S v Jacobs and Another (SS161/2005) [2006] ZAWCHC 88 (26 September 2006)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Kidnapping and Murder — Accused charged with kidnapping, murder, possession of an unlicensed firearm, and illegal possession of ammunition — State alleges that accused unlawfully deprived the deceased of his freedom and subsequently killed him — Accused plead not guilty and exercise right to silence — Formal admissions made regarding the identity of the deceased and the circumstances surrounding the discovery of the body — Evidence presented by multiple witnesses, including police officers and acquaintances of the deceased, establishing timeline and involvement of the accused — Court finds sufficient evidence to support convictions on all charges, affirming the State's case against the accused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2006
>>
[2006] ZAWCHC 88
|

|

S v Jacobs and Another (SS161/2005) [2006] ZAWCHC 88 (26 September 2006)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:
SS161/2005
DATUM
:
27 SEPTEMBER 2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
DONOVAN
JACOBS
......................................................................................
Beskuldigde
1
EUGENE
MATTHEWS
....................................................................................
Beskuldigde
2
UITSPRAAK
DESAI
R
Die
beskuldigdes staan tereg op aanklagte van menseroof; moord; besit
van ’n vuurwapen sonder ’n lisensie en onwettige
besit
van ammunisie. Ten opsigte van aanklag 1 beweer die Staat dat die
beskuldigdes op 8 November 2003 te Bernadinorylaan, Bernadino

Heights, Kraaifontein, wederregteiik en opsetlik vir die oorledene
van sy vryheid van beweging ontneem het deur horn in ’n

motorvoertuig weg te voer. In aanklag 2 word dit beweer dat die
beskuldigdes op of tussen 8 November 2003 en 10 November 2003

wederregteiik en opsetlik vir Hennie Claasens, 'n manspersoon,
gedood het deur hom te skiet. In aanklag 3 beweer die Staat dat
die
beskuldigdes in besit was van ’n vuurwapen sonder dat hulle
die houer(s) van ’n geldige lisensie om dit te mag
besit was
en dan laastens, Aanklag 4, in besit was van ammunisie sonder dat
hulle in regmatige besit was van
!
n
vuurwapen wat dit kon afvuur. Die Akte van Beskuldiging lui voort
dat die bepalings van Wet 105 van 1977 van toepassing is ten
opsigte
van aanklag 2.
Die
beskuldigdes se aandag was ook in die hof daarop gevestig dat die
wetsbepalings met betrekking tot minimum vonnisse van toepassing
is
met betrekking tot aanklag 1.
Die
beskuldigdes word onderskeidelik deur advokate
Lotter
en
Els
verteenwoordig.
Die
beskuldigdes het op die aanklagte hulle ten laste gele onskuldig
gepleit en hul swygreg uitgeoefen.
Die
volgende formele erkennings in terme van artikel 220 van Wet 51 van
1977 is deur die verdediging gemaak:
1.
Die identiteit van die oorledene as synde Heynrich Claasens, ook
bekend as Heinie Claasens, is erken.
2.
Dat die liggaam van die oorledene geen verdere beserings opgedoen
het sedert dit vanaf die misdaadtoneel verwyder was tot en
met die
lykskouing gehou was nie.
3.
Dat dr Linda Liebenberg ’n lykskouing op die liggaam van die
oorledene op 11 November 2003 uitgevoer het.
4.
Dat die foto's, Bewysstukke D tot F, korrek die toneel waar die
oorledene se liggaam gevind was, die oorledene se liggaam tydens

lykskouing en spesifieke dele van Kraaifontein area onderskeidelik
uitbeeld.
5.
Bewysstukke A tot H wat erkennings deur beide beskuldigdes in terme
van artikel 220 van die Strafproseswet behels; die
lykskouingsverslag;
die alkoholinhoudsverslag ten opsigte van die
oorledene; fotoalbums van die toneel te Locanweg, Strandfontein,
waar die oorledene
se liggaam gevind was; foto’s van die
oorledene se liggaam en foto's van die Kraaifontein area; ’n
MTN selfoonuitdruk
asook ’n Absabank depositostrokie is tydens
die verhoor deur die Staat ingehandig. Bewysstuk J tot M, wat
betrekking het
op ’n briefwisseling tussen die SA Polisiediens
en die forensiese wetenskapslaboratorium ten opsigte van sekere
bewysstukke
asook ’n afskrif van ’n gedeelte van die
dossier waar twee selfoonnommers verskyn, was namens beskuldigde 1
ingehandig.
Bewysstuk
N en O wat onderskeidelik ’n motorvoertuiglisensie en ’n
koopbrief behels, was namens beskuldigde 2 ingehandig.
Die
Staat het 14 getuies geroep terwyl die beskuldigdes self getuig het.
Beskuldigde 2 het ook sy moeder as getuie geroep terwyl
die Hof ook
twee getuies geroep het.
Die
vernaamste feite in die saak kan soos volg opgesom word: Konstabel
Leslie Jacobs was aan diens in Kraaifontein gemeenskapsdienssentrum

op Sondag, 9 November 2003. Om ongeveer 14h50 het die oorledene se
vader gerapporteer dat die oorledene die vorige dag ontvoer
was. Die
twee verdagtes was bekend as Donovan Jacobs, afkomstig vanaf
Wallacedene, en ene Georgie. Die getuie het ’n persoon
by die
naam van Donovan se selfoonnommer, op versoek van mnr Claasens,
gekry. Die persoon bekend as Donovan het op navraag van
konstabel
Jacobs aangedui dat hy geen idee het waar die oorledene homself
bevind het nie. Die getuie het
beskuldigde
1 se stem herken aangesien hy vantevore al op meer as een
geleentheid met hom te doen gehad het. Die oorledene se
vader het
ook met beskuldigde 1 op die foon gepraat. Konstabel Jacobs se
getuienis was nie in geskil geplaas nie.
Michael
Lawrence is werksaam by die Stad Kaapstad se
Wetstoepassingsagentskap. Op Maandag 10 November 2003 was hy aan
diens
en het patroliiedienste in die Strandfontein area verrig. Na
aanleiding van iniigting ontvang, het hy en ’n koilega om

ongeveer 15h50 die oorledene se liggaam gevind tussen die teerpad
Lukanonweg en die toilet naby Ponenstraat(?) op die plek soos

aangedui op die foto's in Bewysstuk D en foto's 15 en 16 in
Bewysstuk F.
Die
getuie was, op grond van sy ondervinding van 24 jaar, van mening dat
die liggaam reeds daar gele het sedert die vorige nag.
Die oorledene
het met sy gesig na onder gele en daar was droe bloed aan sy gesig.
Mnr
Lawrence se getuienis was nie betwis nie, behalwe in soverre hy
bevestig het dat hy nie ’n forensiese werker is nie.
Charlie
Claasens is die oorledene se vader. Die oorledene, ook bekend as
Heinie, se geboortedatum, volgens die vader, was 1 September
1987 en
was dus 16 jaar oud ten tye van sy dood. Die oorledene was in St.8
toe hy die skool in 2000 om ’n onbekende rede
verlaat het. Die
oorledene se moeder is in 2000 oorlede en daar was niemand om na hom
om te sien nie, benewens mnr Claasens wie
gewerk het.
Op
Saterdag, 8 November 2003, was die getuie tussen 17h00 en 18h00 by
sy huis te Scottsdene nadat hy vanaf die werk teruggekeer
het.
Beskuldigde 1 en ene Chico was ook ongeveer 17h10 tot 17h 1 5 daar
by die getuie se huis. Daar het ook ’n rooi Toyota
Tazz
gestaan. Beskuldigde 1 het die oorledene gereeld besoek. Dit is
onbekend watter persone met die Tazz voertuig daar by mnr
Claasens
se huis gearriveer het. Mnr Claasens het die oorledene gesoek om
lugtyd vir sy selfoon te gaan koop. Om ongeveer 17h30
tot 17h45 die
oorledene en Chris(?) het die huis verlaat met beide die oorledene
se eie selfoon sowel as mnr Claasens s’n.
Die oorledene het
van die MTN selfoonnetwerk gebruik gemaak. Die oorledene het nie
weer huis toe teruggekeer nie.
Op
Sondag, 9 November 2003, en ongeveer 10h 15 het die oorledene se
vriend, bekend as Chico van Rooyen, en ene “Buyer”
mnr
Claasens ingelig dat beskuldigde 1 die oorledene te Watsonia Park in
’n voertuig gedruk het. Chico het die getuie se
eie selfoon
wat die oorledene vroeer gehad het, vir mnr Claasens teruggegee.
Volgens Chico het die oorledene die selfoon vir
horn gegee. Die
oorledene self het ’n 3310 Ericsson selfoon gehad. Die getuie
weet nie wat van die oorledene se selfoon
geword het nie.
Mnr
Claasens se selfoonnommer was 082 485 2513, soos gereflekteer word
in Bewysstuk H, ’n Absabank depositostrokie. Beskuldigde
1 se
selfoonnommer was op mnr Claasens se selfoon gelys en daar was
R26,00 lugtyd op die selfoon.
Chico
en Baaie het mnr Claasens na die Kraaifontein polisiestasie
vergesel. Konstabel Jacobs het beskuldigde 1 op die selfoonnommer

gebel wat mnr Claasens by Chico gekry het. Daarna het die getuie
self met beskuldigde 1 op die foon gepraat. Mnr Claasens het
aan
beskuldigde 1 gevra waar die oorledene is, waarop beskuldigde 1 gese
het dat die oorledene by hom is en dat hy die oorledene
huis toe sal
bring. Die getuie het tevergeefs by die huis gaan wag en is later
die aand weer terug na die polisiestasie.

n
Polisiebeampte het weer vir beskuldigde 1 gebel en dit het toe
geblyk dat beskuldigde 1 nie geweet het waar die oorledene hom
op
daardie stadium bevind het nie.
Op
Maandag, 10 November 2003, het ’n onbekende vrou gebel en
gevra of die getuie Charlie Claasens is, waarop die getuie

bevestigend geantwoord het. Die vrou het daarna die telefoon weer
neergesit.
Op
Dinsdag, 11 November 2003, het die getuie op die radionuus gehoor
dat ’n man se liggaam gevind was en het hy die oorledene
later
die middag gaan uitken by die Soutrivier lykshuis.
Die
oorledene en sy vriende het altyd ’n persoon by name van Kobus
by sy winkei besoek. Ongeveer vier maande voor die oorledene
se
verdwyning het ene Teresa na mnr Claasens se woning gekom en beweer
dat die oorledene ’n .38 kaliber vuurwapen by ’n
ander
man afgeneem het. Die oorledene het ontken dat hy sodanige vuurwapen
gehad het. Die dame het toe gedreig dat sy hulle een
vir een sal
laat doodskiet het. Sy het later dieselfde aand tesame met
beskuldigde 1 weer daar by die woning aangekom en hulie
het toe met
die oorledene gepraat. Mnr Claasens het die polisie gekontak waarna
die woning deursoek was, maar die polisie het
nie ’n vuurwapen
gekry nie.
Tydens
kruisondervraging was dit namens beskuldigde 1 betwis dat hy die
Saterdagmiddag met ’n rooi Tazz voertuig op die
betrokke
Saterdag by die getuie se woning was. Mnr Claasens kon nie bevestig
dat beskuldigde 2 deel was van die groep wat hy
die Saterdag by sy
woning gesien het nie. Beskuldigde 2 is nie aan die getuie bekend
nie en het vir beskuldigde 2 die eerste
keer by Kuilsrivier hof
gesien. Die getuie het egter ook op ’n stadium getuig dat hy
al voorheen vir beskuldigde 2 in die
Scottsdene area gesien rondry
het.
Dan
het ons ook die getuienis van Lawrence van Rooyen aangehoor.
Lawrence van Rooyen, ook bekend as “Chico” was ter

aanvang van sy getuienis in terme van artikel 204 van die
Strafproseswet gewaarsku ten opsigte van sekere spesifieke
aanklagte.
Hy is woonagtig te Scottsdene, Kraaifontein, en was
bevriend met die oorledene (onduidelik) vir ’n tydperk van
ongeveer
drie maande aan die getuie bekend in November
2003
terwyl hulle nie bevriend was nie.
Beskuldigde
1 was woonagtig te Wallacedene in Delft omgewing. Beskuldigde 2 was
net van aansien aan die getuie bekend en is ook
bekend as Georgie.
Beskuldigde 2 het in die verlede met verskillende voertuie by die
getuie verbygery.
Op
Saterdag, 8 November 2003, het die oorledene en mnr Van Rooyen in
mekaar se geselskap verkeer. Op Saterdagaand om ongeveer
22h00 het
die oorledene se vader die oorledene gestuur om lugtyd vir die
seifone te koop. Die oorledene het weer teruggekeer
na hulle huis in
die Scottsdene, Kraaifontein, area en die lugtyd aan sy vader
oorhandig. Volgens mnr Van Rooyen was die beskuldigdes
nie die
betrokke Saterdag by die oorledene se vader se woning nie.
Later
die aand het mnr Van Rooyen die oorledene na mnr Kobus Matthews se
huis vergesel waar hulle ook vir mnr Ashley Theodoor,
ook bekend as
Buyer, aangetref het. Na die besoek aan mnr Kobus Matthews, het die
oorledene aangedui dat hy “’n nommer
wil gaan volmaak”,
wat beteken hy wil iemand gaan skiet.
Om
ongeveer 22h30 het mnr Van Rooyen op versoek van die oorledene saam
met horn na Waliacedene gestap tot waar beskuldigde 1 gebly
het. Die
oorledene moes vir beskuldigde 1 om ’n onbekende rede
doodgemaak het. Mnr Van Rooyen was vooraf deur die oorledene
van die
plan ingelig.
Beskuldigde
1 sowet as mnr Kobus Matthews was bekend as ’n smokkelaars en
het vermoedelik hul besighede in opposisie met
mekaar bedryf. Die
oorledene het sy selfoon vir die getuie gegee om te hou tot nadat
die taak afgehandel sou gewees het. Terwyl
hulle na Waliacedene
gestap het, het die oorledene ’n 9mm pistool, wat voor by sy
broek ingesteek was, uitgehaal. Die oorledene
het die magasyn
uitgehaal en het nege rondtes getel. Daar was ook ’n rondte in
die loop van die pistooi. Hulle het naby
beskuldigde 1 se huis die
beskuldigdes ’n rukkie vanaf ’n afstand dopgehou.
Beide
beskuldigdes het daarna tesame met dames vanaf
beskuldigde
1 se huis in ’n rooi Tazz Toyota weggery. Mnr Van Rooyen het
die rooi Tazz vroeer dieselfde dag in die blokke
by beskuldigde 2 se
familie gesien. Die oorledene en die getuie het 'n kort paadjie deur
’n gangetjie gehardloop en die
voertuig by ’n kruising
ingewag. Die getuie het die toneel, soos weergegee op Foto 1,
Bewysstuk F, beskryf. Beskuldigde
2 het die voertuig bestuur en
beskuldigde 1 het links agter in die voertuig gesit.
Toe
die Tazz voertuig by die vierrigtingkruising, soos sigbaar op Foto
1, Bewysstuk F, gestop het, het die oorledene die pistool
weer
uitgehaal en op die voertuig begin vuur aan die kant waar
beskuldigde 1 gesit het. Die oorledene het die wapen leeggeskiet.
Die
getuie en die oorledene het op daardie stadium in die donkerte
gestaan. Die linkerruit van die voertuig was getref. Die voertuig

het reguit aan oor die kruising weggery terwyl die oorledene en die
getuie oor ’n veldjie in die rigting van Watsonia Park

weggehardloop het. Die oorledene en mnr Van Rooyen het ongeveer vyf
minute naby ’n huiswinkel gerus. Die skietvoorval het
’n
redelike ent vanaf die huiswinkel plaasgevind. Hulle het onder ’n
ligpaal gestaan. Die Tazz voertuig het met ’n
hoe spoed in
hulle rigting aangekom. Beskuldigde 2 het die oorledene om die lyf
gekry terwyl beskuldigde 1 ’n swart handvuurwapen
teen die
oorledene se kop gehou het. Die oorledene het homself verset, maar
die beskuldigdes het daarin geslaag om die oorledene
in die voertuig
te druk. Die oorledene se vuurwapen was nog op sy persoon toe hy
ontvoer was, maar daar was nie meer rondtes
in die magasyn nie.
Mnr
Van Rooyen het weggehardloop waarna die beskuldigdes hul met die
voertuig agternagesit het tot by ’n punt waar die voertuig
nie
verder kon gegaan het nie, soos sigbaar op foto 13 van Bewysstuk F.
Daar was op geen stadium deur die beskuldigdes op mnr
Van Rooyen
geskiet nie.
Die
getuie was so geskok as gevolg van die gebeure wat gebeur het dat hy
verby sy eie woning na ’n vriend, Charlton Lewis,
se woning
gehardloop het. Mnr Van Rooyen het by sy vriend se woning verklee.
Die
getuie was ook by die oorledene se vader se woning om hom in te lig
in verband met die ontvoering. Die getuie het egter nie
oorledene se
vader ingelig nie vanwee die feit dat mnr Claasens, volgens die
getuie se mening, onder die invloed van drank was.
Die getuie en mnr
Lewis het daarna vir mnr Theodoor van die gebeure gaan vertel wie op
sy beurt deur sy vriend, mnr Kobus Matthews,
ingelig.
Die
getuie en mnr Lewis het buite mnr Kobus Matthews se huis gewag
terwyl mnr Theodoor en mnr Matthews gesels het. Mnr Kobus Matthews

bedryf ook ’n smokkelbesigheid op sy perseel. Volgens getuie
was hy baie senuweeagtig die aand en het nie daaraan gedink
om die
polisie te be! nie. Hy was onder die indruk dat die oorledene weer
vrygelaat sal word.
Beskuldigde
1 het op ’n Saterdagaand, na die ontvoering, na mnr Kobus
Matthews se selfoon gebel waarop die getuie die nommer
vir mnr Kobus
Matthews gevra het en dit op die selfoon, wat hy gedink het aan die
oorledene behoort het, gelys. Beskuldigde 1
het ’n MTN netwerk
nommer gehad. Die getuie, mnr Theodoor, het onsuksesvol met mnr
Kobus Matthews se voertuig rondgery
in die omgewing waar die
ontvoering plaasgevind het om na die oorledene te soek.
Om
ongeveer middernag het mnr Van Rooyen vir beskuldigde 1 gebel om uit
te vind hoe dit met die oorledene gegaan het en waar laasgenoemde

hom bevind het. Beskuldigde 1 het toe aangedui dat die oorledene by
hom was.
Op
Sondagoggend, 9 November 2003, om ongeveer 07h30 het mnr Van Rooyen
tesame met mnr Theodoor en mnr Kobus Matthews asook persone
by name
van Oscar Felix en Brandon vanaf mnr Kobus Matthews se huis na
beskuldigde 1 se huis te Delft gegaan. Op daardie stadium
was die
getuie nie bewus daarvan dat beskuldigde 1 in Delft woonagtig was
nie. Beskuldigde 1 was nie tuis nie. Die getuie is
nie goed bekend
met Oscar Felix en Brandon nie, maar is bewus daarvan dat hulle
bevriend met mnr Matthews was. Mnr Felix en mnr
Theodoor was ook
bevriend. Die genoemde persone was bekommerd oor die oorledene se
welstand.
Die
Sondagoggend het mnr Van Rooyen en mnr Theodoor weer na die
oorledene se vader gegaan en hom ingelig dat die oorledene ontvoer

was. Mnr Claasens was geskok. Die getuie het nie aan mnr Claasens of
mnr Theodoor vertel dat Kobus Matthews aan die oorledene
opdrag
gegee het om beskuldigde 1 te gaan skiet nie.
Daarna
is hulle na die polisiestasie met die selfoon waarop beskuldigde 1
se selfoonnommer gelys was. Die getuie het aanvanklik
getuig dat hy
nie geweet het dat beskuldigde 1 se nommer op die betrokke selfoon
gelys was nie. Konstabel Jacobs het na beskuldigde
1 se
selfoonnommer gebel en hy het sowel met die oorledene se vader op
die selfoon gepraat.
Mnr
Claasens het later weer na die polisiestasie gegaan toe die
oorledene nie by die huis opgedaag het nie. Die getuie het oor
die
radio gehoor dat ’n liggaam te Strandfontein gevind was.
Beskuldigde
1 het voorval tydens ’n besoek aan die oorledene se woning
tesame met Teresa laat blyk dat hy aimal gaan doodmaak
as huile nie
die vuurwapen aan Teresa teruggegee het nie. Die getuie was ook
bewus van aanslae op beskuldigde 1 se lewe by sy
woning in die
verlede maar hy getuig dat Kobus nie daarvoor verantwoordelik was
nie.
Volgens
die getuie was hy bang om te getuig aangesien beskuldigde 1 aan die
28 bende behoort en hy moontlik seergemaak kon word.
Mnr Van Rooyen
weet nie of mnr Kobus Matthews ’n bendelid is nie.
Tydens
kruisverhoor namens beskuldigde 1 was die telefoongesprek tussen die
oorledene se vader en beskuldigde 1 ontken. Alhoewel
mnr Claasens se
getuienis in hierdie verband geensins betwis was nie, het advokaat
Lotter
aangevoer dat dit ’n oorsig was. Die plaasvind van die twee
verdere telefoongesprekke onderskeidelik met mnr Kobus Matthews
en
mnr Van Rooyen was ook namens beskuldigde 1 ontken. Daar was gewys
op die teenstrydighede tussen die getuie se getuienis in
hoof en
tydens kruisverhoor met betrekking tot die feit of die getuie bewus
daarvan was dat beskuldigde 1 se telefoonnommer op
die oorledene
selfoonlys was.
Dit
was verder betwis dat beskuldigde 1 ’n bendelid is. Daar is
ook namens beskuldigde 1 ontken dat hy die aand van die
voorval by
’n skietvoorval betrokke was of naby die oorledene was. In
wese het beskuldigde 1 enige kennis van die ontvoering
van die
oorledene ontken.
Op
Saterdag, 8 November 2003, was beskuldigde 1, na bewering, by sy
werksplek te Waliacedene en het hy daar oornag. Daar was namens

