S v Williams , S v Papier (813/05 , 863/05) [2006] ZAWCHC 5; 2006 (2) SACR 101 (C) (24 February 2006)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Parole eligibility — Accused convicted of burglary and theft — Sentences imposed with restrictions on parole eligibility — Court held that trial court exceeded its jurisdiction by imposing minimum periods for parole consideration — Recommendations regarding parole or correctional supervision not permissible as they infringe on the executive's domain — Sentences adjusted to remove such restrictions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2006
>>
[2006] ZAWCHC 5
|

|

S v Williams , S v Papier (813/05 , 863/05) [2006] ZAWCHC 5; 2006 (2) SACR 101 (C) (24 February 2006)

Rapporteerbaar
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer:
813/05
Hersiening:
54/2005
Hooggeregshofverw:
0501497
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
LIONEL
WILLIAMS
Saaknommer:
863/2005
Hersiening:
55/2005
Hooggeregshofverw:
0501498
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
ASHLEY
PAPIER
UITSPRAAK GELEWER
OP 24 FEBRUARIE 2006
H.J.
ERASMUS, R:
Inleiding
[1] Die
beskuldigdes het in die Landdroshof te Vredenburg terreggestaan
,
Williams op ‘n aanklag van huisbraak met die opset om te steel en
diefstal, en Papier op ‘n aanklag van diefstal. Hulle het
albei in
hul onderskeie sake skuldig gepleit en is dienooreenkomstig skuldig
bevind.
[2] Williams
is is ses-en-dertig maande gevangenisstraf opgelê. Ingevolge die
bepalings van artikel 73(7)(c) van die Wet op Korrektiewe
Dienste 111
van 1998 (“die Wet op Korrektiewe Dienste”) is daar gelas dat hy
minstens agtien maande van hierdie vonnis uitdien
alvorens hy op
parool/korrektiewe toesig vrygelaat mag word. Ingevolge die
bepalings van artikel 280(2) die Strafproseswet 51 van
1977 (“die
Strafproseswet”) gelas die hof dat hierdie vonnis ook saamloop met
die opgeskorte vonnis opgelê in saaknommer 187/2004
sou laasgenoemde
vonnis in werking gestel word.
[3] Papier
is twintig maande gevangenisstraf opgelê. Ingevolge die bepalings
van artikel 280(2) van die Strafproseswet word gelas
dat ‘n
gedeelte van hierdie vonnis, naamlik agt maande gevangenisstraf,
saamloop met die vonnis opgelê in saaknommer 1511/2003
sou
laasgenoemde vonnis in werking gestel word. Ingevolge die bepalings
van atikel 73(7)(c) die Wet op Korrektiewe Dienste gelas
die hof dat
beskuldigde minstens twaalf maande van hierdie vonnis moet uitdien
alvorens hy op parool of korrektiewe toesig vrygelaat
word.
[4] Albei
sake is by wyse van outomatiese hersiening aan my voorgelê.
Ek
het die agbare verhoorlanddros versoek om:
(a) sy
mening te gee oor wanneer hy van oordeel is dat artikel 73(7)(c) van
die Wet op Korrektiewe Dienste toepassing behoort te vind,
en
(b) waarom
die betrokke artikel in die onderhawige geval toegepas is.
[5] Ek
is die verhoorlanddros dank verskuldig vir ‘n spoedige en volledige
antwoord op my navraag. Ek het die saaklêers met my
navraag en die
landdros se antwoord na die kantoor van die Direkteur van Openbare
Vervolgings verwys vir kommentaar. Mnr C van der
Vijver van die
kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings het my meegedeel
dat hy groot moeite en vertraging ervaar het om
inligting te bekom
wat hy nodig ag vir die lewer van volledige kommentaar. Hy het my
intussen van kommentaar voorsien alhoewel hy
nog nie al die inligting
wat hy graag sou wou bekom, ter hand het nie. Ek is hom dank
verskuldig vir die moeite wat hy gedoen het.
[6] ‘n
Landdros se keuse tot strafmiddels is beperk tot dié wat artikel 276
van die Strafproseswet, of ‘n ander Wet of die gemenereg
magtig.
