About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2006
>>
[2006] ZAWCHC 10
|
|
Grima v Ohm N.O and Others (2419/05) [2006] ZAWCHC 10 (13 March 2006)
82
Rapporteerbaar
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
[KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]
Saaknommer: 2419/2005
In die saak tussen:
DIE ALGEMENE BALIERAAD VAN
SUID-AFRIKA
Applikant
en
JOHAN VAN DER BERG
Respondent
UITSPRAAK GELEWER OP 13 MAART 2006
HJ ERASMUS, R
:
Inleiding
[1] Die applikant is die Algemene Balieraad van
Suid-Afrika.
[2] Die respondent is Johan van der Berg, ân senior
advokaat, wat as sodanig praktiseer te Velocitykamers, Keeromstraat,
Kaapstad.
Die respondent is ân lid van die Kaapse Balie en is,
dientengevolge, gebonde aan die bepalings van die Konstitusie van die
Kaapse
Balie, asook aan die Eenvormige Reëls van Professionele Etiek
(âdie Eenvormige Reëlsâ) wat deur die applikant uitgevaardig
is.
[3] Die applikant vra ân bevel kragtens artikel
7(1)(d) of the Wet op die Toelating van Advokate 74 van 1964 (âdie
Wetâ) vir
die verwydering van die naam van die respondent van die
lys van advokate. Die bevel word aangevra op grond daarvan dat die
respondent
hom skuldig gemaak het aan onprofessionele gedrag, aan
gedrag wat ân advokaat onwaardig is, aan gedrag wat strydig is met
sekere
bepalings van die Eenvormige Reëls, en dat hy derhalwe nie ân
geskikte persoon is om voort te gaan om as advokaat te praktiseer
nie.
[4] Die beweerde onprofessionele
gedrag van die respondent waarop die aansoek berus, vind beslag in
vyf âaanklagteâ. Die aanklagte
spruit uit gebeure tydens die
periode 1995 tot 2001 toe die respondent van tyd tot tyd namens ene
Mnr Jürgen Harksen (âHarksenâ)
opgetree het. Die aanklagte wat
die respondent ten laste gelê word, is kortliks
1
die volgende: (i) dat hy tydens 1996 ten behoewe van Harksen,
beëdigde verklarings geskik
2
het wat onwaar beweringe bevat, terwyl hy óf bewus was daarvan dat
die betrokke beweringe nie waar was nie, óf vermoed het dat
die
beweringe nie waar was nie en desnieteenstaande toegelaat het dat die
bewerings gemaak word sonder inagneming van die waarheid;
(ii) dat hy
ân opdrag van Harksen aanvaar het op die grondslag dat hy nie
navraag sou doen oor die bestaan al dan nie van sekere
persone en/of
entiteite wat Harksen beweer het wel bestaan, en dat hy op daardie
wyse deel gehad het aan die onderdrukking van die
waarheid en sy
professionele onafhanklikheid ingeboet het; (iii) dat hy tydens die
periode Maart 2001 tot Maart 2002 ân mandaat
aanvaar het om beheer
te neem van Harksen se beweerde buitelandse beleggingsfonds en van
uitbetalings aan beleggers in die fonds,
en dat hy by die uitvoering
van daardie mandaat opgetree het op ân wyse wat die aansien van die
advokatuur en sy vermoë om behoorlik
om te sien na die belange van
sy kliënt in die gedrang gebring het, en ook vals beweringe gemaak
het in notariële aktes en in ân
brief aan een van die beleggers;
(iv) dat hy buitensporige gelde ontvang het, of ooreengekom om gelde
te ontvang wat buitensporig
is, en dat sy optrede in verband met
gelde strydig was met die bepalings van die Eenvormige Reëls en van
toepaslike valutabeheer-regulasies;
en (v) dat hy in ân beëdigde
verklaring en in ân brief gerig aan die Direkteur van Openbare
Vervolgings wesenlike wanvoorstellings
gemaak het.
[5] By die bespreking van die verskillende âaanklagteâ
sal daar onvermydelik ân mate van oorvleueling wees in dié opsig
dat
van die klagtes uit dieselfde onderliggende feite spruit.
[6] By die beredenering van die aansoek voor ons is die
applikant verteenwoordig deur Mnre JA Newdigate SC, AC Webster en M
Blumberg.
Die respondent se saak is gestel deur Mnre PB Hodes SC and
J-H Roux.
Die aard van die verrigtinge
Toepaslike wetgewing
[7] Die tersake gedeeltes van artikel 7(1) and (2) van
die Wet bepaal soos volg:
Skorsing van advokate in hul praktyk en die
verwydering van hul name van die rol van advokate â
Behoudens enige ander wetsbepalings, kan ân hof van
ân afdeling, op aansoek, iemand in sy praktyk as advokaat skors of
beveel
dat die naam van iemand van die rol van advokate geskrap word
â
(a)â¦
(b)â¦
(c)â¦
(d) indien die hof oortuig is dat hy nie ân geskikte
en gepaste persoon is om as advokaat te bly praktiseer nie; of
(e)â¦
(2) Behoudens enige ander wetsbepalings, kan ân
aansoek kragtens paragraaf (a), (b), (c) or (d) van subartikel (1) om
die skorsing
van iemand in sy of haar praktyk as advokaat of om die
skrapping van iemand se naam van die rol van advokate, gedoen word
deur die
Algemene Raad van die Balie van Suid-Afrika â¦
[8] Artikel 7 van die Wet gee
statutêre beslag aan die inherente bevoegdheid van die Hof om, in
die uitvoering van sy toesig oor
regspraktisyns, te gelas dat die
naam van ân advokaat van die lys van advokate verwyder word. Die
Wet gee aan die applikant, asook
enige vereniging van advokate van
die Afdeling van die Hooggeregshof waarin ân advokaat praktiseer,
die reg om ân skrappingsaansoek
te loods as daar vrae ontstaan oor
ân regspraktisyn se bevoegdheid om langer op die rol te bly.
3
In hierdie verband word daar in
Vereniging
van Advokate van Suid-Afrika (Witwatersrand Afdeling) v Theunissen
4
gesê:
Die Wet op Toelating van Advokate 74 van 1964, in art 7,
erken die status van die Vereniging van Advokate en bepaal ook dat
die Hof
mero motu
nie ân advokaat van die rol kan skrap nie,
gaan verder en bepaal dat die Vereniging van Advokate
locus standi
het om so op te tree. Dit is duidelik en word ook besef deur die
Advokaatsorde dat ân plig op hom as dissiplinerende liggaam rus
om
in openbare belang op te tree, en behoorlik op te tree, in terme van
die Wet.
[9] In ân aangeleentheid soos hierdie nader die
applikant dus die Hof as
custos morum
van die professie. Die
funksie wat die applikant vervul is om getuienis van die praktisyn se
beweerde wangedrag voor die Hof te plaas
ten einde die Hof in staat
te stel om sy dissiplinêre bevoegdhede uit te oefen. Die applikant
tree op in belang van die professie,
die Hof en die gemeenskap. Daar
rus inderdaad ân verpligting op die applikant om aldus op te tree.
Sui generis aard van die verrigtinge
[10] ân Aansoek vir die verwydering
van ân praktisyn se naam van die rol is ân
sui
generis
statutêre
proses van dissiplinêre aard. In
Solomon
v Law Society of the Cape of Good Hope
5
word gesê:
It is difficult to place this kind of application in a
particular legal docket. The proceedings are statutory and
sui
generis
, and are no more than a request to the Court by the
custos morum
of the profession to use its disciplinary powers
over an officer of the Court who has misconducted himself.
Die
sui
generis
aard van
die verrigtinge word beklemtoon in, onder meer,
Hassim
(also known as Essack) v Incorporated Law Society of Natal
6
en
Cirota and
Another v Law Society, Transvaal.
7
[11] Die kern-eienskappe van die
verrigtinge word soos volg saamgevat deur Kroon R in
General
Council of the Bar of South Africa v Matthys
8
:
[4] (1) The proceedings are not ordinary civil
proceedings, but are
sui generis
in nature : they are
proceedings of a disciplinary nature, of the Court itself, not those
of the parties; the Court exercises its
inherent right to control and
discipline the practitioners who practise within its jurisdiction;
the applicant, in bringing the application,
acts pursuant to its
duties as
custos morum
of the profession; in the interest of
the Court, the public at large and the profession, its role is to
bring evidence of a practitionerâs
misconduct before the Court, for
the latter to exercise its disciplinary powers; the proceedings are
not subject to all the strict
rules of the ordinary adversarial
process.
Society of Advocates of South Africa (Witwatersrand
Division) v Edeling
1998 (2) SA 852
(W) at 859I
et seq
.
(2) Evidence which would have been inadmissible in
âcivil proceedingsâ may be considered in disciplinary proceedings
against
a practitioner in the High Court.
Incorporated
Law Society, Transvaal v Meyer and Another
1981
(3) SA 962
(T) at 968F.
[5] The Court has first to decide whether the alleged
offending conduct has been established on a preponderance of
probability and,
if so, whether the person is a fit and proper person
to practice as an advocate. Although the last finding to some extent
involves
a value judgment, it is in essence one of making an
objective finding of fact and discretion does not enter the picture.
But, once
there is a finding that he is not a fit and proper person
to practice, he may in the Courtâs discretion either be suspended
or
struck off the roll.
Kekana v Society of Advocates of South
Africa
[1998] ZASCA 54
;
1998 (4) SA 649
(SCA) at 654CâE;
Jasat v Natal Law
Society
2000 (3) SA 44
(SCA) at 51.
[12] Die situasie van ân respondent
in verrigtinge van hierdie aard verskil derhalwe van dié van ân
respondent in gewone siviele
verrigtinge. In
Prokureursorde
van Transvaal v Kleinhans
9
word gesê:
Uit die aard van die dissiplinêre verrigtinge vloei
voort dat van ân respondent verwag word om mee te werk en die
nodige toeligting
te verskaf waar nodig ten einde die volle feite
voor die Hof te plaas sodat ân korrekte en regverdige beoordeling
van die geval
kan plaasvind. Blote breë ontkennings, ontwykings en
obstruksionisme hoort nie tuis by dissiplinêre verrigtinge nie.
Daar word dus van ân respondent in
dissiplinêre verrigtinge verwag om oop kaarte met die Hof te speel;
ân respondent in dissiplinêre
verrigtinge âshould not be playing
a coy game raising technical issues in order to obfuscate the true
issues before the Court.â
10
In die omstandighede van ân bepaalde geval kan dit onvanpas wees om
âagter die âhoorsê reëlâ te skuilâ.
11
Persoonlike aanvalle op die bestuurslede van die applikant is volkome
onvanpas.
12
Die benadering van die Hof
[13] Die professionele gedrag van die
advokaat word aan ân streng maatstaf gemeet. In
Johannesburg
Bar Council v Steyn
13
word daar gesê dat
â
[i]t is not necessary to expatiate on the high standard
of integrity and the necessity for avoidance, not only of criminal
conduct,
but of misconduct or unprofessional conduct required of an
advocate.
Die advokaat se plig teenoor die Hof
verg eerlikheid en integriteit van die hoogste graad. In
Ex
parte Swain
14
word beklemtoon dat â
The proper administration of justice could not easily
survive if the professions [i.e. of advocates and attorneys] were not
scrupulous
of the truthâ¦
[14] Die Hof neem kennis van die
voorgeskrewe gedragsreëls wat die advokatuur oor ân tydperk van
baie jare ontwikkel het en streef
daarna om sover moontlik daardie
reëls te handhaaf. Optrede wat strydig is met die voorskrifte van
die Eenvormige Reëls kan dus
die grondslag vorm van die verwydering
van die naam van ân advokaat van die lys van advokate.
15
Die Hof is egter nie gebonde aan hierdie reëls nie en die Hof bly
die finale arbiter van die etiese reëls wat die gedragskode van
die
professie wat ten nouste verbonde is aan die Hof, ten grondslag lê.
16
[15] Waar meerdere insidente van
onprofessionele of onbetaamlike gedrag ân advokaat ten laste gelê
word, word die verskillende
klagtes waaruit die gewraakte gedrag
bestaan nie in isolasie beoordeel nie, maar maak die Hof sy bevinding
in die lig van die kumulatiewe
effek van almal saam.
17
Waar die verskillende insidente van onprofessionele of onbetaamlike
gedrag wat ân advokaat ten laste gelê word oor ân tydperk
plaasgevind het â
[i]t is necessary for the Court to
look at all the circumstances and the conduct which lasted over this
whole period.
18
[16]
Ons howe is terdeë bewus van die erns van aansoeke van hierdie aard.
In
Hurter
and Another v Hough
19
merk Tebbutt R soos volg op:
Taking disciplinary
proceedings against a member of a profession or professional body is
a most serious matter and should not be lightly
embarked upon. It has
been stated in many decided cases that, before bringing an
application to Court for the suspension from practice
or the striking
off of an attorney, it is the duty of the law society to make a full,
detailed, thorough and impartial investigation
of the charges against
him (see
Meyer's
case
supra
at 508F and
cases there cited). There are apparently three cases involving
Meyer
and the
Law Society of the Transvaal.
In the first of these, viz
Meyer v Law Society, Transvaal
1978 (2) SA 209
(T), Nicholas J referred to the judgment of MacDonald
CJ in
Ford v Law Society of Rhodesia
1977 (4) SA 175
(RA) and
said at 218E-G:
I do not wish to be
understood as disagreeing in any way with the views expressed by the
learned Chief Justice regarding the heavy
responsibility which rests
upon the Council of a Law Society when taking a decision to bring a
practitioner before the Court on a
charge of unprofessional conduct.
That is a disagreeable function: as the elected representatives of
the attorneys, council members
are required to investigate the
conduct of their professional brethren, in the interests of the
profession and of the general public.
Their decision may affect the
whole future career of the person whose conduct is in question,
whether or not the Court makes an order
against him. Whatever the
Court may decide, proceedings against the fellow attorney may leave a
stain against his name in the eyes
of the public. And, before they
decide to take such a step, it is the moral duty, though not the
legal duty, of the council to go
as far and as deeply as they can in
their investigation of the alleged misconduct. (
See Incorporated
Law Society v Buirski
(1908) 25 SC 843.)
In the appeal in
that case, cited as
Meyer v Prokureursorde van Transvaal
1979
(1) SA 849
(T), Eloff J said that there was a great responsibility on
the law society not to launch a striking off application without
proper
consideration and investigation. I agree. The consequences
for an attorney who has disciplinary proceedings brought against him,
even if they fail, can be disastrous. Allegations of misconduct,
professional or otherwise can adversely affect him and his practice
and damn him in the eyes of the public even if they are proved to be
completely unfounded. In
Fordâs
case
supra
, the
learned Chief Justice at 194C said:
Irreparable harm can
be done to a practitioner by bringing him before the Court on a
complaint of professional conduct even if, in
the result, the
proceedings fail.
I also repeat what
Nicholas J said in the first
Meyer
case:
Whatever the Court
may decide, proceedings against a fellow attorney may leave a stain
against his name in the eyes of the public.
In
dieselfde trant sê die Volbank van die Transvaalse Provinsiale
Afdeling in
Vereniging
van Advokate van Suid-Afrika (Witwatersrand Afdeling) v Theunissen
20
by
monde van Coetzee R (soos hy indertyd was):
Wanneer 'n liggaam
soos die Balieraad . . . optree teen 'n lid dan moet hy ook
verantwoordelik optree uit die oogpunt van daardie
lid se belange en
moet daar met die nodige deernis en omsigtigheid te werk gegaan word.
Die opdrag aan ân advokaat
[17] Die algemene reël in ons reg is
dat die advokaat sy opdrag van ân prokureur ontvang. Die reël dat
die advokaat nie sonder
die tussenkoms van ân prokureur, ân
opdrag van ân kliënt mag aanvaar nie (die enkele
uitsonderingsgevalle is nie tans ter
sake nie) is in onlangse jare
deur die howe aan uitvoerige ondersoek onderwerp.
21
Die verhouding tussen prokureur en advokaat, wat onderliggend is aan
die reël, word soos volg saamgevat deur Heher AR in
Rösemann
v General Council of the Bar of South Africa
:
22
The rule requires that an attorney initiates the contact
between an advocate and his client, negotiates about and receives
fees from
the client (on his own behalf and that of the client),
instructs the advocate specifically in relation to each matter
affecting the
clientâs interest (other than the way in which the
advocate is to carry out his professional duties), oversees each step
advised
or taken by the advocate, keeps the client informed, is
present as far as reasonably possible during interaction between the
client
and the advocate, may advise the client to take or not take
counselâs advice, administers legal proceedings and controls and
directs
settlement negotiations in communication with his client. An
advocate, by contrast, generally does not take instructions directly
from his client, does not report directly or account to the client,
does not handle the money (or cheques) of his client or of the
opposite party, acts only in terms of the instructions given to him
by the attorney in relation to matters which fall within the
accepted
skills and practices of his profession â¦
In
De
Freitas and Another v Society of Advocates of Natal and Another
23
wys Hefer WrnHR
daarop dat by litigasie die advokaat en die prokureur elkeen ân
eie, besondere rol vervul:
It is the advocate who generally prepares pleadings and
presents clientsâ cases to the courts, whereas it is the attorney
who takes
care of matters such as the investigation of the facts, the
issuing and service of process, the discovery and inspection of
documents,
the procuring of evidence and the attendance of witnesses,
the execution of judgments and the like. In this way each of them
applies
his own skills for the benefit of the client.