beskuldigde 1 aangevoer dat hy eers die volgende dag na sy huis te
Deift gegaan het.
Namens
beskuldigde 2 was aangevoer dat die getuie in die teenwoordigheid
van ’n ander persoon sou gese het dat beskuldigde
2 nie by die
voorval betrokke was nie, waarop die getuie geantwoord het dat
beskuldigde 2 wel die voertuig bestuur het.
Voorts
was daar aan die getuie gestel dat beskuldigde 2 nie ’n rooi
Tazz gehad het nie en dat hy die hele Saterdag tot en
met
Sondagoggend, na ’n partytjie die vorige aand, sy roes
afgeslaap het.
Hilda
du Plessis is die volgende getuie. Sy was vir tien jaar as ’n
forensiese data bedrogontleder by die MTN netwerk werksaam.
Sy
ontleed die afgelope sewe jaar data vir doeleindes van die polisie.
Die getuie was deur die polisie versoek om die maspaalpunte
en die
inkomende asook uitgaande oproepe met betrekking tot
Vi
selfoonnommer 073 166 6747 vir
die tydperk 8 November 2003 tot 10 November 2003 na te gaan.
Sy
het ’n uittreksel van die data vanaf die netwerk versamel wat
as Bewysstuk G ingehandig is. Volgens mev Du Plessis is
die
inligting daarin vervat, honderd persent akkuraat, aangesien alles
elektronies op die netwerk gedoen word.
Die
betrokke selfoonnommer is ’n sogenaamde
prepaid
of vooruitbetaalde nommer waarvan die eienaarskap moeilik bepaalbaar
is. Die selfoonnommer is nog in gebruik, maar daar het ’n

verwisseling van simkaarte plaasgevind. Die naaste toring met die
sterkste sein word gewoonlik geaktiveer sodra ’n oproep

geaktiveer word. In geboude areas strek die radius van ’n
toring tot 300 meter en in ’n wyer area tot 15 kilometers
en
in ’n groter area tot 72 kilometers.
As
’n selfoontoring oorlaai word, skakel dit oor na ’n
ander toring binne dieselfde gebied. Dit gebeur egter weinig
dat ’n
selfoontoring in die middel van die nag oorlaai word en gebeur dit
hoofsaaklik op spesiale dae, soos byvoorbeeld
Kersfees en Nuwejaar.
Mev
Du Piessis was op ’n latere stadium deur die Hof herroep met
betrekking tot die betroubaarheid van die seifoonuitdruk,
naamiik
Bewysstuk G. Sy het getuig dat daar drie sogenaamde
backups
of steunstelsels in werking is om te verseker dat die data korrek
geprosesseer word. As ’n fout by een stelsel insluip,
sal ’n
ander stelsel in werking tree om die akkuraatheid van die proses te
verseker. Hoewel daar geringe kans bestaan dat
foute kan insluip,
het dit nog nie gebeur gedurende haar dienstydperk van elf jaar nie.
Sy
het voorts getuig dat indien ’n oproep identifikasielyne van
Telkom of enige selfoonnetwerk geblok word, sal die nommer
nog
steeds op die MTN-stelsel gereflekteer word en op ’n
seifoonuitdruk verskyn vir rekeningdoeleindes. Sy het aanvanklik

getuig dat sy nie kon verklaar het hoekom die oproepe wat deur die
polisiegetuies gemaak was, nie op Bewysstuk G verskyn het
nie. Later
het sy verduidelik dat die Telkom telefoonnommers van die polisie
aan ’n
router
nommer
gekoppel was wat ’n selfoonnommer sal reflekteer nadat sy
inligting van ’n ander deskundige getuie, mej Sher,
ontvang
het. Die sogenoemde
router
nommers deur die
polisie
gebruik verskyn inderdaad op Bewysstuk G. Op 9 November 2003 om
14h42, 20h01, 20h02, 20h03 en 23h08 word die betrokke
nommers
gereflekteer.
Die
akkuraatheid en betroubaarheid van Bewysstuk G was nie betwis nadat
die getuie herroep was nie.
Daarna
is die getuie Shireen Jacobs en Letitia Jacobs geroep. Beide Shireen
Jacobs en Letitia Jacobs was woonagtig te Scottsdene,
Kraaifontein.
Mej Shireen Jacobs is Letitia Jacobs se skoonsuster. Beide
beskuldigdes was welbekend aan beide getuies en bestaan
daar ook 'n
familieverband tussen me Jacobs en beskuldigde 2. Geeneen van die
getuies het ooit in die verlede probleme met die
beskuldigdes
ondervind nie. Die gemelde twee getuienis het mekaar se getuienis in
wese gestaaf benewens sekere verskille waarna
die Hof later na sal
verwys.
Op
Vrydag, 7 November 2003, was dit mej Shireen Jacobs se verjaarsdag.
Op Saterdagmiddag, 8 November 2003, het beskuldigde 2,
die getuies
sowel as ander persone, in twee groepe met ’n rooi voertuig na
Hendelene, beskuldigde 2 se suster se woning
te Delft, geneem om
verder partytjie te hou. Beskuldigde 2 het hulle afgelaai en gaan
slaap.
Teen
die aand se kant was beskuldigde 2 wakker gemaak om die getuies en
ander persone weer huis toe te neem. Me Shireen Jacobs
was op
daardie stadium ook onder die invloed van drank terwyl me Letitia
Jacobs nie deur die drank aangetas was nie. Beskuldigde
2 was nugter
en het die voertuig bestuur. Hy het van die ander dames by hulle
huis in Brackenfell afgelaai. Daarna het hulle
Kraaifontein toe
gegaan na beskuldigde 1 toe op me Shireen Jacobs se aandrang.
Ene
Brian het vir beskuldigde 1 in die huis gaan roep terwyl hulle buite
in die voertuig gewag het. Beskuldigde 1 het toe ook
in die voertuig
ingeklim en het hulle weer na Hendelene se woning in Hoofweg, Delft,
gery om ’n braai te gaan hou. Beskuldigde
1 het agter in die
voertuig gesit terwyl beskuldigde 2 die voertuig bestuur het. Hulle
het u it Waliacedene woongebied rigting
Delft gery.
Toe
hulle by ’n stop by die kruising, sigbaar op Foto 1, Bewysstuk
F, gekom het, was ’n aantal skote op hulle voertuig
geskiet;
ruite was raakgeskiet en het die insittendes platgeval in die
voertuig. Die getuies weet nie watter persone die skote
afgevuur het
nie. Niemand in die voertuig was beseer nie. Beskuldigde 1 wou gehad
het dat beskuldigde 2 moes omgedraai het sodat
hy kon sien watter
persoon op die voertuig geskiet het.
Beskuldigde
2 het egter reguit aangery en weggejaag tot by (onduidelik) waar die
getuies en die ander insittendes afgelaai was.
Die beskuldigde het
alleen verder gery. Volgens Shireen Jacobs het sy nie weer na 8
November 2003 met beskuldigde 1 gepraat nie.
Beide
getuies het verder getuig dat niemand hulle in verband met die
skietvoorval bemvloed het nie. Mev Letitia Jacobs het aanvanklik

getuig dat beskuldigde 2 die daaropvolgende Sondag na bewering vir
haar skoonsuster, mev Shireen Jacobs, sou gebel het. Laasgenoemde

moes vir die getuie ’n boodskap gegee het tot die effek dat
hulle moes se dat hulle die Saterdagaand ’n huurmotor
gebruik
het. Later tydens kruisondervraging het sy haarseff korrigeer en
getuig dat beskuldigde 1 die boodskap sou gestuur het.
Mnr
Kobus Matthews se vriend Tette is getroud met ’n familielid
van me Shireen Jacobs se man. Mnr Matthews het egter nie
me Shireen
Jacobs se skoonmense se perseel besoek nie. Die Jacobse het wel mnr
Matthews se perseel besoek om bier te gaan drink.
Mnr Kobus Matthews
het ’n huiswinkel sowel as ’n smokkelhuis.
Me
Shireen Jacobs het voor 8 November 2003 ook vir beskuldigde 2 met ’n
rooi voertuig gesien. Tydens kruisonderv raging
van Shireen Jacobs
was dit namens beskuldigde 1 ontken dat hy enige verbintenis met ’n
rooi voertuig op 8 November 2003
gehad het. Hy ontken ook dat die
getuie saam met ander persone by sy huis te Wallacedene aangekom het
en dat die getuie van ’n
braai te Delft gepraat het. Volgens
Shireen Jacobs het sy nie vir beskuldigde 1 na November 2003 in
Pollsmoor gaan besoek nie,
maar het sy wel vir beskuldigde 2 gaan
besoek.
Daar
was namens beskuldigde 2 aangevoer dat sy moeder wel ’n
voertuig gehad het wat in beskuldigde 2 se oom se besit was.

Beskuldigde 2 kon, na bewering, die voertuig net in noodgevalle
geleen het aangesien eersgenoemde nie oor ’n
bestuurderslisensie
beskik het nie. Die getuie het bevestig dat sy
vir beskuldigde 2 stegs een of twee keer met die voertuig gesien
het.
Dit
was verder namens beskuldigde 2 aangevoer dat hy die betrokke
Vrydagaand van die getuie se verjaarsdag by ’n ander partytjie

was en dat hy die hele Saterdag tot en met die Sondag sy roes
afgeslaap het. Me Jacobs het te kenne gegee dat sy verskil met
ander
wat beweer dat beskuldigde 2 die hele Saterdag by die huis te Delft
was.
Tydens
kruisondervraging van me Letitia Jacobs was die gebeure te
Waliacedene op Saterdagaand, 8 November 2003, betwis asook die
feit
dat beskuldigde 1 saam met huile gery het vanaf sy huis. Beskuldigde
1 het ook ontken dat hy ’n oproep na die getuie
se skoonsuster
aangaande die huurmotoraangeleentheid gemaak het. Volgens die getuie
het sy dit wel aan die speurder genoem dat
Shireen Jacobs sodanige
boodskap vir haar gegee het alhoewel dit nie in haar verklaring
staan nie.
Namens
beskuldigde 2 is weereens aangevoer dat hy vanaf die Saterdagmiddag
tot die Sondagoggend by sy suster se huis geslaap het.
Dr
Linda Liebenberg, ’n forensiese patoioog, wat reeds 11000
lykskouings sedert 1981 uitgevoer het. Op 11 November 2003
het sy ’n
lykskouing op die oorledene uitgevoer en het ’n verslag in
hierdie verband opgestel wat as Bewysstuk C1
en C3 ingehandig is.
Die vernaamste lykskouingsbevindinge was dat die oorledene minstens
nege skietwonde aan die agterkant van
sy kop, nek en skouergedeelte
asook aan sy hande opgedoen het. Die oorledene het nog geleef na die
skietwonde en het bloed ingeasem.
Daarbenewens
het die oorledene verskeie skerp trauma beserings en skaafmerke
opgedoen. Die skerp trauma
wonde
is aanduidend van afweerhandelinge en dat die oorledene en ander
persone handgemeen was. Die oorsaak van dood was skietwonde
aan die
kop en nek van die oorledene - skietwonde 1A en 3A, soos beskryf in
die lykskouingsverslag onderskeidelik agter die linkeroor,

nekgedeelte en agter die regterskouer van die oorledene was fatale
wonde. Dr Liebenberg is van oordeel dat die oorledene meer
as 36 uur
gelede gesterf het voordat die lykskouing gehou was. Vanwee die
verslapping van die liggaam, die verdere inagneming
van die tyd van
die jaar en die afwesigheid van vliegeiers asook die bewotkte
temperatuur was dr Liebenberg van mening dat die
liggaam toegemaak
moes gewees het of in ’n kamer gehou was alvorens dit in die
buitelug gelaat was. As die oorledene vir
’n dag gele het op
die plek waar die liggaam gevind was, sou daar verwag word dat
vliegeiers op die liggaam aanwesig sou
gewees het. Die voorkoms van
die wond agter die regteroor van die oorledene, soos beskryf in
paragraaf 5(a) van die lykskouingsverslag
is aanduidend daarvan dat
dit van ’n redeiike naby afstand gevuur was en waarskynlik van
’n radius van een sentimeter
vanaf die oorledene. Die persoon
met die vuurwapen was binne armlengte vanaf die oorledene toe die
skoot afgevuur was.
Mnr
Brian Fisher was die volgende getuie. Hy is in terme van
artikel
204 van die Strafproseswet gewaarsku met betrekking tot die
onwettige besit van ’n vuurwapen. In November 2003 was
die
getuie en beskuldigde 1 tesame met ander mense woonagtig te
Waliacedene, Kraaifontein. Mnr Fisher en beskuldigde 1 was goeie

vriende en het smokkelbesighede oenskynlik met drank en dwelms vanaf
die perseel bedryf. Beskuldigde 1 het later ’n sogenaamde

Wendy huis voor op die getuie se perseel opgerig waar hy gaan woon
het. Na ’n tweede skietvoorval op beskuldigde 1, het
hy tesame
met sy meisie na Delft verhuis.
Beskuldigde
1 het steeds in November 2003 sy besigheid vanaf die Wendy huis
bedryf. Beskuldigde 1 het nooit weer daarna by mnr
Fisher se huis
oornag nie en het die perseel elke aand teen ongeveer 22h00 verlaat.
Mnr Fisher was ook vriende met familie van
beskuldigde 2. Die getuie
het die oorledene net van aansien geken.
Op
8 November 2003 was beskuldigde 1 tot net na 22h00 by die getuie se
woning. Op die betrokke aand voor 23h00 het beskuldigde
2, soos
gewoonlik, weer vir beskuldigde 1 kom haal met ’n rooi
Conquest voertuig. Dit was nie dieselfde ou rooi Mazda voertuig
wat
aan beskuldigde 2 se moeder behoort het nie. Die getuie het aangedui
dat hy nie goed bekend is met die fabrikate van voertuie
nie, maar
getuig dat dit ’n voertuig met ’n iuikrug was. Shireen
Jacobs en nog ander persone was ook in die voertuig.
Die
getuie het nie vir beskuldigde 1 op mnr Jacobs se versoek gaan roep
nie. Beskuldigde 1 het links agter in die voertuig gaan
klim en saam
met die persone vanaf die huis weggery. Na ongeveer 15 tot 20
minute, om ongeveer 22h20, het die beskuldigdes met
nog ’n
jonger persoon, wat die getuie afgelei het die oorledene moes gewees
het, agter in die voertuig teruggekeer. Beskuldigde
2 het die
voertuig bestuur. Daar was koeelgate in die passasierskant van die
voertuig en een van die linkerkantste passasiersruite
was uit.
Beskuldigde 1 het by die huis ingehardloop gekom en gese dat daar
weer op hom geskiet was. Daar was inderdaad al voorheen
ook op
beskuldigde 1 geskiet. Op daardie stadium het beskuldigde 2 die
oorledene in die voertuig vasgehou terwyl die oorledene
gestoei het.
Nadat
die beskuldigdes en die oorledene weer gery het, het mnr Fisher
ontdek dat die vuurwapen, wat beskuldigde 1 altyd in die
getuie se
kamer versteek het, weg was beskuldigde 1 het die vuurwapen by die
huis aangebring na die vroeere tweede skietery op
hom en het gemeld
dat dit ’n 9mm vuurwapen is. Die getuie het nie aan die
polisie melding gemaak van die vuurwapen nie.
Die getuie het nie die
oorledene daarna weer gesien nie.
Nadat
die beskuldigdes gearresteer was, het mnr Fisher ’n oproep
vanaf beskuldigde 1 gekry wie horn versoek het om na sy

regsverteenwoordiger, mnr Mostert, te gaan. Mnr Fisher moes aan mnr
Mostert gese het dat hy deur die speurder gedreig was om
’n
valse verklaring af te gele het. Beskuldigde 1 was op daardie
stadium in aanhouding. Beskuldigde 1 het ’n beskrywing
aan hom
gegee ten opsigte van waar mnr Mostert se kantore gelee was.
Beskuldigde 1 se selfoonnommer was op die getuie se selfoon
gelys en
die naam Donovan het op die getuie se selfoonskerm getoon toe
beskuldigde 1 gebel het.
Binne
’n week daarna het mnr Fisher ’n tweede oproep op sy
buurman se selfoon vanaf beskuldigde 1 gekry. Die speurders
het vir
beskuldigde 1 op twee tot drie geleenthede by mnr Fisher se woning
kom soek. Mnr Fisher het die Kraaifontein area op
’n stadium
verlaat, aangesien hy vir sy lewe gevrees het vanwee besoeke en
dreigemente wat hy van onbekende persone ontvang
het. Die besigheid
het ook gekwyn omdat die publiek daarna te bang was om dit te
ondersteun. Mnr Fisher het bevestig dat mnr
Kobus Matthews ’n
sokkerklub en huiswinkel gehad het en dat hy met drank gesmokkel
het.
Tydens
kruisondervraging namens beskuldigde 1 was die
volgende
aspekte ontken: Eerstens, dat beskuldigde ooit sodanige twee oproepe
na die getuie gemaak het en dat die getuie aangese
was om na mnr
Mostert te gaan. Daar was verder aangevoer dat die polisie
beskuldigde 1 se selfoon met sy arrestasie sou afgeneem
het en hy
dus nie in staat sou gewees het om die oproepe te kon gemaak het
nie.
Dit
is ook betwis dat mnr Mostert ooit as beskuldigde 1 se
regsverteenwoordiger opgetree het en het mnr Hussain, na bewering,

vanuit die staanspoor namens hom opgetree.
Voorts
was daar namens beskuldigde 1 ontken dat hy die betrokke
Saterdagaand in ’n rooi voertuig by mnr Fisher geklim het
en
saam met beskuldigde 2 en die ander persoon gery het of dat sodanige
voertuig daar was. Beskuldigde 1 het ook ontken dat hy
in November
2003 nie meer by mnr Fisher se huis oorgeslaap het. Dit was aan die
getuie gestel dat beskuldigde 1 wel op die aand
van 8 November 2003
daar oorgebly het, wat die getuie pertinent ontken het.
Beskuldigde
1 het ontken dat hy ooit ’n vuurwapen besit het. Beskuldigde 1
ontken verder dat hy die oorledene ontvoer het
of dat daardie
betrokke Saterdagaand op hom geskiet was. Laastens was aangevoer dat
mnr Kobus Matthews die brein agter die vorige
twee skietaanvalle was
en dat hy ook hierdie saak sodanig bewerkstellig het ten einde
beskuldigde 1 uit die weg te ruim.
Namens
beskuldigde 2 is ontken dat sy moeder ’n Mazda voertuig besit
het. Dit was betwis dat beskuldigde 2 gewoonlik saam
met beskuldigde
1 by mnr Fisher se huis gaan haa! het, beskuldigde 2 het net sy oom
se voertuig in noodgevalle geleen. Beskuldigde
2 het ook ontken dat
hy die betrokke Saterdagaand by mnr Fisher se huis was.
Namens
beskuldigde 2 is daar aangevoer dat hy van die betrokke
Saterdagoggend tot die daaropvolgende Sondagoggend by die suster
se
huis was.
Mark
Cloete: Op 10 November 2003 was reservis Cecil Mark Cloete, verbonde
aan Strandfontein polisiestasie, na die toneel te Lukannonweg
waar
die oorledene se liggaam gevind was. Ongeveer drie kilometers vanaf
die toneel is ’n MTN maspaal in die John Powell
vakansiekamp
gelee. Mnr Cloete se getuienis is nie betwis nie.
Kaptein
Nicholas Pienaar: Op 13 November 2003 om ongeveer 11h00 het die
beskuldigdes hulself te Bishop Lavis polisiestasie gaan
oorgee in
die teenwoordigheid van hulle prokureur, mnr Hussain. Kaptein
Nicholas Pienaar, verbonde aan die Kraaifontein polisiestasie,
het
die beskuldigdes van die klagtes en hulle regte gewaarsku. Die
beskuldigdes het verkies om hulle swygreg uit te oefen. Tydens

