Armadien v S (A508/2005) [2006] ZAWCHC 76 (25 August 2006)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of robbery with aggravating circumstances and sentenced to 15 years' imprisonment — Appellant argued lack of legal representation and failure of magistrate to consider mitigating factors — Court found magistrate erred in not informing appellant of minimum sentence provisions and failing to adequately assess personal circumstances — Sentence reduced to 9 years' imprisonment, backdated to original sentencing date.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2006
>>
[2006] ZAWCHC 76
|

|

Armadien v S (A508/2005) [2006] ZAWCHC 76 (25 August 2006)

IN
DIE
HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVISIALE
AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.
508/2005
DATUM
:
25
AUGUSTUS 2006
In
die saak tussen:
DAVID
ARMADIEN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
BOZALEK.
R
:
Die
appellant is op 2 Mei 2001 in die streekhof te Wynberg skuidig bevind
aan 'n klagte van roof met verswarende omstandighede en
op
5 Me? 2001
is hy tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis in terme van
artikel 51(2)(i) van Wet 105 van 1997. Appellant het nie
regsverteenwoordiging
geniet nie en het onskuldig gepleit. Hy kom nou
in hoer beroep teen die opgeiegde vonnis.
Die
appellant was een van drie beskuldigdes wat skuldig bevind is aan die
roof. Uit die getuienis blyk dit dat vier persone die
klaer se huis
onder bedreiging van vuurwapens betree het op 'n aand in Mei 1998 en
horn beroof het van R50 000 in kontant nadat
hy geforseer is om die
kluis oop te maak. Hy en sy vrou is ook beroof van sellulere fone,
h
n
vuurwapen en juweliersware ter waarde van R10 000.
Gedurende
die voorval is vuurwapens op die klaer, sy vrou en sy broer gerig en
"n vuurwapen is in die mond van die klaer se
twaalfjarige seun
gedruk. Appellant het, volgens die getuienis, 'n voile rol hierin
gespeel. Hy was ook bewapen en het sy vuurwapen
teen die kop van die
klaer se broer gehou. Hy het ook later op die klaer se bed gespring
waar hy gele het en horn teen sy bors
geskop het.
Dit
blyk verder dat die klaer en sy vrou se drie- en vierjarige kleuters
teenwoordig was gedurende die roof sowei as bogenoemde
12-jarige
seun. Laasgenoemde moes as gevolg van sy nagmerrie-ervaring
sielkundige berading ontvang.
Drie
van die vier beskuldigdes is skuldig bevind aan 'n
klag
van roof met verswarende omstandighede. Uit die ianddros se
vonnisredes wat nie heeltemal duidelik was nie en
ook
snaakse en ongeskikte opmerkings rngesluit het, blyk dit dat hy
ingevolge die bepalings van Wet 105 van 1997 'n voorgeskrewe
vonnis
van 15 jaar gevangenisstraf in die geval van etke beskuldigde opgele
het omrede daar geen wesenlike en dwingende omstandighede
bevind kon
word wat 'n afwyking daarvan sou regverdig nie.
Namens
die appellant word daar op appel betoog dat die landdros misgetas het
deur nie die appellant in te lig oor die bepalings
van Wet 105 van
1997 nie. Verder is daar betoog dat die landdros sekere wesenlike
faktore oor die hoof gesien het. As gevolg van
hierdie foute het hy
glad nie 'n gepaste vonnis opgele nie.
Die
Staat opponeer nie die appel teen vonnis nie hoofsaaklik op die basis
dat beskuldigde 3 vroeer 'n appel by hierdie Hof ingedien
het wat
geslaag het. Sy vonnis is met vyf jaar na tien jaar gevangenisstraf
verminder.
Ten
tyde van die pleging van die misdaad was die appellant omtrent 19%
jaar oud. Hy het vorige veroordeHngs gehad alhoewel nie van
'n baie
ernstige aard nie. Hierdie misdade, een van roof en twee van
diefstal, is gepleeg tot hy onderskeidelik 15 en 16 jaar oud
was en
is hy nooit tot direkte gevangenisstraf daarop gevonnis nie. Dit
lyk ook dat die appellant drie jaar as verhoorafwagtende
in die
gevangenis deurgebring het voordat hy op hierdie klag skuldig bevind
is, met ander woorde sy effektiewe termyn van gevangenisstraf
kan as
18 jaar gesien word.
Die
appellant het min vonnismateriaal voor die landdros, wie self baie
min moeite gedoen het om die nodige inligting uit die appellant
te
kry, geplaas. Dit alleen kom vir my as 'n mistasting voor. (Sien
S
v SIEBRITS
1998(1) SASV 554 (A).) Dit blyk uit die rekord net dat appellant n
meisie gehad het en die vader van 'n Jong kind was en dat hy
werksaam
was voor die roof. Appellant se persoonlike omstandighede is
gevolglik baie oppervlakkig in die landdros se vonnisredes
behandel,
byvoorbeeid, hy het die appellant as h 29-jarige man beskryf, met
ander woorde asof hy tien jaar ouer was.
Na
my mening het die landdros gefouteer deur nie wesenlike en dwingende
omstandighede te bevind in die lig van die appellant se
jeugdigheid
nie en aangesien sy vorige veroordelings bestaan het uit misdrywe wat
gepleeg was toe hy nog baie jonk was.
Verder,
na my mening, was die versuim om die appellant in kennis te stel en
in te lig oor die bepalings van die Wet op Minimum Vonnisse
wat op
horn van toepassing was en die feit dat hy 'n minimum vonnis van 15
jaar gevangenisstraf in die gesig gestaar het, ook 'n
mistasting.
(Sien
S
v DICKSON
2000(2}
SASV 304 (C) en
S
v DLAMINI
2000(2) SASV 266 (T).)
As
gevolg van bogenoemde faktore staan dit hierdie Hof vry om in te meng
met die vonnis wat die appellant opgele is. Die roof is
van n
ernstige aard, daar is gebruik gemaak van vuurwapens en alhoewel
niemand enige noemenswaardige fisiese beserings opgedoen
het nie, is
'n verswarende faktor eerstens die feit dat daar by die klaer se huis
ingebreek is en tweedens, veral die feit dat
een van sy kinders
geterroriseer is Soos ek vroeer opgemerk het, appellant het
h
voile
rol hierin gespeel en dit blyk duidelik uit die feite dat die roof
vooraf beplan is. Daar is geen twyfel dat 'n lang termyn

gevangenisstraf die gepaste vonnis is nie.
As
al die omstandighede in ag geneem word asook die drie jaar wat die
appellant as verhoorafwagtende in hegtenis deurgebring het,
is ek van
mening dat 'n gepaste vonnis een van nege (9) jaar gevangenisstraf
sou wees.
Ek
sal dus die appel taat siaag en die vonnis van vyftien jaar
gevangenisstraf tersyde stel en dit vervang met 'n vonnis van
NEGE
(9) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Die vonnis sal ook ingevolge artikel 282 van die Strafproseswet
teruggedateer word na die oorspronklike vonnisdatum, dit
wil se 3 Mei
2001.
BOZALEK, R
MOTALA,
R:
Ek stem saam en dit word so beveel.
MOTALA,
R