Erskine v S (A55/05) [2006] ZAWCHC 54; 2008 (1) SACR 468 (C); [2007] 3 All SA 241 (C) (15 November 2006)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Application of minimum sentences — Appellant convicted of robbery, multiple counts of rape, and indecent assault — Sentences imposed without consideration of provisions of the Criminal Law Amendment Act No. 105 of 1997 — Court finds that the magistrate failed to apply the Act, rendering the sentences invalid — Appeal upheld, and matter referred back for proper sentencing in accordance with the Act.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2006
>>
[2006] ZAWCHC 54
|

|

Erskine v S (A55/05) [2006] ZAWCHC 54; 2008 (1) SACR 468 (C); [2007] 3 All SA 241 (C) (15 November 2006)

RAPPORTEERBAAR
OP DIE PUNT
IN LIMINE
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
Appèlsaaknommer: A55/2005
In die saak tussen:
FRANCOIS ERSKINE
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
UITSPRAAK GELEWER OP 15 NOVEMBER 2006
VELDHUIZEN, R:
[1] Die appellant het, as beskuldigde 2, saam met drie ander
beskuldigdes in die streekhof vir die streekafdeling die Kaap te
Parow
tereg gestaan op ‘n aanklag van menseroof; ses aanklagte van
verkragting en ‘n aanklag van onsedelike aanranding.
[2] Op 14 Augustus 2002 is die appellant aan menseroof, vyf aanklagte
van verkragting en onsedelike aanranding skuldig bevind. Sy
mede-beskuldigdes is ook op die meerderheid van die aanklagte skuldig
bevind. Op die aanklag van menseroof is die appllant tot sewe
(7)
jaar gevangenisstraf gevonnis. Die aanklagte van verkragting is
saamgeneem vir die doeleindes van straf en die appellant is
tot
vyftien (15) jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die aanklag van
onsedelike aanranding is die appellant ook tot vyftien (15) jaar
gevangenisstraf gevonnis. Die landdros het verder gelas dat die
vonnis van sewe (7) jaar met die vonnis op die verkragtingaanklagte
opgelê, saamloop. Die appellant is dus ‘n effektiewe vonnis van
dertig (30) jaar gevangenisstraf opgelê.
Hy appelleer nou na hierdie Hof teen sy skuldigbevindings en
vonnisse.
[3] Die respondent het
in limine
aan die hand van die
ongerapporteerde beslissing in hierdie afdeling,
Henry Lotriet v
Die Staat
saak nr. A43/05, betoog dat die opgelegde vonnisse
nietig is omrede die landdros versuim het om die bepalings van
artikel 52(1)(b)
van die Strafregwysigingswet No. 105 van 1997 (‘die
Wet’) toe te pas. Die misdade van verkragting waaraan die
appellant skuldig
bevind is, is op 30 of 31 Mei 1999, dus ná die
inwerkingtreding van die Wet, gepleeg. Verder was die klaagster ten
tyde van die
misdade onder die ouderdom van 16 jaar en is sy meermale
verkrag. Die verkragtings val dus binne die omskrywing van Deel 1
van Bylae
2 van die Wet.
[4] In ‘n reeks sake waarvan
S v Liau
2005(1) SASV 498 (T)
en
S v Sekgobela and Four Other Cases
2006(2) SASV 309 (WLD)
die jongstes is, is beslis dat waar ‘n landdros self ‘n vonnis
oplê, in weerwil van die bepalings van
artikel 52(1) van die Wet wat
hom verplig om die verrigtinge te staak en die saak na die Hoër Hof,
wat regsbevoegdheid het, te verwys
vir vonnis, die landdros se vonnis
nietig is. Die hof het op appél die landdros se vonnis ter syde
gestel en die saak ingevolge
artikel 52(1) van die Wet na die Hoër
Hof vir vonnis verwys.
[5] Ook in die Lotriet saak het van Zyl, WnR (Foxcroft, R
samestemmend) beslis dat die vonnis wat die appellant opgelê is,
nietig
is omrede die landdros verkeerdelik versuim het om die
bepalings van artikel 52(1) van die Wet toe te pas. Die appellant se
vonnis
is gevolglik ter syde gestel en die saak is na die verhoorhof
teruggestuur sodat die landdros ooreenkomstig die bepalings van
artikel
52(1) van die Wet kon handel. Na my mening sou dit meer
gepas gewees het indien die regter self die saak na die Hoër Hof
verwys
het sonder om dit na die landdros terug te verwys om artikel
52(1) van die Wet toe te pas.
[6] Bogemelde beslissings is na my mening nie gesag vir die betoog
dat in alle gevalle waar ‘n laerhof versuim het om die bepalings
van die Wet toe te pas die opgelegde vonnis nietig is nie.
