About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2006
>>
[2006] ZAWCHC 77
|
|
S v Olivier (A153/2005) [2006] ZAWCHC 77 (17 November 2006)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.153/2005
DATUM
:
17
NOVEMBER 2006
In
die saak tussen:
ABRAHAM
JOHANNES COETZEE OLIVIER
Appellant
en
DIE
ST A AT
Respondent
UITSPRAAK
THRING.
R
:
Weens
die feit dat hierdie Hof met die skuldigbevindings van die appellant
jngemeng en dit verander net, is dit nodig dat hierdie
Hof die
appellant vonnis opnuut ople. Voor ons is n paar dae gelede 'n
stel
mediese
verslae oor die appellant geplaas wat vandag, met toestemmtng van
die staat, as bewysstuk ingehandig is, en die inhoud
waarvan
gemene saak is. Ek sal binnekort meer voUedig daarna verwys.
Die
appellant is aan 12 aanklagte van die statutere misdryf van die
oortreding van artikel 58(d) gelees met artikels 28(1) en 28(2)
van
die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, No. 89 van 1991, skuldig
bevind, waarna ek as "die BTW-Wet" sal verwys.
Die misdaad
bestaan daaruit dat die appellant versuim net om natnens die twee
entiteite wat onder sy beheer was belasting op toegevoegde
waarde aan
die Kommissaris van Inkomste oor te betaal in Yi totale bedrag van R5
259 420,55. Van hierdie bedrag is ongeveer R2,1
miljoen van een van
die betrokke maatskappye, wat in likwidasie was, deur die staat
verhaaf. Daar is nie bewys hoeveel van die
balans van ongeveer R3.1
miljoen in die appellant se sak beland het nie. Hoe dit ook al sy
P
dit is onteenseglik dat hy ten minste tot n mate van die wanbetaling
van die belasting op toegevoegde waarde gebaat het. Op elkeen
van die
12 aanklagte is n maksimum vonnis deur die BTW-Wet voorgeskryf, soos
dtt op die tersaaklike tydstip gelees het, naamlik
artikel 58
daarvan. Daardie maksimum vonnis is 'n boete van hoogstens R4 000 of
gevangenisstraf van hoogstens 12 maande, of beide
die boete en die
gevangenisstraf.
Die
oortredings wat die appellant gepleeg het is ongetwyfeld van 'n
ernstige aard. Daar is verskeie omstandighede teenwoordig wat
strafverswarend werk. Eerstens, is die bedrag betrokke groot, dit is
oor R5 miljoen. Die misdade is oor 'n tydperk van ongeveer
18 maande
gepleeg. Die optrede van die appellant is herhaaldelik gepleeg. Sy
optrede was doelbewus, fyn beplan en sorgvuldig uitgevoer
en hy het
gesofistikeerde stappe geneem om sy spore agter horn uit te vee. Daar
is ook geen poging deur die appellant aangewend
om die verskuldigde
belasting aan die Fiskus te betaaf nie, selfs na sy skuldigbevinding.
Deur
sy optrede het die appellant oor hierdie tydperk vir sy
handelsentiteite, waaroor hy beheer gehad net, 'n onbehoorlike en
onregverdige voordeel bo sy konkurrente bewerksteliig. Hy was, met
ander woorde, in Vi posisie om besigheid te doen op die basis
dat die
betrokke transaksies vry van BTW sou wees. Dit is dan die
verswarende faktore.
Daar
is ook persoonlike faktore wat as strafversagtend beskou moet
word.
Eerstens,
het die appellant geen vorige veroordelings nie. Tweedens,
hy is tans 66 jaar oud, hy is in Februarie 1940 gebore.