visentering was niks op die beskuldigdes se persoon gevind nie.
Die
getuie was bekend met die saak sowel as beskuldigde 1 en hy het op
’n stadium vir arrestasie onsuksesvol na beskuldigde
1 gaan
soek by sy woning te Wailacedene.
Speurderinspekteur
Mong is die ondersoekbeampte in hierdie saak en is te Kraaifontein
te gestasioneer. Hy het die dossier op 9
November 2003 vir verdere
ondersoek ontvang waarna mnr Claasens en konstabel Jacobs hom op die
kantoor kom spreek het na 15h00.
Een
van die persone het ’n selfoonnommer aan hom gegee wat na
bewering aan beskuldigde 1 behoort het, naamlik 073 166 6747.
Die
oorledene se selfoonnommer was as 082 485 2813 aan hom verskaf. Die
getuie het die nommers neergeskryf in die dossier waarvan
’n
afskrif later deur die verdediging as Bewysstuk 1 ingehandig is. Die
getuie het na die nommer 073 166 6747 geskakel
wat beweerdelik aan
beskuldigde 1 behoort het, waarop die persoon wat die foon
beantwoord het, bevestig dat hy ene Donnie was.
Die getuie het aan
die persoon Donnie gese dat daar ’n saak teen hom
aanhangig
gemaak was en het hom aangaande die oorledene uitgevra. Die persoon
het geantwoord dat hy nie kon praat nie en het die
telefoon
doodgedruk.
Beide
beskuldigdes was as verdagtes aangedui op die stadium wat die getuie
die dossier ontvang het. Kaptein Pienaar het, op die
getuie se
versoek, onsuksesvol na beskuldigde 1 by sy woning te Waliacedene
gaan soek. Beskuldigde 2 se adres was onbekend aan
speurinspekteur
Mong op daardie stadium. Geen klagtes van ’n voorafgaande
skietvoorval was ontvang het of het tot die getuie
se kennis gekom
nie.
Op
11 November 2003 het dit tot sy kennis gekom dat die oorledene se
liggaam te Strandfontein gevind was. Volgens speurderinspekteur
Mong
kon geen vuurwapendoppies op die toneel waar die oorledene gevind
was, gekry word nie.
Op
13 November 2003 het kaptein Pienaar die getuie in kennis gestel dat
die beskuldigdes hulself te Bishop Lavis polisiestasie
oorgegee het.
’n Mnr Mostert van Kraaifontein het die beskuldigdes tydens
die borgaansoek verteenwoordig. Bewysstuk G,
wat oproepe met
betrekking tot beskuldigde 1 se selfoon reflekteer is by wyse van ’n
lasbrief in terme van artikel 204
en 205 van die Strafproseswet
bekom. Die nommer, 073 166 6747, is die enigste telefoonnommer wat
die getuie van beskuldigde 1
gehad het. Die getuie het uIt hoofde
van Bewysstuk G vasgestel dat daar vir die tydperk tussen 8 en 10
November 2003 oproepe
gemaak was van en na mnr Kobus Matthews, mnr
Oscar Felix asook mnr Claasens se selfoon, wat na bewering deur die
oorledene gebruik
was.
Op
9 November 2003 om 01:20:37 was ’n oproep vanaf beskuldigde 1
se selfoonnommer gemaak in die omgewing van die selfoontoring
in die
John Powell vakansiekamp te Strandfontein, welke kamp ongeveer twee
tot drie kilometers gelee is vanaf die plek waar die
oorledene se
liggaam gevind was.
Volgens
speurderinspekteur Mong reflekteer Bewysstuk G nie die oproep wat hy
vanaf die polisiestasie na beskuldigde 1 se selfoon
gemaak het nie.
Tydens kruisondervraging namens beskuldigde 1 was daar erken dat
beskuldigde 1 op Sondagmiddag op 9 November
2003 ’n oproep
vanaf speurderinspekteur Mong ontvang het tot die effek dat die
polisie opsoek was na hom hoewel daar nie
erken is dat die betrokke
nommer 073 166 6747 deur beskuldigde 1 gebruik was nie.
Beskuldigde
1 het toe, na aanleiding daarvan, sy prokureur gaan spreek. Die
inligting, soos dit in Bewysstuk G Namens beskuldigde
2 was elke
telefoongesprek betwis asook dat beskuldigde 2 by die moord en
beweerde ontvoering betrokke was.
Mnr
Oscar Felix is in Scottsdene, Kraaifontein, woonagtig en is bekend
met beide beskuldigdes van kleins af. Beskuldigde 1 was
sy vriend en
hulle het saam aan die sokkerklub Stipulated behoort. Die oorledene
was nie net van aansien aan die getuie bekend
nie.
In
die jaar 2003 was mnr Felix se selfoonnommer 082 950 2582. Die
getuie het verneem dat die 16-jarige oorledene ontvoer was op
8
November 2003. Die getuie was nie bewus van enige voorafgaande
skietaanval op ’n rooi Tazz voertuig nie. Die volgende
Sondag
was hy om ongeveer 06h50 by mnr Kobus Matthews se huis waar hy
verneem het dat die oorledene nog soek was. Mnr Theodoor
en mnr Van
Rooyen was toe reeds daar. Daar was nie melding gemaak van ’n
vuurwapen nie wat beskuldigde 1 sou gehad het
toe die oorledene
ontvoer was nie. Die oorledene en mnr Felix was nie by mnr Kobus
Matthews se smokkelbesigheid betrokke nie,
maar die oorledene en mnr
Theodoor was bevriend.
Mnr
Felix het bevestig dat hy tesame met mnre Theodoor, Van Rooyen en
Kobus Mathews na beskuldigde 1 se huis in Delft gegaan het
waar
hulle vir Hendelene en nog drie vrouens aangetref het. Hendelene is
beskuldigde 2 se suster en beskuldigde 1 se vriendin.
Beskuldigde 1
was nie tuis nie.
Mnr
Felix het ’n boodskap gelaat dat beskuldigde 1 hom telefonies
moes gekontak het. Die getuie het gehoop dat hy beskuldigde
1 kon
oorreed om die oorledene vry te laat. Hy wou die beskuldigdes
probeer keer om iets onverantwoordeliks te gedoen het. Met
hulle
terugkeer het beskuldigde 1 die getuie gebel terwyl hulie op die
R300 snelweg gery het om ongeveer tussen 08h00 en 08h20.
Beskuldigde
1 se naam het ook op die getuie se selfoonskerm verskyn toe hy gebel
het. Beskuldigde 1 se selfoonnommer is op die
getuie se selfoon
gelys. Hulle het ook in die voorafgaande tydperk gereeld met mekaar
telefonies gepraat. Die getuie het aan
beskuldigde 1 gevra hoekom hy
nie die klong - dit is verwysende na die oorledene - los nie, waarop
beskuldigde 1 geantwoord het
dat hy gaan “kyk wat hy met die
klong gaan maak”. Mnr Felix het ook sy versoek met beskuldigde
2 gepraat wie bloot
gese het “Saluut”, voordat die
getuie nog iets kon gese het en daarna die gesprek beeindig het.
Almal
in die voertuig kon die gesprek gehoor het, aangesien mnr Felix se
foon sodanig ingestel was.
Die
getuie was nie bewus daarvan dat enigiemand anders met beskuldigde 1
gepraat het terwyl hulle in die voertuig gery het nie.
Mnr Felix is
daarna huis toe en het nie weer sedertdien in mnr Theodoor en mnr
Van Rooyen se geselskap verkeer nie.
Beskuldigde
2 was die voorafgaande Vrydagnag om ongeveer 04h00 met ’n rooi
Tazz voertuig by die getuie se huis om vir hom
’n CD-speler te
bring. Hy het die Saterdag ook twee keer vir beskuldigde 2 alleen in
die rooi Tazz of Conquest by die woonstelle
in die Blokke gesien
rondry.
Beskuldigde
2 se moeder besit ’n rooi voertuig selfs a! is die voertuig in
beskuldigde 2 se oom se naam geregistreer. Die
getuie het vir
beskuldigde 2 al met verskillende soorte voertuie sien rondry in die
verlede.
Die
Saterdagaand het mnre Theodoor en Van Rooyen ook by die woonstelle
aangekom en met mnr Kobus Matthews gepraat. Mnr Matthews
het die
ander persone ingelig dat die beskuldigdes die oorledene het. Die
getuie het die Saterdagnag ongeveer 21h20 gaan slaap.
Tydens
kruisondervraging namens beskuldigde 1, was ontken dat hy enigsins
by die oorledene se ontvoering betrokke was of dat hy
’n
telefoniese gesprek met die getuie gehad het op die betrokke Sondag.
Beskuldigde 1 het wel erken dat hy ’n boodskap
gekry het om
die getuie te be I, maar het dit nie gedoen nie vanwee die kwade
gevoelens wat daar tussen die getuie en mnr Kobus
Matthews bestaan
het.
Namens
beskuldigde 2 is ontken dat hy die Vrydagaand by mnr Felix se huis
was. Daar was aangevoer dat beskuldigde 2 die betrokke
Vrydagaand by
’n partytjie was en dat hy die hele Saterdag sy roes afgeslaap
het by Hendelene se huis. Voorts was dit namens
beskuldigde 2 gestel
dat hy slegs toegang gehad het tot sy oom se rooi Toyota Corolla in
noodgevalle. Beskuldigde 2 het verder
ontken dat hy die betrokke
Sondagoggend met die getuie oor die selfoon gepraat het.
Daarna
het ons die getuienis aangehoor van mnr Kobus Matthews. Sy getuienis
moet met versigtigheid benader word vanwee die feit
van sy beweerde
betrokkenheid by die aanvaile. Mnr Kobus Matthews is die afgelope 20
jaar te Scottsdene, Kraaifontein, woonagtig.
Hy het saam met
beskuldigde 1 grootgeword en beskuldigde 2 is sy nefie. Die
oorledene was net van aansien aan die getuie bekend
en het hy in
dieselfde pad as mnr Matthews gebly.
Op
8 November 2003 om ongeveer na 23h00, het mnr Theodoor na die getuie
gekom en hom ingelig van die ontvoering van die oorledene.
Daar was,
onder andere, beweer dat die oorledene met ’n vuurwapen
geslaan was. Mnre Theodoor en Van Rooyen het die getuie
se voertuig
geleen om na die plek te ry waar die voorval sou plaasgevind het om
na beskuldigde 1 te gaan soek.
Volgens
die getuie het mnr Theodoor vermoedelik vir hom genader omdat die
getuie en beskuldigde 1 vriende was en hulle saam sokker
gespeel
het. Die getuie was bereid om mnr Theodoor te help in soverre hy kon
aangesien hulle vriende was. Die getuie was gereed
om mnr Theodoor
te help in soverre hy kon aangesien hulle vriende was. Mnr Theodoor
was met die oorledene en mnr Van Rooyen bevriend.
Mnr
Matthews het op mnr Theodoor se versoek vir beskuldigde 1 op sy
selfoon gebel. Beskuldigde 1 en die getuie was in die verlede

gereeld telefonies in verbinding en het die getuie op sodanige
geleenthede vir beskuldigde 1 op dieselfde selfoonnommer gekontak.
Gedurende
die gesprek het beskuldigde 1 bevestig dat daar op hulle geskiet was
en dat hy die oorledene by hom gehad het.
Beskuldigde
1 het ook gemeld dat hy ’n 28 bendelid was en dat
die
getuie nie vir hom moet voorskryf wat om te doen nie. Beskuldigde 1
het daarna die selfoon doodgemaak. Die getuie self het
van die
selfoonnommer 082 279 0545 gebruik gemaak in November 2003.
Mnr
Matthews het ook die ander persone ingelig van die gesprek met
beskuldigde 1. Hy het voorgestel dat die ontvoering by die
oorledene
se vader en polisie aangemeld moes word. Mnr Matthews het dieselfde
nag ongeveer 01 h 11 ’n oproep van beskuldigde
1 ontvang
waarop die getuie weereens meegedeel was dat hy nie voorskriftelik
moes wees nie. Mnr Van Rooyen het nie die getuie
se selfoon
gedurende daardie nag geleen nie en het ook nie ’n selfoon in
mnr Van Rooyen se besit gesien nie.
Op
Saterdag, 9 November 2003, het mnr Theodoor hulle die getuie ingelig
dat die oorledene steeds nie teruggekeer het huis toe
nie. Mnr
Matthews het toe vir mnr Theodoor, mnr Van Rooyen en mnr Felix, op
hulle versoek, met sy motor na sy tante se huis in
Delft geneem.
Brenden was ook moontlik saam in die voertuig. Die getuie wou met
beskuldigde 1 gepraat het om verdere moeilikheid
te verhoed.
Op
pad terug het beskuldigde 1 vir mnr Felix gebel wie op daardie
stadium agter in die voertuig gesit het. Die getuie kon nie
die
gesprek tussen mnr Felix en beskuldigde 1 gehoor het nie.
Na
hulle besoek aan Delft en nadat hulle na mnr Matthews se huis
teruggekeer het, het die getuie weer vir beskuldigde 1 gebel
oor die
oorledene. Beskuldigde 1 het toe aan die getuie gevra hoekom hy sy
mense op hom laat skiet het, waarop mnr Matthews gevra
het watter
mense. Beskuldigde 1 het toe aan die getuie gese dat die oorledene
beweer het dat hy sodanige opdrag gegee het en
aan die oorledene ’n
vuurwapen gegee het om hom te geskiet het. Dit was die eerste keer
wat die getuie ingelig was dat
daar op die rooi Tazz voertuig
geskiet was aangesien beskuldigde 1 gemeld het dat die voertuig vol
gate geskiet was.
Mnr
Matthews het voorgestel dat beskuldigde 1 die oorledene na hom toe
moes gebring het om die beweringe in sy teenwoordigheid
te herhaal
en dat hulle daaroor moet praat. Die getuie het ook vir beskuldigde
1 ingelig dat die polisie na hom gesoek het en
dat dit beter sou
wees as hy die oorledene sou terugbring het. Beskuldigde 1 het gese
hy sal kyk wat hy met die oorledene sou
maak en weereens het hy gese
om nie voorskriftelik te wees nie.
Mnr
Matthews het die ander persone van die gesprek met
beskuldigde
1 ingelig waarna hulle huis toe is. Mnr Theodoor hulle het ook die
betrokke oggend na die polisie gegaan. Die getuie
het op ’n
stadium daardie dag ook beskuldigde 1 se selfoonnommer aan mnr
Theodoor verskaf omdat die polisie die nommer
gesoek het.
Op
Maandag, 10 November 2003, het die getuie vir beskuldigde 1 gebel
maar slegs sy stemposdiens was aangeskakel. Hulle het wel
later
telefoniese gesprekke gehad tydens beskuldigde 1 se aanhouding.
Mnr
Matthews het ontken dat hy vir die oorledene opdrag gegee het om vir
beskuldigde 1 te gaan doodmaak. Volgens mnr Matthews
was daar
verskeie ander smokkelhuise in die omgewing nader aan sy eie
smokkelhuis gelee en was daar dus geen rede om spesifiek
in
kompetisie met beskuldigde 1 se smokkelhuis te wees nie.
Volgens
mnr Matthews was die oorledene ook nie laatmiddag op Saterdag, 8
November 2003, by hom nie. Mnre Theodoor en Van Rooyen
asook die
oorledene en beskuldigde 2 was wel die betrokke Saterdagmiddag met
’n rooi Tazz of Conquest voertuig voor die
getuie se deur,
maar hy het nie persoonlike kontak met die oorledene gehad nie.
Beskuldigde 2 het die voertuig bestuur en het
nie onder die invloed
van drank voorgekom nie. Beskuldigde 2 het met die getuie gepraat en
was in ’n goeie gemoedstemming.
Tydens
kruisondervraging was daar gewys op onbeduidende weersprekings
tussen die getuie se polisieverklarings en sy getuienis.
Volgens mnr
Matthews het hy nie sy selfoonnommer aan die ondersoekbeampte gegee
nadat hy sy verklaring op 23 November 2003 afgele
het nie. Hy kan
nie onthou dat hy in 2004 deur die ondersoekbeampte genader was om
sy selfoonnommer te verkry nie.
Namens
beskuldigde 1 was ontken dat die telefoongesprekke tussen die getuie
en beskuldigde 1 plaasgevind het en uiteraard ook
die inhoud
daarvan. Daar was aangevoer dat mnr Matthews verantwoordelik was vir
die skietvoorvalle op beskuldigde 1 by sy Wendy
huis in 2003, welke
aspekte die getuie ontken het.
Namens
beskuldigde 2 was ontken dat hy die betrokke Saterdagmiddag saam met
die oorledene, mnr Theodoor, en mnr Van Rooyen in
’n
motorvoertuig naby die getuie se huis rondgery het. Beskuldigde 2
het aangevoer dat hy die Saterdag by sy suster se
huis sy roes
afgeslaap het en dat hy nie die getuie daardie dag gesien het nie.
Dit het dan die staatsaak afgesluit.
Beskuldigde
1 in hierdie saak, mnr Donovan Jacobs, was woonagtig te Main Road,
Bellviile-Suid, in November 2003. Hy het op daardie
stadium ’n
smokkelbesigheid te Wallacedene bedryf uit ’n sogenaamde Wendy
huis wat op die perseel van mnr Brian Fisher
opgerig was. Daar was
nog ander persone ook op die perseel woonagtig.
Die
oorledene en mnr Theodoor was net van aansien aan beskuldigde 1
bekend. Beskuldigde 2 is sedert die jaar 2002 aan hom bekend
en is
baie goeie vriende.
Beskuldigde
1 se vriendin is beskuldigde 2 se oudste suster. Beskuldigde 1 het
ook ’n baie noue verhouding met beskuldigde
2 se moeder,
bekend as “Tant Mary”. Daar was in die onderhawige geval
twee skietaanvalle op beskuldigde 1 geloods
waarin hy verwond was.
Tydens die laaste
skietvoorval
I a at in November 2003 was beskuldigde 1 met skietwonde in
Tygerberg Hospitaal opgeneem. Hy was deur die hospitaalpersoneel

versoek om die hospitaal te verlaat vanwee dreigemente wat ontvang
was.
Beskuldigde
2, ook bekend as “Georgie” en sy moeder het beskuldigde
1 van die hospitaal na Tant Mary se huis vervoer.
Beskuldigde
1 het as gevolg van die tweede skietaanval vanaf Waliacedene verhuis
en sedertdien by Tant Mary se huis woonagtig.
Ongeveer
twee maande later het beskuldigde 1 weereens soms op ’n Vrydag
of ’n Saterdagaand by sy Wendy huis 'te Waliacedene

oorgeslaap, alhoewel hy dit as ’n groot risiko beskou het.
Volgens beskuldigde 1 kon hy nie op mnr Fisher staatmaak om
die
besigheid te bedryf nie.
Beide
beskuldigde 1 en mnr Kobus Matthews het vir mnr Matthews se
sokkerklub, Stipulated, sokker gespeel. Die oorledene het as

toeskouer eike sokkerwedstryd en ook die oefeninge bygewoon. Mnre
Theodoor en mnr Van Rooyen was ook altyd by die sokker as
ondersteuners en was hulle goed bevriend met die oorledene.
Beskuldigde 1 en mnr Kobus Matthews was nie meer vriende ten tyde

van die tweede skietvoorval nie, aangesien beskuldigde 1 vir mnr
Matthews verdink het as synde die persoon agter die skietvoorvalle.
Beskuldigde
1 het getuig dat mnr Kobus Matthews ook ’n smokkeJbesigheid
bedryf het wat ’n groot rol in die aanvalle
op hom gespeel
het. Mnr Matthews en beskuldigde 1 het aanvanklik saam gewerk, maar
beskuldigde 1 het later op sy eie sy besigheid
bedryf vanwee
probleme tussen hulle.
Volgens
beskuldigde 1 was hulle besighede in kompetisie met mekaar en was
huile besighede wat onderskeidelik te Wallacedene en
Scottsdene
gelee was, slegs ongeveer vyf na tien minute se stap uit mekaar
gelee.
Tydens
die tweede skietvoorval het hulle verhouding heeltemal
gedisintegreer . Mnr Kobus Matthews het ook nie sedert die tweede

skietvoorval oor ’n telefoonnommer van beskuldigde 1 beskik
nie en hulle het nie meer telefonies kontak gehad nie. Mnr
Matthews
het die vriendskap probeer red maar beskuldigde 1 het nie gepoog om
die geskille tussen hulle uit te sorteer nie. Beskuldigde
1 is van
oordeel dat hy as gevolg van mnr Kobus Matthews se toedoen van die
misdade aangekla was.
Volgens
beskuldigde 1 moes mnr Kobus Matthews ’n komplot teen hom
gesmee het of hom g
eframe
het, soos hy dit uitgedruk het, aangesien die skietvoorvalle
onsuksesvol was. Beskuldigde 2 het nie kontak met mnr Kobus Matthews

gehad nie en hulle net ook op ’n stadium ’n uitval
gehad.
Op
Vrydagaand, 7 November 2003, het beskuldigde 1 te Delft oornag.
Volgens beskuldigde 1 het sy kliente hom normaalweg vanaf sy