In dieselfde saak wys Cameron AR
daarop
24
dat ân advokaat sy praktyk bedryf buite die raamwerk van artikel 79
van die Wet op Prokureurs 53 van 1979 wat voorsiening maak
vir die
verpligte hou van ân trustrekening deur ân prokureur. Die feit
dat ân advokaat geen trustrekening het nie, skep die
gevaar van
wesenlike benadeling van ân kliënt â
â¦
if advocates were permitted to
handle public money, whether by dealing with their clientsâ money
or even by taking deposits on fees
in advance.
25
Cameron AR sê dat dit ân stituasie
is wat die Hof nie kan duld nie en kom derhalwe tot die
gevolgtrekking:
26
For so long as the statutory absence of trust fund
protection continues, it provides, in my view, a compelling reason in
the public
interest for the Courts to enforce the referral rule.
Die Harksen-faktor
[18] Die aanklagte teen die
respondent spruit, soos hierbo vermeld, uit gebeure tydens die
periode 1995 tot 2001 toe die respondent
van tyd tot tyd namens
Harksen opgetree het. Harksen is ân Duitse burger wat in November
1993 na Suid-Afrika gekom het. Tydens
die daaropvolgende ongeveer
tien jaar was Harksen en sy vrou betrokke by ân vloedgolf litigasie
in die Suid-Afrikaanse howe.
27
Die bron van die litigasie was tweeledig.
[19] Die eerste bron van litigasie
was die versoek wat die Duitse regering op 8 Maart 1994 aan die
Suid-Afrikaanse regering gerig
het vir die uitlewering van Harksen
sodat hy in Duitsland tereg kan staan op aanklagte vermeld in ân
lasbrief wat ân Hof in Hamburg
vir sy arrestasie uitgereik het. Die
aanklagte het, in kort, daarop neergekom dat Harksen deur bedrieglike
wanvoorstelling sowat
148 âbeleggersâ oorreed het om groot bedrae
geld
28
aan hom te betaal vir belegging in sindikate onder sy beheer. Deur
alles figureer baie prominent ân beleggingskema bekend as SCAN
1000
waarin Harksen aangevoer het hy ân belang het. Harksen en sy vrou,
Jeanette, het alles in die stryd gewerp om hul uitlewering
aan
Duitsland te voorkom of te vertraag. Hierdie stryd het by minstens
een geleentheid ân draai in die Konstitusionele Hof gemaak.
29
Harksen is op die ou end aan Duitsland uitgelewer.
[20] Die tweede bron van litigasie
was die sekwestrasie van Harksen; sy boedel is op 16 Oktober 1995
finaal gesekwestreer. ân Groot
gedeelte van hierdie litigasie het
gewentel om die vraag of bepaalde bates deel uitmaak van Harksen se
insolvente boedel.
30
Hierdie tweede bron van litigasie het ook by minstens een geleentheid
in die Konstitusionele Hof gefigureer.
31
[21] Die respondent was een van die groot aantal lede
van die Kaapse Balie wat deur die jare heen op die een of ander
tydstip ten
behoewe van Harksen en sy vrou opgetree het.
Die gebeure wat aanleiding gegee het tot die
skrappingsaansoek
[22] Op 21 Julie 2002 en 28 Julie 2002 word ân program
onder die opskrif âSpecial Assignmentâ oor nasionale televisie
uitgesaai.
Die regisseuse van die program, Me Burgess, rig op 27
Junie 2002 ân brief (op die brief word die datum verkeerdelik gegee
as 2003)
aan die respondent waarin sy hom meedeel dat ân
dokumentêre program oor Harksen beoog word en dat daar onder meer
gefokus sal
word op die rol van sommige van Harksen se regsadviseurs.
Sy vervolg â
Obviously your name and your role as one of his main
legal advisors comes up repeatedly. We hereby inform you that we are
bound to
give you the right of reply regarding the following issues
that we might be raising in our documentary and respectfully request
your
response to the following questions and/or allegations that
might be raised by way of commentary, by the showing of documents or
through interviews.
Daar volg dan vrae wat betrekking het
op onder meer sommige van die kwessies wat tans figureer in sekere
van die aanklagte teen die
respondent; byvoorbeeld, die vrae rondom
die bestaan van die SCAN 1000 belegging en die trustees van die
skema, en vrae rondom die
respondent se verhouding met die Chase
Manhattan Bank en met Mnr Goldstein, die bank se uitvoerende
vise-president.
[23] Die respondent reageeer op 1
Julie 2002 op hierdie brief.
32
ân Groot gedeelte van sy brief word gewy aan die mandaat wat hy
tydens die periode Maart 2001 tot Maart 2002 aanvaar het om beheer
te
neem van Harksen se beweerde buitelandse beleggingsfonds en van
uitbetalings aan beleggers in die fonds. Die respondent se antwoord
word verder bespreek in paragraaf [73] hieronder.
[24] Die program is gebeeldsend en
aantygings is daarin gemaak wat ân ernstige refleksie werp op die
professionele gedrag van die
respondent. Die Kaapse Balieraad het
besluit om die beweringe te ondersoek en die respondent is
dienooreenkomstig meegedeel. Korrespondensie
tussen die partye volg
en in ân brief gedateer 3 November 2003 reageer die respondent op
die aantygings teen hom. Daarna word besluit
om ân aansoek te loods
vir die verwydering van die naam van die respondent van die rol van
advokate.
[25] Tydens September 2004, vóór
die aansoek geloods is, word die respondent by ooreenkoms tussen die
partye voorsien van afskrifte
van die funderende stukke in die
voorgenome aansoek. Verdere korresponsie en onderhandeling volg en
die applikant besluit om nie
voort te gaan met sekere van die
oorspronklike sewe aanklagte teen die respondent nie. Dit is nie
nodig vir die doeleindes van die
beregting van hierdie aansoek om in
te gaan op die besonderhede van hierdie korrespondensie en
onderhandelinge nie, en die daaruit
voortspruitende meningsverskille
(en misverstande?) nie. Die aansoek in huidige vorm word geloods op
14 Maart 2005.
Die reaksie van die respondent
[26] Die respondent het van meet af
aan skerp gereageer op die aantygings teen hom. In sy reaksie op die
voorlopige ondersoek wat
hierdie aansoek voorafgegaan het
33
,
maak hy die klagtes teen hom af as ân âheksejagâ en sê hy dat
die lys van klagtes wat aan hom voorsien is, âdeurspek (is)
met
vae, ongefundeerde, ongesubstansieerde afleidings, verdagmakery,
sinnelose gevolgtrekkings, en wat paragraaf 7 daarvan aanbetref
eenvoudig lasterlike beweringsâ. In sy reaksie
34
op konsep funderende stukke wat in September 2004 tot sy beskikking
gestel is, en in sy funderende beëdigde verklaring ter ondersteuning
van sy aansoek vir ân vroeë datum vir die aanhoor van die
skrappingsaansoek, maak die respondent aantygings van onbehoorlike en
onprofessionle optrede aan die kant van Mnr Norman Arendse SC
(âArendseâ), voorsitter van die applikant en deponent van die
funderende
beëdigde verklaring, die applikant, lede van die Kaapse
Balieraad en sommige van die getuies waarop die applikant steun. In
sy antwoordende
beëdigde verklaring in die skrappingsaansoek beskryf
die respondent die aansoek as âkwelsugtig, ondeurdag en sonder
merieteâ,
en opper hy ân aantal besware teen die wyse waarop die
ondersoek van die saak teen hom verloop het.
[27] Die skyf van die respondent se
venyn is veral Me Eileen Fey (âFeyâ) en Mnr Michael Lane
(âLaneâ), die mede-trustees van
Harksen se insolvente boedel, en
Mnr Bernhard Kurz (âKurzâ) wat deurgaans as die trustees se
prokureur opgetree het. Die onmin
tussen die respondent en die
trustees gaan ân geruime tyd terug â onmin wat uitgeloop het op
ân lastergeding wat finaal in
die guns van die respondent uitgewys
is.
35
Daar bestaan geen twyfel nie dat, soos die respondent aanvoer, baie
van die inligting en dokumentasie waarop die applikant steun
afkomstig is van die trustees en van Kurz. Dit word immers nie deur
die applikant ontken nie. Dit beteken egter nie dat, soos die
respondent aanvoer, die trustees en Kurz die aanstigters van en die
dryfveer agter die aanklagte teen hom is nie. Na my oordeel is
dit
duidelik dat die applikant se ondersoekspan ân onafhanklike
ondersoek ingestel het en dat die aansoek op grond van ân
onafhanklike
oordeel geloods is.
[28] In sy antwoordende beëdigde
verklaring opper die respondent besware teen die wyse waarop die
ondersoek van die saak teen hom
verloop het. ân Groot deel van die
respondent se geskrewe hoofde van argument, en ân groot deel van
Mnr Hodes se argument, was
toegespits op hierdie besware. Die besware
het niks te make met die meriete van die gronde wat die applikant
aanvoer vir die verwydering
van die respondent se naam van die rol
van advokate nie. Dit sal derhalwe geen doel dien om al hierdie
bysake (âside-issuesâ)
te probeer ontrafel nie. Ek volstaan met
die opmerking dat die respondent genoeg tyd en ruimte gegun is om sy
kant van die saak volledig
aan hierdie Hof voor te lê. Sy reaksie op
konsep funderende stukke wat in September 2004 tot sy beskikking
gestel is beloop 174
bladsye;
36
sy antwoordende stukke met aanhangsels beloop 372 bladsye. Hy is
toegelaat om sonder beswaar van die kant van die applikant ân
âAntwoordende Verklaring tot Applikant se Repliserende Verklaringâ
te liasseer wat met aanhangsels ân verdere sowat 160 bladsye
beloop.
[29] Dit is nodig om kortliks enkele
opmerkings te maak oor twee van die respondent se besware wat nie
direk betrekking het op die
meriete van die wesenlike geskilpunte
nie, naamlik (i) onnodige vertraging by die ondersoek en die
uiteindelike bring van hierdie
aansoek, en (ii) die afwesigheid van
ân voorafgaande dissiplinêre ondersoek. Daarna sal ek in groter
besonderhede let op die beswaar
dat die applikant op onregmatige wyse
die funderende stukke aan die media bekend gestel het pas nadat die
aansoek geloods is.
[30] Die televisieprogram is tydens
Julie 2002 gebeeldsend; hierdie aansoek is tydens Maart 2005 geloods.
Die respondent voer aan
dat hy deur hierdie (onnodige) vertraging in
die afhandeling van die ondersoek teen hom benadeel is (word). Teen
die agtergrond van
die Harksen-saga is hierdie ân verwikkelde saak
wat ân ondersoek van duisende bladsye dokumentasie geverg het.
Daarna was daar
uitgebreide korrespondensie en onderhandelinge tussen
die partye. ân Mens kan jou egter afvra of ân tydperk van sowat
twee jaar
en nege maande nodig was om die saak te bring tot by die
punt waarop die aansoek geloods is? Aan die ander kant kan daar nie
gesê
word dat die respondent, behalwe vir die frustrasie van
ernstige aantygings wat vir ân lang tyd oor sy kop gehang het, in
die voer
van sy verweer benadeel is deur die vertraging nie.
[31] Die respondent bekla hom daaroor
dat daar nie ân interne dissiplinêre ondersoek gehou is alvorens
die aansoek geloods is nie.
Die kort antwoord hierop is dat, alhoewel
ân interne dissiplinêre ondersoek in bepaalde omstandighede
moontlik wenslik sou wees,
die hou van sodanige ondersoek geen
voorvereiste is vir optrede kragtens artikel 7 van die Wet nie.
37
Beskikbaarstelling van hofstukke aan die media
[32] Op 21 April 2005, sowat ân maand nadat die
skrappingsaansoek geloods is, verskyn berigte in die drie plaaslike
dagblaaie waarin
daar groot prominensie verleen word aan die aansoek
vir die skrapping van die respondent se naam van die rol van advokate
â in
die
Cape Times
was dit voorbladnuus. In die berig in
die
Cape Times
word vermeld dat die hofpersoneel geweier het
om die media toegang tot die betrokke stukke te verleen, en dat die
applikant se regsadviseurs
die hofstukke aan die media beskikbaar
gestel het. Die respondent bekla hom oor wat hy aanvoer voortydige
beskikbaarstelling van
hofstukke aan die media is.
[33] Hooggeregshofreël 62(7) bepaal soos volg:
ân Party tot ân geding en enigiemand wat ân
persoonlike belang daarby het, kan met verlof van die griffier na
aanvoering van
goeie redes, alle stukke in die griffier se kantoor
insien en kopieër.
Na my oordeel het die hofpersoneel korrek opgetree het
deur te weier om die media insae in die hofstukke te verleen.
[34] Die Hofreël kan klaarblyklik
nie tot gevolg hê dat hofstukke permanent ontoeganklik is vir die
media nie. Reeds meer as honderd
jaar gelede het De Villiers HR
gesê:
38
Public interest requires that the proceedings of Courts
of Justice should be public, from which it follows that the
publication of
the reports of such proceedings should be permissible.
In dieselfde saak sê Buchanan R dat
âonce documents become a record anyone can make a searchâ. Hy vra
hom dan af wanneer dokumente
âbecome of recordâ? Sy
gevolgtrekking is dat dokumente deel van die oorkonde word by
afhandeling van die saak. Die standpunt
dat dokumente wat geliasseer
is regtens vir die publiek toeganklik word as die saak afgehandel is,
word gevolg in
Visser
v Minister of Justice and Another
39
en
Bell v Van
Rensburg NO.
40
In laasgenoemde saak word gesê
41
â
Terwyl die saak nog hangende is, is die dokumente en
enige getuienis wat afgeneem is nog nie deel van die oorkonde nie en
het die
publiek geen reg tot insae nie.
[35] Met verwysing na die
beskikbaarstelling van hofstukke aan die media deur ân party in
mosie-verrigtinge sê Van Blerk RP (soos
hy indertyd was) in
Ex
parte Bothma: In re R v Bothma
:
42
Dit het onder my aandag gekom dat die
inhoud van die aansoekdoener se petisie in hierdie saak vanoggend
heel volledig deur ân plaaslike
koerant gepubliseer was. Ek het die
Griffier van hierdie Hof se versekering dat hierdie inligting nie
deur sy kantoor aan die Pers
verskaf was nie. Nou, ek wil nie van die
advokate vir die aansoekdoener, of van die Prokureur-Generaal, ân
erkenning hê dat dit
miskien deur een van die partye verstrek was
nie, maar ek wil daarop wys dat ek my vereenselwig met die uitspraak
in die saak van
Abt
teen Die Griffier van die Hooggeregshof en Andere
,
16 SC 476
43
waar dit gesê is dat buitestaanders nie geregtig is om insae in
stukke in ân geding te hê alvorens die saak in die ope Hof geroep
was nie. Waar die Griffier se kantoor derhalwe nie die stukke aan
lede van die publiek beskikbaar mag stel nie,
wil
ek beklemtoon dat dit ewe wenslik is dat regspraktisyns wat amptenare
van hierdie Hof is, hierdie reël sal nakom, veral waar
slegs aan die
een party se saak publisiteit verskaf word
(my beklemtoning).
Mnr Newdigate het die optrede van
die applikant regverdig met ân beroep op
Romero
v Gauteng Newspapers Ltd and Others
.
44
Alhoewel daar nie verwys word na die standpunt van Van Blerk RP in
Ex
parte Bothma: In re R v Bothma
45
nie, word daar in
die uitspraak as algemene beginsel, ân soortgelyke standpunt
gestel,
46
naamlik dat â
... a person cannot publish in such documents [summons,
application or notice of appeal] in which a litigant disparages or
defames
a party before the documents are dealt with in open court. By
then the victim would have been able to take all steps open to it to
deal with the allegations ....
[36] Die respondent wys daarop dat hy by ooreenkoms met
die applikant geleentheid gegun is om sy antwoordende stukke teen die
einde
van April 2005 af te lewer (later is hy geleentheid gegee to 18
Mei 2005). Dit beteken, soos die respondent tereg aanvoer, dat die
applikant die hofstukke aan die media bekend gestel het wel wetende
dat die respondent die geleentheid gegun is om eers tien dae
later sy
antwoordende stukke af te lewer.
[37] Ek is van oordeel dat die applikant, deur die
hofstukke aan die media beskikbaar te stel op die stadium waarop dit
gedoen is,
opgetree het op ân wyse wat strydig is met aanvaarde
norme en praktyk.
Besware
in limine
[38] Die respondente opper drie besware wat as besware
in limine
beskou kan word: (i) Arendse was nie gemagtig om die
aansoek namens die applikant te bring nie; (ii) dokumente waarop die
applikant
steun is gepriviligeerd, en (iii) dokumente waarop die
applikant steun bevat getuienis van hoorsê-aard. Die besware dat
sekere van
die dokumente waarop die applikant steun gepriviligeerd
is, en die beswaar dat sommige van die dokumente hoorsê-getuienis
bevat,
word geopper in die antwoordende stukke en word uitvoerig
behandel in die respondent se hoofde van betoog. By die beredenering
van
die aansoek het Mnr Hodes te kenne gegee, as ek hom reg verstaan
het, dat alhoewel hy geen betoog ten opsigte van die besware sal
voorlê nie, hy nie die besware laat vaar nie. Die besware is
derhalwe steeds voor ons, en Mnr Newdigate het ons daaroor
toegespreek.