[8] Die
straf-funksie van ‘n landdros teenoor die funksies van die
Gevangenisdiens (soos dit toe bekend gestaan het), het onder
die loep
gekom in
S v Nkosi(1); S v Nkosi (2); S v Mchunu
1984 (4) SA
94
(T)
.
In daardie saak het die landdros ‘n bevel as deel
van die vonnis gemaak wat bepaal dat die beskuldigde nie in
aanmerking kon kom
vir enige vorm van strafvermindering of parool
nie. Die landdros het hom beroep op artikel 31 van die Wet op
Gevangenisse 8 van 1959
wat bepaal het dat ‘n gevangene “wat deur
‘n hof gevonnis is, daardie vonnis (moet) ondergaan op die wyse
deur die hof in die
lasbrief gelas”. Die Hooggeregshof, by monde
van Kriegler R (soos hy indertyd was) beslis dat die artikel nie
slaan op die tydperk
van die gevangenisstraf nie, maar wel op die
omstandighede waaronder dit uitgedien moes word. In sy uitspraak
beklemtoon Kriegler
R die eie onafhanklike funksies en bevoegdhede
wat die Gevangenisdiens verkry het uit hoofde van die Wet op
Gevangenisse 8 van 1959en
dat inmenging deur regterlike beamptes nie
toegelaat behoort te word nie. Kriegler R wys daarop dat in Hoofstuk
IV van die Wet op
Gevangenisse 8 van 1959 [die huidige ekwivalent is
Hoofstuk VI van die Wet op Korrektiewe Dienste] die vrylating van
gevangenes op
parool, vonnisafslag en verwante aangeleenthede
toevertrou word aan die oordeel van kundiges. Hy sê voorts (op
99G—H):
Om
met daardie proses te probeer inmeng, val buite die bevoegdheid (en,
terloops, die kennisveld van die meerderheid) van regterlike
beamptes. Bowendien word daar by vrylating (op parool of op proef)
geoordeel aan die hand van ‘n menigte faktore waarvan talle
eers
vasgestel kan word (of wat self seers ontstaan) ná die regterlike
straftoemetingsfunksie uitgeoefen is; dit is immers ‘n
hoof-oogmerk
van die strafreg (en van die Gevangenisdiens) om die opheffing van
afwykendes te bewerkstellig. Eén van die faktore
wat deur die
uitvoerende gesag in oorweging geneem word by die oorweging van
vroeëre vrylating is die mening van die hof wat die
straf toegemeet
het, die hof wat bewus van al die omringende omstandighede. Maar dit
is slegs ‘n factor.
Die
Hooggeregshof het die vonnisse wat die beskuldigdes opgelê is
reggestel deur die lasgewings van die landdros ten aansien van
strafvermindering of parool te skrap.
[7] Hierdie
standpunt word deur die Hoogste Hof van Appél onderskryf in die as
nog ongerapporteerde beslissing in
Botha v The State
(saaknommer 318/03 gedateer 28 Mei 2004).
In
paragrawe [25] en [26] van die beslissing word gesê:
[25] One
final aspect merits mention. The trial judge recommended that the
appellant serve at least two thirds of his sentence before
being
considered for parole. The function of a sentencing court is to
determine the term of imprisonment that a person, who has
been
convicted of an offence, should serve. A court has no control over
the minimum period of the sentence that ought to be served
by such a
person. A recommendation of the kind encountered here is an
undesirable incursion into the domain of another arm of State
which
is bound to cause tension between the judiciary and the executive.
Courts are not entitled to prescribe to the executive branch
of
government how long a convicted person should be detained, thereby
usurping the function of the executive. (See:
S v Mhlakaza
1997 (1) SACR 515
at 521 (f)-(i)
).
[26]
Albeit just a recommendation, its persuasive force is not to be
underestimated. It, no doubt, was intended to be acted upon.
In
making the recommendation which he did, the trial court may have
imposed, by a different route, a punishment which in truth
and in
fact was more severe than originally intended. Such a practice is
not only undesirable but also unfair to both an accused
person as
well as the correctional services authorities.