besigheidsplek te Wallacedene huis toe geneem. Op Saterdag, 8
November 2003 om 08h00 die oggend, het beskuldigde 1 na sy
besigheidsplek
te Waliacedene vertrek waar hy die hele dag spandeer
het. Beskuldigde 1 het Saterdagnag daar by sy besigheidsplek oornag,
aangesien
hy nie ’n geleentheid huis toe kon gekry het nie.
Volgens
beskuldigde 1 het hy glad nie die betrokke Saterdag of enige ander
stadium saam met beskuldigde 2 in ’n rooi motorvoertuig
gery
nie. Beskuldigde 2 het nie oor ’n bestuurderslisensie beskik
nie. Sy moeder wou hom baiekeer iewers heen gestuur het,
maar het
daarvan afgesien want sy was te bang om verkeersboetes te ontvang.
Beskuldigde 2 se moeder het ’n rooi 1.6GL Toyota
Corolla
voertuig met ’n kattebak in stede van ’n luikrug gehad.
Beskuldigde
1 ontken ook dat hy mev Shireen Jacobs ’n braai belowe het
aangesien hy haar op daardie stadium nie goed geken
het nie. Mev
Shireen Jacobs is ’n familielid van mnr Kobus Matthews en het
gereeld by sy smokkelhuis gedrink.
Op
Sondagoggend, 9 November 2003, het beskuldigde 1 teruggekeer na sy
huis te Delft. Sy vriendin Hendelene, haar suster Claudia
en ene
Anthia was ook by die huis. Hendelene het aan beskuldigde 1 gese dat
mnr Matthews en mnr Felix is ook nog ander persone
daar wat na hom
kom soek het.
Beskuldigde
1 se selfoon was op daardie stadium afgeskakel. Beskuldigde 2 het
ook op ’n stadium daar opgedaag waarna hulle
gesprek gevoer
het. Beskuldigde 1 het toe weer kort daarna teruggekeer Kraaifontein
toe.
Inspekteur
Mong het ook vir beskuldigde 1 op sy selfoon gebel die betrokke
Sondagmiddag teen ongeveer sonsondergang. Beskuldigde
1 kon nie
onthou na watter telefoonnommer speurderinspekteur Mong hom gebel
het nie, aangesien hy verskillende nommers gehad
het. Beskuldigde 1
het eers getuig dat hy nie kon onthou of hy van ’n nommer 073
166 6747 (?) gebruik gemaak het nie, maar
dan weer ontken hy dat hy
ooit ’n 073 selfoonnommer gehad het.
Volgens
beskuldigde 1 het hy sy advokaat ingelig dat die ondersoekbeampte
hom nie op 'n 073 nommer gekontak het nie, maar wel
op ’n
ander nommer. Die ondersoekbeampte het aan beskuldigde 1 meegedeel
dat die oorledene ontvoer was; dat sy vader ’n
klag aanhangig
gemaak het. Beskuldigde 2 was ook geimpliseer en het
speurderinspekteur Mong versoek dat albei die beskuldigdes
hom moes
kom spreek het. Beskuldigde
was
op daardie stadium in ’n huurmotor op pad huis toe. Dit was
die rede waarom hy vir speurderinspekteur Mong gese het
dat hy nie
met hom ’n gesprek kon gevoer het nie.
Beskuldigde
1 was nie bewus van die beskuldigings tot op daardie stadium nie.
Volgens beskuldigde 1 het hy net een telefoongesprek
met die
ondersoekbeampte gehad en weet nie waar speurderinspekteur Mong sy
telefoonnommer gekry het nie. Beskuldigde 1 het nie
die Sondagaand
by die huis geslaap nie, op sy prokureur, mnr Hassen, se advies,
aangesien sy prokureur eers verdere ondersoek
wou instel na die
bewerings. Beskuldigde 1 het die Maandagaand, 10 November 2003, tot
die Woensdagaand in die Rio Hotel in Elsiesrivier
oornag. Mnr Hassen
het met kaptein Pienaar gereel dat die beskuldigde sal self die
Donderdag by Bishop Lavis polisiestasie moes
gaan oorgee het. Die
rede hiervoor was dat dreigemente ontvang was wat die beskuldigdes
in gevaar sou gestel het as hulle in
Kraaifontein opgesluit sou
word. Beskuldigde 1 het nie ’n selfoon by hom gehad tydens sy
arrestasie nie.
Beskuldigde
1 het twee onsuksesvolle borgaansoeke in Februarie 2004 en in
Oktober 2005 geloods. Mnr Mostert het vir beskuldigde
1
verteenwoordig tydens beide borgaansoeke. Beskuldigde 1 het ontken
dat hy ’n staatsgetuie gebel het om te versoek om
na mnr
Mostert toe te gaan. Volgens beskuldigde
het
mnr Fisher nie eers ’n foon gehad op daardie stadium nie.
Niemand het beskuldigde 1 gebel en uitgevra oor die oorledene
nie.
Dit is valse bewerings in soverre dit die
staatsgetuies
sou getuig het. Beskuldigde 1 het nie ’n onafhanklike
herinnering dat hy ’n telefoongesprek met mnr
Jacobs, die
oorledene se vader, gehad het nie. Beskuldigde 1 het die oorledene
se vader die eerste keer met die beskuldigde se
eerste hofverskyning
in 2003 gesien, nadat beskuldigde 2 hom aan beskuldigde 1 uitgewys
het. Volgens beskuldigde 1 word mense
deur mnr Kobus Matthews se mag
bemvloed.
Tydens
kruisondervraging namens beskuldigde 2 het beskuldigde 1 getuig dat
hy en beskuldigde 2 ’n goeie verhouding gehandhaaf
het sedert
2002, maar dat hulle nog in die proses was om ’n vriendskap op
te bou. Beskuldigde 2 ht nie beskuldigde 1 se
getuienis betwis nie.
Tydens
kruisondervraging deur die Staat het die beskuldigde sy getuienis in
hoof in wese herhaal. Beskuldigde 1 het aanvanklik
voltyds op mnr
Matthews se perseel te Waliacedene gebly maar sedert die
skietvoorval in September 2003 in Delft woonagtig tesame
met, onder
andere, sy vriendin en beskuldigde 2. Mnr Fisher het na die
drankgedeelte van hulle besigheid in Waliacedene omgesien
terwyl
beskuldigde 1 Mandrax verkoop het. Benewens die dwelmbesigheid wat
hy in Waliacedene beskryf het, het beskuldigde 1 ook
’n
huiswinkel en vrugtestalletjie saam met sy broer bedryf. die
besigheid in Waliacedene word elke dag tussen 08h00 en
22h00
bedryf. Wallacedene is ’n halwe dag se stap vanaf Delft en het
beskuldigde 1 nie ’n motorvoertuig besit nie.
Soggens het
beskuldigde 1 met ’n huurmotor na Wallacedene gery, maar saans
na 19h00 was die huurmotors nie beskikbaar nie.
Saans het sommige
van sy kiiente met wie hy bevriend was hom huis toe geneem.
Van
die drie kiiente wat beskuldigde 1 huis toe sou gevat het, het hy
slegs geweet waar ene Samuel woonagtig was. As rede hiervoor
het hy
teenstrydig met sy vorige getuienis aangevoer dat hy nie die persone
goed geken het wat hom geleenthede huis toe gebied
het nie. Hy het
in ruil daarvoor vir hulle geld gegee of petrol ingegooi of sodanige
persoon met ’n Mandrax tablet vergoed.
Sedert hy na Delft
verhuis het, het beskuldigde 1 soms oorgeslaap in sy rondawel op mnr
Fisher se perseel as hy nie ’n
geleentheid kon gekry het nie.
Beskuldigde
1 het ontken dat beskuldigde 2 hom tesame met ander persone by mnr
Fisher se perseel kom haal het op Saterdagaand
8 November 2003. Hy
kon nie ’n geleentheid huis toe gekry het nie en het in sy
rondawel oorgeslaap. Hy het ook ontken dat
hy in 'n voertuig was
waarop geskiet was die betrokke Saterdagaand. Beskuldigde 1 ontken
dat hy die betrokke Saterdagaand aan
mnr Fisher gese het dat daar
weer op hom geskiet was.
Beskuldigde
1 het ook ontken dat hy ’n vuurwapen in sy besit gehad het ten
spyte van die skietaanvalle en sy dwelmbesigheid.
Die polisie het sy
besigheidsplek gereeld deursoek en sou hulle die vuurwapen gekry het
as hy wel een daar versteek het. Benewens
’n heining wat
opgerig was, het beskuldigde 1 nie ekstra sekuriteitsreelings getref
om homself te beskerm nie.
Volgens
beskuldigde 1 het hy die daaropvolgende Sondag van openbare vervoer
tussen sy huis en besigheid gebruik gemaak. Hy het
juis die oproep
van speurderinspekteur Mong op pad huis toe ontvang terwyl hy in ’n
huurmotor was. Speurderinspekteur Mong
het beskuldigde 1 telefonies
ingelig dat daar ooggetuies was wat gesien het dat hy die oorledene
in ’n voertuig inforseer
het. Dit het beskuldigde 1 ontgaan om
sy advokaat daarop te wys om hierdie weergawe aan speurderinspekteur
Mong te stel terwyl
sy advokaat kennis gedra het daarvan.
Beskuldigde
1 het ontken dat hy enige kennis dra van die ontvoering waarvoor hy
en beskuldigde 2 beweerdelik verantwoordelik was.
Beskuldigde 1 het
vanaf Sondagaand 9 November 2003 en tot en met sy oorgawe aan die
polisie op Donderdag 13 November 2003 by
die Rio Hotel in
Elsiesrivier Beskuldigde 1 se broer het die selfoon waarop die
ondersoekbeampte hom gekontak het in die jaar
2004 verkoop aan ene
Tamsaw(?) terwyl beskuldigde 1 nog in aanhouding was. Tamsaw is
intussen oorlede. Beskuldigde 1 het die
selfoon verkoop omdat hy
geld nodig gehad het.
Op
Sondag, 9 November 2003, was beskuldigde 1 tussen 09h00 en 10h00 die
oggend by sy huis te Delft. Voorts getuig beskuldigde
1 aanvanklik
dat hy nie seker was of beskuldigde
ook
daar by die huis was nie, maar getuig dat hulle wel ’n
ontmoeting die oggend in Delft gehad het. Hulle het net oor
die
algemeen gesels. Daarna getuig beskuldigde 1 weer dat beskuldigde 1
wel ook by die huis was.
Beskuldigde
1 het ’n boodskap by Hendelene gekry dat hy so gou as moontlik
met Kobus hulle in verbinding moes getree het.
Hy het dit egter nie
gedoen nie omdat hulle nie meer op vriendskaplike voet was nie.
Beskuldigde 1 het die betrokke Sondag om
12h00 weer terug by sy
besigheid in Kraaifontein aangekom het.
Beskuldigde
1 het ontken dat hy met die ondersoekbeampte en die ander getuies
spesifiek op die 073 nommer gepraat het.
Hy
kon nie ’n rede verskaf hoekom die ondersoekbeampte sowel as
die ander getuies almai toevallig na dieselfde nommer gebel
het nie.
Beskuldigde
1 ontken verder dat hy enigsins met die ander staatsgetuie oor die
foon gepraat het met die uitsondering van speurderinspekteur
Mong.
Met
betrekking tot sy verhouding met die staatsgetuies het beskuldigde 1
getuig dat hy en mnr Fisher nie vyande was nie, maar
dat daar in die
verlede baie misverstande tussen hulle was en hulle selfs handgemeen
geraak het. Die misverstande het oor geld
en die besigheid gehandel.
Dit kon moontlik ’n rede gewees het waarom mnr Fisher valse
getuienis teen hom afgele het. Die
twee hoofredes, volgens
beskuldigde 1, was egter die feit dat mnr Fisher nog R4 000,00 vir
100 tablette aan hom verskuldig was
en hy kon ook deur mnr Kobus
Matthews bemvloed gewees het. Daar bestaan nie enige bewyse dat mnr
Fisher wel betnvloed was nie.
Volgens beskuldigde 1 het dit hom
ontgaan om vir sy advokaat in te lig van die 100 pille terwyl hy
gedurende die verloop van
die verhoor deurentyd instruksies aan haar
gegee het. Beskuldigde 1 het wel vir sy advokaat van die uitvalle
oor die besigheid
ingelig.
Wat
me Letitia Jacobs aanbetref, is beskuldigde 1 van mening dat die
getuie bemvloed is weens die feit dat ene Tessa se swaer,
mnr Kobus
Matthews, se regterhand is. Beskuldigde 1 kon nie ’n verdere
rede verskaf waarom me Letitia Jacobs deel van die
beweerde komplot
sou gewees het nie en wat sy daardeur sou baat om valse getuienis
teen hom af te le nie. Beskuldigde 1 kon ook
nie ’n rede
verskaf waarom me Shireen Jacobs vaislik teen hom sou getuig het
nie. Hy meld bloot dat die getuie mnr Matthews
se niggie is en die
blote feit dat sy getuienis gelewer het maak haar wel deel van die
beweerde komplot teen beskuldigde 1.
Beskuldigde
1 het toegegee dat mnr Van Rooyen, soos die res van die
staatsgetuies, ’n risiko geneem het om te getuig. Hy
het egter
aangevoer dat dit maklik is om skuld op ’n ernstige misdaad te
erken as daar geen klagtes teen sodanige persoon
gemaak is nie. Mnr
Van Rooyen was net van aansien aan beskuldigde 1 bekend.
Beskuldigde
1 het ontken dat hy ooit by die oorledene se vader se huis was. Hy
getuig dat mnr Claasens hom seker van aansien geken
het. Bsk1 het
nie werklik ’n bevredigende antwoord verskaf waarom dit siegs
aan mnr Claasens gestel was dat beskuldigde
1 nie die betrokke
Saterdagmiddag by die getuie se huis was nie. Volgens beskuldigde 1
weet hy nie waar die oorledene woonagtlg
was nie en het hy die
oorledene se vader die eerste keer in die hof gesien.
Beskuldigde
1 was onseker of mnr Claasens deel van die komplot was, beskuldigde
1 het aangeneem dat die getuie aanvaar het dat
die polisie die regte
persoon het en sou dit die rede wees waarom hy getuig het dat hy met
beskuldigde 1 oor die telefoon gepraat
het. Beskuldigde 1 het die
oorledene ook net van aansien geken.
Volgens
beskuldigde 1 was die ondersoekbeampte nie deel van die beweerde
komplot nie, hy het egter aangevoel dat speurderinspekteur
Mong
seker ’n fout gemaak het met die nommer waarop hy beskuldigde
1 na bewering sou gekontak het. Beskuldigde 1 kon ook
glad nie
verklaar waarom konstabel Jacobs ’n leuen sou vertel het met
betrekking tot die telefoonoproep nie.
Beskuldigde
1 het getuig dat hy nie geweet het waar die John Powell kamp gelee
is nie, hy betwis nie dat die persoon wat van die
nommer 073 166
6747 gebruik gemaak het nie op 9 November 2003 om 01 h 11 omdat die
omgewing van die kamp ’n oproep gemaak
het nie. Beskuldigde 1
betwis net dat die betrokke nommer sy selfoonnommer was. Beskuldigde
1 het ook nie geweet watter pad na
Strandfontein toe lei nie.
Volgens
beskuldigde 1 het hy aan sy advokaat gese dat mnr Hassen sy saak
behartig tot en met die borgaansoeke en dat mnr Mostert
die
borgaansoeke gehanteer het. Beskuldigde 1 weet nie hoekom dit nie so
aan mnr Fisher gestel was nie en hoekom dit ontken was
dat mnr
Mostert hom verteenwoordig het. Beskuldigde 1 het getuig dat mnr
Fisher nie ten tye van beskuldigde 1 aanhouding ’n
telefoon
gehad het nie. Volgens beskuldigde 1 het hy hierdie inligting aan sy
advokaat meegedeel alhoewel dit nie so aan mnr
Fisher gestel was
nie.
Gedurende
herondervraging het beskuldigde 1 getuig dat mnr Hassen hom op die
stadium van die beweerde oproepe verteenwoordig het.
Tydens
vrae deur die Hof bevestig beskuldigde 1 dat al die getuies se
weergawes aangaande die rooi voertuig en die telefoonoproepe
vals
was. Beskuldigde 1 het getuig dat hy nooit enige vuurwapen besit het
nie en ook nie oor ’n vuurwapenlisensie beskik
het nie. Hy het
aangevoer dat as daar wel ’n vuurwapen by mnr Fisher se huis
was, het dit nie aan hom behoort nie. Die
polisie sou ook op
sodanige vuurwapen beslag gele het as dit wel daar was, aangesien
hulle gereeld by die perseel besoek afgele
het. Beskuldigde 1 het
geen stappe geneem om homself te beskerm buitekant die
besigheidsperseel
nie, hy het bloot na Delft verhuis na die skietvoorvalle. Kliente
was na die skietaanvalle deur ’n hek
bedien en het hulle het
nie meer in die erf gekom nie. Hy getuig verder dat die 073 nommer
nie sy selfoonnommer was nie.
Bewysstukke
L tot M was daarna namens beskuldigde 1 ingehandig en dit het
beskuldigde 1 se saak afgesluit.
Beskuldigde
2 was ten tye van die voorval in November 2003 20 jaar oud. Volgens
beskuldigde 2 was die oorledene net van aansien
aan hom bekend. Hy
was vriende met beskuldigde 1 maar hulle was nie goeie vriende nie.
Beskuldigde
2 het getuig dat hy op Vrydag 7 November 2003 die hele nag by die
Seagulls Hotel in Seepunt partytjie gehou het tot
en met dagbreek op
Saterdag, 8 November 2003. Hy het baie sterk drank gedrink en
Ecstasy tablette gebruik gedurende die verloop
van die partytjie.
Volgens beskuldigde
is
hy nie normaalweg ’n drinker nie. Beskuldigde 1 het nie die
partytjie bygewoon nie. Beskuldigde 2 kon nie aangedui
het hoe laat
hy by beskuldigde 1 se huis te Delft aangekom het na die partytjie
nie. Hy was besope en het direk na sy kamer
gegaan en gaan slaap.
Hy het slegs sy suster Hendelene gesien toe hy by die huis aangekom
het. Beskuldigde 1 was nie by die
huis nie.
Beskuldigde
2 het die betrokke Saterdag regdeur geslaap tot en met Sondagoggend
toe hy opgestaan het en werk toe gegaan het. Beskuldigde
2 het op
daardie stadium vir ’n smous gewerk. Volgens beskuldigde 2 was
hy nie betrokke by die gebeure, soos deur mnr Van
Rooyen, ook bekend
as Chico, beskryf was nie.
Beskuldigde
2 het ontken dat hy ’n telefoongesprek met enigiemand,
insluitende mnr Oscar Felix, gehad het op Sondag 9 November
2003.
Beskuldigde
2 het ontken dat hy ’n lid van ’n bende was. Hy het nie
’n goeie verhouding gehandhaaf met sy neef,
mnr Kobus
Matthews, nie. in 2003 het hy sy moeder met haar voertuig na die
hospitaal toe gevat van tyd tot tyd. Hy het ook een
maal vir
beskuldigde 1 by die hospitaal gaan haal op beskuldigde 1 se
versoek. Hy het nie geweet dat beskuldigde
as
gevolg van ’n aanval op sy lewe in die hospitaal was nie.
Beskuldigde
2 het verder getuig dat hy nie vir beskuldigde 1 elke aand om
ongeveer 22h00 in Kraaifontein gaan haal het nie. In
2003 het
beskuldigde 2 nie ’n vuurwapen besit nie en dus ook nie oor ’n
vuurwapenlisensie beskik nie.
Beskuldigde
1 het nie beskuldigde 2 se getuienis betwis nie.
Tydens
kruisondervraging deur die Staat bevestig beskuldigde
dat
hy ook as Georgie bekend staan. Beskuldigde 1 en beskuldigde 2 was
net deur middel van hulle sokker verbintenis aan mekaar
bekend.
Beskuldigde 1 en beskuldigde
se
suster, Hendelene, het vir ’n onbekende tydperk ’n
verhouding gehad. Hulle het saamgewoon in beskuldigde 1 se
huis te
Delft-Suid. Volgens beskuldigde 2 het hy nie geweet watter tipe
werk beskuldigde 1 gedoen het nie. As gevolg van beskuldigde
2 se
werksomstandighede het hy normaalweg slegs sy suster te siene gekry
en nie vir beskuldigde 1 nie. Hy het aanvanklik getuig
dat hy
eintlik nie geweet het waar beskuldigde 1 woonagtig was nie, maar
het later getuig dat hy saam met sy suster en beskuldigde
1 gebly
het in November 2003. Beskuldigde 2 was voorheen in Mitchell's
Plain woonagtig.
Beskuldigde
2 het getuig dat mnr Brian Fisher in die verlede gereeld beskuldigde
2 se vader besoek het, terwyl beskuldigde 1 nog
’n kind was.
Hy het mnr Fisher so lank terug gesien dat hy nie kon onthou het
wanneer hy hom laas gesien het nie.
Beskuldigde
2 het ontken dat hy elke maand vir beskuldigde 1 in Wallacedene gaan
haal het. Hy weet nie om welke rede mnr Fisher
so ’n bewering
gemaak het nie. Volgens beskuldigde 2 het hy nie ’n
motorvoertuig gehad om vir beskuldigde 1 te gaan
haal het nie.
Beskuldigde
2 het ook ontken dat hy met die oorledene in 'n voertuig by mnr
Fisher se woning was op 8 November 2003. Volgens beskuldigde
2
vertel al die betrokke staatsgetuies leuens in hierdie verband. Die
getuies woon almal in Kraaifontein en derhalwe kon mnr
Kobus
Matthews as synde ’n gevaarlike persoon, hulle bemvloed het.
Hy kon egter nie aangevoer het dat al die betrokke staatsgetuies

deur mnr Matthews gebruik was om teen hom te getuig nie.
Beskuldigde1 het nooit vir beskuldigde 2 van enige probleme tussen
hom en mnr Matthews vertel nie.
Me
Shireen Jacobs is beskuldigde 2 se tante. Beskuldigde 2 getuig dat
me Shireen Jacobs moontlik ’n fout kon gemaak het
met
betrekking tot die gebeure wat die betrokke Saterdagaand plaasgevind
het. Hy was ook nie bewus van ’n skietery op enige
voertuig
nie. Beskuldigde 2 het me Letitia Jacobs slegs van aansien geken. Hy
kon nie ’n rede verskaf waarom me Letitia
Jacobs leuens sou
vertel het nie. Beskuldigde 2 het ontken dat hy die betrokke dag en
aand aan haar ’n geleentheid met
’n voertuig gegee het.
Beskuldigde
2 en mnr Van Rooyen het mekaar in die verlede net in die verbygaan
gegroet. Beskuldigde 2 het ontken dat hy die oorledene
vasgegryp en
in die voertuig gedruk het. Beskuldigde 2 kon nie ’n rede
aanvoer waarom mnr Van Rooyen valse getuienis sou
afgele het nie.
Beskuldigde
2 was nie bewus daarvan dat mnr Kobus Matthews en ander mense vir
hom en beskuldigde 1 op Sondagoggend, 9 November
2003, by die huis
kom soek het nie. Beskuldigde 2 kon nie kommentaar gelewer het
aangaande waar hy homself bevind het op daardie
stadium nie. Hy het
getuig dat hy soggens vroeg uitgegaan het om te smous en dat hy
saans laat teruggekeer het. Beskuldigde 2
kon nie se of beskuldigde
1 by die huis geslaap het op Saterdag 8 November 2003 nie.
Beskuldigde 2 het vanaf die betrokke Vrydagnag
tot die Sondagoggend
regdeur geslaap by beskuldigde 1 se huis te Delft.
Vrydagaand,
7 November 2003, het beskuldigde 2 die hele nag gedrink en Ecstacy
gebruik by ’n mondingwordingspartytjie van
’n onbekende
dame sonder om vir enigiets te betaal. Daar was ook eetgoed in die
hotelkamer waar die partytjie gehou was.
’n Vriend ene Kenneth
het hom saamgeneem na die partytjie.
Saterdag
teen dagbreek het beskuldigde 2 tesame met Kenneth en een van sy
vriende met ’n huurmotor huis toe gegaan. Dit
neem ongeveer ’n
halfuur om per huurmotor vanaf Seepunt na Delft te ry. Beskuldigde 2
was egter nie seker of hy voor of
na middagete by die huis aangekom
het nie, maar die son het op daardie stadium geskyn. Beskuldigde 2
het die huis ongeveer 05h30
verlaat om werk toe te gaan die
Sondagoggend. Hy het eers die middag teruggekeer huis toe.
Op
vrae van die Hof het beskuldigde 2 weer getuig dat hy die huis om
ongeveer 06h15 verlaat het op Sondagoggend, 9 November 2003.
Chris
en Kat het saam met hom gesmous die betrokke Sondag maar beskuldigde
2 weet nie waar die persone woonagtig was nie. Volgens
beskuldigde 2
het hy nie sy moeder die betrokke naweek gesien nie. Die huis in
Delft is ’n groot huis met twee slaapkamers
waarvan een deur
beskuldigde 2 gebruik was. Sy vriend, Kenneth, was woonagtig in
Portlands, Mitchell's Plain. Beskuldigde 2 het
nie mense geken wat
in Strandfontein woonagtig was nie, maar hulle het wel in daardie
omgewing gesmous. Beskuldigde 2 het die
oorledene se vader die
eerste keer by Kuilsrivier hof gesien nadat ander persone hom aan
beskuldigde 2 uitgewys het.
Beskuldigde
2 het getuig dat hy nie bewus was van ’n partytjie wat die
Saterdag by hulle huis te Delft plaasgevind het nie.
Beskuldigde 2
het ook nie geweet waar sy moeder was toe hy by beskuldigde 1 se
huis in Delft aangekom het nie.
Volgens
beskuldigde 2 het hy nooit met die oorledene gepraat nie.
Beskuldigde 2 het ook nie die oorledene se vader geken nie en
het
hom ook nooit vantevore gesien nie. Hy het beskuldigde 1 van die
oorledene se ontvoering verneem toe hulle na die prokureur,
mnr
Hassen, gegaan het. Alhoewel beskuldigde 2 dit vreemd gevind het dat
hy na die prokureur moes gaan, het hy nie vrae gevra
in die verband
nie. Beskuldigde 1 het hom ingelig dat hy (beskuldigde 2) na
bewering ook betrokke was. Beskuldigde 1 en mnr Hassen
het die
aangeleentheid in beskuldigde 2 se teenwoordigheid bespreek. Die
beskuldigdes het hulle aan die polisie
oorgegee
op die daaropvolgende Donderdag.
Me
Arendse het namens beskuldigde 2 getuig. Me Arendse het getuig dat
beskuldigde 2 haar seun is; dat hy ’n Toyota Corolla
sedan
motorvoertuig se lisensiedokument gedateer 31 Oktober 2003 as ’n
Bewysstuk N ingehandig. Die getuie se neef se naam
verskyn op
Bewysstuk N aangesien hy borg geteken het vir die voertuig en die
getuie nie oor ’n lisensie beskik het nie.