Die kwessie van Arendse se magtiging word vervolgens
eers behandel, en daarna die kwessies van privilegie en van hoorsê.
Gebrek aan magtiging.
[39] By die Algemene Jaarvergadering van die applikant
wat op 23 en 24 Julie 2004 te Bloemfontein gehou is, is daar besluit
om op
sewe gronde, ân aansoek te bring vir die verwydering van die
respondent se naam van die rol van advokate. Die vyf gronde wat in
die onderhawige aansoek aangevoer word, verskil in sekere opsigte van
die aanvanklike sewe gronde. Die respondent voer derhalwe aan
dat
Arendse nie gemagtig was om die aansoek in huidige vorm te bring nie.
[40] By die Algemene Jaarvergadering van die applikant
wat op 22 en 23 Julie 2005 te Port Elizabeth gehou is, is volledige
afskrifte
van die funderende en antwoordende stukke in die
onderhawige aansoek, asook ân konsep van ân repliserende beëdigde
verklaring,
aan die vergadering vir oorweging voorgelê is. Die
Algemene Jaarvergadering is ook meegedeel dat die respondent aanvoer
dat Arendse
nie die nodige magtiging gehad het om die aansoek te
bring nie. Die vergadering het die volgende resolusie aanvaar wat die
bring
van die aansoek magtig (en ratifiseer sover dit nodig mag
wees):
Further to the resolution taken by the GCB at the AGM
held on 23 and 24 July 2004 and in so far as it may be necessary, if
at all,
it is hereby resolved:
The institution of the application in the name of the
GCB be and hereby is authorised.
The Chair is authorised to sign all documents in
connection with the striking off application and any other matters
incidental or
ancillary thereto, until the application has been
prosecuted to its final conclusion.
All and any steps taken by the Chair of the GCB in
connection with the said application are hereby expressly ratified.
Na my oordeel is enige gebrek aan
magtiging by die bring van die aansoek, indien daar enige sodanige
gebrek was, aangevul deur latere
ratifikasie (sien
Merlin
Gerin (Pty) Ltd v All Current and Drive Centre (Pty) Ltd and
Another
47
).
Regsprofessionele privilegie
[41] Die respondent voer aan dat die volgende dokumente
wat hy óf self opgestel en onderteken het, óf ontvang het,
gepriviligeerd
is en uitgesluit behoort te word: Aanhangsel GCB4 (ân
memorandum aan sy opdraggewende prokureur); Aanhangsel GCB5 (ân
verdere
memorandum wat volg op die vorige); Aanhangsel GCB6 (ân
telefaks gemerk âPrivate and Confidentialâ van die respondent aan
Siegwart);
Aanhangsel GCB7 (Siegwart se antwoord); GCB26 en GCB27 (ân
telefaks van Harksen aan die respondent).
[42] Die respondent maak in sy eie belang en tot
voordeel van homself aanspraak op ân regsprofessionele privilegie.
Byvoorbeeld,
in pargagraaf 6.2.1 van sy verdere antwoordende beëdigde
verklaring sê die respondent:
Ek wys respekvol daarop dat ek reeds vantevore daarop
gewys het dat die Aanhangsels GCB4, 5 en 6 waarop hierdie klagte
steun gepriviligeerde
dokumente is en dat ek beswaar maak teen die
Applikant se gebruikmaking daarvan. Ek herhaal daardie beswaar.
In hierdie verband sê Nestadt AR in
Bogoshi v Van Vuuren NO and Others; Bogoshi v Director, Office for
Serious Economic Offences, and Others
:
48
But most important for our purposes is the principle
that privilege does not arise automatically. It must be claimed. This
may be
done not only by the client but by the attorney. Indeed, he is
under a duty to claim the privilege. However, because the privilege
is the right of the client, the attorney, in claiming it, must act
not in his own interests or on his own behalf but for the benefit
of
the client. Unless he does so, his claim to privilege may be regarded
as not genuine. And, in this event, a court would be entitled
to
disregard the claim to privilege and admit the document in evidence
or permit its seizure, as the case may be. This has occurred
where
the attorney has claimed the privilege ostensibly on behalf of his
client but in truth in order to frustrate an investigation
into his
own alleged criminal conduct.
Voorgaande word onderskryf in
Kommissaris van
Binnelandse Inkomste v Van der Heever
:
49
Die regsprofessionele privilegie is natuurlik die kliënt
â¦.. se privilegie en nie die respondent sân nie. Waar die
respondent
verskeie male in sy repliserende eedsverklaring na âmy
regsprofessionele privilegieâ verwys, skep hy die indruk dat hy sy
locus standi
daarop fundeer. Dit is natuurlik foutief, soos
ook duidelik blyk uit die volgende passasie in die uitspraak van
Nestadt AR in
Bogoshi
â¦.
Harksen maak geen aanspraak op
privilegie nie en daar word ook nie ten behoewe van hom sodanige
aanspraak gemaak nie. Inderdaad sou
ân aanspraak op privilegie van
die kant van Harksen geen sin hê nie want daar is geen belang wat hy
sou kon beskerm deur hom op
die privilegie te beroep nie. Dit is
gemene saak dat Harksen in ân Hof in Hamburg ân volledige
bekentenis gemaak het van die
bedrieglike optrede aan sy kant (sien
paragraaf [59] hieronder). Die uitgangspunt gestel in
R
v Ataou
50
sou, na my oordeel,
mutatis
mutandis
van
toepassing wees op enige aanspraak op privilegie aan die kant van
Harksen:
When a communication was originally privileged and in
criminal proceedings privilege is claimed against the defendant by
the client
concerned or his solicitor, it should be for the defendant
to show that on the balance of probabilities the claim cannot be
sustained.
That may be done by demonstrating that there is no ground
on which the client could any longer reasonably be regarded as having
a
recognisable interest in asserting the privilege.
In die omstandighede van hierdie
geval is daar geen gronde waarop Harksen âcould any longer
reasonably be regarded as having a recognisable
interest in asserting
the privilegeâ.
[43] Daar is ân verdere rede waarom
ân aanspraak op privilegie nie kan slaag nie. Die dokumente ten
opsigte waarvan die privilegie
ge-eis word, het betrekking op die
beweerde voorlegging van vals getuienis by wyse van beëdigde
verklarings ten einde die Hof te
mislei. Sodanige dokumente word nie
beskerm deur regsprofessionele privilegie nie.
51
Hoorsê
[44] In die respondent se hoofde van
betoog word aangevoer dat sekere gedeeltes van die applikant se
funderende en repliserende beëdigde
verklarings, en sekere van die
aanhangsels by die funderende beëdigde verklaring, ontoelaatbare
hoorsê-getuienis bevat wat geskrap
behoort te word.
[45] Mnr Newdigate het, na my oordeel
tereg, aangevoer dat die meeste van die material wat die respondent
geskrap wil hê nie van
hoorsê-aard is nie. Sommige van die
dokumente het die respondent self opgestel; ander is korrespondensie
wat hy ontvang het en wat
nie hoorsê bevat nie, en ander het
betrekking op gebeure wat nie in geskil is nie. Die passasies en
dokumente waarteen beswaar gemaak
word, kan in verskillende groepe
verdeel word.
52
[46] Paragrawe 27, 29, 30 en 64 van die funderende
beëdigde verklaring, paragrawe 155, 157, 158, 190 en 191 van die
repliserende
beëdigde verklaring, en Aanhangsels GCB9A en GCB9B het
betrekking op die feit dat Harksen beleggers bedrieg het ten aansien
van
SCAN 1000, dat die bedrog op die lappe gekom het, dat Harksen
uitgelewer is en dat hy in die
Landgericht
te Hamburg die
bedrog wat hy gepleeg het erken het. Dit is alles gemene saak en in
sy brief aan Me Burgess aanvaar die respondent
dat Harksen se skema
ân bedrogspul was en erken hy dat hy self deur Harksen mislei was.
[47] Die respondent voer aan dat die
volgende passasies en aanhangsels wat betrekking het op die die
betaling van fooie aan hom, geskrap
moet word: paragrawe 68â70, 72,
74, 76, 77, 79, 80, 82â86, en aanhangsels GCB10 tot en met GCB24.
Die respondent erken ontvangs
van die betalings en behandel in sy
stukke die manier en wyse waarop die betalings aan hom gemaak is.
[48] Paragrawe 88, 89, 91â93,
95â100 en 102 van die funderende beëdigde verklaring het
betrekking op die respondent se hantering
van die sake van Harksen.
Die bewerings is gebaseer op dokumente wat die respondent self
opgestel en gestuur het, dokumente wat hy
ontvang het, en op die
getuienis van die trustees en van Kurz.
[49] Paragrawe 108â113, 118, 119,
121, 124 130â132, 139 en 140 van die funderende beëdigde
verklaring, en aanhangsels GCB29,
GCB31, GCB35, GCB38, GCB29, het
betrekking op die mandaat wat die respondent onderneem het om Harksen
se krediteure uit te betaal.
Die bewerings is gebaseer op dokumente
wat die respondent self opgestel en gestuur het, dokumente wat hy
ontvang het, en op die getuienis
van die trustees en van Kurz.
[50] Twee slotopmerkings in hierdie
verband: (i) ek is van oordeel dat in die omstandighede van hierdie
geval, en in die lig van die
aard van die dokumentasie waarteen die
beswaar gemik is, dit die respondent nie betaam om âagter die
âhoorsê reëlâ te skuilâ
nie,
53
en (ii) vir soverre daar in verrigtinge van hierdie aard hoorsê na
vore mag kom, moet die gewig daarvan uiteraard telkens beoordeel
word.
Die aanklagte
Finalisering vanân beëdigde verklaring wat vals
bewerings bevat
[51] Die applikant voer aan dat die respondent tydens
1996, in verrigtinge waarin hy ten behoewe van Harksen opgetree het,
beëdigde
verklarings gefinaliseer het wat onwaar (vals) beweringe
bevat, terwyl hy óf bewus was daarvan dat die betrokke beweringe nie
waar
was nie, óf vermoed het dat die beweringe nie waar was nie, en
desnieteenstaande op roekelose wyse toegelaat het dat die beweringe
gemaak word sonder inagneming van die waarheid. Die deponente van die
betrokke beëdigde verklarings was Harksen self en ene Mnr
Hans
Siegwart (âSiegwartâ) van Switserland.
[52] Die gebeure wat hierdie aanklag ten grondslag lê
is grootliks gemene saak tussen die partye. Tydens Maart 1995 het ân
krediteur
van Harksen, Mnr Siegfried Greve, ân aansoek geloods vir
die sekwestrasie van Harksen se boedel (die âGreve-aansoekâ).
Harksen
het die aansoek bestry en die respondent het namens hom
opgetree. In die funderende stukke in die Greve-aansoek word beweer
dat nóg
die beleggingskema SCAN 1000 waarin Harksen aangevoer het hy
ân belang het, nóg die trustees van die skema, Mnre Arnemann,
Johannson
en Maxwell, inderdaad bestaan.
[53] In antwoord op hierdie bewerings
heg Harksen afskrifte van beëdigde verklarings van Arnemann en
Johannson aan by sy antwoordende
stukke. Die beëdigde verklarings
was na bewering afgelê voor ân
Gemeindeschreiber
in Switserland en by wyse van apostil bevestig. Op 24 Julie 1995
skryf die prokureurs van die toetredende krediteure in die
Greve-aansoek,
ân brief aan Harksen se prokureurs waarin daar met
opgawe van redes pertinent aangevoer word dat die beëdigde
verklarings van
Arnemann en Johannson oneg is. In reaksie op die
brief stel Harksen se advokate (waarvan die respondent een was) ân
memorandum
op
54
waarin daar verwys word na hierdie ernstige aantygings (âserious
allegationsâ) wat op bedrog neerkom (âamounting to fraudâ).
Die
mening word uitgespreek dat â
if in effect the allegations of fraud set out in the
letter are correct, the legal representatives on behalf of Mr Harksen
would be
compelled to withdraw from all his matters.
Daar word besluit dat die respondent, vergesel van
prokureur Kulenkampf, wat Duits magtig is, na Switserland sal gaan
ten einde persoonlik
met Siegwart, Arnemann en Johannson te
konsulteer en beëdigde verklarings van hulle te verkry.
[54] In ân tweede memorandum,
55
gedateer 31 Julie 1995, sê die respondent dat die besoek nie in sy
doel geslaag het nie en dat hulle nie daarin geslaag het om
onderhoude
met Arnemann en Johannson te voer nie. Die respondent sê
dat ten spyte van die feit dat Siegwart hulle by herhaling die
versekering
gegee het dat hulle Arnemann en Johannson binnekort sal
ontmoet, het dit nie gebeur nie. Die respondent vind Siegwart
âarrogant,
obstructive and to a certain extent plain rudeâ. Oor
Siegwart sê die respondent verder â
I have no doubt that the manipulator of whatever is
going on is Siegwart. I furthermore have no doubt that Siegwart knew,
since our
arrival until the time we departed, that both Arnemann and
Johannsen would not arrive. It was never intended that they would
arrive.
Hy voeg daaraan toe dat hy nie Siegwart se
verduideliking aanvaar oor hoe die dokumente aanvanklik geteken is
nie en dat hy geen twyfel
het dat Arnemann en Johannson âwere never
in Luzern when Siegwart presented the documentsâ. Die respondent
verwys voorts na Siegwart
se â
fraudulent attempt to mislead the Court by preparing the
apostil himself in which the notary, Joseph Hermann confirms that
these two
gentlemen, Arnemann and Johannsen, appeared and signed
before him.
Die respondent sê verder dat â
it is clear that either Siegwart and/or Siegwart,
Arnemann and Johannsen are acting mala fide
maar voeg daaraan toe dat â
there is no evidence available to us that Jürgen
Harksen is part of this ridiculous, inept, amateurish and untruthful
attitude displayed
by his so-called trustees.
Die respondent kom tot die gevolgtrekking dat â
it is our duty to satisfy ourselves whether Jürgen
Harksen has any knowledge of the attitude adopted by Siegwart and/or
Siegwart,
Johannsen and Arnemann, and whether Johannsen and Arnemann
in fact exist. If Harksen is in any way whatsoever part of this
scheme
to mislead the Court including the representation that there
is a trust of which they [Siegwart, Johannsen and Arnemann] are
trustees,
and this is a scam, we have no option but to withdraw.
[55] In April 1996 bring die trustees
van Harksen se insolvente boedel, ân aansoek (saaknommer 4840/1996)
om die waarde te verhaal
van sekere onroerende eiendom in Kaapstad,
te wete Klaassenbosch en Brommaertweg 14A, onderskeidelik
geregistreer in die name van
HEG Consulting Enterprises (Pty) Ltd
(âHEGâ) en Multiman (Edms) Bpk (âMultimanâ). Harksen het
aangevoer dat Siegwart die
aandeelhouer in HEG was (deur ân
Panamese maatskappy, Imvesta Finance Incorporated) en dat die aandele
in Multiman gehou is deur
sy broer, Michael. Die trustees het
aangevoer dat Harksen die werklike begunstigde in die aandeelhouding
van HEG was en dat HEG die
werklike begunstigde in die aandeelhouding
van Multiman was. Die respondent het aanvanklik namens Harksen en
Siegwart opgetree maar
hom onttrek voordat die saak aangehoor is.
56
[56] Op 10 Junie 1996, rig die
respondent ân faks aan Siegwart waarin hy sê:
57
We are in the process of filing the final affidavits in
the HEG application and in fact it is only Jurgenâs affidavit which
has
to be completed and will hopefully be filed by not later than
Tuesday.
Die respondent gaan voort deur te beklemtoon dat dit
belangrik is dat die regsverteenwoordigers bo enige twyfel (âbeyond
doubtâ)
moet vasstel dat hul gelde afkomstig is van buitestaanders
en nie van die insolvent nie. Die respondent sê voorts â
In this regard it is important to bear in mind that we
have all along been instructed that Jurgen has an investment worth DM
1,6 billion
in SCAN 1000, that this investment is being administered
by the Trustees i.e. yourself (now replaced by attorney Walter Studer
for
the time being) Messrs Arnemann, Johansson and your son-in-law.
Your are furthermore aware that certain of the creditors
as well as the Insolvent Trustees and their legal representatives do
not
accept:
That SCAN 1000 exists.
That Arnemann and Johansson in fact exist and are
trustees to the investment.
That the investment will pay out in February 1997.
In your letter to Jurgen dated 29 May 1996 you referred
to the trustee meeting in Monte Carlo on 4 July 1996. In the letter
you suggest,
with which I fully agree, that attorney Oertel and
auditor Thörle should be present at the meeting so as to satisfy
themselves of
the existence of the investment.
â¦..