Daarbenewens,
derdens, is sy gesondheid swak. Details van sy gesondheid word in die
mediese verslae, waarna ek reeds verwys het,
uiteengesit-
Kortliks
kom dft daarop neer dat hy aan angina pectoris ly. Volgens sy
huisdokter, noodsaak dit horn om hom baie rustig te gedra
en aan geen
fisiese of emosionele inspanning blootgestel te word nie. Hy ly ook
aan diabetis en hy word daarvoor behandel. Hy het
ook 'n paar maande
gelede n diskusletsel tussen sy nekwerwels gely wat swakheid van sy
hand veroorsaak het. Ook onlangs het hy
aan rektale bloeding gely en
h poliep is verwyder. Hy is ook dte afgelope tyd baie depressief en
hy word met "n anti-depressante
behandel. Of dit nog altyd die
geval is, is nie heeltemal duidelik nie
t
maar in 2004 het hy volgens "n mediese verslag aan vogretensie
op sy long gely. Dit word vererger deur die feit dat hy slaapapnee
kry en dat tydens sulke aanvalle snags sy bioedsuurstofkonsentrasie
baie laag is en dit kan selfs fataal wees. Sy cholesterol is
abnormaal verhoog en hy word ook daarvoor behandel. Die kanse dat hy
h hartaanval kan kry, is as gevoJg daarvan en ook van sy diabetis
hoer as wat dit andersins sou wees.
Die
Hof het teiding in die besliste sake oor die vonnis in hierdie geval
gesoek, byvoorbeeld
S
v ZINN
,
1969(2} SA 537 (A), waar die Hof ook met 'n man te doen gehad het wat
nie meer jonk was nie en wie se gesondheid nie baie goed
was nie. In
daardie saak het RUMPFF
T
HR
P
soos hy destyds was, op 541H-542B die volgende gese;
"Carpzovius,
in his
Lyfstraffeiijke
Misdaden,
11.136,
has a chapter entitled: 'Van de verligting der straffe in oude
mannen'. The author states that, in the view of some, old
age begin
sat 50 while others think people are old when they are 60 years of
age, but that it must be left in each case to the
Judge to decide.
According to the author, old age when accompanied by loss of mental
capacity, obviously is a ground for mitigation
but generally speaking
old age is not a ground for leniency, although corporal punishment
should not be imposed. Similarly, it
is suggested that corporal
punishment should not be inflicted when the offender is ill or
physically weak.
Having
regard to his age and the fact that he deliberately committed fraud
over a period of nearly eight years, involving large
sums of money,
the appellant's claim to a sentence to give him the opportunity to
reform and to start life afresh, is necessarily
greatly weakened."
In
daardie saak was die appellant 58 jaar oud. Sy vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf vir bedrog is na 12 jaar
gevangenisstraf deur die Appelhof vermlnder. In
S
v NAGRANI,
1997(2) SASV 98 (W) het die Hof te doen gehad met 'n geval wat in
baie opsigte soortgetyk is aan die huidtge saak. Die beskuldigde
in
daardie saak is skuldig bevind aan 21 aanklagte van bedrog en een
aanklag van versuim om behoorlike rekords, soos verets deur
die
BTW-Wet, te hou en hy is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis,
waarvan twee voorwaardelik opgeskort is. Die bedrag daar betrokke
het
etlike miljoene rand beloop. Beskuldigde se gesondheid was swak. Hy
was ook ft eerste oortreder, maar die Hof het die ernstigheid
en
aigemeenheid van die misdaad as strafverswarende elemente of faktore
beskou, asook die bedrag geld betrokke en die vertrouensposisie
van
die beskuldigde. Die Hof het die vonnis wat die landdros opgele het
bekragtig.
Op
104h-i het die geleerde Regter die volgende gese:
"In
the
Johnson
case to which I have referred above, at 20 of that judgment,
Ackermann J (as he then was) said the following:
'One
feels great sympathy and compassion for the members of the family.
Unfortunately for them, in a case such as the present, the
law
requires in my view that the deterrent effect of punishment be
emphasised in order to persuade other persons who might be tempted
to
do so from committing frauds of this nature.'"
Enige
hof, dink ek, sal baie traag wees om 'n man van gevorderde ouderdom,
wat 'n skoon rekord het, tronk toe te stuur, des te meer
waar sy
gesondheid nre heeltemal na wense is nie. Hierdie faktore weeg swaar
by die Hof in die rigting van
T
n
vonnis wat die appellant buite die gevangenis sou kon uitdien.
