S v Snyders and Others (SS291/05) [2006] ZAWCHC 18 (2 May 2006)

81 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Joint enterprise — Eight accused charged with murder following a violent attack on the deceased — Evidence presented by the State indicating a pre-existing conflict between the accused and the deceased — Accused pleaded not guilty and made no statements — Application for discharge under section 174 of the Criminal Procedure Act — Court assessed the evidence and found insufficient grounds for a conviction, leading to the discharge of all accused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2006
>>
[2006] ZAWCHC 18
|

|

S v Snyders and Others (SS291/05) [2006] ZAWCHC 18 (2 May 2006)

61
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP
PROVINSIALE AFDELING)
“
RAPPORTEERBAAR”
SAAKNOMMER: SS291/2005
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
En
ANDREW
SNYDERS BESKULDIGDE 1
GARTH
EATON BESKULDIGDE 2
ADRIAN
ADAMS BESKULDIGDE 3
PERCIVILLE
LINNERT BESKULDIGDE 4
TESHWILL
VAN WYK BESKULDIGDE 5
AUBREY
BRUINTJIES BESKULDIGDE 6
PETER
SOLOMONS BESKULDIGDE 7
CHRISTIAAN CHARLES
JONKERS BESKULDIGDE 8
UITSPRAAK GELEWER OP 2 MEI
2006
DLODLO,
R
Die beskuldigdes staan tereg
op ‘n aanklag van moord.
Die Staat beweer dat al agt
(8) beskuldigdes die aand van 12 Junie 2004 saam gekuier het. Op ‘n
stadium was hulle oppad na ‘n
‘pub’ in Vredenburg toe hulle die
oorledene raakloop. Die Staat het verder beweer dat die oorledene op
‘n vorige geleentheid
met sommige van die beskuldigdes gebots het
en dat die beskuldigdes toe daar en dan die oorledene aangeval het
deur hom te skop,
slaan en met skerp voorwerpe te steek. Die
oorledene is kort na die voorval oorlede as gevolg van bloedverlies.
Al agt (8) beskuldigdes
het onskuldig gepleit en aangedui dat hulle
verkies om geen verklarings te maak nie. Slegs beskuldigde sewe (7)
het op daardie stadium
erkennings in terme van Artikel 220 van die
Strafproseswet gemaak. Die erkennings is vervat in
Bewysstuk “A”
.
Die Staat het getuienis
aangebied. Daar was ‘n binneverhoor aangaande die borgverrigtinge
en ‘n gesamentlike binneverhoor omtrent
die toelaatbaarheid van
sekere verklarings asook uitwysings wat beweerlik deur beskuldigdes
1 en 5 onderskeidelik gemaak is. Die
borgaansoek verrigtinge,
Bewystuk “D”
is voorlopig toegelaat. Die verklarings deur
beskuldigdes 1 en 5 onderskeidelik bestempel as
Bewysstukke “E”
en “G”
is as ontoelaatbaar verklaar.
Bewysstuk “F”
bevattende die beweerde uitwysings wat aan Kaptein Fryer gemaak is,
is egter toegelaat. Na verdere getuienis deur die Staat is
die
Staatsaak gesluit. Al agt (8) beskuldigdes het ‘n aansoek om
ontslag ingevolge die bepalings van Artikel 174 van die
Strafproseswet
51 van 1977 geloods. Ons is van oordeel dat dit nodig
is om op hierdie stadium ‘n beknopte opsomming van die getuienis
wat in
hierdie saak gelewer is, uiteen te sit. Sodoende sal dit ons
in ‘n beter posisie plaas om die nodige oorwegings en bepalings te
maak met die doel om die vereiste toetse aan te pas. Hier volg die
opsomming van die gelewerde getuienis in die onderhawige saak.
DIE
STAAT SE GETUIENIS
(3)
INSPEKTEUR LIONEL
DEMAS
het getuig dat hy in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie
te Vredenburg is. Die nag van 12 Junie 2004 was hy aan diens en besig
met
patrollie toe hy net voor 12uur ‘n klagte ontvang van ‘n
persoon wat op ‘n stoep in Primrose Straat lê. Die getuie
verduidelik
dat dit ‘n koue, reënerige nag was. Op die toneel het
hy die verskrikte huisbewoners en die bebloede manspersoon op die
stoep
aangetref. Die getuie het die beseerde persoon herken as
Cheslin Florentino, alias Chess. Die beseerde persoon het nog geleef
maar
was nie instaat om te praat nie. ‘n Ambulans was gekontak en
die getuie het op die toneel gebly tot die ambulans die beseerde man
kom haal het. Later die aand was Sersant de Kock asook Inspekteur
Cowan ook op die toneel. Tydens kruisverhoor verduidelik die getuie
dat die toneel donker was. Daar was slegs ‘n straatlig wat in die
omgewing gebrand het. Hy verduidelik ook dat hy nie die toneel
afgebaken het nie, want die toneel was binne die erf. Die getuie dui
verder aan dat die oorledene voor sy dood ‘n persoon was wat
gebots
het met die gereg – dit was dan ook die rede hoekom die oorldene
aan die getuie bekend was. Hy dui verder aan dat geen noodhulp
aan
die oorledene verleen was voordat die ambulans daar opgedaag het nie.
Laastens noem hy dan ook tydens kruisverhoor dat die mes
wat Sersant
de Kock op die toneel gevind het, in die straat opgetel was.
(4)
ASHWELL RODERICK
JACOBS
getuig dat hy 21 jaar oud is en woon en werk in
Vredenburg. Tydens 2004 het hy gewerk as ‘n “galley boy” op die
see. Op 12 Junie
2004 het hy van die see af teruggekeer en het sy
vriende, beskuldigdes 1 tot 8 voor die Hof, gaan opsoek, waar hulle
gesit en drink
het. Hy verduidelik dat hy en die beskuldigdes op ‘n
stadium die aand besluit het om na die “Sportsmans Pub” in die
dorp te
gaan. Hulle het met Suikerbossie Straat langs gestap en toe
hulle in Primrose Singel kom, sien die getuie “daar kom ‘n man
van
bo af. Hy’t kom aanstap.” Volgens die getuie het hyself
vooruit geloop, verby die man. Toe hy op die hoek kom, het hy omgekyk
en gesien dat die beskuldigdes ‘n kring om die man maak. Hy was
egter ‘n groot afstand van hulle af en het toe alleen verder

gestap na die “pub”. Vyftien minute nadat die getuie by die “pub”
aangekom het, het die beskuldigdes ook daar opgedaag.
Op 15 Junie
2004 was die getuie saam met Teshwill van Wyk (beskuldigde 5)
gearresteer by ‘n winkel in Vredenburg. Tydens kruisverhoor
deur
die beskuldigdes se advokate het die getuie telkemaal toegegee dat
dit donker was waar die kring gevorm was en dat hy nie sal
kan stry
as die beskuldigdes sou aanvoer dat hul nie deel van die kring was
nie. Die getuie ontken dan ook dat hy op enige stadium
aan die
ondersoekbeampte laat blyk het dat hy ‘n aanranding op die
oorledene deur die beskuldigdes waargeneem het.
(5)
DOKTER PIETER BASSON
getuig dat hy beskik oor die kwalifikasies MBSc. Met sy aftrede
as algemene praktisyn het hy sedert 1989 in die Weskus gebied
patalogiese
dienste verrig. Hy het dan ook op 17 Junie 2004 die post
mortem op die liggaam van die oorledene uitgevoer, waarna hy ‘n
verslag
saamgestel het. Die verslag asook ‘n uiteensetting van
beserings is onderskeidelik vervat in
Bewysstukke “B” en “B1”
wat deur die Staat ingehandig is as bewystukke. Die getuie bevestig
sy bevinding, naamlik dat die oorledene gesterf het as gevolg
van
bloedverlies vanweë die kop en nekwonde. Hy meld dat daar wel ander
kleiner skrapies en wonde gevind was, maar dat dit nie bygedra
het
tot die dood nie. Die Staat het voorts foto’s van die verskillende
beserings as
Bewysstuk “C”
ingehandig. Die getuie het
bevestig dat dit die beserings toon soos deur homself waargeneem
tydens die post mortem. Hy meld dan ook
ten opsigte van foto 13 van
Bewysstuk “C”
dat dit die 13cm lange snywond toon. Volgens
die getuie was die wond sirkelvormig en moes sekerlik bygedra het tot
baie bloedverlies.
Verder dui hy aan op foto 13 die snywond aan die
nek en verduidelik dat
“...taamlike krag moes gebruik gewees
het. Die voorwerp wat gebruik was is gestut deur die nekwerwels.”
Die getuie het die wonde aan die rug van die oorledene as
oppervlakkig en van geen belang beskryf. Volgens Dr. Basson sou enige
skerp
voorwerp met ‘n skerp lem die beserings veroorsaak het.
TOELAATBAARHEID
VAN BORGAANSOEK OORKONDE (EERSTE BINNEVERHOOR T.O.V. BESKULDIGDES EEN
(1), VYF (5) EN AGT (8)
(6) Op 28 Februarie 2006 doen
die Staat aansoek in terme van Artikel 60(11B) van die Strafproseswet
om die Rekord van die borgverrigtinge
ten opsigte van beskuldigdes 1,
5 en 8 in te handig. Die advokate namens beskuldigdes 1, 5 en 8 het
beswaar gemaak teen sodanige
inhandiging. ‘n Verhoor binne verhoor
is gelas ten opsigte van die toelaatbaarheid al dan nie van die
borgverrigtinge. Ek het
die binneverhore en die beslissing van die
vrae rakende die toelaatbaarheid van sekere “beoogde
bewysmateriale” saam met Mevrou
Olivier, wie my huidiglik bystaan
in terme van Artikel 145(4) (b) van Wet 51 van 1977 soos gewysig,
gehanteer.
GETUIENIS IN DIE EERSTE
BINNEVERHOOR
(7)
ANDREW SNYDERS
(hierna verwys as beskuldigde 1) het getuig dat hy tydens die
borgaansoek 18 jaar oud was en bygestaan was deur ‘n Prokureur. Hy
het in sy getuienis in hoof aangevoer dat hy nie ingelig was van sy
swygreg nie en ook nie gewaarsku was dat inkrimenerende getuienis
wat
hy by die borgverrigtinge mag aflê, later teen hom gebruik kan word
nie. Die waarskuwing deur die Landdros aan beskuldigdes
1, 5 en 8 is
deur Mnr. Mohamed uitgelees. Beskuldigde 1 het egter getuig dat hy
die waarskuwing nie verstaan het nie. Tydens kruisverhoor
deur die
Staat gee beskuldigde 1 toe dat hy bygestaan was deur ‘n prokureur
met wie hy gekonsulteer het. Volgens beskuldigde 1
was die prokureur
se instruksie aan hom
“as hulle my vra wat gebeur het, moet ek
niks sê nie.”
Beskuldigde 1 was tevrede met sy prokureur en
het geen klagte gehad nie. Beskuldigde 1 het egter volstaan met sy
bewering dat hy
die landdros se waarskuwing nie verstaan het nie,
hoewel hy tog instaat was om aan hierdie hof te vertel dat die
landdros gesê het:
“
die dinge wat ons sê
word opgeneem en kan later weer gebruik raak.”“...weggesit en
later uitgehaal en gebruik raak.”
Beskuldigde 1 voer aan dat hy
nie geweet het dit gaan hier in die Hooggeregshof gebruik word nie.
(8)
TESHWILL VAN WYK
(hierna verwys as beskuldigde 5) het getuig dat hy tydens arrestasie
op 15 Junie 2004, 18 jaar oud was. Hy voer aan dat Sersant De
Kock en
Inspekteur Kuilders hom by arrestasie aangesê het om ‘n verklaring
te maak en dat sy regte nie aan hom verduidelik was
nie. Beskuldigde
5 het verder getuig dat hoewel hy ‘n regsverteenwoordiger gehad het
tydens die borgaansoek, hy slegs 10 minute
met sy prokureur gepraat
het wie nooit enige regte aan hom verduidelik het nie. Die landdros
se waarskuwing tydens die borgverrigtinge
is deur Mej. Andrews aan
beskuldigde 5 voorgelees, maar hy het beweer dat hy sodanige
waarskuwing nie kan onthou nie en voer hy verder
aan:
“Ek
verstaan dit nou maar nie destyds nie – dit was my eerste keer in
die hof.”
Tydens kruisverhoor deur die Staat blyk dit dat
beskuldigde 5 gedurende die borgverrigtinge geweier het om sekere
inkriminerende
vrae deur die Staat te antwoord. Die rede wat
beskuldigde 5 in hierdie hof aanvoer vir sy weiering om te antwoord
op sodanige vrae
was:
“
Ek het gedink dis die
borgaansoek – Ek hoef nie die vraag te antwoord nie.”
‘n
Verdere rede vir sy weiering om te antwoord was:
“Ek wou nie
vrae ten opsigte van die voorval self antwoord nie. Hoekom weet ek
nie.”
(9)
CHRISTIAAN JONKERS
(hierna verwys as beskuldigde 8) het getuig dat hy wel die
waarskuwing van die landdros gehoor het maar beweer dat hy die
implikasies
daarvan nie verstaan het nie. Hy het getuig verder dat hy
slegs 10 minute met sy Prokureur gekonsulteer het en dat dié hom
nooit
ingelig het van sy regte nie. Aangesien Sersant de Kock na
bewering aan beskuldigde 8 gesê het dat hy borg sal kry indien hy sy
verdediging voor die hof plaas, het hy tydens kruisverhoor deur die
staat gedurende die borgaansoek sy verdediging geopenbaar. Hy
bekla
egter die feit dat sy prokureur tydens sodanige openbaring deur
homself nooit opgestaan het om beswaar te maak nie. Beskuldigde
8 was
nie instaat om enige rede aan te voer vir sy weiering gedurende die
borgaansoek om sekere vrae te antwoord nie. Tydens kruisverhoor
deur
die Staat sê beskuldigde 8 dat die weergawe wat hy aan Sersant de
Kock tydens arrestasie gedurende Junie 2004 gegee het en
weer aan die
hof tydens die borgaansoek, gedurende Julie 2004 herhaal het, vals
was. Hy het die weergawe bloot verskaf omdat hy borg
wou hê. Dit
blyk verder dat beskuldigde 8 nooit sy prokureur ingelig het van sy
voorneme om sy weergawe voor die hof te plaas nie.
Hy kan geen rede
vir die versuim verskaf nie. Voorts getuig beskuldigde 8 dat hy wel
geluister het toe die landdros hom gewaarsku
het maar
“nie met
volle sin nie”
. Geen rede kan vir die versuim verskaf word nie.
Bogemelde getuienis deur beskuldigde 8 staan in skrille kontras met
sy aanvanklike
bewering dat hy die waarskuwing deur die landdros
gehoor het maar die implikasies daarvan nie verstaan het nie.
(10) Die Staat het
MARINDA
DE KOCK
slegs ten opsigte van beskuldigde 8 geroep. Dié getuie
is ‘n Sersant in die Suid-Afrikaanse Polisie, gestationeer te
Vredenburg
en die ondersoekbeampte in die onderhawige saak. Sy getuig
dat sy beskuldigde 8 gedurende arrestasie behoorlik gewaarsku het van
sy regte. Sy ontken dat sy ooit enige moontlikheid van borg met
beskuldigde 8 bespreek het of dat sy enige beloftes aan hom gemaak
het. Sy getuig ook dat sy sedert beskuldigde 8 se arrestasie tot die
datum van die borgaansoek, nooit met hom gepraat het nie.