[7] Die probleem in die onderhawige saak is egter verskillend. Daar
is nòg in die klagstaat nòg tydens die appellant se verhoor
na die
bepalings van die Wet verwys. Die verdediging is dus nooit op hulle
hoede gestel dat die staat sal vra vir die toepassing
van die Wet
nie.
[8] Die vraag of die vervolging deur die klagstaat ‘n beskuldigde
moet inlig van sy voorneme is om te bewys dat die Wet van toepassing
is, is in
S v Legoa
2003(1) SASV 13 (HHA) deur Cameron AR
behandel. Op bl 22 g – 23 f is beslis:
“
Under the common law it was therefore ‘desirable’
that the charge-sheet should set out the facts the State intended to
prove in
order to bring the accused within an enhanced sentencing
jurisdiction. It was not, however, essential. The Constitutional
Court
has emphasised that under the new constitutional dispensation,
the criterion for a just criminal trial is ‘a concept of
substantive
fairness which is not to be equated with what might have
passed muster in our criminal courts before the Constitution of the
Republic
of South Africa Act 108 of 1996 came into force’. The
Bill of Rights specifies that every accused has a right to a fair
trial.
This right, the Constitutional Court has said, is broader
than the specific rights set out in the sub-sections of the Bill of
Rights
criminal trial provision. One of those specific rights is ‘to
be informed of the charge with sufficient detail to answer it’.

What the ability to ‘answer’ a charge encompasses this case does
not require us to determine. But under the constitutional
dispensation it can certainly be no less desirable than under the
common law that the facts the State intends to prove to increase
sentencing jurisdiction under the 1997 statute should be clearly set
out in the charge-sheet.
The matter is, however, one of substance and not form,
and I would be reluctant to lay down a general rule that the charge
must in
every case recite either the specific form of the scheduled
offence with which the accused is charge, or the facts the State
intends
to prove to establish it. A general requirement to this
effect, if applied with undue formalism, may create intolerable
complexities
in the administration of justice and may be
insufficiently heedful of the practical realities under which
charge-sheets are frequently
drawn up. The accused might in any
event acquire the requisite knowledge from particulars furnished to
the charge or, in a Superior
Court, from the summary of substantial
facts the State is obliged to furnish. Whether the accused’s
substantive fair trial right,
including his ability to answer the
charge, has been impaired, will therefore depend on a vigilant
examination of the relevant circumstances.
The question thus remains, whether the accused had a
fair trial under the substantive fairness protections afforded by the
Constitution.”
[9] Hierdie beleid dat dit wenslik is dat die Staat ‘n beskuldigde
deur die klagstaat op sy hoede moet stel dat die hof gevra sal
word
om die verrhoogde strafjurisdiksie wat ‘n Wet verleen uit te oefen
is reeds lank bekend. Sien byvoorbeeld
S v Seleke en Andere
1976(1) SA 675 (TPD);
S v Ackerman
1972(1) SA 130 (KPA) en
S v Mgalo
en
S v Mongele
1976(1) SA 49 (NPD),
S v
Kraush and Another
1976(2) SA 157(ECD) wat handel met die
toepassing van die Wet op Gevaarlike Wapens Nr. 71, van 1968.
[10] Ook in
S v Ndlovu
2003(1) SASV 331(HHA) het Mpati AR
(soos hy toe was) hom op bl 337 a – f soos volg uitgelaat:
‘
And I think it is implicit in these observations that
where the State intends to rely upon the sentencing regime created by
the Act
a fair trial will generally demand that its intention
pertinently be brought to the attention of the accused at the outset
of the
trial, if not in the charge-sheet then in some other form, so
that the accused is placed in a position to appreciate properly in
good time the charge that he faces as well as its possible
consequences. Whether, or in what circumstances, it might suffice if
it is brought to the attention of the accused only during the course
of the trial is not necessary to decide in the present case.
It is
sufficient to say that what will at least be required is that the
accused be given sufficient notice of the State’s intention
to
enable him to conduct his defence properly.
Upon conviction in the present matter the appellant
became liable to a minimum sentence of 15 years’ imprisonment in
view of the
magistrate’s finding that he had been found in
possession of a semi-automatic firearm, unless substantial and
compelling circumstances
were present justifying a departure from the
prescribed sentence. Were it not for the magistrate’s finding the
sentence which
would have been imposed would not have exceeded R12
000 or three years’ imprisonment or both (s 39 (2) (b)(i) of Act 75
of 1969).
The difference is huge and, in my view, where the minimum
sentencing provisions apply an accused must not be subjected to the
risk
of being visited with them without having been made fully aware
that such will be the case unless substantial and compelling
curcumstances
are present which would justify a lesser sentence.’
en op bl 337 h:
‘
By envoking the provisions of the Act without it
having been brought pertinently to the appellant’s attention that
this would be
done rendered the trial in that respect substantially
unfair. That, in my view, constituted a substantial and compalling
reason
why the prescribed sentence ought not to have been imposed.’