I would like to make the following suggestion in an
attempt to solve the problematic issues I have referred to above and
to see whether
at least we cannot try to put a stop to further
actions and the continuance of the present actions until February
1997:
a representative or representatives of Jurgenâs and
your legal team to be present at the meeting on the 4
th
July 1996 in Monte Carlo to look at documents, site
(sic)
the assets at the appropriate bank which you administer and to
satisfy themselves regarding the total assets deposited in the
bank;
to personally meet the other trustees Messrs Arnemann
and Johansson; and
to satisfy themselves that in fact you have on
numerous occasions told me, that the investment will pay out in
February 1997.
[57] Hierop antwoord Siegwart op
dieselfde dag en sê onder meer
58
â
We had longer talks tougether eye in eye
(sic)
,
please do not ask after new evidence, and please do not ask after
Lars Peter or Owe to see them. They will not and I am glad, that
they
can still invest the fortune of Skan 1000 without having Fey and Lane
after them.
[Die verwysing is na Lars-Peter Arnemann en Uwe
Johannson]
Die respondent sê dat hy nie kan onthou dat hy hierdie
antwoord van Siegwart ontvang het nie en hy ontken derhalwe dat hy
dit ontvang
het.
[58] Twee dae later, op 12 Junie 1996, word Harksen se
antwoordende beëdigde verklaring geliasseer. In paragraaf 160
daarvan word
onder meer gesê dat â
â¦
it is correct that Siegwart is one of the trustees
of SCAN 1000 of which I am one of the beneficial owners, and that I
have an expected
payout in excess of DM 1,8 billion.
In paragraaf 162 word verklaar:
It is inexplicable to me that the applicants continue to
insinuate that the investment does not exist and that certain of the
âso-called
trusteesâ of Siegwart do not exist â¦
In sy beëdigde verklaring, wat in
Mei 1996 in London geattesteer is en deur die respondent geskik is,
verklaar Siegwart
59
:
I assume that the overseas trust referred to is the
trust, Scan 1000. I am continuously being criticised for the fact
that I am not
prepared to divulge documents pertaining to this trust,
i.e. the Trust Deed etc. The reason therefore is with respect
self-evident.
In this regard I annex a confidentiality document â¦
specifically restricting my ability to disclose any evidence
pertaining to
Scan 1000.
â¦..
Even today I can confirm that Jürgen Harksenâs share
of the investment of Scan 1000 amounts to DM1.8 billion.
â¦
..
The investment in Scan 1000 shall be distributed on the
7
th
February 1997.
[59] Dit is gemene saak dat Harksen
by sy verhoor te Hamburg in 2003 erken het dat SCAN 1000 ân
verdigsel was. ân Gedeelte van
die uitspraak van die
Landgericht
te Hamburg lui soos volg (in Engelse vertaling):
60
The accused Harksen had admitted from the outset that
there had never been an estate in the manner in which he portrayed it
to his
clients. He had not amassed a fortune in Scandinavia, nor had
he participated in stock exchange transactions there or been involded
in any oil drilling. The so-called Scandinavia Investment existed as
little as the so-called Harmstorf Investment. Both were fabrications
of his. The certificates of participation [
Beitrittserklärungen
]
issued to clients had no basis.
[60] In sy antwoordende stukke sê die respondent dat
saaknommer 4840/96 in wese nie gegaan het oor die
bestaan al dan nie van Scan 1000 of die trustees nie.
Of die bestaan van SCAN 1000 en van die trustees ter
sprake was al dan nie, die feit bly staan dat die bewerings oor hul
bestaan in
die saak onder eed deur Harksen en Siegwart gemaak is in
beëdigde verklarings wat deur die respondent gefinaliseer is.
[61] Die respondent ontken dat toe hy die beëdigde
verklarings geskik het hy â
â¦
bewus daarvan was dat Scan 1000 en die trustees nie
bestaan nie, of alternatiewelik vermoed het dat dit ân fiksie is.
Ek wil aan
die hand doen dat selfs as ek vermoed het dat Scan 1000 ân
fiksie is ek nie geregtig sou wees om my aan die saak te onttrek nie.
Die advokatuur vervul nie die regterlike funksie van besluitneming
nie.
Die respondent gee toe dat hy âsekere voorbehoudeâ
gehad het maar voer aan dat dit niks meer was nie as wat âvan tyd
tot tyd
(gebeur) met alle regsverteenwoordigers in litigasie en
andersinsâ.
[62] Die geldigheid van hierdie verweer kan getoets word
aan die respondent se eie dokumente. In sy eerste memorandum het die
respondent
die aantygings aangaande die bestaan van SCAN 1000 en van
die trustees so ernstig opgeneem dat hy dat hy aangedring het op
persoonlike
ontmoeting met die trustees. Uit die tweede memorandum is
dit duidelik dat die besoek aan Switserland nie suksesvol was nie in
dié
opsig dat hy nie die trustees ontmoet het nie en dat hy met
ernstige bedenkinge oor Siegwart se integriteit gelaat is: hy
beskuldig
hom van
mala fide
optrede, en van ân âfraudulent
attempt to mislead the Courtâ deur voorbereiding van ân vals
apostil. Hy verwys na ân skema
om die Hof te mislei âincluding
the representation that there is a trust of which they [
Siegwart,
Arnemann en Johansson
] are trusteesâ. Elders in die tweede
memorandum verwys die respondent na die âso-called trusteesâ.
[63] ân Jaar later, in sy telefaks van 10 Junie 1996,
verwys die respondent na die geskil rondom die bestaan van SCAN 1000
en van
die trustees en maak hy ân voorstel, âin an attempt to
solve the problematic issuesâ, oor ân manier waarop daar
sekerheid
verkry kon word oor die bestaan al dan nie van SCAN 1000,
en van die trustees Arnemann en Johansson. Hierdie brief dui daarop
dat
die respondent op daardie stadium steeds op soek was na
bevestiging van die bestaan van die beleggingskema en van die
trustees. Siegwart
se antwoord dat die respondent nie ânew
evidenceâ moet soek nie en nie moet poog om met Arnemann en
Johansson in verbinding te
tree nie, en sy weiering (vervat in sy
beëdigde verklaring) om enige inligting oor SCAN 1000 bekend te
maak, laat die respondent
se vrae onbeantwoord en die âproblematic
issuesâ onopgelos. Ten spyte hiervan werk die respondent mee aan
die afronding van die
beëdigde verklarings waarin die kategoriese
stellings gemaak word wat hierbo in paragraaf [58] aangehaal word.
Van belang is die
feit dat daar in die beëdigde verklarings nie net
verklaar word dat die belegging bestaan nie, maar verbasing word
uitgespreek dat
enigiemand kan twyfel oor die bestaan daarvan. Indien
die respondent, soos hy aanvoer, nie die antwoord van Siegwart
ontvang het
nie, dan het hy in ieder geval voortgegaan om die
beëdigde verklarings af te rond terwyl sy vrae onbeantwoord en sy
probleme onopgelos
gelaat is.
[64] In die lig van die voorgaande
kan die respondent se stelling dat hy âter goeder trou aanvaar
(het) dat hierdie trustees en
die belegging bestaanâ nie aanvaar
word nie. Op die tydstip toe hy besig was met die finale afronding
van die betrokke eedsverklarings
het hy steeds bedenkinge gehad oor
die bestaan van SCAN 1000 en die trustees, bedenkinge wat ernstig
genoeg was dat hy ân voorstel
gemaak het oor ân manier waarop
sekerheid verkry kon (moes) word. Die respondent het na my oordeel
nie voldoen aan die hoë graad
van eerlikheid en integriteit wat van
ân advokaat vereis word nie.
61
Onderdrukking van die waarheid
[64] Die tweede klag teen die respondent is dat hy ân
opdrag van Harksen aanvaar het op die grondslag dat hy nie navraag
sou doen
oor die bestaan al dan nie van sekere persone en/of
entiteite wat Harksen beweer het wel bestaan.Die applikant voer aan
dat die bestaan
al dan nie van die betrokke entiteite en/of persone
ân sentrale tema was binne die raamwerk van die litigasie ten
opsigte waarvan
die respondent die opdrag aanvaar het. Nadat hy die
opdrag op voormelde grondslag aanvaar het, het die respondent hom
daarvan weerhou
om enige navraag of ondersoek in die verband te doen.
Daar word aangevoer dat, deur op hierdie wyse deel te hê aan die
onderdrukking
van die waarheid, die respondent sy professionele
onafhanklikheid in die gedrang gebring het en hom skuldig gemaak het
aan gedrag
wat onprofessioneel is en wat ân advokaat nie betaam
nie.
[65] Die feitelike agtergrond waaruit
hierdie aanklag spruit kan kortliks saamgevat word. Die respondent
het hom vroeg in 1997, kort
voordat saak nommer 4840/96 (sien
paragraaf [55] hierbo) aangehoor sou word, onttrek as Harksen se
regsverteenwoordiger, in daardie
en alle ander Harksen-verwante
aangeleenthede. Uitspraak in saak nommer 4840/96 word op 11 Julie
1997 gegee.
62
In sy uitspraak, verwerp Farlam R (soos hy indertyd was) die
getuienis van Harksen en Siegwart en bevind hy dat daar vals
dokumente
aan die Hof voorgelê is. Daar word voorts bevind dat
âSiegwart had been a party to the manufacture of backdated
documents to suit
his caseâ, en dat dit duidelik blyk uit ân
telefaks van Siegwart aan Harksen, dat Siegwart âlied to Adv Van
der Berg SCâ.
Enkele weke later, op 25 Julie 1997, rig Harksen ân
telefaks aan die respondent waarin hy hom versoek om weer as die
leier van
sy regspan op te tree.
63
Later tydens 1997 tree die respondent dan weer namens Harksen op: in
Augustus van daardie jaar verteenwoordig hy Harksen by ân
vergadering van Harksen se krediteure wat in Hamburg gehou is. Daarna
het hy weer by geleentheid as Harksen se regsverteenwoordiger
opgetree; byvoorbeeld, by sy aansoek om borg gedurende April 1999.
[66] Die tweede aanklag teen die respondent wentel om
die telefaks wat Harksen op 25 Julie 1997 aan die respondent gerig
het en waarin
hy hom versoek om weer as die leier van sy regspan op
te tree. In die tweede laaste paragraaf daarvan sê Harksen:
If you are prepared to lead the defence without bringing
the investment into it then please let me know. Keep in mind that â
as
mentioned above â Maxwell, Arnemann and Johanssen will not
become involved, make affidavits, etc. and will not support or assist
me in any way.
Die respondent ontken ontvangs van
die brief. Die vraag is of daar uit hierdie brief en die omringende
omstandighede afgelei kan word
dat die respondent ingewillig het om
as Harksen se regsverteenwoordger op te tree op die grondslag dat hy
nie navraag sou doen oor
die bestaan van SCAN 1000 en die trustees
nie. In
AA
Onderlinge Assuransie Assosiasie Bpk v De Beer
64
word in hierdie verband gesê:
Dit is na my oordeel, nie nodig dat ân eiser wat hom
op omstandigheidsgetuienis in ân siviele saak beroep, moet bewys
dat die
afleiding wat hy die Hof vra om te maak die enigste redelike
afleiding moet wees nie. Hy sal die bewyslas wat op hom rus kwyt
indien
hy die Hof kan oortuig dat die afleiding wat hy voorstaan die
mees voor- die hand-liggende en aanvaarbare afleiding is van ân
aantal
moontlike afleidings.
[67] Uit die bespreking van die
eerste klag hierbo, en in die besonder paragrawe [53] en [56], blyk
dit dat die respondent vanaf vroeg
in 1994 tot middel 1996
vraagtekens geplaas het agter die bestaan van SCAN 1000 en die
trustees daarvan, en bevestiging gesoek het
van die bestaan van die
beleggingskema en van die trustees. Daar is geen aanduiding uit die
stukke voor ons dat hy ná Julie 1996
weer navraag gedoen het of laat
doen nie. Die applikant voer aan dat die respondent se versuim om
verdere navraag te doen oor ân
kwessie wat vir hom problematies
was, verklaar kan word slegs as aanvaar word dat hy met Harksen
ooreengekom het om nie sodanige
navraag te doen nie.
[68] Myns insiens kan so ân
ooreenkoms nie op ân oorwig van waarskynlikhede afgelei word uit
die blote feit dat die respondent
geen verdere navraag gedoen het
nie. Die afleiding is ook nie geregverdig nie, selfs al sou aanvaar
word dat die respondent, Harksen
se brief van 25 Julie 1997 ontvang
het. Die applikant het gevra dat as die Hof nie sodanige afleiding
uit die stukke kan maak nie,
hierdie aspek verwys moet word vir die
aanhoor van mondelinge getuienis. Maklike en spoedige beslegting van
ân feitegeskil word
gewoonlik as vereiste gestel wanneer daar
oorweeg word of daar gebruik gemaak moet word van mondelinge
getuienis by mosie-verrigtinge.
65
As die onderhawige aspek vir die aanhoor van mondelinge getuienis
verwys word, sal die getuienis van die respondent self uiteraard
van
belang wees. Die respondent sou egter daarop kon aandring dat
getuienis aangehoor word oor aangeleenthede soos die aard van die
werk wat hy namens Harksen onderneem het, of hy die gewraakte brief
(telefaks) ontvang het (op die stukke word ân geskil oor
faksnommers
geantisipeer) en die betroubaarheid van die getuienis van
persone wat indertyd by Harksen in diens was (wat ook op die stukke
geantisipeer
word). In die omstandighede is ek van oordeel dat, in
die uitoefening van my diskresie in hierdie verband, ek nie die
aangeleentheid
vir die aanhoor van mondelinge getuienis moet verwys
nie.
[69] Ek is derhalwe van oordeel dat, op die getuienis
wat aan hierdie Hof voorgelê is, die gevolgtrekking nie gemaak kan
word nie
dat die respondent, ân opdrag van Harksen aanvaar het op
die grondslag dat hy nie navraag sou doen oor die bestaan al dan nie
van
sekere persone en/of entiteite wat Harksen beweer het wel
bestaan.
Aanvaarding van ân mandaat en die maak van vals
verklarings in verband daarmee
[70] Die derde klag teen die respondent is dat hy tydens
die periode Maart 2001 tot Maart 2002 ân mandaat aanvaar het om
beheer
te neem van Harksen se beweerde buitelandse beleggingsfonds en
van uitbetalings van sowat $44 miljard aan âbeleggersâ in die
fonds. Die applikant voer aan dat sodanige optrede strydig was met
die bepalings van Eenvormige Reël 4.15 in soverre die respondent
deur die beoefening van ân ander beroep die aansien van die Balie
geskaad het en sy vermoë om behoorlik om te sien na die belange
van
sy kliënt, in die gedrang gebring het.
Die tweede been van die aanklag is dat die respondent,
by die uitvoering, of voorgegewe uitvoering, van hierdie mandaat
sekere valse
beweringe gemaak in notariële aktes van boekstawing
(ânotarial recordalsâ) en ook in ân brief aan een van die
voormelde âbeleggersâ.
[71] Die agtergrond waarteen die
skema vir die terugbetaling van Harksen se krediteure gesien moet
word, word soos volg geskets in
die funderende beëdigde verklaring
66
:
In August 1998, Fey and Lane discovered two suitcases
which had been hidden by Harksen in a storage faciltiy in Ottery.
These suitcases
contained thousands of bogus documents relating to
Scan 1000 which Harksen had from time to time shown his investors
from 1990
to 1997 for the purpose of procuring investments from
them.
Shortly thereafter, and in November 1998, Harksenâs
remaining secretaries, Ms Ketterer and Ms Schönlau, decided to make
a full
disclosure to the trustees, Fey and Lane. Both secretaries
provided extensive information and documentation and Ms Ketterer
deposed
to extensive affidavits which dealt, amongst other things,
with the non-existence of Arnemann, Johannsen and Maxwell and the
bogus
Scan 1000 documentation. These disclosures were set out in
almost every subsequent affidavit filed by Fey and Lane in
proceedings
in 1999, 2000 and 2001.
.....
As a result of the discovery of the said two suitcases
and the âdefectionâ of the abovementioned secretaries of
Harksen, the
latter was forced to re-invent and create documents to
âevidenceâ his investment. Harksenâs Scan 1000 sham and the
non-existence
of the trustees thereof had been exposed. It was at
this time that Harksen created the âChase Manhattan Bankâ scam.
[72] Die respondent betwis nie die
feit dat die verdelingskema, wat die trustees die âChase Manhattan
Bank scamâ noem, inderdaad
op die ou end geblyk het ân bedrogspul
te wees nie. Hy voer aan dat hy, soos baie ander, deur Harksen mislei
is. In sy brief van
1 Julie 2002 aan Me Burgess
67
(die regisseuse van die âSpecial Assigmentâ televisieprogram) sê
hy onder meer:
Mr Harksen mislead
(sic)
me in respect of the
mandate and the existence of the trust fund and the intention to pay
the creditors as he did with many others
and he took great trouble to
convince me that I would be implementing a mandate on behalf of
trustees to receive funds from Scan
1000 to settle all his creditors.
He went to incredible lengths to maintain this fiction. I would have
accepted and implemented the
mandate against payment and believed
that such was perfectly legitimate as I believed that the funds
formed part of the trust outside
the estate of Harksen and my
involvement was always for the legitimate purpose of settling the
creditors of Harksen. It has only
recently (since his arrest in April
2002) come to my knowledge that the entire scheme and my involvement
was used by Harksen to gather
investments and to legitimize his
activities. I regret the situation.