Die Hof het na betoë gelas
dat die borgverrigtinge voorlopig as getuienis toegelaat word.
TOELAATBAARHEID VAN
VERKLARINGS DEUR BESKULDIGDES EEN (1) EN VYF (5) ONDERSKEIDELIK AAN
VREDEREGTERS AFGELÊ ASOOK BESKULDIGDE EEN
(1) SE UITWYSING AAN
VREDEREGTER (TWEEDE EN GESAMENTLIKE BINNEVERHOOR)
(11) Die Staatsaanklaer het
aangedui dat sy t.o.v. beskuldigde een (1) twee verklarings voor
vrederegters wil inhandig. Die eerste
verklaring bevat na bewering
sekere mededelings wat neerkom op erkennings deur beskuldigde 1. Die
tweede verklaring bevat uitwysings
en mededelings deur beskuldigde 1
aan ‘n vrederegter. Verder het die Staat versoek dat ‘n
verklaring van beskuldigde 5, gemaak
voor ‘n vrederegter en wat ‘n
bekentenis blyk te wees, ingehandig word. Mnr. Mohamed, namens
beskuldigde 1 sowel as Mej. Andrews
namens beskuldigde 5, het beswaar
aangeteken teen sodanige inhandiging. Beskuldigde 1 se beswaar teen
die verklaring aan die vrederegter
was in kort as volg:
Beskuldigde 1 was
onbehoorlik beïnvloed deur o.a. die ondersoekbeampte om die
verklaring te maak;
Beskuldigde 1 was nooit
m.b.t. sy Konstitutionele regte geadviseer deur die vrederegter nie.
In die alternatief het Mnr.
Mohamed aangevoer dat beskuldigde 1 “gestoomroller” was om die
verklaring te maak deurdat hy onmiddellik
na arres ondervra was. Ten
opsigte van die uitwysings en mededelings gemaak deur beskuldigde 1
aan die vrederegter voer Mnr. Mohamed
aan dat beskuldigde 1 reeds
tydens die voor-verhoorproses gebring was in ‘n “confessing state
of mind” deur die gedrag van
die ondersoekbeampte en dat die
uitwysings dus op ‘n onbehoorlike wyse verkry is.
(12) Mej. Andrews, namens
beskuldigde 5 het aangevoer dat beskuldigde 5 se ouers afwesig was
tydens die aflê van sy verklaring en
dat die senioriteit van die
polisiebeampte wie opgetree het as vrederegter, beskuldigde 5 sodanig
geïntimideer het dat hy hom genoop
gevoel het om ‘n verklaring af
te lê. Voorts beweer Mej. Andrews dat beskuldigde 5 nooit ‘n
verklaring wou maak nie, dat hy
gedeeltes van die inhoud van die
verklaring ontken en dat die verklaring nooit aan beskuldigde 5
voorgelees was voordat hy versoek
was om dit te onderteken nie.
(13) ‘n Binneverhoor is
gelas ten opsigte van die toelaatbaarheid, al dan nie van die
verklaring deur beskuldigde 1 aan ‘n vrederegter
asook die
verklaring waarin beskuldigde 1 se uitwysings en mededelings aan ‘n
vrederegter, vervat is, asook die verklaring van
beskuldigde 5 aan ‘n
vrederegter.
GETUIENIS IN DIE TWEEDE
BINNEVERHOOR
(14) Die Staat het
voortgegaan en getuies geroep in die binneverhoor.
SERSANT MARINDA
DE KOCK
, is ‘n sersant in die SA Polisie, gestationeer te
Vredenburg en die ondersoekbeampte in die onderhawige saak, het as
volg getuig:
Op Dinsdag 15 Junie 2004 het
beskuldigde 1 vergesel van sy oom, Mnr. Van Heerden, by die getuie se
kantoor opgedaag. Beskuldigde 1
het sekere mededelings aan die getuie
gemaak, waarop sy hom gearresteer het vir die onderhawige saak en dan
ook ingelig het van sy
regte. Volgens die getuie het beskuldigde 1
aangedui dat hy d.m.v. ‘n verklaring wil verduidelik wat gebeur
het. Sersant De Kock
het toe vir Kaptein Mong (op daardie stadium die
speurhoof te Vredenburg) geskakel en versoek om die nodige reëlings
te tref. Beskuldigde
1 was so
+
‘n uur tot ‘n uur en ½ in
haar kantoor. Hoewel Mnr. Van Heerden aanvanklik teenwoordig was, het
die getuie hom na ongeveer veertig
minute verskoon. Volgens Sersant
De Kock het Kaptein Mong beskuldigde 1 by haar kantoor kom haal en
hom na Kaptein De Bruyn geneem.
Sy getuig dat Kaptein De Bruyn
destyds by ‘n spesiale taakspan betrokke was en nie in die
Vredenburg kantoor was toe beskuldigde
1 daar opgedaag het nie.
Verder getuig die getuie dat dit op versoek van beskuldigde 1 was dat
daar op 17 Junie 2004 ‘n toneel-uitwysing
ook deur Kaptein Mong
gereël was.
(15) Ten opsigte van
beskuldigde 5 verduidelik Sersant De Kock dat sy hom gedurende die
middag van 15 Junie 2004 voor ‘n winkel
in sesde straat Vredenburg
gearresteer het waar sy dan ook hom van sy regte ingelig het. Sy
getuig dat terwyl beskuldigde 5 by hulle
kantoor gesit het, hy sekere
mededelings aan haar gemaak het en so aangedui het dat hy ‘n
verklaring wil maak. Kaptein Mong het
weer eens die nodige reëlings
getref. Tydens kruisverhoor deur beskuldigde 1 se advokaat, getuig
Sersant De Kock dat Kaptein De
Bruyn, die vrederegter wie die
beskuldigde se verklaring afgeneem het, tydens die gebeure by
dieselfde speurtak werksaam was. Die
getuie getuig dan ook dat daar
na Hopefield geskakel was op soek na ‘n Landdros, sonder sukses.
Die getuie was onwillig om toe
te gee dat dit beter sou wees om
beskuldigde 1 na ‘n Landdros te neem vir die bekentenis.
(16) Dit was dan ook gestel
aan die getuie dat beskuldigde 1 tydens arrestasie nog jonk was, dat
sy oom of ouers nie teenwoordig was
tydens ondervraging nie, dat hy
vanaf 9uur tot 11uur ondervra was en dat hy onbehoorlik beïnvloed
was om ‘n verklaring af te lê
deurdat die getuie aan beskuldigde 1
sou gesê het dat dit strafversagtend vir hom sal wees asook dat sy
reeds oor verklarings beskik
wat beskuldigde 1 inkrimineer. Sersant
De Kock het getuig dat beskuldigde 1 op die stadium van arrestasie
reeds 18 jaar oud was,
dat sy oom ten minste 30 minute in haar
kantoor vertoef het voor sy hom verskoon het, dat sy beskuldigde 1
in ‘n verstaanbare
taal gewaarsku het van sy regte. Die getuie
ontken dat sy ooit enige beloftes aan beskuldigde 1 gemaak het met
betrekking tot strafversagting.
Sersant De Kock ontken ook ten
sterkste dat sy aan beskuldigde 1 voorgehou het dat sy reeds oor
verklarings beskik het wat beskuldigde
1 inkrimineer. Sy getuig dat
“...op daai stadium het ek nog geen verklarings gehad nie.”
Tydens kruisverhoor deur Mej. Andrews namens beskuldigde 5 was dit
aan die getuie gestel dat geen regte aan hom voorgelees was nie,
dat
by aankoms by die polisiestasie daar aan hom gesê is dat die ander
beskuldigdes reeds verklarings gemaak het, en het Inspekteur
Kuilders
en Sersant De kock hom oortuig om ‘n verklaring te maak. Dit was
dan ook verder gestel dat beskuldigde 5 so te sê onmiddellik
na
Superintendent Rooi geneem was en het hy geen tyd gehad om die
implikasies te besef nie. Eers na die aflê van die verklaring
het
Sersant De Kock na bewering die kennisgewing van regte aan
beskuldigde 5 oorhandig.
(17) Ten opsigte van
bogemelde stellings het die getuie volgehou dat beskuldigde 5
behoorlik gewaarsku was van sy regte ten alle tye
en dat hy sy
kennisgewing van regte ontvang het voordat hy na Superintendent Rooi
geneem was. Sy ontken ook die aantyging dat sy
beskuldigde 5
oorgehaal het om ‘n verklaring te maak en vertel dat toe die
beskuldigde 5 by die polisiestasie op die bankie sit,
het hy sekere
mededelings aan haar gemaak, welke mededelings haar tot die
gevolgtrekking laat kom het dat die beskuldigde ‘n verklaring
wou
aflê. Sersant De Kock het gevolglik weereens vir Kaptein Mong
genader om die nodige reëlings te tref.
(18) Die Staat het Kaptein De
Bruyn aan wie beskuldigde 1 sy verklaring gemaak het, geroep en ook
versoek dat die pro-forma gedeelte
van die verklaring ingehandig word
as
Bewysstuk “G”.
ALETTA ELIZABETH DE BRUYN
het getuig dat sy ‘n Kaptein is in die Suid-Afrikaanse
Polisiediens, gestationeer by die speurtak te Vredenburg en ‘n
kollega
is van die ondersoekbeampte in hierdie saak, nl. Sersant De
Kock. Op 15 Junie 2004 was die getuie belas met ‘n ondersoek as lid
van ‘n spesiale taakspan ten opsigte van taxi-geweld te Saldanha,
Vredenburg en St. Helena Baai. Haar bevelvoerder, Kaptein Mong
het
haar geskakel en versoek om na die kantoor te Vredenburg te kom ten
einde ‘n verklaring af te neem. Met haar aankoms by die
Vredenburg
kantoor het die getuie vir beskuldigde 1 in ‘n kantoor aangetref.
Sy het haarself aan hom voorgestel en gevra wat hy
wil doen.
Beskuldigde 1 het volgens die getuie te kenne gegee dat hy ‘n
bekentenis wou aflê. Kaptein De Bruyn het beskuldigde
1 vervolgens
ingelig van sy regte en die pro-forma gedeelte van
Bewysstuk “G”
met hom deurgegaan en ingevul. Sy getuig
“...beskuldigde het
gesê hy verstaan en hy wil voortgaan.”
(19) Nadat die getuie
beskuldigde 1 se verklaring geneem het, het sy
Bewysstuk “G”
met hom deurgegaan en ook aan die beskuldigde gegee, aangesien hy
gesê het dat hy kan lees. Tydens kruisverhoor deur Mnr. Mohamed
namens beskuldigde 1 het die getuie toegegee dat daar in hierdie
geval afgewyk is van normale praktyk om bekentenisse deur ‘n
Landdros
te laat afneem, want getuig die getuie
“...Mong het
gesê hy het alle pogings aangewend om Landdroste te kry, maar was
onsuksesvol gewees.”
(20) Dit was verder aan die
getuie gestel dat beskuldigde 1 onbehoorlik beïnvloed was deur die
ondersoekbeampte deurdat beskuldigde
1 op 15 Junie 2004 -
vanaf 9 uur tot 11 uur deur
die ondersoekbeampte ondervra was;
sonder dat hy van sy regte
verwittig was en
dat sodanige ondervraging
van die jeugdige beskuldigde geskied het in die afwesigheid van ‘n
ouer of voog.
Verder is ook aan die getuie
gestel dat die ondersoekbeampte die beskuldigde uitgelok het om ‘n
verklaring te maak deur aan hom
voor te hou dat:
sy beskik oor verklarings
wat hom impliseer, en
indien hy sy betrokkenheid
by die misdryf sou erken, dit sal kan dien ter strafversagting.
Verder was gestel dat die
beskuldigde direk na sy ondervraging met die ondersoekbeampte geneem
was om ‘n verklaring voor die getuie
af te neem, welke proses vanaf
11h15 tot 12h45 geduur het en was die beskuldigde na bewering
gestoomroller. Die getuie het aangedui
dat sy nie kommentaar kan
lewer oor gebeure voordat sy beskuldigde 1 ontmoet het nie,maar
getuig dat die tyd van aanvang van die
afneem van die verklaring deur
haarself blyk uit
Bewysstuk “G”
, naamlik 13h30. Die getuie
getuig ook dat sy die verrigtinge sou gestop het indien sy uitgevind
het dat beskuldigde 1 onbehoorlik
beïnvloed was, maar
“...hy’t
aangedui hy is nie beïnvloed nie.”
(21) Met betrekking tot die
beskuldigde se regte getuig Kaptein De Bruyn dat voor sy met die
pro-forma begin het, sy beskuldigde se
regte aan hom verduidelik het.
Daarna het sy die pro-forma gevolg en hom weer gewaarsku van sy
regte. Sy gee toe dat sy nie ‘n
verduideliking verskaf het van wat
die doel van ‘n regsverteenwoordiger is nie, maar hom bloot ingelig
het van sy reg tot ‘n
regsverteenwoordiger, maar
“...beskuldigde
het aangedui dat hy stel nie in ‘n prokureur belang nie, hy wil
voortgaan.”
Sy getuig verder dat beskuldigde 1 agtien (18) jaar
oud was, dat hy normaal gereageer het op alle vrae en dat sy voor
elke proses
gestop het en gevra het of hy wil voortgaan. Sy het nie
gevoel dat dit nodig was om sy ouers daar te hê nie. Sy getuig dan
ook dat
beskuldigde sou gesê het dat die verklaring as
strafversagting moet dien. Mnr. Mohamed het dit aan die getuie gestel
dat die antwoorde
op vrae 10(i) en 10(ii) naamlik
“dien as
strafversagtend dit is al”,
aanduidend daarvan is dat die
beskuldigde onbehoorlik beïnvloed was. Kaptein De Bruyn het egter
getuig dat sy dit nie nodig geag
het om verder in te gaan omtrent die
voordeel wat beskuldigde 1 verwag het nie. Sy getuig:
“...As
beskuldigde uitgebrei het van sy kant, sou ek die verrigtinge gestaak
het.”
Dit was ook aan die getuie gestel dat beskuldigde 1
beweer dat
Bewysstuk “G”
nie na die tyd met hom deurgegaan
is nie en dat hy bloot moes teken waar Kaptein De Bruin merkies met
‘n potlood aangebring het.
Die getuie het weer haar getuienis
herhaal, naamlik dat sy met voltooiing van die dokument, dit aan
beskuldigde 1 voorgelees het
en dit dan aan hom oorhandig het vir
insae.
(22) Die Staat het
KAPTEIN
SYDNEY FRYER
geroep t.o.v. die beweerde uitwysings wat
beskuldigde 1 aan die Kaptein gedoen het. Sydney Freyer het getuig
dat hy ‘n Kaptein is
in die SA Polisiediens, gestationeer te
Saldanha waar hy die bevelvoerder is van die Speurtak. Bogemelde was
dan ook die posisie
op 17 Junie 2004 toe die getuie deur Kaptein Mong
versoek was om behulpsaam te wees met ‘n uitwysing. Die getuie het
bladsye 1,2,3,5
en 6 van
Bewysstuk “F”
geïdentifiseer as
deel van die pro-forma wat hy gedurende die uitwysings voltooi het.