[11] In al die laasgenoemde beslissings het die hof op appél of
hersiening bevind dat die toepasing van die onderskeie Wette by
vonnisoplegging onbillik is omrede die beskuldigde nie vooraf op sy
hoede gestel is aangaande die moontlikheid dat hy ingevolge die
toepaslike Wet swaarder gestraf kan word nie.
[12] Wat egter van belang is vir die onderhawige saak is die feit dat
die hof in al die laasgenoemde beslissings self vonnis gevel
het
sonder om die saak na die verhoorhof terug te verwys. So ‘n
werkwyse maak sin. Waarom ‘n saak na die verhoorhof terugverwys
wanneer dit duidelik is die bepalings van die
verhoogde-strafjurisdiksie Wet nie toegepas behoort te word nie omdat
dit ‘n onregverdige
en onbillike verhoor tot gevolg sal hê.
[13] In die afwesigheid van ‘n waarskuwing tydens die appellant se
verhoor aangaande die toepassing van die Wet sal dit ‘n onbillike
verhoor to gevolg hê indien die Wet nou toegepas word.
Na my mening sal dit net tydvermorsing wees om die saak terug te
stuur na die verhoorhof.
Die respondent se
in limine
aansoek word gevolglik geweier en
ek gaan hierna voort om self die meriete van die appellant se appél
te oorweeg.
[14] Die getuienis in hoof van die klaagster, wat ten tyde van die
verhoor vyftien (15) jaar oud was, toon die volgende: Sy was
op 30
Mei 1999 saam met vriende op pad huistoe. Dit was ongeveer 6:15 die
oggend. Hulle het die appellant, sy mede-beskuldigdes
en nog persone
teëgekom. Beskuldigde 3 het haar beveel om saam met hulle te gaan
maar sy het geweier en aan haar vriend vasgehou.
Hy het daarop vir
haar en haar vriend omgeruk. Nadat die appellant en beskuldigde 3
vir haar aangerand het is sy na ‘n leë huis
geneem. Sy is beveel
om te ontklee en toe sy weier het beskuldigde 3 haar bostuk
uitgetrek. Beskuldigde 3 het daarna ook haar broek
uitgetrek. Die
appellant het ook haar buustelyf geskeur toe hy dit wou afruk. Sy is
daarna herhaaldelik deur beskuldigde 1 verkrag.
Sy is later ook deur
beskuldigde 3 verkrag nadat hy sy penis in haar anus gedruk het.
Terwyl sy deur beskuldigde 1 verkrag is het
die appellant haar beveel
om sy penis vas te hou wat sy toe gedoen het. Nie net is sy
herhaaldelik verkrag nie maar ook onsedelik
aangerand. Tydens
hierdie gebeure het die polisie opgedaag. Die appellant, beskuldigde
1 en beskuldigde 3 is in hegtenis geneem.
Eers tydens
kruisondervraging het die klaagster getuig dat die appellant haar ook
verkrag het. Sy het ook haar vroeëre getuienis
dat die appellant
haar buustelyfie geskeur het weerspreek deur te getuig dat dit
beskuldigde 3 was wat dit gedoen het. Verskille
tussen haar
polisieverklarings en haar getuienis is ook tydens kruisondervraging
uitgelig.
[15] Die klaagster se vriendin, me. Michelle Adonis, het bevestig dat
die klaagster die oggend onder dwang uit hulle geselskap geneem
is na
die leë huis. Sy het daarna na die polisiestasie gehardloop en die
polisie ontbied. Sy getuig dat die klaagster deurmekaar
was, ‘n
swelsel aan haar gesig gehad het asook bloed aan haar klere gehad het
toe die polisie haar uit die huis uit gebring het.
[16] Sers. Carmen Jordaan het getuig dat sy die betrokke oggend saam
met drie polisiebeamptes en die getuie Adonis na die leë huis
gegaan
het. Haar kollegas het die appellant en beskuldigdes een en twee uit
die huis gebring. Toe die klaagster haar gewaar, het
sy histeries
geraak en haar om die nek gehang. Op pad na die polisievoertuig het
die klaagster agtergebly en op navraag van die
getuie gemeld dat sy
nie kan loop nie. Die getuie moes haar toe na die polisievoertuig
dra. Sy het gemerk dat die klaagster vol
bloed is en ook dat haar
klere en veral haar buustelyfie geskeur is. Sy het kneusings aan
haar gesig, nek en borste opgemerk. Sers.
Jordaan se getuienis is
tot ‘n mate gestaaf deur haar kollega inspekteur Brian Daniels.
Die feit dat hy nie die klaagster se
toestand met dieselfde mate van
detail beskryf het nie is heeltemal verstaanbaar aangesien hy sy
aandag meer op die beskuldigdes
gevestig het.
