S v Mitchell en Anders (SS44/08) [2006] ZAWCHC 84 (23 October 2006)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder and Conspiracy to Commit Murder — The accused, Dhevinity Mitchell and Garron Potts, were charged with the murder of Es-Louise Linnert, who was shot on 2 April 2005. The State alleged that Mitchell was the shooter and that Potts conspired with others to facilitate the murder due to Linnert being a complainant in a rape case against Potts. Both accused pleaded not guilty, denying involvement in the murder and conspiracy. The court had to determine the credibility of eyewitness testimony and the sufficiency of evidence linking the accused to the crime. The court ultimately found that the State had not proven its case beyond a reasonable doubt against either accused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2006
>>
[2006] ZAWCHC 84
|

|

S v Mitchell en Anders (SS44/08) [2006] ZAWCHC 84 (23 October 2006)

51
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(
WES-KAAP
HOË HOF, KAAPSTAD
)
SAAKNOMMER
:
SS44/08
DATUM
:
23 OKTOBER 2006
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
DHEVENITY
MITCHELLS
…...........................................................
Beskuldigde
1
GARRON POTTS
…..........................................................................
Beskuldigde
2
U I T S P R A A K
_____________________________________________________________
BAARTMAN, WnR
:
Die
saak het aanvang geneem op 6 Oktober 2008. Beide beskuldigdes was
regsverteenwoordig, beskuldigde 1 deur Meneer Matthewson
en
beskuldigde 2 deur Advokaat Engelbrecht (
SC
),
Advokaat Badenhorst het deurgaans vir die staat opgetree.
Die
klagtes teen die beskuldigdes hou verband met die dood van ene
Es-Louise Linnert. Es-Louise (
die
oorledene
). Dit
was gemene saak dat die oorledene op 2 April 2005 beswyk het aan die
gevolge van skiet wonde. Dit was ook gemene saak dat
ten tye van
haar dood die oorledene in die geselskap van haar tante, Everlyn
Linnert (
Linnert
)
kort na 20h00 in Palmietstraat te Eerste Rivier, in die Wes Kaap,
oppad huis toe was.
Terwyl hulle oppad was
het Linnert twee persone, wie sy slegs as figure beskryf het, in die
teenoorgestelde rigting as sy en die
oorledene sien stap. Een van
daardie persone, volgens Linnert, het nadat hulle reeds by mekaar
verby gestap het teruggedraai
en haar en die oorledene van agter
genader.
Linnert het aanvanklik
gedink dat die persoon ʼn sigaret wou aansteek, aangesien sy en
die oorledene besig was om te rook.
Die persoon het egter ʼn
vuurwapen na vore gebring en ʼn skoot afgevuur. Linnert was
getref, maar het uiteindelik daarin
geslaag om weg te kom - die
oorledene is getref deur meerdere skote.
geskil punte
Dit is in geskil wie die
skut was op die betrokke aand. Linnert beweer dat beskuldigde 1 die
skut was. Dit word betwis.
Die staat het beweer dat
beskuldigde 2 met persone saamgesweer het en of hulle aangehits het
om die oorledene te vermoor. Die
bewering was ten sterkste deur die
verdediging ontken.
As
basis vir die bewering het die staat aangevoer dat die oorledene ʼn
klaagster in ʼn klagte van verkragting teen beskuldigde
2 was
en dat dit sy motivering was om met persone saam te sweer om haar
te vermoor.
Dit
was gemene saak dat beskuldigde 2 op 2 April 2005
gearresteer en aangekla was van
verkragting op die oorledene. Die verkragting sou na bewering
gedurende 2004 plaasgevind het.
Beskuldigde 2 het die
bewerings van sameswering ontken en beweer dat die oorledene ten
tye van haar dood ʼn klaagster in
meer as een klagte van
verkragting was. Dit het gedurende die verhoor geblyk dat die
oorledene ‘n klaagster in 3 hangende
klagtes van verkragting
was. Een van daardie klagtes was vir verhoor geplaas in Parow
streek hof vir Maandag 4 April 2005.
Dit was 2 dae na die moord op
die oorledene.
Klagtes beskuldigdes
ten laste gelê
Die eerste klagte is ʼn
klagte van `ʼn oortreding van artikel 18 (2)(a) van Wet 17 van
1965 en die alternatief tot daardie
klagte is ‘n oortreding
van artikel 18 (2)(b) van Wet 17 van 1965, dit is die sameswering om
die oorledene te vermoor:
Alternatiewelik
Mekaar en/of die ander
en/of ander persone uitgelok, aangestig, beveel of verkry het om
vir Es-Louis Sharonio Linnert, ʼn
vroulike persoon te vermoor.
Die tweede klagte waarop
die beskuldigdes tereggestaan is ʼn klagte van moord.
Klagte 3 is slegs teen
beskuldigde 1:
a. Beskuldigde 1 is
aangekla dat hy gepoog het om vir Everlyn Linnert ʼn vroulike
persoon te dood deur haar met ʼn vuurwapen
te skiet.
Die vierde klagte was
slegs teen beskuldigde 1:
Hy
is aangekla van die onwettige besit van ‘n
vuurwapen en ammunisie.
Artikel 150 toespraak
Meneer Badenhorst het
die hof toegespreek in terme van artikel 150 van die Strafproseswet
en het aangedui dat die staat die getuienis
sal aanbied waaruit dit
sal blyk dat die oorledene gedurende 2005 `ʼn klagte van
verkragting teen beskuldigde 2 gelê
het. Daar was ook ander
verdagtes betrokke in daardie aangeleentheid. Hy het aangedui dat
die staat verder gaan beweer dat beskuldigde
2 op daardie klagte
gearresteer was en later op borg vrygelaat is.
Meneer Badenhorst het
aangedui dat nadat beskuldigde 2 op borg vrygelaat is op die klagte
van verkragting, die saak teruggetrek
is omdat die oorledene vermoor
is. Hy het verder aangedui dat die staat die getuienis sal aanbied
van Mevrou Linnert , die tante
van die oorledene, en dat sy ʼn
ooggetuie was met die voorval van die dood van die oorledene en dat
sy dan die persoon is
wie beskuldigde 1 op die toneel geïdentifiseer
het. Dit is wat die staat sou poog om te bewys.
Meneer Badenhorst het
ook aangedui dat die staat hoorsê getuienis gaan aanbied en
van voorneme was om te versoek dat daardie
hoorsê getuienis
toegelaat word in terme van artikel 314 van wet 45 van 1988. Die
hoorsê getuienis wat die staat
sou poog om aan te bied is die
van Jeswaine Williams. Oor Jeswaine Williams is dit dienlik om op
hierdie stadium te noem dat
die getuienis wat wel aangebied is tot
die effek was dat Jeswaine Williams op ʼn stadium vir
beskuldigde 2 gewerk het, welke
bewering ontken word. Williams sou
dan na bewering, terwyl hy in diens van beskuldigde 2 was, in ʼn
huis (in hierdie verhoor
na verwys as die geel of cream huis) regoor
beskuldigde 2 gewoon het.
Inwoners van daardie
huis was onder andere ene Miley. Die gesprekke waaroor die hoorsê
sou gaan sou in daardie huis plaasgevind
het. Williams sal dan ook
uit hierdie gesprekke (hoorsê wat die staat sou poog om aan te
bied) aandui dat beskuldigde 2
opdrag gegee het aan persone onder
andere aan beskuldigde 1 om Es-Louis Linnert te vermoor. Die staat
sou verder poog om hoorsê
getuienis met betrekking tot ene
Tatie en dan nou Miley aan te bied.
Verdediging reageer op artikel
150 toespraak
Advokaat Engelbrecht het
namens beide beskuldigdes 1 en 2 aangedui dat hulle beswaar sal maak
teen die hoorsê getuienis.
Hy het die staat versoek by aanvang
van die verrigtinge om kennis te gee voordat hulle sou voortgaan met
die hoorsê getuienis
(dit is ongelukkig nooit gedoen nie) en
dat hy op daardie manier die hoorsê getuienis sou hanteer. Dit
was die betoog voordat
die verhoor `ʼn aanvang geneem het.
beide beskuldigdes
pleit onskuldig
Die
beskuldigdes se pleitverduidelikings is vervat in bewysstukke