Die Staat het dan ook bogemelde bladsye van
die pro-forma ingehandig
as
Bewysstuk “F”.
Kaptein Fryer verduidelik dat hy tydens
die uitwysing presies dieselfde pro-forma gebruik het en bloot later
dit netjies oorgeskryf
het, op ‘n soortgelyke pro-forma. Hy
verduidelik dat hy bladsye 1-3 van die dokument voltooi het saam met
die beskuldigde.
“Ek het sy antwoorde daarop gekry en
neergeskryf.”
Die getuie het verder die vrae en beskuldigde 1
se antwoorde daarop uitgelees:
“
Het u al vantevore
uitwysings of aanwysings gedoen? Nee Meneer”
“
Is u aangerand,
gedreig of onbehoorlik beïnvloed? Nee”
“
Het u enige beserings?
Nee”
Volgens die getuie was hy
ongeveer 30 minute besig met die uitwysing.
(23) Tydens kruisverhoor deur
Mnr. Mohamed namens beskuldigde 1, verduidelik Kaptein Fryer dat hy
baie by Vredenburg Polisiestasie
gekom het in verband met werk en
gevolglik die beamptes daar ken, maar dat hy nog nooit saam met
Kaptein Mong of Sersant de Kock
gewerk het nie. Die getuie getuig:
“Ek ondersoek nie sake nie. Ek ‘run’ die kantoor”
–
verwysende na die Saldanha kantoor. Mnr. Mohamed het by meer as een
geleentheid dit aan die getuie gestel dat beskuldigde 1 sal
ontken
dat hy deur die getuie van sy regte ingelig was. Op bogemelde het die
getuie toegegee dat hy nie die detail kan onthou van
waar presies die
beskuldigde ingelig was van sy regte nie, maar dat hy beskuldigde 1
wel deeglik van sy regte ingelig het en dat
die beskuldigde dit
verstaan het. Hy getuig:
“Ek het dit gelees soos dit hier staan,
(verwysende na
Bewysstuk “F”
)
en hom gevra of hy
verstaan. Ek maak seker dat die persoon weet wat ek vir hom sê.”
“Dit is sinneloos om die ding vinnig deur te lees en te vra
verstaan u?”
(24) Die getuie het toegegee
dat hy nie aan beskuldigde 1 verduidelik het hoe om prakties te werk
te gaan ten einde regsverteenwoordiging
te kry nie, of wat die
verskil is tussen ‘n erkenning en ‘n bekentenis nie, maar het
volgehou dat die beskuldigde behoorlik ingelig
was van sy regte.
“Hy
was ingelig, maar ook verduidelik.”
Hy getuig ook:
“Ek
verduidelik en behandel die sin. Ek lees dit nie presies soos dit
hier staan nie.”
Op vrae van Mnr. Mohamed aangaande die feit
dat beskuldigde 1 se ouers nie teenwoordig was nie, het die getuie
gedui op par. 5 van
Bewysstuk “F”
wat handel met
minderjariges en die reg om ‘n regsverteenwoordiger, ouer of voog
teenwoordig te hê en aangedui dat hy dit met
beskuldigde een (1)
behandel het. Beskuldigde het egter geen aanduiding gegee dat hy
belangstel om enige van daardie persone teenwoordig
te hê nie. die
getuie het onder andere ook getuig:
“As hy aangedui het hy wil
‘n prokureur hê, dan sou ons die prosedure gestop en gereël het
vir ‘n prokureur. Dan sou ons die
uitwysing op ‘n latere stadium
gedoen het.”
(25) Dit was verder gestel
aan Kaptein Fryer dat Sersant de Kock die beskuldigde onbehoorlik
beïnvloed het en dat Kaptein Fryer nooit
enige vrae in dié verband
aan beskuldigde 1 gevra het nie. Hierop het die getuie aangedui:
“Ek
kan net staatmaak op sy antwoorde. Ek het niks anders nie – dis net
sy antwoorde. Ek volstaan daarby dat toe ek daai stukkie
met hom
behandel het, kon hy dit vir my gesê het, maar hy het nie.”
Laastens het die getuie toegegee dat slegs sy eie handtekening op
Bewysstuk “F”
verskyn en getuig hy
“die pro-forma
maak nie voorsiening vir die beskuldigde se handtekening nie.”
Op ‘n vraag van die Hof of hy enige idee gehad het waarheen hul sou
gaan, het Kaptein Fryer getuig:
“Geen idee – die beskuldigde
het aanwysings gegee.”
(26)
ALBERT UNGERER
het
getuig dat hy ‘n Inspekteur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens te
Vredenburg is en verbonde is aan die Speurtak, aldaar as
‘n
ondersoekbeampte. Op 17 Junie 2004 het die getuie Kaptein Fryer
bygestaan by ‘n uitwysing – hy het die voertuig bestuur
terwyl
Kaptein Fryer in die passasier sitplek gesit en notas geneem het.
Beskuldigde 1 het links agter in die voertuig gesit en aanwysings
gegee waarheen die getuie moes ry. Die getuie getuig dat hulle eers
na ‘n huis in Steve Twethestraat was. Daarna is ‘n huis in
Ntapangstraat besoek waar ‘n mes gevind is. Aan die einde het die
beskuldigde aangedui dat hy nog iets wou wys waarop hulle na
die
Vredenburg Landdroshof is waar ‘n mat-mes in ‘n vullismandjie
aangetref en op beslag gelê is. Die mes is gefotografeer voor
die
beslaglegging. Tydens kruisverhoor deur Mnr. Mohamed het die getuie
aangedui dat hy nie seker was wie hom versoek het om Kaptein
Fryer
behulpaam te wees nie. Hy bevestig egter dat hulle die beskuldigde by
die hofselle gaan haal het. Geen verdere stellings wat
van belang is
was aan die getuie gemaak nie.
(27)
JOHN WESLEY ROOI,
‘n
Superintendent in SA Polisiediens, gestationeer te Vredenburg, met
27jaar diens getuig dat hy op 15 Junie 2004 die stasiekommissaris
by
die Vredenburg polisiekantoor was. Op daardie dag is hy deur Kaptein
Mong genader om ‘n verklaring van beskuldigde 5 af te neem
aangesien daar geen Landdroste beskikbaar was nie. Die getuie beweer
dat hy geen insae in die dossier op daardie betrokke stadium
gehad
het nie, maar dat hy wel bewus was van die moord asook die identiteit
van die oorledene. Die plek waar hy die verklaring van
beskuldigde 5
afgeneem het was in die kantoor wat gebruik was deur die
ondersoekspan wat die saak ondersoek het.
(28) Superintendent Rooi het
Bewysstuk “E”
geïdentifiseer as die vorm wat deur hom
voltooi is tydens die verrigtinge en verduidelik:
“Die naam
Teswald Cheslin van Wyk het ek by beskuldigde 5 self gekry.”.
Voorts verduidelik die getuie, dat hy die vrae op die pro-forma met
die beskuldigde deurgegaan het, waarna hy voortgegaan het om
die
beskuldigde se verklaring af te neem. Dit het ongeveer 30 minute
geneem om die pro-forma te voltooi en daarna nog
+
‘n uur en
30 minute vir die res. Die getuie verduidelik dat dit so lank geneem
het, want
“Jy moet dit versigtig doen en jou tyd neem en alles
aan die beskuldigde verduidelik.”
Die getuie verduidelik ook
dat hy die verklaring stuksgewys neergeskryf het en dat hy vrae ter
opheldering gevra het en dit so aangedui
het op die dokument. Die
getuie het daarna self elke bladsy van die verklaring aan die
beskuldigde voorgelees ten einde seker te
maak dat niks daarin
voorkom waarmee die beskuldigde nie saamstem nie, waarna die
beskuldigde dit onderteken het.
“Beskuldigde het geensins
aangedui dat hy ontevrede is nie.”
Tydens kruisverhoor deur
Mej. Andrews namens beskuldigde 5 gee die getuie toe dat hy as
stasiekommissaris ingelig was rondom die
moord. Die saak was die
Maandag tydens die vergadering bespreek, hoewel die getuie beweer hy
nie kan onthou in hoeveel detail nie.
Hy gee verder toe dat dit vir
hom as stasiekommissaris van belang was dat die saak opgelos word en
dat hy tot ‘n mate in eie belang
opgetree het toe hy die verklaring
geneem het. Superintendent Rooi het egter aangevoer dat hy steeds
100% neutraal was by die afneem
van die verklaring. Voorts getuig
Superintendent Rooi dat Kaptein Mong en sy ondersoekspan aangedui het
dat ‘n Landdros nie beskikbaar
was nie en
“dit was vir my
belangrik om voort te gaan met die verrigtinge....as iemand ‘n
verklaring wil maak is dit belangrik om hom te
help.”
(29) Op ‘n vraag van die
Hof naamlik of daar benadeling sou gewees het as die saak gewag het
tot die volgende dag vir ‘n Landdros,
antwoord die getuie:
“Ek
glo so, as mense oornag in die selle, dan word die goed bespreek.”
Dit was ook aan Superintendent Rooi gestel dat beskuldigde 5 sal
aanvoer dat paragrawe ‘a’ tot ‘c’ op bladsy een (1) van
Bewysstuk “E”
nooit met hom deurgegaan is nie en dat
Superintendent Rooi bloot aan hom gesê het dat hy
regsverteenwoordiging kan kry wanneer hy
in die Hof verskyn.
Bogemelde stelling was deur Supterintendent Rooi ontken. Mej. Andrews
het ook aan die getuie gestel dat beskuldigde
5 sal ontken dat hy die
antwoord soos genotuleer te vraag 12, bladsy 4 van
Bewysstuk “E”
gegee het, waarop die getuie gereageer het dat hy die antwoord
genotuleer het soos dit aan hom gegee was.
(30) Later was dit ook in
kruisverhoor aan die getuie gestel dat beskuldigde 5 sal beweer dat
hy nie ‘n verklaring wou aflê nie,
maar dat hy onbehoorlik
beïnvloed was deur Inspekteur Kuilders en Sersant De Kock wat aan
hom voorgehou het dat die ander beskuldigdes
reeds verklarings afgelê
het. Die getuie se reaksie was dat hy nie op sodanige stelling
kommentaar kan lewer nie, aangesien hy nie
kennis dra van die gebeure
voordat hy die verklaring van beskuldigde 5 afgeneem het nie. Mej.
Andrews het verder dit gestel dat beskuldigde
5 daardie dag mandrax
gerook het, waarop Superintendent Rooi aangedui het dat beskuldigde 5
nugter voorgekom het en dat hy geen dwelm
of drank reuk waargeneem
het nie.
(31) Verder het Mej. Andrews
dit gestel dat beskuldigde 5 sal aanvoer dat die verklaring nooit aan
hom voorgelees was nie en dat hy
bloot die dokument moes teken.
Hierop het Superintendent Rooi toegegee dat hy nie seker is of die
beskuldigde self die verklaring
gelees het nie, maar dat hy wel seker
is daarvan dat hy die verklaring aan die beskuldigde voorgelees het
voordat die beskuldigde
dit onderteken het. Mej. Andrews het
voortgegaan en aan die getuie gestel dat beskuldigde 5 sal ontken dat
hy sekere stellings aan
die getuie gemaak het, naamlik:
“
Ons het hom gesien en
besluit om hom dood te maak.”
Hy het nooit gesê die
oorledene het stil gelê nie, en
Dat hy nooit aan
Superintendent Rooi gesê het dat dit die eerste persoon is wat hy
doodgemaak het nie.
Superintendent Rooi het
volgehou dat dit die beskuldigde se woorde was en dat hy bloot
neergeskryf het wat die beskuldigde aan hom
vertel het. Tydens
herverhoor deur die Staat het die getuie die inhoud van die
verklaring aan die Hof uitgelees en is bladsye 8 en
9 ook ingehandig
as deel van
Bewysstuk “E”
.
(32)
JULIANA KUILDERS,
‘n
Inspekteur in die diens van die Suid-Afrikaanse Polisie te Vredenburg
speurtak, het in haar getuienis in hoof getuig dat sy op
15 Junie
2004 op versoek van Kaptein Mong vir beskuldigde 5 vanaf die bankie
waar hy gesit het in die polisiekantoor na die kantoor
van
Superintendent Rooi geneem het. Sy het verduidelik dat sy voor die
betrokke datum al kennis gemaak het met die beskuldigde uit
die aard
van haar werk. Tydens kruisverhoor deur Mej. Andrews getuig die
getuie dat sy bekend was met beskuldigde 5 aangesien sy
sy moeder
ken. Sy het hom dus herken met haar aankoms by die polisiestasie waar
hy op ‘n bankie gesit het. By navraag oor sy teenwoordigheid,
aldaar, beweer die getuie, het beskuldigde 5 aan haar gesê dat hy
daar is vir ‘n moordsaak en dat hy ‘n verklaring gaan aflê.
Die
getuie beweer dat sy hom as ‘n vriend probeer aanspoor het om eers
‘n prokureur te bekom wat die beskuldigde geweier het.
Na bogemelde
getuienis het Mej. Andrews dit aan die getuie gestel dat beskuldigde
5 sal ontken dat hy mededelings aan haar gemaak
het en dat hy sal
aanvoer dat Inspekteur Kuilders hom aangesê het om ‘n verklaring
te maak, aangesien die ander beskuldigdes dit
alreeds gedoen het.
Inspekteur Kuilders het die bogemelde ontken en getuig dat sy nie
eens bewus was van die ander beskuldigdes nie.
(33)
ANDREW SAMUEL SNYDERS
het getuig in hierdie kategorie dat hy op 15 Junie 2004 tydens sy
arrestasie18 jaar oud was. Hy het standerd sewe (7) op skool geslaag
en het tydens die voorval gewerk vir sy oom wie ‘n bou-onderneming
het. Die oom, Abie van Heerden het hom dan ook op Dinsdag 15
Junie
2004 omstreeks 9uur op versoek van sy pa na die Vredenburg
polisiestasie geneem. Beskuldigde 1 getuig:
“Sersant de Kock was
by haar kantoor toe ons daar aankom. Ons gaan in en maak mededelings
aan haar. Ek en my oom gaan saam in en
toe is my oom met Sersant de
Kock uit.”
Sersant De Kock het beskuldigde 1 na bewering
ondervra vanaf 9uur tot 11uur en sy kennisgewing van regte eers om
11h15 aan hom gegee,
net voor hy na die vrederegter is. Beskuldigde 1
beweer dat Sersant De Kock hom gearresteer het tydens die
ondervraging, maar dat
hy geensins ingelig was van sy regte nie.
Sersant De Kock het aan beskuldigde 1 gesê dat daar verklarings is
wat bevestig dat hy
betrokke is by die misdryf. Sy het ook na
bewering gesê dat indien beskuldigde 1 sy betrokkenheid by die
misdryf erken, sal dit
dien as strafversagting en dat die Hof hom dan
nie so swaar sou straf nie.
(34) Beskuldigde 1 getuig dat
Sersant De Kock notas geneem het terwyl hy mededelings aan haar
gemaak het. Toe sy klaar is met haar
notas, sê sy sy is nie in staat
om ‘n verklaring te neem nie
“sy gaan my neem na iemand met ‘n
hoër rang soos ‘n Landdros.”