In
S v Mhlakaza
1997 (1) SASV (HHA) 515 op 521g word, met
verwysing na
S v Nkosi(1); S v Nkosi (2); S v Mchunu
1984 (4)
SA 94
(T), beklemtoon dat “sentencing jurisdiction is statutory and
courts are bound to limit themselves to performing their duties
within
the scope of that jurisdiction”, en dat “courts are not
entitled to prescribe to the executive branch of government as to how
and how long convicted persons should be detained”. Ten slotte kan
daar ook verwys word na die opmerkings van Wessels WnR in
S v
Mokoena
1997 (2) SASV 502 (O) op 504e.
[8] Teen
hierdie agtergrond kan die bepalings van artikel 73(6)(a) en 73(7)(c)
van die Wet op Korrektiewe Dienste van nader betrag
word. Artikel
73(6)(a) lui soos volg:
(a)
Behoudens die bepalings van paragraaf (b) mag ‘n gevangene wat ‘n
bepaalde vonnis uitdien, nie op parool geplaas word nie
totdat
sodanige gevangene óf die vasgestelde nie-parooltydperk, óf indien
geen nie-parooltydperk vasgestel was nie, die helfte
van die vonnis
uitgedien het, maar parool moet oorweeg word wanneer ‘n gevangene
25 jaar van ‘n vonnis of kumulatiewe vonnisse
uitgedien het.
Vir
huidige doeleindes is dit nie nodig om op die bepalings van paragraaf
(b) te let nie.
Artikel
73(7) handel oor die uitplasing van ‘n persoon wat tot korrektiewe
toesig gevonnis is. Ingevolge subartikels (a) en (b)
moet ‘n
persoon wat tot gevangenisstraf ingevolge artikel 276(1)(i) van die
Strafproseswet gevonnis is, tensy die hof anders gelas
(of beveel),
minstens een sesde van die vonnis uitdien voordat hy of sy oorweeg
mag word vir plasing onder korrektiewe toesig. Subartikel
(c) bepaal
voorts –
(c) Indien
‘n persoon tot gevangenisstraf gevonnis is vir –
(i) ‘n
spesifieke tydperk kragtens artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet;
(ii) gevangenisstraf
kragtens kragtens artikel 276(1)(i) van vermelde Wet;
(iii) ‘n
tydperk van hoogstens vyf jaar as alternatief tot ‘n boete,
moet
die persoon ten minste ‘n kwart van die effektiewe vonnisse wat
opgelê is of die nie-parool tydperk, indien enige, wat ookal
die
langste is, uitdien, voordat plasing onder korrektiewe toesig oorweeg
word, tensy die hof anders beveel het.
In
beide artikels 73(6)(a) en 73(7)(c) word daar dus gewerk met die
begrip “nie-parooltydperk”. Die begrip “nie-parooltydperk”
word in artikel 1 van die Wet op Korrektiewe Dienste omskryf as “die
tydperk soos omskryf in artikel 276B van die Strafproseswet”.
[9] Artikel
276B is by die Strafproseswet ingevoeg deur artikel 22 van die
Wysigingswet op Parool en Korrektiewe Toesig 87 van 1997
en is op 1
Oktober 2004 in werking gestel. Artikel 276B lui soos volg:
(1)(a) Indien
‘n hof iemand wat aan ‘n misdryf skuldig bevind is, vonnis tot
gevangenisstraf vir ‘n tydperk van twee jaar of
langer, kan die
hof, as deel van die vonnis, ‘n tydperk bepaal waartydens die
persoon nie op parool uitgeplaas mag word nie.
(b) Daar
word na sodanige tydperk verwys as die nie-parooltydperk, en dit mag
nie twee derdes van die tydperk van gevangenisstraf
wat opgelê is of
25 jaar, welke ookal die kortste is, oorskry nie.
Ingevolge
die artikel is ‘n hof dus by vonnisoplegging by magte om te gelas
dat die beskuldigde vir ‘n bepaalde tydperk nie op
parool uitgelaat
mag word nie. Daar dien op gelet te word dat die hof ‘n
nie-parooltydperk kan voorskryf slegs wanneer ‘n gevangene
gevonnis
word tot gevangenisstraf vir ‘n tydperk van twee jaar of langer.
[11] Waar
daar dus in artikel 73(6)(a) van die Wet op Korrektiewe Dienste
verwys word na ‘n “vasgestelde nie parooltydperk, óf
indien geen
nie-parooltydperk vasgestel was nie …”, en in artikel 73(7)(c) na
‘n “nie-parooltydperk, indien enige”, dan
is dit duidelik dat
daar in albei gevalle sprake is van ‘n nie-parooltydperk wat
ingevolge artikel 276B van die Strafproseswet
vasgestel is.