A”
en

B”
onderskeidelik. Dit blyk daaruit dat
hulle as volg gepleit het:
Beskuldigde 1
Hy het ontken dat hy
saam met beskuldigde 2 saamgesweer het om Es-Louis Linnert te
vermoor. Hy het op klagte 2 ontken dat hy die
oorledene vermoor het.
Hy het dan op klagte 2 gesê “ek plaas op rekord dat
betrokke dag tyd van haar dood nie op
die toneel was waar sy gedood
het nie”.
Op klagte 3, dit is nou
die poging tot moord op Everlyn Linnert, het hy weer onskuldig
gepleit en weer ontken dat hy op die toneel
was. Beskuldigde 1 het
ook skuld op klagtes 4 en 5 ontken. Hy het voorts ontken dat hy ʼn
vuurwapen of ammunisie besit het
soos beweer in die akte van
beskuldiging.
Beskuldigde 2
Beskuldigde 2 het
insgelyks ook onskuldig gepleit. Hy het al die elemente soos vervat
in klagte 1 ontken. Op klagte 2 het hy ontken
dat hy hoegenaamd
enige handeling verrig het wat tot Es-Louis Linnert se dood gelei
het.
Erkennings in terme
van artikel 220
Die beskuldigdes het die
volgende erkennings ingevolge artikel 220 van Wet 51 van 1977
gemaak:
Dat die oorledene in
lewe bekend was as Es-Louis Sharonio Linnert.
Dat die oorledene
dood is op 2 April 2005 te Palmietstraat, Silwood, Eersterivier.
Dat die oorledene
geen verdere beserings opgedoen het vanaf haar dood totdat `ʼn
lykskouing op haar liggaam uitgevoer
is nie.
Dat Dr. Jacob
Johannes Dempers, ʼn spesialis patoloog, op 6 April 2005 ʼn
lykskouing op die liggaam van die oorledene
uitgevoer het en sy
bevindings in ʼn regsgeneeskundige nadoodse verslag
aangeteken het met Doodregister Nommer TDR
576/2005.
Dat die inhoud van
die regsgeneeskundige nadoodse verslag as juis en korrek erken
word.
Dat
die koeëlpunt tydens die
post
mortem
uit die
liggaam van die oorledene verwyder is.
Dat een koeëlpunt
na die ballistiese afdeling van die Suid-Afrikaanse Polisie
geneem was vir forensiese ondersoek.
Dat Sersant Nozuko
Maureen Lugalo haar bevindinge ten aansien van haar ondersoek na
die koeëlpunt in ʼn verklaring
beliggaam het. Die
verslag was aangeheg as bewysstuk “S2”.
Dat die inhoud van
bewysstukke as juis en korrek erken word.
Dat Konstabel Michael
Anthony Mills van die Plaaslike Kriminele Rekord Sentrum van die
SA Polisiediens op 2 April 2005 om
21h45 nege (9) foto’s
geneem het van die misdaadtoneel geleë te Palmietstraat,
Silwood, Eersterivier en in `ʼn
fotobundel geplaas is saam
met ʼn verklaring en sleutel tot die foto’s.
Dat genoemde
verklaring, sleutel en foto’s juis en korrek is en/of ʼn
korrekte voorstelling is van dit wat daarop
aangedui word en
hierby aangeheg word as bewysstukke.
Foto’s -
Bewysstuk J1-J9
Plan _ Bewysstuk J10
Sleutel - Bewysstuk
J11
Konstabel Michael
Anthony Mills van die Plaaslike Kriminele Rekord Sentrum van die
SA Polisiediens op 2 April 2005 om 22h00
beslag gelê het op
`ʼn koeël fragment (“fired bullet jacket”)
naby die oorledene se kop.
Dat genoemde koeël
fragment (“fired bullet jacket”) na die Ballistiek
Eenheid van die SA Polisiediens gestuur
was vir ondersoek.
Dat Sersant Nozuko
Lugalo van die Ballistiek Eenheid van die Suid-Afrikaanse
Polisiediens ʼn ballistiese ondersoek gedoen
het met
betrekking tot genoemde bewysstukke en haar bevindings aangeteken
het in ʼn ballistiese verslag.
Dat die Ballistiese
verslag as juis en korrek erken word en hierby aangeheg word as
Bewysstuk “S1”.
Konstabel Michael
Anthony Mills van die Plaaslike Kriminele Rekord Sentrum van die
SA Polisiediens op 25 Mei 2006 verdere
foto’s van die
misdaadtoneel geneem het en ‘n fotobundel met verklaring,
sleutel en sketsplan opgestel het.
Dat genoemde foto’s
`ʼn korrekte en juiste voorstelling is wat daarop aangedui
word asook dat die verklaring,
sketsplan en sleutel juis en
korrek is en hierby aangeheg word as bewysstukke.
Verklaring -
Bewysstuk F1
Sleutel - Bewysstuk
F2
Sketsplan -
Bewysstuk F3
Foto’s -
Bewysstuk G1-13
Dat ons
regsverteenwoordigers die bewysregtelike implikasies van formele
erkennings ingevolge hierdie artikel aan ons verduidelik
het en
nieteenstaande bereid is om die erkennings formeel te erken nie.
Die oorsaak van dood
Doktor Jakob Johannes
Dempers, ʼn patoloog wie die nadoodse ondersoek op die oorledene
uitgevoer het, het die oorsaak van
dood as volg beskryf:
Veelvuldige skietwonde
aan die liggaam.
getuienis oor
identifikasie en sameswering
Hierdie hof moet aan die
hand van die getuienis deur die staat aangebied beoordeel of die
staat bo redelike twyfel bewys het dat
beskuldigde 1 die skut was
wie die oorledene asook Linnert geskiet het.
Die getuienis van
Linnert is deurslaggewend in hierdie verband. Dit is nodig om te
besin oor die omstandighede waaronder Linnert
die identifikasie
gemaak het om te bevind of sodanige identifikasie betroubaar is.
Linnert se getuienis
moet ook gesien word in die lig van die ander getuienis in hierdie
saak afgelê. In die verband is
die getuienis van die
polisiebeamptes wie op die toneel teenwoording was van belang asook
die getuienis van Jeswaine Williams.
Identifikasie van
beskuldigde 1
Die oogmerk van die
opsomming van getuienis gelei tydens die verhoor is nie om ʼn
letterlike opsomming te verskaf nie, maar
ek sal eerder poog om met
die getuienis te handel tot die mate wat dit relevant is vir ons
bevinding. Ek wil dit egter onomwonde
stel dat alle getuienis gelei
in hierdie verhoor deeglik deur hierdie hof oorweeg was.
Dit
is wel nodig
om
die getuienis van Linnert en
Jeswaine William in detail te behandel. Hulle getuienis was
opsommenderwys as volg:
Die getuienis van Everlyn
Linnert
Die getuie het getuig
dat sy intussentyd getroud is vandat sy haar verklaring gemaak het
en dat sy tans Everlyn Light heet, sy
is deurgaans nog as Linnert
aangespreek. Sy het getuig dat sy die tante van die oorledene was en
dat sy op daardie stadium, dit
is nou die getuie self, in Ravensmead
gewoon het. Die oorledene en haar ouers het op daardie stadium, dit
is nou April 2005,
te Geneva Crisis Centre in Eerste Rivier gewoon.
Die
getuie het verder aangedui dat beskuldigde 1 reeds aan haar bekend
was op 2 April 2005. Sy het hom gewoonlik saam met die
oorledene
gesien, hulle het dan op die hoek van Bergstraat staan en gesels. Sy
het gesê sy het hom so vyf of ses keer voor
April 2005 gesien.
Sy self het egter nooit met beskuldigde 1 gepraat nie, haar kennis
van hom was deur die oorledene.
Sy
het beskuldigde 1 as De Bill geken.
Linnert het verder
getuig dat beskuldigde 2 aan haar bekend was omdat sy en haar man
gewoonlik bier by sy jaart, waarna sy na
as “Potts se jaart”
verwys het, gaan drink het. Sy sê hulle het ontelbare kere
daarheen gegaan om bier te drink
en sê dit was by die blou
huis. Sy kon egter nie die straat se naam vir die hof gee nie. Sy
het verder getuig dat Gwyneth,
die vrou van beskuldigde 2, ook aan
haar bekend was.
Linnert het verder die
persoon op die foto, met verwysing na bewysstuk “E”,
geïdentifiseer as ene Eendjie. Met
betrekking tot Eendjie het
die getuie getuig dat Eendjie in Sillwood Heights in Eerste Rivier
gewoon het. Sy het getuig dat sy
in 2003 by Irefaan de Silva te 22
Waboomstraat gewoon het. Haar getuienis was verder dat Eendjie,
gedurende daardie tyd, oorkant
haar gewoon het, sy sê “hy
bly net oorkant oor die veld”.
Sy het Eendjie gereeld
gesien, sy het hom altyd met `ʼn meisie sien stap die pad op. Sy
het hom reeds in 2003 - 2004 as sodanig
geken. Sy sê dat sy
nooit voor die voorval, (dis nou die dood van die oorledene), met
Eendjie ʼn gesprek gevoer het
nie behalwe op die dag van die
moord. Sy het aangedui dat sy nie weet wat Eendjie se regte naam was
nie.
Volgens hierdie getuie
het Eendjie en die beskuldigdes mekaar geken. Sy sê wanneer
hulle gewoonlik by Potts se jaart, die
blou huis, gekuier het staan
beskuldigdes 1 en 2 en Eendjie tesame met ander mense en gesels. Dit
het volgens haar gewoonlik
gegaan oor die (teken) of sign, soos sy
dit genoem het, van biere of pille. Haar indruk was dat die persone
wie bier en dwelms
(pille) op die perseel verkoop het eers
toestemming vanaf beskuldigde 2 verkry het om bier of pille sonder
onmiddellike betaling
aan iemand te gee.
Die getuie het verder
getuig dat volgens haar was die beskuldigdes en hulle groep vriende
lede van die Dixie Boys bende. Sy het
verder getuig dat sy dit sê
omdat wanneer hulle saam gesels, hulle altyd hardop genoem het dat
hulle “ons is die
Dixie Boys, hulle noem dit harduit”.
Sy het verder getuig dat beskuldigde 2 gewoonlik op Sondae sy
voertuig gewas het en
sy die tatoeëer merke van die Dixie bende
op sy liggaam gesien het.
Die getuie kon egter nie
vir die hof sê in watter straat die blou huis was nie. Sy het
wel gesê dat die huis oorkant
die huis is waar haar man se
vriend en sy meisie, David Marx en Fieka, gewoon het. Die huis van
David Marx en Fieka het sy gesê
was op daardie stadium
roomkleurig.
Bewysstuk “F1”
en 2 is toe ingehandig, dit is foto’s en ʼn plan tot die
foto’s, die fotograaf is ene
Meneer Mills. Die getuie het foto
8 uitgeken. Die woning daarop is ʼn blou huis en sy het gesê
dit is die huis van
Garron Potts, beskuldigde 2. Sy het verder foto
9 geïdentifiseer as die huis van David Marx en Fieka. Sy het
aangedui dat
David Marx en Fieka gedurende 2003 in die woning, soos
gesien kan word in foto 9 en 10, gewoon het. Sy het aangedui dat
David
biere en Fieka pille verkoop het. Op ʼn vraag van die
aanklaer het sy aangedui dat die pille by die cream huis verkoop
was.
Die bier was dan deur David Marx by die blou huis verkoop.
Die getuie het aangedui
dat volgens haar het beskuldigde 1 en Eendjie nie gewerk nie, hoewel
Eendjie soms beskuldigde 2 se vrou
met los werk in die huis gehelp
het. Volgens haar was daar dwelms, pille noem sy dit, verkoop vanaf
beskuldigde 2 se woning.
Sy sê die persoon wie die dwelms
verkoop het, sy ken nie sy naam nie, net sy gesig, het altyd net so
buite die perseel
van Potts die pille verkoop, die ander het dan op
die hoeke gestaan. Sy kan nie sê wie die leier van die Dixie
Boys was
nie, maar wat sy wel weet was dat hulle altyd aan
beskuldigde 2, Garron Potts, kom rapporteer het aangaande die biere
en pille.
Die getuie het verder
getuig dat op Saterdag 2 April 2005 het sy die oggend na haar suster
se woning gegaan, dit is nou die moeder
van die oorledene, om haar
kinders, wie vir die Paasnaweek by hulle tante gekuier het, te gaan
haal. Daar aangekom het sy die
oorledene tuis gevind. Sy en die
oorledene is daarna na Tap se jaart, dit is `ʼn plek waar daar
bier gedrink en pool geskiet
word. Sy sê dit is die straat
agter die woning van beskuldigde 2, hoewel sy nie seker van die naam
was nie. Sy het gesê
dat hulle ongeveer 16h00 by Tap se jaart
aangekom het.
Hulle het twee gratis
biere vanaf die kroegman ontvang, hy was ʼn vriend van die
oorledene. Sy het nie die naam van die kroegman
geken nie. Sy het
aangedui dat hulle toe pool geskiet en bier gedrink het. Later het
Eendjie daar aangekom en nog later beskuldigde
1. Linnert het
beskuldigde 1 as De Bill geken.
Beskuldigde 1, of De
Bill soos sy hom genoem het, het met iemand gesels. Sy sê
Eendjie het `ʼn gesprek met haar probeer
aanknoop maar sy het
hom verwilder. Met betrekking tot Eendjie se kleredrag het sy gesê
dat: “Eendjie het ʼn
fleecy hooded top aangehad, met ander
woorde ʼn fleece top met ʼn kappie”. Sy het verder
verduidelik dat hierdie
top, dit is nou van Eendjie, bont was, grys
met bruin strepe. Sy het verder getuig dat Eendjie ʼn swart
jeans aangehad het,
maar sy kon nie die tipe skoene onthou nie.
Wat beskuldigde 1
aanbetref het sy getuig dat hy `ʼn swart trui met wit en vaal
strepe aangehad het en `ʼn swart broek.
Die
getuie het verder getuig dat ene Fabian ook by Tap se jaart was, sy
het Fabian al by die blou huis gesien. Sy sê dat
hulle, sy en
die oorledene, so tussen half sewe en sewe uur Tap se perseel
verlaat het. Beskuldigde 1 en Eendjie was nog by Taps
se jaart toe
hulle daar weg is. Hulle is te voet daar weg en het na
Irefaan de Silva (na hom word in
hierdie uitspraak as Faan en Fanie asook Irefaan verwys, dit was die
posisie gedurende die verhoor)
se woning te 22 Waboomstraat gegaan.
Bewysstuk “H”
is toe ingehandig, dit is ʼn kaart van die area waar die voorval
plaasgevind het. Op die kaart het
die getuie ʼn veld in die
middel van die area geïdentifiseer. Net links van die veld het
sy Waboomstraat geïdentifiseer,
dit loop met ʼn draai om in
Palmietstraat uit en om tot in Bredestraat. Sy het nommer 22, dis
nou 22 Waboomstraat geïdentifiseer
as die perseel aan die
linkerkant van die veld waar Irefaan op daardie stadium sou gewoon
het.
Hulle
het omtrent 15 minute gestap, by Faan
aangekom
en daar het syself, Faan en die oorledene in die voorkamer gesit en
gesels. Sy sê die deur was oop gewees en sy
weet nie of
Eendjie en beskuldigde 1 hulle agterna gesit het toe hulle van Tap
se jaart af weg is nie.
Die getuie het verder
verduidelik dat sy op ʼn stadium vir Irefaan gevra het hoe laat
dit was. Sy sê Fanie het ingegaan
en terug gekom en vir haar
gesê dat dit 20h00 was. Kort daarna het sy `ʼn klop aan
die deur gehoor en dit was Eendjie,
sy weet dat dit Eendjie was want
sy het sy gesig in die lig gesien. Eendjie en die oorledene het met
mekaar `ʼn gesprek gevoer,
daarna is Eendjie daar weg en sy en
die oorledene het na laasgenoemde se huis toe gestap.
Sy het verduidelik dat
hulle met verwysing na bewysstuk “A”, dit is die
padkaart, dat hulle gestap het vanaf nommer
22 in die rigting van
Palmietstraat, hulle het aan die kant van Fanie se huis geloop en sy
het aangedui dat die huis langsaan
Fanie, nommer 24 was. Terwyl
hulle in Palmietstraat stap het sy twee figure in die
teenoorgestelde rigting in Palmietstraat sien
aankom.
Sy het verduidelik dat
die twee figure vanaf Bergstraat se kant gekom het. Sy sê
hulle het amper skuins oor die veld gekom.
Terwyl die figure aankom
het sy en die oorledene aanhou loop. Die getuie het verder
verduidelik dat die twee figure besig was
om oor die veld te stap,
een van die figure het toe oorgekom tot waar hulle , Linnert en die
oorledene, in Palmietstraat was.
Sy sê sy was onder die indruk
dat dit iemand was wie dalk ʼn sigaret wou aansteek aangesien sy
en die oorledene besig
was om te rook.
Sy
het verder getuig dat die persoon hulle van agter af genader het
terwyl die ander persoon by die paal op die hoek van Waboomstraat
by
die veld bly staan het. Sy het verder gemerk op die foto, dit is nou
bewysstuk “H” voor die hof
,
het sy “X1” gemerk, as die paal waar die ander persoon
sou bly staan het. Sy sê dit is eers toe die persoon
by haar
kom dat sy sien hy haal “’n gun voor by sy broek uit”
Sy sê hy kom toe verby haar, op daardie
stadium het die getuie
gewys dat die persoon sy hand oor haar regter skouer sou gebring
het. Sy sê dat die oorledene het
toe langs haar gestaan.
Die aanvaller het toe
verby Linnert gekom en het die wapen in die rigting van die
oorledene gerig. Haar getuienis was: (ek haal
aan)