Sersant De Kock het die
kantoor verlaat waarna ‘n vrou ingekom het – beskuldigde 1 getuig
in sy woorde:
“Ek het verwag ‘n Landdros sou inkom.”
Die
vrou het haar voorgestel as Kaptein De Bruyn, ‘n vrederegter en
gesê dat sy daar is om sy verklaring af te neem. Beskuldigde
1
beweer dat Kaptein De Bruyn hom geensins ingelig het of verduidelik
het van sy regte nie. Sy het hom wel gevra of enige beloftes
deur
enige persoon aan hom gemaak is indien hy ‘n verklaring sou aflê,
waarop hy haar vertel het dat Sersant De Kock gesê het
indien hy sy
betrokkenheid sou erken dit sou dien as strafversagting. Beskuldigde
1 getuig ook dat Kaptein De Bruyn hom nooit gevra
het of hy al
voorheen ‘n verklaring in verband met die voorval aan enige ander
persoon gemaak het nie, maar dat hy haar wel gesê
het dat hy ‘n
verklaring aan Sersant De Kock gemaak het.
(35) Beskuldigde 1 beweer ook
dat vraag 11.(iii) van
Bewysstuk “G”
, naamlik
“waarom
verlang u om die verklaring te herhaal?”
, nooit aan hom gestel
was nie. Beskuldigde 1 getuig dat nadat Kaptein De Bruyn sy
verklaring afgeneem het, sy kruisies in potlood
gemaak het waar hy
moes teken. Sy het die verklaring nooit aan hom uitgelees nie en hom
ook nooit kans gegee om dit deur te lees
nie. Beskuldigde 1 beweer
dat hy tydens die aflê en die ondertekening van die verklaring nie
die implikasies van sy handelinge besef
het nie. Na aflê van die
verklaring was beskuldigde 1 in hegtenis aangehou en het hy op
Donderdag 17 Junie 2004 in die Hof verskyn.
Toe hy die middag uit die
Hof kom het Sersant De Kock daar opgedaag en gesê hy moet ‘n
uitwysing gaan doen. Hy was weer nie van
sy regte ingelig nie. Daarna
het Kaptein Fryer opgedaag en hom kom haal. Kaptein Fryer vergesel
beskuldigde 1 toe vanuit die hofselle
na ‘n voertuig waarmee hul
onmiddellik vertrek het. Niemand behalwe Kaptein Fryer het met
beskuldigde 1 gepraat nie en terwyl hulle
ry het Kaptein Fryer vrae
aan hom gevra en notas gemaak. Op geen stadium het Kaptein Fryer hom
ingelig van sy regte nie. Hy het hom
ook nie gewaarsku van enige
foto’s wat geneem mag word nie.
(36) Beskuldigde 1 ontken dat
Kaptein Fryer ooit vrae 1 en 2 op bladsy 5 van
Bewysstuk “F”
gevra het nie, naamlik:
of hy tevrede is dat dit
wat beskuldigde 1 aangewys het, korrek genotuleer is en
of beskuldigde 1 tevrede is
dat dit wat hy aangewys het, sy eie weergawe van die gebeure is.
Beskuldigde 1 bevestig egter dat
Kaptein Fryer vraag no. 3 op
bladsy 6, naamlik of hy enige klagtes het oor die wyse waarop die
aanwysings waargeneem is, gevra
het en hy dui aan dat hy geen
klagtes gehad het nie.
Tydens kruisverhoor deur die
Staat blyk dit dat beskuldigde 1 afwyk van sy aanvanklike getuienis
aangaande hoe die gebeure by aankoms
by Sersant De Kock se kantoor
verloop het. Beskuldigde 1 se getuienis in hoof was dat:
“Ons
gaan in en maak mededelings aan haar”
wat dan toe aanleiding
gegee het tot die beweerde 2 ure lange ondervraging deur Sersant De
Kock. Tydens kruisverhoor beweer beskuldigde
1 dat hy geen idee gehad
het waarom die polisie hom gesoek het nie en dat hy aanvanklik
geensins met Sersant De Kock gepraat het
nie, maar dat sy oom al die
praatwerk gedoen het. Toe beskuldigde 1 herinner word aan sy
getuienis in hoof, pas hy sy weergawe effens
aan deur te sê:
“Ek
het ingekom, my oom praat en hulle twee gaan uit. Sy kom terug. Ek
maak mededelings – dis goed wat ek sê in verband met die
saak.
Eers na ek sekere goed sê van die saak begin sy my vra.”
(37) Tydens kruisverhoor blyk
dit dat die rede wat beskuldigde 1 aanvoer vir die maak van die
verklaring, is omdat Sersant De Kock
twee keer
aan hom genoem
dat sy oor verklarings beskik wat daarop dui dat hy betrokke is by
die misdryf en
een keer
aan hom genoem het dat indien hy sy
betrokkenheid by die misdryf erken, dit sal dien as strafversagting.
Beskuldigde 1 getuig:
“Ek het gedink ek moet ‘n verklaring
maak”
, maar toe die Staatsaanklaer hom vra
“waarom dink u
u moet ‘n verklaring aflê toe De Bruyn inkom?”
, antwoord
beskuldigde 1
“Ek kan nie sê nie.”
(38) Opvallend is ook
beskuldigde 1 se reaksie tydens die ondertekening van die verklaring.
Hy kan nie aan die Hof verduidelik wat
hy gedink het terwyl hy sy
handtekening op die verklaring aangebring het nie:
V: “Terwyl u sit en
teken, het u gewonder hoekom teken u?”
A: “Nee – ek het
gedink dis deel van die verklaring.”
Verder getuig beskuldigde
1 dat hy geen probleem gehad het om die verklaring voor Kaptein De
Bruyn af te lê nie, alhoewel hy ‘n
Landdros verwag het.
Beskuldigde 1 getuig dat hy reg aan die einde na die aflê van die
verklaring en uitwysing en terwyl hy in die
selle gelê het, besef
het dat hy onbehoorlik beïnvloed was. By herinnering aan sy
weergawe, naamlik dat hy reeds kort na die beweerde
beïnvloeding sy
lot bekla het by Kaptein De Bruyn, getuig beskuldigde 1:
“Ek het
vir haar gesê, maar ek het na die tyd ook gedink ek was beïnvloed.”
(39) Mnr. Mohamed het daarna
vir
ABRAHAM VICTOR VAN HEERDEN
, die oom van beskuldigde 1 as
getuie geroep. (Die Staat het aanvanklik die getuie aangedui as een
van die Staatsgetuies, maar het
Mnr. Van Heerden beskikbaar gestel
aan die verdediging.) Mnr. Van Heerden het bevestig dat hy
beskuldigde 1 op 15 Junie 2004 na Vredenburg
Polisiestasie geneem
het. Die getuie bevestig verder beskuldigde 1 se weergawe dat hul
glad nie geweet het waarom die polisie vir
beskuldigde 1 gesoek het
nie. Mnr. Van Heerden getuig dat hy Sersant De Kock gevra het waarom
die polisie beskuldigde 1 soek, waarop
sy aangedui het dat dit as
gevolg van ‘n moord aanklag was. Hy getuig verder dat terwyl hy
daar was, beskuldigde 1 glad nie gepraat
het oor enige saak of sy
betrokkenheid daarby nie omdat hy geen erkennings of mededelings in
sy teenwoordigheid gemaak het nie. Hy
getuig dat hyself ook net ‘n
kort tyd in Sersant De Kock se kantoor vertoef het.
(40) Tydens kruisverhoor deur
die Staat was die getuie se verklaring soos dit in die polisiedossier
verskyn aan die getuie voorgehou.
Daarin het die getuie onder andere
verklaar dat hy beskuldigde 1 na die polisie geneem het omdat
beskuldigde 1 homself wou
oorgee
. Mnr. Van Heerden het egter
steeds ontken dat hy ooit die woord “oorgee” gebruik het en
verduidelik dat hy die verklaring geteken
het maar nooit die woord
“oorgee” in sy verklaring raakgesien het nie. Die Staat het
versoek dat die getuie se verklaring ingehandig
word as
Bewysstuk
“H”
.
(41)
TESHWILL VAN WYK
het
getuig dat hy op 15 Junie 2004 deur Sersant de Kock gearresteer was
en op ‘n bankie in die polisiekantoor moes wag. Terwyl hy
daar op
die bankie gesit het, het Inspekteur Kuilders opgedaag en van hom
verneem wat die rede is vir sy teenwoordigheid. Beskuldigde
5 getuig
dat hy aan haar gesê het dat dit in verband met ‘n moord op
Cheslin Florentino is. Terwyl hy daar gesit het, het hy opgemerk
dat
ook beskuldigde 1 in die kantoor gesit het. Met Sersant de Kock se
terugkoms na waar hy op die bankie gesit het, het sy twee
(2) keer
aan hom gesê dat hy ‘n verklaring moet maak. Hy getuig dat ook
Inspekteur Kuilders aan hom gesê het om ‘n verklaring
te maak,
aangesien die ander beskuldigdes reeds verklarings gemaak het. Hy
getuig:
“Ek het toe ingestem om ‘n verklaring te gee, want dit
voel ek het nie ‘n keuse nie, want hul het aangehou vra ek moet ‘n
verklaring gee.”
Inspekteur Kuilders het beskuldigde 5 toe na
Superintendent Rooi se kantoor geneem waar Superintendent Rooi hom
gevra het of hy Teshwill
van Wyk is en hom aangesê het om te sit.
Superintendent Rooi het hom toe begin vrae vra, naamlik hoe oud hy
is, ens.
Bewysstuk “E”
was aan beskuldigde 5 getoon en hy
het getuig dat slegs:
vraag 11(i), naamlik
“Het
u vantevore ‘n verklaring in verband met hierdie voorval aan
enige ander persoon gemaak?
”
, gevra was. Daarop het
beskuldigde 5
“Nee”
geantwoord , en
vraag 14(i), naamlik
“Wanneer is u in hegtenis geneem?”
was gevra en
beskuldigde 5 se antwoord:
“Ek het myself op 15 -06-2004
kom oorgee by SAPD Vredenburg”
was sy antwoord gewees.
Vraag 15, naamlik
“Het
u beserings van enige aard aan u?
”
, was gevra en sy
antwoord daarop was
“geen”
soos genotuleer is.
(42) Beskuldigde 5 getuig dat
geen ander waarskuwings of vrae soos blyk uit
Bewysstuk “E”
ooit aan hom gestel was nie. Beskuldigde 5 getuig ook dat bogemelde
vrae en antwoorde nie weer aan hom voorgelees was nie. Beskuldgide
5
het verder beweer dat hy die verklaring by Superintendent Rooi afgelê
het, want
“Ek het gedink ek moet ‘n verklaring afgee.”
Hy getuig hy het nie daaraan gedink om vir Superintendent Rooi te sê
hy wil nie ‘n verklaring gee nie, want:
“EK is nou hier, niks
anders kan dit nou stop nie”
en
“Dit het nie gelyk dat ek
aan Rooi kan sê ek wil nie ‘n verklaring aflê nie.”
Beskuldgide 5 getuig verder dat hy nie aan Superintendent Rooi vertel
het dat Inspekteur Kuilders en Sersant De Kock hom aangesê
het om
die verklaring af te lê nie, want:
“Ek het gedink dit sal nie
nodig wees nie – ek is nou klaar hier.”
Beskuldigde 5 sê dan
ook dat eers nadat hy die verklaring geteken het, het Supt. Rooi aan
hom gesê dat dit teen hom gebruik kan
word.
(43) Tydens kruisverhoor deur
die Staat het beskuldgide 5 weereens getuig dat hy ingestem het om ‘n
verklaring af te lê omdat Sersant
De Kock hom twee (2) keer aangesê
het om dit te doen. Hy gee egter toe dat hy wel bewus daarvan was dat
hy nie ‘n verklaring hoef
te maak nie.:
“Ek het al gehoor
mense wat gearresteer was wat weier”
, maar hy getuig
“By
Rooi voel ek ek is nou by die plek waar ek die verklaring moet aflê.”
Op ‘n vraag waarom hy nie aan Superintendent Rooi gesê het dat
Sersant De Kock hom dwing om ‘n verklaring af te lê nie, getuig
hy
dat hy nie gedink het dat dit sal help nie. Voorts was gevra wat hy
dink sou gebeur indien hy by Superintendent Rooi sou weier
om ‘n
verklaring af te lê, waarop hy antwoord
“Ek het nie gevoel dit
sal ‘n verskil maak nie.”
Bewysstuk “E”
bladsye 8
en 9 was weer aan beskuldigde 5 voorgelees. Hy het aangedui dat die
volgende woorde en of passasies nooit deur homself
aan Superintendent
Rooi oorgedra was nie:
die woord:
“grudge”
die sin:
“Ons het hom
gesien en besluit om hom dood te maak.”
Die woorde:
“die ander
het messe gehad.”
Die sin:
“Chess het
probeer weghardloop,.....”
Die sin:
“Ons het hom
ingehaal voordat hy oor ‘n muur kon spring. Ons het hom vasgedruk
en verder gesteek. Hy het stil gelê. Ons het
toe verder geloop.”
,
en
Die sin:
“Dit is egter
die eerste persoon wat ek doodmaak. Dit is al wat ek kan verklaar.”
Beskuldigde 5 beweer
bogemelde gedeeltes was deur Superintendent Rooi self ingevul.
(44) Op 10 April 2006 het
hierdie Hof na ‘n verhoor-binne-verhoor aangaande die
toelaatbaarheid al dan nie van
Bewysstuk “E”
(‘n
verklaring afgelê deur beskuldigde 5 aan ‘n vrederegter),
Bewysstuk “F”
(‘n uitwysing deur beskuldigde 1 aan ‘n
vrederegter) en
Bewysstuk “G”
(‘n verklaring deur
beskuldigde 1 aan ‘n vrederegter), gelas dat
Bewysstukke “E”
en “G”
ontoelaatbaar geag sal word en dat
Bewysstuk “F”
toelaatbaar geag word.
(45) Die Staat het sy saak
voortgesit en het weer vir
SYDNEY FRYER
(‘n Kaptein in diens
van die Suid-Afrikaanse Polisie gestationeer te Saldanhabaai, geroep.
Die getuie het grotendeels sy getuienis
soos gelewer in die
binneverhoor, herhaal. Hy het dan ook die verdere gedeelte van
Bewysstuk “F”
geïdentifiseer as die dokumente wat hy
opgestel het tydens die uitwysings deur beskuldigde 1. In dié
verband het hy spesifiek verwys
na die notas op bladsy 4 van
Bewysstuk “F”
. Hy het ook getuig dat hy vrae 3 en 4 by
paragraaf 6 gevra het na die uitwysings. Die getuie getuig verder dat
waar punte uitgewys
was deur beskuldigde 1, hy die fotograaf versoek
het om foto’s te neem.
(46)
JOHANNES MATTHEUS H.