[17] Die klaagster se moeder me. Charlene Davids het getuig oor die
invloed wat die vooral op die klaagster se lewe het. Dr. Andrew
Laubscher wat die klaagster op die middag van 5 September 1999
ondersoek het se getuienis toon dat die klaagster: se linker oogkas
en slaap geswel en teer was; se nek blou kneusmerke getoon het en
teer was; se hymen het verskeie vars skeure getoon en was opgeswel;
en haar boudnaat en anus het ‘n skeur getoon. Die getuie was van
mening dat die merke aan die klaagster se nek deur stomp geweld
eerder as ‘n suigsoen veroorsaak is.
[18] Die appellant wou hê die hof moet aanvaar dat die klaagster uit
vrye wil na die huis gegaan het. Hy het in getuienis ontken
dat hy
gesien het dat enige van sy mede-beskuldigdes met die klaagster
geslagsgemeenskap het. Hy het ook getuig dat hy die huis
twee maal
verlaat het om te gaan bier koop. Tydens kruisondervraging het die
appellant se regsman dit aan die klaagster gestel dat
die appellant:
eenmaal die huis verlaat het om te gaan bier koop; gesien het hoe
beskuldigde 1 en sy seksueel verkeer en dat sy daarna
aangebied het
om die appellant te mastubeer; en inderdaad daarna die appellant
gemastubeer het.
[19] Die appellant se verduideliking vir hierdie wesenlike verskille
naamlik, dat sy regsman hom verkeerd verstaan het, gaan eenvoudig
nie
op nie. Die appellant was ‘n leuenagtige getuie en die verhoorhof
het tereg bevind dat sy weergawe verwerp moet word.
[20] Die appellant se skuld moet gevolglik aan die hand van die
staatsgetuienis beoordeel word.
[21] In die lig van die weerspreking tussen die klaagster se
getuienis in hoof en tydens kruisondervraging aangaande die feit of
die appellant met haar gemeenskap gehad het, meen ek dat die landdros
verkeerdelik aanvaar het dat die appellant haar fisies verkrag
het.
Die klaagster se getuienis, in die geheel beoordeel, tesame met die
ander staatsgetuienis bewys na my mening dat: die klaagster
wederregtelik ontvoer en na die leë huis geneem is; die klaagster
herhaalde male wederregtelik deur een of meer van die beskuldigdes
verkrag en onsedelik aangerand is; die appellant meegedoen het om die
klaagster teen haar wil in die huis aan te hou; die appellant
die
klaagster beveel het om sy penis vas te hou terwyl sy verkrag is. In
die geheel gesien is daar bo redelike tywfel bewys dat
die
beskuldigdes, die appellant inkluis, die gemeenskaplike oogmerk gehad
het om die klaagster haar vryheid te ontneem haar te verkrag
en
onsedelik aan te rand en dat hulle saam opgetree het om daardie
oogmerke te bereik. Dit volg dat die skuldigbevindings moet bly
staan.
[22] Wat die vonnis aanbetref is dit duidelik dat die landdros al die
beskuldigdes oor dieselfde kam geskeer het. Dit was verkeerd.
Wat
die misdade betref is dit van belang dat die appellant nie so aktief
meegedoen het om die klaagster na die leë huis te ontvoer
nie. Dit
moet ook in sy guns aanvaar word at daar nie bewys is dat die
appellant self geslagtelik met die klaagster verkeer het
nie of dat
hy per anum met haar verkeer het nie. Dit ly nogtans geen twyfel nie
dat hierdie misdade en veral die verkragtings ernstig
is en swaar
strawwe verdien. Die appellant se persoonlike omstandighede is
volledig deur die landdros uiteengesit en ek vind dit
nie nodig om
dit te herhaal nie. Die feit dat die appellant geen vorige
veroordelings het nie verdien beklemtoning. Wanneer al
hierdie
omstandighede in ag geneem word is die kummulatiewe effek van die
vonnisse buitensporig swaar.
[23] Bygevolg word die appellant se appél teen sy skuldigbevindings
verwerp en sy skuldigbevindings bekragtig. Die appellant se
appél
teen sy vonnisse word gehandhaaf, die vonnisse word ter syde gestel
en vervang met die volgende:
Aanklag 1: Vyf (5) jaar gevangenisstraf.
Aanklagte 2 tot 6 word saamgeneem vir die doeleindes van vonnis en
die appellant word gevonnis tot tien (10) jaar gevangenisstraf.
Aanklag 8: Agt (8) jaar gevangenisstraf.
Dit word verder gelas dat drie (3) jaar van die vonnis op aanklag 1
opgelê met die vonnis op aanklagte 2 tot 6 opgelê sal saamloop.
___________________
A.H. VELDHUIZEN (R)
Ek stem saam.
_________________
K. KLOPPER (WnR)