dit
is die tyd toe ek hom stoot en ek kyk binne in sy gesig. Die tyd wat
ek hom stoot, dit is ook die tyd wat die skoot afgaan”,
Linnert het toe hulle
aanvaller geïdentifiseer as beskuldigde 1. Dit is dan nou
dieselfde tyd wat sy hom sien, die vuurwapen
uithaal, hy die
vuurwapen oor bring, sy hom stoot, hy in haar gesig kyk en op
dieselfde tyd gaan die wapen af. Ek gaan terug
kom na hierdie aspek
van haar getuienis.
Sy sê die skoot
het haar in die nek getref en dat sy bo-op die oorledene geval het,
in ʼn poging om laasgenoemde te
beskerm. Sy sê dat
beskuldigde 1 haar toe van die oorledene afgetrek het:

hy
ruk my van haar af eenkant toe en toe gaan daar nog
ʼn
skoot af”. Haar getuienis is verder “ek skreeu vark ek
het jou gesig gesien en ek hardloop”.
Die getuie het getuig
dat sy daarna weggehardloop het in die rigting van Fanie se huis.
Onderweg daarheen het daar nog skote afgegaan,
ongeveer vyf of ses,
sy was nie seker daaroor nie.
Sy het herhaal dat sy
beskuldigde 1 se gesig gesien het op die stadium toe hy by haar kom
en sy hom weg stoot. Sy het verder gesê
dat dit ongeveer 20h15
was toe hierdie voorval plaasgevind het. Sy sê dit was aand
gewees, dat daar ‘n warm wind
gewaai het en dat die maan
geskyn het. Sy bevestig dat dit alreeds donker was maar het getuig
dat daar baie buiteligte gebrand
het van die huise in die straat
asook die straatligte.
Sy sê verder dat
sy ongeveer drie sekondes gehad het om na die persoon met die
vuurwapen te kyk, dat sy hom binne-in sy
gesig gekyk het en sy
daardie persoon as beskuldigde 1 herken het.
Linnert het getuig dat
beskuldigde 1 ten tyde van die skietvoorval nog steeds die “swart
tracksuit” broek van vroeër
die aand aangehad het. Hoewel
sy seker was dat hy swart aangehad het was sy nie seker van die res
van sy kleredrag nie. Sy gaan
dan verder en sê hy het `ʼn
mussie op sy kop gehad. Hierdie mussie was tot by beskuldigde 1 se
wenkbroue getrek. Sy
het die vuurwapen as swart beskryf. Toe sy by
Faan se woning terugkom het sy geskreeu:

Fanie
ek en Es-Louis is geskiet”.
Nadat
sy Faan versoek het om die ambulans en die polisie te bel, het sy
teruggegaan na die oorledene. Sy het die persoon wie sy
beskryf as
De Bill, beskuldigde 1, in `ʼn gebukkende posisie oor die
oorledene gesien toe sy om die hoek van die huis geloer
het.
Terselfdetyd het die²
51
51
€soon
wie by die paal bly staan het nou ook oor Palmietstraat gehardloop
tot waar die oorledene en beskuldigde 1 was. Toe
hy by hulle
aansluit het die twee van hulle, dit is nou die persoon
wie
by die paal gestaan het, sy het
daardie persoon op daardie stadium reeds geïdentifiseer as
Eendjie, want sy sê sy het
hom herken aan die hooded fleece
top wat sy hom vroeër die dag sien dra het en sy sê hy
het tekkies aangehad. Die
twee, dis nou beskuldigde 1 en Eendjie,
hardloop toe in Palmietstraat af tot op die hoek van Berg- en
Palmietstraat waar hulle
by ʼn ander groep aangesluit het. Op
daardie stadium is die vuurwapen aan ander persone oorhandig. Die
groep het toe in twee
verdeel en het in verskillende rigtings
gehardloop. Sy kon nie sê in watter rigting beskuldigde 1 en
Eendjie gehardloop
het nie.
Die
getuie het verder verduidelik dat toe sy op die toneel kom, sy die
oorledene daar sien lê het, sy het gesien dat sy
beseer was,
daar het bloed by haar kop uitgekom
en
sy het vir haar gesê “moet nie bekommerd nie, ek weet
wie dit gedoen
het”.
Terwyl sy by die
oorledene was het ʼn persoon wie sy net ken as Mechanic en wie
in ‘n huis daar naby woon, uitgekom
en sy het hom ook gevra om
die polisie te bel. Terwyl hy op sy telefoon besig was het sy in die
rigting van Geneva Huis gehardloop,
dis nou waar die oorledene en
haar ouers op daardie stadium gewoon het. Sy het die oorledene se pa
voor by die perseel gekry
en aan hom gesê dat sy en die
oorledene geskiet is. Es-Louis se vader, Antonio Samuels, het daarop
voor haar uitgehardloop
na die toneel toe.
Linnert
self is na die toneel teruggeneem deur iemand
wie
sy die pastoor noem. Die pastoor
het, volgens haar, ook op die perseel te Geneva Huis gewoon. Sy het
twee polisiebeamptes, die
ambulans asook die oorledene se pa op die
toneel aangetref. Oor haar eie toestand sê die getuie dat die
wond aan haar nek
gebloei het, sy was geskok en sy het bietjie
lomerig gevoel. Sy het direk in die ambulans geklim waar sy met een
van die polisiebeamptes
gepraat het, hy het haar gevra wie haar en
Es-Louis geskiet het, en sy het vir hom gesê:

ek
het vir hom gesê die persoon se naam is De Bill en daardie De
Bill is wat ons geskiet het”.
Sy sê sy het nie
met die ander polisiebeampte op die toneel gepraat nie en sy weet
nie waar hy was toe sy met die polisiebeampte
binne-in die ambulans
gepraat het nie.
Sy
het verder getuig dat nadat sy met die polisiebeampte in die
ambulans gepraat het, hulle haar vir behandeling by die daghospitaal

te Eersterivier kliniek geneem het. Daar is haar wond verbind en is
sy verwys na Tygerberg Hospitaal. Die polisie het
haar
wel Tygerberg Hospitaal toe geneem waar sy verder behandel is, daar
x-trale geneem is en haar wond toe skoongemaak is.
Sy

ook vir die
hof dat sy nog dieselfde aand na Kuilsrivier- en Kleinvlei
polisiestasie toe is. By Kleinvlei-polisiestasie het sy
met ‘n
Meneer Hammerse (
Hammerse
)
gepraat en sy het toe vir hom die name Eendjie en De Bill gegee as
die persone wie die misdaad teenoor haar en die oorledene
sou
gepleeg het. Sy sê dat sy nie met die oorledene se ouers
gepraat het nie.
Op 21 April het Linnert,
tydens ‘n formele uitkenningsparade, beskuldigde 1 en Eendjie
uitgeken as die persone wie haar
en die oorledene in Palmietstraat
genader het. Met aanvang van die verhoor was Eendjie reeds oorlede.
Meneer Matthewson, namens
beskuldigde 1, het op daardie stadium
aangedui dat die identiteitsparade nie aangeval word nie.
In terme van artikel 220
is die korrektheid van die prosedure, gevolg tydens die parade,
erken. Verder is as bewysstuk “K”
ingehandig die “SAP
329” deur Kaptein Unnis, wie in beheer van die parade was
voltooi, en is die korrektheid daarvan
erken.
Kruisondervraging deur Meneer
Matthewson
Die getuie het bevestig
dat sy twee verklarings gemaak het, sy het bevestig dat sy beide
verklarings deurgelees het en dat daar
veranderings aan die tweede
een aangebring is voordat sy dit geteken het en dit dan nou beëdig
was. Die tweede verklaring,
bevestig sy, is gemaak as gevolg van
gebreke wat sy in die eerste verklaring opgemerk het.
Die getuie bevestig dat
sy en die oorledene by Tap se taverne aangekom het en dat hulle
sonder betaling twee 750ml kwart biere
van die kroegman ontvang het.
Terwyl hulle by die taverne was het Eendjie daar aangekom.
Sy sê verder dat
Eendjie na haar toe gekom het en haar gevra het: “het jy die
persoon gesien wie met my tik weggehardloop
het?”. Sy het hom
afgejak en gesê: “ek het nie lus vir julle tipes nie”.
Alhoewel hulle mekaar geken
het en Eendjie en haar man vriende was,
het sy getuig dat dit die enigste geleentheid was waarop sy met hom
gepraat het.
Die getuie het verder
getuig dat sy nie bekend was met die straatname in die area nie,
verwysend na Waboom- en Palmietstraat.
Verwysing na straat name in
haar getuienis in hoof was gedoen aan die hand van die padkaart
behalwe die verwysing na Waboomstraat,
dié het sy geken omdat
Irefaan daar gewoon het. Opvallend sê die getuie dat die naam
Palmietstraat aan haar onbekend
was.
Met verwysing na
bewysstuk “H” het die getuie bevestig dat die “X”
wat sy op die kaart aangebring het
die lamppaal was waar die persoon
bly staan het, verwysend na een van die twee figure wie haar en die
oorledene genader het.
Die getuie het bevestig
dat sy en die oorledene in die regterkant van Plamietstraat opgestap
het en dat die twee figure, dit is
nou in die rigting van Bergstraat
en die ander twee figure in die rigting van Tap se taverne in die
straat teenoor hulle gestap
het. Hulle het bymekaar in Plamietstraat
verby gestap.
Die getuie het verder as
volg getuig:

dit
is korrek om te sê dat die twee figure gestap het tot by die
paaltjie, een het daar agter gebly nadat hulle oor die veld
gestap
het en die ander persoon het haar en die oorledene van agter af
genader”.
Die getuie het bevestig
dat een van hierdie twee figure haar en die oorledene van agter
genader het. Sy sê die persoon het
van agter gekom, sy hand
voor by sy broek ingedruk en sy het gedink hy wil ‘n sigaret
aansteek, maar dit was ‘n vuurwapen,
dié wapen het hy
voor haar kennebak verbygesteek in die rigting van die oorledene.
Dis op daardie stadium dat sy hom weggestoot
het toe die skoot
afgaan. Sy het in die hof gedemonstreer hoe sy die persoon
weggestoot het, sy het beduie dat sy albei haar
hande vorentoe om
hoog gehou het, met ander woorde die indruk is geskep dat die
aanvaller langer as sy was.
Die getuie het verder
gesê dat sy ‘n beskrywing van beskuldigde 1 sou kon gee.
Sy het `n beskrywing van hom in die
hof gegee. Sy het verder gesê
dat sy nooit deur die polisie vir `n beskrywing van beskuldigde 1
gevra is nie, sy is net
vir `n naam gevra en as iemand sê dat
hulle vir `n beskrywing gevra het sal dit verkeerd wees.
Beskuldigde 1 se verweer
is as volg aan die getuie gestel:

beskuldigde
1 sê hy was nie daar nie, hy was op daardie stadium besig om
items af te lewer en dit was onder andere by nommer
8 Royalstraat”.
Sy het voorts getuig dat
sy nooit vir die polisie gesê het watter kleredrag die
aanvallers, dit is nou beskuldigde 1 en
Eendjie aangehad het nie,
hoewel sy in staat was om `n gedetailleerde beskrywing van hulle
kleredrag te gee.
Dit is aan die getuie
gestel dat sy aan Mevrou Klaasen, die eienarres van die perseel te
Geneva Huis, sou gesê het dat die
oorledene geskiet is deur
jongens op `n bakkie. Sy het ontken dat sy so iets gesê het,
sy ook het ook ontken dat skote
vanaf ‘n bakkie gevuur was.
Die getuie getuig dat sy
Eendjie op die toneel herken het aan “die top” wat hy
aangehad het. Dit het sy waargeneem
toe sy terug na die toneel
gehardloop het vanaf Faan se plek. Sy bevestig dat sy nooit Eendjie
se gesig op die toneel gesien
het nie.
Dit is toe aan die
getuie gestel dat op die punt waar sy sê daar ‘n lampaal
was waar een van die figure dan nou agter
sou gebly het, daar geen
sodanige paal was nie. Linnert het voet by stuk gehou dat daar wel
`n paal was.
Die getuie het verder
aangedui dat sy in haar sleutelbeen aan die regterkant geskiet was.
Sy het getuig:

die
aanvaller het reg voor my gestaan en toe hy die voorwerp voor my
gesig verby bring en ek hom stamp was hy voor haar”.
Die getuie was
gekonfronteer met haar polisieverklarings, die eerste een, waarin sy
gesê het dat sy en Es-Louis in Wit Els
Straat gestap het. Sy
het erken dat dit verkeerd was en dat hulle eintlik in Palmietstraat
gestap het. Die getuie is verder gekonfronteer
met die verklaring en
het erken dat die bewering, dat die aanvallers haar en die oorledene
van voor genader het verkeerd was
en dat hulle eintlik van die kant
af gekom het.
In stryd met haar
getuienis in hoof het Linnert in kruisondervraging getuig dat die
vuurwapen nie verby haar mond en kennebak
gerig was nie.
Die getuie het getuig
dat dit die aand volmaan was en dat daar ‘n warm wind gewaai
het. In kruisondervraging is sy daaroor
gekonfronteer. Sy het voet
by stuk gehou dat dit volmaan was en dat daar ‘n warm wind
gewaai het. Sy sê sy het dit
nog met die oorledene bespreek.
Dit is toe aan haar gestel dat volgens die maankalender dit nie
volmaan was nie maar dat dit
donkermaan was, sy het egter voet by
stuk gehou dat dit daardie aand volmaan was.
Kruisondervraging deur adv
Engelbrecht
Sy het ontken dat sy
ooit vir Faan gesê het dat die oorledene deur De Bill of Pearl
geskiet was.
Dit is aan die getuie
gestel dat die bier wat by die taverne verkoop word nie beskuldigde
2 se bier was nie. Sy het voet by stuk
gehou dat die bier namens
beskuldigde 2 daar verkoop word.
Herondervraging deur adv
Badenhorst
Die getuie het aangedui
dat sy nie vir Miley ken nie, maar dat sy van hom gehoor het. Sy
bevestig dat volgens haar beskuldigde
2 by die blou huis drank
verkoop. Sy sê nie dat hyself bier verkoop het nie maar in
2003 het ‘n persoon genaamd David
Marx bier namens hom
verkoop. Beskuldigde 2 se vrou het later bier namens hom verkoop.
Die getuie het verder
getuig dat sy by haar man gehoor het van ‘n persoon met die
naam van De Bull en dat daardie persoon
saam met haar man in
Boystown was. Sy sê sy het nie die persoon geken nie en sy het
nooit daardie naam ooit by beskuldigde
2 se plek gehoor nie, dit is
nou by die blou huis.
Die getuienis van
Jeswaine Williams
By
aanvang van die getuienis van Jeswaine Daniel Williams (
Williams
)
het advokaat Bardenhorst, vir die staat, aangedui dat die staat
beoog om hoorsê getuienis deur die getuie aan te bied.
Op
versoek van die staat is Williams gewaarsku van die bepalings van
artikel 204 van die Strafproseswet. Die misdryf waaraan
Williams
homself skuldig kon maak was die van handeldryf in dwelms, dit is `n
oortreding van artikel 5(a) en/of 5(b) van Wet
140 van 1992, dit is
besit en/of handeldryf in dwelms. In getuienis in hoof het Williams
soos volg getuig.
Hy het groot geword in
die Eersterivier area, en het beskuldigde 2 in 2004 ontmoet. Op
daardie stadium was hy self ‘n taxi
bestuurder en ‘n
ex-lid van die Hard Living bende. Hy is aan beskuldigde 2 voorgestel
deur ‘n gemeenskaplike vriend,
dit was op Valentynsdag (14
Februarie 2004).
Hy het beskuldigde 2 na
‘n winkelsentrum geneem waar daar geskenke vir sy meisies
gekoop is, in lyn met die gebruik op Valentynsdag.
Volgens Williams
het hy en beskuldigde 2 daarna vriende geword. Hy het steeds voort
gegaan met taxi bestuur. Op ‘n latere
stadium het Williams
probleme opgetel met een van sy vriendinne se pa. Die kwaai pa wou
nie dat sy dogter met ‘n taxi bestuurder
meng nie, sy was op
daardie stadium nog op skool. Williams het toe na beskuldigde 2
gegaan vir advies.
Beskuldigde 2 het toe
voorgestel dat Williams sy werk as taxi bestuurder los en vir hom
begin werk. Die werk wat beskuldigde 2
Williams aangebied het was
die werk van bestuurder. Williams het in beskuldigde 2 se diens
getree en terselfdertyd het hy ook
gaan inwoon by nommer 8
Riviersonderendstraat in Eersterivier. Dit is die geel huis waarna
verwys is tydens die skets van Linnert
se getuienis, die huis
oorkant die woning van beskuldigde 2. Volgens Williams is die
verhouding met die meisie kort na sy intrek
in die geel huis
beëindig.
{Beskuldigde 2 het
bevestig dat Williams by die geel huis ingetrek het. Hy het egter
beweer dat dit ‘n ooreenkoms tussen Williams
en Miley was. Ek
keer na hierdie aspek terug. Beskuldigde 2 het ontken dat Williams
ooit in sy diens was}
Volgens Williams het sy
werk as bestuurder vir beskuldigde 2 behels dat hy aflewerings van
bier en dwelms doen asook algemene
bestuurderswerk. Williams het
verduidelik dat hulle twee bestuurders was, wie elk ‘n maand
aan diens en die daaropvolgende
maand van diens af was.
Williams het verduidelik
dat daar bendelede by die geel huis gewoon het. Hy het aangedui dat
Jonathan Tait, alias Tatie, by die
huis gewoon het asook Ismail
Gamieldien, Miley, ene Spaghetti en dan beskuldigde 1. Williams het
beskuldigde 1 geken as De Bill.
Verder het hy verduidelik dat Smiley
ook by die huis gewoon het asook ander persone wie se name hy nie
kon onthou nie.
Die getuie het Eendjie
uitgeken op bewysstuk “P” en getuig dat hy Eendjie geken
en dat Eendjie ook deel van die Dixie
bende was. Eendjie het nie by
die geel huis gewoon nie, hy het in ‘n wit huis in Electric
City gewoon. Hy het Eendjie se
bewegings as volg beskryf:

en
hy het ook mandrax gerook en tik en as hy daar kom dan kom kry hy net
sy goedjies en dan gaan hy weer”.
Die getuie het
verduidelik dat sommige van die geel huis se inwoners lede van die
Dixie Boy bende was. Hy sê op die stadium
toe hy taxi bestuur
het, het hy hulle leer ken as Dixie Boys. Volgens Williams was die
bende assosiasie van die geel huis bewoners
al om bekend in die
area. Williams het getuig dat sommige inwoners van die geel huis
tatoeërmerke van die Dixie Boy bende
gehad het en dat die huis
bedryf was soos in die tronk, want “dit was `n huis vol
tronkbendes”.
Dan sê hy verder
dat Tatie ‘n Dixie Boys tattoeërmerk op hom gehad het,
Miley nie, Smiley het wel, Miley het
‘n Nice Time tatoeërmerk
op hom gehad, van Smiley sê hy, dié was ‘n lid
van die 26 bende, Miley
sê hy was ‘n lid van die 27
bende en Spaghetti ‘n lid van die 28 bende. Williams het die
inligting van die
tatoeërmerke op hulle liggame bekom.
Volgens Williams was
dwelms, naamlik mandrax, vanaf die geel huis verkoop. Hy het
verduidelik dat elke persoon `n beurt gehad
het om dwelms te
verkoop. Hy sê die persoon wie dwelms verkoop sou altyd ‘n
“moonbag” dra en die dwelms
sou daaruit verkoop word.
Volgens Williams was
beskuldigde 2 die leier van die Dixie Boys bende. Dit, volgens
Williams, was algemene kennis. Volgens Williams
het almal opdragte
vanaf beskuldigde 2 uitgevoer. Williams self het aan Miley
gerapporteer, laasgenoemde was in beheer van die
aktiwiteite in die
geel huis. Miley het op sy beurt weer aan beskuldigde 2
gerapporteer. Williams het R800.00 per maand verdien
en het op ‘n
stadium ook tik verkoop.
Williams het verduidelik
dat die geel huis uit twee slaapkamers en een kombuis bestaan.
Williams het getuig: “daar was net
die basics in die huis
gewees”. Miley het in die een kamer geslaap en die res van
hulle het die ander kamer gedeel.
Williams het die
aktiwiteite in die huis verder as volg beskryf:

Die
wat g
eslaap
het het in die kamer geslaap en die ander wat nie geslaap het nie het
getik en heel aand wakker gewees.”
Williams het getuig dat
hy die Saterdag teenwoordig was toe Kaptein Bailey vir beskuldigde 2
op ‘n aanklag van verkragting
gearresteer het. Williams se
weergawe van die arrestasie was as volg:

Bailey
het gesê:

Garron
Potts ek arresteer jou op die klagte van verkragting”,
Beskuldigde 2 het
gereageer deur te verneem na watter saak Bailey verwys. Waarop Bailey
aangedui het dat Essie die klaagster was.
Beskuldigde 2 het as volg
gereageer:

maar
dit is ‘n ou saak en sy geld het klaar betaal vir die saak.”’
Volgens Williams was die
oorledene en die perseel te Geneva Crisis Centre in Eersterivier aan
hom onbekend voor die arrestasie.
Williams het getuig dat
die dwelm handel nog steeds voortgegaan het na die arrestasie van
beskuldigde 2, wie se vrou en kinders
hom op dié Sondag
besoek het. Beskuldigde 2 was die daaropvolgende Maandag op borg
vrygelaat.
Volgens Williams het
beskuldigde 2, na sy vrylating, direk na die geel huis gegaan en met
Miley in sy kamer gaan praat. Daarna
het beskuldigde 2 uitgekom en
in `n harde stem gesê:

hy
het gesê hy gaan daardie teef laat vrek skiet, want hy kan nie
weer geld uithaal vir so ‘n ou saak nie, Miley het
ingestem om
te sê salute”. (Die sameswering klagte het sy oorspong in
hierdie gesprek, ek behandel die aspek in detail
later)
Williams het verduidelik
dat die term ‘salute’ deur tronkbendes gebruik word. Die
getuie het verder verduidelik dat
toe beskuldigde 2 sê hy gaan
die teef laat vrek skiet hy nie geweet het na wie beskuldigde 2
verwys nie.
Die getuie het verder
getuig dat toe beskuldigde 2 daardie woorde uiter hy baie ontsteld
en kwaad was. Hy kon dit sien aan die
uitdrukking en die manier
waarop beskuldigde 2 die woorde geuiter het. Hy sê hy het
beskuldigde 2 goed geken in daardie
stadium. Hy sê Miley het
daardie uitlating nie as ‘n grap beskou nie. Op daardie
stadium was Smiley, beskuldigde
2, Miley en Taboer teenwoordig. Hy
sê daar was nog ander bendelede in die huis wie se name hom
ontgaan het. Williams kon
ook nie onthou of beskuldigde 1
teenwoordig was nie.
Op ‘n vraag van
die staatsadvokaat wat bedoel was met “ek het klaar geld
uitgegee om die saak te laat staan”
het die getuie soos volg
geantwoord:

die
Maandag oggend was ek en Miley gestuur Delft Polisiestasie toe om
geld weg te gaan neem”, hy was gevra “wie het
julle
gestuur” en sy antwoord was”deur beskuldigde 2 se vrou”.
Die getuie het verder
verduidelik dat Miley ‘tussen R400 en R500 gehad het’,
toe na die polisie stasie te Delt vertrek
het. Daarbenewens het Miley
het ook een van die getuie se ‘goue kettings’ by hom
geneem en het daarna die aanklagte
kantoor binnegegaan. Miley het
teruggekeer sonder die geld en die goue hangertjie.
Williams
getuig dat twee dae nadat beskuldigde 2 met Miley hierdie reëling
getref het, dit was op ‘n Woensdag, beskuldigde
2 aangekom en
vir Miley gesê het dat hulle na Delft moet gaan. Miley het
Williams eers beveel om vir Ille te
gaan
haal welke opdrag hy uitgevoer het. Volgens Williams was Ille `n
skoolseun in die omgewing. Nadat Ille met Miley gepraat
het, het
eersgenoende uitgegaan en later teruggekom met ‘n 9mm
rewolver.
Williams het verduidelik
dat Miley in besit van die vuurwapen was toe hulle, Williams, Smiley
en Miley, na Delft vertrek het.
Hulle het besoek by ene Angelo te
Delft afgelê. Oor die opdrag om na Delft te gaan het Williams
as volg verduidelik:

nee
Miley het net vir my gesê ek moet die bakkie kry, ons moet ry”,
hy het nie spesifiek geweet waarheen hulle gaan
nie
.
(Williams is in kruis ondervraging hieroor sterk aangeval).
Williams het verder
getuig dat hulle by Angelo se woning te Delt gaan stop het. Angelo
was aan hom, Williams, onbekend maar Williams
het sy naam afgelei
uit die gespreke te Delft. Hy sê toe hulle voor Angelo se huis
gestop het, het daar `n wit Opel gewag.
Miley het die 9 mm pistool
aan die bestuurder van die Opel oorhandig. Die persoon is daar weg
en het ‘n halfuur later teruggekeer
in ‘n wit Volkswagen
Jetta, en het ‘n .357 rewolver aan Miley oorhandig. Hy sê
dit het gelyk soos ‘n
nuwe rewolwer en ammunisie. Hy sê
dit was ‘n vuurwapen met “’n spinning barrel”.
Die getuie het
verduidelik dat hy weet hoe ‘n .357 rewolwer lyk, hy kon egter
nie verduidelik hoekom hy sê dat daardie
wapen wat Miley van
die bestuurder gekry het dié tipe wapen was nie. Hy
verduidelik dat die vuurwapen swart van kleur
was, hy sê dit
het “hollow points” gehad. Williams verduidelik dat die
patrone voor plat was en dat dit ‘soos
gewone koeëls
gelyk het met braas doppies’, hy sê die punt was grys.
Hy sê Miley het `n kous oor sy hand
getrek, die vuurwapen
gelaai en dit in sy kous gedruk. Terug by die geel huis het Miley
die vuurwapen aan Smiley oorhandig.
Vervolgens het Williams
verduidelik dat Angelo ook `n lid van die Dixie bende was. Hy sê
dat nadat hulle van Angelo se huis
teruggekom het, Miley die
vuurwapen vir beskuldigde 2 gewys het. Beskuldigde 2 het toe die
vuurwapen vir Smiley gegee en hy sê,
en ek haal Williams aan:
“sy woorde was aan Smiley die volgende dag moet hy vir haar
gaan inwag en die job klaar maak”.
Hy sê Smiley het die
vuurwapen gevat, toegedraai in ‘n ou T-hemp en toe is hy weg
met die vuurwapen.
Williams het verduidelik
dat beskuldigde 2 en Smiley baie goed oor die weg gekom het. Hy sê
beskuldigde 2 het altyd gespog
met ‘wat Smiley kan doen as
daar ‘n vuurwapen in sy hand geplaas word’. Vervolgens
het hy verduidelik dat Smiley
ook vir beskuldigde 2 dwelms verkoop
het.
Hy het verduidelik dat
dit in die aand was toe Smiley met die vuurwapen daar weg is. Hy
bevestig dat hy die aand in die geel huis
geslaap het en sê
dat Smiley die volgende oggend daar aangekom het. Die opdrag van
beskuldigde 2 was nie uitgevoer nie.
Miley het nadat Smiley die
rapport gemaak het vir beskuldigde 2 ontbied. Beskuldigde 2 het
daarna by die geel huis opgedaag en
Miley het die volgende aan
beskuldigde 2 gerapporteer: “my broer Smiley het nie daardie
goose gekry nie”. Na bewering
was beskuldigde 2 ontsteld oor
die nuus. Daarna het Miley die vuurwapen gaan wegsteek.
Williams het vervolgens
verduidelik dat ene Zuaar, ‘n vriend van beskuldigde 2, daar
was. Zuaar het in die Strand gewoon
en daar met dwelms handel
gedryf. Op `n stadium het Williams met verlof by Zuaar gaan woon. Hy
sê hy het twee dae by Zuaar
gaan woon en toe hy die Vrydag
daar weg is het hy nie na die geel huis teruggekeer nie. Hy het toe
by ‘n vriend in Eersterivier
gaan woon. Hy sê hy het nie
vir Zuaar, of Miley, of beskuldigde 2 in kennis gestel van sy
voorneme om Zuaar se perseel
te verlaat en na Eerste Rivier te
verhuis nie, omdat hy van diefstal beskuldig was.
Hy het verder
verduidelik dat Miley en die ander manne hom op Saterdag te Eerste
Rivier gaan haal het en hom teruggeneem het na
Zuaar se perseel.
Later, dieselfde dag, dit was reeds donker, het beskuldigde 2,
Spaghetti en ‘n meisie ook by Zuaar opgedaag.
Hy het
vervolgens verduidelik dat toe beskuldigde 2 by hulle aansluit was
hyself, Miley, dié se meisie en Smiley asook
Zuaar se manne
reeds daar. Beskuldigde 2 wou van Zuaar weet of die reëlings
getref is.
Hy het verder oor die
Saterdagaand getuig dat beskuldigde 2 en sy gevolg na die Van
Riebeek Hotel gegaan het. Hy het vir beskuldigde
2 later by die Van
Riebeek Hotel gesien toe hy en een van Zuaar se manne kos afgelewer
het. In die hotel teenwoordig was beskuldigde
2, die meisie, Smiley,
Miley, Zuaar en Spaghetti. Hy sê dat die groep besig was om te
tik en kuier toe hulle laat die aand,
ongeveer 24h00, kos afgelewer
het.
Die volgende oggend het
Miley en Zuaar Williams teruggeneem na die die geel huis. Hulle het
kort voor 12h00 by die geel huis aangekom
waar Tatie besig was om te
smokkel. Williams het dit afgelei omdat Tatie die sakkie, dit is nou
die moonbag, om sy lyf gehad
het waaruit dwelms gewoontlik verkoop
was.
Vervolgens
het die getuie verduidelik dat beskuldigde 2 later uit die slaap uit
opgestaan het, oorgekom het na die geel huis en
vir Tatie gevra het:
“my broer hoekom smokkel jy” waarop Tatie geantwoord het
‘Faan het gister aand gaan mang
(dit beteken dat hy die vorige
aand gearresteer was)’. Beskuldigde 2 sou dan verder gevra
het, “en daai twee broerse
Taboer en Eendjie het hulle die
nommer gedala wat vir hulle gegee was om te dala”, waarop
Tatie dan geantwoord het, “salute
die nommer is gedala”
(
oor hierdie aspek
was Williams indringend gekruisondervra, ek behandel dit later
).
Beskuldigde 2 sou ook as
volg gesê het “en Tabull en Eendjie hoef nie te worry
nie, want sy kontakte sal hulle uitkry”.
Williams het getuig
dat beskuldigde 2 gereageer het op Tatie se mededeling dat ‘die
nommer gedala is’ deur te sê
‘salute’ en het
tevrede gelyk waarna hy in die sitkamer van die geel huis gaan sit
het.
Hy het vervolgens
verduidelik die woord mang beteken arresteer en dala beteken doen.
Hy het verduidelik dat hy die woorde as volg
verstaan omdat hyself
uit ‘n bendeopset kom. Williams het in die kamer by Miley en
Zuaar gaan sit. Daar het hy verneem
van die moord op die oorledene.
Hy sê dit was die Sondag nadat hulle vanaf die Strand gekom
het.
Williams het verduidelik
dat hy laat daardie Sondag die geel huis verlaat het en by ‘n
vriend, wie se vader destyds ‘n
polisiebeampte was, gaan woon
het omdat hy vir sy lewe gevrees het. Die polisiebeampte het hom in
kontak met ander polisiebeamptes
gestel waarna hy op 22 April 2005
`n getuie verklaring, Z1, afgelê het. Hy is daarna in die
getuiebeskermingsprogram opgeneem.
Williams was reeds 3
jaar in die program toe hy getuig het. Williams het verder
verduidelik dat die persoon na wie hy verwys het
as Tatie in
werklikheid Jonathan Tait was, maar dat hierdie persoon intussentyd
gesterf het. Die doodsertifikaat van Jonathan
Tait is toe ingehandig
as bewysstuk “V”.
Vervolgens
het Williams verduidelik dat hy nie tik gebruik het toe hy die
Sondag vanaf die Strand na die geel huis teruggebring
is nie. Hy het
homself as sober beskryf. Hy sê die dag toe hy en Miley die
vuurwapen te Delft gaan haal het, het hy slegs
die oggend tik
gebruik. (
dit was
‘n aspek waaroor Williams indringend onder kruisondervraging
geneem was, ek keer hierna terug
)
Williams het vervolgens
verduidelik dat hy sober was die stadium toe beskuldigde 2 die
middag na sy borgvrygelating gesê
het dat hy die teef gaan
vrek maak. Williams het verduidelik dat voordat hy in die hof getuig
het hy sy eerste verklaring by
hom gehad het. Advokaat Badenhorst
het hom ‘n geleentheid gegee om enige regstelling uit hierdie
verklaring te maak indien
nodig. Die getuie het aangedui dat daar
geen sodanige regstellings was nie.
Laastens het die getuie
vir die hof gesê dat hy nie kon onthou of die gesprek tussen
beskuldigde 2 en Miley, waartydens
beskuldigde 2 sou gesê het
dat hy die teef gaan vrek maak, op `n Maandag plaasgevind het nie.
Dit was die einde van Williams
se getuienis in hoof. Vervolgens die
kruisondervraging van Meneer Mathewson. Ek som die kruisondervraging
opsommende wyse as
volg op.
In kruisondervraging het
Williams getuig dat die geel huis bestaan het uit twee slaapkamers,
`n kombuis en ‘n sitkamer.
Miley en díe se meisie het
in een kamer geslaap, welke kamer slegs ‘n bed en ‘n kas
in gehad het.
Die ander inwoners van
die huis het die twee beddens in die tweede slaapkamer gedeel.
Williams het getuig dat die inwoners om
die beurt geslaap en getik
het. Hy het verder verduidelik dat Jonathan Tait, alias Tatie, en
Spaghetti ook in daardie kamer geslaap
het alhoewel Spaghetti op ‘n
ongereelde basis oorgeslaap het.
Williams het getuig dat
hy tydens sy verblyf in die geel huis tik gebruik en verkoop het. Na
sy opname in die getuiebeskermingsprogram
het hy egter beide
aktiwiteite gestaak en hy het verduidelik dat tik hom “oopkop
en helder’ maak. Hy het verder getuig
dat hy nie helder was
wanneer hy nie dwelms gebruik het nie.
Williams het erken dat
hy ‘n lid van die Hard Living bende was en dat hy nog steeds
die tatoomerke van die bende op sy liggaam
gehad het alhoewel hy nie
meer ‘n lid was nie. Miley was ‘n Nice Time Kid en Tatie
‘n Dixie Boy. Hoewel die
geel huis se bewoners aan veskillende
bendes behoort het, het hulle hul almal onderwerp aan die gesag van
Miley.
Voor Williams sy intrek
by die geel huis geneem het, was hy in diens van ‘n Portugees,
Meneer Manuels, wie se sigarette
hy gesteel het. Hy het die
sigarette aan Miley verkoop en so sy dwelmgebruik onderhou. Hy het
getuig dat hy destyds aan dwelms
verslaaf was.
Williams het aanvanklik
getuig dat hy sy dwelmgebruik gestaak het na sy opname in die
getuiebeskermingsprogram. Hy het egter later
tydens
kruisondervraging erken dat hy in 2007, terwyl hy in die
getuienbeskermingsprogram was, gearrresteer was op ‘n klagte