COWAN
, ‘n Inspekteur in die Suid-Afrikaanse Polisie,
gestationeer by die Plaaslike Kriminele Rekord Sentrum te Vredenburg,
as amptelike
plantekenaar en fotograaf, het getuig en bevestig dat hy
foto’s 1-26 geneem het, die sketsplan opgetrek het, en die sleutel
tot
die sketsplan en foto’s soos blyk uit
Bewysstuk “J”
opgestel het. Die Staat het die foto’s sketsplan en sleutel
daartoe, ingehandig as
Bewysstuk “J”.
Die getuie
verduidelik dat hy foto’s 1-6 van die toneel geneem het om 5 voor 3
die oggend van 13 Junie 2004. Hy verduidelik ook
dat die beligting op
daardie stadium swak was. Tydens die lykskouing het hy foto’s 7-17
op versoek van die dokter geneem. Foto
18 is ‘n foto van ‘n mes
wat hy by die Vredenburg polisiekantoor geneem het. Foto’s 19-26
het die getuie geneem tydens ‘n
uitwysing aan Kaptein Fryer.
(47) Laastens het die Staat
die ondersoekbeampte,
SERSANT MARINDA DE KOCK
geroep. Dié
getuie het aangedui dat sy hou by haar getuienis soos afgelê tydens
die binneverhoor, sy voeg egter by dat sy die oggend
van 14 Junie
2004 om 20 oor 2 op die toneel aangekom het. Die oorledene was reeds
van die toneel verwyder. Sy het Inspekteur Demas
daar aangetref
asook die inwoners van Primrosesingel no. 19. Die getuie bevestig dat
sy Inspekteur Cowan na die toneel ontbied het.
Sy getuig verder dat
die beligting op die toneel swak was.
(49) Volgens Sersant de Kock
het sy beskuldigde 1 op 15 Junie 2004 gearresteer. Die res van die
beskuldigdes met die uitsondering
van beskuldigde 8, was op 16 Junie
2004 gearresteer. Beskuldigde 8 is op ‘n latere stadium gearresteer
deur haar kollega, Kaptein
de Bruyn, aangesien selfs Sersant de Kock
op rusdag was. Sersant de Kock het verduidelik dat hoewel sy Mev.
Meintjies van Primrose
Singel 19 as Staatsgetuie gedagvaar het, ‘n
mediese sertifikaat ten opsigte van dié getuie, aan haar verskaf was
wat voormeld
het dat die getuie emosioneel nie instaat was om
getuienis af te lê nie.
(50) Hierna het die Staat
aangedui dat geen verdere getuies geroep sal word nie. Beskuldigdes
1,2,3,4,5,6 en 8 het egter aangedui
dat hul bereid was om in terme
van Artikel 220 van Wet 51 van 1977 erkennings te maak, welke
erkennings vervat is in
Bewysstukke “K1” tot “K7”
wat
by hierdie verrrigtinge deur die Staat ingehandig was.
Hiermee het die
Staatsaanklaer haar saak gesluit.
DIE
ONTLEDING EN EVALUASIE VAN GETUIENIS IN DIE EERSTE BINNEVERHOOR
RAKENDE DIE TOELAATBAARHEID VAN BORGAANSOEK OORKONDE EN DIE
TOEPASSING
VAN REGSBEGINSELS DAAROP
(51) Die verrigtinge in die
binneverhoor omtrent die toelaatbaarheid van verklarings,
borgverrigtinge en uitwysing is interlokutoor
van aard. Gevolglik is
die toelaatbaarheidsbevinding nooit finaal nie. Tog is dit nie ‘n
uitgemaakte saak of meer as een binneverhoor
in verband met dieselfde
toelaatbaarheidsvraag kan plaasvind nie. (Sien
S v Steyn
1981 (3) SA 1050
(K);
S v Leepile
(2)
1986 (2) SA 346
(W) 350 I-J en
S v Ramgobin
1986 (4) SA 117
(N) 178
H-I. Die reël is dat dit aan die einde van die saak, nadat al die
getuienis aangehoor is, verander kan word. (Sien
S v Mkwanazi
1966 (1) SA 736
(A)) Volgens die beslissing in
S v Tjiho
1992 (1) SASV 639 (NM) behoort in die praktyk die
toelaatbaarheidsbevinding hersien te word onmiddellik wanneer ander
getuienis aan
die lig kom wat aantoon dat die getuienis nie teen die
beskuldigde toelaatbaar behoort te wees nie. Schmidt Bewysreg 4de
uitgawe
bladsy 372 meen dat die werkswyse in die
Tjiho-saak
wenslik is aangesien dit benadeling van die beskuldigde kan voorkom.
Sterk oorweging moet na my oordeel, aan hierdie werkswyse geskenk
word, hoofsaaklik vandag in Suid-Afrika onder die nuwe bedeling waar
ons Grondwet ‘n plig op almal plaas om elke keer die handves
van
regte in gedagte te hou in die toepassing en interpretasie van enige
wetsbepaling, insluitende gemene reg of gewoontereg. Na
my oordeel
moet die praktyk ook aan die bepalings van Artikel 39 (2) van die
Grondwet onderworpe wees. Dit is ook na ons oordeel
tyd om redes te
verskaf vir verskeie bevele wat na die binne-verhore gegee is.
Normaalweg is die prosedure van so ‘n aard dat hierdie
oorweging
aan die einde van beide die Staat en verdediging saak gedoen word.
Maar die aard van die saak en die omstandighede wat
in hierdie saak
heers, veroorsaak dat die oorweging en die verskaf van redes op
hierdie stadium gedoen moet word.
(52) Die verhoorlanddros het
net voor die aanvang van die borgverrigtinge onder andere die
volgende waarskuwing aan die beskuldigdes
wat regsverteenwoordig was,
gegee:
“
....Verder is dit
belangrik dat u daarop let dat as u nou gaan verkies om getuienis af
te lê tydens die borgverrigtinge sal enige
iets wat u sê tydens die
daaropvolgende verhoor teen u gebruik kan word en sal dit toelaatbare
getuienis wees wanneer hierdie saak
op verhoor gaan. En dit wil
voorkom asof dit in die Hooggeregshof voortgesit sal word.”
(53) Die beskuldigdes wat in
hierdie borgverrigtinge binneverhoor betrokke was, d.w.s.
beskuldigdes een (1), vyf (5) en agt (8), het
getuig dat die landdros
hulle nie gewaarsku het dat wat hulle tydens borgverrigtinge
openbaar, teen hulle tydens die verhoor gebruik
sou word nie. Daar is
verskeie belaglike verduidelikings wat hulle navore gebring het toe
hulle gevra was aangaande wat hulle met
“daarop volgende verhoor”
verstaan het. Hulle bewering dat hulle ook nie deur hulle prokureur
rakende die moontlike gebruik van
hulle borgverrigtinge getuienis in
die verhoor verwitting was nie, moet bevraagteken word. As dit wel
die geval is, is dit bo my
vuurmaakplek hoe dit gekom het dat
beskuldigdes een (1) en vyf (5) niks waardevol tydens hierdie
verrigtinge geuiter het nie. Beskuldigde
vyf (5) het elke keer op
vrae wat met meriete van die saak gehandel het, soos volg geantwoord:
“
Ek voel nie om daar te
antwoord nie.”
Behalwe vir beskuldigde agt
(8), Meneer Christiaan Jonkers, het almal nie veel oor die meriete
van die saak in die borgverrigtinge
getuig nie. Wat egter verbasend
is, is dat dieselfde prokureur wat beskuldigdes een (1) en vyf (5)
verteenwoordig het, ook in dieselfde
borgaansoek namens beskuldigde
agt (8) opgetree het. Hierdie Hof moet homself afvra, hoe dit is dat
die prokureur beskuldigdes een
(1) en vyf (5) oor hulle regte sou
ingelig het, maar versuim het om aan beskuldigde agt (8) die regte te
verduidelik? Soos hierdie
Hof die weergawe van die beskuldigdes
verstaan, het hulle saam gestaan vir sowat tien (10) minute voor die
aanvang van die borgaansoek
toe hulle deur Mnr. Gouws (prokureur in
die borgaansoek) gekonsulteer was. In hierdie opsig het hierdie Hof
nie die voordeel gehad
om getuienis teen dié van die beskuldigdes
aan te hoor nie. Daar is moontlikhede. Die moontlikheid, byvoorbeeld,
dat beskuldigdes
een (1) en vyf (5) geweier het om vrae te antwoord
wat met die meriete van die saak gehandel het, op grond van hulle
moontlike vorige
ondervinding dat ‘n beskuldigde op daardie stadium
nie homself hoef te inkrimineer nie, is glad nie deur middel van
getuienis uitgesluit
nie. Miskien het beskuldigde agt (8) destyds
geen sodanige ondervinding gehad nie.
(54) Die bepalings van
Artikel 35 van die Grondwet maak voorsiening vir onder andere, ‘n
gearresteerde, aangehoudene of beskuldigde
se reg op stilswye
(Artikel 35(1)(a)) en ‘n beskuldigde se reg op ‘n billike verhoor
(Artikel 35(3)). Die verdedigingsadvokate
het op die bepalings van
bostaande Artikel 35 van ons Grondwet in hulle beswaar teen die
inhandigiing van die borgverrigtinge gesteun.
In
S v Botha and
Others (2)
1995 (2) SASV 605 (W) (ook in
1995 (11) BCLR 1489
(W)) word ‘n noukeurige ondersoek gedoen na beskerming teen
self-inkriminering. Die geleerde Regter Myburgh met betrekking tot
getuienis wat ten tye van die borgaansoek afgelê is, het homself
soos volg op bladsy 610 f-j van die Hofverslag uitgespreek:
“
It is clear that the
accused cannot have a fair trial if he is cross-examined on the
incriminating evidence he gave at the bail application
if he did so
in ignorance of the right to refuse to answer incriminating
questions. The question is whether accused 1 was unaware
of the rule
against self-incrimination. When accused 1 was told by one of the
arresting officers that he had a “swygreg” he
was informed of no
more than that he had a right to remain silent. He was not told that
he had a right to refuse to answer incriminating
questions. The
magistrate did not inform him of that right. Accused 1 avers that he
did not know of the right to refuse to answer
incriminating questions
and he was not informed of that right by his legal representatives.
There is no evidence to gainsay that
averment. It is also not
improbable that he was not informed of the right by his legal
representatives. Firstly, he met his legal
representatives at Court
and consulted with them in a room in the cells for only about ten
(10) to fifteen (15) minutes. The record
of the bail application does
not give an indication that accused 1 was aware of the right against
self-incrimination. Secondly, the
mere fact that he was represented
by lawyers does not justify the inference that they advised him of
the right. They themselves may
not have appreciated that their client
enjoyed two distinct rights: the right to remain silent and the right
against self-incrimination.”
(55) Ons is dit eens met
bostaande uiteensetting deur Regter Myburgh. Dit is sonder twyfel in
die onderhawige saak van toepassing.
Dit is gemene saak dat dit slegs
die beskuldigdes is wat in die binneverhoor aangaande die
borgverrrigtinge getuig het. Hulle bewering
dat hulle prokureur nie
hulle van hulle Grondwetlike regte ingelig het nie, staan huidiglik
onbetwis deur enige getuienis aan die
kant van die Staat. Dit is ook
so dat uit die borgverrigtinge self blyk dit nie so duidelik dat die
beskuldigdes deur hulle prokureur
van hulle Grondwetlike regte
ingelig was nie. Ons aanvaar wat uit die borgverrigtinge oorkonde
voorkom, naamlik dat die landdros
aan die begin van die verrigtinge
die beskuldigdes gewaarsku het dat wat gesê word ten tye van die
borgaansoek, gebruik sou word
in die daaropvolgende verhoor. Dit
beteken natuurlik dat sodanige getuienis toelaatbaar sou wees in die
verhoor self. Die woorde
“daaropvolgende verhoor” is glad nie
dubbelsinnig nie. Hulle verwys na die “aankomende” verhoor.
(56) Regter Myburgh in die
Botha-saak
supra
, handel ook met die voor- en nadele
van stilswye ten tye van ‘n borgaansoek en spreek homself soos volg
op bladsy 611 i-j uit:
“
If the evidence given
by an accused at a bail application is admissable later at trial, the
accused faces a dilemma: if he fails to
give evidence or refuse to
answer incriminating questions, he may be refused bail, yet, if he
does give evidence and answers incriminating
questions in order to
get bail, he foregoes his right to remain silent and the privilege
against self-incrimination. In the interests
of a fair trial the
accused should not have to choose.”
Sien ook
S v Venter
1996(1) SASV 664 (A) op 666i – 667h waar dit bevind is dat die
feite in die
Botha saak
supra
, onderskeibaar is
en dat die borgverrigtinge inderdaad as getuienis op verhoor
toelaatbaar is. Vergelyk egter
S v Nyengane en Andere
1996(2) SASV 520 (OK) en
S v Aimes and Another
1998(1)
SASV 343 (K).
(57) In
S v Chavulla en
Andere
1999(1) SASV 39 (K) het Lategan, R bevind dat die
bostaande
dictum
in die
Botha-saak
nie korrek is
nie. Met verwysing na hierdie twee (2) regte (stilswye en teen
self-inkriminasie) het die geleerde Regter die volgende
siening
uitgespreek:
“
Die regte waarna hier
verwys word, in hoofsaak wat Konstitutioneel verkry is deur enige
persoon tydens ‘n verhoor, afgesien van
die reg tot ‘n billike,
regverdige verhoor, is naamlik eerstens die swygreg en tweedens die
reg om te weier om homself te inkrimineer.
Klaarblyklik dus moet daar
bepaal word aan die hand van die feite van elke saak voor die hof
wanneer daar uitsluitsel gegee wil word
oor of ‘n aspek billik of
regverdig is teenoor ‘n beskuldigde, moet daar ‘n proses begin
word waarin (en ek sê dit sonder
vrees van teenspraak) op ewehandige
wyse geoordeel moet word teenoor die twee partye wie se belange in
gedrang is by so ‘n beslissing.
Anders gestel, die bepalings of
iets billik of regverdig is in so ‘n geval, kan nie net gedoen word
binne die verwysings-raamwerk
van die een party se belange nie: daar
moet gelyktydig en ewehandig verwys word na die belange van al twee
die partye wat betrokke
is. ‘n Strafverhoor is uiteraard so ‘n
proses waarby twee partye betrokke is, enersyds die belange van die
beskuldigde en andersyds
die belange van die Staat, die gemeenskap
vir wie die Staat verteenwoordig.”
(58) Dit behoort egter
dadelik gemeld te word dat in die
Chavulla-saak
supra
,
die kernfeite was dat die beskuldigdes almal ten tye van die
borgaansoek regsverteenwoordig was en by herhaling gewaarsku is ten
opsigte van hulle swygreg en hulle reg teen self-inkriminasie. Die
landdros en die aanklaer het dit ook gedoen. Die
regsverteenwoordigers
het ook die versekering gegee dat hulle die
beskuldigdes se regte volledig aan hulle verduidelik het. Daar was
dus geen twyfel by
Lategan, R dat die beskuldigdes ten tye van die
borgaansoek,
“behoorlik op hoogte was van wat hulle
konstitutionele regte was en hulle vry was om hulle eie keuse in
terme van daardie regte
te doen”
(Op 44 f-g). Die posisie is
egter verskillend in die onderhawige saak. Behalwe vir wat die
landdros net een keer gesê het, is daar
geen duidelikheid dat die
twee (2) regte (stilswye en teen self-inkriminasie) aan die
beskuldigdes verduidelik was nie. Die bepalings
van Artikel 60 (11B)
(c) van die Strafproseswet 51 van 1977 is ook van belang. Dit lui
soos volg:
“
Die rekord van die
borgverrigtinge, behalwe die inligting in para (a) (ten opsigte van
vorige veroordelings en hangende aanklagte),
maak deel uit van die
beskuldigde se verhoor wat op sodanige borgtogverrigtinge volg: met
dien verstaande dat, indien die beskuldigde
verkies om gedurende die
loop van die borgtogverrigtinge te getuig, die hof hom of haar moet
inlig van die feit dat enigiets wat
hy of sy sê teen hom of haar by
sy of haar verhoor gebruik kan word en sodanige getuienis word
toelaatbaar in enige daaropvolgende
verrigtinge.”