n
Koopbrief gedateer 22 Oktober 2005 wat op dieselfde voertuig
betrekking het, was as Bewysstuk O ingehandig. Die voertuig was
rooi
van kleur. Beskuldigde 2 het die voertuig in noodgevalle gebruik as
me Arendse asma-aanvalle gekry het. Me Arendse het nie
kennis gedra
van ’n Tazz motorvoertuig nie. Beskuldigde 1 was me Arendse se
aanstaande skoonseun. Die getuie het hom verblyf
aangebied toe hy
uit die hospitaal ontslaan was waarna hy by haar gaan bly het.
Tydens
kruisondervraging namens beskuldigde 1 het me Arendse bevestig dat
sy tesame met Shireen Jacobs in 2004 ’n besoek
afgele het by
beskuldigde 1 te Pollsmoor Gevangenis.
Tydens
kruisondervraging deur die Staat bevestig me Arendse dat beskuldigde
1 en haar dogter saamgebly het in ’n huis te
Delft. Die getuie
het nie kennis gedra daarvan dat beskuldigde
op
’n stadium by sy suster en beskuldigde 1 aan huis gaan biy
het nie. Later getuig sy weer dat beskuldigde 2 by Hendelene
hulle
gebly het in November 2003. Beskuldigde 2 het vantevore in
Mitchell's Plain gewoon. Die getuie het in Kraaifontein gebly
op
daardie stadium. Beskuldigde 2 was ook welkom om by haar aan huis
te gebly het.
Beskuldigde
2 het tot St.6 op skool gevorder. Beskuldigde 2 het normaalweg wyn
en whisky gedrink. Me Arense het nie
geweet
watter tipe werk beskuldigde 2 in November 2003 verrig het nie en
waarvandaan hy geld gekry vir sy lewensbehoeftes nie.
Me Arendse het
ook nie geweet watter tipe werk beskuldigde 2 gedoen het, sy getuig
dit is nooit met beskuldigde 1 gekommunikeer
het nie. Sy was bewus
daarvan dat beskuldigde 1 gereeld na Kraaifontein toe gegaan het.
Op
Saterdag, 8 November 2003, het die getuie met ’n huurmotor na
Delft gegaan. Me Arendse het van ongeveer 12h10 tot 17h
15 by haar
dogter gekuier. Beskuldigde 2 het volgens Hendelene in die kamer
geslaap het, maar die getuie kon dit nie bevestig
het nie. Daar was
nie ’n partytjie by Hendelene se huis toe sy daar besoek
afgele het nie.
Volgens
me Arendse was daar nie ander rooi voertuie in die omgewing benewens
haar eie voertuig nie. Beskuldigde 2 het haar vir
ongeveer een jaar
een maal per maand rondgery slegs as sy asma-aanvalle gekry het. Dit
het net in die wintermaande gebeur dat
sy asma-aanvalle gekry het.
Beskuldigde 2 het dus net vyf of ses keer met haar voertuig gery as
hy die getuie hospitaal toe gevat
het. Me Arendse het toestemming
aan beskuldigde 2 verleen om haar voertuig te bestuur omdat sy hom
een keer met sy oupa se bakkie
gesien ry het en sy dus geweet het hy
kon bestuur. As die getuie ’n asma-aanval gekry het, het haar
dogter vir beskuldigde
2
telefonies
gekontak om die getuie te kom haal. Beskuldigde 2 sou saam met een
van sy vriende vanaf Mitchell's Plain gekom het
na Delft waar die
getuie op daardie stadium gebly het. Dit het ongeveer ’n
halfuur geneem om van Mitchell's Plain na Delft
te ry. Die getuie
was gewoonlik na Delft hospitaal toe geneem as sy dringend hulp
nodig gehad het en aarvoeding moes gekry het.
In November 2003 was
sy per ambulans hospjtaal toe geneem na ’n asma-aanval.
Volgens
me Arendse vertel die staatsgetuies leuens as hulle se dat
beskuldigde 2 met haar voertuig rondgery het in die omgewing.
Me
Arendse het by mnr Kobus Matthews gehoor dat die polisie na die
beskuldigdes gesoek het. Me Arendse het nie vir beskuldigde
2
hieroor uitgevra nie want sy het nie geweet waar hy homself bevind
het nie.
Tydens
vrae deur die Hof het me Arendse getuig dat sy nie kon onthou wie
vir beskuldigde 1 by die hospitaal gaan haal het toe
sy vir hom
verblyf aangebied het nie. Beskuldigde 1 het ’n paar weke by
haar gebly nadat hy uit die hospitaal ontslaan
was. Die getuie weet
nie waar beskuldigde 1 daarna gaan bly het nie. Dit het beskuldigde
2 se saak afgesluit.
Daarna
het die Hof deskundige getuies geroep aangaande die betroubaarheid
van die selfoonuitdruk, Bewysstuk G. Me
Renee
Share is ’n (onduidelik) kommunikasiespesialis in die
Suid-Afrikaanse Polisiediens. Sy kon nie kommentaar gelewer
het op
die werking die akkuraatheid van die MNT selfoonnetwerk se sisteem
nie. Sy het getuig dat die oproep- identifikasielyne
van Telkom
gedeaktiveer kon word. Die Kraaifontein polisiestasie se
oproepidentifikasieiyne was inderdaad op ’n stadium

gedeaktiveer. Insodanige gevalle sal die woorde “
Call
barred
” bloot op ’n
gegewe seifoonuitdruk verskyn. Toegang tot die polisie se eie
databasis vir die jaar 2003 kon nie meer
verkry word nie, aangesien
die sisteem reeds intussen verander het.
Nadat
me Hilda du Plessis deur die Hof herroep was, het die Staat weer sy
saak herroep en me Renee Share was herroep. Sy het bevestig
dat die
Kraaifontein polisiestasie (onduidelik) wat wel op Bewysstuk G
verskyn, naamlik 083 322 2670, 083 322 2671, 083 322 2672
en 083 322
2673. Die verdediging het nie hulle saak heropen nie en dit het dan
die getuienis afgesiuit.
Die
getuienis moet in die geheel beoordeel word en nie bloksgewys nie.
Hoewel elke blokkie getuienis op sigself en alleenstaande
nie
voldoende mag wees om ’n beskuldigde se skuld daar te stel
nie, moet die Hof beoordeel die getuienis as geheel onweerstaanbaar

met die beskuldigdes se skuld al dan nie.
Wat
die moordaanklag betref is dit in die onderhawige geval gemene saak
dat die oorledene dood is as gevolg van skietwonde agter
sy
regterskouer en linkeroor of nek. Sien Bewysstuk C1. Die oorledene
het minstens nege skietwonde hoofsaaklik aan die agterkant
van sy
kop, nek en skouergedeelte opgedoen. Hy het ook nog ’n
skaafmerk en ander skerp trauma beserings opgedoen wat aanduidend

van afweerhandelinge is. Die aantal wonde en ligging daarvan is ons
insiens verder aanduidend daarvan dat die oorledene weerloos
moes
gewees het ten tye van die toediening van die skietwonde.
Dr
Liebenberg se getuienis dat die skietwond agter die oorledene se
regteroor op kort afstand toegedien was, is nie betwis nie.
Hoewel
die oorledene ’n vuurwapen ten tye van die ontvoering by hom
gehad het, was daar na die skietaanval op die beskuldigde
se
voertuig nie meer rondtes in die wapen se magasyn en loop nie. Dit
is ’n verdere aanduiding dat die jeugdige oorledene
homself
waarskynlik nie teen sy veel ouer aanvallers kon verweer het nie.
By
gebrek van enige ander getuienis tot die teendeel, is die enigste
redelike afleiding uit die aantal skietwonde asook die gedeelte
van
die liggaam waar dit toegedien was, dat die dader(s) opset gehad het
om die oorledene te dood.
Die
Hof moet beslis watter persoon of persone hierdie wonde toegedien
het. Die beskuldigdes het hulle swygreg uitgeoefen tydens
die
pleitverrigtinge. Met verloop van die tyd het beide alibi’s as
verweer geopper. Die bewyslas rus op die Staat om sy
saak bo
redelike twyfel te bewys. Dit beteken nie bewys bo enige sweem van
enige twyfel nie, die klem val op redelike twyfel.
Indien daar na
behoorlike evaluering van al die getuienis ’n redelike
moontlikheid bestaan dat die beskuldigdes se weergawe
dalk waar mag
wees, sal die voordeel van die twyfel aan die beskuldigdes gegee
word. Die Hof hoef nie die beskuldigdes se weergawes
noodwendig te
glo nie, die Hof is ook geregtig om na die waarskynlikhede te kyk
ten einde te bepaal of die beskuldigdes se weergawes
redelik
moontlik waar is. As die beskuldigdes se weergawes so onwaarskynlik
is dat dit nie die waarheid kan wees nie, kan dit
as vals verwerp
word. Selfs die feit dat ’n beskuldigde se getuienis in
isolasie beskou nie vatbaar vir kritiek nie, beteken
nie dat daar
nie ’n positiewe verwerping van sy getuienis kan wees nie. Die
gehalte en oorwig van die getuienis tot die
teendeel kan so
oorweldigend wees dat selfs getuienis wat nie vir kritiek vatbaar is
nie, verwerp kan word.
Die
beskuldigdes word direk deur ’n enkele ooggetuie, mnr Van
Rooyen, gei'mpliseer by die ontvoering van die oorledene.
Die getuie
was gewaarsku in terme van artikel 204 van die Strafproseswet ten
opsigte van misdade wat nie op die onderhawige saak
betrekking het
nie, maar wat wel daarmee verband hou. Die Hof beoordeel mnr Van
Rooyen se getuienis derhalwe met versigtigheid.
Die benadering wat
die howe in die verlede met betrekking tot die beoordeling van die
geloofwaardigheid van enkelgetuies gevolg
het is van toepassing. Die
Hof moet oortuig wees dat sodanige persoon se getuienis die waarheid
en geloofwaardig is ten spyte
van tekortkominge, defekte en
teenstrydighede in haar of sy getuienis. Goeie oordeel moet nie deur
die versigtigheidsreel vervang
word nie. Mnr Van Rooyen se weergawe
word in ’n mindere of meerdere mate deur verskeie ander
staatsgetuies gestaaf.
Mnr
Van Rooyen getuig dat op Saterdagnag om ongeveer 22h30 het hy die
oorledene na een van beskuldigde 1 se wonings gelee te Wallacedene

vergesel. Die woning was kiaarblyklik op mnr Brian Fisher se perseel
gelee, soos blyk uit die res van die getuienis.
Soos
verder blyk uit die res van die getuienis, het beskuldigde 1 op
daardie stadium reeds ampteiik na Delft verhuis en het toe
slegs sy
smokkelbesigheid op mnr Fisher se perseel bedryf. Of beskuldigde 1
die betrokke aand daarso oornag het al dan nie, is
in geskii
geplaas. Hoe dit ook al sy, na ’n onsuksesvolle aanval op ’n
rooi luikrug voertuig en beskuldigde
se
lewe, het beskuldigde 2 later die nag die oorledene vasgegryp
terwyl beskuldigde 1 ’n swart handvuurwapen teen die

oorledene se kop gehou het. Die beskuldigdes het die oorledene toe
in die rooi voertuig gedruk.
Ongeveer
agt ander staatsgetuies bevestig onderskeidelik, eerstens, dat
beskuldigde 2 vir beskuldigde 1 die betrokke aand net
na 22h00 by
mnr Fisher se perseel te Waliacedene gaan haal het en, tweedens, dat
die oorledene in minstens beskuldigde 1 se teenwoordigheid
was die
betrokke dag van die oorledene se verdwyning, soos blyk uit
telefoongesprekke tussen die getuies en beskuldigde 1.
Die
Staat het ook onafhanklike getuienis aangebied bestaande uit
selfoonuittreksel met betrekking tot ’n selfoonnommer wat

beweerdelik aan beskuldigde 1 behoort het wat die staatsgetuies se
weergawe grotendeels staaf. Dit kan verder uit die telefoongesprekke

onderling tussen mnr Van Rooyen, mnr Matthews en beskuldigde 1 kort
na die ontvoering in die nagtelike ure afgelei word dat die

oorledene waarskynlik nog op daardie stadium geleef het.
Volgens
mnr Felix was beskuldigde 2 steeds in beskuldigde 1 se
teenwoordigheid die Sondagoggend na net ongeveer 08h00 aan gesien

mnr Felix toe met beide beskuldigdes oor die telefoon gepraat het.
Hoewel die tyd van dood van die oorledene nie met sekerheid
presies
bepaal kan word nie, is dit insiggewend dat beskuldigde 1 se selfoon
die betrokke Sondagoggend tussen 01 h 11 en 01h20
in die
Strandfontein gebruik was.
Aangesien
die beskuldigdes se verweer op ’n blote ontkenning van die
gebeure neerkom, moet die gehalte van die staatsgetuies
en die
beskuldigdes se weergawes asook die waarskynlikhede vervolgens
oorweeg word. Die Hof is gedagtig aan die weersprekings
wat daar in
staatsgetuies se weergawes bestaan, soos wat deur tereg deur die
verdedigingsadvokate tydens betoog uitgewys was.
Die Hof is nie van
voorneme om tydens die evaluering eike moontlike weerspreking of
teenstrydigheid aan te haal nie, maar sal
daar slegs na enkeles
verwys word tesame met die bestaande stawende getuienis.
Die
benadering van die Hof in hierdie verband is dat weersprekings
per
se
lei nie noodwendig tot die
verwerping van ’n getuie se getuienis nie. Twee of meer
getuies gee ook selde dieselfde weergawe.
Die Hof moet inagneming
van getuienis as geheel bepaal of verskille genoegsaam wesenlik is
om verwerping van die Staat se weergawe
te regverdig. Die feit dat
’n getuie 'n fout maak in een opsig beteken ook nie dat hy
leuens vertel oor ander aspekte nie.
Die aard van die
teenstrydighede, die aantal en belangrikheid daarvan en hoe ander
dele van ’n getuie se weergawe daardeur
geraak word, moet
geevalueer word. Hoewel hulle nie as medepligtiges as sulks beskou
word wat die onderhawige aanklagtes aanbetref
nie, word mnre Van
Rooyen en Matthews se getuienis met versigtigheid benader vanwee
hulle betrokkenheid of moontlike betrokkenheid
by verbandhoudende
misdade.
Hoewel
hulle nie perfekte getuies was nie en daar sekerlik kritiek teenoor
hulle getuienis uitgespreek kan word, was hulle getuienis
nie
sodanig teenstrydig en onwaarskynlik dat die Hof nie bo redelike
twyfel oortuig kan wees dat die wesenlike aspekte van hulle

weergawes as die waarheid aanvaar kan word nie. Selfs ’n
medepligtige se getuienis hoef nie in die geheel betroubaar en
waar
te wees alvorens dit weer aanvaar kan word.
In
die onderhawige geval is dit byvoorbeeld sonder om spesifiek ’n
bevinding in hierdie verband te maak, te wagte dat mnr
Kobus
Matthews nie noodwendig sou erken het dat hy opdrag gegee het dat
beskuldigde 1 geskiet moes word nie. Dit is egter insiggewend
dat
beskuldigde 1 tydens een van die telefoniese gesprekke tussen
homself en mnr Matthews ook sou gese het dat mnr Matthews,
volgens
die oorledene, vir hom sou gestuur het om vir beskuldigde 1 te gaan
skiet het. Mnr Van Rooyen het getuig dat die oorledene
dieselfde
uitlating teenoor hom sou gemaak het vroeer die aand.
Die
Hof is verder byvoorbeeld gedagtig aan die feit dat daar
teenstrydigheid tussen mnre Matthews en Van Rooyen se weergawe

bestaan oor op watter wyse beskuldigde 1 se selfoonnommer tot mnr
Van Rooyen se beskikking gekom het. Die bron van die selfoonnommer

was derhalwe deur die verdediging betwyfel. Wat egter wei soos ’n
paal bo water staan, is dat beskuldigde 1 se selfoonnommer
op die
selfoonlys was wat mnr Van Rooyen aan die oorledene se vader en die
polisie oorhandig het.
Volgens
me Du Plessis was die versoek vir die data aangaande die
selfoonnommer waarop Bewysstuk G betrekking het, alreeds op 27

November 2003 ontvang. Speurderinspekteur Mong het ook reeds op 9
November 2003 vir beskuldigde 1 al gebel nadat minstens een

verklaring geliasseer was om ongeveer 15h00. Dit is dus
onwaarskynlik dat speurderinspekteur Mong die selfoonnommer eers
agterna
in die dossier aangebring het, soos wat deur die verdediging
tydens argument aangevoer was.
Beide
die staatsgetuies, Shireen en Letitia Jacobs, bevestig mnr Van
Rooyen se getuienis tot die effek dat hulle tesame met die

beskuldigde in ’n rooi voertuig vanaf die perseel te
Waliacedene gery het op Saterdagaand, 8 November 2003. Beide getuies

het ’n goeie indruk op die Hof gemaak, veral me Letitia
Jacobs. Me Shireen Jacobs het egter getuig dat hulle teen skemer
vir
beskuldigde 1 opgelaai het te Waliacedene terwyl me Letitia Jacobs
getuig het dat dit donkernag plaasgevind het.
Mnr
Brian Fisher, wat ook ’n goeie indruk op die Hof gemaak het,
bevestig dat beskuldigde 2 vir beskuldigde 1 daar by hulle

besigheidsperseel die betrokke Saterdagaand kom haal het.
Mnr
Fisher het voorts getuig dat die beskuldigdes ongeveer 15 tot 20
minute later weer teruggekeer het met ’n jongerige
persoon
agter in die voertuig, welke persoon deur beskuldigde
in
bedwang gehou was. Me Letitia Jacobs se getuienis met betrekking
tot die tyd sluit aan by mnr Van Rooyen en mnr Fisher se
getuienis
in hierdie verband.
Volgens
mnr Van Rooyen het hy en die oorledene om ongeveer
22h30
na Wallacedene gegaan. Mnr Fisher het getuig dat beskuldigde 2 vir
beskuldigde 1 die betrokke Saterdagnag net na 22h00 maar
voor 23h00
kom haal het by sy perseel. Daar kan dus aanvaar word dat die
persone later as skemeraand by mnr Fisher en beskuldigde
1 se
besigheidsperseel te Wallacedene opgedaag het. Die teenstrydigheid
in tyd kan waarskynlik aan me Shireen Jacobs se drankinname
die
betrokke aand toegeskryf word.
Mnr
Van Rooyen word verder gestaaf met betrekking tot die skietaanval op
beskuldigde 1 binne-in die voertuig waarin die beskuldigdes
en die
getuies gery het, watter persone in die voertuig was asook die
beskuldigdes se posisie in die voertuig.
Mnr
Van Rooyen het getuig dat die beskuldigdes tesame met dames vanaf
die besigheidsperseel gery het. Al vier gemelde getuies
was dit eens
dat beskuldigde 2 die voertuig bestuur het en dat dit ’n rooi
voertuig was. Hulle was nie almal vertroud met
die fabrikate van
voertuie nie.
Volgens
mnr Van Rooyen het beskuldigde 1 links agter in die voertuig gesit
toe die oorledene op die voertuig geskiet het. Die
linkerruit van
die voertuig was getref. Me Shireen Jacobs het getuig dat sy tesame
met, onder andere, beskuldigde 1 agter in
die voertuig gesit het
terwyl beskuldigde 2 die voertuig bestuur het. Sy bevestig dat van
die voertuig se ruite raakgeskiet was.
Me
Letitia Jacobs het getuig dat sy tesame met beskuldigde 2 en ’n
kind voor in die voertuig gesit het toe hulle vir beskuldigde
1
opgelaai het. Beskuldigde 1 moes dus by implikasie agter in die
voertuig gesit het. Voorts bevestig sy dat ’n ruit van
die
voertuig tydens die skietery uitgeval het. Volgens mnr Fisher het
beskuldigde 1 links agter in die voertuig geklim toe beskuldigde
2
hulle aanvanklik daar by sy perseel afgekom het. Hy bevestig ook dat
me Shireen Jacobs, onder andere, in die voertuig was op
daardie
stadium. Daar was ook later in die aand koeelgate aan die
passasierskant van die rooi voertuig en was een van die
linkerkantste
passasiersruite uit.
Die
betrokke getuies vorm as ‘t ware drie verskillende groepe van
wat normaalweg nie in die alledaagse lewe met mekaar meng
nie. Dit
is dus hoogs onwaarskynlik dat hulle kon saamgespan het om dieselfde
weergawe in sulke besonderhede aan die Hof weer
te gegee het. Dit is
so dat daar nie wesenlike verskille in die getuies se weergawes
bestaan soos byvoorbeeld aangaande die aspekte
of mnr Fisher vir
beskuldigde 1 moes gaan roep het al dan nie, maar ene Tessa in die
betrokke rooi voertuig sou gesit het en
die kwessie met betrekking
tot boodskap wat beskuldigde 1 sou gestuur het aangaande die feit
dat die getuies moes gese het dat
hulle die betrokke Saterdagaand
van Yi huurmotor gebruik gemaak het.
Beskuldigde
2 en sy moeder, me Arendse, het beide op ’n onoortuigende wyse
getuig dat beskuldigde 2 slegs sy moeder se rooi
Toyota Corolla
sedan voertuig gebruik het om me Arendse hospitaal toe te neem
tydens asma-aanvalle. Volgens me Arendse het beskuldigde
2 slegs
ongeveer vyf of ses keer ’n jaar in die wintermaande haar
hospitaal toe gevat. Me Arendse se weergawe in hierdie
verband blyk
ietwat onwaarskynlik te wees vanwee die afstand, tyd aspek en
beskuldigde 2 se toevailige beskikbaarheid elke keer
as sy dringend
hospitaal toe moes gaan.
Hoe
dit ook al sy, dit is duidelik dat beskuldigde 2 ook op ander
geleenthede ander voertuig bestuur het, onder andere, op die