[12] Uit
voorgaande volg dit dat ‘n gevangene ingevolge artikel 73(6)(a) op
parool vrygelaat kan word, as die hof geen bevel oor
parool maak nie,
nadat hy of sy die helfte van die opgelegde vonnis uitgedien het. In
gevalle waar die hof ‘n nie-parooltydperk
ingevolge artikel 276B
van die Strafproseswet gelas het, kan parool nie oorweeg word vóór
die verstryking van daardie periode
nie. Ingevolge artikel 73(7)(c)
kan ‘n gevangene vir plasing onder korrektiewe toesig oorweeg word
nadat hy of sy minstens ‘n
kwart van die effektiewe vonnisse wat
opgelê is uitgedien het. In gevalle waar die hof ‘n
nie-parooltydperk ingevolge artikel
276B van die Strafproseswet gelas
het, kan plasing onder korrektiewe toesig nie oorweeg word nie vóór
die verstryking van daardie
periode nie
[13] As
die hof by vonnisoplegging ‘n bevel wil maak ten aansien van ‘n
nie-parooltydperk, maak die hof nie ‘n bevel kragtens
die bepalings
van artikel 73(6)(a) of 73(7)(c) van die Wet op Korrektiewe Diense
nie.
Die hof maak in so ‘n geval ‘n bevel kragtens die
bepalings van artikel 276B van die Strafproseswet. In die onderhawige
geval
het die landdros sy bevoegdhede as strafoplegger ontleen aan
die bepalings van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 en die
Strafposeswet.
Beide die verhoorlanddros en die verteenwoordiger van
die Direkteur van Openbare tas dus mis vir soverre hulle van die
standpunt
uitgaan dat ‘n nie-parooltydperk kragtens die bepalings
van artikel 73(6)(a) en (7)(c) van die Wet of Korrektiewe Dienste
bepaal
kan word. Die Wet op Korrektiewe Dienste skryf slegs voor wat
gedoen moet word in gevalle waar die hof ingevolge artikel 276B van
die die Straaproseswet ‘n nie-parooltydperk bepaal, en in gevalle
waar daar nie sodanige tydperk bepaal word nie.
[14] Hiemstra
Suid-Afrikaanse Strafproses
6e uitg (2002) deur Kriegler en Kruger, op 716, wys daarop dat
artikel 276B van die Strafproseswet die beslissings in
S
v Nkosi(1); S v Nkosi (2); S v Mchunu
1984 (4) SA 94
(T) en
S v Mokoena
1997 (2) SASV 502 (O) op 504e—f neutraliseer dat ‘n hof nie kan
gelas dat die beskuldigde nie vir parool kwalifiseer nie. Dit
neutraliseer ook die standpunt van die Hoogste Hof van Appèl soos
verwoord in die hierbo-aangehaalde paragrawe [25] en [26] in
Botha
v The State
(saaknommer 318/03 gedateer
28 Mei 2004).
[15] Die
vonnisse wat die landdros opgelê het, my navraag en sy antwoord
daarop, en die kommentaar van die Direkteur van Openbare
Vervolgings
het almal gefokus op die bepalings van
artikels 73(6)(a) en
73(7)(c) van die Wet of Korrektiewe Dienste. By nadere betragting het
dit egter geblyk dat die bron van ‘n
hof se bevoegdheid om ‘n
nie-parooltydperk te bepaal, te vinde is in artikel 276B van die
Strafproseswet en nie in die bepalings
van die Wet op Korrektiewe
Dienste nie. Die omstandighede waaronder die artikel toepassing
behoort te vind, is derhalwe nie onder
die loep geneem in die
voorleggings voor my nie. Onder die omstandighede is dit gerade dat
ek nie meer sê nie as dat die artikel
slegs in
uitsonderlike omstandighede toepassing behoort te vind, sonder om te
probeer uitspel wat uitsonderlike omstandighede sal
daarstel. Uit die
aard van die saak sal elke geval in die lig van eie omstandighede
beoordeel moet word.