(59) Bostaande maak dit
duidelik dat die borgverrigtinge, insluitende getuienis van ‘n
beskuldigde, by die beskuldigde se later
verhoor gebruik kan word
mits die voorsittende beampte voor wie die borgaansoek geskied het,
hom soos vermeld, gewaarsku het. Die
Staatsaanklaer hoef slegs ‘n
gewaarmerkte afskrif daarvan, ingevolge die bepalings van Artikel
235(1) van die Strafproseswet, by
die verhoor voor te lê. Streng
gesproke is die
Botha-saak
,
supra
onderskeibaar
van
S v Dlamini and Another
1998 (5) BCLR 552
(N). Die
feite was nie dieselfde nie. In die
Botha-saak
supra
,
het die Hof bevind dat die beskuldigde getuienis afgelê het sonder
om te weet van sy reg teen self-inkriminasie. In
Dlamini
,
was die beskuldigde ten volle ingelig oor sy reg om te swyg en om
homself nie te inkrimineer nie. (Sien Kriegler R in
S v
Dlamini
;
S v Dladla and Others
;
S v
Joubert
;
S v Schietekat
infra
).
(60) In
S v Dlamini
;
S v Dladla and Others
;
S v Joubert
;
S
v Schietekat
[1999] ZACC 8
;
1999 (7) BCLR 771
(CC) het die Konstitusionele
Hof gehandel met die toelaatbaarheid van die verklarings deur die
beskuldigde gemaak ten tye van die
borgtogverrigtinge. Op bladsy 817
van bostaande saak, paragrawe (93) – (95) gaan die geleerde Regter
soos volg voort:
‘
[93] In any event, I
disagree with the reasoning and conclusion in
Botha
that the
record of bail proceedings should be kept distinct from the evidence
as to guilt, on the analogy of evidence in a trial-within-a-trial
as
to the volutariness of a confession. It is true that evidence given
at a bail hearing may ultimately redound to the prejudice
of the
accused. It can therefore not be denied that there is certain tension
between the right of an arrested accused to make out
an effective
case for bail by adducing all the requisite supporting evidence, and
the battery of rights under s 35(1) and (3) of
the Constitution. But
that kind of tension is by no means unique to applicants for bail.
Nor does its mere existence sound constitutional
alarm bells. Choices
often have to be faced by people living in open and democratice
societies. Indeed, the right to make one’s
own choices is an
indispensable quality of freedom. And often such choices are hard.
[94] Litigation in
general, and defending a criminal charge in particular, can present
a minefield of hard choices. That is an inevitable
consequence of the
high degree of autonomy afforded the prosecution and the defence in
our largely adversary (
sic
) system of criminal justice. An
accused, ideally assisted by competent counsel, conducts the defence
substantially independently
and has to take many key decisions
whether to speak or to keep silent: does one volunteer a statement to
the police or respond to
police questions? If one applies for bail,
does one adduce oral and/or written evidence and if so by whom? Does
one for the purposes
of obtaining bail disclose the defence (if any)
and in what terms? Later, at the trial, does one disclose the basis
of the defence
under s 115 of the CPA? Does one adduce evidence,
one’s own or that of others? Each and every one of those choices
can have decisive
consequences and therefore poses difficult
decisions. As was pointed out in
Osman’s
case (
Osman and
another v The Attorney-General, Transvaal
1998 (4) SA 1224
(CC);
1998 (11) BCLR 1362
(CC)) “(t)he choice remains that of the
accused. The important point is that the choice cannot be forced upon
him or her”. It
goes without saying that an election cannot be a
choice unless it is made with proper appreciation of what it entails.
It is particularly
important in this country to remember that an
uninformed choice is indeed no choice. The responsibility resting
upon judicial officers
to ensure the requisite knowledge on the part
of the unrepresented accused need hardly be repeated.
[95] In effect the
reasoning in
Botha
wishes to give the accused the best of both
alternatives or, as it was put bluntly in
Dlamini
, the right
to lie: one can advance any version of the facts without any risk of
a come-back at the trial; and there one can choose
another version
with impunity. However, the protection of an arrestee provided under
the right to remain silent in the Constitution
– or the right not
to be compelled to confess or make admissions – offers no blanket
protection against having to make a choice.
It is true, the principle
objective of the Bill of Rights is to protect the individual against
abuse of State power; and it does
so, among others, by shielding the
individual faced with a criminal charge against having to help prove
that charge. That shield
against compulsion does not mean, however,
that an applicant for bail can choose to speak but not to be quoted.
As a matter of policy
the prosecution must prove its case without the
accused being compelled to furnish supporting evidence. But if the
accused, acting
freely and in the exercise of an informed choice,
elects to testify in support of a bail application, the right to
silence is in
no way impaired. Nor is it impaired, retrospectively as
it were, if the testimony voluntarily given is subsequently held
against
the accused.’
(61) Ons is dit eens met Van
Zyl, R se siening uitgespreek in
S v Snyman en ‘n Ander
1999 (2) SASV 169 (K) op 175 f - 176 c, as volg:
“
Uit die voorgaande
gesag blyk die volgende beginsels te kristalliseer:
Die rekord van
verrigtinge in ‘n aansoek om borgtog deur ‘n beskuldigde,
insluitende die getuienis deur sodanige beskuldigde
afgelê is,
ingevolge die bepalings van art. 60(11B)(c) van die Strafproseswet
51 van 1977, deel van die verrigtinge in die betrokke
beskuldigde se
daaropvolgende verhoor. Dit is egter onderhewig daaraan dat, indien
die beskuldigde wel sou besluit om tydens die
borgverrigtinge te
getuig, hy deur die hof ingelig en gewaarsku moet word dat sy
getuienis in latere hofverrigtinge toelaatbaar
sal wees en teen hom
gebruik kan word.
Mits die beskuldigde
behoorlik soos voormeld ingelig en gewaarsku is, is die
toelaatbaarheid van die rekord van die borgverrigtinge
by die
beskuldigde se latere verhoor nie in stryd met sy fundamentele regte
ingevolge die Grondwet (Wet 108 van 1996) nie. Dit
sluit in: sy reg
op stilswye na arrestasie (art 35(1)(a); sy reg om nie verplig te
word om ‘n bekentenis of erkenning te maak
wat as getuienis teen
hom gebruik kan word nie (art 35(1)(c); sy reg op ‘n billike
verhoor, waarby ingesluit word sy reg om as
onskuldig geag te word
totdat hy skuldig bevind word, sy reg op stilswye tydens die verhoor
en sy reg om nie tydens enige verrigtinge
te getuig nie (art
35(3)(h); die reg om nie verplig te word om self-inkriminerende
getuienis af te lê nie (art 35(3)(j).
Die vraag of die hof
tydens borgverrigtinge die beskuldigde behoorlik ingelig en
gewaarsku het, is ‘n feite-vraag wat saamhang
met die feite en
omstandighede van elke geval. Indien sodanige feite en/of
omstandighede betwis sou wees, sou die verhoorhof gerade
wees by
wyse van ‘n verhoor-binne-‘n-verhoor of by wyse van breedvoerige
ondervraging die twis of geskil by te lê. Eers as
hy tevrede gestel
is dat die beskuldigde wel behoorlik ingelig en gewaarsku is, sal hy
kan beveel dat die borgverrigtinge inderdaad
toelaatbaar is. Dit
kennelik ‘n aangeleentheid wat op die feite en omstandighede van
elke saak beoordeel moet word.
Mits dit vasstaan dat die
beskuldigde behoorlik, soos voormeld, ingelig en gewaarsku is, staan
dit hom vry om tydens borgverrigtinge
te getuig of om te swyg. Dit
sal miskien vir hom ‘n moeilike keuse wees en hom selfs voor ‘n
dilemma plaas. As hy egter eenmaal
sy keuse gemaak het, het hy geen
reg om op verhoor beskerm te word teen die gevolge van getuienis wat
hy vrywillige en uit eie
keuse tydens die borgverrigtinge afgelê
het nie.”
(62) Die “voorgaande’
gesag waarna Regter Van Zyl verwys, was die destydse ongerapporteerde
saak van
Dlamini v S; Dladla and Others v S; S v Joubert; S v
Schietekat
(CCT 21/98; 22/98; 2/99; 4/99 gelewer op 3 Junie
1999 in die Konstitusionele Hof deur Kriegler, R). Ons het die
borgverrigtinge deeglik
bestudeer. Behalwe vir die enkele waarskuwing
deur die landdros dat die getuienis wat ten tyde van die aansoek
afgelê word gebruik
sou word in die daaropvolgende verhoor, is daar
niks verder nie. Daar word nie aan die beskuldigdes byvoorbeeld
gemeld dat hulle
daarop geregtig was om nie vrae wat spesifiek met
die meriete handel, te antwoord nie. Met ander woorde, die
beskuldigdes was nie
oor hulle reg teen self-inkriminasie ingelig
gewees nie. Dit help nie dat landdroste die spesifieke woorde wat in
Artikel 60 (11B)
(c) verskyn, gebruik nie. ‘n Ongeletterde
beskuldigde sal nooit verstaan wat van homself verwag word ingeval hy
met ‘n vraag
wat met die meriete van die saak handel, gekonfronteer
word nie. Dit is gemene saak dat in die onderhawige saak die aanklaer
diepgaande
met die meriete van die saak gehandel het. Beskuldigdes se
regsverteenwoordiger het op ‘n stadium beswaar geopper, maar die
verhoorlanddros
het dit van die hand gewys. Daarna het die
regsverteenwoordiger stil gebly tot die einde van die mees gevaarlike
kruisondervraging
deur die aanklaer. Dit is wenslik dat
verhoorlanddroste deurgans die beskuldigde aan sy regte moet
herinner, hoofsaaklik in gevalle
soos in die huidige saak waar hulle
pertinent oor die meriete van die saak gekonfronteer was. Dit is ook
van groot belang dat prokureurs
wat namens die beskuldigdes
borgaansoeke hanteer, oplettend moet wees. Prokureurs sal altyd die
hof die nodige respek moet toon,
maar om die regte van hulle kliënte
te beskerm, is ‘n funksie wat nooit onder verdenking geplaas moet
word nie.
(63) Wanneer die beginsels
waarna Regter Van Zyl verwys in die
Snyman-
saak
supra,
op die feite en omstandighede wat in die onderhawige
saak heers, toegepas word, is dit na ons oordeel duidelik dat daar
desnoods
twyfel moet bestaan oor die vraag of die beskuldigdes
behoorlik
ingelig en gewaarsku is oor die gevolge van hulle
besluit om tydens die borgverrigtinge te getuig. Hoofsaaklik blyk dit
glad nie
uit die borgverrigtinge oorkonde dat hulle gesê was dat
hulle nie inkriminerende vrae hoef te antwoord nie. Soos voorheen in
hierdie
uitspraak gemeld, het die Staat nie die feite wat die
beskuldigdes in die binneverhoor voorgelê het deur middel van
getuienis betwis
nie. Dit is vanselfsprekend dat die beskuldigdes se
getuienis aanvaar moet word. Alhoewel die beskuldigdes ten tye van
die borgverrigtinge
regsverteenwoordig was, is ons van oordeel dat
dit alleen geen waarborg verskaf dat daar behoorlik na hulle regte
omgesien is nie.
Volgens die getuienis was hulle net haastig deur
hulle prokureur voor die aanvang van die borgverrigtinge vir ‘n
kort tydperk gekonsulteer.
Om meer spesifiek te wees, volgens die
beskuldigdes se weergawes, het die konsultasie sowat tien (10) minute
geduur. Om bostaande
redes is ons nie tevrede gestel dat die
beskuldigdes betrokke in die borgverrigtinge behoorlik ingelig of
gewaarsku is soos voormeld
nie. Ons kan nie die borgverrigtinge
finaal toelaat nie. Die borgverrigtinge word derhalwe as
ontoelaatbaar verklaar en is dus uitgesluit
in hierdie saak.
(64)
Die
onreëlmatighede in die strafproses, hoofsaaklik as dit growwe
onreëlmatighede is, word met die sanksie van nietigheid besoek.
Die
strafproses begin nie by die hofverrigtinge nie, maar wel by die
arrestasie van die verdagte. Baie jare terug in
R
v Duetsimi
1950(3) SA 674 (A) het
Schreiner AR op 678-679A van die Hofverslag die volgende gesê:
“
It follows from what I
have said that, in all cases where the Crown seeks to prove a
statement made by an accused person in order
to establish his guilt,
it is essential to examine the circumstances in which the statement
was made and everything that was said
by the accused on the occasion
in question, in order to ascertain whether the statement was or was
not a confession, and, in either
event, whether the conditions
required for admissibility were present. Unless the trial Judge is
satisfied that the necessary foundations
for the admission of the
statement have been proved, the statement must be excluded.”
(65) Bostaande is die
korrekte benadering in alle gevalle waar dit beweer word dat die
beskuldigde ‘n verklaring wat op ‘n bekentenis
neerkom, afgelê
het. Die diskressie om andersins toelaatbare getuienis uit te skakel
bestaan in twee gevalle, naamlik:
Wanneer die bewyskrag van
die getuienis nie opweeg teen sy benadelende uitwerking nie; en
Wanneer ‘n erkenning of
bekentenis, of ander getuienis wat van die beskuldigde self verkry
is nadat die misdaad gepleeg is, op
onbehoorlike onregverdige wyse
van hom verkry is.
(Sien: Schmidt – Bewysreg 4
uitgawe deur Schmidt en Rademeyer)
(66) Die ontoelaatbaarheid
van die bostaande tweede groep berus op die stelsel
nemo debet
prodere se ipsum
d.w.s. dat niemand homself hoef te inkrimineer
nie. Hierdie stelsel is die grondslag van die beskuldigde se
“swygreg”
vervat in ons Grondwet. Die Hof het wel ‘n
diskressie om onregmatig of onbehoorlik verkreë getuienis uit te
sluit op gronde van
billikheid en openbare beleid (Sien
S v
Hammer
1994(2) SASV 496 (K) – beslissing van Farlam R (soos
hy indertyd was) Bostaande saak is gesag vir die proposisie dat,
ingevolge
die gemene reg en sonder inagneming van die Grondwet, daar
‘n algemene diskressie bestaan vir Howe om ontoelaatbaar of
onbehoorlik
verkreë getuienis uit te sluit op grond van die
oorweging van billikheid en openbare beleid. Sien ook
S v
Nombewu
1996(2) SASV 396 (OK) op 419 e-f en
S v Khan
1997(2) SASV 611 (A) 619 e-g. Hierdie benadering volg die inhoud van
Artikel 39(2) van die Grondwet wat soos volg lees:
“
By die uitleg van enige
wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of gewoontereg,
moet elke hof, tribunal of forum die
gees, strekking en oogmerke van
die Handves van Regte bevorder.”