verdediging se eie weergawe. Beskuldigde 2 en sy moeder het volgens
beide beskuldigdes ook een keer vir beskuldigde 1 by die
hospitaal
gaan haal. Beskuldigde 2 moes immers op ’n stadium geleer
bestuur het met
Vi
onbekende persoon se voertuig
(onduidelik). Me Arendse het getuig dat sy juis vir beskuldigde 2
toegelaat het om haar voertuig
te bestuur aangesien sy geweet het hy
kon bestuur. Sy het ook een keer vjr beskuldigde 2 met sy oupa se
bakkie gesien ry.
Mnre
Van Rooyen, Brian Fisher, Oscar Felix en Kobus Matthews asook die
Jacobs dames het vir beskuldigde 2 die betrokke dag of
op ander
geleenthede met ’n voertuig gesien rondry in die omgewing.
Geen getuie het beweer dat beskuldigde 2 met sy moeder
se rooi
voertuig die betrokke dieselfde nag gery het nie, trouens mnr Brian
Fisher het pertinent getuig dat die voertuig nie
dieselfde voertuig
as beskuldigde 2 se moeder se voertuig was nie. Beide die Jacobs
dames het getuig dat beskuldigde 2 hulle
die betrokke Saterdag met
’n rooi voertuig vervoer het. Me Shireen Jacobs was ook
onseker of die spesifieke rooi voertuig
aan beskuldigde 2 se moeder
behoort het. Beskuldigde 2 het dus nie noodwendig met sy moeder se
voertuig die betrokke Saterdag
rondgery nie, hoewei mnr Van Rooyen
die rooi Tazz voertuig ook vroeer die dag by beskuldigde 2 se
familie in die blokke opgemerk
het.
Mnr
Felix het bevestig dat hy dieselfde dag vir beskuldigde 2 met ’n
rooi Tazz of Conquest in die blokke gesien rondry het.
Volgens mnr
Felix was beskuldigde 2 die voorafgaande Vrydagnag/Saterdagoggend om
ongeveer 04h00 met ’n rooi Tazz by sy
woning met ’n
CD-speler. Hierdie getuienis is wel deur beskuldigde 2 betwis.
Mnr
Matthews het ook getuig dat mnre Theodoor en Van Rooyen tesame met
die oorledene en beskuldigde 2 met ’n rooi Tazz of
Conquest
voertuig voor die getuie se huis se deur was die betrokke
Saterdagmiddag. Die oorledene se vader het ook, na bewering,
die
rooi Tazz die Saterdagmiddag by die Claasens se huis gesien toe hy
vanaf die werk teruggekeer het.
Die
Hof heg egter nie enige waarde aan mnr Matthews se getuienis in
hierdie verband nie, aangesien dit nie deur mnr Van Rooyen
of ander
betroubare getuies gestaaf was nie.
Uit
die voorafgaande getuienis is dit duidelik dat beskuldigde 2 wel ’n
rooi voertuig met ’n luikrug die betrokke
naweek bestuur het.
Dit is uiters onwaarskynlik dat die getuies hulle onderskeie
weergawes aangaande die rooi voertuig kon gefabriseer
het. Sommige
getuies het byvoorbeeld nie eers geweet watter fabrikaat die rooi
voertuig was nie.
Al
die genoemde staatsgetuies was welbekend met die beskuldigdes, welke
aspek nie betwis was nie. Dit was eers tydens die verdedigingsaak

dat veral beskuldigde 1 te kenne gegee het dat die oorledene se
vader nie aan hom bekend was nie. Mnr Claasens se getuienis tot
die
effek dat beskuldigde 1 gereeld by die oorledene besoek afgele het,
was nooit pertinent tydens die staatsaak betwis nie.
In die geheel
gesien kon die getuies dus nie ’n fout met die identiteit van
die beskuldigdes gemaak het nie.
Ten
spyte van die beskuldigdes se ontkenning in hierdie verband, bestaan
daar oorweldigende getuienis dat hulle wel die betrokke
Saterdagaand
in mekaar se teenwoordigheid was en dat hulle met ’n rooi
voertuig, vermoedelik ’n Toyota Tazz, rondgery
het.
Beskuldigde
1 kon nie ’n werklike rede aanvoer waarom die Jacobs dames
valslik teenoor hom sou getuig nie behalwe om op
’n
onoortuigende wyse die familieverband tussen die gemelde getuienis
en mnr Kobus Matthews te blameer.
Beskuldigde
1 het aangevoer dat hy aangekla is weens ’n komplot wat mnr
Matthews teen hom gesmee het omdat hy nie kon slaag
met vorige
aanslae op sy lewe nie. Mnr Matthews het ontken dat hy sy besigheid
in kompetisie met beskuldigde 1 bedryf het of
dat hy verantwoordelik
was vir die skietaanvalle op beskuldigde 1. Beide beskuldigde 2 en
me Arendse het getuig dat beskuldigde
1 nooit vir hulle ingelig het
van enige moeilikheid wat hy met mnr Matthews spesifiek ondervind
het vanwee ’n besigheidsverhouding
wat suur geword het nie.
Beskuldigde
1 het getuig dat mnr Matthews self na die tweede skietaanval op
beskuldigde 1 die vriendskap tussen hulle probeer
red het, maar
beskuldigde 1 was nie geinteresseerd om poging in hierdie verband
aan te wend nie.
Beskuldigde
2 het aangevoer dat die staatsgetuies wat hom geTmpliseer het
leuenagtig was omdat hulle moontlik deur mnr Kobus Matthews
bemvloed
kon gewees het. Hy het egter toegegee dat alle staatsgetuies nie
deur mnr Matthews gedreig kon gewees het om teen hom
te getuig het
nie. Beskuldigde 2 kon nie werklik enige rede aanvoer waarom hy
valslik deur die getuies impliseer sou word nie.
Voorts daar is ook
geen rede aangevoer waarom mnr Matthews moontlik ’n wrok teen
beskuldigde 2 spesifiek kon gehad het
nie.
Belangrik
egter is die feit dat die Jacobs dames nooit die beskuldigdes met
enige misdade geYmpliseer het nie, soos byvoorbeeld,
besit van
vuurwapens. Beskuldigde 1 het toegegee dat mnr Van Rooyen ’n
risiko geloop het deur te getuig aangesien mnr Van
Rooyen homself
ge'mkrimineer het in die pleging van ander misdade as die
onderhawige misdade.
Mnr
Van Rooyen - en trouens geen ander getuie - het die saak teen die
beskuldigdes probeer aandik nie. Mnr Van Rooyen het byvoorbeeld

getuig dat die beskuldigdes glad nie op hom geskiet het tydens die
ontvoering van die oorledene nie. Geeneen van die getuies
wat met
die beskuldigdes na die ontvoering oor die telefoon gepraat het, het
byvoorbeeld beweer dat die beskuldigdes erken het
dat hulle die
oorledene doodgemaak het of sou gaan doodmaak het terwyl hulle dit
maklik kon gedoen het as hulle die beskuldigdes
met die oorledene se
dood wou impliseer het.
Wat
mnr Fisher betref, het beskuldigde 1 aangevoer dat hy ook deur mnr
Kobus Matthews bei'nvloed kon gewees het. Tweedens, was
mnr Fisher
na bewering R4 000,00 aan beskuldigde 1 verskuldig. Hierdie
belangrike beweegrede vir sy valse getuienis, naamlik
die aspek van
die skuld, was egter nooit aan mnr Fisher gestel tydens
kruisondervraging nie. Die beweerde uitvalle aangaande
hulle
besigheid was ook nooit aan mnr Fisher gestel nie, inteendeel mnr
Fisher het getuig dat hy en beskuldigde 1 vriende was,
welke aspek
nooit betwis was nie.
Volgens
me Miriam Arendse, was sy nie bewus van ’n partytjie wat die
Jacobs dames by Hendelene se huis die betrokke Saterdag
bygewoon het
nie. Me Arendse het egter, volgens haar eie getuienis, reeds
Hendelene en beskuldigde 1 se woning teen 17h15 die
betrokke dag
verlaat. Benewens die feit dat me Arendse nie 'n goeie indruk as
getuie gemaak het nie, neem haar getuienis nie
die aangeleentheid in
hierdie verband verder nie.
Beskuldigde
2 het getuig dat dit moontlik was dat daar ’n partytjie kon
gewees het die betrokke Saterdag alhoewel hy geslaap
het tot en met
die Saterdagoggend. Me Arendse kon ook nie die hoorsegetuienis dat
beskuldigde 2 tydens haar besoek elders in
die huis geslaap het
bevestig het nie terwyl beskuldigde 2 se weergawe in hierdie verband
blyk nie geloofwaardig te wees in die
lig van die totaliteit van die
getuienis nie.
Vyf
staatsgetuies, naamlik mnre Oscar Felix, Kobus Matthews, twee
polisiegetuies asook die oorledene se vader het verskeie
telefoongesprekke
gedurende die tersaaklike tydperk voordat die
oorledene se liggaam ontdek was, met beskuldigde 1 gevoer op
dieselfde selfoonnommer,
naamlik 073 166 6747. Hierdie oproepe was
deur beskuldigde 1 ontken met uitsondering van die oproep wat hy
vanaf speurderinspekteur
Mong ontvang het. Volgens
speurderinspekteur Mong het hy vir beskuldigde 1 op Sondag, 9
November 2003, op ’n stadium na
1 5h00 gebel.
Die
onbetwiste getuienis van speurderinspekteur Mong was dat
dit
die enigste telefoonnommer is wat hy van beskuldigde 1 gehad het.
Speurderinspekteur Mong het ook die nommer in die ondersoekdagboek
-
in die dagboek van die saakdossier neergeskryf, soos gereflekteer
word in Bewysstuk M.
Aangesien
beskuldigde 1 die gesprek tussen hulle bevestig, moes inderdaad
plaasgevind het en moes die selfoonnommer uiteraard
aan hom behoort
of deur hom gebruik gewees het. Beskuldigde 1 het aanvanklik ontken
dat hy ooit van sodanige selfoonnommer gebruik
gemaak het, maar het
later tydens kruisondervraging toegegee dat hy moontlik oor sodanige
selfoonnommer beskik het. Nog later,
tydens vrae deur die Hof, het
beskuldigde 1 weer getuig dat dit onmoontlik was dat hy oor ’n
073 selfoonnommer beskik het.
Beskuldigde
1 se eie weersprekende getuienis in hierdie verband is dus nie
betroubaar nie, trouens beskuldigde 1 het tydens kruisondervraging

deur die Staat bevestig dat speurderinspekteur Mong nie deel gevorm
het van 'n beweerde komplot teen hom nie. Beskuldigde 1 het

aangevoer dat speurderinspekteur Mong moontlik net ’n fout met
die nommer gemaak het waarop hy hom gekontak het. Hierdie

moontlikheid word verder uitgesluit deur die nommers wat op die
dossier aangebring was deur die getuie, soos gereflekteer word
in
Bewysstuk M. Mnr Felix se getuienis dat hy oor beskuldigde 1 se
selfoonnommer beskik het, was ook nie betwis nie. Mnr Felix
het
getuig dat hy en beskuldigde 1 in die verlede gereeld telefonies
kontak gehad het.
Volgens
konstabel Jacobs het hy vir beskuldigde 1 gebel op die betrokke
nommer op Sondag, 9 November 2003, na 14h50. Konstabel
Jacobs het
getuig dat nie alleen die persoon wat die selfoon beantwoord het
bevestig dat dit Donovan is wat praat nie, maar het
ook beskuldigde
1 se stem herken aangesien hy al vantevore met hom te doen gehad
het. Konstabel Jacobs se getuienis was geensins
betwis nie.
Advokaat
Lotter
het op ’n later stadium aangedui dat dit ’n oorsig was
om nie die plaasvind van die gesprek met konstabel Jacobs
te betwis
nie. Dit is geykte reg dat ’n regsverteenwoordiger van een
party sy weergawe aan die opposiegetuies moet stel.
Dit is
betreurenswaardig dat ’n ervare advokaat soos advokaat
Lotter
sodanige oorsig met betrekking tot ‘n wesenlike aspek in
hierdie saak begaan het. Ongeag hierdie oenskynlike oorsig is
daar
egter geen rede om konstabel Jacobs se getuienis te verwerp nie.
Mnr
Claasens en mnr Van Rooyen het vir konstabel Jacobs gestaaf met
betrekking tot die plaasvind van die gesprek. Beskuldigde
1 kon ook
nie iater tydens sy getuienislewering verklaring waarom konstabel
Jacobs ’n leuen sou vertel met betrekking tot
die
telefoonoproep nie.
Mnr
Claasens het getuig dat hy ook op dieselfde geleentheid met
beskuldigde 1 op die telefoon gepraat het op Sondag, 9 November

2003. Dit was nie uit die getuienis heeltemal duidelik of konstabel
Jacobs vanaf ’n landlyn of vanaf mnr Claasens se selfoon
na
beskuldigde 1 se selfoon gebel het nie. Bewysstuk G reflekteer ’n
oproep wat op 9 November 2003 om 14:42:48 vanaf Kraaifontein
se
sogenoemde roetenommers gemaak was wat versoenbaar is met konstabel
Jacobs se getuienis in hierdie verband. Beskuldigde 1
se
selfoonnommer was op die getuie se eie selfoon gelys nadat mnr
Claasens die selfoon terugontvang het.
Dit
is so dat daar ’n teenstrydigheid tussen mnr Van Rooyen en mnr
Ciaasen bestaan met betrekking tot die feit of beskuldigde
1 se
selfoonnommer op die oorledene of mnr Claasens se eie selfoon gelys
was. Dit is egter duidelik dat die oorledene die betrokke

Saterdagaand wel sy vader se selfoon ook op ’n stadium in sy
besit gehad het en dit is moontlik dat daar by mnr Van Rooyen

verwarring kon ontstaan het in watter persoon ’n spesifieke
selfoon behoort het.
Hoe
dit ook al sy, dit word onafhanklike dokumenteerde getuienis soos
gereflekteer in Bewysstukke G en H bevestig dat daar, na
die
ontvoering, inderdaad vanaf mnr Claasens se selfoon geskakel was.
Mnr Claasens het klaarblyklik nie die belang in die selfoonnommer

besef waarop beskuldigde 1 geskakel was nie, aangesien hy eers later
na soektog na Bewysstuk H waarop sy selfoonnommer verskyn
te
voorskyn gebring het. Die genoemde teenstrydigheid doen dus nie
afbreuk aan die feit dat die oproep as sulks wel plaasgevind
het
nie. Beskuldigde 1 het tydens die oproep aan mnr Claasens bevestig
dat die oorledene by hom was en dat hy die oorledene huis
toe sou
gebring het.
Mnr
Claasens het verder getuig dat ’n polisiebeampte later die
Sondagaand weer ’n oproep na beskuldigde 1 gemaak het
in sy
teenwoordigheid. Beskuldigde 1 het bevestig dat
speurderinspekteur
Mong hom die betrokke Sondagmiddag teen ongeveer sonsondergang gebel
het. Bewysstuk G reflekteer dat daar inderdaad
om ongeveer 20h00 ’n
oproep vanaf die Kraaifontein polisiestasie se roetenommer gemaak
was.
Daar
bestaan ook ’n teenstrydigheid tussen mnr Van Rooyen en mnr
Matthews aangaande wyse waarop mnr Van Rooyen beskuldigde
1 se
selfoonnommer bekom het. Dit staan egter vas dat mnr Van Rooyen
sowel as mnr Claasens wel vir beskuldigde 1 op dieselfde
nommer
gebel het, soos wat mnr Matthews gedoen het. Dit blyk ook duidelik
uit Bewysstuk M dat die betrokke 073 166 6747 nommer
wat op die
selfoon gelys was, wat mnr Van Rooyen later aan mnr Claasens
oorhandig het, en dat hy dieselfde nommer aan die polisie
verskaf
het.
Mnr
Claasens het ook getuig dat die betrokke nommer nie voorheen op sy
selfoon gelys was nie, maar dat dit eers op sy selfoon
verskyn het
nadat mnr Van Rooyen die foon aan hom terugoorhandig het. Mnr
Claasens het getuig dat hy nie weer met beskuldigde
1 gepraat het na
die oproep die betrokke Sondag nie. Dit blyk egter uit Bewysstuk G
dat daar wel oproepe vanaf die getuie se
selfoon na beskuldigde 1 se
selfoon gemaak is op Maandag 10 November 2003. Dit neem die
aangeleentheid egter nie veel verder
nie, aangesien enige ander
persoon as mnr Claasens die oproepe op 10 November 2003 kon gemaak
het, byvoorbeeld, moontlik die
oorledene se ouer (onduidelik).
Mnr
Van Rooyen het self vir beskuldigde 1 Saterdagnag om ongeveer
middernag gebel om na die oorledene se welstand te verneem.
Dit is
onbekend van watter telefoon mnr Van Rooyen gebruik gemaak het. Mnr
Claasens se selfoon, en nie die oorledene se selfoon
soos mnr Van
Rooyen aangeneem het nie, was op daardie stadium nog in mnr Van
Rooyen se besit. Dit blyk die enigste foon in mnr
Van Rooyen se
besit te gewees het, aangesien hy getuig het dat hy beskuldigde 1 se
nommer op die betrokke selfoonlys het nadat
hy dit by mnr Matthews
gekry het.
Mnr
Van Rooyen het aanvanklik getuig dat hy nie bewus was daarvan dat
beskuldigde 1 se selfoonnommer op die betrokke selfoon gelys
was
nie. Bewysstuk G reflekteer dit dat daar inderdaad om 1:11:09 ’n
oproep vanaf mnr Claasens se foon na beskuldigde 1
se selfoon gemaak
was. Beskuldigde 1 het op daardie stadium ook bevestig dat die
oorledene by hom was.
Mnr
Van Rooyen bevestig die plaasvind van die telefoongesprek tussen mnr
Matthews en beskuldigde 1 op Saterdagaand 8 November
2003. Bewysstuk
G reflekteer inderdaad ’n oproep op Saterdagaand om 23:53:13
wat vanaf beskuldigde 1 se nommer na mnr Kobus
Matthews se foon
gemaak was.
Volgens
mnr Kobus Matthews het hy drie telefoongesprekke met beskuldigde 1
gehad na die oorledene se verdwyning. Die eerste gesprek
het
plaasgevind op Saterdag, 8 November 2003, toe hy vir beskuldigde 1
op sy selfoon op mnr Theodoor se versoek in verband met
die
aangeleentheid geskakel het. Bewysstuk G reftekteer ’n oproep
wat vanaf beskuldigde 1 se selfoon na die getuie se selfoon
gemaak
was op die betrokke Saterdag om 23:53:13. Benewens die
teenstrydigheid aangaande watter persoon die betrokke oproep gemaak

het, blyk dit dat daar inderdaad ’n oproep tussen die partye
plaasgevind het. Volgens mnr Matthews het beskuldigde 1 tydens
die
gesprek
inter alia
bevestig dat daar wel op hom geskiet was en dat die oorledene by hom
was. Die tweede gesprek dieselfde nag het om ongeveer 1
h 11
plaasgevind toe beskuldigde 1 vir mnr Matthews geskakel het.
Bewysstuk reflekteer inderdaad ’n oproep vanaf beskuldigde
1
se selfoon na die getuie se selfoon op 9 November 2003 om 1:11:09.
Tydens hierdie gesprek sou beskuldigde 1 aan die getuie
gese het om
nie voorskriftelik aangaande die aangeleentheid te wees nie.
Die
derde gesprek het plaasgevind na die getuie en ander persone se
terugkeer aan Delft op die betrokke Sondag. Bewysstuk reflekteer

weereens 'n oproep vanaf mnr Matthews se selfoon na beskuldigde 1 se
selfoon op 9 November 2003 om 9:05:06, soos mnr Matthews
getuig het.
Beskuldigde
1 het tydens hierdie gesprek aan mnr Matthews gevra waarom hy sy
mense op hom laat skiet het. Beskuldigde 1 het gese
dat hulle
voertuig vol gate geskiet was. Volgens beskuldigde 1 het die
oorledene be weer dat die getuie sodanige opdrag gegee
het en dat
mnr Matthews aan die oorledene ’n vuurwapen verskaf het om hom
te skiet. Op daardie geleentheid het mnr Matthews
ook vir
beskuldigde 1 ingelig dat die polisie na hom gesoek het en dat
beskuldigde 1 eerder die oorledene moes teruggebring het.