van besit van dwelms. Hy was onseker oor die datum van sy
arrestasie.
Williams het erken dat
hy daagliks dwelms gebruik het tydens sy verblyf in die geel huis.
Hy is gevra om spesifiek te wees en
hy het gesê “wanneer
ek dit kry het ek dit gerook”. Hy het verder erken dat tik op
daardie stadium vrylik beskikbaar
was. Williams se verslaaftheid
blyk uit die volgende:

die
vraag was ja so as u wakker is dan tik u,
die antwoord daarop
was: dan is daar mense wat tik, die wat nou in die huis is, dan is
hulle al besig om te tik en dan val ek net
in”.
Williams het vervolgens
verduidelik dat hy somtyds drie- tot vier keer per dag tik gebruik
het. Hy sê die effek van die
tik is dat hy dan helder bly of
wakker bly tot en met die volgende dag.
Vervolgens is Williams
gevra oor sy stelling in getuienis-in-hoof dat hy nie enige dwelms
gebruik het op die dag toe beskuldigde
2 op borg vrygelaat was na sy
arrestasie op die klagte van verkragting.
Hy het verduidelik dat
hy nie daardie dag tik gebruik het nie omdat hy besig was met
aflewerings. Hy kon egter nie verduidelik
hoekom hy nie díe
oggend die tik gebruik het nie, veral in lig van sy vorige getuienis
dat hy drie tot vier keer per dag
tik gebruik het. Hy het aanvanklik
gesê dat hy nie daardie dag tik gebruik het nie omdat hulle
Delft toe moes gaan. Meneer
Matthewson het hom toe daarop gewys dat
hulle eers die aand Delft toe is en wat van die oggend? Williams het
voet by stuk gehou
dat hy nie daardie dag tik gebruik het nie omdat
hulle aflewerings gedoen het.
Hy het getuig dat
beskuldigde 1 tussen sy vriende en die gemeenskap bekend staan as
Tabill. Williams het verduidelik dat hy nie
‘n persoon genaamd
Tabull geken het nie.
Williams het verduidelik
dat hy nié vir beskuldigde 2 aan die polisie gerapporteer het
nadat beskuldigde 2 gesê het
dat hy daai teef gaan laat vrek
maak nie, omdat beskuldigde 2 bewus was van Williams se probleme met
die skoolmeisie se pa en
omdat hy as gevolg van daardie probleem in
die geel huis wou aanbly.
Williams se
getuienis-in-hoof was egter dat hy die verhouding met die
skoolmeisie beëindig het kort na sy intrek by die geel
huis.
Williams het ook erken
dat hy twee verklarings gemaak het. Hy sê dat hy ‘een of
twee’ foute met betrekking tot
tye en datums begaan het met
die opstel van die eerste verklaring, díe is egter reggestel
in die tweede verklaring.
Williams het vervolgens
ook erken dat hy in die normale loop van sake nie ‘n probleem
gehad het om sy afleweringstake te
verrig terwyl hy onder die
invloed van dwelms was nie. Dit is aan hom gestel dat dit
onwaarskynlik was dat hy op die dag toe
beskuldigde 2 op borg
vrygelaat is ewe skielik homself sou weerhou van dwelms net omdat hy
die aflewerings moes doen. Williams
het daarmee saamgestem. Dit was
die einde van die kruisondervraging deur Meneer Matthewson. Die
kruisondervraging deur Meneer
Engelbrecht kan as volg opgesom word.
Williams het erken dat
hy op 22 April 2005 en op 8 Oktober 2008 verklarings afgelê
het. Hy was tevrede dat die inhoud van
die April 2005-verklaring
korrek was en sê dat hy self die verklaring deurgelees het. Hy
ontken egter dat die eed opgelê
was soos blyk uit die
verklaring. Met betrekking tot die Oktober 2008-verklaring het hy sy
handtekening op die verklaring erken
en aangedui dat daardie
verklaring gemaak is omdat hy sekere punte van sy 2005-verklaring
wou opklaar.
Williams het erken dat
toe hy die April-verklaring afgelê het hy nog onder die
invloed van tik was. Hy het egter aangedui
dat die
Oktober-verklaring in breëtrekke dieselfde as die eerste
verklaring was.
Williams het getuig dat
toe beskuldigde 2 aan Tatie gevra het hoekom hy smokkel, Tatie
daarop geantwoord het “broer Faan
is gister gemang”.
Beskuldigde 2 sou dan verder verneem het of ‘die twee broerse
De Bill en Eendjie of hulle die
nommer gedala het, Tatie sou dan
geantwoord het “salute die nommer is gedala”.
Tatie sou dan verder
gesê het “maar daardie twee broerse is gemang”.
Beskuldigde 2 het daarop geantwoord, volgens
Williams, ‘die
broers De Bill en Eendjie hoef nie te worry nie, sy kontakte sal
hulle uitkry.’
Williams het getuig dat
hy nie tik gebruik het die Sondag toe hy vanaf die Strand
teruggebring was nie omdat Miley met hom sou
afreken omdat hy na
bewering ‘n selfoon en geld gesteel het. Williams het egter
verder gegaan en gesê dat niemand
vir hom tik aangebied het
nie.
Vervolgens het Advokaat
Engelbrecht die stellings gemaak in die eerste verklaring (April
2005), aan die getuie gestel. In daardie
verklaring het Williams
gesê dat beskuldigde 2 gekom en gevra het of die nommer gedala
was. Dit was teenstrydig met sy
getuienis-in-hoof waar hy gesê
het dat beskuldigde 2 verneem het ‘of daai twee broerse De
Bill en Eendjie die nommer
gedala het’. Williams kon werklik
nie die verskille verduidelik nie. Hy het voet by stuk gehou dat
albei korrek was. Einde
ten laas het hy erken dat daar nie name
genoem was nie (dit is nie duidelik uit sy getuienis wat presies hy
gehoor het met betrekking
tot hierdie gesprek nie).
Williams was
gekonfronteer met ‘n verdere bewering in sy eerste verklaring
waarin hy gesê het dat beskuldigde 2 gevra
het of die nommer
gisteraand gedala was. In sy getuienis in hoof was daar nie ‘n
verwysing na ‘gister aand’
nie. Williams kon glad nie
hierdie teenstrydigheid verduidelik nie. Hy het wel gesê dat
dinge na hom toe teruggekom het
terwyl hy in die program was, dat hy
dit op sy skootrekenaar getik het. Dit het geblyk dat Williams nog
‘n verdere verklaring
en verdere notas asook aantekeninge
gemaak het soos gebeure met verloop van tyd na hom toe teruggekom
het.
Vervolgens is Williams
gevra oor die getuienis dat beskuldigde 2 vir Miley opdrag gegee het
om na Delft te gaan. Die getuie het
verder getuig dat Miley en
beskuldigde 2 ‘n gesprek gehad het en dat Miley toe gesê
het dat hulle Delft toe gaan.
Dit blyk toe verder uit sy getuienis
dat hy nooit gehoor het dat beskuldigde 2 vir Miley enige opdrag
gegee het met betrekking
tot die rit na Delft nie. Williams het die
weerspreking verduidelik deur te sê dat elke opdrag in elk
geval vanaf beskuldigde
2 afgekom het. Die getuie het verskeie
geleenthede gekry om die getuienis te verduidelik en hy kon nie. Hy
het erken dat hy dit
nie verder kon neem nie.
In verdere
kruisondervraging het Williams erken dat hy nie kon onthou of daar
‘n TV in die sitkamer van die geel huis was
nie (dit is
insiggewend aangesien hy omtrent 4 maande in die huis gewoon het).
Williams
was ook gekonfronteer met sy verklaring aan waarin hy beweer het
dat:

Garron
Potts het gesê hy gaan vir haar vrek laat skiet en hy kan nie
weer geld spandeer op die kak saak nie, want is `n
ou saak”.
In kruisondervraging was hy daaroor gevra omdat hy in sy
getuienis-in-hoof nie na die woord “kak”
verwys het nie.
Hy het toe verduidelik: “ek weet nie of dit appropriate is om
so te gaan praat in die hof nie u edele”.
Williams is toe
daaraan herinner dat die hof aan hom verduidelik het dat hy moet,
waar moontlik, die presiese woorde van beskuldigde
2 herhaal. Sy
finale antwoord was en ek haal aan: “net omdat ek dit nie wil
gebruik het nie edelagbare.”
Williams is verder
gekonfronteer met sy eerste verklaring. In daardie verklaring het hy
gesê dat beskuldigde 2 twee dae
na sy vrylating op borg die
gewraakte uitlating gemaak het, met ander woorde dat hy die teef
gaan laat vrek skiet. In sy getuienis-in-hoof
het hy getuig dat die
uitlating gemaak was dieselfde dag toe beskuldigde 2 op borg
vrygelaat is. Williams het verduidelik dat
terwyl hy in die program
was gebeure mettertyd na hom teruggekom het. Hy het mettertyd notas
op sy skootrekenaar gemaak en verder
‘n dagboekie gehou
gebeure te boekstaaf soos dit na hom toe teruggekom het.
Vervolgens het Williams
erken dat hy in sy eerste verklaring glad nie daarvan melding gemaak
het dat Ille gestuur was om die 9
mm-rewolwer te gaan haal nie. Hy
het gesê dat dit gebeure was wat later na hom toe teruggekom
het. (terwyl hy in die program
was) Dit is deur Advokaat Engelbrecht
aan die getuie gestel dat dit versinsels van sy dwelmverslaafdheid
was. Daarop het Williams
geantwoord dat hy wel daardie tyd dwelms
gebruik het, maar nie verslaaf was nie.
Vervolgens is Williams
gevra wat Kaptein Bailey aan beskuldigde 2 sou gesê het toe hy
hom gearresteer het. Williams het
weer verduidelik dat Kaptein
Bailey gesê het “ek arresteer jou vir verkragting”,
dat beskuldigde 2 verbaas
was en gevra het vir watter saak. Die
probleem kom by die volgende, Williams het verduidelik dat Kaptein
Bailey gesê het
vir die verkragting van Es-Louis, dan voeg hy
by hy sou mos nie Esie gesê het nie, hulle sou haar regte naam
gebruik het.
In kruisondervraging is hierdie aspek uitgepluis en het
dit geblyk dat Williams nie presies kon onthou wat die polsiebeampte

aan beskuldigde 2 gesê het nie.
Uiteindelik is daar aan
Williams gestel dat hy nie regtig kon onthou nie, dat hy op daardie
stadium onder die invloed van tik
was en dat sy verstand beneweld
was. Williams het geantwoord dat hy saamstem dat sy verstand op
daardie stadium beneweld was.
Vervolgens was Williams
se getuienis-in-hoof aan hom gestel waaruit die volgende blyk. Hy
het in sy verklaring aangedui dat hulle
op die Maandag na Delft
gegaan het om die vuurwapen te gaan haal. In sy notas verduidelik hy
dat hulle die Donderdag na Delft
gegaan het. Uit die rekord blyk die
volgende”

Advokaat
Engelbrecht stel die volgende aan Williams, “u sê die
dag, in die een, in die April – verklaring sê
u hy kom
uit, sê op die Sondag en op dieselfde Sondag gaan julle Delft
toe. Op die ander verklaring sê u hy bars uit,
julle wag twee
dae en dan gaan julle, hoekom is dit so?
Die antwoord hierop is
ek kan nie sê nie u Edele”.
Williams het verder
getuig dat hy eers van Angelo verneem het terwyl hulle reeds oppad
na Delft was. Hy het Angelo nie voorheen
geken nie. Hy is in Delft
nooit aan Angelo voorgestel nie. Wat wel gebeur het was dat Miley
met iemand gesels het en dat hy toe
gehoor het dat dit Angelo was.
Hy het erken dat hy niks van Angelo af weet nie en is toe gevra
hoekom hy in getuienis in hoof
getuig het dat Angelo ‘n lid
van die Dixie Boys bende was en sy antwoord was: “daar was van
die Dixie Boys ook by
Angelo se plek”.
Williams het in
getuienis in hoof getuig dat beskuldigde 2 voor sy huis gestaan het
toe hy en Miley vanaf Delt teruggekeer het.
Beskuldigde 2 het
volgens Williams oorgekom na die geel huis. Dit was egter
teenstrydig met Williams se weergawe in sy verklaring
van 22 April
2005, waarin hy gesê het dat Miley vir beskuldigde 2 gebel het
na hulle aankoms vanaf Delft. Volgens daardie
weergawe sou
beskuldige 2 eers na die oproep na die geel huis oorgekom het.
Williams se verduideliking vir die verskille was:
“ek kan nie
onthou nie u Edelagbare hoekom”.
Herondervraging
Williams het verduidelik
dat wanneer hy tik gebruik het, hy baie meer oplettend was. Advokaat
Badenhorst het aan hom die woordeboekbetekenis
van beneweld gestel
as donkerig, mistig, toegetrek. Williams het ontken dat tik enige
van hierdie effekte op hom gehad het.
evaluasie
Everlyn Linnert het
moeilik getuig. Sy kan nie daarvoor gekritiseer word nie. Dit het
duidelik geblyk dat sy lief vir die oorledene
was en nog steeds, 3
jaar later, dit moeilik vind om die gebeure in herrinering te roep.
Linnert
was ‘n enkelgetuie met betrekking tot haar identifikasie van
beskuldigde 1. Haar getuienis moet dus met omsigtigheid
benader
word. Ek het Linnert se getuienis benader met verwysing na die
riglyne wat deur Holmes HR in
S
v Mtetwa
neergelê
is. Die geleerde regter het hom op 768 A-G as volg uitgelaat:

Para
A - G: Because of the fallibility of human observation, evidence of
identification is approached by
the
Courts with some caution. It is not enough for the identifying
witness to be honest: the reliability of his observation must
also be
tested. This depends on various factors, such as lighting,
visibility, and eyesight; the proximity of the witness; his

opportunity for observation, both as to time and situation; the
extent of his prior knowledge of the accused; the mobility of the

scene; corroboration; suggestibility; the accused’s face,
voice, build, gait and dress; the result of identification parades,

if any; and, of course, the evidence by or on behalf of the accused.
The list is not exhaustive. These factors, or such of them
as are
applicable in a particular case, are not individually decisive, but
must be weighed one against the other, in the light
of the totality
of the evidence, and the probabilities; see cases such as R. v.
Masemang,
1950 (2) S.A. 488
(A.D.); R. v. Dladla and Others,
1962 (1)
S.A. 307
(A.D.) at p. 310C; S. v. Mehlape, 1963 (2)
Eerstens is dit so dat
beskuldigde 1 aan Linnert bekend was. Sy het hom kort voor die
voorval gesien. Dit verhoog die moontlikheid
van ‘n korrekte
identifikasie. Dit is egter so dat haar indentifikasie in ongunstige
omstandighede gemaak was. Dit was
donker, reeds na 20h00 in die
aand.
Die beligting was
sodanig dat Linnert die persone, wie oorkant die pad in die
teenoorgestelde rigting as sy en die oorledene beweeg
het, slegs as
figure beskryf het. Linnert het getuig dat die maan geskyn het en
dat die lig van die maan en die naby geleë
huise haar in staat
gestel het om beskuldigde 1 te identifiseer. Volgens bewystuk “EE”,
‘n gesertifiseerde
afskrif van die maankalender gedurende
2005, was die maan donker daardie aand en het slegs ‘n
sekelmaan om 02h54 geskyn
(dit is ses minute voor drie die oggend).
Linnert maak dus ‘n fout. Opsigself is die fout kommerwekkend.
Linnert het, toe
sy in kruisondervraging gekonfronteer was met die
stand van die maan, voet by stuk gehou dat die maan geskyn het. Sy
het egter
verder gegaan en getuig dat sy en die oorledene die helder
maan bespreek het.
Adv Bardenhorst, vir die
staat, het toegegee dat die hof van die stand van die maan, soos
weergegee in die kalender, kennis kon
neem. Dit beteken dat Linnert
slegs die ligte van die naby geleë wonings gehad het om hulle
aanvallers te identifiseer.
Volgens Linnert het sy 3
sekondes gehad in die periode toe die skut omdraai, hulle agterna
sit, die vuurwapen uit sy broek haal,
verby haar kennebak druk, tot
voor haar beweeg, sy hom wegstoot en in daardie oomblik hom
identifiseer. Die periode was kort.
Die toneel het ook deurgans
beweeg. Dit is ‘n faktor wat die hof in ag moet neem.
Terwyl
sy in die ambulans gesit het, het Linnert inligting aangaande haar
aanvaller aan die polisie gegee. Die onbetwiste getuienis
van
Konstabel Cupido (
Cupido
)
was dat:
Hy
tesame met Inspekteur Hammerse (
Hammerse
)
by die moordtoneel opgedaag het. Hulle was die eerste
polisiebeamptes op die toneel. Linnert het later op die toneel
opgedaag.
Sy was aanvanklik onwillig om die gebeure met hom te
bespreek. Dit was eers nadat beide, Linnert en Cupido, in die
ambulans
was en ook eers nadat Cupido die ambulansdeur toegemaak
het dat Linnert die volgende bewerings aan hom gemaak het:

Sy
het verduidelik dat sy en die oorledene by `n woning van `n vriend in
Waboomstraat was, hulle het toe daarna huis toe gestap
en het gestap
vanaf Waboomstraat na Palmietstraat. Sy het verder aan hom
verduidelik dat op die hoek van Waboom- en Palmietstraat
het twee
manspersone gestaan. Sy en die oorledene het verby die twee
manspersone gestap en die persone het agter hulle twee gestap.
Sy het
verder verduidelik dat toe sy omkyk sy gemerk het dat een van die
manspersone `n vuurwapen uithaal. Sy het toe die oorledene
omhels en
haar vasgehou. Sy het ‘n skoot hoor afgaan en die oorledene het
op die grond neergeval en sy het bo-op haar gaan
lê om haar te
beskerm. Een van die manspersone het haar afgetrek van die oorledene
en het die oorledene geskiet en Linnert
het verder verduidelik dat sy
gehardloop het om hulp te gaan soek en dat sy toe gehoor het dat
verdere skote afgaan.
Sy het gesê dat
sy een van die persone van aansien ken en sy het hom Mr. Bill of Bill
genoem. Sy kon nie ‘n beskrywing
van hierdie persoon gee nie en
sy kon nie vir hom sê waar die persoon woon nie.”
Die mees opvallende
weerspreking tussen haar getuienis en die weergawe aan Cupido,
volgens my, is dat sy gesê het dat sy
een van die persone van
aansien ken. Haar getuienis was dat sy beide Eendjie en beskuldigde
1 van aansien ken. Sy ken Eendjie
beter en het ook geweet waar hy op
‘n stadium gewoon het. Verder is die onbetwiste getuienis van
Cupido dat Linnert nie
‘n beskrywing van die persoon wie sy as
‘Bill of Mr Bill” beskryf het kon gee nie. Linnert het
getuig dat sy
te alle tye na die voorval in staat was om ‘n
beskrywing van beskuldigde 1 te gee.
Dit
is vreemd dat sy nie aan Cupido gemeld het dat Eendjie saam met
beskuldige 1 op die toneel was nie. Veral aangesien Eendjie
die
persoon is wie sy ken. Ek aanvaar dat die getuie getraumatiseer was,
Cupido het ook so getuig. Dit is te verwagte in daardie

omstandighede. Daar kan steeds verwag word dat sy aan Cupido sou
noem dat Eendjie saam met beskuldigde 1 was aangesien sy Eendjie

geken het. Haar getuienis was dat Eendjie op ‘n stadium,
in
2003
, oorkant haar
gewoon het. Sy het selfs Eendjie se gunsteling baadjie (Hooded-top)
geken. Eendjie was ook n vriend van haar man.
Strydig met die
getuienis van Cupido het Hammerse getuig dat Linnert beskuldigde 1
en Eendjie genoem het as die persone wie hulle
aangeval het.
Hammerse se getuienis was as volg:

Dat
hy die aand van die voorval in die omgewing was, hy het na die toneel
gegaan en het omtrent 22h00 die aand daar aangekom. Hy
het inligting
op die toneel ontvang met betrekking tot wie verantwoordelik was vir
die skietvoorval. Hy sê hy het hierdie
inligting gekry vanaf
Everlyn Linnert , dit was op die stadium toe sy in die ambulans met
Cupido gepraat het. Hammerse het verduidelik
dat die ambulansdeur oop
was en dat Linnert die name van beskuldigde 1 en Eendjie genoem het.
Hy het daarna, vergesel deur die
oorledene se ouers, na die perseel
te nommer 9 Riviersonderend gegaan en beskuldigde 1 en Eendjie
gearresteer. Tydens hulle arrestasie
was beskuldigde 1 en Eendjie in
die teenwoordigheid van ‘n paar ander mans en het die oorledene
se ouers hulle uitgewys.
Hammerse self het beide beskuldigde 1 en
Eendjie geken voor die voorval. Dit was, selfs na indringende
kruisondervraging, nie duidelik
hoekom dit nodig was dat die twee aan
hom uitgewys moes word nie.”
Hammerse het geen
stawing vir Linnert gebied nie. Inteendeel, hy het Linnert en Cupido
weerspreek. Sy getuienis was van so ‘n
aard dat die hof nie
daarop kan steun nie.
Die feit dat die persoon
wie Linnert as beskuldigde 1 uitgeken het ‘n mussie op sy kop
gehad het moet ook in ag geneem word.
Sy het getuig dat die mussie
tot by die aanvaller se wenkbroue afgetrek was. Dit, volgens my, sou
die uitkenning in die omstandighede
van hierdie saak bemoeilik het.
Die
volgende getuie wie Linnert moes staaf was Aulrich Palmer(
Palmer
).
Palmer se getuienis was as volg:

Hy
woon twee huise vanaf Faan. Op `n aand in April 2003, hy was nie
seker van die aand nie, watter aand van die week nie, dit was
al
skemer en hy het winkel toe gegaan. Oppad terug van die winkel het hy
twee persone by Faan se huis gesien. Een van die persone
het met Faan
gepraat. Daardie gesprek het by die deur van die woning plaasgevind.
Die ander persoon het by die stomp gestaan. Beide
persone het kappies
tops aangehad, hy het later in kruisondervraging gesê beide het
hulle kappies opgehad. Hy kon nie sê
of dit mans of vrouens was
nie.
Hy het huis toe
gegaan, waar Jessica, Faan se vrou by sy moeder gekuier het, en aan
haar, Jessica, gerapporteer dat daar twee persone
by haar huis was.
Toe Jessica hierdie nuus ontvang het sy terug huis toe gegaan.
Palmer het die
volgende dag eers van die skietery gehoor. “
Palmer is geroep om
Linnert te staaf. Haar getuienis was dat Eendjie en een ander
persoon by Faan se huis aangekom het terwyl
sy en die oorledene by
Faan gekuier het. Dit was kort voor die noodlottige voorval. Linnert
het getuig dat Eendjie met die oorledene
gepraat het, hy wou weet of
beskuldigde 1 haar al in die hande gekry het. Palmer kon die
getuienis nie staaf nie. Die staat het
nie, oënskynlik bevoegde
en verpligbare getuies, Faan of Jessica geroep om Linnert te staaf
nie.
In die getuiebank het
Linnert verduidelik dat sy die aanvaller voor sy bors gestoot het
met beide hande toe sy agterkom dat hy
‘n vuurwapen het. Sy
het haar hande vorentoe en opwaarts gestoot in haar verduideliking.
In kruisondervraging het sy bevestig
dat daardie handeling nodig was
omdat haar aanvaller effens langer as sy was. Linnert was
gekonfronteer met die lengte van beskuldigde
1 en het toegegee dat
hy nie langer as sy was nie.
In
die lig van bogenoemde en ander aspekte waarmee nie in hierdie
uitspraak gehandel is nie kan hierdie hof, aan die hand van
die
riglyne in
S v
Mtetwa
, nie
bevind dat Linnert se uitkenning van beskuldigde 1 betroubaar was
nie. Dit is egter nie die einde van die saak vir beskuldigde
1 nie.
Williams was in ‘n
onbenydenswaardige posisie. Hy is oppad om sy lewe te herkonstrueer
na dwelmverslaafdheid. Sy geheue
is vaag oor sekere periodes maar
mettertyd blyk dit asof hy tog meer van sy lewe teruggekry het. Dit
is belangrik om te onthou
by beoordeling van die aansoek in terme
van Artikel 204.
Die getuienis van
Williams is in detail bo behandel en die teenstrydighede is uitgelig
in kruisondervraging. Dit dien geen doel
om dit te herhaal nie. Dit
behoort duidelik te wees uit bogenoemde dat Williams as enkelgetuie
tot belangrike aspekte van hierdie
verhoor nie die mas opgekom het
nie. Dit is dus nodig om te kyk of daar enige stawing vir sy
weergawe is.
Met betrekking tot die
arrestasie van beskuldige 2 was Superintendent Bester nie geroep om
Williams te staaf nie. Williams se
getuienis oor wat beskuldige 2 se
reaksie was op sy arrestasie kon nie deur Bailey bevestig word nie,
omdat Bailey nie die arresterende
beampte was nie. Die staat het
gepoog om Superintendent Bester se getuienis te lei maar hy was nie
op die dag beskikbaar nie
en pogings om later sy getuienis aan te
bied was onsuksesvol.
Miley, ‘n
beskikbare en bevoegde getuie, is nie geroep of aangekla nie.
Smiley, Faan en Faan se vrou was nie geroep nie,
terwyl hul
oënskynlik beskikbare en verpligbare getuies was.
Die samesweringklagte is
gebasseer op die getuienis, eerstens van Williams, maar ook die
gebeure wat daarop gevolg het. Volgens
Williams sou beskuldigde 2
die oorledene se dood veroorsaak het as gevolg van die
verkragtingklagte. Kaptein Teladia het getuig
dat ten tye van haar
dood die oorledene, die klaagster, in minstens 3 hangende
verkragtingsake was. Hy het verder getuig dat
een van die sake vir
verhoor die Maandag, na die oorledene se dood, te Parow streekhof
geplaas was. Teladia het vervolgens erken
dat meerdere persone dus
‘n motief gehad het om die oorledene te vermoor.
Williams weet nie
wanneer die samesweringgesprek tussen beskuldigde 2 en Miley
plaasgevind het nie. Ek herhaal nie sy getuienis
oor dié
aspek nie. Daar is, volgens my, nie bo redelike twyfel bewys dat die
gesprek wel plaasgevind het nie.
Die
misdaadsameswering word gepleeg wanneer twee of meer persone
ooreenkom om ʼn misdaad te pleeg. Daardie ooreenkoms kan
egter
ook van die omstandighede afgelei word. In
S
v Cooper
1976(20)
SA 875 (T) op 879 sê die hof:

While
the conspiratorial agreement is in existence it may be joined by
others and some may leave it. The person who joins it is
equally
guilty.”
Volgens
Snyman moet daar “a meeting of the minds” wees. In
S
v Moumbaris
1974
(1) SA 681
(T) op 687A-B bevind die hof dat:

A
conspiracy is thus not merely a concurrence of wills but a
concurrence resulting from agreement.”
Van
Heerden AR in
S v
Sibuyi
1993(1)SACR
235 (A) meld met verwysing na Hiemstra, Suid Afrikaanse Strafpropses
dat :

...die
sameswering is voltooi sodra die ooreenkoms bereik is,...”
Die vervolging, na my
mening, se probleem is juis gesetel in die gebrekkige, en uiters
swak getuienis met betrekking tot die ooreenkoms.
Soos aangedui in
die gedetaileerde opsomming van Williams se getuienis, is dit nie
duidelik wanneer die ooreenkoms na bewering
bereik is nie. Ek
herhaal nie Williams se teenstrydige getuienis in hierdie verband
nie. Maar dit is belangrik om te onthou dat
Williams getuig het dat
hy die samesweringvergardering onthou omdat:
Hy toe nugter was en
nie onder die invloed van Tik was nie, wat hy andersins 3 tot 4
keer per dag gebruik het.
Hy die sameswering
koppel aan beskuldigde 2 se vrylating op borg.
Williams se getuienis
word dus meer verdag wanneer dit in kruisondervraging duidelik word
dat hy nie regtig onthou watter dag
van die week beskuldigde 2 op
borg vrygelaat was nie. Williams het ook ʼn aktiewe rol gespeel
deurdat hy:
Vir Ille in opdrag gaan
haal het.
Hy die voertuig na
Delft bestuur het.
In die lig van
bogenoemde is dit duidelik dat daar nie op Williams se getuienis
aangaande die sameswering peil getrek kan word
nie. Beskuldigde 1,
volgens Williams, was nie destyds ʼn lid van die Dixie Boys
bende nie. Volgens Williams was beskuldigde
2 eerder beїndruk
met Smiley as skut. In die lig daarvan bleik sy getuienis dat
beskuldigde 2 sou gevra het of daai broers
De Bill en Eendjie die
nommer gedala het, verdag. Te meer so omdat daardie weergawe eers
later na vore kom. Daar was beskikbare
en verpligbare getuies
beskikbaar om Williams te staaf. Daardie persone het egter nie
getuig nie. Hierdie hof kan nie bevind
dat die vervolging getuienis
bo redelike twyfel aangebied het wat daarop dui dat beskuldigde 2
met persone saamgesweer het om
die oorledene te vermoor nie.
vrywaring van williams
Artikel 204(2)(a) van
die Strafproseswet lees as volg:

Indien
ʼn in subartikel (1) bedoelde getuie, na die oordeel van die hof,
op alle vrae aan hom gestel openhartig en eerlik antwoord.....”
Ek het vroeër
aangedui dat Williams in ʼn onbenydenswaardige posisie is, hy
probeer sy lewe herkonstrueer na erge dwelmverslaafdheid.
Hierdie
hof is nie oortuig dat hy noodwendig doelbewus die hof mislei het
nie. Eerder was hy werklik nie in staat om die werklikheid
te
onderskei van dit wat hy dink moes of sou gebeur het. So byvoorbeeld
getuig hy dat die polisie na die oorledene op haar volle
name sou
verwys het.
Met verwysing na artikel
204, van die Strafproseswet word die getuie Jeswaine Williams
gevrywaar van vervolging op die klagtes
van oortreding van artikels
5(a) en 4(b), die handeldryf of besit van verbode
afhanklikheidsvormende medisyne, van Wet 140 van
1992.
bevinding:
Om bogenoemde redes is
dit die eenparige bevinding van hierdie hof dat die staat nie hul
saak bo redelike twyfel bewys het nie.
Gevolglik bevind hierdie hof
as volg:
BeskuldigdeS
1 en 2 word op die klagtes hulle ten laste gelÊ onskuldig
bevind en HULLE WORD ontslaan
.