(67) Die konsep van ‘n
billike verhoor en die belange van substantiewe geregtigheid in
strafvervolgings vereis dat howe die gemene
reg moet ontwikkel op so
‘n wyse dat ‘n diskressie ingesluit moet word om anders
toelaatbare getuienis uit te sluit waar die
toelating daarvan
onbillik teenoor die beskuldigde sou inwerk of waar die toelating
daarvan met die openbare beleid teenstrydig sou
wees. Sien
S v
Nombewu
supra
op 419 h-j van die Hofverslag. Op
hierdie tydstip is dit nodig en belangrik om Artikel 35(5) van die
Grondwet aan te haal. Sodoende
sal die daaropvolgende bespreking meer
verstaanbaar wees. Artikel 35(5) bepaal soos volg:
“
Getuienis wat verkry is
op ‘n wyse wat enige reg in die Handves van Regte skend, moet
uitgesluit word indien die toelating van daardie
getuienis die
verhoor onbillik sou maak of andersins vir die regspleging nadelig
sou wees.”
(68) Die skrywers DT Zeffert,
AP Paizes en A St-Q Skeen wat die Werk van Hoffman
“The South
African Law of Evidence”
her-skrywe het, lewer die volgende
kommentaar rakende die bostaande bepalings van Artikel 35(5):
“
Section 35(5) of the
Constitution – which was examined at length above – requires a
court to exclude evidence obtained in a manner
that violates any
right in the Bill of Rights “if the admission of that evidence
would render the trial unfair or otherwise detrimental
to the
administration of justice”. This provision has been interpreted in
a manner that recognises and gives expression to both
the
disciplinary function of the courts and their role in both ensuring a
fair trial and articulating what practices on the part
of public and
police officials are regarded as being beyond the pale. It is
inconceivable that a confession induced by a practice
which either
impairs the fairness of the trial or which, even if it does not, is
so abhorrent as to bring the administration of justice
into
disrepute, on the ground that there is, nevertheless, no “fair risk
of a false confession”.
Whether a court would
reach such a result by relying directly on the provisions of section
35(5) of the Constitution or by finding
the impunged practice to be
an “undue influence” within the meaning of section 217, would not
seem to matter much. Our Courts
are, in any event, obliged under
39(2) of the Constitution to interpret legislation and to develop the
common law in a manner that
gives effect to the spirit, purport and
objects of the Bill of Rights. But even before the enactment of the
Constitution, our courts
showed themselves, at times, to be receptive
to the values now enshrined in the Bill of Rights. This dictum in
S
v Lwane
by Holmes JA has a modern, constitional ring to it:
The pragmatist may say
that the guilty should be punished...The answer is that between the
individual and the day of judicial reckoning
there are interposed
certain checks and balances in the interests of a fair trial and the
due administration of justice....According
to the high judicial
traditions of this country it is not in the interests of society that
an accused should be convicted unless
he has had a fair trial”
.
(69) Hierdie Hof stem saam
met die voormelde uiteensetting.
Die benadering met betrekking
tot die onbehoorlik verkreë getuienis was ook in
Key v
Attorney-General, Cape of Good Hope Provincial Division and Another
1996 (4) SA 984
(CC);
1996 (1) BCLR 1
(CC) soos volg uiteengesit:
“
What the Constitution
demands is that the accused be given a fair trial. Ultimately, as was
held in Ferreira v Levin, fairness is
an issue which has to be
decided upon the facts of each case, and the trial judge is the
person best placed to take that decision.
At times, fairness might
require that evidence unconstitutionally obtained be excluded. But
there will also be times when fairness
requires that evidence, albeit
obtained unconstitutionally, nevertheless be admitted.
If the evidence to which
the applicant objects is tendered in criminal proceedings against
him, he will be entitled at that stage
to raise objections to its
admissibility. It will then be for the trial Judge to decide whether
the circumstances are such that fairness
requires the evidence to be
excluded.”
(70) Mnr. Mohamed en Mej.
Andrews namens hulle kliënte d.w.s. beskuldigdes een (1) en
beskuldigde vyf (5) onderskeidelik, het beswaar
geopper teen die
toelaatbaarheid van
Bewysstuk “E”, “G” en “F”
op
verskeie gronde wat hierbo in die opsomming van die getuienis
uiteengesit is. Die kernfeite in al drie (3) Bewysstukke is dat
die
vrederegters die teboekstellers is. Verklarings bevat in
Bewysstukke
“E” en “G”
is deur die vrederegters afgeneem wat ook in
dieselfde Vredenburg Polisiestasie gestationeer is. Superintendent
Rooi is die Stasiebevelvoerder
te Vredenburg en hy is die offisier
wat beskuldigde 5 se verklaring afgeneem het. Hy gee toe in
kruisondervraging dat voor die aflegging
van
Bewysstuk “G”
deur beskuldigde 5 aan hom, was dit binne sy kennis gewees dat die
moord waaroor in die verklaring gepraat word, in sy area in die
naweek gepleeg was. Superintendent Rooi gaan so ver as om te
verklaar dat reeds op ‘n Maandag voor die afneem van die verklaring
deur homself, hy deelname gehad het in die bespreking rakende
dieselfde moordsaak. Hy het ook toegegee dat as ‘n
stasiebevelvoerder
is dit wel een van sy funksies dat misdrywe soos
moord in sy area bekamp word. Die vraag wat die Hof sigself moet
afvra, is hoe op
aarde kan dit gesê word dat hierdie superintendent
onpartydig was? Hy was nie. Ons is van oordeel dat hy net wou toesien
dat die
beskuldigde homself moet benadeel.
(71) Daar kan geen
versekering wees dat hy die regte van die beskuldigde verduidelik het
nie. Dit is opvallend dat die Superintendent
nie verder uitgebrei het
nie toe beskuldigde 5 beweerdelik soos volg op die volgende vrae
geantwoord het:
“
V: Is u deur enige
persoon op enige wyse beïnvloed of aangemoedig om ‘n verklaring af
te lê?
Antw: Ek het met
Inspekteur Kuilders gepraat oor die saak en die storie vertel ek het
toe ingestem om ‘n verklaring te maak.
10 (i) Verwag u enige
voordele indien u wel ‘n verklaring aflê?
Antw: Ja my ma vir kos en
sigarette vra by die huis”
(72) Dit is insiggewend dat
Supt. Rooi vir die Hof vertel het dat hy nie kon wag tot die volgende
dag want die beskuldigde sou die
saak met die ander gevangene
bespreek en sy houding verander. Hier was Superintendent Rooi op ‘n
visvang ekspidisie. gewees. Kaptein
de Bruyn was ten tyde van die
afneem van
Bewysstuk “G”
‘n lid van dieselfde speurtak
van Vredenburg wat met die ondersoek van beskuldigde een (1) se saak
besig was. Daar word gemeld dat
sy destyd met taxi-geweld besig was,
maar sy het ‘n lid van die speurtak Vredenburg gebly. Die Hof
verneem van Sersant de Kock
dat Kaptein de Bruyn ook met die
arrestasie van die beskuldigdes in die onderhawige saak behulpsaam
was. Een van die agt (8) beskuldigdes
voor die Hof was deur Kaptein
de Bruyn onder arrestasie geplaas. Kaptein de Bruyn was voltyd ‘n
lid van die SAP speurtak te Vredenburg.
Sy het kantore in dieselfde
gebou met ander speurders insluitende Sersant de Kock, die
ondersoekbeampte in die onderhawige saak,
gehad. Dat sy belang gehad
het in die suksesvolle ondersoek van hierdie saak kan glad nie
betwyfel word nie. Hoe kan ons dus beskuldigde
1 se bewering dat sy
grondwetlike regte nie aan hom verduidelik was nie, verontagsaam? As
‘n mens kyk na
Bewysstuk “G”,
vraag nommer 10 op bladsye
3 en 4 van die Bewysstuk self, is dit insiggewend dat Kaptein de
Bruyn nie beskuldigde 1 se antwoorde
deur middel van vrae ter
opheldering, ondersoek het nie. Beskuldigde 1 word gevra of hy enige
voordele verwag indien hy ‘n verklaring
aflê en sy antwoord,
naamlik
“dien as strafversagting dit is al”
moes verder
ondersoek geword het. Ten minste moes die beskuldigde direk gesê
word dat dit verkeerd is om so ‘n verklaring af te
lê op die basis
dat dit as strafversagting sou dien. Op bladsy 4 van
Bewysstuk “G”
word beskuldigde 1 soos volg gevra:
“
(iii) Het hierdie
verwagting enigiets bygedra tot u besluit om ‘n verklaring af te
lê?
Antw: Die verklaring dan
kan dien as strafversagting.”
(73) Ons is van oordeel dat
as
Bewysstuk “G”
deur ‘n onafhanklike amptenaar soos die
landdros afgeneem was, die landdros op hierdie punt alleenlik die
afneem van die verklaring
sou gestaak het. Ten minste sou hy vir
beskuldigde een (1 ) gesê het dat hy verkeer onder ‘n wanindruk.
Kaptein de Bruyn was
glad nie hieroor bekommerd nie.
Polisie-offisiere is vrederegters ingevolge die Eerste Bylae by die
Wet op Vrederegters en Kommissarisse
van Ede (Wet Nr. 16 van 1963).
Die gevolg is dat hulle dieselfde rol vervul as landdroste. Dit is
altyd hoogs wenslik dat die bekentenisse
liewers voor ‘n landdros
afgelê word. Sodoende word die maklike en partykeer verstaanbare
bewering aan die kant van ‘n beskuldigde
dat hy die hoë
polisiebeampte as bloot ‘n deel van die masjien wat dwang op hom
uitgeoefen het om te beken, beskou het, uitgesluit.
Die feit is dat
‘n beskuldigde wat werklik onder dwang geplaas is of wat
onbehoorlik beïnvloed is om te beken, sal ongetwyfeld
waarskynlik
voor ‘n landdros meer vertroue sal hê om daarmee vorendag te kom
as voor ‘n polisiebeampte. (Sien
S v Mofokeng
1968
(4) SA 852
(W). In sake soos
S v Mofokeng
supra
;
S v Dlamini
1971 (1) SA 807
(A) en
S v Mdluli
1972 (2) SA 839
(A) word dit baie duidelik gestel dat indien die
verklaring wel voor ‘n vrederegter wat ook ‘n polisieman is
bevestig word, behoort
daarna gestreef te word om liewers ‘n
polisiebeampte wat nie aan dieselfde afdeling behoort en wie se
kantoor nie in dieselfde
gebou geleë is as die afdeling wat die
misdaad ondersoek, te vind. In
S v Mbele
1981(2) SA 738
(A) op 743 word verwys na
“die volharding in en veronagsaming
deur die polisie, ondanks die herhaalde afkeuring daarvan deur
hierdie en ander Howe, van die
ongewenste praktyk dat ‘n offisier
verbonde aan die ondersoekeenheid optree (Vergelyk S v Mdluli
1972
(2) SA 839
(A) op 840 H-841 C); die gebruikmaking van ‘n tolk
betrokke in die ondersoek en verbonde aan sodanige eenheid
(Vergelyk......)”
.
(74) Ons is daarvan bewus dat
die feit dat die bekentenis deur so ‘n polisie-beampte geneem is,
is maar een van die faktore is wat
saam met al die ander beskikbare
inligting gebruik word om te beoordeel of die bekentenis toegelaat
behoort te word. Ons weet almal
dat dit in die algemeen die praktyk
is om ‘n reeks voorafgaande vrae aan ‘n beskuldigde te stel en
dat die doel daarvan is om
die vrywilligheid te toets. Dit is egter
so dat die vorm nie die alfa en die omega van die toets is nie. (Sien
bladsy 575 van Hiemstra
se
Suid-Afrikaanse Strafproses
) Daar
is talle beslissings tot die effek dat die landdros wat ‘n
bekentenis neem die vrae met sorg moet stel en dat hy nie ‘n
blote
opskrywer moet wees nie. Volle verduidelikings moet aan die
beskuldigde omtrent wat aan die gang is, gegee word anders sal
dit
nutteloos wees. Wat gesê word oor die landdros word ook van die
vrederegter verwag. Dit is noodsaaklik om hierdie bespreking
af te
sluit deur die volgende aanhaling van Schmidt
Bewysreg bladsy
379:
“
Self-inkriminerende
getuienis afkomstig van die beskuldigde, en verkry in stryd met
handves-regte, sal waarskynlik geredeliker lei
tot ‘n bevinding dat
die toelating van die getuienis die verhoor onbillik sou stem as die
opsporing (in stryd met die beskuldigde
se handves-regte) van
getuienis van reële aard, waar die getuienis bestaan het
nieteenstaande die inbreuk op die beskuldigde se
handves-regte (Vgl
die Kanadese beslissing van
R v Collins
28 CRR 122
137).”
(75) Ons is van oordeel dat
dit onveilig sou wees om te aanvaar dat
Bewysstukke “E” en “G”
met inagneming van die beskuldigdes se Grondwetlike regte afgeneem
is. Daar is onsekerheid of beskuldigdes 1 en 5 behoorlik van hulle
regte ingelig was. Derhalwe het ons tot die slotsom gekom dat
Bewysstukke “E” en “G”
ontoelaatbaar verklaar moet
word en dus uitgesluit behoort te word.
(76) Wanneer daar gehandel
word met die kwessie van uitwysing en/of aanwysing, kom die bepalings
van Artikel 218(1) en (2) van die
Strafproseswet ter sprake. Die
bepalings is reeds so bekend in strafregtlike verrigtinge dat dit
onnodig is om hulle vir doeleindes
van hierdie uitspraak uiteen te
sit. Dit is ook nie nodig om die geskiedenis rondom die bepalings van
Artikel 218 te noem nie. In
S v Melani and Others
1996(2) BCLR 174 (OK) ook gerapporteer as 1996(1) SASV 335 (OK) is
dit onder andere beslis dat die beskuldigdes, veral ongesofistikeerde
beskuldigdes, daarop attent gemaak moet word dat daar geen
verpligting is om uitwysings te doen nie en ook meegedeel word dat
sodanige
uitwysings as getuienis teen hulle gebruik kan word. Die
posisie blyk te wees dat indien daar nie ‘n afstanddoening van
regte met
volle kennis van daardie regte deur die beskuldigde was
nie, is sodanige uitwysings en erkennings wat daaruit voorspruit,
ontoelaatbaar.
