant teenoor die
landdros
gemaak het, het hy die volgende gesê:
"Toe ek die baas (d i Barthorpe) sien inkom by die hek het ek 'n ander mes in
die kombuis gevat. Ek het na hom ook gesteek, maar weet
nie of ek hom getref het
nie. Die polisie het daardie mes gevat."
Ek meen dus dat dit buite redelike twyfel blyk dat die wond veroorsaak is toe
die appellant na Barthorpe gesteek en hom in die proses
ook weggestamp het.
In sy betoogshoofde het die appellant se advokaat in die alternatief betoog
dat nie bewys is dat die appel-lant die nodige opset gehad
het nie, maar
gedurende sy mondelinge argument het hy tereg nie daarmee volhard nie. Die
appellant moes voorsien het dat indien hy
met 'n mes in die rigting van
Barthorpe se skouer steek hy hom ernstige liggaamlike leed kon aandoen, en hy
het klaar-
/blyklik ...
23.
blyklik onverskillig teenoor die moontlike intrede van so 'n gevolg
gestaan.
Ek kom ten slotte by die doodvonnis wat op die moordklag opgelê is. Die
enigste grond waarop die verhoorhof se bevinding dat
versagtende omstandighede
nie aanwesig was nie aangeveg is, was dat verkeerdelik bevind is dat die
appellant ten tyde van die moord
nie verminderd toerekeningsvatbaar was nie.
Die appellant se advokaat moes toegee dat vol-gens al drie psigiaters daar
nie aanduïdings van ver-minderde toerekeningsvatbaarheid
was nie. Hy het
egter gesteun op die feit dat die appellant in April 1981 in Weskoppies
hospitaal opgeneem is en toe as skisofrenies
gediagnoseer is, asook op dr Bothma
se getuienis dat volgens sommige psigiaters dit onwaar-skynlik is dat indien 'n
persoon eenmaal
aan skisofrenie gely het die toestand ooit heeltemal sal
opklaar. Dr Bothma het egter ook getuig dat hy geen tekens kon
/vind ...
24.
vind nie dat daar ooit weer 'n manifestasie van
'n skisofreniese toestand
was nadat die appellant uit die hospitaal ontslaan is. Ook dr Verster kon geen
aan-duidings van residuele
skisofrenie vind nie, terwyl dr Loen getuig het dat
sodanige toestand gekenmerk word deur aanhoudende simptome van emosionele
versteur-ing
wat nie by die appellant waarneembaar was nie. Die getuie het dit
dan ook as baie onwaarskynlik bestempel dat die appellant se simulasie
'n
onderliggende geestes-gebrek kon verberg het.
Nog die appellant nog enige ander persoon het ter bewys van versagtende
omstandighede getuig. Daar was dan ook geen getuienis dat
die appellant
gedurende die tydperk tussen sy ontslag uit die hospitaal en 5 Julie 1983
enigsins versteurd opgetree het nie. In-teendeel
blyk dit uit Barthorpe se
getuienis dat die appellant se gedrag heeltemal normaal was toe hy be-treklik
kort voor die moord 'n muur
vir eersgenoemde
/gebou ...
25.
gebou het. Nietemin het die appellant se advokaat be-toog dat
indien op sy optrede ten tyde van die pleeg van die misdade en daarna
gelet
word, 'n waarskynlik-heid blyk dat hy wel verminderd toerekeningsvatbaar was. Na
my mening steek daar geen pit in hierdie betoog
nie en dien dit geen doel nie om
al die gedragsfasette waarop gesteun is afsonderlik te behandel. Dit is
voldoende om te sê
dat, afgesien van die feit dat die psigiaters ten volle
bewus was van die getuienis wat by die yerhoor gelei is toe hulle hul pas
genoemde menings uitgespreek het, die betrokke gedraginge van die appellant nie
naastenby op 'n waarskynlikheid dui dat weens enige
vorm van geestesversteuring
sy vermoë om die ongeoorloofdheid van sy misdadige handelinge te besef, of
om ooreenkomstig sodanige
besef op te tree, enigsins verminderd was. Derhalwe
het die verhoorhof tereg bevind dat versagtende omstandighede nie aanwesig
/was ...
26.
was nie.
Gevolglik word die appèl afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
TRENGOVE AR
VILJOEN AR
STEM SAAM
JACOBS AR
BOSHOFF WAR