Beskuldigde 1 het toe aangedui dat hy sou kyk wat hy met die
oorledene sou gemaak het en weereens vir die getuie gese om nie

voorskriftelik te wees nie. Die plaasvind van die telefoongesprek
word dus deur ’n onafhanklike getuie, me Du Plessis,
bevestig
soos dit ook gereflekteer word in Bewysstuk G. ’n Uitdruk van
MTN wat op die selfoonnommer 073 166 6747 betrekking
het.
Dit
is hoogs onwaarskynlik en net te toevallig dat al die getuies met
beskuldigde 1 op die genoemde selfoonnommer gepraat het
as die
nommer nie inderdaad deur hom gebruik was nie. Me Du Plessis het
getuig dat die inligting wat op die betrokke seifoonuitdruk
verskyn
is honderd akkuraat aangesien alle data elektronies geprosesseer
word en dan ook sogenaamde
backup
sisteme bestaan om die betroubaarheid van die proses te verseker.
speurderinspekteur
Mong het pertinent getuig dat die oproep wat hy na beskuldigde 1 se
selfoon gemaak het, word op nie Bewysstuk
G gereflekteer nie. Daar
bestaan geen twyfel dat die telefoongesprek tussen beskuldigde 1 en
speurderinspekteur Mong inderdaad
plaasgevind het. Me Share het
bevestig dat dit moontlik is om Telkom en ander
oproepidentifikasielyne te deaktiveer. Kraaifontein
polisiestasie se
oproepidentifikasielyne was juis op 'n stadium gedeaktiveer.
Die
deskundige getuies het verder getuig dat dit die Kraaifontein
polisiestasie gebruik maak van sogenaamde roetenommers wat wel
op
Bewysstuk G gereflekteer word. Daar bestaan dus geen rede om die
betroubaarheid van die selfoonuitdruk, naamlik Bewysstuk
G, te
betwyfel nie.
Volgens
mnr Fisher het beskuldigde 1 hom ook geskakel na beskuldigde 1 se
arrestasie. Beskuldigde 1 sou na bewering vir mnr Fisher
na sy
prokureur, mnr Mostert, gestuur het in ’n poging om met die
ondersoek in te meng. Alhoewel hierdie aspek deur beskuldigde
1
ontken was en dan ook aanvanklik pertinent ontken was dat mnr
Mostert ooit beskuldigde 1 se regsverteenwoordiger was, blyk
dit
later dat mnr Mostert inderdaad vir beskuldigde 1 verteenwoordig
het.
Beskuldigde
1 moes ook aan mnr Fisher verduidelik het waar mnr Mostert se
kantore gelee was, aangesien mnr Mostert nie aan die
getuie bekend
was nie.
Die
feit dat kaptein Pienaar nie ’n selfoon by beskuldigde 1
gevind het met sy arrestasie tydens visentering nie, neem die

aangeleentheid nie veel verder nie. Enige besoeker kon die selfoon
vir beskuldigde 1 tydens besoeke gebring het.
Mnre
Van Rooyen, Felix, Matthews word ook met betrekking tot hulle besoek
aan beskuldigde 1 se woning te Delft op die betrokke
Sondagoggend
deur beskuldigde 1 self gestaaf in die opsig dat beskuldigde 1 wel
daarna ’n boodskap gekry het om vir mnr
Felix te bel.
Beskuldigde 1 het beweer dat hy nie belang gestel het om op die
boodskap te reageer nie, terwyl beide mnr Felix
en mnr Matthews
getuig het dat beskuldigde 1 wel vir mnr Felix gebel het terwyl
hulle op die R300 snelweg op pad terug vanaf
Delft gery het. Volgens
mnr Felix het hy tussen 08h00 en 08h20 met beide beskuldigdes oor
die foon gepraat.
Mnr
Felix en mnr Matthews weerspreek mekaar met betrekking tot die feit
dat watter persone in die voertuig na die gesprek kon
geluister het
en waar in die voertuig mnr Felix gesit het tydens die gesprek. Die
weersprekings is egter nie wesenlik nie, aangesien
die oproep wel
plaasgevind het op Sondag 9 November 2003 om 8:19:59, soos
gereflekteer word in Bewysstuk G.
Tydens
die gesprek met mnr Felix het beskuldigde 1 aangedui dat hy nog sou
besluit het wat hy met die klong, verwysende na die
oorledene, sou
gemaak het. Beskuldigde 1 het dus bevestig dat die oorledene wel in
sy teenwoordigheid of onder sy beheer was
na die beweerde
ontvoering.
Die
Hof is ook gedagtig aan die verskille wat tussen die staatsgetuies
se weergawes ten opsigte van ander aspekte bestaan. Mnr
Claasens het
byvoorbeeld getuig dat beskuldigde 1 die betrokke Saterdagmiddag by
sy huis was tesame met, onder andere, Chico,
terwyl mnr Van Rooyen
hierdie aspek ontken het.
Daar
bestaan ook teenstrydigheid tussen mnr Claasens en mnr Van Rooyen
aangaande die tye waarop die oorledene die lugtyd gaan
koop het en
of die oorledene die lugtyd weer later aan sy vader oorhandig het al
dan nie. Volgens me Shireen Jacobs het sy nie
weer na 8 November
2003 met beskuldigde 1 gepraat nie, terwyl me Arendse getuig het dat
sy vir beskuldigde 1 tesame met die getuie
na sy arrestasie in
Pollsmoor besoek het.
Me
Letitia Jacobs het verder melding gemaak van ’n poging wat
beskuldigde 1 aangewend het om hulle te probeer beTnvloed
deur ’n
boodskap met Shireen Jacobs die daaropvolgende Sondag te stuur.
Dit
is insiggewend dat mnr Fisher ook beweer het dat beskuldigde 1 hom
ook probeer beTnvloed het deur beskuldigde 1 se prokureur
te gaan se
dat hy vroeer deur die polisie gebruik was om ’n valse
verklaring af te gele het. Mnr Felix het ook duidelik
’n fout
met die tyd begaan dat hy die betrokke Saterdagnag gaan slaap het
nadat hulle ingelig was van die ontvoering.
Daar
bestaan verder verskille tussen mnr Matthews en mnr Van Rooyen
aangaande die feit of die oorledene laat Saterdagmiddag by
mnr
Matthews se huis was a I dan nie. Flierdie aspekte is egter nie
deurslaggewend van aard by die beoordeling van die getuies
en die
beskuldigdes se weergawes wat die wesenlike aspekte in die saak
aanbetref nie, byvoorbeeld, die verloop van die gebeure
sedert die
betrokke Saterdagaand tot en met die tyd wat die oorledene se
liggaam ontdek was nie.
Daar
het verskeie onbevredigende aspekte in beskuldigde 1 se weergawe na
vore gekom.
1.
Beskuldigde 1 het aangevoer dat daar ’n klomplot teen hom
gesmee was en dat dit die rede was waarom al die getuies teen
hom
getuig het en het geTnsinueer dat hulle deur mnr Kobus Matthews
beinvloed was. Benewens die feit dat hierdie bewering op
blote
spekulasie en nie op enige klinkklare bewyse berus het nie, kan
beskuldigde 1 ook nie aanvaarbare redes verskaf het waarop
minstens
die polisiegetuies en die oorledene se vader valslik teen hom sou
getuig het nie. Dit was byvoorbeeld ook nooit tydens
kruisverhoor
aan mnr Fisher gestel dat hy valse getuienis teen beskuldigde 1
afgele het omdat hy R4000,00 vir pille aan hom verskuldig
was nie of
omdat hy deur mnr Kobus Matthews beinvloed was nie. Dit was ook
nooit betwis dat die betrokke persone goeie vriende
was nie en was
die beweerde uitvalle oor hulle besigheid nooit aan mnr Fisher
gestel nie.
Beskuldigde
1 kon ook nie werklik enige rede aanvoer waarom die ander getuies
valslik teen hom sou getuig het nie. Dit is onwaarskynlik
dat al
hierdie getuies kon saamgesweer het om vir beskuldigde 1 te
impliseer vanwee die feit dat hulle as ‘t ware uit
verskillende groepe getuies bestaan het, wie se weergawes ook deur
onafhanklike getuienis gestaaf word. Die getuies was sekerlik
ook
nie vooraf bewus daarvan dat selfoonrekords verkry sou word om die
betroubaarheid van hulle weergawes na te gaan nie, trouens,
soos
reeds vermeld, dat beskuldigde 1 pertinent getuig het dat
speurderinspekteur Mong nie deel van die beweerde komplot teen
hom
was nie, maar het aangevoer dat dit ’n blote fout met die
selfoonnommer gemaak het.
2.
Mnr Fisher het getuig dat beskuldigde 2 gewoonlik elke aand om
ongeveer 22h00 vir beskuldigde 1 in Wallacedene kom haal het.

Hierdie aspek was nie betwis tydens kruisondervraging van mnr Fisher
nie, hoewel beskuldigde 1 dit tydens sy getuie nislewering
ontken
het. Daar was bloot betwis dat beskuldigde 2 tesame met ander
persone vir beskuldigde 1 die betrokke Saterdagaand met
’n
rooi voertuig daar gaan haal het.
Mnr
Fisher se getuienis was ook nooit pertinent betwis ten opsigte van
die feit dat beskuldigde 1 die betrokke Saterdagaand aan
die getuie
sou gese het dat daar wel alweer op hom geskiet was nie.
3.
Tydens kruisondervraging van mnr Fisher was pertinent namens
beskuldigde 1 ontken dat ’n regsverteenwoordiger by name
van
mnr Mostert hom ooit verteenwoordig het. Later tydens sy getuienis
in hoof het beskuldigde 1 speurderinspekteur Mong se getuienis

bevestig tot die effek dat mnr Mostert hom wel tydens beide
borgaansoeke verteenwoordig het. Beskuldigde 1 het getuig dat mnr

Hassen hom aanvanklik ten tye van die beweerde oproepe
verteenwoordig het.
4.
Daar is ook nooit tydens kruisondervraging aan mnr Fisher gestel dat
hy die telefoon wat beskuldigde 1 aan hom beskikbaar sou
gestel het,
verkoop het nie. Dit was dus nie gestel dat mnr Fisher nie 'n foon
gehad het waarop beskuldigde 1 se selfoonnommer
gelys was nie en
waarop beskuldigde 1 hom kon gekontak het nie.
5.
Dit was nooit aan speurderinspekteur Mong gestel dat hy op Sondag, 9
November 2003, telefonies vir beskuldigde 1 sou ingelig
het wat die
ooggetuies wat na bewering sou gesien het hoedat beskuldigde 1 die
oorledene in ’n voertuig ingeforseer het
nie. Ten spyte van
die feit dat sy advokaat kennis daarvan gedra het en hy tel kens
instruksies aan haar gegee het, het dit vir
beskuldigde 1 ontgaan om
vir sy advokaat instruksies te gegee het om hierdie weergawe aan
speurderinspekteur Mong te gestel het.
6.
Alhoewel hierdie aspek nie deurslaggewend is nie, het beskuldigde 1
aangevoer dat sommige van sy kiiente wat hom saans na werk

geleenthede na sy huis te Delft gebied het, sy vriende was. Later
het hy aangevoer dat hy nie sodanige persone goed geken het
nie en
kon hy slegs een van die drie genoemde persone se adres uitgewys
het.
7.
Beskuldigde 1 het aanvanklik ontken dat hy oor ’n 073
selfoonnommer beskik het, maar tydens kruisondervraging deur die

Staat het hy toegegee dat dit wel moontlik is dat hy oor sodanige
nommer kon beskik het. Later tydens vrae deur die Hof het
beskuldigde 1 weer te kenne gegee dat dit onmoontlik is dat hy van
J
n
073 nommer gebruik gemaak het. Daar is reeds verwys na ander
getuienis tot die teendeel.
8.
Aanvanklik het beskuldigde 1 in sy getuienis in hoof getuig dat
beskuldigde 2 die Sondagoggend, 9 November 2003, by hulle huis

aangekom het. Beskuldigde 1 was tussen 09h00 en 10h00 by sy huis te
Delft. Later tydens kruisondervraging was beskuldigde 1 onseker
waar
hy beskuldigde 2 die betrokke dag ontmoet het en was hy onseker of
beskuldigde 2 ook die Sondagoggend by die huis was. Hy
het wel met
beskuldigde 2 oor die algemeen gesels tydens ’n ontmoeting op
Sondagoggend. Daar was nie ’n spesifieke
rede vir die
ontmoeting nie. Daarna getuig beskuldigde 1 weer dat beskuldigde 2
wel saam met hulle die betrokke Sondagoggend
by die huis was.
Beskuldigde 1 was teen twaalfuur weer terug by sy werk gewees in
Waliacedene, Kraaifontein.
Hierdie
getuienis is teenstrydig met beskuldigde 2 se getuienis dat hy reeds
die Sondagoggend om ongeveer 05h30 of 06h15 gaan
smous het en eers
weer Sondagmiddag teruggekeer het huis toe. Beskuldigde 1 het sedert
Sondagaand, 9 November 2003 tot Woensdagaand,
12 November 2003,
elders in stede van by sy huis gebly.
Beskuldigde
2 het ook tydens die kruisondervraging van mnr Fisher pertinent
ontken dat hy vir beskuldigde 1 die betrokke naweek
gesien het. Die
beskuldigdes het hulle prokureur op Maandag, 10 November 2003, gaan
spreek nadat beskuldigde 1 vir beskuldigde
2 gaan oplaai het en hom
eers op daardie stadium van die bewerings ingelig het.
9.
Beskuldigde 1 het getuig dat die oorledene net van aansien aan hom
bekend was. Mnr Claasens het egter getuig dat beskuldigde
1 met tye
in die verlede by hulle aan huis gekom het as hy vir die oorledene
besoek het. Hierdie aspek is nooit namens beskuldigde
1 betwis nie.
Daar was bloot betwis dat beskuldigde 1 die betrokke Saterdag saam
met beskuldigde 2 in ’n rooi voertuig
by die oorledene se huis
was. Daar bestaan geen klaarblyklike rede waarom mnr Claasens
hierdie getuienis sou fabriseer het nie.
Mnr
Claasens se getuienis tot die effek dat beskuldigde 1 saam met ene
Teresa die oorledene daar by huis gekom spreek het, was
ook nie
namens beskuldigde 1 betwis nie. Die oorledene is, volgens mnr
Claasens, deur Teresa gedreig omdat hy na bewering ’n

vuurwapen by ’n ander persoon afgeneem het. Mnr Van Rooyen se
stawende getuienis in hierdie verband was ook nooit betwis
nie.
Mnr
Fisher het getuig dat beskuldigde 1 ’n vuurwapen na die tweede
skietaanval op hom by die perseel te Wallacedene aangebring
het. Die
vuurwapen het verdwyn nadat beskuldigde 1 tesame met beskuldigde 2
en vermoedelik die oorledene na die perseel teruggekeer
het die
betrokke Saterdagaand.
Beskuldigde
1 het ontken dat hy ooit ’n vuurwapen besit het. Dit is egter
onwaarskynlik dat beskuldigde 1 geen ekstra veiligheidsmaatreels
sou
getref het na die tweede skietaanval op hom nie, benewens om die
muur om die perseel te verstewig.
11.
Beskuldigde 1 het die indruk geskep dat hy deurentyd die
Saterdagaand en nag by mnr Fisher se perseel te Waliacedene,
Kraaifontein,
was. Volgens beskuldigde 1 het hy die Sondagoggend vir
’n kort tydperk teruggekeer na sy huis gelee te Delft en was
teen
twaalfuur weer by sy werksplek te Waliacedene. Dit is egter
duidelik uit die seifoonuitdruk, naamlik Bewysstuk G, dat
beskuldigde
1 homself in verskillende areas bevind het toe hy
oproepe gemaak en ontvang het die betrokke Saterdagaand en
Sondagoggend.
Beskuldigde
2 het ’n besondere onoortuigende weergawe van die gebeure van
die betrokke naweek gegee en het nie ’n
goeie indruk op die
Hof gemaak nie. Alhoewel beskuldigde 1 aanvanklik getuig het dat hy
en beskuldigde 2 goeie vriende was, het
beskuldigde 2 homself op ’n
onsuksesvolle wyse sover as moontlik van beskuldigde 1 probeer
dlstansieer. Ten spyte van die
feit dat die beskuldigdes in een huis
woonagtig was en klaarblyklik minstens 'n goeie verhouding
gehandhaaf het, het beskuldigde
2 getuig dat hy nie geweet het
watter tipe werk beskuldigde 1 gedoen het nie. Beskuldigde 2 se
weergawe dat hy nie bewus was
daarvan nie, dat beskuldigde 1 weens
’n skietaanval op sy lewe in die hospitaal was nie, is ook
onoortuigend. Beskuldigde
1 was versoek om voortydig die hospitaal
te verlaat en kon nog nie na hore herstel het op daardie stadium
nie. Beskuldigde 2
moes dus kennis gedra het van sy toestand en die
oorsaak daarvan. Voorts het beskuldigde 1 ’n verhouding met
beskuldigde
2 se suster gehad en het beskuldigde 1 ook op ’n
stadium tydelik by beskuldigde
se
moeder gewoon.
Beskuldigde
2 se weergawe dat hy na die mededeling in verband met onjuiste
aantygings teen hulle bloot vir beskuldigde 1 na die
prokureur
vergesel het sonder om enige vrae te stel of iets te se, is ook
uiters onwaarskynlik. Volgens beskuldigde 1 het hy
deur die loop van
Sondagoggend tussen 09h00 en 10h00 wel vir beskuldigde 2 in Delft
gesien terwyl beskuldigde 2 getuig het dat
hy die huis tussen 05h30
en 06h15 verlaat het om werk toe te gaan.
Beskuldigde
2 se bewerings aangaande sy alibi en bewegings
die
tersaaklike tydperk word dus deur beskuldigde 1 sowel as die
staatsgetuies weerspreek en kan nie as redelik moontlik waar
aanvaar
word nie.
Daar
bestaan geen klaarblyklike rede waarom mnr Felix valslik sou beweer
het dat hy die betrokke oggend tussen ongeveer 08h00
en 08h20 ook
met beskuldigde 2 op die telefoon gepraat het nie. Beskuldigde 2 het
voor mnr Felix grootgeword en daar bestaan
geen getuienis tot die
effek dat hulle enige probleme in al die jare met mekaar ondervind
het nie. Mnr Fisher was klaarblyklik
ook met beskuldigde 2 se vader
en oom bevriend en hy het by beskuldigde 2 hulle aan huis gekom.
Weereens bestaan daar geen getuienis
van spesifieke probleme tussen
mnr Fisher en beskuldigde 2 nie.
Mnr
Van Rooyen het die oorledene vergesel om spesifiek vir beskuldigde 1
te gaan aanval en kon niks daarby gebaat het om vir beskuldigde
2 by
die gebeure van die betrokke Saterdagaand te betrek het nie.
Dieselfde geld vir die Jacobs dames.
Beskuldigde
2 is immers me Shireen Jacobs se broerskind terwyl me Letitia Jacobs
weer haar skoonsuster is. Me Arendse staaf of
weerspreek beskuldigde
2 nie met betrekking tot sy bewegings die betrokke Saterdag en
Sondag nie. Op haar weergawe is dit ook
moontlik dat beskuldigde 2
wel met ander voertuie as haar eie met tye rondgery het. Daar
bestaan dus oorweldigende getuienis
wat beskuldigde 2 se vae
weergawe weerspreek.
Beide
beskuldigdes het geen getuies geroep ter stawing van hulle alibi met
betrekking tot hulle bewegings op die tersaaklike Saterdag
en Sondag
nie. Beskuldigde 1 het egter melding gemaak van drie persone wat by
sy huis te Delft aanwesig was toe hy die Sondagoggend
vir die eerste
keer sedert die vorige dag daar aangekom het. Hendelene was
byvoorbeeld deur geeneen van die beskuldigdes geroep
nie. Sy was na
bewering ook tuis toe beskuldigde 2 vanaf die Saterdag tot die
Sondagoggend daar by hulle huis geslaap het. Beskuldigde
2 het ook
verkies om geen getuies te roep aangaande die gebeure die
voorafgaande Vrydag en die betrokke Sondag nie, hoewel hy
dit
klaarblyklik kon gedoen het as hy wou.
Al
hoewel daar geen bewyslas op die beskuldigdes rus met betrekking tot
hulle alibi’s nie en hulle versuim om alibi getuies
te roep as
sulks nie ’n nadelige afleiding teen hulle regverdig nie, kon
hulle maklik hulle geloofwaardigheid in hierdie
verband versterk
het. Die korrekte benadering is om ’n alibi in die lig van die
totaliteit van die getuienis en ook die
Hof se indrukke van die
getuienis te beoordeel. As daar ’n redelike moontlikheid
bestaan dat die alibi getuienis waar kan
wees, bestaan dieselfde
moontlikheid dat die persone nie die misdade gepleeg het nie.
Beskuldigde 1 se alibi word direk deur
mnr Brian Fisher weerle.
Volgens mnr Fisher het beskuldigde 1 nie op sy perseel die betrokke
Saterdagnag oornag nie. Beskuldigde
2 het ook nie die hele Saterdag
tot Sondagoggend geslaap en toe werk toe gegaan nie, aldus die twee
Jacobs dames, mnr Van Rooyen,
mnr Oscar Felix en mnr Fisher. Me
Arense tot die effek dat Hendelene die Saterdagmiddag sou gese dat
beskuldigde 2 in sy kamer
gele en slaap het, is biote hoorse en neem
nie die aangeleentheid nie veel verder nie. Dit is wel moontlik dat
beskuldigde 2
op ’n stadium gedurende die betrokke Saterdag
kon geslaap het, maar hy het klaarblyklik nie meer geslaap ten tye
van die
misdaadpleging nie. Die Jacobs dames het tydens beskuldigde
2 die Saterdagaand na die partytjie by Hendelen se huis later wakker

gemaak moes word om hulle vir die tweede keer daardie dag te vervoer
het.
Me
Arendse se getuienis in die algemeen is vaag en het hierdie saak na
die een of anderkant toe nie veel verder geneem nie. Haar

aanvanklike getuienis dat sy nie bewus was daarvan dat beskuldigde 2
op ’n stadium by Hendelene en beskuldigde 1 woonagtig
was nie,
is ietwat onwaarskyniik. Sy
het
klaarblyklik soms by haar dogter besoek afgele, soos sy ook die
betrokke Saterdag gedoen het. Beskuldigde 2 was ook telefonies

gekontak om haar hospitaal toe te neem in noodgevalle en mos sy
sekerlik geweet het waar hy woonagtig was.
Later
het sy weer bevestig dat beskuldigde 2 wel in November 2003 by sy
suster woonagtig was. Later het sy weer bevestig dat beskuldigde
2
wel in November 2003 by sy suster woonagtig was. Me Arendse het
verder getuig dat sy nie weet waar die beskuldigdes gewerk
het nie.
Volgens haar het sy nooit met beskuldigde 1 gekommunikeer nie.
Beskuldigde 1 het egter die indruk geskep dat hy op goeie
voet met
me Arendse verkeer het. Beskuldigde 1 het selfs die vrymoedigheid
gehad om me Arendse te versoek om hom by die hospitaal
te gaan haal
het toe hy ontslaan was na ’n skietvoorval en was hy ook
tydelik daarna by haar woonagtig.
Me
Arendse se getuienis tot die effek dat daar nie die betrokke
Saterdagmiddag ’n partytjie by Hendelene se woning was nie,
is
nie van veel betekenis nie, aangesien sy reeds om ongeveer 1 7h 15
daarvandaan vertrek het. Dit is verder onwaarskynlik dat
sy nooit
vir beskuldigde 2, die polisie of vir Matthews sou uitgevra het
waarvoor haar seun deur die polisie gesoek was nie.
Die
Hof het bevind dat as die identifiserende getuienis versigtig teen
die alibi getuienis van opgeweeg word, eersgenoemde oorweidigend
is.
Opsommenderwys het al die staatsgetuies in ’n mindere of
meerdere mate ’n goeie indruk op die Hof gemaak. Hoewel
daar
sekere weersprekings kom in die staatsgetuies se weergawes, hetsy in
hulle eie weergawes of onderling, kan dit egter te
wagte wees as
gevolg van die tydsverloop tussen die gebeure. Hulle staaf mekaar
egter in wesenlike opsigte en word hulle getuienis
ook in sekere
aspekte deur beskuldigde 1 asook onafhanklike getuienis wat op die
MTN netwerk betrekking het gestaaf. Die Hof
bevind dat die
staatsgetuies se weergawes in wese as betroubaar en geloofwaardig
aanvaar kan word ten opsigte van die wesenlike
aspekte behaiwe waar
anders aangedui.
Daarteenoor
is die beskuldigdes se weergawes in die geheel so onbevredigend en
onwaarskynlik dat dit sonder voorbehoud verwerp
kan word. Die
gehalte en oorwig van die getuienis tot die teendeel is verder so
oortuigend dat die Hof genoop voel of die moontlikheid
dat die
beskuldigdes se weergawes waar mag wees uit te skakel.
Die
vraag bestaan vervolgens aan watter misdrywe die beskuldigdes hulle
skuldig gemaak het op die bewese feitestel, indien enige.
’n
Beskuldigde kan skuldig bevind word aan moord as die doodmaak
wederregtelik was en daar is bewys -
(a)
dat hy die oorledene persoonlik doodgemaak het met die vereiste
dolus
vir byvoorbeeld om vir die oorledene te skiet of
(b)
dat hy ’n party was tot ’n gemeenskaplike doel om te
moor en een of meerdere persone van die party pleeg die daad
of
(c)
dat hy ’n party was tot ’n gemeenskaplike doel om ’n
ander misdaad te pleeg en hy die moontlikheid voorsien
het dat een
of meerdere partye die slagoffer se dood kan veroorsaak in die
uitvoering van hulle plan en hy voortgegaan het daarmee
onversktllig
aangaande die intrede van sodanige fatale gevolge;
(d)
die beskuldigde moet binne die trefwydte van enige van die
scenario’s in (a) tot (c) val, ongeag watter een aangesien
in
elke geval skuldig sal wees aan moord.
Die
Hof is van oordeel dat die optrede van die beskuldigdes daarop dui
dat hulle deurentyd met minstens gemeenskaplike opset gehandel
het
om ’n misdaad te pleeg, naamlik menseroof. Die leerstuk van
gemeenskaplike doel kan soos volf geformuleer word:

As
twee of meer mense saamspan in ’n onderneming met ’n
regtelike doel is ieder een aanspreeklik vir handelinge wat
deur die
ander verrig word teen bevordering van die gemeenskaplike doel mits
hy -
1.
die moontlikheid voorsien het dat die ander een daardie handeling
kon verrig in die nastrewing van hulle gemeenskaplike doel;
en
2.
onverskillig was omtrent die intrede van sodanige handelinge en
hulle gevolge.”
Soos
beslis deur ons howe moet daar vyf voorvereistes aanwesig wees om ’n
beskuldigde aanspreeklik te hou waar ’n
voorafgaande
ooreenkoms nie bewys is nie en ten aansien waarvan daar nie bewys is
dat ’n beskuldigde kousaal bygedra het
tot die dood of
besering van die slagoffer of oorledene nie:
1.
’n Beskuldigde moes by die geweldstoneel teenwoordig gewees
het;
2.
Hy moes bewus gewees het van die aanranding op die slagoffer;
3.
Hy moes die opset gehad het om gemene saak te maak met diegene wat
inderdaad die aanranding gepleeg het;
4.
Hy moes sy deelname aan die gemeenskaplike doel met die pleeg van
die misdaad gemanifesteer het deur een of ander daad van
assosiasie
met die optrede van die daad; en
5.
die nodige
mens rea
moes by hom teenwoordig gewees het sodat met betrekking tot die
doodslag van die oorledene daar
dolus
directus
of
dolus
eventualis
in sy gemoed moes gewees
het.
Die
aanwesigheid van die bestaan van ’n gemeenskaplike opset
tussen beskuldigdes kan verder uit die omstandighede afgelei
word.
Gemeenskaplike opset aan nie noodwendig met voorafbeplanning gepaard
nie, maar kan ook op die ingewing van die oomblik
gevorm word. Die
latere optrede van ’n persoon mag in gepaste omstandighede die
afleiding regverdig dat hy in die gemeenskaplike
opset gedeel het.
In
gevalle waar twee persone dus deelneem aan ’n misdaad en die
een van hulle in die loop van die misdaadpleging die slagoffer

dodelik verwond en die ander daarna optree op ’n wyse wat
daarop dui dat hy hom vereenselwig met wat gebeur het, sodanige

latere optrede aangewend kan word as die grondslag van afleiding dat
hy die moontlikheid voorsien het dat die slagoffer gedood
kon word
en onverskillig daarteenoor gestaan het, maar of so ’n
afleiding regverdig is, hang af van al die omstandighede
van ’n
bepaalde geval.
Daar
is reeds verwys na die direkte getuienis dat beide beskuldigdes die
oorledene teen sy wil ontvoer het. Die Hof het aanvaar
hierdie
getuienis was betroubaar. Beide beskuldigdes het positiewe
handelinge verrig om die oorledene onder bedwang te bring
tydens die
ontvoering en hom in hulle voertuig te druk. Hierdie optrede deur
die beskuldigdes strook met die waarskynlikhede
aangesien die
oorledene kort tevore op die voertuig geskiet het waarin hulle
insittendes was. Dit word verder deur ander omstandigheidsgetuienis

gestaaf in soverre mnr Fisher die beskuldigdes tesame met ’n
derde persoon kort na die ontvoering gesien het.
Op
Saterdagaand, 9 November 2003, was slegs die beskuldigdes saam met
’n persoon in hulle voertuig, wat slegs die oorledene
kon
gewees het, gegewe die tydaspek tussen die skietaanval op die rooi
voertuig en toe hulle weer op mnr Fisher se perseel opgedaag
het.
Beskuldigde 2 het tydens die tweede besoek aan mnr Fisher se perseel
die oorledene binne die voertuig vasgehou terwyl beskuldigde
1 by
die perseel ingegaan het.
Die
beskuldigdes was die Saterdagnag tydens die ontvoering
van
die oorledene en deurgaans daarna minstens met tye in mekaar se
teenwoordigheid tot en met die oorledene se liggaam in die

Strandfontein gebied gevind was om ongeveer 15h50 op Maandag 10
November 2003.
Die
direkte getuienis met betrekking tot die menseroof, word ook
bevestig deur die telefoongesprekke waartydens beskuldigde 1
aan
getuies erken het dat hy beheer oor die oorledene gehad het. Op
Sondagoggend 9 November 2003 het mnr Felix telefoniese kontak
met
beide beskuldigdes gehad op beskuldigde 1 se selfoon. Daar bestaan
geen rede om mnr Felix se weergawe in hierdie verband
te verwerp
nie.
Die
oorledene was waarskynlik op die betrokke Sondag vermoor gewees, ’n
aspek wat later verder na verwys sal word. Die beskuldigdes
het ook
vir mnr Hassen tesame gaan spreek op Maandag 10 November 2003. Dit
is insiggewend dat beskuldigde 2 op sy eie weergawe
geen vrae gestel
het toe hy van die aantygings met betrekking tot sy betrokkenheid by
die oorledene se ontvoering meegedeel was
nie.
Dit
is duidelik dat die selfoonnommer 073 166 6747 inderdaad deur
beskuldigde 1 gebruik was gedurende die tersaaklike tydperk

aangesien al die tersaaklike staatsgetuies met hom kontak gehad het
deur middel van die betrokke nommer. Daar was nooit enige
getuienis
aangebied tot die effek dat beskuldigde 1 die betrokke selfoon aan
’n ander persoon die betrokke Saterdagnag,
Sondagoggend geleen
of gegee het nie.
Beskuldigde
1 het ontken dat hy ooit naby die John Powell vakansiekamp was. Dit
is egter duidelik uit Bewysstuk G dat beskuldigde
1 wel twee oproepe
vanaf sy selfoon gemaak het op Sondagoggend 9 November 2003 om
01:11:9 en 01:20:37 in die omgewing van die
betrokke kamp. Dit was
nie betwis dat sodanige oproepe inderdaad vanaf die betrokke selfoon
gemaak was nie. Dit is gemene saak
dat die oorledene se liggaam
ongeveer drie kilometers vanaf die kamp gevind was op Maandag 10
November 2003.
Daar
word bo redelike twyfel bevind dat die beskuldigdes minstens ’n
gemeenskaplike opset gehad het om die oorledene teen
sy wil van sy
vryheid te beroof het.
Wat
die moordaanklag betref, berus die getuienis teen die beskuldigdes
op omstandigheidsgetuienis. In sodanige geval geld die
volgende
benadering:
1.
Die afleiding wat gesoek word moet ooreenstem met al die bewese
feite, so nie, kan die afleiding nie gemaak word nie;
2.
Die bewese feite moet sodanig gewees dat dit elke redelike afleiding
uitsluit behalwe die een wat gesoek word. As dit ’n
ander
redelike afleiding nie uitsluit nie, moet daar twyfel bestaan of die
afleiding wat gesoek word korrek is. Net redelike
afleidings moet
uitgesluit word.
Die
Staat hoef nie elke tot die mees vergesogde moontlikheid uit te
skakel nie. Die feit dat ’n aantal onderling onafhanklike

feite almal in dieselfde rigting dui, is van groot belang. Moontlik
kan elkeen afsonderlik nog versoen word met onskuld, maar
die
gesamentlike oortuigingskrag moet beoordeel word. By gebrek aan
enige ander getuienis tot die teendeel is die enigste redelike

afleiding dat die beskuldigdes die persone was wat die oorledene
geskiet het of hulself ten minste daarmee vereenselwig het en
die
oorledene se liggaam naby die John Powell kamp gelaat het. Hierdie
afleiding word, onder andere, op die volgende feite gebaseer:
1.
Die tydsverloop vanaf die oorledene ontvoer was totdat die oproepe
vanaf beskuldigde 1 se selfoon gemaak was was in die omgewing
waar
die oorledene se liggaam gevind was naby die John Powell
vakansiekamp. Dit is hoogs onwaarskynlik dat iemand anders as die

beskuldigdes by die oorledene se moord betrokke kon gewees het in
die redelike kort tydsverloop van ongeveer minder as drie ure
in die
middel van die nag.
2.
Beskuldigde 2 was bekend met die Strandfonteingebied aangesien hulle
soms daar gesmous het. Volgens beskuldigde 1 was hy nie
vertroud met
die Strandfonteinarea en is dit nie sinvol dat hy uit eie beweging
’n onbekende area sou gekies het om die
oorledene se liggaam
na die moord te laat nie.
3.
Beskuldigde 1 het op sy eie weergawe die betrokke Saterdagaand nie
toegang tot ’n motorvoertuig gehad nie of was daar
nie
aangevoer dat enige ander persoon vir hom ’n geleentheid gegee
het nie. Soos duidelik blyk uit die betroubare aanvaarde
getuienis
was beskuldigde 2 die persoon wat hom wel daardie aand vervoer het
en geen ander persoon nie. Dit is hoogs onwaarskynlik
dat
beskuldigde 1 homself in die daaropvolgende oggendure om ongeveer na
eenuur die oggend in die Strandfontein omgewing kon
bevind het
sonder dat hy deur beskuldigde 2 daarheen vervoer was.
4.
Dr Liebenberg het getuig dat die oorledene reeds meer as 36 uur
oorlede was tydens die lykskouing op Dinsdag, 11 November 2003,
om
08h00. Dit
beteken
dat die oorledene nie later nie, maar moontlik reeds vroeer as
Sondagoggend op ’n onbekende plek waarskynlik in
Strandfontein
area vermoor was. Volgens mnr Michael Morris het dit voorgekom asof
die oorledene se liggaam reeds vanaf die Sondagnag
gele het op die
plek waar dit gevind was. Dit is nie nodig om te spekuleer waar die
oorledene se liggaam gehou was alvorens dit
naby Lukannonweg,
Strandfontein, gelos was nie.
5.
Tydens ’n telefoniese gesprek tussen mnr Kobus Matthews en
beskuldigde 1 na 23h00 op Saterdag, 8 November 2003, het beskuldigde

1 bevestig dat daar op hulle geskiet was en dat die oorledene by hom
was.
6.
Beskuldigde 1 het ongeveer middernag die Saterdag van die oorledene
se ontvoering tydens ’n telefoongesprek met mnr Van
Rooyen
bevestig dat die oorledene by hom was.
7.
Volgens mnr Felix het beskuldigde 1 hom op Sondagoggend, 9 November
2003, en tussen 08h00 en 08h20 gebel nadat mnr Felix ’n

boodskap vir beskuldigde 1 by Hendelene getaat het. Beskuldigde 1
het weereens bevestig dat die oorledene by hom was. Op ’n

vraag van mnr Felix waarom hy nie die oorledene I os nie, het
beskuldigde 1 geantwoord dat hy nog sal besluit het wat hy met
die
“klong”, verwysende na die oorledene, sou gemaak het.
Beskuldigde 2 was op daardie stadium ook steeds in beskuldigde
1 se
geselskap aangesien mnr Felix tydens dieselfde oproep ook met
beskuldigde 2 gepraat het. Beskuldigde 2 se leuenagtige getuienis

met betrekking tot sy bewegings die betrokke Sondag versterk hierdie
afleiding. Na hulle besoek aan Delft die Sondagoggend het

beskuldigde 1 weer tydens ’n telefoniese gesprek aan mnr
Matthews bevestig dat die oorledene by hom was. Beskuldigde 1
het
aangedui dat die getuie nie voorskriftelik moes wees met betrekking
tot wat hy met die oorledene moes gedoen het nie. Beskuldigde
1 het
selfs aan mnr Matthews gese dat die oorledene beweer dat hy op
beskuldigde 1 moes geskiet het in opdrag van die getuie
en dat die
getuie selfs ’n vuurwapen aan die oorledene gegee het.
8.
Hierdie beskuldiging was in lyn met mnr Van Rooyen se getuienis tot
die effek dat hy en oorledene vanaf mnr Matthews se huis
na
Waliacedene gegaan het voor die skietaanval op die beskuldigde se
voertuig asook die oorledene se mededeling aan mnr Van Rooyen
met
betrekking tot die opdrag gegee deur die getuie.
9.
Beskuldigde 1 het bevestig dat die oorledene by hom was tydens ’n
telefoongesprek op mnr Claasens op 9 November 2003
om ongeveer 14h50
of kort daarna.
10.
Beskuldigde het nie alleen die geleentheid gehad om die oorledene te
vermoor nie, maar het ook die middele gehad om dit doen.
Volgens mnr
Fisher het beskuldigde 1 by wyse van afleiding ’n 9mm
vuurwapen die betrokke Saterdagnag by die perseel gelee
te
Wallacedene kom haal vyftien tot twintig minute nadat hulle
aanvanklik daar weggery het en dit is kort na die skietaanval.
Daar
was ’n derde jongerige persoon by die beskuldigdes in die
voertuig. Beskuldigde 2 het die jong persoon wat mnr Fisher

aangeneem het die oorledene moes gewees het, in die voertuig
vasgehou terwyl beskuldigde 1 waarskynlik die vuurwapen binne die

huis gaan haal het, aangesien hy kort daarna die vuurwapen gemis
het. Selfs al is al hierdie afleiding verkeerdelik gemaak, het

beskuldigde 1 steeds die middele gehad om die oorledene te skiet.
Volgens mnr Van Rooyen het beskuldigde 1 ’n swart
handvuurwapen
teen die oorledene se kop gehou op die stadium wat die
beskuldigde hom gegryp het en in die voertuig gedruk het. Die
oorledene
se eie vuurwapen is ook nie weer teruggevind nie. Dit kon
sekerlik nie te moeilik gewees het om ammunisie daarvoor te verkry

het nie, indien nodig.
11.
Die beskuldigdes het klaarblyklik genoeg rede of ’n motief
gehad om die oorledene te vermoor. Eerstens, het die oorledene

vroeer die aand ’n aanslag op beskuldigde 1 se lewe gemaak met
beskuldigde 2 as
J
n
insittende in die voertuig wat raakgeskiet was. Beide Shireen Jacobs
en Letitia Jacobs bevestig die skietaanval op die voertuig
waarin
hulle gereis het. Mnr Fisher het ook koeelgate in die voertuig
gesien na die voorval. Daar was volgens die verdediging
aangevoer
dat beskuldigde 1 nie wraak geneem het tydens die vorige
skietvoorval op hom nie. Dit blyk egter duidelik uit die getuienis

dat hy nie sekerheid gehad het oor watter persone verantwoordelik
was daarvoor nie en dat hy bloot vir mnr Matthews verdink het.
Daar
was geen getuienis deur mnr Matthews tot die effek dat beskuldigde 1
wel onsuksesvol gepoog het om uit te vind watter persone
daarvoor
verantwoordelik was. In die onderhawige geval het hy sy aanvaller
kort na die aanval opgespoor. Beide mnr Claasens en
mnr Van Rooyen
se onbetwiste getuienis was verder dat beskuldigde 1 ook ongeveer
twee maande voor die oorledene se verdwyning
by mnr Claasens se huis
was tesame met ene Teresa waartydens doodsdreigemente teenoor die
oorledene geuiter was oor ’n
vuurwapen wat weggeraak het.
12.
Die beskuldigdes se alibi’s is duidelik vals veral met
verwysing na beskuldigde 1. Die selfoonuitdruk, Bewysstuk G,

reflekteer dat beskuldigde 1 nie op die plekke was waar hy beweer hy
sou gewees het gedurende die relevante tydperk nie.
Die
vraag bestaan verder of enige van die beskuldigdes hulle onttrek het
van deelneming aan die gemeenskaplike opset. Daar bestaan
geen
getuienis dat enigeen van die beskuldigdes en meer spesifiek
beskuldigde 2, homself gedistansieer het van die gemeenskaplike

doelwit deur ’n positiewe handeling van onttrekking van die
moord te verrig nie. Al die beskikbare getuienis, soos reeds

bespreek, dui daarop dat beide beskuldigdes deurentyd gesamentlik
opgetree het en in mekaar se teenwoordigheid was. Beskuldigde
2 was
aanvanklik klaarblyklik toevallig in die voertuig waarop die
oorledene geskiet het. Hy het egter na die skietaanval op
die
voertuig doelbewus aan die ontvoering van die oorledene deelgeneem
en homself daarna nie van beskuldigde 1 se aktiwiteite
onttrek nie.
Die
Hof hoef nie te spekuleer oor gedrag wat op die oog af inkriminerend
is nie. Dit is genoegsaam as die Staat getuienis aanbied
wat
sodanige hoe graad van waarskynlikhede daarstel dat ’n
redelike persoon na deeglike oorweging tot die slotsom sal kom
dat
daar nie redelike twyfel bestaan dat die beskuldigdes skuldig is aan
die misdade waarvan hulle aangekla word nie. ’n
Beskuldigde se
aanspraak op die voordeel van die twyfel moet nie op spekulasie
berus nie, maar moet op ’n redelike en soliede
grondslag berus
wat deur positiewe getuienis en redelike afleidings, wat nie in
konflik is met die bewese feite nie of swaarder
as die bewese feite
weeg nie. Elke afsonderlike feit hoef nie onbetas onbestaanbaar met
die onskuld van die beskuldigdes te wees
nie, maar die getuienis in
die geheel moet bo redelike twyfel - en nie enige twyfel nie -
onbestaanbaar wees na sodanige onskuld.
Alhoewel
die Staat geen deskundige getuies aangebied het tot die effek dat
die vuurwapen wat beskuldigde 1 tydens die ontvoering
gehad het
binne die trefwydte van die definisie van

n
vuurwapen, soos omskryf in artike! 1(b) van Wet 60 van 2000, val
nie, kan daar in die lig van dr Liebenberg se getuienis teen
twyfel
wees dat die oorledene wel met ’n vuurwapen gedood was nie.
(Sien in hierdie verband
S
v
Williams
2005
(2) SACR 92
(K) 295d-f.)
In
die onderhawige geval kan daar ook geen twyfel bestaan dat nie een
van die beskuldigdes oor ’n vuurwapenlisensie beskik
het nie.
Beskuldigde 1 het tydens kruisondervraging van mnr Fisher ontken dat
hy ooit ’n vuurwapen besit het, welke aspek
hy later tydens
getuienislewering bevestig het. Beide beskuldigdes het pertinent
getuig dat hulle nie oor vuurwapenlisensies
beskik het nie. Daar kan
by wyse van noodwendige afleiding bevind word dat die oorledene se
aanvallers hulle met die besit van
vuurwapens vereenselwig het,
selfs al het hulle dit nie elkeen afsonderlik fisies besit nie.
Indien dit die bedoeling van lede
van ’n groep is om die
vuurwapen ter uitvoering van hulle misdaad gebruik tot hulle almal
se voordeel, vereenselwig hulle
hulle immers met die besit van die
vuurwapen.
In
die onderhawige geval moes beskuldigde 2 minstens bewus gewees het
van die feit dat beskuldigde 1 'n vuurwapen teen die oorledene
se
kop gedruk het terwyl hy die oorledene om die lyf vasgegryp het ten
tye van die ontvoerting. Die
oorledene
het nege skietwonde opgedoen waarvan die een wond agter die
oorledene se regteroor vanaf ’n redelike kort afstand
geskiet
was. Uiteraard moes die aanvaller of aanvallers in besit van
ammunisie gewees het ten einde die skietwonde toe te dien.
Daar
bestaan geen getuienis dat beskuldigde 2 op enige stadium enige
handelinge verrig het tot die effek dat hy homself van beskuldigde
1
se handelinge gedistansieer het nie. Indien dit wel die geval was,
sou daar verwag kan word dat hy die Hof in sy vertroue geneem
het in
hierdie verband.
Die
Hof is, met inagneming van al die feite, derhalwe van oordeel dat
die Staat se beskuldigdes se skuld bo redelike twyfel bewys
het. Die
Hof bevind beide beskuldigdes
SKULDIG
aan al die aanklagte, soos aangekla.
Die
Hof is verder van oordeel dat mnr Van Rooyen en mnr Fisher hulle
getuienis op ’n bevredigende wyse afgele het vir doeleindes

van artikel 204 van die Strafproseswet. Mnr Van Rooyen word
vrywaring teen vervolging verleen met betrekking tot die misdade
wat
voortspruit uit die onderhawige saak, naamlik die misdaad van poging
tot moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige
besit van
’n vuurwapen en ammunisie.
Mnr
Fisher word op dieselfde basis gevrywaar van vervolging met
betrekking tot die misdaad onwettige besit van ’n vuurwapen.
DESAI, R