Die
Hof het versktllende moontlikhede, wat vonnis betref, oorweeg.
Eerstens, is daar die moontlikheid van 'n boete tot n maksimum
van
R48 000, met die alternatief van gevangenisstraf tot die maksimum van
12 jaar, of beide die boete en die gevangenisstraf. Ons
is deur mnr
Olivier
,
wat namens die appellant verskyn, meegedee) dat die appellant in
staat sou wees om so 'n boete te betaal. Tweedens, bestaan die
moontlikheid van h boete gekoppel met opgeskorte gevangenisstraf.
Derdens, bestaan daar ook die moontlikheid van korrektiewe toesig
ingevolge artikel 276(1 )(h) van die Strafproseswet, No. 51 van 1997.
Hierdie vorms van gevangenisstraf sou natuurlik deur die
appellant
uitgedien kan word sonder dat hy binne h gevangenis geplaas sou moet
word. Enigeen van hierdie vorms van vonnis sou
seer sekertik die
appellant se belange baie beter pas as direkte gevangenisstraf.
Dit
is egter nte alfeenlik die belange van die appellant wat hier in ag
geneem moet word nie: die belange van die gemeenskap moet
ook
behoorlike gewig aan gegee word. Was dit nie vir die volgende nie,
sou daar heelwat meer te se gewees het vir 'n vonnis anders
as
direkte gevangenisstraf. Die faktore wat egter daarteen indruis, is
eerstens die hoe" bedrag geld wat hier betrokke is,
meer as R5
miljoen; die opsetlike, doelbewuste en beplande wyse waarop die
appellant die oortredings gepleeg het, en die taamlik
uitgebreide
tydperk waarin die oortredings herhaaldelik gepleeg is.
Die
gemeenskap vereis dat landsburgers hulie belasting aan die Fiskus
moet betaal. As belasting nie betaal word nie, kan die land
nie
behoorlik funksioneer nie. As party mense toegelaat sou word om
daarmee weg te kom sonder om hulle belasting te betaal, ly
die res
van die lede van die gemeenskap want dan moet die res hoer belastings
betaal om die tekort aan te vul. Dit kan nie geduld
word nie en die
gemeenskap verwag dat mense wat so optree behoorlik gestraf moet
word.
Een
van die doeleindes van vonnis is natuurlik om as afskrikmiddel te
dien. Soos uit
NAGRANI
se saak verskyn, wat ek na verwys het, is dit 'n belangrike faktor.
Nfe slegs die appellant nie, rnaar ook ander persone moet deur
gepaste vonnisse van soortgelyke misdade afgeskrik word.
In
al die omstandighede sou "n boete en/of 'n vonnis van opgeskorte
gevangenisstraf of blote korrektiewe toesig onder artikel
276(1 )(h)
van die Strafproseswet na my oordeel onvoldoende wees om die vereiste
afskrikwaarde in hierdie geval teweeg te bring.
Dit sou die
versoeking vir ander en seffs ook moontlik vir die appellant self
daarstel om te dink dat die kool die sous werd is
wanneer dit by die
wanbetaling van groot bedrae belasting kom, en dat gevangenisstraf
nie Yi realistiese of waarskynlike gevolg
daarvan is nie. So
Yi
indruk
sal heeltemal onvanpas en onaanvaarbaar wees.
Die
vonnis wat ons van voornemens is om die appellant op te le sal egter,
ek hoop, die voordeel he om bale buigbaar te wees in die
sin dat,
alhoewel dit direkte gevangenisstraf insluit, die grootste gedeelte
daarvan deur die Kommissaris van Korrektiewe Dienste
in korrektiewe
toesig omskep sal kan word.
Gevolglik
sal die vonnis wat die landdros opgele het, vervang word met die
voigende vonnis:
"Al
12 aanklagte sal vir doeleindes van vonnis saamgeneem word. Die
beskuldigde word gevonnis tot
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
ingevolge artikel 276(1 )(i) van die Strafproseswet, No. 51 van
1997."
THRING,
R
BLIGNAULT.
R:
Ek stem saam.
BLIGNAULT,
R