â¦â¦â¦
..
It was represented to me by Harksen, Studer and others
that the funds were held by Chase Manhatten Bank in New York as a
trust investment
and would be transferred to Chase Manhatten Bank in
the Bahamas where I would have control as authorized representative
on behalf
of Global
[ie Global Finance SA]
to settle all
creditors.
[73] Die respondent skets sy
betrokkenheid by die skema in sy brief aan Me Burgess en in sy
beëdigde verklaring van 15 Junie 2002
wat hy aan die Direkteur van
Openbare Vervolgings verskaf het (daar sal voortaan hierna verwys
word as âdie (of sy) beëdigde verklaringâ).
68
In die brief sê die respondent onder meer:
One Walter Studer, a Swiss attorney was according to
Harksen and Studer authorized by the Directors of Global Finance SA,
registration
no: 19525792584 (âGlobalâ) to receive a letter of
credit and bank cheques drawn by the Chase Manhatten Bank, which
monies he
had been authorized to use to make payouts to all creditors
of the company Nord Analyse, Fate Finance Inc, Global, and Harksen
upon
documentary proof of the creditorsâ legal claims. The
purported existence of (a) trust fund(s), whether in Scan 1000,
Global Finance
and elsewhere and the involvement of these entities as
âtrusteesâ through Studer, Siegwart and others were always common
knowledge
including to Harksenâs insolvency trustees.
During May 2001 I was authorized to act on behalf of
Global to assist Mr Studer with the aforesaid payout. On the 1
st
of June 2001, apparently at the request of the directors of Global I
replaced Mr Studer on the mandate to supervise the payment out
of
creditors from the trust funds. Mr Studer approached me and presented
certain Notarial Recordals that had been prepared by him.
He required
a Notary to formalize these Recordals and prepare an Apostile as was
required by Chase Manhatten Bank.
In sy beëdigde verklaring
69
van 15 Junie 2002 sê die respondent dat hy deur Harksen meegedeel is
dat â
â¦
Studer as gevolg van sy besige program nie vryelik
beskikbaar is nie, en dat sy wens en die van die skuldeisers is dat
ek Mnr Studer
vervang, om vertraging met die uitbetaling van
krediteure te verhoed ... Ek het ingestem om die aanstelling te
aanvaar op voorwaarde
dat die uitbetalings gedoen word deur ân
prokureur van my keuse, en dat ek as advokaat opdrag kry om toesig te
hou oor die uitbetalings.
Ek het dan ook onmiddelik ân
prokureursfirma aangestel. Aan my is ân bedrag van USD 22 miljoen
beloof vir uitgawes en fooie om
met die ongeveer 400 krediteure te
onderhandel, skikkings te bereik, prokureursfirmas aan te stel en om
die hele regmatige proses
te bestuur. Dit is presies dieselfde fooi
wat Mnr Studer sou ontvang indien hy die mandaat sou uitvoer. Sedert
my vervanging van
Studer as verteenwoordiger van Global was ek bykans
daagliks in verbinding met Harksen wat my op hoogte gehou het van die
vordering
van die reëlings met Chase Manhattan Bank.
In wat volg sal daar na die Switserse prokureur, Mnr
Walter Studer, verwys word as âStuderâ.
[74] Op 14 Mei 2001 verklaar die respondent in ân
notariële akte van boekstawing dat hy â
has been given the necessary authority and power to
receive a Letter of Credit Drawn by The Chase Manhattan Private Bank
and Trust
Ltd,
in favour of: Global Finance SA, Registration No.
19525792584
which he has duly received from The Chase Manhattan
Private Bank and Trust Ltd and confirm that the Letter of Credit is
now legally
in his possession, he acting for Global Finance SA.
records that he has received bank cheques the drawer
being The Chase Manhattan Private Bank & Trust Ltd from The
Chase Manhattan
Private Bank & Trust Ltd and confirm that the
bank cheques are now legally in his possession, he acting for Global
Finance
SA.
â
n Lys van die beleggers aan wie
die uitbetalings gemaak sou word, is as ân bylae by die notariële
akte aangeheg.
70
[75] Hierdie notariële akte van boekstawing word op 1
Junie 2001 gewysig deur ân âNotarial Deed of Substitutionâ
waarin die
respondent verklaar dat ooreenkomstig ân opdrag ontvang
van Global Finance SA hy alle verwysing na âWalter Adrian Studerâ
in
die notariële akte van boekstawing skrap.
Die notariële akte van boekstawing word op 18 Junie
2001 verder gewysig deur ân âNotarial Deed of Amendmentâ waarin
die respondent
verklaar dat ooreenkomstig ân opdrag ontvang van
Global Finance SA hy paragraaf 1 daarvan skrap en met die volgende
vervang:
has been given the necessary authority and power to
receive a Letter of Credit Drawn by The Chase Manhattan Bank,
in favour of : Global Finance SA, Registration No.
19525792584
which he has duly received from The Chase Manhattan Bank
and confirm that the Letter of Credit is now legally in his
possession, he
acting for Global Finance SA
[76] Dit is gemene saak tussen die
partye dat iedere stelling in paragrawe 1 en 2 (hierbo aangehaal) van
die notariële akte van boekstawing
onwaar is, paragraaf 1 in
oorspronklike en gewysigde vorm. In sy antwoordende beëdigde
verklaring
71
verklaar die respondent uitdruklik dat hy nooit in besit was van die
kredietbrief of the tjeks waarna daar in die notariële aktes
verwys
word as synde in sy regmatige besit nie.
[77] ân Notariële akte is ân
plegtig formele dokument waarvan afskrifte in die notaris se Protokol
geberg word. Van die notaris
word die hoogste mate van trou geverg by
die verlyding van ân notariële akte.
72
Daar word vermoed dat iedere bewering wat in ân notariële akte
gemaak word, waar is.
73
Hierdie vermoede kan slegs weerlê word deur duidelike getuienis tot
die teendeel.
74
[78] Die respondent voer aan dat die
mandaat voorwaardelik was en onderworpe was aan die voltooiing en
ondertekening van twee dokumente,
ân sogenaamde âEmpowerment
Contract Mandateâ en resolusies van Global Finance SA.
75
Uit wat die respondent self sê wil dit voorkom dat die aandrang op
voltooiing van ân âEmpowerment Contract Mandateâ en van
resolusies van Global Finance SA, vereistes is wat (soos daar aan die
respondent voorgegee is) deur Chase Manhattan en die Amerikaanse
en
Franse owerhede gestel is. In sy beëdigde verklaring van 15 Junie
2002 verklaar die respondent:
Ek word weereens versoek om op ân daaglikse
gereedheidsgrondslag te wees vir die finalisering van die Empowerment
Contract Mandate
wat voor die Amerikaanse konsul onderteken moet
word. By ondertekening sal ek die tjeks en die kredietbrief in
ontvangs neem. â¦
Terselfdertyd moes daar ook twee resolusies voor die
Franse konsul onderteken word om die papierwerk te voltooi.
[79] Die respondent se eie dokumentasie, en sy optrede,
gee geen blyke daarvan dat die mandaat onderhewig was aan ân
voorwaarde
nie. In paragraaf 1 van die notariële akte van
boekstawing sê die respondent dat hy beklee is met die ânecessary
authority and
powerâ om die kredietbrief te ontvang, dat hy dit
inderdaad ontvang het en bevestig dat hy dat âit is now legally in
his possession,
he acting for Global SAâ. Die spesiale volmag, wat
as Aanhangsel aangeheg is by die notariële akte van boekstawing, is
nie onderhewig
aan enige voorwaarde nie. In sy beëdigde verklaring
van 15 Julie 2002 verwys die respondent na hierdie volmag:
Ingevolge spesiale volmag word ek aangestel deur Global
SA as gevolmatigde verteenwoordiger en word die volmag geonderteken
deur Meneer
Frederique Chamberie in sy hoedanigheid as ân direkteur
van Global Enterprise.
In sy beëdigde verklaring verwys hy
ook na die feit dat hy ingevolge die notariële akte van 1 Julie 2001
vir Studer vervang het
âas gevolmagtigde verteenwoordiger van
Globalâ. Daar is geen vermelding van enige voorwaarde nie.
[80] In ân brief gedateer 13 Julie
2001 gee Truter & Hurter Inc, die notarisse, die respondent
opdrag âto act in terms of
the mandate and the annexures to the
mandateâ. Die opdrag is nie onderhewig aan enige voorwaarde nie.
[81] In drie briewe
76
,
gedateer 21 September 2001, 4 Oktober 2001 en 27 November 2001, gerig
aan JP Morgan Chase & Co, Chase Manhattan Bank sê die
respondent
dat hy gemagtig is om namens Global Finance op te tree. Daar is geen
vermelding van ân voorwaarde nie; inteendeel, in
die laaste van die
briewe word gesê:
It is my understanding that after 6
months all formalities have now been complied with and that all
necessary documents are now in
place.
77
In ân brief gedateer 27 Julie 2001
gerig aan Mnr Heiner Hamman van Global Finance
78
sê die respondent onder meer die volgende:
CHASE MANHATTEN have also requested me to provide them
with the numbers of the original shares in GLOGAL FINANCE
(sic)
,
including obviously the numders of the shares that you hold.
[82] In sy beëdigde verklaring
79
beskryf die respondent die stappe wat hy gedoen het ná verlyding van
die notariële akte van boekstawing. Hy sê dat hy byna daagliks
telefonies in verbinding was met persone wat hulle voorgehou het as
verteenwoordigers van Chase Manhattan, en met Mnr Heiner Hamman,
president van Global Finance SA. Op 27 Junie 2001 skryf hy aan Mnr
Hamman in verband met sekere instruksies en versoeke wat hy van
Chase
Manhattan ontvang het. Hy verwys na dokumente wat voorberei is en
vergaderings wat gehou is. Hy was ook voortdurend in verbinding
met
Harksen.
[83] In sy beëdigde verklaring
80
sê die respondent voorts dat hy teen die einde van 2001 dit duidelik
begin maak het aan Harksen en ander betrokkenes dat hulle besig
is om
sy tyd te mors en dat hy nie langer beskikbaar sou wees nie â
â¦
dit veral waar ek geen vergoeding vir my tyd en
moeite ontvang nie en maar tevrede moes wees om te wag tot tyd en wyl
die âfortuinâ
van my fooie te voorskyn kom.
Die vraag ontstaan, as die mandaat voorwaardelik was,
vir watter tyd en moeite het hy nie vergoeding ontvang nie?
[84] Die respondent het inderdaad
fooie gehef vir werk wat hy gedoen het in verband met die skema. Op
15 Mei 2001, ân dag ná verlyding
van die primêre notariële akte
van boekstawing, stuur die respondent ân rekening aan Mnre Walter
Studer & Kaufmann vir ân
bedrag van R250 000.00. Volgens die
respondent
81
was hierdie ân omvattende fooi wat onder meer ingesluit het â
konsultasies, advies, opstel van stukke met betrekking
tot Global en Chase Manhattan en opinies rakende belastingimplikasies
betreffense
die Duitse belastinggaarder ⦠asook die nagaan en
advies ten aansien van die uitbetaling van die krediteurs uiteengesit
in die
lys van skuldeisers gemerk âA2.1â to âA3.8â wat ook
deel van Aanhanhgsel GCB30 is.
Die respondent sê verder dat hierdie fooi ân bedrag
van R50 000.00 insluit wat hy uit sy eie sak namens Studer and die
prokureurs
Truter & Hurter betaal het. Daar word hieronder in
paragrawe [110] tot [115] teruggekom op hierdie fooielys en die
betaling daarvan.
[85] In sy verdere antwoordende
stukke in antwoord op die applikant se repliserende stukke sê die
respondent dat daar nie beweer
word dat die dokumentasie opgestel is
om iemand te mislei nie, of met die kennis dat dit deur iemand anders
gebruik sou word om derde
persone tot hul nadeel te mislei nie; daar
is ook geen bewering dat enige persoon inderdaad mislei is nie.
82
Hy sê dat hy deur onder andere Studer meegedeel is dat die notariële
akte van boekstawing voorberei is â
â¦
op versoek van die bank waar die fondse van Global gehou is ⦠om
hulle fondse en administratiewe dokumente in orde te kry om
eventueel
die fondse aan Global beskikbaar te stel om die skuldeisers te
betaal.
83
Elders
84
sê hy dat â
â¦
hierdie dokumente voorberei is (so was ons instruksies) om Chase
Manhattan in staat te stel om hulle formele dokumente in orde
te kry.
[86] Die beweerde
voorwaardelike aard van die mandaat, en die feit dat daar nie beweer
word dat die dokumentasie opgestel is om iemand
te mislei nie, is
irrelevant. ân Notariële akte is ân formele dokument wat uit die
aard daarvan bestem is om aan ân instansie
of persoon voorgelê te
word as waarborg van die inhoud daarvan. Volgens die respondent self
is die notariële akte voorberei vir
voorlegging aan Chase Manhattan
Bank. Die sluitsteen van die hele skema vervat in die notariële akte
is die feit dat die respondent
in besit is van die kredietbrief en
die tjeks. As die respondent nie in besit is van die betrokke
dokumente nie, verval die hele
grondslag van die notariële akte van
boekstawing. Die respondent maak die onomwonde stellings in die
notariële akte van boekstawing
dat hy nie net gevolmagtig is om die
kredietbrief in ontvangs te neem nie, maar dat hy die kredietbrief
inderdaad reeds ontvang het
en in wettige besit daarvan is, en dat hy
banktjeks van Chase Manhattan Bank ontvang het en in wettige besit
daarvan is. As ân
senior advokaat moes die respondent kennis gedra
het van die vereiste van goeie trou by die verlyding van ân
notariële akte en
die vermoede dat ân notariëel verlyde dokument
die waarheid weergee.
[87] Uit voorgaande blyk die volgende: â
1. Die respondent het ân mandaat van Global Finance
SA aanvaar â
1.1 om as ontvanger op te tree van fondse wat aan
beleggers in sekere maatskappye uitbetaal moes word;
om beheer te neem van die proses van uitbetaling aan
die ongeveer 400 krediteure (beleggers), en om die hele proses te
bestuur;
1.3 om opdrag aan ân prokureursfirma van sy keuse te
gee om die uitbetalings te doen;
1.4 om opdrag as advokaat te aanvaar om toesig te hou
oor die uitbetalings;
1.5 om ân bedrag van $22 miljoen in ontvangs te neem
vir uitgawes en fooie (sy eie en dié van die prokureursfirmas wat hy
aanstel).
2. As deel van die proses word ân notariële akte van
boekstawing opgestel (deur prokureurs wat die respondent aangestel
het en
betaal het) waarin die respondent beweer dat hy in besit
gestel is van ân kredietbrief en van banktjeks.
3. Ná verlyding van die notariële akte van
boekstawing lewer die respondent op 15 Mei ân rekening aan Studer
en Kaufmann ten
bedrae van R250 000.00 synde ân omvattende fooi vir
dienste van verskillende aard gelewer aan,
inter alia
, Global
Finance SA.
4. Die bedrag van R22 miljoen word op die ou end nooit
aan die respondent uitbetaal nie.
5. Die hele skema vir die uitbetaling aan krediteure
blyk ân bedrogspul te wees en val effektief plat teen April 2002
met die arrestasie
van Harksen.
[88] Deur die mandaat te aanvaar het
die respondent hom in verskeie opsigte skuldig gemaak aan oortreding
van die gedragsreëls van
die advokatuur. Hy het hom in die
eienaardig ambivalente posisie begewe waarin hy opdraggewende kliënt
van ân prokureursfirma
was (en ook verantwoordelik was vir hul
vergoeding) en terselfdertyd opdragnemende advokaat ten opsigte van
dieselfde aangeleentheid
waarvoor hy vir dienste gelewer fooielyste
sou lewer aan die prokureurs wat hy self aangestel het. Deur geld
van ân kliënt te
ontvang, of ân opdrag te aanvaar om sodanige
gelde te ontvang, het die respondent opgetree in stryd met die
kernreël dat ân
advokaat, wat oor geen trustrekening beskik nie,
nie gelde van ân kliënt mag hanteer nie.
85
[89] Deur in die uitvoering van die mandaat willens en
wetens vals (onwaar) verklarings in notariëel verlyde dokumente te
maak, het
die respondent opgetree op ân wyse wat nie versoenbaar is
met die vereiste van eerlikheid en integriteit van die hoogste graad
wat van ân advokaat geverg word nie.
[90] In sy brief aan Me Burgess sê die respondent dat
hy mislei is en dat hy misbruik is om legitimiteit aan ân
bedrieglike skema
te gee. Daar kan geen twyfel bestaan dat hy mislei
is nie, maar deur vals verklarings af te lê in die notariële aktes
wat die sluitsteen
van die skema gevorm het, het hy homself deel van
die bedrieglike skema gemaak.
[91] Die respondent se betrokkenheid by die skema om die
uitbetalings te doen het ook ân ander dimensie. Die krediteure aan
wie
die uitbetalings gemaak sou word, is die krediteure van ân
kliënt van die respondent, naamlik Harksen. Deur ân opdrag van
hierdie
aard te aanvaar het die respondent sy professionele
onafhanklikheid en derhalwe sy vermoë om behoorlik om te sien na die
belange
van sy kliënt in die gedrang gebring. Die applikant voeg
hieraan toe in sy hoofde van betoog:
Put differently, the acceptance of the mandate resulted
in the Respondentâs obtaining a personal interest in the affairs of
Harksen,
which was incompatible with the independence required of an
advocate in the performance of his professional duties.