[16] Die
verhoorlanddros gee toe dat die vonnisse wat hy opgelê het gewysig
behoort te word. Sy alternatiewe voorstelle berus egter
steeds,
minstens ten dele, op wat na my oordeel ‘n foutiewe uitleg van
artikel 73 van die Wet op Korrektiewe Dienste is.
[17]
Wat betref die beskuldigde Lionel Willaims sê die verhoorlanddros
in sy antwoord op my navraag onder meer dat hy by die oorweging
van
‘n gepaste vonnis –
...
uiteraard sy persoonlike omstandighede in aanmerking geneem [het] en
dit opgeweeg [het] teen die misdaad self asook die
gemeenskapsbelange.
Behalwe sy jeugdige ouderdom, was daar bykans
geen ander faktore rondom sy persoon wat ‘n beduidende rol ter
versagting van vonnis
kon speel nie.
Dat
huisbraak hoogty vier in hierdie distrik en bykans epidemiese
afmetings aanneem, is ‘n gegewe. Dat stewige vonnisse vir hierdie
tipe oortredings opgelê behoort te word is ook ‘n gegewe. Die
gemeenskapsbelange tree na my oordeel verdoemend sterk hier na vore
by oorweging van vonnis.
Die
beskuldigde het reeds die voordeel van vonnisse, met rehabilitasie
ten doel, gesmaak [sake 1227/2001 en 193/2003] en was in die
jongste
verlede tot inkeer gemaan met die oplegging van stewige opgeskorte
vonnisse. Ek was dus van oortuiging dat direkte gevangenisstraf
onafwendbaar is en dat dit uitsluitllik om twee redes opgelê behoort
te word, naamlik, om ‘n duidelike boodskap ter algemene afskrikking
uit te stuur en tweedens, om in gemeenskapsbelang, vergeldend te
wees.
Ek
is dit met die verhoorlanddros eens dat direkte gevangenisstraf in
die omstandighede gepas sal wees, en dat in die besondere
omstandighede
van die geval, ‘n vonnis van drie jaar
gevangenisstraf opgelê behoort te word.
[18]
In die geval van Ashley Papier stel die landdros voor dat die
opgelegde vonnis van twintig maande gevangenisstraf behou word,
maar
dat die verwysing na die Wet op Korrektiewe Dienste soos volg gewysig
word:
Ingevolge
die bepalings van Artikel 73(7)(c) Wet 111/1998 gelas die hof dat die
beskuldigde minstens 12 [twaalf] maande van hierdie
vonnis moet
uitdien alvorens hy vir vrylating onder korrektiewe toesig oorweeg
mag word.
Daar
is reeds hierbo daarop gewys dat daar in artikel 73(7)(c) van die Wet
op Korrektiewe Dienste sprake is van ‘n “nie-parooltydperk”,
en
dat sodanige tydperk opgelê kan word kragtens die bepalings van
artikel 276B van die Strafproseswet en nie kragtens die bepalings
van
die Wet op Korrektiewe Dienste nie. Na my oordeel kan die vonnis wat
opgelê behou word maar moet die verwysing na artikel 73
van die Wet
op Korrektiewe Dienste geskrap word.
[19] In
die lig van die voorgaande word die volgende bevele gemaak:
In
die geval van Lionel Williams word die vonnis wat die verhoorhof
opgelê het tersyde gestel en met die volgende vervang:
Drie
jaar gevangenisstraf. Ingevolge die bepalings van artikel 280(2) van
die Strafproseswet 51 van 1977 word gelas dat hierdie vonnis
saamloop
met die vonnis opgelê in saak 187/2004, sou die opgeskorte vonnis in
daardie saak in werking gestel word.
2. In die geval van
Ashley Papier word die vonnis wat die verhoorhof opgelê het tersyde
gestel en met die volgende vervang:
Twintig
maande gevangenisstraf. Ingevolge die bepalings van artikel 280(2)
van die Strafproseswet 51 van 1977 word gelas dat ‘n
gedeelte van
hierdie vonnis, naamlik agt (8) maande, saamloop met die vonnis
opgelê in saak 1511/2003, sou laasgenoemde vonnis in
werking gestel
word.
HJ
ERASMUS, R
Ek stem
saam.
FOURIE, R