(Sien
S v Gasa and Others
1998(1) SASV
446 (D)). Dit bly ‘n feitevraag of aanwysings vrylik gedoen is en
die verhoorhof moet daardie vraag bepaal (Sien
S v Abbott
1999(1) SASV 489 (HHA) op 496e-497a). In
S v Makalitsa
1993 (1) SASV 408(O) word dit ook gemeld wat reeds geykte reg geword
het, naamlik dat ‘n uitwysing niks anders is nie as ‘n
buitegeregtelike erkenning deur gedrag en dat dit toelaatbaar is
indien dit ongedwonge gedoen is. Beskuldigde een (1) was nie gedwing
om te gaan uitwys nie. Sy bewering wat deur die Staat betwis word,
dat die ondersoekbeampte hom daar by die hofselle kom besoek het
en
hom aanbeveel het om te gaan uitwys, het geen waarde nie. Dit is
gemene saak dat toe Kaptein Fryer met beskuldigde een (1) te
doen
gehad het, was Sersant de Kock nêrens te vinde nie. Hy kon met gemak
vir Kaptein Fryer gesê het dat hy gedwing word. Die Kaptein
het nie
van Vredenburg gekom nie. Ons bevind derhalwe dat beskuldigde een (1)
doelbewus afstand van sy regte gedoen het.
(77) Kaptein Fryer, die
beampte wat die uitwysing hanteer het, is nie op Vredenburg
gestasioneer nie. Hy is die bevelvoerder van Saldanhabaai.
Na ons
oordeel was Kaptein Fryer ‘n onafhanlike buitestaander gewees. Ons
aanvaar dat hy die regte van beskuldigde 1 aan hom verduidelik
het.
Dit is wel so dat
Bewysstuk “F”
nie deur beskuldigde een
(1) geparafeer is nie. Beskuldigde 1 se handtekening verskyn nêrens
op
Bewysstuk “F”
nie. Toe Kaptein Fryer hieroor
gekonfronteer was, het hy verduidelik dat die vorm self nie
voorsiening maak vir die beskuldigde se
handtekening nie. Dit mag so
wees, maar om seker te wees dat die vrae en verduideliking wat in
Bewysstuk “F”
vervat word met die beskuldigde behandel was
en dat die antwoorde wat daar verskyn syne is, is dit noodsaaklik dat
die beskuldigde
Bewysstuk “F”
moes geteken het. Ons is
egter van oordeel dat hierdie nalate aan die kant van Kaptein Fryer
nie so ernstig is dat dit die geldigheid
van die uitwysing nadelig
moet affekteer nie. Dit, na ons mening, kom neer op ‘n
bona fide
fout. Dit is as gevolg van bostaande siening dat
Bewysstuk “F”
as toelaatbaar verklaar was.
Bewysstuk “F”
word finaal
toegelaat.
AANSOEK OM ONTSLAG
INGEVOLGE BEPALINGS VAN ARTIKEL 174 VAN STRAFPROSESWET 51 VAN 1977
(78) Artikel 174 van die
strafproseswet lees soos volg:
“
Indien die hof, by
afsluiting van die saak vir die vervolging by ‘n verhoor, van
oordeel is dat daar geen getuienis is dat die beskuldigde
die
bedoelde misdryf of ‘n misdryf waaraan hy op die aanklag skuldig
bevind kan word, gepleeg het nie, kan hy ‘n uitspraak van
onskuldig
lewer.”
Die eerste vraag wat die Hof normaalweg sigself
moet afvra, is of daar getuienis gelewer is op grond waarvan ‘n
redelike man sou
kan skuldig bevind (“a reasonable man might
convict”) Sien sake soos
S v Heller
1964 (1) SA 524
(W) op 541G;
R v Herholdt
1956 (2) SA 722
(W);
S
v Bouwer
1964 (3) SA 800
(O).
Daar is wel
eenstemmigheid oor die bekentenis van die woorde “geen getuienis”.
Almal is dit eens die woorde “beteken natuurlik
geen getuienis
waarop ‘n redelike mens die beskuldigde skuldig sou kon bevind
nie.”
(Sien in hierdie verband
S v Khanyapa
1979 (1) SA 824
(A) op 838 F).
(79) Vandag as gevolg van die
Grondwetlike bedeling moet die Hof ook aandag aan Artikel 35 van die
Grondwet skenk. Dit gaan ook oor
die kwessie van ‘n billike
verhoor. Hier het ons in gedagte paragrawe (h) en (j) van die
genoemde Artikel 35. Hierdie paragrawe
bevat die vermoede van
onskuld, die swygreg en die vrywaring teen self-inkrimineering.
Weereens kom die bepalings van Artikel 39
(2) van die Grondwet na
vore, naamlik
“elke hof” by die uitleg van enige
wetgewing..... moet die gees, strekking en oogmerke van die Handves
van Regte bevorder.”
Die punt is dat die Staat eers sy saak
moet bewys voordat daar van die beskuldigde verwag kan word om ‘n
verweer aan te bied.
(80) Ek is van oordeel dat ‘n
Hof die beskuldigde moet ontslaan waar daar by die afsluiting van die
Staatsaak geen getuienis is
waarop skuldig bevind kan word nie. Sake
soos
S v Mathebula and Another
1997 (1) SASV 10 (W)
waar dit onder andere bevind was dat die beskuldigde se regte
wesenlik uitgebrei is deur die Grondwet en dat
die verhoor onbillik
sou wees as ontslag nie aan die einde van die Staatsaak verleen word
nie waar daar geen getuienis is wat die
beskuldigde impliseer nie,
moet altyd in gedagte gehou word.
(81) Ontslag mag nie geweier
word op die basis dat die beskuldigde se getuienis die Staatsaak sal
aanvul nie. (Sien
S v Jama and Another
1998 (4) BCLR
485
(N). Hierdie Hof is dit in eens met Nugent AR in sy siening in
S
v Lubaxa
2001 (4) SA 1251
(HHA) op 1256 paragraaf (18) wat
soos volg uitgespreek is:
“
(18) I have no doubt
that an accused person (whether or not he is represented) is entitled
to be discharged at the close of the State
case for the prosecution
if there is no reasonable possibility of a conviction other than if
he enters the witness-box and incriminates
himself. The failure to
discharge an accused in those circumstances, if necessary mero motu,
is, in my view, a breach of the rights
that are guaranteed by the
Constitution and will ordinarily vitiate a conviction based
exclusively upon his self-incriminatory evidence.”
(82) Hiemstra –
Suid-Afrikaanse Strafproses
(6de uitgawe) her-skrywe deur
Kriegler en Kruger handel oor Artikel 174 en op bladsy 452 verskyn
die volgende belangrike samevatting,
naamlik:
“
Dit skep ‘n
uitsondering op die normale verhoorprosedure, primêre om ‘n
verhoorhof te verlos van die verpligting om meganisties
te volhard
met ‘n futiele verhoor waar dit duidelik is dat daar tog nie ‘n
skuldigbevinding kan wees nie. Die onderliggende doel
is om tyd en
moeite te bespaar, nie om die hof se taak te bemoeilik nie. Die
bewoording van die artikel is eenvoudig en die betekenis
ondubbelsinnig. Die hof word beklee met die bevoegdheid om by die
afsluiting van die saak vir die vervolging daar en dan ‘n uitspraak
van onskuldig te lewer. Daar is egter ‘n jurisdiksionele
voorvereiste tot die bevoegdheid om aldus te ontslaan. Dit is naamlik
dat die hof van oordeel moet wees dat daar geen getuienis is waarop
‘n skuldigbevinding redelikerwys ingebring kan word nie. Daar
is
dus twee weliswaar verwante maar nietemin onderskeibare besluite wat
geneem moet word:
bestaan die gebrek aan
getuienis en, indien wel,
behoort ontslag gelas te
word?
Eersgenoemde behels
hoofsaaklik ‘n kliniese opweging van die bewyswaarde van die
getuienis; laasgenoemde verg ‘n gesonde oordeel
in die lig van al
die omstandighede van die besondere saak. Na luid van die artikel is
daar geen verpligting om te ontslaan nie maar
‘n bevoegdheid: die
hof “kan” ontslaan, nie “moet” ontslaan nie. Ook na luid van
die artikel, word daar geen kwalifikasies
of kriteria aan die
uitoefening van die bevoegdheid gekoppel nie. Op algemene beginsel
moet die hof dus regterlik, met gesonde oordeel
en in belang van
geregtigheid optree...........................Om dieselfde rede is
dit onwys om te veel klem te lê op wat regter
A in saak A te sê
gehad het oor die faktore en/of maatstawwe wat in daardie saak
voorrang moes kry. Dit is en bly ‘n feitegebonde
oordeel waarby die
hele spektrum omstandighede ‘n rol speel, sommige of talle waarvan
moontlik nie in die uitspraak genoem word
nie.”
(83) Bostaande is die
beknopte grondslag bevattende regsbeginsels wat van toepassing is in
aansoeke om ontslag ingevolge die bepalings
van Artikel 174 van die
Strafproseswet. Ons kyk nou hieronder na watter getuienis in hierdie
saak gelewer is. Ons moet sodanige getuienis
oorweeg om te bepaal of
dit getuienis is van sodanige waarde en gehalte dat dit geag moet
word getuienis te wees op grond waarvan
hierdie Hof ‘n
skuldigbevinding sou kon maak as die beskuldigdes versuim om in hulle
verdediging te getuig. Die opsomming van die
getuienis wat in hierdie
saak gelewer is, is hierbo uiteengesit. Dit blyk uit die beswaar wat
die Staat teen die aansoek om ontslag
geopper het, dat die Staat op
Mnr. Ashwill Roderick Jacobs se getuienis steun. Die enigste
belangrike gedeelte van Mnr. Jacobs se
getuienis blyk te wees dat toe
hy op die hoek was, het hy omgekyk en gesien dat die beskuldigdes ‘n
kring om die man maak. Hy gee
toe dat daar ‘n groot afstand was
tussen homself en die beskuldigdes. Gevolglik kon hy niks sien wat
daar aan die gang was nie.
Dit is gemene saak dat Mnr. Jacobs
telkemaal toegegee het dat waar die kring gevorm was, was dit donker
gewees. Mnr. Jacobs het die
getuig dat hy nie sal kan stry as die
beskuldigdes sou aanvoer dat hulle nie deel van die kring was nie. Sy
getuienis alleenstaande
sluit nie die moontlikheid uit dat ander
mense, anders as die beskuldigdes, die kring gevorm het nie. Mnr.
Jacobs het alles wat hy
in hoof gesê het teruggetrek. Hy het ‘n
swak indruk geskep. Hy het gemompel soos hy getuig het en is
herhaaldelik aangesê om
duideliker en hard te praat want ‘n mens
kon glad nie hom behoorlik hoor nie. Die indruk word reeds gedurende
Mnr. Jacobs se getuienis
in hoof verkry dat hy homself so vêr
moontlik vanaf die beskuldigdes wou plaas. Die Hof behoort nie
diepgaande met die geloofwaardigheid
van die getuies op hierdie
stadium te handel nie, maar bostaande opmerking ten opsigte van Mnr.
Jacobs blyk onvermydelik te wees.
(84) Die Staat het ook op
beskuldigde 8 se uitlating ten tye van die borgverrigtinge gesteun.
Die borgverritinge vorm nie meer bewysmateriaal
voor hierdie Hof nie.
Toe die Staat teen ontslag betoog het, was die borgverrigtinge deel
van die bewysmateriaal voor die Hof aangesien
dit destyd voorlopig
toegelaat was. Al sou die borgverrigtinge finaal toegelaat word, na
ons oordeel, sou dit geen verskil gemaak
het nie. Al wat daar
voorkom, is die uitlating van beskuldigde 8 wat op self- verdediging
neerkom. Die ander beskuldigdes, d.w.s
beskuldigdes 1 en 5 het niks
inkriminerend tydens die borgaansoek gesê nie.
(85) Die derde been waarop
die Staat steun, is die uitwysing deur beskuldigde een (1) aan
Kaptein Fryer. Dit is gemene saak dat beskuldigde
een (1) ‘n okapi
mes gaan uitwys het. Hy het ook ‘n swart vullissakkie uitgewys
waarin ‘n mat-mes gevind is. Wat die Hof dronk
slaan is dat die
Staat geen deskundige getuienis wat hierdie twee (2) messe met die
pleging van die misdaad koppel, aangebied het
nie. As daar
byvoorbeeld, getuienis was dat die bloedspatsels op die messe verkry,
dié van die oorledene is, dan sou dit natuurlik
belangrik wees dat
beskuldigde een (1) moet kom verduidelik hoe dit is dat die messe wat
hy uitgewys het, die bloed van die oorledene
op het. Hierdie Hof gaan
geen waarde heg aan die mededelings tussen beskuldigde een (1) en
Kaptein Fryer nie. In ieder geval, dit
opsigself is heeltemal
onvoldoende getuienis. Alleenstaande kan dit nie getuienis wees op
grond waarvan hierdie Hof enige skuldigbevinding
navore sou bring
nie.
(86) Ons is ten volle bewus
van die erkennings deur al agt (8) beskuldigdes wat ingevolge die
bepalings van Artikel 220 van die Strafproseswet
genotuleer is. Dié
is ingehandig en bestempel as
Bewysstukke “A”, “K1-K7”
.
Hierdie is geen getuienis wat beskuldgides se skuld bewys nie. Dit
hou verband met die regsgeneeskundige lykskouing van die liggaam
van
die oorledene, die verwydering daarvan vanaf die toneel tot die hou
van die lykskouing asook die foto’s wat op 13 Junie 2004
en 17
Junie 2004 onderskeidelik, deur Inspekteur Cowan geneem is. Dit is
die sogenaamde formele kettingetuienis. Al wat deur die
formele
getuienis aangedui word, is dat die oorledene dood is as gevolg van
bloedverlies. Daar is geen getuienis wat daarop dui dat
dit hierdie
beskuldigdes is wat die oorledene se dood veroorsaak het nie. Daar is
egter suspisie dat hulle betrokke mag wees. Ons
Howe werk met
getuienis wat skuld bewys. Ons Howe werk nie met suspisie nie. Ons
kom tot die slotsom dat daar wel geen getuienis
is wat hierdie Hof se
skuldigbevinding sou regverdig, sou die beskuldigdes versuim om in
hulle verdediging te kom getuig nie. Indien
ons kyk na die totalitiet
van die gelewerde getuienis, kom ons tot die slotsom dat daar geen
getuienis is op grond waarvan ‘n skuldigbevinding
navore gebring
kan word, sou die beskuldigdes op hierdie stadium swyg nie.
(87) Wat die ondersoek van
die saak aanbetref, dien gemeld te word dat die verklarings van die
onderskeie beskuldigdes met onnodige
haas bekom is, waarna dit blyk
dat die ondersoek van die saak ook met onnodige haas geskied het. Die
spreekwoord ‘VAN HAASTIGHEID
KOM LASTIGHEID” blyk hier van pas te
wees. Hierdie saak kon beter ondersoek geword het. Die indruk wat
navore kom, is onvermydelik,
naamlik dat die saak uiters swak
ondersoek was. Met betrekking tot die verklarings wat aan
vrederegters afgelê word, spreek hierdie
Hof ‘n mening uit dat
die tyd aangebreek het om die wysiging van Artikel 217(1) (a) by
Artikel 11 van wet 86 van 1996 (wat na
ons wete nog nie inwerking is
nie) in werking gestel moet word. Veral in ons Grondwetlike bedeling
waar die handves van regte so
‘n groot rol speel, moet, na hierdie
Hof se mening, slegs landdroste met die verklarings wat op
bekentenisse neerkom, bemoei word.
Die aansoek ingevolge die
bepalings van Artikel 174 van die Strafproseswet word toegestaan. Al
agt (8) beskuldigdes word op hierdie
stadium ontslaan.
_____________________
DLODLO, R