[92] Deur sy optrede het die respondent hom skuldig
gemaak aan oortreding van die gedragsreëls van die advokatuur, het
hy die aansien
van die advokatuur in die gedrang gebring en het hy
opgetree op ân wyse wat ân advokaat nie betaam nie.
Buitensporige gelde (fooie)
[93] Die applikant lê dit die respondent ten laste dat
hy oor ân tydperk buitensporige gelde ontvang het, of in die
alternatief
ooreengekom het om gelde te ontvang wat buitensporig is.
Die applikant voer verder aan dat in sekere gevalle gelde nie direk
aan
hom betaal is nie, dat betaling nie deur middel van ân
prokureur geskied het nie, en dat in een geval gelde aan hom in die
buiteland
betaal is en die toepaslike valutabeheer-regulasies nie
nagekom is nie. Die applikant sê dat sodanige optrede
onprofessioneel was
en gedrag daarstel wat ân advokaat nie betaam
nie; die optrede was ook strydig met die bepalings van Eenvormige
Reëls 7.1.1 en
7.9.1.
[94] Eenvormige Reël 7.1.1 bepaal dat ân advokaat
daarop geregtig is om ân billike fooi te hef vir die dienste wat hy
of sy lewer.
Sonder om voorskriftelik te wees bied die reël bepaalde
riglyne vir die bepaling van ân billike fooi:
In determining the amount of the fee, it is proper to
consider:
the time and labour required, the novelty and
difficulty of the questions involved and the skill requisite
properly to conduct
the cause;
the customary charges by counsel of comparable
standing for similar services; and
the amount involved in the controversy and its
importance to the client.
Eenvormige Reël 7.9.1 bepaal dat fooie vir
professionele dienste gelewer slegs deur of deur bemiddeling van ân
prokureur betaal
mag word (âby or through an attorneyâ).
Die fooi van £25 000.00
[95] Dit is gemene saak tussen die partye dat daar
tydens 1999, vir dienste aan Harksen gelewer, ân fooi van £25
000.00 deur ene
Jürgen Faltings, ân krediteur van Harksen, in die
respondent se rekening by die Royal Bank of Canada in Guernsey
inbetaal is.
Die applikant voer aan dat â
die fooi nie deur ân prokureur betaal is nie;
die fooi van £25 000.00 buitensporig was, en
die fooi in die buiteland betaal is en toepaslike
valutabeheer-regulasies nie nagekom is nie.
Die respondent ontken al drie die komponente van die
aanklag.
[96] Wat betref die kontensie dat die fooi nie deur of
deur middel van ân prokureur betaal is nie, beroep die respondent
hom op
ân omsendbrief gedateer 27 Februarie 2004 van die Kaapse
Balieraad. Die derde paragraaf van die omsendbrief lui soos volg:
Paragraph 7.9.1 requires that fees for any professional
services may be paid only âby or through an attorneyâ. Where a
member
has been properly briefed (i.e. in substance and not merely in
form), it is not improper for a member thereafter to receive payment
directly from the client provided this occurs with the knowledge and
consent of the attorney. In such circumstances the payment
will be
regarded as having been made âthrough an attorneyâ.
[97] Die respondent voer aan dat hy
die dienste gelewer het in opdrag van die Switserse prokureur,
Studer, en dat die fooi van £25
000.00 deur ân derde party betaal
is met die medewete en goedkeuring van Studer. Die respondent steun
onder meer op die twee briewe
(albei gedateer 12 April 1999) wat hy
van Studer ontvang het.
Die eerste brief
86
lui soos volg:
Dear
Johnny
This morning I was instructed by Janette Harksen to ask
you for representing Jürgen Harksenâs interests in his extradition
case
immediately and, if necessary, her interest in different
matters. I was also instructed that you will be paid by third
parties, represented
by attorney Uwe Griem, Hamburg/Germany.
Die tweede brief
87
lui soos volg:
Dear Johnny
We are reliefed â and I do not only speak for Jürgen
and myself, but for all those who belief in Jürgen that you are
going to
take care of the pending matters. I have been instructed to
confirm that you have been mandated as the leader for the following
cases:
Bail application (coming Wednesday), if lost
Bail Review at Supreme Court
Appeal against Mag Wagnerâs Committal of Jürgen;
Filing of an application to secure the bail of R1 000
000.00
Appeal against judgement of Brandt (of last Friday)
Control of the application §3.2 at the Constitutional
Court
Jeanetteâs sequestration.
[98] Die opdrag is afkomstig van ân
prokureur in Switserland ten behoewe van ân kliënt in Kaapstad.
Die opdrag (soos vervat in
Studer se tweede brief) behels onder meer
litigasie en verskynings in die hof waarby ân advokaat die aktiewe
bystand van sy opdraggewende
prokureur benodig. Die opdrag bevat
verder ook take wat normaalweg op die terrein van die prokureur lê.
Studer se rol as opdraggewende
prokureur was beperk tot die skryf van
die twee briewe hierbo aangehaal. Studer was na my oordeel ân
ânominal instructing attorneyâ
van die aard wat Streicher AR in
Rösemann v General
Council of the Bar of South Africa
88
voor oë gehad het.
Die opdrag wat die respondent van Studer ontvang het, was onder die
omstandighede nie ân âbehoorlike opdragâ
nie â die
omsendbrief van die Kaapse Balieraad vereis ân behoorlike
(âproperâ) opdrag âin substance and not merely in formâ.
As
die respondent nie ân behoorlike opdrag van Studer gehad het nie,
dan volg dit dat die respondent nie geoorloof was om met die
kennis
en instemming van Studer, sy fooi van ân derde party te ontvang
nie.
[99] Die respondent sê dat hy in
uitvoering van die opdrag namens Harksen verskyn het by die
borgaansoek. Hy sê voorts
89
â
Na afloop van hierdie aansoek en nadat borgtog aan
Harksen toegestaan is, en in die daaropvolgende maand en langer was
ek voltyds
besig met die nagaan van stukke, konsulteer en lees in
verband met die aangeleenthede verwys na in die skrywe van Studer.
Die respondent gee geen nadere
presisering van die werk wat hy gedoen het nie en die tyd wat hy
daaraan bestee het nie. Die âdaaropvolgende
maandâ waarna die
respondent verwys, is die periode ná 21 April 1999. Die respondent
se fooieboek vir Mei 1999 bevat inskrywings
van ander werk wat die
respondent gedoen het, wat ân vraagteken plaas agter die respondent
se bewering dat hy ná 21 April 1999
âvoltydsâ besig was met die
aangeleenthede vermeld in Studer se brief. Die respondent sê dat die
fooie wat tydens Mei in sy
fooieboek vermeld word, is vir werk wat
vantevore gedoen is en afgehandel is. Ek is bereid om hom in hierdie
opsig die voordeel van
enige moontlike twyfel te gee.
[100] Die respondent se fooieboek
bevat geen verwysing na die bedrag van £25 000.00 wat hy ontvang het
vir die die werk gedoen in
uitvoering van Studer se opdrag nie. Hy
het geen fooielys aan Studer gelewer nie. Die respondent verduidelik
hierdie versuim soos
volg
90
:
Dit verskyn nie in my fooieboek nie en ek vermoed dat
die rede daarvoor is omdat ek nie ân fisiese brevet van Studer
ontvang het
nie en die bedrag direk in my rekening in Royal Bank of
Canada inbetaal is op 27 April 1999, alvorens die werk verrig is. Ek
skryf
gewoonlik my fooi in die fooieboek wanneer ek my brevet merk,
en stel my sekretaresse dan aan die einde van die maand my fooielyste
hieruit op.
Die volgende woorde van Eloff RP in
Algemene Balieraad
van Suid-Afrika v Burger en ân Ander
91
is ook van toepassing op die respondent:
Sy optrede rondom die hou van rekords toon ân
ongeërgdheid wat verbasend is.
[101] Die respondent het derhalwe ân
globale bedrag van £25 000.00 ontvang by wyse van ân
vooruitbetaling van fooie vir dienste
wat nog gelewer moes word. Die
betaling was onderhewig aan die risikos wat Cameron AR in
De
Freitas v Society of Advocates of Natal
92
uitlig wanneer ân
advokaat vooruitbetaling van fooie aanvaar. Die globale bedrag is op
die ou end aanvaar as vergoeding vir die
dienste wat gelewer is
sonder dat die kliënt of die opdraggewende prokureur van ân
fooielys voorsien is. Die applikant doen aan
die hand dat daar
hieruit afgelei moet word dat die vooruitbetaalde bedrag van £25
000.00 geen verband hou met die werk wat gedoen
is en die tyd wat
daaraan bestee is nie.
[102] Na my oordeel het die respondent in verband met
die heffing van en ontvangs van betaling van die fooi van £25 000.00
opgetree
op ân wyse wat strydig is met Eenvormige Reëls 7.1.1 en
7.9.1.
[103] Dit is nie nodig om in te gaan op die aantyging
dat die bedrag in stryd met valutabeheerregulasies in ân
buitelandse rekening
betaal is nie. Die respondent het die nodige
verlof verkry om die buitelandse rekening te open, maar die betaling
van die bedrag
van £25 000.00 in die rekening, so word aangevoer,
het nie voldoen aan die toepaslike valutabeheerregulasies nie
(regulasie 6(2)
van die Regulasies wat uitgevaardig is kragtens die
Wet op Betaalmiddels en Wisselkoerse 9 van 1933). As daar nie
nakoming was van
die betrokke voorskrifte nie, is dit ân oortreding
waarop daar, na my oordeel, nie ân klag van onprofessionele gedrag
aan die
kant van die respondent gebou kan word nie. Dit was ân
eenmalige gebeurtenis en kan moontlik selfs te wyte wees aan ân
oorsig
aan die kant van die respondent of sy finansiële adviseurs
wat hom bygestaan het by die opening van die rekening. Dit sou anders
gewees het as daar meerdere sodanige betalings was wat sou kon dui op
ân patroon van nie-nakoming van die betrokke regulasie. Ek
wil
beklemtoon dat ek geen mening uitspreek oor die vraag of die owerhede
nie die respondent kragtens die toepaslike Wet en Regulasies
aanspreeklik sal kan hou vanweë nie-nakoning van die voorskrifte
nie.
$22 000 000.00
[104] In paragrawe [70] tot [92] hierbo is daar verwys
na die mandaat wat die respondent tydens Maart 2001 aanvaar het om
oorhoofse
toesig en beheer uit te oefen oor die uitbetaling van
miljoene dollar aan krediteure van Harksen. Ten einde hierdie mandaat
uit te
voer, en as vergoeding vir die dienste wat gelewer moes word,
is daar ooreengekom dat ân bedrag van $22 000 000.00 aan die
respondent
beskikbaar gestel sou word. Die applikant voer aan dat (i)
die fooi buitensporig was, en (ii) nie deur of deur middel van ân
prokureur
betaal sou word nie.
[105] Die
respondent sê
93
dat dit van meet af aan sy standpunt was dat hy die mandaat slegs sou
uitvoer â
... indien die prokureursfirma van my keuse (Webber
Wentzel Bowens) wat ek toe reeds versoek het om (indien dit ooit te
voorskyn sou
kom) die fondse te hanteer deur hulle buitelandse
kantoor en in beheer te wees van die uitbetaling aan skuldeisers en
dat die bedrag
van $22 miljoen in hulle trustrekening (of dié van
hulle buitelandse kantoor) inbetaal sou word ten aansien waarvan ek
slegs toesig
sou hou oor uitbetaling en mettertyd in die gewone loop
van sake my fooielys aan hulle sou lewer.
Die applikant se standpunt is dat
voorgaande stelling van die respondent strydig is met wat hy in
hierdie verband sê in sy beëdigde
verklaring:
94
Ek het ingestem om die aanstelling te aanvaar op
voorwaarde dat die uitbetalings gedoen word deur ân prokureur van
my keuse, en
dat ek as advokaat opdrag kry om toesig te hou oor die
uitbetalings. Ek het dan ook onmiddelik ân prokureursfirma
aangestel. Aan
my is ân bedrag van USD 22 miljoen beloof vir
uitgawes en fooie om met die ongeveer 400 krediteure te onderhandel,
skikkings te
bereik, prokureursfirmas aan te stel en om die hele
regmatige proses te bestuur. Dit is presies dieselfde fooi wat Mnr
Studer sou
ontvang indien hy die mandaat sou uitvoer.
Volgens die respondent se eie uiteensetting van die
situasie sou die uitbetalings gedoen word deur ân prokureur van sy
keuse wanneer
die bedrag van $22 miljoen aan hom beskikbaar gestel
word. Hy het inderdaad ook ân prokureursfirma aangestel. Soos
hierbo aangetoon,
het die respondent hom dus in die ambivalente
posisie begewe waarin hy opdraggewende kliënt van ân
prokureursfirma was (en ook
verantwoordelik was vir hul vergoeding)
en terselfdertyd opdragnemende advokaat ten opsigte van dieselfde
aangeleentheid waarvoor
hy vir dienste gelewer fooielyste sou lewer
aan die prokureurs wat hy self aangestel het (sien ook paragraaf [88]
hierbo).
[106] Dat die bedrag van $22 miljoen bedoel was as ân
fooi, blyk uit die respondent se stelling in die beëdigde verklaring
dat
dit presies dieselfde
fooi
was wat Studer sou ontvang het
indien hy die mandaat sou uitgevoer het. Soos hierbo in paragraaf
[83] vermeld, sê die respondent
in sy beëdigde verklaring dat hy
teen die einde van 2001 aan Harksen en ander betrokkenes begin
duidelik maak het dat hulle besig
is om sy tyd te mors en dat hy nie
langer beskikbaar sou wees nie â
â¦
dit veral waar ek geen vergoeding vir my tyd en
moeite ontvang het nie en maar tevrede moes wees om te wag tot tyd en
wyl die âfortuinâ
van my fooie te voorskyn kom.
[107] Daar kan na my oordeel geen twyfel bestaan nie dat
die respondent ân substansiële fooi beding het. Die applikant voer
aan
(ek haal aan uit die geskrewe hoofde van argument) dat selfs al
sou die $22 miljoen ten dele bedoel gewees het vir uitgawes, âthe
amount in question is so far in excess of any amount that could ever
possibly be regarded as a reasonable fee that the inevitable
conclusion is that the stipulated amount was excessive.â Die omvang
van die bedrag verkry perspektief as daar in gedagte gehou
word dat
teen die destyds heersende wisselkoers van ongeveer R8 op die dollar,
ân bedrag van R176 miljoen aan die respondent betaal
sou word.
[108] Daar moet verder daarop gewys word dat die
respondent op 15 Mei 2001ân fooielys aan Mnre Walter Studer &
Kaufmann gelewer
het vir R250 000.00 ten opsigte van, onder meer,
konsultasies, en die opstel van stukke met betrekking tot Chase
Manhattan, asook
die nagaan en advies ten aansien van die lys van
skuldeisers wat by die notariële akte van boekstawing aangeheg was,
en dat hierdie
fooi, volgens die respondent, ân bedrag van R50
000.00 ingesluit het wat hy uit sy eie sak namens Studer aan Truter &
Hurter,
die prokureurs wat die notariële aktes opgestel het, betaal
het. Hierdie fooielys word meer volledig behandel in die bespreking
wat volg van die betalings van R150 000.00 en R100 000.00.
[109] Uit voorgaande volg dit dat deur betaling van ân
bedrag van $22 miljoen te beding op die wyse en onder die
omstandighede hierbo
uiteengesit, die respondent hom skuldig gemaak
het aan oortreding van Eenvormige Reëls 7.1.1 en 7.9.1.
Betalings van R150 000.00 en R100 000.00
[110] In paragraaf [84] hierbo is daarop gewys dat die
respondent op 15 Mei 2001 ân fooielys aan Mnre Walter Studer &
Kaufmann
gelewer het vir dienste gelewer aan Global Finance SA âen
andereâ waarin ân fooi ten bedrae van R250 000.00 gehef word. Die
rekening sien soos volg daar uit:
RE : GLOBAL FINANCE et al
15 May 2001
CONSULTATION
ADVICE
DRAFTING PAPERS
AND OPINION
to my all in fee R250 000.00
Die applikant voer aan dat die fooi
buitensporig was en nie deur of deur middel van ân prokureur betaal
is nie, en dat die respondent
derhalwe Eenvormige reëls 7.1.1 en
7.9.1 oortree het.
[111] Die respondent sê dat die werk
in opdrag van die Switserse prokureur Studer gedoen is en dat die die
betalings van R150 000.00
en R100 000.00 gemaak is deur ân entiteit
bekend as die Voyager Trust. Op grond van die feit dat die respondent
ân fooielys aan
Studer & Kaufmann gelewer het vir werk wat
beperk was tot opinies en konsultasies, is ek bereid om te aanvaar
dat die respondent
behoorlike opdrag van Studer gehad het en dat die
betaling deur die Voyager Trust gedoen is met die medewete en
instemming van Studer.
[112] Wat die omvang van die fooi
betref, sê die respondent
95
dat die fooi âin al die omstandighedeâ redelik was en voeg
daaraan toe:
In ieder geval sê Arendse nie vir welke werk ek die
R250 000.00 in totaal gedebiteer het nie en in die afwesighed
hiervan, sê ek
respekvol dat geen saak van
prima facie
buitensporige fooie hoegenaamd uitgemaak is nie.
Die respondent verloor uit die oog dat hierdie ân
dissiplinêre ondersoek is en, as daar by so ân ondersoek bewerings
gemaak word
dat ân lid buitensporige gelde gehef het, daar minstens
van die lid verwag kan word om ân uiteensetting te gee van die aard
en
omvang van die werk ten opsigte waarvan die fooi gehef is â dit
is immers feite binne sy eie besondere kennis.
[113] Die respondent sê
96
dat die fooi van R250 000.00 gehef is met betrekking tot die volgende
dienste:
â¦
konsultasies, advies, opstel van stukke met
betrekking tot Global en Chase Manhattan en opinies rakende
belastingimplikasies betreffende
die Duitse belastinggaarder, my
nagaan en bevestiging van die opinie van adv Con Hartzenberg SC en
Van Heerden betreffende die bates
van Jeanette Harksen (ân afskrif
van hierdie regsmening vorm deel van aanhangsel âGCB30â), asook
die nagaan en advies ten aansien
van die uitbetaling van die
krediteurs uiteengesit in die lys van skuldeisers gemerk âA2.1â
tot âA3.8â wat ook deel van aanhangsel
âGCB30â is. Ingesluit
by hierdie fooi was die R50 000.00 wat ek uit my eie sak namens
Studer aan Truter & Hurter betaal
het
.
[114] Die respondent se verduideliking is in verskeie
opsigte onbevredigend:
Die respondent gee geen afsonderlike aanduiding van die
fooi wat gehef is ten opsigte van die verskillende items wat hy
vermeld
nie, en hy gee geen aanduiding van die tyd wat hy aan elk
van die verskillende opdragte bestee het nie. Die applikant wys
daarop
dat ingevolge die aanbevole uur-tariewe wat indertyd gegeld
het, ân advokaat van die respondent se senioriteit sowat 178 uur
moes gewerk het vir ân fooi van R250 000.00.
Daar is geen inskrywing in die
respondent se fooieboek van die fooi van R250 000.00 nie.
97
Volgens die respondent
98
is dit nie gedoen nie omdat hy vanaf begin 2001 sy praktyk effektief
gestaak het en die hou van ân fooieboek geen doel sou dien
nie.
Die respondent se fooieboek vir Januarie, Februarie, Mei, Julie en
November 2001
99
toon egter inskrywings ten opsigte van verskillende opdragte wat die
respondent in dié tyd gehad het.
Die reëling waarvolgens die respondent die bedrag van
R50 000.00 ten behoewe van Studer aan die prokureurs Truter &
Hurter
betaal het vir dienste wat hulle aan Studer gelewer het, doen
uiters vreemd aan. In die normale gang van sake sou ân mens kon
verwag het dat Truter & Hurter ân rekening aan Studer sou
lewer vir dienste gelewer. Die respondent se betaling aan Truter
&
Hurter kom neer op ân lening of voorskot aan Studer. Die
respondent (volgens hom) verhaal die lening deur middel van die
fooielys wat op 15 Mei 2001 aan Studer & Kaufmann gestuur is.
Die fooielys bevat geen verwysing na die bedrag wat namens Studer
betaal is nie.
D
ie
opinie en die lys van skuldeisers waarna die respondent in sy
verduideliking verwys is die opinie en lys van skuldeisers wat
by
die notariële akte van boekstawing aangeheg was en deel daarvan
uitmaak.
100
Die opinie en lys van skuldeisers het dus betrekking op die mandaat
wat die respondent in Maart 2001 aanvaar het om beheer uit
te oefen
oor uitbetalings aan Harksen se krediteure. Volgens die respondent
is daar voorsiening gemaak vir die vergoeding van werk
wat in
hierdie verband gedoen word in die $22 miljoen wat aan hom
beskikbaar gestel sou word.
[115] Uit voorgaande volg dit na my oordeel dat deur die
heffing van en ontvangs van die betaling van die fooie ten bedrae van
R150
000.00 en R100 000.00 die respondent hom skuldig gemaak het aan
oortreding van Eenvormige Reël 7.1.1.
Ander ontvangste
[116] Betalings is tydens 1996 en
weer in 2001 aan die respondent gemaak wat na die oordeel van die
applikant buitensporig was en
ook nie deur of deur bemiddeling van ân
prokureur gemaak is nie. Dit word die respondent derhalwe ten laste
gelê dat hy ten opsigte
van hierdie betalings Eenvormige Reëls
7.1.1 en 7.9.1 oortree het.
[117] Verskeie betalings is tydens
1996 deur Mnr Hans Christiaan Hülse-Reutter gemaak. Twee van hierdie
betalings is gemaak ten opsigte
van wynaankope op die respondent se
plaas en kan verder daar gelaat word. Drie betalings is egter wel ter
sake: ân bedrag van DM58
000.00 op 30 September 1996; ân bedrag
van DM56 000.00 op 1 November 1996, en ân bedrag van DM168 000.00
op 20 November 1996.
101
[118] Mnr Newdigate het tydens
argument te kenne gegee dat die applikant aanvaar dat hierdie
betalings gemaak is deur of deur bemiddeling
van ân prokureur en
dat daar derhalwe nie oortreding was van Eenvormige Reël 7.9.1 nie.
Dit gaan, wat hierdie betalings betref,
dus slegs oor die vraag of
die betrokke fooie buitensporig was.
[119] Die respondent verduidelik die
betalings soos volg:
Vir die maande September 1996 tot
en met Januarie 1997 het ek met Katzeff van C&A Friedlander Ing,
een van Harksen se prokureurs,
ân bindgeld (âretainerâ) van
R150 000.00 plus BTW beding. Vir hierdie maande was ek op opdrag van
C&A Friedlander Ing om
in verskeie aangeleenthede namens Harksen
op te tree asook in ander verwante aangeleenthede. Ek het die werk
verrig en was geregtig
op betaling van R150 000.00 per maand plus BTW
vir gemelde maande. Hierdie bedrae is in my bankrekening deur of
namens Hülse-Reutter
betaal maar deur bemiddeling van Katzeff.
[120] Die respondent se verduideliking toon die volgende
onbevredigende elemente:
Die respondent se fooieboek
102
bevat geen verwysing na bindgeld tydens die betrokke maande nie. Die
betrokke fooi, naamlik R150 000.00 plus R21 000.00 BTW word
in die
fooieboek deurgaans aangeteken as synde vir âConsultations and
Trialâ. Die respondent verskaf geen besonderhede ten
opsigte van
die konsultasies en verhoor nie. Ek het hierbo in paragraaf [100]
verwys na die respondent se âongeërdheidâ by
die hou van
rekords.
Terwyl die fooi vir September (ân bedrag van DM58
000.00) op 30 September 1996 inbetaal is en dié vir Oktober (ân
bedrag van
DM56 000.00) op 1 November 1996, is die fooie vir
November en Desember 1996 en Januarie 1997 (ân totale bedrag van
DM168 000.00)
vooruit betaal en op 20 November 1996 inbetaal (die
bankstaat reflekteer ân inbetaling van R516 108.01). Die fooie vir
Desember
1996 en Januarie 1997 is dus betaal voordat enige dienste,
of rekening, gelewer kon gewees het.
In sy reaksie op die konsep
funderende stukke wat tot sy beskikking gestel is
103
,
verklaar die respondent dat hy âmet einde 1996 ... nie verder
namens Harksen opgetree (het) nie ...â Desnieteenstaande word
ân
fooi van R150 000.00 gehef en ontvang ten opsigte van Januarie 1997.
Die applikant wys daarop dat ingevolge die aanbevole
uur-tariewe wat indertyd gegeld het, ân advokaat van die
respondent se senioriteit
sowat 830 uur moes gewerk het vir die fooi
wat gehef is.
[121] Die fooie van DM58 000.00, DM56 000.00 en ân
bedrag van DM168 000.00 was, na my oordeel, buitensporig en deur die
beding en
ontvangs daarvan het die respondent opgetree op ân wyse
wat strydig is met Envormige Reël 7.1.1.
[122] Tydens Oktober 2001 het JH
Design, ân boutique wat Harksen se vrou bedryf het, ân bedrag van
R21 000.00 aan die respondent
betaal. Die respondent sê
104
dat die bedrag aan hom betaal is as ân terugbetaling van ân
bedrag van ân bedrag van R1 000.00 wat Harksen by hom geleen het,
en van R20 000.00 wat hy op 28 September 2001 ten behoewe van Studer
aan die prokureursfirma Truter & Hurter betaal vir werk
wat hulle
vir Studer gedoen het.
[123] In sy brief gedateer 1 Julie
2002 aan Me Burgess, wat verantwoordelik was vir die program op
âSpecial Assigmentâ, sê die
respondent met verwysing na die
bedrag van R20 000.00 wat hy ten behoewe van Studer betaal het, dat
âto this day, however, I have
not received this paymentâ. Later
sê die respondent
105
dat toe hy hierdie brief geskryf het, dit hom ontgaan het dat die
bedrag van R20 000.00 âinderdaad betaal isâ.
[124] Die respondent het, volgens sy eie weergawe van
die gebeure, ân totaal van R70 000.00 (R50 000.00 plus R20 000.00)
ten behoewe
van Studer aan Truter & Hurter betaal vir werk wat
hulle vir Studer gedoen het. Op die eienaardighede rondom die
betaling van
die bedrag van R50 000.00 is hierbo in paragraaf [114]
gelet. Dieselfde oorwegings geld ten opsigte van hierdie latere
betaling van
R20 000.00.
Wanvoorstellings aan die Direkteur van Openbare
Vervolgings
[125] Die applikant voer aan dat die respondent in sy
beëdigde verklaring van 15 Junie 2002 wat hy aan die Direkteur van
Openbare
Vervolgings voorgelê het, wesenlike wanvoorstellings gemaak
het, en dat sodanige optrede onprofessioneel was en gedrag was wat ân
advokaat nie betaam nie.
[126] Die respondent het die beëdigde
verklaring aan die Direkteur van Openbare Vervolgings voorgelê ten
einde sy betrokkenheid
by Harksen-verwante aangeleenthede op te
helder. In die beëdigde verklaring
106
maak die respondent die volgende stelling:
Ek het oor die jare vir werk gedoen namens Harksen en
verwante aangeleenthede soos volg fooie verdien, en is betaal deur
prokureurs
soos hieronder uiteengesit:
1994 R355 000.00 C&A Friedlander
1995 R52 875.00 Herbsteins
1996 R1 147 200.00 C & A Friedlander en Herbsteins
1997 R180 000.00 C & A Friedlander
1999 R30 000.00 Studer Kaufman
[127] Die respondent sê dat toe die Direkteur van
Openbare Vervolgings hom versoek het om ân oorsig te gee van sy
verbintenis met
Harksen, het hy â
â¦
ex abundanti cautela
die fooie wat ek deur
Harksen verdien het uiteengesit ⦠Met my uiteensetting van die
fooie het dit my ontgaan dat ek sekere fooie
nie genoem het nie â¦
Dit is my nooit ten laste gelê deur óf die DOV óf die Kaapse
Balieraad óf die Applikant dat ek enige misdryf gepleeg het of selfs
gepoog het om te pleeg ten aansien van die fooie waarna ek verwys het
in my voormelde vrywillige verklaring nie.
[128] Die respondent gee toe dat hy in bostaande lys by
1999 verkeerdelik en by wyse van ân
bona
fide
fout ân bedrag van R30 000.00
aangetoon het, want die enigste geld wat hy gedurende 1999 van Studer
Kaufmann ontvang het, was die
bedrag van £25 000.00 waarna hierbo in
paragrawe [95] tot [102] verwys word. Soos hierbo vermeld, sê die
respondent dat die bedrag
nie in sy fooieboek verskyn nie en dat hy
vermoed dat die rede daarvoor is dat hy nie ân âfisiese brevetâ
van Studer ontvang
het nie en die bedrag direk in sy rekening in die
Royal Bank of Canada inbetaal is op 27 April 1999 alvorens al die
werk verrig is.
Hoe ân bedrag van £25 000.00 (sowat R250 000.00), wat
by wyse van spesiale reëling in ân buitelandse bank inbetaal is,
per abuis
R30 000.00 kan word, is nie vir my duidelik nie.
[129] Die respondent gee toe dat hy nagelaat het om in
die beëdigde verklaring te vermeld dat die Voyager Trust tydens
Junie 2001
twee bedrae van respektiewelik R150 000.00 en R100 000.00
in sy bankrekening inbetaal het. Die respondent sê dat hy teen
daardie
tyd sy voltydse praktyk opgesê en nie meer ân fooieboek
gehou het nie, en dat hy eers later verneem het dat die twee bedrae
met
Voyager Trust tjeks betaal is. Hy sê voorts dat hy aanvaar dat
die tjeks inbetaal is op sterkte van sy fooielys van 15 Mei 2001
(aangehaal in paragraaf [110] hierbo).
[130] Dit doen vreemd aan dat die respondent ân bedrag
van R250 000.00 in ân verklaring wat hy in Junie 2002 maak per
abuis nie
vermeld nie, as in gedagte gehou word dat die bedrag
(volgens die respondent se eie weergawe) verband hou met die skema,
waarby die
respondent betrek is, om uitbetalings aan krediteure van
Harksen te maak, en dat die skema pas vantevore, in April 2002 met
die arrestasie
van Harksen, as ân bedrogspul oopgevlek is. Dit is
ook die fooi waarby die bedrag van R50 000.00 wat die respondent uit
eie sak
aan Studer betaal het, inbegrepe is.
[131] Die vraag is, het die respondent verwysing na die
voormelde fooie met opset aangepas of verswyg, en derhalwe opsetlik
wanvoorstellings
gemaak, of was hy net bloot nalatig? Dit is
opvallend dat die fooi wat aangepas word (£25 000.00 word R30
000.00) en die fooi wat
verswyg word (R250 000.00), beide fooie is
wat in hierdie verrigtinge sterk onder die soeklig gekom het. Ten
opsigte van die fooi
van £25 000.00 is hierbo bevind dat die
respondent in verband daarmee opgetree het op ân wyse wat strydig
is met Eenvormige Reëls
7.1.1 en 7.9.1. Ten opsigte van die fooi
van R250 000.00 is hierbo bevind dat die respondent in verband
daarmee opgetree het op
ân wyse wat strydig is met Eenvormige Reël
7.1.1. Die gevolgtrekking is onvermydelik dat die respondent
doelbewus die verwysing
na hierdie fooie, in die een geval, aangepas
het deur die fooi aansienlik laer te maak, en in die ander geval, die
fooi eenvoudig
verswyg het.
Samevatting en gevolgtrekking
[132] Uit die voorgaande blyk dit dus dat â
1. die respondent op ân wyse opgetree het wat nie
versoenbaar is met die hoë eise van integriteit en eerlikheid wat
aan die advokatuur
gestel word nie deurdat hy â
1.1 beëdigde verklarings geskik het wat onwaar
beweringe bevat terwyl hy vermoed het dat die beweringe nie waar is
nie en desnieteenstaande
toegelaat het dat die bewerings gemaak word
sonder inagneming van die waarheid;
vals verklarings in notariëel verlyde dokumente
gemaak het, en
in ân beëdigde verklaring wanvoorstellings aan die
Direkteur van Openbare Vervolgings gemaak het.
2. die respondent hom skuldig gemaak het aan oortreding
van die gedragsreëls van die advokatuur deurdat hy --
2.l buitensporige fooie gehef het in stryd met
Eenvormige Reël 7.1.1;
2.2 fooie nie deur middel van ân prokureur ontvang
het in stryd met Eenvormige Reël 7.9.1;
3. die respondent opdragte ontvang het sonder die
tussenkoms van ân prokureur, en gelde van ân kliënt ontvang het,
en onderneem
het om geld van ân kliënt te ontvang alhoewel hy oor
geen trustrekening beskik nie;
4. die respondent in verband met ân mandaat wat hy
aanvaar het, opgetree het op ân wyse wat die aansien van die
advokatuur in
die gedrang gebring het deurdat hy --
deur valse verklarings in notariële aktes te maak,
homself deel van ân bedrieglike skema gemaak het, en
4.2 opgetree het op ân wyse waardeur hy sy
professionele onafhanklikheid en sy vermoë om behoorlik om te sien
na die belange van
sy kliënt, in die gedrang gebring het.
[133] In die geheel gesproke, het die respondent dus
opgetree op ân wyse wat ân advokaat nie betaam nie. Hy is
derhalwe nie ân
persoon wat geskik is om as advokaat te praktiseer
nie.
[134] Die Hof moet in die uitoefening
van sy diskresie ân gepaste straf oplê. By die uitoefening van
daardie diskresie, moet die
Hof al die omstandighede van die saak in
ag neem. Die Hof moet ag slaan op die belange van die regspleging,
die belange van die regsprofessie
en die openbare belang. Die aard
van die wangedrag waaraan die respondent hom skuldig gemaak het, moet
in die skaal geplaas word.
Die uitwerking op die respondent van die
bevinding van die Hof moet ook nie uit die oog verloor word nie â
die blote bevinding
dat hy hom gedra het op ân wyse wat ân
advokaat nie betaam nie, is reeds ân klad op sy naam.
[135] Daar is bevind dat die
respondent oor ân periode van verskeie jare op verskillende maniere
opgetree het wat strydig is met
die gedragsreëls van die advokatuur
en op ân wyse wat ân advokaat nie betaam nie. Vir sommige van
hierdie optredes, op sigself
genome, sou ân berisping of ân
opgeskorte skorsing van praktyk miskien van pas gewees het. Ten
opsigte van drie van die klagtes
wat hom ten laste gelê is, het die
respondent egter opgetree op ân wyse wat nie versoenbaar is met die
eise van integriteit en
eerlikheid wat aan die advokatuur gestel word
nie. Vir sodanige optrede aan die kant van ân advokaat is
verwydering van die naam
van die advokaat van die rol van advokate
die gepaste sanksie.
107
In
Kekana v Society
of Advocates of South Africa
108
sê Hefer AR:
The preservation of a high standard of professional
ethics having thus been left almost entirely in the hands of
individual practitioners,
it stands to reason, firstly, that absolute
personal integrity and scrupulous honesty are demanded of each of
them and, secondly,
that a practitioner who lacks these qualities
cannot be expected to play his part.
Die kumulatiewe effek van al die verskillende klagtes
waaruit die gewraakte gedrag van die respondent bestaan, onderstreep
die feit
dat in hierdie geval, verwydering van die naam van die
respondent van die rol van advokate, die gepaste sanksie is.
Ons is terdeë bewus van die
ingrypende uitwerking wat so ân bevel op die lewe van die
respondent sal hê. Dit is egter die plig
van hierdie Hof om
professionele standaarde te handhaaf, en om te verseker dat die
publiek nie blootgestel word aan advokate wat
toon dat hulle nie
daardie kwaliteite het wat ân mens graag met die beroep wil
assosieer nie.
109
Koste
[136] Die respondent moet die koste
van die applikant betaal. Alhoewel die saak van die applikant deur
drie advokate gestel is, het
Mnr Newdigate slegs vir die koste van
twee advokate gevra. Hy het ook nie gevra dat die koste anders as op
party en party grondslag
betaal moet word nie.
Bevele
Die volgende bevele word gemaak:
Die aansoek om deurhaling van gedeeltes van die
applikant se stukke word van die hand gewys.
Die naam van die respondent word van die rol van
advokate verwyder.
Die respondent word beveel om die koste van die
applikant te betaal, wat die koste van twee advokate insluit.
HJ ERASMUS, R
Ek stem saam.
DLODLO, R
1
Die aanklagte word hieronder in besonderhede
bespreek.
2
âTo settle an affidavitâ word vry algemeen in
Afrikaans weergegee met âom ân beëdigde verklaring te skikâ.
Die gebruik
van die word âskikâ in hierdie konteks kom my
onvanpas voor. âSettleâ word hier nie gebruik in die betekenis
van âto
resolve a disputeâ nie; dit dui op die finale afronding
van ân beëdigde verklaring. Om ân beëdigde verklaring te
âsettleâ
is die taak van (normaalweg) die advokaat; om ân
beëdigde verklaring op te stel is die taak (normaalweg) van die
prokureur (sien
Aloes Executive Cars
(Pty) Ltd v Motorland (Pty) Ltd and Another
1990 (4) SA 587
(T) op 589Iâ590D). Hiemstra en Gonin
Drietalige
Regswoordeboek
doen âafdoenâ aan
die hand.
3
Algemene
Balieraad Van Suid-Afrika v Burger en ân Ander
1993 (4) SA 510
(T) op 516G.
4
1979 (2) SA 218
(T) op 222FâG. Sien ook
Society of Advocates of
SA v Rottangburg
1984 (4) SA 35
(T) op 39Iâ40C;
Society of
Advocates of South Africa (Witwatersrand Division) v Edeling
1998 (2) SA 852
(W) op 860Gâ861D.
5
1934 AD 401
op 408.
6
1977 (2) SA 757
(A) op 767CâG.
7
1979 (1) SA 172
(A) op 187H.
8
2002 (5) SA 1
(E) op 5AâC.
9
1995 (1) SA 839
(T) op 853G, met goedkeuring aangehaal in
Law
Society, Cape of Good Hope v Berrangé
2005 (5) SA 160
(C) op
167GâH.
10
General Council of the Bar of South Africa v Van der Spuy
1999 (1) SA 577
(T) op 610CâD.
11
Pretoria Balieraad v Beyers
1966 (1) SA 112
(T) op 116B;
Beyers v
Pretoria Balieraad
1966 (2) SA 593
(A)
op 604A.
12
Algemene
Balieraad Van Suid-Afrika v Burger en ân Ander
1993 (4) SA 510
(T) op 518Hâ519A, 526GâH.
13
1946 TPD 115
op 117.
14
1973 (2) SA 427
(N) op 434H; daar word met goedkeuring na hierdie
passasie verwys in,
inter
alia,
Society
of Advocates of Natal and Another v Merret
1997 (4) SA 374
(N) op 383BâE;
Pienaar
v Pienaar en Andere
2000 (1) SA 231
(O) op 237A en
Toto
v Special Investigating Unit and Others
2001 (1) SA 673
(E) op 683BâC.
15
General
Council of the Bar v Van der Spuy
1999 (1) SA 577
(T) op 593E-F;
Society
of Advocates of South Africa (Witwatersrand Division) v Cigler
1976 (4) SA 350
(T) op 354 A, 357G-H.
16
General
Council of the Bar v Van der Spuy
1999 (1) SA 577
(T) op 593F en die gesag aldaar aangehaal.
17
Sien
Beyers v Pretoria Balieraad
1966 (2) SA 593
(A) at 606B-C;
Society
of Advocates, Natal v Z
1988 (3) SA 443
(N) op 449G;
Algemene
Balieraad Van Suid-Afrika v Burger en ân Ander
1993 (4) SA 510
(T) op 519G;
General
Council of the Bar v Matthys
2002 (5) SA 1
(E) op 24B.
18
Society of
Advocates of South Africa (Witwatersrand Division) v Cigler
1976 (4) SA 350
(T) op 359B.
19
1987 (1) SA 380
(C) op 384Dâ385A.
20
1979 (2) SA 218
(T) op 22
in fine
21
Die historiese agtergrond word uitvoerig behandel in
Society
of Advocates of Natal v De Freitas and Another (Natal Law Society
Intervening)
1997 (4)
SA 1134
(N). Die reël word in besonderhede bespreek in
General
Council of the Bar of South Africa v Van der Spuy
1999 (1) SA 577
(T);
De
Freitas and Another v Society of Advocates of Natal and Another
2001 (3) SA 750
(SCA);
General
Council of the Bar of South Africa v Rösemann
2002 (1) SA 235
(C);
Rösemann
v General Council of the Bar of South Africa
2004 (1) SA 568
(SCA);
Commisioner,
Competition Commission v General Council of the Bar of South Africa
and Others
2002 (6)
SA 606
(SCA).
22
2004 (1) SA 568
(SCA) op 577FâH.
23
2001 (3) SA 750
(SCA) op 757C.
24
Ibid op 764CâG.
25
Ibid op 764H.
26
Ibid op 764Jâ765A.
27
In
Minister of Justice and
Another v Additional Magistrate, Cape Town and Another
2001 (2) SASV 49 (C) op 51d word daar verwys na die feit dat Harksen
en sy vrou op daardie stadium reeds betrokke was by sowat
ses-en-dertig sake in die Hooggeregshof.
28
Letterlik miljoene Duitse Mark â ân aanduiding van die omvang
van die bedrae kan gevind word in
Dabelstein v Hildebrandt
1996
(3) SA 42
(C).
29
Harksen
v President of the Republic of South Africa and Others
2000 (2) SA 825
(CC).
30
Sien, byvoorbeeld,
Hülse-Reuter
and Another v HEG Consulting Enterprises (Pty) Ltd (Lane and Fey NNO
intervening)
1998 (2)
SA 208
(C).
31
Harksen v Lane NO and
Others
[1997] ZACC 12
;
1998 (1) SA
300
(CC).
32
Sy brief is Aanhangsel VDB3 by
die antwoordende beëdigde verklaring.
33
Sy reaksie is vervat in Aanhangsel GCB47 by die funderende beëdigde
verklaring.
34
Aanhangsel GCB56 by die
funderende beëdigde verklaring.
35
S
ien
Van der Berg v
Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others
[2000] ZASCA 77
;
2001 (2) SA 242
(SCA).
36
Aanhangsel GCB56 by die
funderende beëdigde verklaring.
37
Sien
Meyer v Prokureursorde van
Transvaal
1979 (1) SA 849
(T) op
854GâH;
Du Plessis v
Prokureursorde,
Transvaal
2002 (4) SA 344
(T) op 348I, 349Hâ350H.
38
Abt v Registrar of Supreme Court and Others
(1899) 16 SC 476.
39
1953 (3) SA 525
(W) op 527DâH.
40
1971 (3) SA 693
(C) op 722BâC.
41
Op 722B.
42
1957 (2) SA 104
(O).
43
Die volledige verwysing is
Abt v Registrar of Supreme Court and
Others
(1899) 16 SC 476.
Sien ook
âTransvaal Chronicleâ v
Roberts
1915 TPD 188.
44
2002 (2) SA 431
(W).
45
1957 (2) SA 104
(O).
46
Op 440G.
47
1994 (1) SA 659
(C).
48
[1995] ZASCA 125
;
1996 (1) SA 785
(A) op 793Hâ794A.
49
1999 (3) SA 1051
(A) op 1057Iâ1058C.
50
[1988] 2 All ER 321
(CCA) op 326gâh. Daar word met goedkeuring na
hierdie saak verwys in
Bogoshi v Van Vuuren NO and Others;
Bogoshi v Director, Office for Serious Economic Offences, and Others
[1995] ZASCA 125
;
1996 (1) SA 785
(A) op 794CâD.
51
Botes v Daly and Another
1976 (2) SA 215
(N) op 222A;
Harksen
v Attorney-General, Cape
and
Others
1998 (1) SA 718
(C) op 729GâH;
Waste Products
Utilisation (Pty) Ltd and Another
2003
(2) SA 515
(W) op 551Hâ552B; Zeffertt, Paizes, Skeen
The South
African Law of Evidence
(2003) op 583.
52
Die verdeling in groepe is gebaseer op die verdeling wat Mnr
Newdigate gemaak het.
53
Pretoria Balieraad v Beyers
1966 (1) SA 112
(T) op 116B;
Beyers v
Pretoria Balieraad
1966 (2) SA 593
(A)
op 604A.
54
Aanhangsel GCB4 by die funderende beëdigde verklaring.
55
Aanhangsel GCB5 by die funderende beëdigde verklaring.
56
Uitspraak in die saak is op 11 Julie 1997 deur Farlam R (soos hy
indertyd was) gegee; uittreksels uit die uitspraak is as Aanhangsel
GCB25 by die funderende stukke aangeheg. Daar word in paragraaf [65]
hieronder teruggekom op die uitspraak.
57
Die faks is Aanhangsel GCB6 by die funderende beëdigde verklaring.
58
Sy antwoord is Aanhangsel GCB7 b
y die
funderende beëdigde verklaring.
59
Die passsasies wat volg word aangehaal uit
paragrawe 14, 15.2 en 15.3 van Siegwart se
beëdigde
verklaring.
60
Aanhangsels GCB9 and 9A by die
funderende beëdigde verklaring.
61
Sien
Ex
parte Swain
1973 (2) SA 427
(N) op 434H en
Toto
v Special Investigating Unit and Others
2001 (1) SA 673
(E) op 683BâC.
62
Uittreksels uit die uitspraak is as Aanhangsel GCB25 by die
funderende stukke aangeheg.
63
Die telefaks is Aanhangsel GCB26 by die funderende stukke.
64
1982 (2) SA 603
(A) op 614GâH.
Sien
ook
Santam Bpk v
Potgieter
1997 (3)
SA 415
(O) op 423AâB;
Cooper
and Another NNO v Merchant Trade Finance Ltd
2000
(3) SA 1009
(SCA) op 1028AâB;
Minister
of Safety and Security v Jordaan t/a Andre Jordaan Transport
2000 (4) SA 21
(SCA) op 26G.
65
Cresto Machines (Edms) Bpk v Die Afdeling Speuroffisier SA
Polisie, Noord-Transvaal
1970 (4) SA 350
(T) op 365D. Sien ook
Less and Another v Bernstein and Another
1948 (4) SA 333
(C)
op 337;
Atkinson v Rare Earth Extraction Co Ltd
2002 (2) SA
547
(C) op 553E.
66
Paragrawe 110, 111 en 113 by die funderende beëdigde verklaring.
67
Die brief is Aanhangsel VDB3 by
die antwoordende beëdigde verklaring.
68
Die beëdigde verklaring is Aanhangsel GCB29 by die funderende
beëdigde verklaring.
69
Paragraaf 26 daarvan.
70
Die notariële akte van boekstawing en bylaes is
Aanhangsel GCB30
by die funderende beëdigde verklaring.
71
Paragrawe 3.10.3, 75.2.1, 78.4 en 90.2.2.
72
LAWSA
First Reissue, vol XIV par 445 vn 6.
73
The Transvaal Land Co Ltd v Registrar of Deeds
1909 TS 759
op
764.
74
Gadeâs Assignees v Weijer and Others
1917 AD 463
op 467.
75
Afskrifte van hierdie dokumente, wat nie onderteken is nie, is
aangeheg by die antwoordende stukke as Aanhangsels VBD72 en VDB73.
76
Aanhangsels GCB32, 33 en 34 by die funderende beëdigde verklaring.
77
Die respondent herhaal hierdie bewering in paragraaf 33 van die
beëdigde verklaring:
âOp
hierdie stadium was alle nodige formaliteite voltooi en sou ons
binne ongeveer een week na die Bahamas vertrek om die uitbetalings
reëlings te doen.â
78
Aanhangsel GCB40 by die
funderende beëdigde verklaring.
79
In paragrawe 27 en 28.
80
In paragraaf 42.
81
Paragraaf 48.8 van sy Antwoordende beëdigde verklaring.
82
Paragraaf 10.2 van die respondent se antwoordende
verklaring tot die applikant se repliserende verklaring.
83
Paragraaf 75.3 van die antwoordende beëdigde
verklaring.
84
Paragraaf
75.2.2 van die antwoordende beëdigde verklaring.
85
De Freitas and Another v Society of Advocates of Natal and
Another
2001 (3) SA 750
(SCA) op 764Câ
765A.
Sien paragraaf [17] hierbo.
86
Aanhangsel VDB62 by die antwoordende beëdigde
verklaring.
87
Aanhangsel VDB63 by die antwoordende beëdigde
verklaring.
88
2004 (1) SA 568
(SCA) op 580C.
89
Paragraaf 46.17 van die antwoordende beëdigde verklaring.
90
Paragraaf 100 van die antwoordende beëdigde verklaring.
91
1993 (4) SA 510
(T) op 526A.
92
2001 (3) SA 650
(SCA) op 764H.
93
Antwoordende beëdigde verklaring par 3.10.6.
94
Paragraaf 26.
95
In paragraaf 50.5 van die antwoordende beëdigde verklaring.
96
In paragraaf 48.8 van die antwoordende beëdigde verklaring.
97
Sien die opmerking in paragraaf [99] hierbo oor die respondent se
âongeërdheidâ by die hou van rekords.
98
In paragraaf 48.8 van die antwoordende beëdigde verklaring.
99
Aangeheg as GCB66(1) en (2), GCB67(1) en (2), GCB68(1) en (2),
GCB69(1) en (2) en GCB70(1) en (2) by die repliserende beëdigde
verklaring.
100
Aanhangsel GCB30 by die funderende beëdigde verklaring.
101
Die datums is dié wat gereflekteer word op die respondent se
bankstate as die datum van inbetaling van die betrokke bedrae. Die
bankstate is Aanhangsels VDB77a, 77b and 77c by die respondent se
antwoordende beëdigde verklaring.
102
Aangeheg as Aanhangsels 76a â 76d by die respondent se
antwoordende beëdigde verklaring.
103
Aangeheg as Aanhangsel GCB56 by die funderende beëdigde verklaring.
104
In paragraaf 51.6 van die antwoordende beëdigde verklaring en in
paragrawe 183 en 184 van Aanhangsel GCB56 by die funderende beëdigde
verklaring.
105
In paragraaf 184 van Aanhangsel
GCB56 by die funderende beëdigde verklaring, en in paragraaf 51.6
van die antwoordende beëdigde
verklaring.
106
Paragraaf 64.
107
In
General Council of the Bar of South Africa v Rösemann
2002 (1) SA 235
(C) is die respondent vir twee maande van praktyk as
advokaat geskors. Thring R merk egter op (250C): âHad the
respondent been
found guilty of deliberate dishonesty, the picture
would have been very differentâ.
108
[1998] ZASCA 54
;
1998 (4) SA 649
(SC) op 656A.
109
Sien die opmerkings van Eloff RP in
Algemene Balieraad van
Suid-Afrika v Burger en ân Ander
1993 (4) SA 510
(T) op
526Iâ527A.